02.05.2013 Views

Jaarverslag 2009 - Gelofte Skool

Jaarverslag 2009 - Gelofte Skool

Jaarverslag 2009 - Gelofte Skool

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1. INLEIDEND

GELOFTE SKOOL

JAARVERSLAG: 2009

Alhoewel die kleiner leerdertal voordele inhou in terme van kleiner klasgroepe wat individuele aandag

makliker maak, bring dit ook uitdagings op ander terreine veral wat sportdeelname betref. Dit plaas ons

enersyds in die gelukkige posisie dat ons leerders geleentheid kry om aan 'n wye verskeidenheid aktiwiteite

deel te neem, maar andersyds beteken dit ongelukkig ook dat dieselfde leerders by 'n magdom aktiweite

betrokke is wat groot druk op hulle plaas in terme van hul beskikbare tyd. Ons het egter geweldig

waardering vir die groot aantal Loffies wat hul talente ontgin en ontwikkel tot voordeel van hul eie ontwikkeling

enersyds maar ook tot voordeel van die skool. Ons is bevoorreg om met wonderlike leerders te mag werk.

2. LEERDERTAL

Die skool het tans 709 leerders, terwyl die leerdertal op die tiende skooldag 702 was. (2008 - 707)

Hiervan is 424 primêre leerders en 285 sekondêre leerders.

Die leerdertal van die onderskeie grade sien tans as volg daaruit:

Graad

Leerders

Seuns Dogters Totaal

1 28 24 52

2 28 25 53

3 26 32 58

4 30 29 59

5 44 23 67

6 29 30 59

7 36 40 76

8 27 31 58

9 21 31 52

10 32 23 55

11 22 27 49

12 31 40 71

Totaal: 354 355 709

Nadat ons getalle vir die afgelope drie jaar in 'n groot mate gestabiliseer het, het ons aan die begin van 2008

vir die eerste keer weer 'n beduidende val in getalle ondervind. Die hoofrede vir die daling in getalle bly hoofsaaklik

die verhuising van gesinne na ander provinsies en andersyds die feit dat 'n persentasie ouers verkies om

hul kinders by Engels medium skole in te skryf. Ons glo steeds dat die beste bemarker van die skool ons eie

ouergemeenskap is.

3. PERSONEELAANGELEENTHEDE

Die verkryging van ervare en goedopgeleide personeel bly een van ons grootste uitdagings. Om bestaande

personeel te behou is 'n verdere uitdaging veral gesien in die lig daarvan dat ons buurskole salarisse betaal

wat in lyn is met salarisse wat deur die onderwysdepartement betaal word. Ons finansies laat dit ongelukkig

tans bloot nie toe nie. Onderwysvoorsiening in die breë staan egter voor geweldige uitdagings aangesien die

hoeveelheid onderwysers wat opgelei word gladnie sal kan voldoen aan toekomstige behoefte aan onderwysers

nie.

Ons is tans geregtig op 22 departementele opvoederposte, 1 sekretaresse en 1 arbeider wat deur die staat

vergoed word. Die voorgestelde aantal personeel wat in 2010 deur die beheerliggaam vergoed word sien

as volg daaruit:

Pos 2009 2010

Opvoeder 11 12

Opvoeder: Deeltyds 1 0

Administratief 3 3

Ondersteuningspersoneel 8 8

Invorderaar 1 1

Maatskaplike werkster 1 1

Berader 0 1

Internskap 0 1

Terreinbestuurder 1 1

Nege van die 22 departementele poste is primêre aanstellings en 13 sekondêre aanstellings. Gesien

in die lig van die daling in getalle oor die afgelope 3 jaar sal ons waarskynlik twee departementele poste

verloor aan die begin van 2010.

Die gedetaileerde inligting oor ons personeelsituasie sien tans as volg daaruit:

Graad/Vak Aantal leerders Aantal personeel

1 52 2

2 53 2

3 58 2

4 59 2

5 67 2

6 59 2

7 76 2

8 58 2

9 52 2

10-12

Afrikaans 175 2½

Engels 175 2½

Wiskunde/WGL 175 2½

Fisiese Wetenskap 46 1

Lewenswetenskap 47 1

Rekeningkunde 35 1

Besigheidstudies 80 1

Gasvryheidstudies 64 1

Lewensoriëntering 175 1½

Ingenieursgrafika 60 1

Aardrykskunde 29 1

Toerisme 62 1

Rekenaartoepassing 99 1

3.1 Vertrekkende personeel

Die volgende personeel het Gelofte in die loop van die jaar verlaat of gaan Gelofte aan die einde

van die jaar verlaat.

