1981-1982 JAARVERSLAG
1981-1982 JAARVERSLAG
1981-1982 JAARVERSLAG
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
JAARVERSLAG

DEPARTEMENT VAN

LANDBOU

1 APRIL 1981 TOT

31 MAART 1982
JAARVERSLAG

(i)

1 APRIL 1981 TOT 31 MAART 1982

ABATTOIRAANGELEENTHEDE

BLADSY

1

VLEISHIGIëNE 2

ADMINISTRATIEF 2

Abattoirs 2

Sterliseringsinstallasies 2

Beplanning 2

Vrystellings 2

VLEISINSPEKSIEDIENSTE 3

OPLEIDING 3

INTREKKING VAN SERTIFIKAAT VAN GOEDKEURING 3

INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN WET 87 VAN 1967

DIEREPRODUKSIEBEVORDERING 16

VEEPRODUKSIENAVORSING 17

VLEISBEESTE 17
MELKBEESTE 18

VLEISSKAPE 19

VLEISBOKKE 20

VARKE 20

PLUIMVEE 20

WOLSKAPE 21

Teling 22

Gehaltestudies 22

Bestuur 22

PELSSKAPE 24

SYBOKKE 24

DIVERSE 25

Volstruis 25

Perde 26

ONDERSTEUNENDE VEEPRODUKSIENAVORSING 26

Dieregenetika 27

Sitogenetiese ontledings 27

Bloedtipering 27

Herkouingvoeding 27

Kompensatoriese groei 27

VLEIS 31

SUIWELKUNDE 32

Melk 33

Ander melkprodukte 33

Kaas 33

Botter 34

SUIWELKUNDIGE HULPDIENSTE 34

Kwaliteitsverbeteringslaboratorium 35

Botter 35

Kaas

Varsmelk

Varsmelkprodukte

Roomys en sorbet

Melkpoeie

Bedryfsvoorligting

Opleiding van suiweltegnoloë

VEE- EN VEEPRODUKTEVERBETERINGSKEMAS

NASIONALE MELKBEESPRESTASIE - EN

NAGESLAGTOETSSKEMA

NASIONALE VLEISBEESPRESTASIETOETSSKEMA

NASIONALE WOLSKAAPPRESTASIETOETSSKEMA

NASIONALE VLEISSKAAPPRESTASIE- EN

NAGSLAGTOETSSKEMA

NASIONALE VARKPRESTASIE- EN NAGESLAGTOETSSKEMA

Varkaantekening en gesondheid

Beer- en sogprestasie

PLIUMVEEPRESTASIETOETSING

Vermeerderingskema vir pluimvee

DIEREGESONDHEID

NAVORSINGSINSTITUUT VIR VEEARTSENYKUNDE

ONDERSTEPOORT

Algemeen
VEEARTSENYKUNDIGE NAVORSING

BAKTERIESE SIEKTES

VIRUSSIEKTES

PROTOSOë- EN RICKETTSIASIEKTES

ONVRUGBAARHEID EN GESLAGSIEKTES

Oorsake van fetale vrektes

Beeste

Skape

Ondersoeke van vaginale slym vir bemettings

Brusellose-serologie

Leptospirose

Slapsiekte

UITWENDIGE PARASIETE

INWENDIGE PARASIETE

VERGIFTIGING

INWENDIGE PARASIETE

VERGIFTIGING

ENTSTOWWE

TEGNIESE BETREKKINGE MET ANDER LANDE

Skakeling en samewerking met Afrikastate

Skakeling met oorsese lande

Buitelandse reise

TEGNIES-STATUTêRE ADVIES

AFDELING VEEARTSENYDIENS

VEEARTSENYKUNDIGE NAVORSING

Diverse navorsingsprojekte

NAVORSING OOR WILD EN WILDSIEKTES

ENSTOWWE EN VEESIEKTEMIDDELS

DIERESIEKTEBESTRYDING

AANMELDBARE SIEKTES

Bek-en-klouseer

Hondsdolheid

Miltsiekte

Ooskuskoors en verwante siektes

Ooskuskoors (Theileria parva parva)

Korrridorsiekte (Buffelsiekte) (T. lawrencei)

Tuberkulose

Tuberkulose by varke

Beesbrusellose (Brucella abortus)

Tripanosomiase

Skaapbrandsiekte

Blanke gebied q

Onafhanklike en nasionale state

Skurfte

Afrikaanse varkpes

Vleksiekte by varke

Johnesiekte

Newcastle-siekte

Psittakose

NIE-AANMELDBARE SIEKTES

Bakteriese siektes

Mastitis

Bloednier
Sponssiekte

Lamsiekte

Korinebakteriose

Pasteurellose

Klein-in-die-kaak (tetanus)

Kolibasillose

Leptospirose

Pseudomonasbesmetting

Aktinobasilose en aktinomikose

Vrotpootjie en sweerklou

Nuwesiekte

Bloedpens

Rooiderm

Protosoïse siektes

Babesiose

Anaplasmose (bosluisgalsiekte)

Besnoïtiose (olifantvelsiekte)

Koksidiose

Milde beestheileriose

Ander vorms van theileriose

Ehrlichiose

Virussiektes

Bloutong

Perdesiekte

Hartwater

Drie-dae-stywesiekte

Slenkdalkoors en Wesselsbronsiekte

Snotsiekte

Jaagsiekte (Longadenomatose)

Aansteeklike oftalmie

Vuilbek

Slymvleissiekte

Aansteeklike beesrinotrageïtis

Ensoötiese beesleukose

Knopvelsiekte

"Border disease"

Aansteeklike enteritis by katte

Parvo-virus by honde

Swamsiektes

Omlope

Klontwol

Maduromikose

Aspergillose

Streototrikose (Senkobo) en Episoötiese limfangitis

Onvrugbaarheid en geslagsiektes

Vibriose (Campylobacter foetus)

Trigomoniase

Klamidiose

Actinobacillus seminus

Brucella ovis

Aansteeklike epididimitis/vaginitis ("Epivag")

Postitis en nekrotiese balanitis/vulvitis

Q-koors (Coxiella burnetti)
Kalwersiektes

Wit laksering

Paratifus

Kalwerwitseerkeel

Sweetsiekte

Enterovirusse

Pluimveesiektes

Basillêre wit diarree (BWD) en hoendertifus

Aansteeklike laringotrageïtis

Hoendercholera

Aansteeklike brongitis

Aansteeklike verkoue

Chroniese asemhalingsiekte (Mikoplasmose)

Hoenderpokke

Aansteeklike bursitis (Gumboro)

Epidemiese bewerasie

Marek se siekte

Limfoïedleukose-kompleks

Trigomoniase

Virusartritus

Waterpens (Askites)

Nekrotiese enteritis

Varksiektes

Vibrioniese disenterie

Asemhalingsiekte-sindroom

Spiroketose

"Smedi"/Parvo-virusbesmetting

Kolobasillose

Leptospirose

Gebreksiektes en wanvoedingstoestande

VERGIFTIGING

Mineraalvergiftiging

Plantvergiftiging

Natalstreek

Wes-Kaapstreek

Vrystaatstreek

Hoëveldstreek

Noord-en-Oos-Transvaalstreek

Transvaalstreek

Oos-Kaap-en-Karoostreek

Toksiene

INWENDIGE PARASIETE

UITWENDIGE PARASIETE

KUNSMATIGE INSEMINASIE

VEEINSPEKSIEDIENSTE

DIEREGESONDHEIDSVOORLIGTINGSDIENS

IN- EN UITVOERBEHEER

Uitvoerbeheer

WETGEWING

TEGNIESE BETREKKING MET ANDER LANDE

Skakeling en samewerking met Afrikalande

Skakeling met oorsese lande

KLINIESE DIENSTE
DIAGNOSTIESE DIENSTE
ABATTOIRAANGELEENTHEDE

'n Abattoir is in die eerste plek 'n voedselfabriek waar diere onder higiëniese

toestande geslag en die vleis en verwante organe geïnspekteer word om die

verspreiding van siektes van dier na mens en van dier na dier te voorkom.

Tweedens is dit 'n skakel in die bemarkingsketting waaraan toenemende

bemarkingsvereistes gestel word met die oog op die beste realisasie vir die karkas,

die afval, die huid of vel en die neweprodukte, soos vet, karkasmeel en bloedmeel.

Met die oog op vleiskwaliteit en die houvermoë daarvan moet fasiliteite geskep word

om onder andere:

- die dier voor slagting behoorlik te hanteer en hom, indien nodig, die

geleentheid te bied om behoorlik te rus;

- die dier tydens slagting op 'n humane wyse te hanteer;

- die karkas elektries te stimuleer asook behoorlik te verkoel ten einde

vertaaiing te voorkom en bakteriologiese groei te beperk; en

- die kaskas te verkoop en uit te laai sonder om die koelketting te verbreek.

