02.05.2013 Views

Maandelikse Nuusbrief - Sanlam

Maandelikse Nuusbrief - Sanlam

Maandelikse Nuusbrief - Sanlam

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoe ’n langtermynsiening

die prentjie verander

Deur Emile Fourie, Portefeuljebestuurder

“Baie wat nou gevalle is, sal weer opstaan en

baie wat nou hoog aangeslaan word, sal tot ’n

val kom.” - Horace

Die vader van waardebelegging, Ben Graham,

het dié aanhaling van die Romeinse digter,

Horace, dikwels gebruik om marksiklusse te

beskryf. Vyf en dertig jaar na Graham se dood

is dit steeds van toepassing. ’n Goeie voorbeeld

in ons eie mark is die oorheersing van die

nywerheidsektor oor die finansiële sektor die

afgelope 13 jaar: die finansiële sektor het die

nywerheidsektor sedert 1998 met 7% per jaar

onderpresteer.

’n Nuttige metode om te bepaal of ’n

sektor waarde bied, is om die sektor se prys

te vergelyk met sy genormaliseerde, of 10jaar

gemiddelde verdienste (die sogenaamde

Graham and Dodd (G&D) PV). In Junie 1989,

byvoorbeeld, was die G&D PV van die finansiële

sektor relatief tot die nywerheidsektor 0.74,

met ander woorde beleggers het 26% minder

betaal vir die 10-jaar gemiddelde verdienste

van finansiële maatskappye as vir dié van

nywerheidsmaatskappye. Finansiële aandele

was duidelik nie gewild nie, en oor die volgende

nege jaar tot Februarie 1998 het dié sektor

die nywerheidsektor met bykans 14% per jaar

geklop. Op daardie stadium was die G&D PV

relatief 1.98 (die hoogste sedert 1970), dit

wil sê beleggers het byna dubbel soveel vir die

10-jaar gemiddelde verdienste van finansiële

Finansiële versus Nywerheidsaandele

Finansiële vs Nywerheidsaandele G&D PV Relatief (0.559)

Fin 10jr bewegende gemiddelde verdienste (1352.081)

Finansiële/Nywerheidsaandele Prysrelatief (0.641733915)

Nyw 10jr bewegende gemiddelde verdienste (1178.597)

aandele betaal as vir dié van nywerheidsaandele

wat op dieselfde basis gemeet is.

Vandag is die PV relatief 0.55, naby aan

die laagste vlak sedert 1970, wat finansiële

aandele se onderprestasie van 7% per jaar in

die tydperk sedert 1998 tot gevolg gehad het.

Die sentiment teenoor finansiële maatskappye

is negatief en beleggers voorspel dat dié

maatskappye se verdienste vir ’n langdurige

tydperk op lae vlakke sal bly.

Warren Buffett het opgemerk dat wat werklik

saak maak wanneer mens belê, is wat jy vir ’n

bate betaal en wat daardie bate oor die volgende

dekade of twee gaan verdien. Die punt is, baie

beleggers is geneig om op verdienste oor die

volgende jaar of twee te fokus wanneer hulle

’n maatskappy of sektor se beleggingsmeriete

bepaal. In werklikheid verteenwoordig een of

twee jaar se verdienste ’n baie klein gedeelte

van die totale waarde van ’n maatskappy.

Met die ter perse gaan het ’n maandlange

studiekursus by die Insead-sakeskool in Frankryk

byna tot ’n einde gekom. Met internasionale

sake in gedagte, is dit interessant om kennis

te neem van wat beleggers wêreldwyd kwel en

motiveer. Ek haal graag aan uit ’n internasionale

welvaartverslag wat onlangs gepubliseer is.

Terwyl Suid-Afrikaanse beleggers ongetwyfeld

met heelwat unieke uitdagings te kampe het,

sien ons baie ooreenkomste in die faktore wat

die rykes se beleggingspatrone dryf.