Personeellid Vakgebied/Taak Rede vir vertrek

Van Eck M Engels Verhuising

Aucamp S Afrikaans Personeelbesnoeiing

Heenop M Wiskunde Personeelbesnoeiing

Blignaut A Mediasentrum Verhuising

Griesel A SP Verhuising

Verster T Sekretaresse Aftrede

Ons wil bogenoemde personeel graag bedank vir hul bydra oor die afgelope aantal jare. Ons

wil graag 'n besondere woord van dank rig aan die volgende twee personeellede:

Me. Margaret van Eck wat vir die afgelope 21 jaar aan die skool verbonde was. Ons weet dat

die magdom Loffies wat bevoorreg was om by haar klas te hê verryk is deur haar entoesaisme

vir haar vak en haar uitgebreide vakkennis. Die deeglike manier waarop sy alles aangepak het,

was 'n reuse bate vir die skool en het 'n groot rol gespeel in die effektiewe funksionering van

sovele fasette van die skool. Ons vertrou dat die toekoms vir haar net vreugde en voorspoed

sal inhou in hul nuwe tuiste in die Kaap.

Me. Tokkie Verster tree na 27 jaar af as finansiële sekretaresse. Haar toewyding en deeglikheid

het verseker dat die finansiële kantoor effektief funksioneer het en dat ons met vrymoedigheid

aan ouers kon rapporteer dat die skool se finansies kerngesond en in betroubare hande is. Ons

vertrou dat sy die nuwe tydvak in haar lewe, wat aanbreek met haar aftrede, sal geniet en dat

sy vir baie jare geseën sal word met goeie gesondheid en haar welverdiende rus kan geniet.

Ons opregte dank aan hierdie twee personeellede in die besonder wat 'n groot deel van hul

lewens daaraan gewy het om Gelofte 'n beter plek te maak vir ons leerders en ouergemeenskap.

Hulle laat wonderlike herinneringe in ons harte agter en ons sal hulle mis.

3.2 Die volgende personeel het in die loop van 2009 om 'n verskeidenheid redes afgelos by Gelofte:

Mnr H van Ellewee, me, C van der Merwe en me, C Theron.

4. LEERDERAANGELEENTHEDE

4.1 Akademiese uitslae

Die slaagsyfer vir die onderskeie grade aan die einde van 2008 het as volg daar uit gesien:

Graad Aantal leerders Aantal druipelinge % Slaag

1 52 1 98

2 58 0 100

3 50 0 100

4 60 2 97

5 61 0 100

6 69 2 97

7 59 0 100

8 61 2 97

9 54 0 100

10 58 2 97

11 72 0 100

12 64 0 100

Totaal 718 9 99

Die matrieks van 2008 het 'n 'n gemiddelde % van 68,8% behaal met 70% van die leerders wat geslaag

het met matrikulasievrystelling. Elf leerders het geslaag met 'n A-gemiddeld en sestien met

n B-gemiddeld. Dirk Odendaal was ons top kandidaat met 7 onderskeidings en 'n gemiddelde %

van 91%. Larochelle Smit het ook sewe onderskeidings behaal met 'n gemiddeld van 89%.Daar was 116

vakonderskeidings. Baie geluk aan die matriekgroep met 'n pragtige prestasie!

Die volgende leerders was die top presteerders in die onderskeie grade aan die einde van 2008:

GRAAD ALPHA LEERDER GEMIDDELDE %

4 Hans-Jacques Koetsier 89%

5 Simone Heenop 90%

6 Ben Botha 86%

7 Ilke Stolz 88%

8 Jano Hendriks 90%

9 Wynand Viljoen 86%

10 Adriaan van Zanten 83%

11 Monique Rieckert 84%

12 Dirk Odendaal 91%

Ons is besonder trots op Stephan Joubert wat een van 600 kandidate uit 11 000 is wat deurgedring het

na die tweede rondte van die nasionale Rekeningkunde Olimpiade.

Oud-Loffies het male sonder tal bewys dat hulle uitstekend presteer tydens verdere studie en in die arbeidsmark.