Ooreenkomstig die beleid dat alle abattoirs teen die einde van 1984 aan die

vereistes van die Wet op Higiëne by Diereslag, Vleis en Dierlike was die

Abattoirkommissie ingevolge die Wet op die Abattooirbedryf, 1976 (Wet 54 van

1976), gedurende die verslagjaar in hoofsaak gemoeid met die evaluering van

aansoeke betreffende die oprigting en opknapping van abattoirs. Nagenoeg 70%

van die 2 800 000 abattoireenhede wat gedurende die verslagjaar in die Republiek

van Suid-Afrika geslag is, is in abattoirs geslag wat aan die higiënevereistes voldoen

of ingerig word om daaraan te voldoen. Die persentasies vir elke afsonderlike streek

sien soos volg daaruit:

Streek %

Natal 89,8

Wes-Kaap 84,2

Oranje-Vrystaat 79,3

Noord-Kaap 75,2

Transvaal 71,1

Oos-Kaap 8,6

Die Kommissie het tydens 8 vergaderings onder andere 21 aansoeke vir die

oprigting van nuwe abattoirs en 48 aansoeke vir die aanbring van verbeterings aan

bestaande abattoirs hanteer. Die aansoeke was oorwegend om die oprigting en

verbetering van kleiner abattoirs - bewys daarvan dat die meeste van die groter

projekte reeds in die beplanning- en boustadium is, of dat die projekte reeds

afgehandel is.
- 9 -

Die volgende faktore bly steeds van deurslaggewende belang by die oorweging van

aansoeke:

- Kapasiteit en produksie, dit wil sê of 'n abattoir van ekonomiese grootte

daargestel en voldoende benut sal word;

- die moontlikheid van sentralisasie in die gevalle waar eenhede van

onekonomiese grootte oorweeg word;

- die beskikbaarheid van slagvee asook die riskantheid van die onderneming in

die gebiede waar onvoldoende slagvee voorkom, veral ook gesien in die lig

daarvan dat dit meer ekonomies is om sodanige gebiede van vleis in die plek

van lewende diere te voorsien;

- die beskikbaarheid van 'n geskikte perseel, die koste van die aanlê van

dienste asook die eenheidstariewe wat daarvoor gevorder word; en

- handelsoorwegings en -praktyke.

Die kostestruktuur, maar veral die koste van arbeid, dienste en lenings, het

gedurende die verslagjaar weer skerp gestyg. 'n Afname in deurset is weer as

gevolg van 'n daling in die slagting van beeste ondervind, terwyl die vervoer van vleis

van die beheerde gebied af na die buitegebied algaande toeneem. Hoër uitgawes

gepaard met 'n dalende deurset het daartoe aanleiding gegee dat die eienaars van

openbare diensabattoirs in toenemende mate finansiële probleme ondervind. Die

getal aansoeke om tariefaanpassings (136 vanjaar teenoor 142 die vorige

verslagjaar) het ook bykans konstant gebly.

Tariewe word op 'n geen-wins-geen-verliesgrondslag bepaal. 'n Toenemende aantal

abattoirs verlang steeds hoër tariewe as wat op kostebasis geregverdig is, ten einde

onder andere voorsiening te maak vir die opbou van fondse met die oog op die

vervanging van bestaande uitgediende abattoirs. Dit geld ook vir abattoirseienaars

wat besig is met oprigtings- en verbeteringsprojekte. Die oogmerke hiermee is om

buitensporige tariefaanpassings by die ingebruikneming van nuwe en verbeterde

abattoirs uit te skakel. Die opbou van fondse vir hierdie oogmerke word verwelkom

en dit word as vereiste gestel dat die betrokkenes 'n geslote abattoirreserwerekening

moet byhou.

Die Kommissie het met die skakeling en ondersteuning van belanghebbende

instansies, soos die Afdeling Veeartsenydiens, die SA Abattoirskorporasie en die

Vleisraad, die SA Abattoirskorporasie en die Vleisraad, voortgegaan met sy pogings

om die doeltreffendheid van die bestuur en bedryf van abattoirs te bevorder.

Bedryfskoste word verlaag, onder meer deur die meer algemene toepassing van

enkelbeheer en die reeling van 'n egaliger toevoer. Met die berekening van

eenheidskoste word die aandag van abattoireienaars deurlopend gevestig op items

soos ondoeltreffende arbeidsbeutting en ongeregverdigende hoë besteding aan

water en krag. Die Kommissie is dan ook van mening dat abattoireienaars deur sy

toedoen en as gevolg van die omstandighede van die tyd, algaande meer

kostebewus raak. Hy wil in dié verband graag erkenning verleen aan die

samewering wat hy van abattoireienaars ontvang het.
- 10 -

Die Kommissie ondervind lank reeds 'n groot behoefte aan tipeplanne met

spesifikasies vir geboue en toerusting ten einde die oprigtingskoste van kleiner

abattoirs te besnoei en die indiening van tenders asook die evaluasie van planne te

bespoedig. Oorweging is die afgelope paar jaar aan 'n verskeidenheid maniere

geskenk om dit te bewerkstellig en die stadium is nou bereik waar sekere stele tipe

planne reeds beskikbaar is.

Volledige stelle planne sal gratis aan instansies/persone beskikbaar gestel word wat

oor Ministeriële goedkeuring vir die oprigting van nuwe abattoirs beskik.

Voornemende abattoireienaars wat egter meer as een stel planne verlang, kan dit by

die Komissie aankoop. Uitlegplanne, wat die basiese uitleg van elke graad abattoir

uitbeeld, sal ook op aanvraag gratis aan belanghebbendes beskikbaar gestel word.

Met die oog veral op nouer skakeling met belanghebbende instansies is daar

gedurende die verslagjaar ook by verskeie abattoirs besoek afgelê en is

samesprekings oor sake van gemeenskaplike belang gevoer.

VLEISHIGIëNE

ADMINISTRATIEF

Abattoirs

Op 31 Maart 1982 was die getalle vir die abattoirs in besit van 'n geldige sertifikaat

van goedkeuring, die volgende:

Rooivleis 727

Pluimvee 221

Konyn-abattoirs 15

TOTAAL 963

TABEL1 - Graad en klas van abattoirs

Streek A AP AH B BP BH C CP CH D DP DH E EP EH

Transvaal

Noord- en

Oos-Transvaal

Hoëveld

OVS

Natal

Oos-Kaap en

Karoo

Wes-Kaap

11

1

2

2

2

2

4

1

2

1

5

2

5

5

8

1

6

1

7

8

4

3

3

6

2 5 - 4 4 - 5 2 - 23 4 - 48 9 1

Totaal 22 13 0 21 20 0 36 44 3 112 29 2 242 115 10

Kwazulu - - - - - - 2 - - 38 - - 12 - -

Lebowa - - - - - - 3 - - 82 - - 57 - -

Gazankulu - - - - - - 5 - - 54 - - 41 - -

Totaal 0 0 0 0 0 0 10 0 0 174 0 0 110 0 0

Groottotaal 22 13 0 21 20 0 46 44 3 286 29 2 352 115 10

14

3

10

4

8

3

2

1

15

14

19

14

11

16

5

3

1

3

9

4

2

11

41

18

45

19

60

14

2

22

28

20

20

1

5

3
- 11 -

TABEL 2 - Totale aantal diere/karkasse wat onderworpe was aan voordoodse en/of nadoodse

ondersoek deur beamptes van die Afdeling

Streek Beeste en Skape en Varke Perde Wild Pluimvee

Kalwers Bokke

Transvaal 996 032 2 012 805 466 264 1 627

Noord- en

Oos-Transvaal

Hoëveld -

46 363 -

OVS

27 884 400 142 16 390 -

Natal

197 876 1 043 297 201 685 -

8 336 296

Oos-Kaap en

Karoo

96 272 574 381 55 522 -

Wes-Kaap -

84 607 -

74 951 3 943 923

Totaal 1 318 064 4 030 625 824 469 1 627 121 314 12 280 219

VLEISINSPEKSIEDIENSTE

OPLEIDING

Geen indiensopleidingskursusse oor Vleis- en Abattoirhigiëne is aangebied in die

betrokke jaar nie.

Die indiensopleiding van vleisondersoekers het egter voortgegaan en is onderneem

by vyf opleidingsabattoris.

33 Kandidate uit 'n totaal van 50 het die kursus geslaag. As gevolg van 'n hoë

erosiesyfer is dit feitlik onmoontlik om in die behoefte aan opgeleide ondersoekers,

wat vleisinspeksiedienste by die abattoirs moet uitvoer, te voorsien.

Ernstige probleme word ondervind om genoegsame rekrute te vind ten einde die

kursus Nasionale Diploma in Vleishigiëne aan te bied aan die Technikon, Pretoria.

TABEL 3 - Vleisuitvoere

Uitvoere (kg) Afrika-

Lande

Vleisprodukte

Beesvleis

Skaapvleis

Varkvleis

Wildsvleis

Volstruis

Pluimvee

8 585

19 333

8 503

Europa,

Verre Ooste,

ens.

14 228

5 716

4 969

76 467

1 074 269

204 000

17 092 750

Totaal

14 228

14 311

24 302

84 970

074 269

204 000

17 092 750

Totaal 36 431 18 472 399 18 508 830
- 12 -

INTREKKING VAN SERTIFIKAAT VAN GOEDKEURING INGEVOLGE ARTIKEL

14 VAN WET 87 VAN 1967

Die Minister het 'n Spesiale Komitee aangestel vir die identifisering van abattoirs

waarvan die sertifikate van goedkeuring deur hom ingetrek moet word. Hierdie

komitee bestaan uit die Hoofvleishigiënebeampte, die Voorsitter van die

Abattoirkommissie en beamptes van die kantoor van die Hoofvleishigiënebeampte.

1. Die identifisering geskied op grond daarvan dat die abattoir nie aan die

voorgeskrewe vereistes voldoen nie.

2. Sodanige intrekking sal plaasvind slegs as daar 'n alternatiewe abattoir of

abattoirs, wat aan alle vereistes voldoen, beskikbaar is.

3. Sodanige intrekking moet plaasvind so gou as moontlik, maar nie langer as

ses maande nadat die alternatiewe abattoir in bedryf gestel is nie.

Geleentheid vir besware en vertoë is aan alle instansies, waarvan die

abattoirs geïdentifiseer is, verleen.

Daar is vier vergaderings deur hierdie Spesiale Komitee gehou, die eerste op

23 Oktober 1981.

Rooivleisabattoirs gesluit van 23 Oktober 1981 tot 30 Maart 1982:

Graad Getal

C

D

E

2

6

15

Totaal 263

VEEPRODUKSIENAVORSING

VLEISBEESTE

Op Potchefstroom is proefondervindelik aangetoon dat beesvleis teen huidige vleis-

kunsmispryse meer ekonomies op bemeste veld geproduseer kan word.