Een van die bekommernisse onder die wêreld

se rykes wat in die verslag uitgelig word, is

stabiliteit, of die gebrek daaraan. In wat voorspel

was as ‘The year of living dangerously’, kom

beleggersrisiko in verskeie gedaantes voor, party

www.spi.sanlam.com

Private Beleggings

MeesterDenke is die amptelike maandelikse nuusbrief van Sanlam Private Beleggings, ’n afdeling van Sanlam Bpk. Uitgawe 48 Augustus 2011

Gem. = 1.13 Std. Afw. = 0.30

VERTROULIK

Deur Daniël Kriel,

Uitvoerende Hoof

Volgens Buffett is dit beter om eerder na die

langertermyn-verdienstevooruitsigte te kyk.

As mens die langertermyn-verdienste vir

die verskeie sektore in ons mark vergelyk,

blyk dit dat geen sektor se verdienste oor die

langer termyn oorheers het nie. Hulpbron-,

finansiële en nywerheidsmaatskappye het hulle

verdienste sedert 1960 met onderskeidelik

11.5%, 11.2% en 11.6% gegroei. Die verlede

is nie altyd ’n aanduiding van die toekoms

nie, maar indien die finansiële sektor oor die

volgende 10 jaar met verdienste verras, sien

ons dalk net Horace se aanhaling in aksie, en

aanskou hoe die gevallenes weer opstaan.

immergroen, ander ’n funksie van veranderende

politieke, sosiale en omgewingsfaktore. Van

stygende voedselpryse, klimaatsverandering

en kernbesoedeling, tot oorlog wat teen

terrorisme en in die kuberruim gevoer word: die

ekonomiese landskap wat besig is om ná die

finansiële krisis te ontvou, is nie vir bangbroeke

nie. Diversifisering is toenemend aan die orde

van die dag vir beleggers wat skuiling soek teen

die onvoorspelbaarheid wêreldwyd.

Wat baie interessant is, is wat presies

beleggingstendense aandryf. Dat private

passies steeds hoog op die lys is, kom

nie as ’n verrassing vir ons ontleders en

portefeuljebestuurders nie. Ons weet kuns is

een van die groot passiebeleggings, daarom het

ons verlede jaar ons Kunsadviesdiens bekend

gestel. Kontemporêre kuns word skynbaar nou

in sommige beleggingskringe as uitgediend

beskou. Josh Spero, redakteur van Spear’s, skryf

in die Knight Frank/Citi-verslag dat hoewel daar

vervolg op bladsy 2 ...

GAllO IMAGES / GETTy IMAGES

Private Beleggings

...vervolg van bladsy 1

vyf jaar gelede, voor die ineenstorting van die

finansiële markte, ’n ongekende belangstelling

in die skokwaarde van hedendaagse kuns

was, die finansiële krisis die beweegrede vir

die aanskaf van kuns verander het. Beleggers

wend hulle nou weer tot gevestigde kunstenaars

met Picasso en Giacometti wat internasionaal

die topverkopers is. Sien Stefan Hundt se

kommentaar oor die plaaslike scenario in

sy rubriek KunsNuus. Stefan het onlangs ’n

internasionale konferensie oor kunsbelegging

bygewoon en ons sal binnekort hieroor verslag

doen in ’n aparte bulletin.

Die ander groot passie, volgens Knight

Frank, is eiendom. Daar is klaarblyklik twee

temas wat die internasionale mark vir luukse

eiendomme aandryf: opvoeding en tweede

huise. Eersgenoemde stam dalk uit ’n sin

van verantwoordelikheid, waar laasgenoemde

dikwels maar nog oor die Goeie lewe gaan.

Staatmakers soos londen, New york en Parys

lewer steeds stewige prysgroei, terwyl Florida,

die Franse Riviera, Toskane en Barbados boaan

die lys van plekke is waar die rykes graag ’n

tweede huis koop. Maar tye is dalk aan die

verander met Oosterse bestemmings soos

Kombodja, Bali en Hainan-eiland in China wat

al hoe gewilder raak onder die meer avontuurlike

kopers. Suid-Afrikaanse wynliefhebbers sal

dit interessant vind dat wynlandgoedere ’n

blywende aantrekkingskrag onder beleggers

wêreldwyd het. Volgens Bill Thompson van Frank

Knight wat by die Italiaanse mark betrokke is,

verg so ’n belegging ’n sekere soort persoon.