Ons sou met vele Loffies se prestasies kan spog maar wil graag vir Lieze Geldenhuys uitlig wat tans

besig is met studies aan die Universiteit van Stellenbosch om haar as mediese praktisyn te bekwaam. Lieze

is slegs een van vier studente wat akademiese erekleure verwerf het aangesien sy al haar studiejare met lof

geslaag het. Sy is die enigste KZN student wat dit kon vermag en om die kroon te span op hierdie pragtige

prestasie, is sy ook aangewys as die top student in die mediese fakulteit in haar vyfde jaar.

Ons het besluit om hierdie jaar, anders as verlede jaar, nie weer die provinsiale toetsreekse/eksamens

in grade 11 en 12 te skryf in die loop van die jaar nie. Die graad 9 leerders is wel verplig om die departementele

eksamen te skryf asook die matrieks wat uiteraard die finale Nasionale Senior Sertifikaat eksamen

aan die einde van die jaar moet aflê.

Ons kry dikwels positiewe terugvoer van ouers wat na ander skole en provinsies verhuis oor die vlak van

ons akademiese onderrig en die mate waarin hul kinders, as gevolg daarvan, gemaklik inskakel by hul nuwe

skole en ook daar uitblink op akademiese gebied. Ons sou hierdie standaarde graag wou handhaaf omdat

ons oortuig is dat dit op die langduur tot voordeel van ons leerders strek.

4.2 Vakkeuses

Leerders kan die volgende vakkeuses uitoefen:

* Leerders in grade 1-9 volg die voorgeskrewe vakpakkette soos deur die departement vereis.

* Leerders in graad 10 - 12 neem Afrikaans, Engels, Wiskunde/WGL en LO en kies drie ander vakke uit:

Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Aardrykskunde, Rekenaartoepassingstegnologie,

Rekeningkunde, Toerisme, Besigheidstudies, Gasvryheidstudies, en Ingenieursgrafika. Die beskikbaarheid

van bepaalde vakkeuses hang af van die aantal leerders wat die betrokke vak wil aanbied.

Kuns word tans deur een matriekleerder aangebied wat addisioneel daarvoor betaal.

Engels is in die verlede ook op huistaal vlak aangebied in die senior grade. Na deeglike oorweging is egter

besluit om dit uit te fasseer. Volgende jaar se matriekgroep sal die laaste groep wees wat Engels as huistaal

aanbied. Hierdie besluit het geen impak op enige opsies vir verdere studie nie.

Ons het in 2010 begin met die implementering van die Nasionale lees- en syfervaardigheidsprogram vir

primêre leerders soos voorgeskryf deur die Nasionale Onderwysdepartement. Alhoewel ons tans nog

groeipyne ervaar met die implementering van die program, glo ons dat dit 'n beduidende bydra sal lewer om

ons leerders se lees- en syfervaardigheid te verbeter.

5. EKSAMINERING EN TOETSING

Alle leerders vanaf graad 4-12 het aan die einde van 2008 eksamen geskryf. Leerders word deur-

lopend geëvalueer aan die hand van toetse sowel as informele evaluering.

Die informele evaluering skep uitdagings in vele opsigte, enersyds omdat dit soms geweldig tydrowend is

en andersyds omdat sommige ouers 'n te groot rol speel in hul bydrae tot die projek. Ongelukkig dra die

lading wat die informele punt bydra tot die finale punt, veral in die junior grade, daartoe by dat ouers onder

'n wanindruk verkeer oor hul kind se vermoë in 'n betrokke vak/leerarea en dat dit soms onrealistiese.

verwagtinge skep oor die kind se prestasie in die senior grade.

Die graad 9 leerders skryf die departementele eksamen aan die einde van 2009. Alhoewel die Onderwysdepartement

onderneem het dat leerders wat graad 9 slaag die Algemene Onderwys en Opleiding

sertifikaat sal ontvang, is ons sedertdien ingelig dat geen leerder hierdie sertifikaat meer sal ontvang nie.

6. BEHEERLIGGAAM

Die vorige beheerliggaam se drie jaar termyn het vroeër hierdie jaar ten einde geloop. Ons wil graag vir hierdie

ouers van harte bedank vir hul opoffering oor die afgelope aantal jare. Hul insette en toewyding het 'n verskil

gemaak by Gelofte. Die volgende ouers het op die vorige beheerliggaam gedien: Fanie Joubert (Voorsitter),

Eugene Stoop (Voorsitter), André van Zanten, Daleen Coetzee, Deon du Preez, Andreas Gremels, Dolf Torlage,

Naude Pienaar en At Odendaal.

