02.05.2013 Views

Vrywarings vorm

Vrywarings vorm

Vrywarings vorm

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VRYWARINGSVORM

Raasbekkies Kleuterskool

Hoewe 169

Elandsdrift

Tel: (014)5743312 / 0765629086

1. TOEGANG

1.1 Die reg van toegang tot persele word te alle tye voorbehou.

1.2 Alle persone en kinders wat Raasbekkies Kleuterskool betree, doen dit geheel en al op eie risiko.

1.3 Alle persone wat Raasbekkies Kleuterskool se eiendom betree, die ouers van kleuters en die partye

tot hierdie ooreenkoms, onderneem om die reëls en regulasies van Raasbekkies Kleuterskool stiptelik

na te kom en bevestig dat daardie reëls by hierdie ooreenkoms ingelyf word as deel daarvan.

2. ALGEMENE VRYWARING

Geen leerder sal toegelaat word tot Raasbekkies Kleuterskool alvorens die Algemene Vrywaringsvorm

voltooi is nie.

VRYWARING

INSTAPPIES/UITSTAPPIES/OPVOEDKUNDIGE BESOEKE/ALGEMENE

SKOOLAKTIWITEITE/BUITE KURRIKULêRE AKTIWITEITE

Ek _______________________________________________, die ouer/wettige

voog van________________________(volle naam en van van leerder) ID-nommer

van leerder: __________________________________ (“my Kind”)

verklaar hiermee die volgende:

1. Ek is bewus daarvan dat die Raasbekkies Kleuterskool van tyd tot tyd aktiwiteite reël, soos

instappies, uitstappies, opvoedkundige besoeke wat met die kurrikulum en ander bedrywighede

van die Kleuterskool verband hou (Aktiwiteite);

2. Ek besef dat alhoewel die Kleuterskool onderneem om redelike voorsorg te tref om my Kind se

veiligheid en welstand te verseker tydens skoolure en gedurende enige Aktiwiteite, Raasbekkies

Kleuterskool nie die veiligheid en welstand van my Kind ten alle tye kan waarborg nie;

3. Ek gee hiermee toestemming dat my Kind aan enige amptelike georganiseerde Aktiwiteite van die

Kleuterskool en alle normale kurrikulêre bedrywighede van die Kleuterskool, mag deelneem. Indien

ek bogemelde goedkeuring wil onttrek of indien daar enige beletsel is teen deelname aan enige

Aktiwiteite of normale kurrikulêre skoolbedrywighede, sal ek die Kleuterskool skriftelik daarvan in

kennis stel.

4. Ek gee verder toestemming dat:

4.1. Indien my Kind om enige rede hoegenaamd vervoer moet word deur middel van ʼn

motorvoertuig, hetsy in die geval van nood of ten aansien van ʼn Aktiwiteit, my Kind vervoer

mag word deur ʼn wettige vervoer operateur of ʼn werknemer of ander ouer van die

Kleuterskool met wie daar uitdruklik ʼn reëling vir die doeleinde getref is;

4.2. Indien mediese behandeling / chirurgiese ingryping vir my Kind nodig mag wees en die

Kleuterskool na redelike pogings onsuksesvol was om vir my of die aangewese kontakpersoon

(wie se naam en besonderhede in die inskrywings vorm verskyn) in die hande te kry, die

betrokke Skoolhoof of haar gevolmagtigde, toestemming namens my mag gee tot die mediese

behandeling / chirurgiese ingryping;

5. Ek verklaar dat sover ek weet is my Kind fisies in staat om aan enige Aktiwiteite van en normale

bedrywighede by die Kleuterskool deel te neem en dat my Kind in goeie gesondheid verkeer. Ek

bevestig ook dat ek die Kleuterskool van alle relevante feite en gebreke rakende my Kind se

liggaamlike vermoë en gesondheid in kennis gestel het.

6. Ek aanvaar dat ek verantwoordelik gehou sal word vir die betaling van uitgawes, mediese

rekeninge en/of hospitaalrekeninge indien van toepassing, in geval van besering van my Kind.

7. Ek vrywaar en stel die Kleuterskool, lede van die Beheerliggaam en werknemers skadeloos teen

enige skade, eise of aanspreeklikheid wat mag ontstaan weens skade aan of verlies van eiendom,

liggaamlike besering, siekte of dood wat my of my Kind raak en wat verband hou met my Kind se

deelname aan enige Aktiwiteite (insluitende die vervoer van my Kind) of kurrikulêre bedrywighede

van die Kleuterskool, ongeag of dit voortvloei uit of veroorsaak is deur ʼn nalatige handeling of

versuim deur enige sodanige gevrywaarde party. Voormelde vrywaring geld egter nie ten opsigte

van skade, eise of aanspreeklikhede wat veroorsaak is deur die opsetlike of growwe nalatige

handelinge van enige gevrywaarde party nie.

8. Ek is bewus daarvan dat indien my Kind deelneem aan buitemuurse en buitekurrikulêre aktiwiteite,

die Kleuterskool nie verantwoordelik gehou kan word vir my Kind se veiligheid en welstand nie. Ek

vrywaar en stel die Kleuterskool, sy lede, lede van die Beheerliggaam en werknemers skadeloos

teen enige skade, eise of aanspreeklikheid wat mag ontstaan weens skade aan of verlies van

eiendom, liggaamlike besering, siekte of dood wat my of my Kind raak en wat verband hou met my

Kind se deelname aan enige buitemuurse of buitekurrikulêre aktiwiteite wat plaasvind buite die

normale besigheidspersele van die Kleuterskool (hetsy dit tydens of buite skoolure plaasvind),

ongeag of dit voortvloei uit of veroorsaak is deur ʼn handeling of versuim (nalatig of andersins) deur

enige sodanige gevrywaarde party.

ID-nommer van ouer/voog: ____________________________________

Handtekening van ouer/wettige voog: ____________________________

Datum: __________________________________________________

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!