Diegene wat nie kans sien vir die hoogtepunte,

uiterste laagtepunte en harde werk van ’n

wingerdboerdery nie, kan natuurlik steeds die

leefwyse ervaar deur in een van die groeiende

aantal residensiële wynlandskemas reg oor die

wêreld te belê.

En dan is daar wyn. Sedert die finansiële krisis

is daar ’n toename in wynfondse. Rekordpryse

word behaal, spesifiek in Hongkong, en dit wil

voorkom of kopers van 1869 lafite-Rothschild

teen $230 000 per bottel dit inderwaarheid

drink. In dié uitgawe se Wyn van die Maand word

trouens melding gemaak van die rekordprys wat

’n witwyn onlangs by ’n veiling behaal het. Soos

die vraag wêreldwyd toeneem, is dit beslis ’n

passiebelegging om dop te hou.

Welvarende beleggers in Suid-Afrika het

hulle eie bekommernisse en die vermindering

van risiko deur ’n gediversifiseerde portefeulje

bly ’n groot uitdaging. Dit staan egter soos ’n

paal bo water: hoe meer verskille daar tussen

individue is, hoe meer ooreenkomste is daar in

die faktore wat hoënettowaarde-beleggers se

beleggingspatrone dryf.

Deur Patrick leary, Portefeuljebestuurder

Die belastingimplikasies van dividende is

die onderwerp op almal se lippe sedert

die aankondiging dat sekondêre belasting

op maatskappye (SBM) afgeskaf word en

vervang word met ’n belasting op dividende

betaalbaar deur aandeelhouers. Dit sal

as dividendbelasting bekend staan. Die

minister van finansies het ook aangekondig

dat “dividendskemas” wat die fiskale

belastingbasis ondermyn, geraak gaan

word deurdat dividende deur dié skemas

voortaan as gewone belasbare inkomste

hanteer sal word.

DiviDEnDbElasting

Tans is die dividende van plaaslike

maatskappye wat aan SA inwoners betaal

word, nie belasbaar in die aandeelhouer

se hande nie. Dié dividende is egter

onderhewig aan SBM teen ’n koers van

10% en is betaalbaar deur die maatskappy

wat die dividend verklaar.

SBM word op 1 April 2012 deur die

nuwe dividendbelasting vervang. Soos

SBM sal dividendbelasting ook teen ’n

koers van 10% aangeslaan word, maar

dit is ’n belasting op die aandeelhouer

wat teruggehou sal word deur die

maatskappy wat die dividend verklaar of

die tussenganger wat die dividend aan die

voordelige eienaar betaal. Oor die algemeen

SKILdERy VaN

dIE maaNd

Deur Robert brooks

(1941 – ),

“Oos-Londen Hawe”,

1963, olie op doek,

Sanlam-Kunsversameling

KUNSNUUS Deur stefan Hundt, SPI-Kunsadviesdiens

die veilingseisoen skop vandeesmaand op ’n hoë noot af met nog ’n Stern “arabier” wat by

Stephan Weltz & Kie onder die hamer kom (voorskou van 12 augustus in Johannesburg);

en Strauss wat twee gesogte Sterns by sy volgende veiling op 26 September insluit. Ten

spyte van die stadiger as verwagte ekonomiese herstel gaan dinge blykbaar voor die wind

in die kunswêreld met veilingshuise en bekende kommersiële galerye in Londen wat fluks

sake doen.

Op ’n treuriger noot, die dood van Lucian Freud einde Julie is ’n groot verlies. Hy was een

van die groot Britse skilders van die 20ste eeu en ’n inspirasie vir baie.