In die verlede was daar bekommernis oor die aantal ouers wat sou opdaag vir die verkiesing van 'n nuwe beheerliggaam.

Hierdie jaar was nie anders nie. Ons was egter aangenaam verras met die buitengewoon goeie opkoms

en die feit dat meer as 20 kandidate genomineer is vir die sewe vakatures vir ouerlede van die beheerliggaam.

Die volgende persone dien tans op die beheerliggaam:

André van Zanten Voorsitter

Daleen Coetzee Onder-Voorsitter en Kultuur en Opvoedkunde

Anton Lockem Finansies

André Britz Tegnologie

Freddie Hendriks Terrein

Pieter Hougaard Bemarking

Dolf Torlage Sport

Margaret van Eck Opvoeder

Deon Pretorius Opvoeder

Debbie Lottering Nie-opvoeder en sekretaresse

JP Pienaar Leerder

Marisa Vorster Leerder

Danie Strydom Skoolhoof

Ons wil graag vir bogenoemde lede sterkte toewens aan die begin van hul drie jaar termyn. Ons vertrou dat

hul vreugde sal vind in hul betrokkenheid op hierdie vlak en sien met verwagting uit na hul insette. Ons vertrou

dat hul betrokkenheid die skool na nuwe hoogtes sal voer.

Die beheerliggaam funksioneer aan die hand van die volgende komitees:

6.1 DAGBESTUUR

Die dagbestuur vergader slegs by hoë uitsondering om besluite te neem oor sake wat dringende aandag

verg.

6.2 FINANSIES

Die skool se finansies is kerngesond. Die algemene verarming van die Afrikaanssprekende gemeenskap

raak egter ook die skool en plaas dit uiteraard 'n beperking op nuwe projekte wat aangepak kan

word en die onderhoud van bestaande fasiliteite en toerusting. Dank word uitgespreek teenoor sovele

ouers wat bereid is om die hand dieper in hul eie sakke te steek in belang van die skool. Detail m.b.t.

die skool se finansies word aangespreek in die begrotingsverslag.

6.3 OPVOEDKUNDE EN KULTUUR

Ons leerders het akademies weer pragtig presteer aan die einde van 2008. Alhoewel ons getalle dit

onmoontlik maak om sekere vakke soos bv. Kuns en Musiek aan te bied, maak ons vakpakette dit

tog moontlik vir ons leerders om voort te gaan met naskoolse studie in die meeste studierigtings.

Uitstappies en toere het tans so duur geraak dat ons nie 'n ander keuse het as om te herbesin oor ons

ouergemeenskap se vermoë om die koste van hierdie toere/uitstappies te dra nie. Gesien in die lig van

die huidige ekonomiese klimaat raak dit ook toenemend moeiliker om borge/skenkings te bekom.

Leerders kan betrokke raak by die volgende kultuuraktiwiteite: Voortrekkers, landsdiens, koor, VCSV,

Skaak, Debat en Redenaars. Ons leerders presteer ook op kultuurgebied pragtig met leerders wat

provinsiale kleure verwerf. Die volgende leerders het presteer op kultuurgebied:

Barnard du Preez het deelgeneem aan die Nasionale finaal van die ATKV se redenaarskompetisie en het

pragtig presteer deur aangewys te word as die wenner in die kategorie vir beste taalgebruik.