Jaaroud Simmentalerossies van 245 kg is gedurende 1981/82 148 dae lank, van die

begin van Desember tot aan die einde van April, op veld gehou. Die helfte van die

ossies het teen 'n weidingsbelading van een ossie per 0,93 ha op veld gewei wat

met 100 kg N en 10 kg P per hektaar per jaar bemes is. Die ander helfte het teen

een ossie per 1,86 ha op onbemeste veld gewei. 'n Stelsel van beheerde selektiewe

beweiding is gevolg en 'n sout-fosforlek is beskikbaar gestel.

Die ossie op bemeste veld het met 0,97 kg per dag in massa toegeneem teenoor

0,68 kg per dag vir die groep op onbemeste veld. In terme van massatoename per

hektaar het die groep op bemeste veld met 154 kg toegeneem terwyl die groep

onbemeste veld slegds met 53 kg toegeneem het.
- 13 -

In 'n soortgelyke proef wat in die Natalstreek uitgevoer is, is langgrasveld deur

jaaroud verse benut. Drie behandelings is toegepas, te wete geen bemesting,

bemesting met 166 kg N, 12 kg P en 35 kg K per ha en 332 kg N, 24 kg P en 70 kg

K per ha. Die toename in lewende massa van die verse op die drie behandelings

was onderskeidelik 63,501 en 608 kg per ha. Teen die heersende pryse van die

1981/82-seisoen het die drie behandelings 'n inkomste bo bemestingskoste van R69,

R394 en R354 per hektaar getoon. Alhoewel die hoogste peil van bemesting 'n

toename in lewende massa van meer as 100 kg bo dié van die tweede hoogste peil

bewerkstellig het, was die hoër koste nie geregverdig nie.

In 'n ander proef is drie groepe verse teen 'n daaglikse toename van ongeveer 0,5,

0,3 en 0,1 kg oorwinter. Gedurende die volgende somer is die drie groepe op

somerveld geplaas waar elke groep aan drie weidingsdrukke, te wete 1,0, 1,3 en 1,5

grootvee-eenhede per ha onderwerp is. Die diere wat op die laagste peil oorwinter

het, het by al drie weidingsdrukke kompenserende groei getoon.

Aangesien die weersomstandighede in die Natalstreek nie altyd vir hooimaak geskik

is nie, word Eragrostis curvula soms vir die oorwintering van vee ingekuil.

Speenverse het 'n massaverlies van 4 kg oor 138 dae getoon toe hulle op die

kuilvoer alleen gevoer is. Die byvoeging van slegs 3 kg E. curvula-hooi per vers per

dag het egter oor dieselfde tydperk 'n massatoename van 21 kg teweeggebring. Die

kombinasie van E. curvula-kuilvoer en hooi kan 'n aansienlike verlaging in die

oorwinteringskoste van vleisbeeste meebring.

Verskillende tipes somerweiding is ook indie Natalstreek geëvalueer. Teen

beladings van 3,0, 4,2, 5,6 en 7,3 koeie plus kalwers per ha kikoejoeweiding is 557,

669, 751 en 848 kg speenkalfmassa geproduseer.

Speenossies wat teen beladings van 5, 7, 9 en 11 diere per hektaar op

roggrasweiding gehou is, het 886, 1 131, 1057 en 963 kg lewende massa per ha

geproduseer. Die daaglikse toename van die ossies by die onderskeie veebeladings

was 0,89, 0,74, 0,59 en 0,44 kg. Die tweede ligste peil van beweiding het die

grootste massatoename per ha teweeggebring.

Die ondersoek na die invloed van fosforaanvulling vir vleisbeeskoeie en hul nageslag

word op Armoedsvlakte en Glen voortgesit. Die navorsing sal voortgesit word tot

aan die einde van die koeie se reproduktiewe lewe.

Beide groepe het so pas hulle vierde kalfseisoen voltooi en alhoewel seisoenseffekte

die resultate van jaar tot jaar beïnvloed, word sekere tendense tog geopenbaar. Op

Armoedsvlakte ondervind die koeie wat geen fosforaanvulling kry nie, 'n ernstige

liggaamsmassaverlies tydens laktasie, en dit veroorsaak weer 'n drastiese verlaging

in kalfprestasie. Op Glen was die reaksie by die koeie wat geen fosforaanvulling kry

nie, 'n ernstige liggaamsmassaverlies tydens laktasie, en dit veroorsaak weer 'n

drastiese verlaging in kalfprestasie. Op Glen was die reaksie by die koeie nie so

drasties nie, terwyl fosforaanvulling die kalwers se speenmassa in 'n geringe mate

verbeter het.

Die tweede ondersoeke bevestig dat daar lokaliteitsverskille in die reaksie van

beeste op veldweiding ten opsigte van fosforaanvulling bestaan.
- 14 -

Die oorsake van vrektes onder vleisbeeste tussen geboorte en volwassenheid is in

ekstensiewe toestande met vier suiwer rasse en drie langtermynkruisings op Mara

bestudeer. Die bevindings dui daarop dat die knelpunte neig om ras- en

ouderdomsgebonde te wees. Die persentasie probleemkalwings en die gemiddelde

geboortemassas wat daarmee gepard gegaan het, word in die tabel aangedui:

Ras of kruising Geboortemassa

(kg)

Simentalers

Herefords

Bonsmaras

Afrikaners

Kruistipes

50

36

45

38

40-47

Probleemkalwings

(kg)

7,5

2,5

5,8

3,3

0,8-3,3

Die laagste persentasie probleemkalwings (0,8 %) het voorgekom by die

drieraskruisings naamlik Simmentaler x Afrikaner x Hereford. Alle siektes saam het

minder vrektes van geboorte tot speenouderdom veroorsaak as nie-siekte-faktore

soos ongelukke, beserings, roofdiere of swak moedereienskappe.

Hierteenoor was hartwater verreweg die belangrikste oorsaak van vrektes onder

jong beeste na speentyd tot die ouderdom van twee jaar. Die meeste kritieke tyd vir

hierdie diere was die eerste somer na speen, dit wil sê wanneer hulle 12 tot 14

maande oud was. Hartwater was vir meer as 60% van alle vrektes verantwoordelik.

Die twee uitheemse rasse, naamlik die Simmentaler en Hereford, was die meeste

aan hartwater onderhewig. Oor 'n tydperk van 12 jaar is bevind dat 6,0% van die

aanteel van beide die uitheemse rasse van geboorte tot ongeveer die ouderdom van

twee jaar aan hartwater gevrek het, terwyl dit maar 2,3% in die geval van die

Afrikaners, 2,5% by Bonsmaras en 2,6% by die kruisings was.

Na die ouderdom van twee jaar het hartwater geen rol meer as oorsaak van vrektes

gespeel nie. Dit dui op 'n verworwe immuniteit teen die siekte gedurende die eerste

twee lewensjare.

Navorsers in die Natalstreek het vasgestel dat kondisie 'n belangrike rol by die

bevrugting van die vleisbeeskoei speel. Hierdie ondervinding is saamgevat in 'n

inligtingstuk wat die Streek gepubliseer het en warin die metode van beoordeling van

kondisie bespreek word.

MELKBEESTE

In die lig van die beperkte oppervlakte vir graanproduksie en die aanwending

daarvan vir menslike vordering of die vordering van enkelmaagdiere, word die

moontlikhede vir melkproduksie op aangeplante weiding te Glen ondersoek. In 'n

stelsel van zero-beweiding is hawer en 'n sorghumbaster as enigste ruvoer teenoor

lusern as kontrole geëvalueer. Die ruvoer is met die nodige kragvoermengsels

aangevul om aan die koeie se voedingsbehoefdte te voldoen. Die data word nog

ontleed, maar dit skyn reeds of die stelsel groot moontlikhede vir melkproduksie

inhou.
- 15 -

Op die Outeniqua-proefplaas van die Winterreënstreek is verskillende voedingspraktyke

vir melkkoeie geëvalueer en is waardevolle inligting ingesamel. Weer eens

is bewys dat besproeide, aangeplante weidings doeltreffend vir hoë en ekonomiese

melkproduksie aangewend kan word.

Navorsers op Cedara het die faktore bestudeer wat opbrengs gedurende die eerste

laktasie beïnvloed. Hulle het bevind dat massa by eerste kalwing die vernaamste rol

in hierdie opsig speel. Ouderdom by eerste kalwing sowel as seisoen van kalwing

het heelwat minder invloed op die melkopbrengs gedurende die eerste laktasie

gehad. Die resultate word in tabelvorm uiteengesit. Massa en douderdom by eerste

kalwing en melkopbrengs gedurende eerste laktasie:

Jaar van

Kalwing

1977

1978

1979

Getal

Diere

19

33

37

Ouder-

Dom

(maande)

25,4

26,7

29,6

Massa

(kg)

461

528

533

Laktasie -

Opbrengs

(kg/300 dae)

3 288

4 236

4 468

Melkbeesehuisingstelsels het tot nog toe relatief min aandag in Suid-Afrika geniet.

In samewerking met die landbou-ingenieur is 'n ondersoek na verskeie

melkbeesbehuisingstelsels in die Winterreënstreek op Elsenburg van stapel laat

lloop. Uit die proef is waardevolle en goedkoop behuisingseenhede verkry. Dit blyk

dat 'n doelgerig-beplande behuisingstelsel 'n groot rol kan speel in die voorkoming

van onhigiëniese nat en koue wintertoestande wat op sommige plase in die Wes-

Kaap heers.