Nuwe dividendbelasting:

Hoe dit jou raak

sal slegs dividende betaalbaar aan

voordelige eienaars wat individue is en in

SA woonagtig is, of buitelandse beleggers,

onderhewig wees aan dividendbelasting.

Maatskappye wat SBM-krediete op

1 April 2012 opgehoop het, sal die krediete

vanaf dié datum vir ’n tydperk van vyf jaar

kan gebruik om die dividendbelasting op

dividende deur hulle verklaar te verminder.

DiviDEnDsKEmas

Die begrotingsrede het ook

dividendinkomstefondse wat belastingvrye

dividendopbrengste bied in die visier.

Die meeste van hierdie skemas behels

dat beleggers dividende ontvang sonder

enige kommersiële blootstelling aan of

betekenisvolle belang by die onderliggende

aandeel.

Dit lyk of dié skemas se dae getel is.

(Wanneer wetgewing verander, sal beleggers

egter die reg hê om na ’n ander fonds om te

skakel teen geen ekstra koste nie.)

Die nuwe wetgewing raak nie die

SPI Dividendinkomsteportefeulje nie

omdat die belegger die onderliggende

aandeel besit. Dié portefeulje bly dus ’n

belastingeffektiewe, inkomstegenererende

oplossing. Raadpleeg asseblief jou

portefeuljebestuurder as jy dink jy word

deur die nuwe wetgewing geraak.

aNTWOORdE: BREINgImNaSTIEK UITgaWE 48: Maklik: 7 | Middelmatig: 200 | Gevorderd: 133

$153

miljard

met soveel het China

se valutareserwes in

K2 2011 gestyg.

BINNEBaaN

Brait

Deur Jean du Plessis,

Senior Portefeuljebestuurder

Brait het vroeg in Maart aangekondig

dat die maatskappy gaan herstruktureer

om sy sakemodel in ’n NBW-gebaseerde

beheermaatskappy te verander. Brait het

R6.4 miljard deur ’n regte-uitgifte verkry wat

die aantal aandele in omloop vervierdubbel

het. Brait sal direk in maatskappye in private

besit in hoofsaaklik Suid-Afrika belê. Dié

maatskappye se netto batewaarde (NBW) sal

Brait se aandeelprys ondersteun.

Die aanvanklike ankerbeleggings wat

geïdentifiseer is, is kontantklerewinkelgroep

Pepkor en stapelvoedselvervaardiger Premier,

wat onderskeidelik 59% en 12% van Brait se

NBW uitmaak. ’n Verdere R1.7 miljard of 19%

is in kontant om verdere verkrygings mee te

doen. Brait bereken die totale NBW/aandeel op

R17.80, wat 8% hoër is as die prys waarteen

die regte-uitgifte gedoen is.

By die skrywe hiervan het Brait teen

R17.60 verhandel, ’n diskonto van 1% op sy

NBW. Beheermaatskappye verhandel oor die

algemeen teen ’n diskonto van meer as 5%

op hulle NBW. Omdat Pepkor en Premier so ’n

groot gedeelte van Brait se NBW uitmaak, is dit

belangrik dat hul waardasies geëvalueer word

om die beleggingsmeriete te bepaal. Hoewel

albei sterk spelers in hul onderskeie markte

is, meen ons hulle is billik gewaardeer in die

NBW. Al kry beleggers Brait dus nie teen ’n

winskoop nie, het die bestuurspan ’n bewese

rekord in private ekwiteitsbeleggings wat op

die lang termyn waarde kan ontsluit. En met

hul eie geld wat in Brait belê is, het hulle ’n

goeie rede om dit te doen.

WENNERS

TOP 40-INdEKS:

gROOTSTE WENNERS/VERLOORdERS

JTd (%)

verandering VERLOORdERS

JTd (%)

verandering

Exxaro 31.9 RMB Holdings -33.6

Mondi ltd 28.4 lonmin -30.7

Kumba Iron Ore 20.4 PPC -26.5

Harmony 9.9 Impala Platinum -24.8

Nedbank 8.8 M&R Hold -24.0

Is ons in ’n IKT-borrel?