NAAM AKTIWITEIT PRESTASIE

ADELE BURGER LANDSDIENS NASIONAAL

ALWYN VAN ZANTEN LANDSDIENS NASIONAAL

BARNARD DU PREEZ REDENAARS NASIONAAL

CHANTé LOTTERING UNISA KLAVIER VOOR GRAAD 1 LOF

CINDY BOTHMA LANDSDIENS KZN

DANIELLE LOTTERING UNISA KLAVIER VOOR GRAAG 1 LOF

DE WET SWART JEUGORKES KZN

ELSJE KOETSIER UNISA KLAVIER GRAAD 4 LOF

HOPE STRAUSS JEUGORKES KZN

INGRID ROLOFF UNISA KLAVIER GRAAD 4 LOF

JANO HENDRIKS LANDSDIENS NASIONAAL

JéHAN KOEGELENBERG REDENAARS PROVINSIALE FINAAL

JP PIENAAR LANDSDIENS NASIONAAL

LIZAAN VAN ROOYEN LANDSDIENS NASIONAAL

MARGA ROLOFF UNISA KLAVIER GRAAD 3

NATALIE VAN DEVENTER JEUGKOOR KZN

PAUL BOTHA UNISA KLAVIER GRAAD 1 LOF

RENIER DE BRUYN LANDSDIENS NASIONAAL

ROCHELLE COETZEE REDENAARS PROVINSIALE FINAAL

RUAN KOTZé LANDSDIENS KZN

S MADSEN-LEIBOLD LANDSDIENS NASIONAAL

TANYA BESTER JEUGKOOR KZN

TANYA SPANGENBERG BEST SPEAKER SEMI-FINAAL

WYNAND VILJOEN LANDSDIENS KZN

Ons leerders neem deel aan die olimpiades in verskeie vakke en presteer pragtig.

Die maatskaplike werkster en lewensafrigter is 'n groot bate vir die skool en dra beslis daartoe by dat

ons leerders ook maatskaplik en geestelik versorg is. Ons opregte dank aan die onderskeie gemeentes

en weldoeners wat hul betrokkenheid by ons leerders moontlik maak deur hul bydraes.

6.4 SPORT

Ons sportspanne presteer pragtig in hul onderskeie ligas gesien in die lig daarvan dat ons getalle 'n

uitdaging bly omdat dit ons vermoë om spanne in alle ouderdomsgroepe in die veld te stoot beperk.

Ons het die interskole teen Werda vir die agtste jaar agtereenvolgens gewen. Die volgende spanne het

pragtig presteer. Ons O/11 rugbyspanr, sekondêre eerste krieketspan, die primêre eerste rugbyspan en

die O/16 hokkiespan het elk slegs een wedstryd verloor terwyl die sekondêre eerste hokkiespan die

seisoen onoorwonne afgesluit het en boonop die hele seisoen slegs een doel afgestaan het.

Ons het hierdie jaar besluit om, anders as verlede jaar, weer die interhuisatletiekbyeenkoms ook by die

sekondêre afdeling aan te bied. Dit was 'n reuse sukses met wonderlike deelname en prestasies. Ons het

egter met die interskole byeenkoms weer opnuut bewus geraak daarvan dat atletiek nou maar eenmaal

die Aspoestersport in KZN is. Deelname was swak en die byeenkoms is baie afgewater. Ons streef

daarna om, deur die deelname van leerders aan die fisiese komponent van Lewensoriëntering, vir leerders

bewus te maak van die waarde van fisiese aktiwiteite en die beginsel dat 'n gesonde liggaam 'n gesonde

gees huisves.

'n Hele aantal leerders het pragtig presteer deur verteenwoordigende spanne te haal in skoolsporte

sowel as in sportsoorte wat buite die skool aangebied word.