VLEISSKAPE

Eenjare Medicago-spesies is belangrike peulgewasweiding vir skape in die

Winterreënstreek, veral omdat hulle gedurende die vegetatiewe groeistadium groot

hoeveelhede, hoëkwaliteit materiaal lewer vir die vinnige groei van lammers. Dit

lewer ook proteïenryke saadkrulle wat dien as oorlewingsdieet vir skape in die droë

somermaande. 'n Drakrag van 5 ooie per hektaar word gehandhaaf. Tans word die

vrywillige inname van medic -weiding deur SA Vleismerino-ooie indirek bepaal.

Verteenwoordigende vreetmonsters word met behulp van slukdermgefistuleerde

skape versamel en in vitro verteer. Die misuitskeiding van die ooei word gemeet

deur gebruik te maak van chroomoksied as eksterne indicator.

Metodes om die voedingswarde van graanstrooi en laegraadse ruvore te verbeter,

geniet steeds aandag. Die vrywillige inname van koringstrooi aan 'n ureuminkuilingsproses

onderwerp is. Hierdie behandelingstegniek blyk baie belofte in te

hou vir diereproduksie in die Winterreënstreek. Ureum-ingekuilde strooi wat

oordeelkundig aangevul word, word verder ondersoek as onderhoudsdieet vir skape

gedurende die somermaande.

Die ondersoek op die Nortier-proefplaas na die invloed van beweiding op die

samestelling en bedecking van die strandveld van die Weskus wanneer dit deur

onderskeidelik Simmentalers, Boerbokke, Dorpers en Merino's teen vergelykbare

beladings bewei word, duur voort. By die evaluering van die diersoort met

betrekking tot die inkomste per eenheidsoppervlakte, is gevind dat die Dorpergroep
- 16 -

die hoogste inkomste per hektaar gelewer het, terwyl die beesgroepe die laagste

getoon het. Dit blyk duidelik dat beeste alleen nie met skape op 'n ekonomiese basis

op die betrokke veldtipe kan kompeteer nie.

Ten spyte van intensiewe versorging en aandag is hoë lamvrektes steeds ondervind

in 'n bestuursproef op Elsenburg waarin die oorsake van lamvrektes ondersoek

word. Distokia en doodgebore lammers blyk die grootste probleem te wees.

Die vleisproduksiemoontlikhede van die Dorper in 'n intensiewe stelsel word verder

op Glen ondersoek. Aangesien speenpersentasies een van die faktore is wat 'n

beperking op die ekonomiese aanvaarbaarheid van so 'n onderneming plaas, word

daar gepoog om die fekunditeit van die ooie te verhoog. Vir hierdie doel word

Romanov-ramme met Dorperooie gekruis. Die F1-ooitjies word dan as moederooie

weer met Dorperramme gepaar om slaglammers te lewer. Hopelik sal die Romanov,

wat bekend is as 'n ras met 'n hoë fekunditeit, 'n bydrae lewer om speenpersentasie,

en dus ook vleisproduksie, per ooi in intensiewe toestande te verhoog.

Die langtermyninvloed van fosforaanvulling aan Dorperooie word op Armoedsvlakte

voortgesit. Ofskoon die bloedfosforinhoud van die ooie gedurende laktasie tot ver

benede die algemeen aanvaarde veilige peil daal, het dit geen noemenswaardige

invloed op die groei van hul lammers of die latere reproduktiewe vermoë van die

ooie nie. Hierdie bevindings strook dus in 'n groot mate met die resultate wat reeds

te Glen met Merino-ooie en te Koopmansfontein met Dorperooie behaal is. Dit

onderstreep ook die groot verskil wat tussen beeste en skape bestaan ten opsigte

van die voorkoms van 'n fosfortekort. Reproduserende koeie te Armoedsvlakte

ondervind byvoorbeeld 'n ernstige verlaging in produksie en reproduksie indien die

fosfor nie aangewul word nie.

VLEISBOKKE

Boerbokke word steeds 'n groter behoefte in die veeproduksiestelsels van die grasbosgemeenskappe

en skakel uitstekend in by vleisbeesboerdery. Een van die

vernaamste knelpunte is die produksieverliese as gevolg van aborsie. Geen aborsie

het gedurende die 1982-verslagjaar op die Adelaide-proefperseel voorgekom nie.

Gevolglik is 'n bruto inkomste van R49 per Boerbokooi behaal. Dit het 'n bruto

marge van R37 per KVE teweeggebring en toon duidelik op die sterk

winsgewendheid van hierdie veeteeltvertaking. Die probleem van aborsie word

verder by wyse van kontraknavorsing ondersoek. In dié opsig is twee fasette reeds

afgehandel, te wete oor die voorkom van bruselose en die omvang van aborsie in

die vernaamste produksiegebiede van die RSA en SWA.

Seisoenale variasie in semenkwaliteit by Boerbokramme het by die Navorsingsinstituut

vir Vee- en Suiwelkunde beduidende verskille ten opsigte van die

persentasie abnormale sperme en persentasie lewende sperme gedurende

verskillende maande van die jaar getoon, terwyl die volume en pH van ejaculate wat

met behulp van die kunsvagina gekollekteer is beduidend laer was vergeleke met die

metode van elektriese stimulasie. Die kunsvagina is bewys as die mees geskikte

metode van semenkolleksie by die Boerbok.

Ten opsigte van die Boerbokooi is geen beduidende verskil gevind in die

estrusrespons met sinchronisasie nie na gelang die interval van intravaginale

progesteroontoediening gewissel het tussen 12 en 18 dae en die dosis DMS

gevarieer is van 0 tot 400 I.E. Voorlopige resultate, met die oog op
- 17 -

eiseloorplantings, dui op 'n bevrugte eisel-herwinningspersentasie wat wissel tussen

24% en 80% by die bok en tussen 36% en 100% by die skaap.

VARKE

'n Studie is by die NIVS uitgevoer om die effek van polifenolinhoud op die

verteerbare-energie-inhoud (VE) van sorghum vir varke te bepaal. Die resultate toon

'n besliste verband tussen polifenolinhoud en VE aan. 'n Afname in VE-inhoud van

16,4 MJ/kg DM vir klas KM-sorghum (NK 283) met 'n polifenonlinhoud van 0,10% tot

14,6 vir klas KF-sorghum (SSK 32) met 'n polifenolinhoud van 1,42% is vasgestel.

Massatoenames, proteïen- en vetdeponering asook voer- en energieomsetverhoudings

is bereken vir twee groepe varke geselekteer om verteenwoordigend te

wees van 'n vet- en 'n maer-tipe vark. Feitlik geen verskil het voorgekom in die

proteïen neerslagvormingstempo tussen vet en maer varke tot op 'n lewende massa

van 55 kg nie, waarna vet bere relatief meer proteïenneerslae gevorm het (105

g/dag teenoor 93 g op 100 kg massa) as maer bere. Vet varker (sowel bere as

soggies) het egter 'n vinniger vetneerslagvormingstempo as die maer varke

gehandhaaf as gevolg van die hoër voerinname van die vet varke.

Navorsing te Elsenburg gedurende die afgelope jaar was, vanweë die steeds

stygende voerpryse, hoofsaaklik op vordering toegespits. Besondere klem is veral

gelê op die evaluering van beskikbare voedingsbronne en/of die aanvulling van sulke

bronne vir optimale benutting in varkdiëte.

Die insluiting van koringstrooi as verdunningsbestanddeel in vakrafrondingsdiëte om

vrywillige voerinname tydes afronding fisies te beperk, is bevind 'n praktiese en

ekonomiese voedingstegniek te wees om veral die karkaskwaliteit van burgies te

verbeter.

Die aanvulling van vismeel met sintetiese lisien ten einde die optimale vismeel- en

lisienpeil in varkgroeidiëte te bepaal, is ondersoek, terwyl 'n projek waarin gars as

voedingsbron vir varke geeëvalueer word en waarin die invloed van die variërende

proteïen-inhoud van gars op sy voedingswaarde bestudeer word, byna afgehandel

is.

PLUIMVEE

Telingsproewe met Suid-Afrikaanse lêrasse toon aan dat daar reeds vordering

gemaak word wat die ekonomiese eienskappe betref. Eiergetalle per getoetste hen

tot op 504 dae, vir die verslagjaar was soos volg: Potch-Koekoe - 273, Mini-Koekoek

- 271, Columbia - 259, Ligte Susssex - 262, Rhode Island Red - 298 en Swart

Australorp - 275.

In die teling van slagrasse het die vierweek-oue lewende massa van die suiwerlyne,

met gemiddeld sowat 100 g per kuiken oor die afgelope jaar toegeneem.

Aandag word nog voortdurend geskenk aan doeltreffender vordering van lêhenne.

Gedurende die jaar is gevind dat daar wel verskille voorkom tussen bloedlyne wat

die benutting van lisien in die dieet betref. Die resultate dui op die moontlikheid van

differensiële lynvoeding omdat die benutting van hoëlisien-diëte in die geval van
- 18 -

sekere lyne geregverdig is, maar in die geval van ander lyne nie. 'n Proef is ook

uitgevoer om die invloed van aangepaste diëte gedurende die somer en winter op

eieproduksie te bepaal. Dit wil voorkom of hierdie voedingsmetode voordeel inhou

en 'n moontlike besparing in voedingskoste kan meebring.

WOLSKAPE

Teling

Die seleksieproef op Tygerhoek in die Winterreënstreek gaan steeds voort. Teenoor

die kontrolegroep, waar geen seleksie toegepas word nie, is twee groepe wat vir

verhoogde wolproduksie geselekteer word. In hierdie twee groepe vind seleksie op

grond van skoonwolmassa op 18 maande of op grond van 'n wye S:P-verhouding

plaas.