Deur Farai mapfinya, Aandeelontleder

Wolkrekenaar- en sosiale netwerkplatforms

word as die blink nuwe sterre in die inligtingen-kommunikasietegnologie

(IKT) landskap

beskou.

Om relevant te bly en hulle vir die toekoms te

posisioneer, het leiers in die IKT-bedryf Silicon

Valley en ander tegnologie-innoveringsmekkas

gefynkam vir sosiale netwerk- en wolk-tipe

bates. Dit het oordrewe waardasies tot gevolg

gehad wat aan die dot.com-borrel van die

eeuwisseling herinner.

Ondanks die oordrewe waardasies, glo

sommige van die opkomende nuwelinge dat

hul selfs meer werd is en wys die vrygewige

aanbiedinge van groot tegnologiemaatskappye

van die hand. Hulle wil óf meer geld hê, óf

probeer om te noteer deur middel van ‘n

aanvanklike publieke aanbod (AOA).

In die eerste helfte van 2011 is die mark

oorstroom deur nuwe IKT-noterings teen

waardasies wat na ons mening oordrewe is,

met sulke maatskappye wat meermale nouliks

winsgewend is. linkedIn, ’n besigheidsnetwerkwebwerf,

het byvoorbeeld sy buiging op

die Nasdaq gemaak teen ’n historiese prysverdienste-veelvoud

(PV) van ’n baie hoë 1314

keer en ’n prys-tot-boek-verhouding van 132 keer.

Vergelyk dit met die Nasdaq se oorkoepelende

PV van 24 keer, en ’n gemiddelde prys-tot-boekverhouding

van 3.5 keer. Nog ’n voorbeeld is

China se sosiale netwerk-webwerf, Renren, wat

teen ’n ondernemingswaarde/EBITDA van 350

keer verhandel terwyl die bedryfsgemiddelde

40 keer is. En youku, China se antwoord op

youTube, het sy AOA teen $13 gewaardeer en

verhandel tans teen $39 al het hy ’n verlies

gerapporteer vir die kwartaal tot Maart 2011.

Loko

% beweging

in die maand

Dié wat nie noteer het nie, se geïmpliseerde

waardasie uit private kapitaalverkrygings

is eweneens hoog. Groupon, die omstrede

twee jaar oue volume-afslagmaatskappy, se

kapitaalverkryging nadat hy Google se aanbod

van $6 miljard van die hand gewys het, het ’n

waardasie van $30 miljard geïmpliseer. Soos

linkedIn sukkel Groupon ook om winsgewend te

wees met ’n verlies van $450 miljoen in 2010

vergeleke met verliese van $6.9 miljoen en

$2.2 miljoen in 2009 en 2008 onderskeidelik.

Dieselfde met Facebook. Hoewel dit in private

besit is, waardeer kapitaalverkrygings en

veilings deur SharesPost die aandeel se waarde

op $35, wat ’n maatskappywaarde van $84

miljard impliseer. Dit is glo duskant Facebook

se mikpunt van $100 miljard voor hy sy aandele

gaan sweef.

Daar is nietemin suksesstories met

maatskappye wat dit reggekry het om hulle

intekenaarbasis in verkope om te sit en

winste te genereer. ’n Goeie voorbeeld is

Tencent, Naspers se Chinese internetdiens- en

aanlynspeletjieportaal. Tencent is skaars 12

jaar oud, maar het in dié tyd sy gebruikersbasis

tot 670 miljoen gegroei. Die jongste resultate

reflekteer verdienste van VSA$3 miljard, ’n netto

wins van VSA$1.5 miljard, en ’n netto marge

van 41%. Tencent verhandel op ’n historiese

PV-veelvoud van 37 keer, wat steeds hoog is

relatief tot die oorkoepelende mark.

Opkomende nuwelinge in die wolkrekenaar-

en sosiale netwerk-platforms sal ’n manier

moet vind om hulle verkope en winste vinnig

en beduidend op te stoot om hulle waardasies

te regverdig. Doen hulle dit nie, is waardasies

potensieel in borrel-gebied.