NAAM AKTIWITEIT PRESTASIE

ASHLEIGH PIETERSE AKSIE NETBAL KZN

BIANCA J VAN VUUREN NETBAL SONE

BIANKA HOUPE AKSIE-NETBAL KZN

CHENAL BRUMMER AKSIE NETBAL KZN

CHRIS POWELL KLUBRUGBY KZN

CHRISTELLE VD BERGH HOKKIE PADSSA

CINDY BOTHMA HOKKIE SONE

COHAN KOK ATLETIEK SONE

CONOR POWELL RUGBY PADSSA

DANIËL VAN SCHOOR ATLETIEK SONE

DANIELLE VAN DYK AKSIE NETBAL KZN

FELIE TORLAGE RUGBY PADSSA

GENAVIVE STUTHARD NETBAL SONE

HANS-JACQUES KOETSIER LANDLOOP SONE

HEIN GEY VAN PITTIUS ATLETIEK DURBAN EN DISTRIKTE

ILSE HATTINGH ATLETIEK KZN

ILSE HATTINGH TENNIS SA

ILSE HATTINGH NETBAL KZN

ILZE HATTINGH HOKKIE KZN

JACO COETZEE RUGBY KZN

JACO COETZEE ATLETIEK KZN

JACO COETZEE KLUB ATLETIEK KZN

JEHAN KOEGLENBERG LANDLOOP SONE

JéHAN KOEGLENBERG RUGBY PADSSA

LEHAN HEFER ATLETIEK PADSSA

NAAM AKTIWITEIT PRESTASIE

LIZINDA CLASSEN JUKSKEI KZN

MARISA VORSTER AKSIE NETBAL KZN

MELANDI VENTER YSKAATS KZN

MONIQUE RIEKERT AKSIE NETBAL KZN

REINETTE FRITZ HOKKIE SONE

RENé FRITZ NETBAL KZN

RENé FRITZ AKSIE NETBAL KZN

ROCHELLE COETZEE ATLETIEK KZN

ROCHELLE COETZEE KLUBATLETIEK KZN

RUAN KOTZé RUGBY PADSSA

RUAN KOTZé SWEM KZN

RUAN KOTZé DRIEKAMP KZN

RUAN PRETORIUS LANDLOOP SONE-SPAN

RUAN PRETORIUS ATLETIEK SONE SPAN

RUAN VAN RENSBURG ATLETIEK PADSSA

SHOZELLE TAUTE NETBAL KZN

SHOZELLE TAUTE ATLETIEK PADSSA

SHOZELLE TAUTE AKSIE NETBAL KZN

SUMARIE VAN WYK ATLETIEK PADSSA

SUMMARIE SLABBERT GIMNASTIEK KZN

WESSEL BLOEM RUGBY HIGHWAY SONE

ZANGELIQUE JORDAAN LANDLOOP SONE

Leerders kon aan die volgende aktiwiteite deelneem:

Atletiek, landloop, rugby, hokkie, mini-hokkie, mini-krieket, netbal, gholf, krieket en tennis.

Verskeie toere het daartoe bygedra om ons leerders se vaardighede op te skerp en hul horisonne te

verbreed. Dank aan al die afrigters en ouers wat bereid was om ons seuns op hierdie toere te vergesel.

Die volgende toere is in die loop van die jaar onderneem: Sekondêre 1ste rugby en netbal na Margate,

sekondêre hokkie na Potchefstroom, Primêre rugby en primêre krieket na Empangeni.

Aangesien ons sport by Gelofte bestuur sonder die hulp van 'n sportbestuurder wil ons graag 'n besondere

woord van dank rig tot elke personeellid, ouer en kundige wat oor die afgelope jaar by afrgting of die

organisasie van sport by Gelofte betrokke was. U insette, dikwels sonder enige vergoeding, word opreg

waardeer en maak 'n reuse verskil in ons kinders se lewens.

6.5 TERREIN

Die terreinkomitee is verantwoordelik vir die instandhouding van ons terrein en fasiliteite. Projekte

wat hierdie jaar afgehandel is sluit onder andere die volgende in:

a) Oprigting van die afdak vir leerders..

b) Verskuiwing en opgradering van die kiosk

c) Opgradering van skool se beveiliging.

d) Vervanging van skaduparkering vir personeel.

Die stutmuur aan die agterkant van die pawiljoen geniet tans dringende aandag in samehang met Klub 100.

Die muur kantel tans en sal dus binnekort aandag moet geniet. Verdere projekte wat beoog word vir die

nabye toekoms is die moontlike oprigting van spreiligte en die daarstel van sitplek op 'n klein skaal teen die

wal by die tennisbaan.

Nogmaals dankie aan die twee ma's wat steeds onvermoeid woeker in ons tuine en sodoende daartoe

bydra dat ons in 'n pragtige omgewing kan werk en gaste met vrymoedigheid by ons skool kan ontvang.

Ons waardeer die ure wat julle opoffer en jul harde werk.

6.6 TEGNOLOGIE

Rekenaars en die onderhoud van rekenaarsentrums bly ongelukkig 'n duur en deurlopende uitgawe. Ons

is bevoorreg om te beskik oor twee pragtige rekenaarsentrums. Leerders het ook toegang tot rekenaars

en die internet in die sekondêre mediasentrum. 'n Klaslokaal word tans ingerig as 'n multi-media lokaal

met 'n data-projektor en rekenaar met internettoegang. Klasgroepe sal in die toekoms na hierdie lokaal

geneem kan word waar leerders blootgestel sal word aan aanvullende en verrykende materiaal tot die

kurrikulum.

6.7 BEMARKING

Bemarking van die skool geskied deur die webblad, nuusmedia en opedae. Ondervinding het egter

geleer dat die beste bemarkingsmeganisme van die skool gelukkige en tevrede ouers is wat die skool

bemark onder vriende en nuwe intrekkers. Die koop van advertensieruimte in plaaslike koerante het

in die verlede geen vrug opgelewer nie. Die beskikbaarstelling van beurse aan leerders wat nie tans

ingeskrewe leerders is nie, was ook vrugteloos. Ons beoog om hierdie jaar weer 'n jaarblad uit te gee

wat beloof om 'n pragtige aandenking van die skool te wees. Die jaarblad sal ook op strategiese

plekke soos bv. spreekkamers in ons gemeenskap geplaas word.