Die responsie wat 'n verhoogde skoonwolproduksie betref, deur vir 'n wye S:Pverhouding

te selekteer, toon heelwat variasie. Gedurende die 1980/81-verslagjaar

is die grootste responsie sedert die aanvang van die faset gekry, terwyl daar in

1979/80 geen verhoging in wolproduksie deur seleksie vir 'n wye S:P-verhouding

gevind is nie. Die resultaat vir die huidige verslagjaar was laer as gedurende

1980/81.

Faktore wat rouwol- of skoonwolproduksie beïnvloed, is in die Oos-Kaapstreek

ondersoek. Die faktore was ouderdom, generasie-ontwikkeling, reporduksievermoë

en lamseisoene. Ouderdom het 'n hoogs beduidende invloed op opbrengs sowel as

stapellengte, veseldikte, veseldigtheid en liggaamsmassa getoon. Generasieontwikkeling

(Filiale generasies) het veseldigtheid en liggaamsmassa sterk

beïnvloed. Reproduksievermoë (eenlinge versus meerlinge) beïnvloed vagmassa,

stapellengte, skoonopbrengs en liggaamsmassa. Die lamseisoen het 'n sterk

invloed op skoonopbrengs, stapellengte, veseldikte, veseldigtheid, kartelfrekwensie

en ligggaamsmassa. Dit is veral wenslik dat 'n herwaardering gemaak word van die

voedingstatus van ooie ten opsigte van lamseisoene. 'n Ondersoek na die

verwantskap tussen massa en produksie-eienskappe by Merino-ooie is ook in die

Winterreënstreek van stapel laat loop. In die resiproke x resiproke kruisings van die

kruisingsproef op Nooitgedacht wat deur die NIVS uitgevoer word, toon voorlopige

waarnemings by sneë van velbiopsies, geneem op 24 uur ouderdom, dat die groot

sebumkliere wat kenmerkend van sommige van die ouerrasse was, nie so opvallend

en groot by die kruisings voorkom nie. Bindweerselbane tussen den binne

follikelgroepe is ook nie so prominent nie en follikeldigtheid is in die algemeen hoer

as by die oorspronklike kruisings.

Gehaltestudies

'n Ondersoek na die verwering van Merinowol uit verskillende boerderygebiede van

die Karoo toon dat die eerste sentimeter algemeen as 'n verlies gereken kan word.

Dieper verwering tot in die derde sentimeter hang in 'n groot mate af van die

skeertyd en is opmerklik minder in wol wat van September tot die begin van

Desember geskeer is. Skaduweevoorsiening in skaapweistreke word as uiters

noodsaaklik geag om sonbeskadiging te verhoed.
- 19 -

Ondergekarteldheid kom in 'n groot mate voor by Merinowol, wat meebring dat die

wol min staankrag het en ook pap is en gevolglik maklik oopval as dit aan die skaap

lank word.

Bestuur

Versnelde teelstelsels by aangepaste en potensiële wol-vleisrasse is een van die

wyses waarop die potensiaal van die Oos-Kaapse kusgebiede benut kan word. Ten

spyte van 'n goeie onderliggende voedingsprogram is teelstelsels van agt maande

sterk dreinerend op die reproduksievermoë van Dohne Merino-ooie. Sulke ooie

bereik op 55 maande ouderom 'n maksimum teelvermoë van 87% (ooie gelam van

ooie gepaar). Op hierdie ouderdom was die gemiddelde lampersentasie 117%

(lammers gebore per ooie gepaar), waarvan 0,99 lammers per ooi gespeen is. Ooie

produseer dus 1,7 lammers per jaar waarvan 1,45 gespeen word. Dit is 'n verhoging

van 33% bo die konvensionele enkellamseisoen per jaar. Na hierdie ouderdom daal

die reproduksietempo. In die afgelope verslagjaar is 140 kg geslagte (karkasmassa)

en 31 kg rouwol per hektaar geproduseer.

By Dohn is die invloed van ooi-ouderdom op reproduksie en ander produksieeieskappe

binne die konvensionele enkellamseisoen per jaar ondersoek. Die

reproduksievermoë het, soos in die voorafgaande versnelde produksiestelsel, tot op

60 maande toegeneem, was konstant tot op 84 maande en het skerp afgeneem tot

op 120 maande. Op 60 maande was die gemiddelde fekunditeit 1,12 (per ooi) en is

1,04 lammers per ooi gespeen. Ooie gelam was 'n skrale 2% bo dié van die 8maande-stelsel.

Liggaamsmassa het toegeneem tot op 5½ jaar (61 kg),

rouwolmassa tot op 3½ jaar (4,53 kg) en veseldikte tot op 7½ jaar (23,3 mikron).

Oor die algemeen het alle produksie-eienskappe skerp gedaal na 'n ooi-ouderdom

van sewe jaar.

In die Natalstreek is bevind dat SA Vleismerino-ooie nie geslagtelik atief raak

gedurende die eerste 35 tot 40 dae na lam nie. Met die oog op 'n vervroegde

herdekking is ovulasie met behulp van die gonadotrofienvrystellingshormoon 25 dae

na lam geïnduseer. Die corpus luteum wat as gevolg van die geïnduseerde ovulasie

ontstaan het, kon egter nie 'n hoë genoeg peil van progesteroonafskeiding handhaaf

om dragtigheid te onderhou nie. Intraveneuse toediening van dragtige merrieserumprogesteroon

het makroskopies normale corpora lutea daargestel wat daarop

dui dat hierdie behandeling dragtigheid behoort te onderhou.

Die ondersoek na die voedingswaarde van veldweiding en die invloed van

aanvullende voding vir ooie op natuurlike veld word op Glen voortgesit. Die

onderskeid is gemik op die oorbrugging van kritieke periodes van

voedingstofvoorsiening aan veral lakterende ooie op natuurlike weiding van die

Sentraal-Oranje-Vrystaat. In hierdie proef word verskillende peile van energie en

ruproteïen daagliks aan vryweidende skape voorsien. Ten einde deeglike kontrole

oor inname uit te oefen, word dit nie as lek gevoer nie, maar direk in die rumens van

die lakterende ooie geplaas. Die reaksie van die ooie en hul lammers word gemeet

aan liggaamsmassaveranderings gedurende die laktasieperiode.

Die resultate toon aan dat die rol wat aanvullende voiding by skape op natuurlike

weiding in die Sentraal-Oranje-Vrystaat speel, oorskat word. Seisoensinvloede het

'n wesenlike uitwerking op die reaksie van die skape op hulle lekinname uitgeoefen.
- 20 -

Meer besonderhede oor die invloed van natriumchloried (sout) op die prestasie van

skape op natuurlike weiding is deur navorsers te Glen bekend gemaak. Sout word

gewoonlik gebruik om die inname van lekke deur skape te beheer. Dit is dus

belangrik om vas te stel of daar enige uitwerking op die prestasie van die skape is.

In hierdie ondersoek is verskillende hoeveelhede sout, met of sonder

ruproteiïenaanvulling, daagliks direk in die rumen van jong Merino-hamels geplaas.

Die rsultate het aangetoon dat die skape wel 'n behoefte aan sout het en dat 5 g per

dag skynbaar 'n optimum peil van inname is. Hierteenoor is bevind dat hoër

daaglikse soutinnames beslis 'n nadelige uitwerking op sowel liggaamsmasstoename

as wolproduksie met ongeveer 30 % onderdruk. Skape wat geen

aanvullende sout ontvang het nie, het 'n verlaging van 22 % in groeitempo en 17 %

in wolproduksie ondervind. Die resultate het ook aangetoon dat aanvullende

ruproteïen die nadelige uitwerking van sout op die prestasie van die hamels in 'n

mate verminder. Hierdie ondersoek word tans voortgesit om ook skape van ander

fisiologiese klasse in te sluit.

In 'n proef met fosforaanvulling in die Natalstreek is Merino-ooie in die somer op

hooglandsuurveld en in die winter op aangeplante weiding gehou. Vier

behandelings is toegepas, te wete fosforaanvulling in die somer, fosforaanvulling in

die winter, fosforaanvulling dwarsdeur die jaar en geen fosforaanvulling nie. Die

verandering in liggaamsmassa, wolproduksie en lampersentasie is waargeneem en

bloed- en beenontledings is gedoen. Geen verskille tussen groepe kon aangetoon

word nie, buiten dat die ooie wat heeljaar deur fosfor ontvang het en dié wat geen

fosfor ontvang het nie 'n effens laer lampersentasie as die ander twee groepe gehad

het. Hierdie resultate bevestig die gevolgtrekking wat navorsers in die Vrystaat

gemaak het, naamlik dat skape 'n lae behoefte aan fosfor het.

Op Dohne is Monensin-natrium gebruik in veelekke en energie-aanvullings vir ooie

en lammers met die oog op die ontwikkeling van lamproduksieprogramme op die

suurvled. Monensin-natrium het die lekinname by ooie onderdruk (137 g vs. 185

g/d) en voorspeense voerinname by lammers verlaag (170 g vs. 320 g/d).

Gevolglik het ooie met Monensin-natrium meer gewig verloor (145 g vs. 100 g/d),

lammers het swakker gegroei (150 g vs. 178 g/d) enooie het minder wol geskeer

(2,25 g vs. 2,5 g/100 cm2). Ten spyte van hierdie negatiewe resultate was die

doeltreffendheid van kruipvoerverbruik 37 % hoër as wanneer geen Nonensinnatrium

gebruik is nie.

Die potensiaal van Digitaria eriantha subsp. Eriantha as somerweidingsgewas en as

staande wintershooi vir skape, word by Potchefstroom ondersoek. Vier verskillende

somerweidingsdrukke, te wete 4, 8, 12 en 16 skape per ha oor 'n periode potensiaal

as somerweidingsgewas vir skape. Benuttingsprobleme, veral by die twee laer

weidingsdrukke, word egter nog ondervind.

