Jaarverslag 2009 - Gelofte Skool

Jaarverslag 2009 - Gelofte Skool Jaarverslag 2009 - Gelofte Skool

gelofte.co.za
from gelofte.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Die beheerliggaam funksioneer aan die hand van die volgende komitees: 6.1 DAGBESTUUR Die dagbestuur vergader slegs by hoë uitsondering om besluite te neem oor sake wat dringende aandag verg. 6.2 FINANSIES Die skool se finansies is kerngesond. Die algemene verarming van die Afrikaanssprekende gemeenskap raak egter ook die skool en plaas dit uiteraard 'n beperking op nuwe projekte wat aangepak kan word en die onderhoud van bestaande fasiliteite en toerusting. Dank word uitgespreek teenoor sovele ouers wat bereid is om die hand dieper in hul eie sakke te steek in belang van die skool. Detail m.b.t. die skool se finansies word aangespreek in die begrotingsverslag. 6.3 OPVOEDKUNDE EN KULTUUR Ons leerders het akademies weer pragtig presteer aan die einde van 2008. Alhoewel ons getalle dit onmoontlik maak om sekere vakke soos bv. Kuns en Musiek aan te bied, maak ons vakpakette dit tog moontlik vir ons leerders om voort te gaan met naskoolse studie in die meeste studierigtings. Uitstappies en toere het tans so duur geraak dat ons nie 'n ander keuse het as om te herbesin oor ons ouergemeenskap se vermoë om die koste van hierdie toere/uitstappies te dra nie. Gesien in die lig van die huidige ekonomiese klimaat raak dit ook toenemend moeiliker om borge/skenkings te bekom. Leerders kan betrokke raak by die volgende kultuuraktiwiteite: Voortrekkers, landsdiens, koor, VCSV, Skaak, Debat en Redenaars. Ons leerders presteer ook op kultuurgebied pragtig met leerders wat provinsiale kleure verwerf. Die volgende leerders het presteer op kultuurgebied: Barnard du Preez het deelgeneem aan die Nasionale finaal van die ATKV se redenaarskompetisie en het pragtig presteer deur aangewys te word as die wenner in die kategorie vir beste taalgebruik. NAAM AKTIWITEIT PRESTASIE ADELE BURGER LANDSDIENS NASIONAAL ALWYN VAN ZANTEN LANDSDIENS NASIONAAL BARNARD DU PREEZ REDENAARS NASIONAAL CHANTé LOTTERING UNISA KLAVIER VOOR GRAAD 1 LOF CINDY BOTHMA LANDSDIENS KZN DANIELLE LOTTERING UNISA KLAVIER VOOR GRAAG 1 LOF DE WET SWART JEUGORKES KZN ELSJE KOETSIER UNISA KLAVIER GRAAD 4 LOF HOPE STRAUSS JEUGORKES KZN INGRID ROLOFF UNISA KLAVIER GRAAD 4 LOF JANO HENDRIKS LANDSDIENS NASIONAAL JéHAN KOEGELENBERG REDENAARS PROVINSIALE FINAAL JP PIENAAR LANDSDIENS NASIONAAL LIZAAN VAN ROOYEN LANDSDIENS NASIONAAL MARGA ROLOFF UNISA KLAVIER GRAAD 3 NATALIE VAN DEVENTER JEUGKOOR KZN PAUL BOTHA UNISA KLAVIER GRAAD 1 LOF RENIER DE BRUYN LANDSDIENS NASIONAAL ROCHELLE COETZEE REDENAARS PROVINSIALE FINAAL RUAN KOTZé LANDSDIENS KZN S MADSEN-LEIBOLD LANDSDIENS NASIONAAL TANYA BESTER JEUGKOOR KZN TANYA SPANGENBERG BEST SPEAKER SEMI-FINAAL WYNAND VILJOEN LANDSDIENS KZN