6.8 VEILIGHEIDSKOMITEE

Die veiligheidskomitee bestaan uit ouerlede van die beheerliggaam, die terreinbestuurder sowel as

onderwyspersoneel. Die komitee vergader kwartaalliks en hanteer sake wat die veiligheid van leerders,

ouers, personeel en ander betrokkenes raak. Na die diefstal van enkele motors tydens funksies

is besluit om voortaan van wagte gebruik te maak tydens groot aandfunksies by die skool. Die feit dat

'n motor egter tydens die wildsfees gesteel is, ten spyte van die teenwoordigheid van wagte, dui daarop

dat hierdie oplossing ook maar beperkte voordele inhou. Klub 100 ondersoek tans die moontlikheid

daarvan om 'n permanente wag by die skool te plaas. Ons het ook reeds kameras op strategiese plekke

aangebring in die skool. Kommer heers oor die klein aantal leerders, dikwels primêr, wat sonder toesig

tot laat middag by die skool bly as die gevolg van die feit dat hul ouers hul nie vroeër kan afhaal nie.

6.9 DISSIPLINêRE KOMITEE

Die dissiplinêre komitee van die beheerliggaam bestaan uit twee ouerlede van die beheerliggaam. Hierdie

komitee hanteer ernstige oortredings van leerders wat nie deur die bestuurspan en personeelkorps

van die skool hanteer kan word nie, aangesien dit aanbeveling tot skorsing tot gevolg kan hê. Behalwe

vir die daaglikse kleiner dissiplinêre probleme wat deur die bestuurspan en personeel hanteer word,

is daar min ernstige probleme. Gedurende 2009 is geen sake na die komitee verwys nie.

Die handhawing van gesonde dissipline is ononderhandelbaar aangesien effektiewe onderrig daarsonder

bloot nie moontlik is nie. Ouers se ondersteuning van die skool is hierin van kardinale belang.

Dit raak ongelukkig toenemend 'n probleem dat die teenoorgestelde waar is en dat dit lei tot ernstige

dissiplinêre probleme. In enkele gevalle is die spreekwoord wat sê dat: "Die grootste probleem van ons

tyd te streng kinders en te gehoorsame ouers is." ongelukkig baie waar en maak dit die toepassing van

dissipline 'n uiters moeilike saak. Die hartseer van hierdie ingesteldheid van ouers is dikwels dat dit nie

slegs hul eie kind is wat skade ly in die proses nie, maar ook die leerders wat 'n onderriglokaal met die

betrokke leerder deel.

7. STRATEGIESE BEPLANNING

Die beheerliggaam het ongeveer 3 jaar gelede begin met omvattende strategiese beplanning wat enersyds

ten doel het om te verseker dat uitstekende dienslewering aan ons leerders en ouergemeenskap volhoubaar

is en andersyds om die daling in ons getalle aan te spreek. Verskeie moontlike oplossings is deeglik

ondersoek waaronder die daarstelling van 'n busdiens, pre-primêre skool in die Hillcrest omgewing en 'n

skoolkoshuis. Nie een van hierdie opsies het blyk haalbaar te wees nie om 'n verskeidenheid redes. Een

van die verdere opsies wat indringend bespreek is, is 'n verandering in die skool se medium van onderrig.

Daar word sterk beklemtoon dat die kwessie van dubbelmedium nooit ter sprake gekom het nie aangesien

dit beteken dat leerders uit beide taalgroepe in dieselfde klas geakkomodeer word en dit onvermydelik lei

tot die totale verengelsing van die skool. Parallelmedium, waar die afrikaanse en engelse klasse parallel met

mekaar loop, is wel baie sterk oorweeg en het die vorige beheerliggaam besluit dat die moontlikheid ondersoek

moet word om 'n engelsmedium graad 1 klas vanaf 2011 in te fasseer. Gesien in die lig van die emosie

wat met so 'n besluit gepaard gaan en die verreikende gevolge van so 'n besluit op die etos van die skool,

is daar besluit om in gesprek te tree met mnr. Paul Colditz (HUB van FEDSAS) vir raad en leiding in hierdie

verband. Na 'n gesprek van etlike ure was sy aanbeveling aan die dagbestuur van die beheerliggaam om die

medium van onderrig solank as moontlik 'n enkelmedium afrikaanse skool te hou. Hy het ook pertinent uitgelig

dat hulle ondervinding daarop dui dat 'n wysiging in die skool se medium van onderrig selde indien ooit

die finansiële probleme van 'n skool oplos. Gesien in die lig van bogenoemde is die besluit tans dat Gelofte,

ten minste vir die nabye toekoms 'n enkelmedium afrikaanse skool bly.