Die potensiaal van D. eriantha as staande hooi vir wolskape in die winter word

daarin weerspieël dat die massa-onderhoud van die skape met slegs die verskaffing

van 'n sout-fosfor-lek verkry is. Die weidinginname van naastenby 2 % van die

liggaamsmassa dui op 'n bevredigende benutting, veral as in ag geneem word dat

geen stikstoflek voorsien is nie.
- 21 -

In die Karoostreek word daar steeds aandag geskenk aan die voedingswaarde van

droogtebestande voergewasse. Navorsing oor die benutting van Atriplex-spesies

het waardevolle resultate gelewer betreffende die optimale peil van byvoeding vir

reproduserende skape wat op hierdie droogtebestaande voergewasse aangehou

word.

PELSSKAPE

Droogtetoestande in die Noordwes-Kaap en die gepaardgaande hoë voerkoste vir

die groot aantal diere, sowel as die feit dat genoegsame data reeds ingesamel is, het

daartoe gelei dat die omvang van die Karakoelteeltproef te Upington aansienlik

ingekort word. Die data wat reeds ingesamel is, word tans verwerk.

Benewens die swart en bruin Karakoelstoeterye wat al etlike jare te Upington in

stand gehou en verbeter word, word daar ook voortgegaan om die nuwe wit

Karakoelstoet se getalle te vermeerder en ook deur seleksie die gehalte te verbeter.

Die geslagsfisiologiese studie met sowel ramme as ooie ten opsigte van die

voorkoms van afgebakende teelseisoene, word ook voortgesit.

SYBOKKE

In die Karoostreek het 'n Departementele ondersoek na die uitwerking van

veroudering van die Angorabok op sekere produksie- en gehalte-eienskappe getoon

dat die haardikte skerp toeneem van ongeveer 24 op 6 maande tot ongeveer 42 op

48 maande. Hierdie skerp toename in dikte hou die gevaar in dat ouer diere te lank

in die kuddes aangehou kan word, wat meebring dat die skeersel as geheel

geleidelik dikker word tot nadeel van die bedryf.

Die ontwikkeling van die metode van alkalinisering van graan vir byvoedingsdoeleindes

het 'n besonder groot inslag in die praktyk gevind. Alhoewel die metode

van groot waarde is vir die droogtevoeding van kleinvee, het dit ook as 'n metode

van vetmesting en byvoeding van diere wye toepassing gevind.

Die vrugbaarheid van bevrore Angoraboksemen na sinchronisasie en KI is by die

Navorsingsinstituut vir Vee- en Suiwelkunde ondersoek. 'n Vergelyking van die

lampersentasies tussen natuurlike paring en kunsmatige inseminasie met vars sowel

as diepbevrore semen het resultate van onderskeidelik 76,7 %, 90,0 % en 34,8 %

gelewer.

Angoraboksemen is deur middel van elektriese stimulasie gekollekteer om

seisoenale variasie in kwaliteit vas te stel. Geen beduidende seisoenale verskille in

semenkwaliteit is verkry nie. Die Angora het met elektriese stimulasie 'n ejakulaat

met 'n hoogs beduidende hoër notiliteit en digtheid en beduidend laer volume as die

Boerbok gelewer.
DIVERSE

Volstruise

- 22 -

Op die Oudtshoorn-proefplaas het 'n ondersoek na die invloed van dieetproteïen- en

energiepeil op die groeiprestasies en veerproduksie van slagvolstruise daarop gedui

dat 'n proteïenpeil van 14 % voldoende is. By proteïenpeile wat getoets is (14 %,

16 % en 18 %), het die energiepeil deurgaans 'n beperkende invloed op

voeromsettingsdoeltreffendheid gehad. Die voerkoste per kilogram massatoename

sal egter bepalend wees wanneer 'n praktiese aanbeveling gedoen moet word.

'n Tegniek is ontwikkel waarvolgens die geslag van dagoud volstruiskuikens bepaal

kan word. Die metode berus op 'n uitstulping van die kloaka en inspeksie van die

fallus wat beloof om minstens 95 % akkuraat te wees.

Gevallestuksies met boerderykuddes het aan die lig gebring dat die siektetoestand

van "onontvoude pluime" grootliks voorkom kan word deur besmetting met die

sogenaamde rooimyt Gabucinia sculpturatu doeltreffend te bestry met BHCbevattende

dipstowwe. Elke behandeling moet egter na 14 dae herhaal word.

'n Ondersoek na die benutting van bytsodabehandelde koringstrooi by volstruise is

so pas van stapel laat loop.

Perde

Die belangstelling in swaar trekperde het voortgeduur. Dit word duidelik deur die

getal navrae en die belangstelling tydens die Elsenburgveiling en die Kaapse Skou.

'n Nuwe Percheron-teelhings, Miracles's Northridge Doc, is van 'n teller in die VSA

aangekoop en het in Oktober 1981 op Elsenburg aangekom. Goeie versorging het

hom vinnig tot 'n belowende hings laat ontwikkel.

ONDERSTEUNENDE VEE-PRODUKSIENAVORSING

Dieregenetika

In die bevolkingsgenetika-seksie val die klem tans hoofsaaklik op die gebruik van

laboratoriumdiere as biologiese modelle vir diereteeltprobleme. In 'n ondersoek na

die leeftydsgroei van rotte is seisoenale veranderings in groeipatrone gevind wat

wentel om 'n as in die omgewing van die langste en korste dag. Ten opsigte van

seleksie vir groei en doeltreffendheid is sekere belangrike interaksies met

vrugbaarheid en fiksheid gevind.

Die genetiese karakterisering van inheemse beesrasse met behulp van biochemiese

merkers is in die verslagjaar voortgesit. Die teenwoordigheid van hemoglobien I, wat

spesifiek in beesrasse in Afrika voorkom, is ook bevestig in die Sjangaan- en

Ndamabeeste. Volgens die wetenskaplike literatuur is daar tot nou toe aanvaar dat

slegs hemoglobien A in die Ndama voorkom, wat moontlik met nagana-bestandheid

gekoppel sou wees. Benewens die A- en I-bande is ook hemoglobien B in die

Ndama gevind. In die studie van kaseïenfraksie gevind. Tot dusver is dit slegs in

die Fries en Lincoln Red Shorthorn opgemerk, met baie lae frekwensies van

onderskeidelik 0,006 en 0,010.
Sitogenetiese ontledings

- 23 -

Gedurende die afgelope jaar is 472 bloedmonsters vir sitogenenetiese analise

ontvang. Geen abnormaliteite is by die KI-bulle en prestasiegetoetste bulle gevind

nie. Van die Ngunibeeste, wat in twee kuddes ondersoek is, wat nagenoeg 12 %

draers van die 1/29-translokasie. Die moontlike effek van hierdie chromosomale

afwykings op produksie en reproduksie word bestudeer.

Bloedtipering

Die bloedgroeplaboratorium by die NIVS het gedurende die verslagtydperk 4 854

bloedmonsters ontvang wat soos volg hanteer is.:

175 kalwers is aan ouerskapkontrolering onderwerp, 235 kalwers se ouers

moes bepaal word en 58 pare bul-verstweelinge is getoets om

bloedvatanastomose te bepaal. Hiervan is 16 versies as vrugbaar verklaar.

Ouerskapsbevestiging is gedoen op 88 kalwers wat verkry is deur middel van

inovulering, ofte wel embrio-oorplasing. Verder is altesaam 3 228 bulle

getoets wat aangewend sal word in stoetkuddes. Op al die

roetinebloedmonsters, hierbo uiteengesit, is ook biochemiese polimorfisme

gedoen.

Herkouingvoeding

In 'n ondersoek na die invloed van dieetenergiekonsentrasie en voedingspeil op die

liggaamsamestelling en doeltreffendheid van voerverbruik by vleisbeeste, is daar

vasgestel dat voedingspeil as sodanig nie doeltreffendheid of liggaamsamestelling

wesenlik beïnvloed het nie, maar wel die dieetenergiekonsentrasie. Die hoer

kragvoerdiëte is doeltreffender benut, wat waarskynlik toe te skryf is aan die aard

van die verteringseindprodukte, terwyl meer vetafsetting plaasgevind het in die geval

van beeste wat hierdie diëte ontvang. Die feit dat voedingspeil tot by selgs 70 % van

verwagte ad libitum-inname geen wesenlike invloed op bestaande komponente

gehad het nie, is verrassend in die lig van wat elders in die wêreld aanvaar word,

maar dit is in ooreenstemming met resultate van vorige werk van hierdie

laboratorium. Dit sluit ook aan by die bevindinge oor kompensatoriese groei wat hier

ondersoek word, naamlik dat op 'n bepaalde dieet binne die perk hierbo gestel, die

dier dieselfde hoeveelheid massa uit te kom, ongeag het om by 'n bepaalde massa

uit tekom, ongeag of hy vinnig gevoer word of stadig, of selfs stadig gevolg deur

vinnig. Dit hou belangrike implikasies vir produksiestelselontwkkeling in.