% beweging

jaar tot dusver

% beweging 12

aaneenlopende maande

Goud $/oz 1 615.95 4.97 13.74 47.52

Brent ru-olie lokoprys 117.14 3.22 24.22 59.40

ZAR/USD 6.7095 1.01 -1.86 12.19

Alle Aandele (J203) 31 446 2.53 -2.09 19.34

Hulpbronne (J210) 52 236 1.52 -7.22 11.17

Finansieel (J580) 7 964 0.75 -2.53 9.32

Nywerheid (J257) 27 799 4.71 3.76 33.05

S&P 500 1 301 2.29 3.42 20.60

FTSE 100 5 873 2.77 -0.45 13.79

* Alle syfers is korrek soos op 28 Julie 2011 soos dit om 17:30 deur die JSE verskaf is.

Private Beleggings

Zeder

Deur Olof bergh, Aandeelontleder

Zeder het onlangs ’n aanbod aangekondig om Capespan, ’n

internasionale vrugteprodusent, bemarker en voorraadkettingdiensverskaffer,

se minderheidsaandeelhouers vir R2.25 per

aandeel uit te koop. Die aanbod waardeer Capespan op R673

miljoen. Ons het gaan antwoorde soek by Zeder se Uitvoerende

Hoof, Antonie Jacobs.

die aanbodprys is alom gekritiseer as

opportunisties gegewe die laagtepunt in Capespan

se verdienstesiklus. maar SPI het bereken dat om

die aanbod te regverdig, Capespan ’n opbrengs op

ekwiteit (OOE) van 14% of hoër moet genereer,

iets wat hy die afgelope vyf jaar nie kon regkry nie.

Hoe voorsien Zeder dat Capespan gaan verander

van ’n besigheid wat tans minder as 8% OOE

verdien in een wat meer as 14% OOE verdien?

Dit is waar dat Capespan ’n hoër opbrengs

sal moet genereer om die huidige prys te

regverdig, en daarom beskou ons die aanbod

as billik. Ons het egter volle vertroue in die

bestuur se vermoë om oor tyd die nodige groei

en opbrengs te lewer om ons belegging te

regverdig en ondersteun hulle in die bereiking

van hulle doelwitte.

Na Pioneer Foods se mislukte aanbod vir KWV

Holdings het Zeder sy belang in KWV vir R11.82

per aandeel verkoop toe laasgenoemde se NBW

inderwaarheid nader aan R19 was. Het Zeder

nie meer waarde in die aandeel gesien nie?

Na ons mening was Pioneer se aanbod van

R12 per aandeel ’n billike aanbod gebaseer op

verdienstepotensiaal, wat weer op produktiewe

bates gebaseer is. Ons het nie meer waarde

in KWV as ’n losstaande maatskappy gesien

nie en gevolglik ons belang verkoop. KWV se

brandewynvoorraad, wat ongeveer 40% van

sy bates verteenwoordig, veroorsaak dat sy

netto batewaarde (NBW) geïnfleer is. KWV

sukkel egter om die brandewyn verkoop te

kry. KWV is ’n subskaal-besigheid wat sou

kon baat vind by Pioneer se groter portefeulje

en verspreidingsnetwerk. Daar is ook heelwat

dupliserings wat aansienlike kostebesparings

Ons Seël is ’n simbool van egtheid;

’n waarborg dat alles wat hierin staan,

eg is. Dit is ’n herbevestiging van

ons waardes, en ’n belofte om alles

moontlik te doen om jou Meester-

Welvaartskepper te wees.

sou meebring indien die transaksie

voortgegaan het.

Zeder betaal PSg ’n bestuursfooi van ongeveer

2% van NBW (voorprestasiefooi). Vir beleggers

om gelyk te breek relatief tot die maatstaf, moet

Zeder die maatstaf dus met ten minste 2%

uitpresteer. Hoe beoog Zeder om dit te doen?

Ons moet net aanhou om die juwele te ontdek.