8. MOEDERSKOMITEES

Ons moederskomitees bly 'n geweldige bate vir die skool wat onvermoeid fondse insamel en projekte

loods by die skool. Van die projekte wat hierdie jaar afgehandel is sluit onder andere die volgende in:

Afdak vir leerders, herstel van skaduparkering vir motors, gordyne in klaskamers en die aankoop van

tafeldoeke.

9. KLUB 100

Ons dra graag weer eens ons opregte dank oor aan hierdie klein groep entoesiastiese en lojale ondersteuners

van die skool wat onvermoeid hul tyd, kundigheid en fondse tot die skool se beskikking stel.

'n Besondere woord van dank aan almal wat betrokke was by die jaarlikse wildsfees. Hierdie funksie het

nie net 'n besondere fondsinsamelingspoging geword nie, maar dra ook daartoe by dat die skool ver buite

ons grense bemark word.

10. KOMMUNIKASIE

Ons vertrou dat hierdie een aspek is waaroor daar waarskynlik min krtiek gelewer kan word. Inligting

word op 'n verskeidenheid wyses, elektronies en andersins, beskikbaar gestel.

11. GELOFTE EN DIE TOEKOMS

Ons glo dat Gelofte, ten spyte van uitdagings op vele terreine, ook in die toekoms 'n krag sal wees om mee

rekening te hou en dat ons sal voortgaan om enersyds op skoolvlak te presteer maar ook jong volwassenes

op te lewer wat besondere prestasies behaal tydens tersiêre studies en in die werksplek. Ons wil 'n beroep

doen op elke Loffie, elke ouer en ondersteuner om hierdie pragtige skool, waarvoor 40 jaar gelede hard

gewerk is om die daarstelling van 'n Afrikaanse skool in ons gemeenskap moontlik te maak, te koester en

soos 'n kleinnood te bewaar. Ons skool is inderdaad 'n baken vir Afrikaanse onderwys in die weste van

Durban en daar moet geen twyfel bestaan oor die feit dat dit, in die huidige bedeling, onvervangbaar is indien

ons sou toelaat dat dit ten gronde gaan.

12. DANKIE

'n Woord van hartlike dank aan die volgende:

13.1 Ouers vir hul lojaliteit en onvermoeide ywer. Die skool kan doodgewoon nie effektief funksioneer

sonder u insette op sovele terreine nie. Dankie ook aan ouers wat agteroor buig om hul finansiële

verpligtinge teenoor die skool na te kom. Ons is deeglik bewus daarvan dat dit dikwels groot

opoffering vra.

13.2 Personeel wat met entoesiasme, toewyding en deernis hul rol as opvoeders volvoer. Die bydrae van

personeel, dikwels onder moeilike omstandighede, moet nie gering geskat word nie.

13.3 Leerders wat deur harde werk en toewyding, op welke terrein ookal, 'n bydrae gelewer het om

Gelofte se belange te bevorder.

13.4 Lede van die beheerligaam wat met onvermoeide ywer ure spandeer in belang van die skool. Sonder

hierdie insette en opoffering kan die skool nie effektief funksioneer nie.

13.5 Ouers wat by die onderskeie moederskomitees betrokke is en werk van onskatbare waarde doen

by die skool.

13.6 Ouers en ondersteuners wat betrokke is by Klub 100 en van hul kosbare tyd opoffer in belang van

ons leerders.

13.7 Dankie ook aan sovele ouers wat bereid is om eksamentoesig te doen en beskikbaar te wees as

aflospersoneel. U maak ons taak soveel makliker.

13.7 'n Woord van hartlike dank ook aan ons twee ma's wat diens doen as "tuiniers". Jul insette dra beslis

daartoe by dat ons trots is om besoekers by die skool te ontvang.

13.8 Dankie aan elke ouer wat bereid is om op komitees te dien en sodoende hul tyd en kundigheid tot

die skool se beskikking stel.

13.9 Ons Hemelse Vader wat ons weer eens op sovele terreine gedra en geseën het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!