Heelgraansorghum van die voëlbestaande soorte is vergelyk met heelgraanmielies

met die oog op insluiting in afrondingsdiëte. Die ondersoek is met skape uitgevoer,

en net soos in die geval van vorige studies met meeldiëte is daar bevind dat

voëlbestande graansorghum sowat 10 persentasie-eenhede laer verteerbaar is as

mielies. Die hoë tannieninhoud in dié tipes graansorghum beskerm ook die proteïen

in die endosperm teen vertering in die rumen, alhoewel daar verwag kan word dat

hierdie proteïen wel benutbaar van die graansorghumproteïen in die rumen verbeter,

maar dit was voorts ook duidelik dat die proteïen wat nie daar benut word nie, ook

nie behutbaar in die kleinderm is nie. Die implikasie hiervan is dat meer proteïen

bygevoeg sal moet word waar graansorghum van die voëlsbestande variëteite as

energiebron in afrondingsdiëte gebruik word.
- 24 -

Die proteïen in verskeie proteïenbronne wat in Suid-Afrika as aanvullings gebruik

word, kan in twee fraksies ingedeel word, te wete afbreekbare proteïen in die rumen

en nie-afbreekbare proteïen wat deurvloei na die laer spysverteringskanaal en,

afhangende van sekere toestande, met goeie gevolg daar benut kan word. 'n Hoë

persentasie van laasgenoemde fraksie is essensieel vir byvoorbeeld hoë

melkproduksie, maksimum groei of hoë wolproduksie. Verskeie proteïenbronne is

aan intensiewe toetse onderwerp om hierdie eienskappe te toets, en hul persentasie

afbreekbare proteïen was as volg: ureum (teoreties) 100 %, sonneblomoliekoek 86

%, grondbone-oliekoek 94 %, katoensaadolikoek 60 %, sojabone 93 %, lusernhooi

80 %, droë brouersgraan 49 % en vismeel 36 %. Dit blyk dat, van die oliekoeke,

katoensaadolikoek die grootste potensiaal het, terwyl droë brouersgraan en vismeel

as proteïenbron verreweg die meeste potensiaal het om maksimum produksie te

verseker.

Dit is bekend dat, weens die verskillende eienskappe van ruvoere, hul

insluitingspeile by afrondingsdiëte vir vleisbeeste sal verskil. 'n Omvattende

ondersoek is derhalwe onderneem om die korrekte insluitingspeile van verskeie

ruvoerbronne te identifiseer. Die volgende insluitingspeile wat maksimum produksie

en doeltreffendheid by meergebaseerde diëte sal verseker, is tot dusver

geïdentifiseer: sonneblomdoppe 10 %, verorrelde begasse 18 %, nie-verkorrelde

begasse 12 %, katoensaaddoppe 15 %, Eragrostis curvula gemaal deur verskillende

sifgroottes, te wete 50, 25, 13 en 6 mm onderskeidelik 12, 15, 18 en 24 % en

koringstrooi, op dieselfde wyse gemaal, min of meer dieselfde.

Die maak van kuilvoer as bewaringsmetode van goeie kwaliteit voer word lank reeds

beoefen. Een probleem by kuilvoer is dat die vrywillige inname van kuilvoer dikwels

nie so goed is as wanneer hooi gemaak sou word nie. Dit geld veral in die geval van

skape. 'n Ondersoek is derhalwe gedoen om die noodsaaklike faktore hiervan te

ondersoek, en in die ondersoek is onderskeidelik mielie- en lusernkuilvoer vergelyk

met die ekwivalente hooi en mieresuur-gepreserveerde nat materiaal. Daar is

bevind dat die laer inname van kuilvoer gepaard gegaan het met ho peile van

vlugtige vetsure en ammoniak. Die preservering van kuilvoer met mieresuur het die

vrywillige inname daarvan gunstig beïnvloed.

Kompensatoriese groei

Min kennis van en bepaalde teenstrydighede oor die invloed van kompensatoriese

groei op die karkas- en huidkwaliteit van vleisbeeste, het 'n ondersoek by die

Navorsingsinstituut vir Vee- en Suiwelkunde genoodsaak. Drie groepe

Drakensbergerspeenosse is blootgestel aan onderskeidelik 'n hoë, medium en lae

voedingspeil oor 'n period van 21 weke. Aan die einde van die 21 weke is die beeste

op die lae en medium voedingspeile en toegelaat om kompenserend te groei tot 'n

finale lewende slagmassa van 440 kg.

Gemeet aan die derugaans hoë peolgroep, dui die voorlopige resultate daarop dat

die beeste wat oorspronklik 'n lae en medium voedingspeil ontvang het, ten opsigte

van karkas- en vleissamestelling volledige herstel het. Al drie groepe se karkasse

het PA grader.
VLEIS

- 25 -

Gedurende die afgelope jaar het die NIVS verdere eksperimente met elektriese

stimulering in die praktyk by kommersiële abattoirs uitgevoer.

Die resultate dui op 'n doeltreffender stimulering by 'n hoë potensiaalverskil (500 V)

as by laer petensiaalverskille (396 V; 30 V). Elektriese stimulering het selfd die

vertaaiing van vleis voorkom indien die warm beeskarkas pas na slagting drasties by

-30°C verkoel is.

Na aanleiding van die resultate is daar besluit om elektriese stimuleerders by alle

groter openbare abattoirs te installer.

Navorsing oor karkasgradering by die Navorsingsinstituut vir Vee- en Suiwelkunde

word tans toegespits op die gradering van lammers en skape. Hieruit het dit geblyk

dat die vetdikte gemeet tussen die derde en vierde lumbale werwels die beste

voorspelling van die karkas se markklaarheid gegee het.

Twee lywige opnamestudies is op versoek van die bedryf by 'n groot

supermarkgroep en 'n vleisorganisasie uitgevoer en afgehandel. Probleempunte is

tydens die opnames geïdentifiseer en aanbevelings oor die higiëniese hantering van

die produk, van die dier op die hoef tot by die kleinhandel snit in die uitstalkabinet, is

bespreek, waarvoor die bedryf groot waardering betuig het.

SUIWELKUNDE

Melk

Die aankoop van apparatuur en laboratoriumgeriewe, met die oog op die instelling

van 'n melkaankoopstelsel gebaseer op die chemiese en mikrobiologiese

samestelling, is feitlik voltooi vir alle melk- en suiwelfabrieke in die land. Gedurende

die proeftydperk was die Instituut betrokke by die opstel van ontledingstandaarde en

werkwyses en die voorsiening van verwysingsmonsters aan fabrieke van die

sentrale kontroleleboratorium te Elsenburg af. 'n Indringende ondersoek is gedoen

om die gereeldheid van bemonstering en aantal monsters per maand vas te stel wat

'n verteenwoordigende beeld van die produsent se melkkwaliteit sal gee.

By die instelling van die melkkwaliteitaankoopstelsel word ook aandag geskenk aan

aspekte soos (1) die evaluering van galsterigheid van melk, (2) die aanwesigheid

van remstowwe en plaagdoders in die melk en (3) bygevoegde water, met die doel

om 'n penaliseringstelsel vir ongewenste stowwe teen produsente in te stel.

'n Toetsprogram om op 'n deurlopende wyse die teenwoordigheid van somatiese

sele in melk te monitor, is ingestel om sodoende die produsent betyds teen

mastitisbesmetting te waarsku.

'n Proef om melkmonsters met behulp van geskikte preserveermiddels by

ongewingstemperatuur te vervoer, was suksesvol. Hierdie kennis is noodsaaklik vir

die uitvoer van die kwaliteitsaankopskema waar die higiëniese en chemiese

samestelling van melk die prys daarvan bepaal.
- 26 -

Die Instituut het ook vasgestel dat apparaat en pypleidings doeltreffend en

ekonomies met behulp van verdunde suur onder pH 2 van "melksteen" en

"waterskaal" gereinig kan word.

Verder is vasgestel dat bakterie-flora in verkoelde massamelk van mesofiele na

psigrotrofiese groei beweeg. Die psigrotrofe produseer hittestabiele ensieme wat die

kwaliteit van melk verlaag. Dit versterk die behoefte aan 'n vinnige, betroubare

metode om die melk wat in tenkwaens versamel is, op die platform te toets voordat

dit met die hoofvoorraad melk gemeng word.

Ondersoeke na die bakteriologiese gehalte van ultrahoë temperatuur-behandelde

(UHT) melk en verandering in die stikstofsamestelling van UHT-melk gedurende

opberging, is gedoen. Aanvaarde internasionale metodes vir die evaluering van die

mikrobiologiese en chemiese stabiliteit van UHT-melk deur hittebestande

proteolitiese ensieme van psigrotrofe- en aerobe-endospoorvormers is ook

aangetoon. By die bestudering van 'n isolaat van Bacillus licheniformis is die

verskynsel van hitteaktivering van 'n proteolitiese ensiem by ultrahoë temperature vir

die eerste keer binne hierdie verband aangetoon.

Dei beperkte rakleeftyd van UHT-melk, wat soms te wyte is aan die vorming van 'n

koagulum of jelstruktuur, is ook ondresoek. Veranderinge in die chemiese

samestelling van die onderskeie stikstoffraksies, asook ensiemstudies, dui daarop

dat 'n ensiemmatiese proses by hiedrie defek betrokke is.

Ander melkprodukte

Ondersoeke na die ontkleuring van gekleurde, gefermenteerde melkdranke dui op

uiters gekompliseerde fisies-chemiese reaksies wat nog nie ten volle verklaar kon

word nie. Die feit dat slegs spesifieke melksuurbakterieë 'n destabiliserende rol

speel, is insiggewend. Spesifieke faktore soos pH en suurstofgehalte speel blykbaar

ook 'n belangrike rol by die ontkleuring van melkdranke.

Melk is 'n swak bron van yster vir menslike voeding. Tydens die konsentrering en

droging van melk vir die vervaardiging van verskeie melkprodukte, is daar egter

bevind dat 'n redelike mate van kontaminasie met yster plaasvind. Ontledings het

getoon dat die ysterinhoud elfvoudig in plaaas van seenvoudig toeneem tydens die

droging van melk.