Ons leerders neem deel aan die olimpiades in verskeie vakke en presteer pragtig. Die maatskaplike werkster en lewensafrigter is 'n groot bate vir die skool en dra beslis daartoe by dat ons leerders ook maatskaplik en geestelik versorg is. Ons opregte dank aan die onderskeie gemeentes en weldoeners wat hul betrokkenheid by ons leerders moontlik maak deur hul bydraes. 6.4 SPORT Ons sportspanne presteer pragtig in hul onderskeie ligas gesien in die lig daarvan dat ons getalle 'n uitdaging bly omdat dit ons vermoë om spanne in alle ouderdomsgroepe in die veld te stoot beperk. Ons het die interskole teen Werda vir die agtste jaar agtereenvolgens gewen. Die volgende spanne het pragtig presteer. Ons O/11 rugbyspanr, sekondêre eerste krieketspan, die primêre eerste rugbyspan en die O/16 hokkiespan het elk slegs een wedstryd verloor terwyl die sekondêre eerste hokkiespan die seisoen onoorwonne afgesluit het en boonop die hele seisoen slegs een doel afgestaan het. Ons het hierdie jaar besluit om, anders as verlede jaar, weer die interhuisatletiekbyeenkoms ook by die sekondêre afdeling aan te bied. Dit was 'n reuse sukses met wonderlike deelname en prestasies. Ons het egter met die interskole byeenkoms weer opnuut bewus geraak daarvan dat atletiek nou maar eenmaal die Aspoestersport in KZN is. Deelname was swak en die byeenkoms is baie afgewater. Ons streef daarna om, deur die deelname van leerders aan die fisiese komponent van Lewensoriëntering, vir leerders bewus te maak van die waarde van fisiese aktiwiteite en die beginsel dat 'n gesonde liggaam 'n gesonde gees huisves. 'n Hele aantal leerders het pragtig presteer deur verteenwoordigende spanne te haal in skoolsporte sowel as in sportsoorte wat buite die skool aangebied word. NAAM AKTIWITEIT PRESTASIE ASHLEIGH PIETERSE AKSIE NETBAL KZN BIANCA J VAN VUUREN NETBAL SONE BIANKA HOUPE AKSIE-NETBAL KZN CHENAL BRUMMER AKSIE NETBAL KZN CHRIS POWELL KLUBRUGBY KZN CHRISTELLE VD BERGH HOKKIE PADSSA CINDY BOTHMA HOKKIE SONE COHAN KOK ATLETIEK SONE CONOR POWELL RUGBY PADSSA DANIËL VAN SCHOOR ATLETIEK SONE DANIELLE VAN DYK AKSIE NETBAL KZN FELIE TORLAGE RUGBY PADSSA GENAVIVE STUTHARD NETBAL SONE HANS-JACQUES KOETSIER LANDLOOP SONE HEIN GEY VAN PITTIUS ATLETIEK DURBAN EN DISTRIKTE ILSE HATTINGH ATLETIEK KZN ILSE HATTINGH TENNIS SA ILSE HATTINGH NETBAL KZN ILZE HATTINGH HOKKIE KZN JACO COETZEE RUGBY KZN JACO COETZEE ATLETIEK KZN JACO COETZEE KLUB ATLETIEK KZN JEHAN KOEGLENBERG LANDLOOP SONE JéHAN KOEGLENBERG RUGBY PADSSA LEHAN HEFER ATLETIEK PADSSA NAAM AKTIWITEIT PRESTASIE LIZINDA CLASSEN JUKSKEI KZN MARISA VORSTER AKSIE NETBAL KZN

Die beheerliggaam funksioneer aan die hand van die volgende komitees:

6.1 DAGBESTUUR

Die dagbestuur vergader slegs by hoë uitsondering om besluite te neem oor sake wat dringende aandag

verg.

6.2 FINANSIES

Die skool se finansies is kerngesond. Die algemene verarming van die Afrikaanssprekende gemeenskap

raak egter ook die skool en plaas dit uiteraard 'n beperking op nuwe projekte wat aangepak kan

word en die onderhoud van bestaande fasiliteite en toerusting. Dank word uitgespreek teenoor sovele

ouers wat bereid is om die hand dieper in hul eie sakke te steek in belang van die skool. Detail m.b.t.

die skool se finansies word aangespreek in die begrotingsverslag.

6.3 OPVOEDKUNDE EN KULTUUR

Ons leerders het akademies weer pragtig presteer aan die einde van 2008. Alhoewel ons getalle dit

onmoontlik maak om sekere vakke soos bv. Kuns en Musiek aan te bied, maak ons vakpakette dit

tog moontlik vir ons leerders om voort te gaan met naskoolse studie in die meeste studierigtings.

Uitstappies en toere het tans so duur geraak dat ons nie 'n ander keuse het as om te herbesin oor ons

ouergemeenskap se vermoë om die koste van hierdie toere/uitstappies te dra nie. Gesien in die lig van

die huidige ekonomiese klimaat raak dit ook toenemend moeiliker om borge/skenkings te bekom.

Leerders kan betrokke raak by die volgende kultuuraktiwiteite: Voortrekkers, landsdiens, koor, VCSV,

Skaak, Debat en Redenaars. Ons leerders presteer ook op kultuurgebied pragtig met leerders wat

provinsiale kleure verwerf. Die volgende leerders het presteer op kultuurgebied:

Barnard du Preez het deelgeneem aan die Nasionale finaal van die ATKV se redenaarskompetisie en het

pragtig presteer deur aangewys te word as die wenner in die kategorie vir beste taalgebruik.

NAAM AKTIWITEIT PRESTASIE

ADELE BURGER LANDSDIENS NASIONAAL

ALWYN VAN ZANTEN LANDSDIENS NASIONAAL

BARNARD DU PREEZ REDENAARS NASIONAAL

CHANTé LOTTERING UNISA KLAVIER VOOR GRAAD 1 LOF

CINDY BOTHMA LANDSDIENS KZN

DANIELLE LOTTERING UNISA KLAVIER VOOR GRAAG 1 LOF

DE WET SWART JEUGORKES KZN

ELSJE KOETSIER UNISA KLAVIER GRAAD 4 LOF

HOPE STRAUSS JEUGORKES KZN

INGRID ROLOFF UNISA KLAVIER GRAAD 4 LOF

JANO HENDRIKS LANDSDIENS NASIONAAL

JéHAN KOEGELENBERG REDENAARS PROVINSIALE FINAAL

JP PIENAAR LANDSDIENS NASIONAAL

LIZAAN VAN ROOYEN LANDSDIENS NASIONAAL

MARGA ROLOFF UNISA KLAVIER GRAAD 3

NATALIE VAN DEVENTER JEUGKOOR KZN

PAUL BOTHA UNISA KLAVIER GRAAD 1 LOF

RENIER DE BRUYN LANDSDIENS NASIONAAL

ROCHELLE COETZEE REDENAARS PROVINSIALE FINAAL

RUAN KOTZé LANDSDIENS KZN

S MADSEN-LEIBOLD LANDSDIENS NASIONAAL

TANYA BESTER JEUGKOOR KZN

TANYA SPANGENBERG BEST SPEAKER SEMI-FINAAL

WYNAND VILJOEN LANDSDIENS KZN

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!