Om met meer as 2% uit te presteer, is ’n

groot uitdaging, maar ons het volle vertroue

in ons vermoë om potensiële sinergieë,

konsolidasies, ontknopings, ens. te herken en

daaruit voordeel te trek, en uiteindelik waarde

toe te voeg vir ons beleggers.

Vir meer inligting oor hierdie artikels of oplossings, kontak SPI by:

Hoofkantoor

Tel: 021 950 2103

Knysna

Tel: 044 382 7727

Wyn van DiE maanD

Vandeesmaand wyk ons ’n bietjie af van

die gewone. In sy artikel praat daniël van

passiebeleggings - vroeër vandeesmaand

is ’n bottel Château d’Yquem

1811 deur die guinness Book

of Records bevestig as die

waardevolste witwyn in die

wêreld. dié antieke Sauterneswyn

is vir £75 000 in Londen

aan ’n private versamelaar

verkoop wat van plan

is om die 200 jaar oue

kwaliteitswyn in sy restaurant

in Bali ten toon te stel. die

Chateau dyquem is uniek

omdat die wyn se suurgehalte

en residuvlakke verhoed dat

dit bederf. dit kan dus vir

’n onbepaalde tyd verouder

word. Vloeibare goud sowaar!

Johannesburg

Tel: 011 778 6600

Kaapstad

Tel: 021 950 2300

Of besoek ons webblad: www.spi.sanlam.com

Pretoria

Tel: 012 470 0622

Claremont

Tel: 021 950 2192

$46 145

Elke amerikaanse

burger se gedeelte van

die nasionale skuld.

Wonder jy soms wat gebeur op die

aandelemarkte?

Luister dan na Bruce Whitfield se radioprogram,

The Money Show, elke Vrydag om 6 nm op

Radio 702 en 567 Cape Talk. Een van SPI

se portefeulje-bestuurders gee in hierdie

programme nuus oor die jongste verwikkelings

op die markte en hulle siening oor watter

aandele om te koop en te verkoop.

TERUgVOER

Ons wil graag weet wat dink jy van die inhoud

van ons nuusbrief, MeesterDenke en verwelkom

voorstelle of versoeke vir toekomstige uitgawes.

Stuur asseblief enige kommentaar per epos na

mastermind@spi.sanlam.com

BREINgImNaSTIEK

Begin by die syfer links en volg die

instruksies in elke blokkie in die ry.

Elke raaisel behoort ongeveer 30 sekondes

te neem.

Answers in next month’s issue.

Antwoorde op bladsy 3.

Hierdie nuusbrief is alleenlik bedoel as inligtingstuk. Indien jy hierdie nuusbrief vir enige ander doel as ‘n inligtingstuk wil aanwend, word jy aangeraai om professionele

advies in te win. Indien jy jou op hierdie inligting verlaat, vir watter doeleindes ook al, doen jy dit op eie risiko. Sanlam Private Beleggings aanvaar geen aanspreeklikheid

hoegenaamd, ongeag die oorsprong daarvan, ten opsigte van enige eis, skade, verlies of uitgawe, hetsy direk of indirek en met inbegrip van gevolglike verlies of verlies aan

winste as gevolg van of in verband met jou, die gebruiker, se benutting van die inhoud van hierdie nuusbrief, of sodanige ander gebruiker van die inligting, produkte en

dienste beskryf in hierdie nuusbrief nie. Gebruikers onderneem om hulleself uitsluitlik aan die wette van die Republiek van Suid-Afrika en die jurisdiksie van die howe van

die Republiek van Suid-Afrika te onderwerp ten opsigte van enige dispuut voortspruitend uit die gebruik van hierdie nuusbrief. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer en

Geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP1867).

maklik

middelmatig

gevorderd

Durban

Tel: 031 560 3600

stellenbosch

Tel: 021 861 3700

hiervan

hiervan

kwadreer

dit

george

Tel: 044 805 5900

afgeleide instrumente

Tel: 021 950 2153

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!