Kaas

Die werk is toegespits op die verwerking en benutting vna kaasneweprodukte. Twee

nuwe kommersiële weiprosesseringsaanlegte is gedurende die afgelope jaar

opgerig; die Instituut was gemoeid met die beplanning van een van hulle, wat nou in

werking is en wat hoë kwaliteit, nie-higroskopiese, onmiddellik oplosbare weipoeier

lewer. Metodes om die mate van prekristallisasie in gekonsentreerde wei te bepaal

en 'n refraktiewe indeks-metode om die vastestofinhoud van wei vas te stel, is by die

Instituut ontwikkel.

Verdere navorsing is toegespis op die lewering van meer verfynde weiprodukte,

soos gedemineraliseerde weiprodukte, soos gedemineraliseerde weipoeier,

hoëproteïenweipoeier en laktose wat Suid-Afrika tans invoer.
- 27 -

Die werk betreffende die benutting van gedenatureerde weiproteïen is voortgesit en

gepubliseer, en dit toon die ekonomiese voordeel aan van die aanwending daarvan

in maaskaas en geprosesseerde vleisprodukte. Dié produk is ook ingesluit in 'n

formule, saam met bloedproteïen, om 'n melkvervanger te vervaardig. Die in vivotoetsing

van hierdie formule met kalwers te Potchefstroom is nou afgehandel, met

belowende resultaat.

Weimelk, bestaande uit 60 % volmelk, 39 % vloeibare wei en 1 % afgeroomdemelkpoeier,

is verpoeier en in 'n kitsvorm omskep met die hulp van 'n

melkpoeierprodusent van buite. Dié produk lyk belowend as mededinger vir die niesuiwel-melkvervangers

op die mark, wat 'n baie lae voedingswaarde het. Die produk

se voedingswaarde het. Die produk se voedingswaarde word nou op rotte getoets.

Kinderartse is ook besig om dit te evalueer.

Die ekonomie daarvan om kaasmelk te standaardiseer deur die toevoeging van

kalsiumnatrium-kaseïnaat ten einde die kaseïen: vet-verhouding reg te stel in plaas

van die gebruiklike metode om 'n bepaalde hoeveelheid ver te verwyder, is

ondersoek en die resultaat is belowend.

Die getalle Staphyloccoccus aureus wat in sommige suiwelprodukte gevind is, het

kommer gewek aangesien dié mikroörganisme 'n moontlike oorsaak van

voedselvergiftiging is. Die getalle S. aureus wat in Gouda- en Cheddarkaas gevind

is wat van gepasteuriseerde melk gemaak is, was te klein om 'n

voedselvergiftigingsgevaar te skep.

Oor die afgelope drie jaar het die binnelandse produksie van Feta-pekelkaas meer

as verdubbel. Proefnemings is by die Instituut gedoen ten einde bakteriologiese en

samestellingstandaarde aan die hand te doen vir die vervaardiging van

pekelkaassoorte in Suid-Afrika.

Die higiëniese toestand van die oppervlak van kaasvate is bepaal ten einde die

uitwerking van oppervlakskontaminasie op die kaas se gehalte te evalueer. Byna

een-derde van die monsters wat van kaasvate in 13 verskillende fabrieke geneem is,

het hoë bakterietellings opgelewer, wat 'n nadelige uitwerking op kaasproduksie kan

hê.

'n Genetiese ondersoek van die Groep N-Streptococci is afgehandel, en

suurselorganismes met 'n weerstand teen bakteriofaag en antibiotika is vervaardig.

Hierdie organismes is in situ getoets en daar word gepoog om die kulture verder te

verbeter, veral wat smaakontwikkeling betref.

Botter

Die werk aan die laevetbottersmeer is voortgesit. 'n Verbruikersopname onder die

personeel van die Instituut en die Suiwelbeheerraad het aangedui dat 88 % van die

verbruikers dié produk bo margarien verkies het wat smeerbaarheid betref, dat 80 %

die smaak verkies het en dat 58 % dit sou koop indien die prys nie veel hoër as dié

van margarien is nie. Ongelukkig het 27 % geringe sinerese gerapporteer wanneer

die produk in die yskas gebêre word. Nuwe toerusting is vir hierdie projek bekom en

daar word vertrou dat 'n volkome suksesvolle formulering ontwikkel sal word.

SUIWELKUNDIGE
HULPDIENSTE

Kwaliteitsverbeteringslaboratorium

Botter

- 28 -

Die afgelope verslagjaar is 200 bottermonsters chemiese en bakteriologies, by

ontvnags en na 7 dae opberging by 20°C, ondersoek.

Die resultate toon dat die bakteriologiese gehalte van die botter, met die uitsondering

van totale bakterietelling, oor die algemeen goed was. Vogverspreiding, vog, pH en

sout was nie na wense nie. Hierdie itens waaroor die bottermaker beheer kan

uitoefen en wat beter behoort te wees. Die suurtelling van bykans driekwart van die

monsters dui aan dat die bottervet met ontvangs al heelwat lipolise ondergaan het.

'n Opbergingsperiode van 7 dae by 20°C, wat ook die goedhouvermoë van die botter

aandui, het tot gevolg gehad dat die gehalte aansienlik verswak het. Die

organoleptiese gradering het na 7 dae by 20°C heelwat verlaag en is duidelik bewys

hiervan. Bottermonsters is ook van die Suiwelbeheerraad ontvang, afkomstig van

oorsese instansies wat belang gestel het om botter na die Republiek uit te voer. Die

botter is ontleed en die nodige aanbeveling aan die Suiwelbeheerraad gedoen.

Kaas

Voorafverpakte kaas is op 'n redelik gereelde basis ontvang en bakteriologies en

chemies ondersoek. By Cheddar-kaas het 96 % van die monsters meer as 48 % vet

in die droëstof bevat. Die oorstemmende syfer vir Gouda-kaas was 67 %.

Kolivormige organismes was aanwesig in onderskeidelik 72 % en 80 % van die

Cheddar- en Gouda-kaasmonsters wat ondersoek is. Ongeveer 80 % van sowel die

Cheddar- as Gouda-monsters is organolepties as eerstegraad geklassifiseer.

Varsmelk

Altesaam 270 gepasteuriseerde melkmonsters is bakteriologies ondersoek. Die

gemiddelde tellings per ml vir totale bakterieë, kolivormige organisems en psigrotrofe

was onderskeidelik soos volg: 121 500, 1 en 69. Die gehalte was nie na wense nie

en dit wil voorkom asof die swak gehalte rou melk wat die fabrieke ontvang het, 'n

ernstige probleem in dié opsig was. Rou melk is by 2 fabrieke met behulp van die

skyfiemetode vir antibiotika getoets. 42 % van die monsters het 'n positiewe reaksie

getoon.

Varsmelkprodukte

Die resultate van ontledings dui aan dat die gehalte van vrugtejoghurt uitstekend

was, maar dat die gehalte van maaskaas en suurmelkdrankte nie na wense was nie.

In laasgenoemde twee gevalle is dit veral die hoeveelheid kolivormige en

kontaminerende organismes per ml wat probleme veroorsaak het. Die gis - en

skimmeltellings van die suurmelkdranke was ook te hoog.
Roomys en sorbet

- 29 -

Roomys - en sorbetmonsters is chemies en bakteriologies ontleed.

Die produkte voldoen aan die algemene bakteriologiese standaarde. Die

gemiddelde vetpersentasie van 9,8 % van die roomys is egter 0,2 % as die minimum

wat by wet vereis word.

Melkpoeier

Die gehalte van ingevoerde melkpoeier was goed, met die uitsondering van 'n enkele

geval wat uiteers swak was. 'n Probleem was egter dat 43 % van die monsters,

afkomstig van 'n enkele fabriek, antibiotika bevat het.

Bedryfsvoorligting

'n Verskeidenheid monsters van roomys, roomysmengsels, roomystoevoegings,

botter en kaas is vir voorligtingsdoeleindes bakteriologies en chemies ontleed.

Produkte soos roomys, roomysmengsels, roomystoevoegings, botter en kaas kan

veral genoem word. Die resultate van die ontledings het die voorligter in staat gestel

om die meeste probleme suksesvol op te los. Verskeie varsmelkprodusente wat

veral bakteriologiese probleme ondervind het, is ook gehelp.

Die melkaantekening/kontrolelaboratorium te Elsenburg het gedurende April 1982 15

793 koeimonsters teenoor 11 501 'n jaar gelede, ontleed. Dit is 'n toename van 37

%. Die aantal deelnemende kuddes het met 36 % van 190 tot 250 toegeneem. Drie

weeklange opleidingskursusse vir operateurs van infrarooi-melkanaliseerders is

aangebied en het grootliks daartoe bygedra dat hierdie ontledingsmetode nou

algemeen indie nywerheidsmelkfabrieke toegepas word. Gedurende die verslagjaar

is instellingsmonsters vir genoemde analiseerders beskikbaar gestel en gereeld

landwyd versend. Tans maak ongeveer 30 privaatinstansies, die

streeklaboratoriums van die Melkaantekeningskema en die Suiwelbeheerraad van

hierdie diens gebruik.

Apparaat vir die geoutomatiseerde bepaling van die leukosiet in melk is in die

Melkaantekeninglaboratorium geïnstalleer en roetine ontledings sal in di enabye

toekoms 'n aanvang neem.

Opleiding van suiweltegnoloë

Altesaam 68 studente het die volgende kursusse gedurende die verslagjaar

bygewoon:

Melktoets en Milkoteser

Melkgraderingskursus.

Inleidende kursus wat lei tot 'n diploma in siuweltegnologie

Melktoets en Milkotesterkursus
- 30 -

VEE- EN VEEPRODUKTEVERBETERINGSKEMAS

NASIONALE MELKBEESPRESTASIE- EN NAGSLAGTOETSSKEMA

Daar was hierdie verslagjaar weer 'n styging in die getal koeie wat getoets is: daar is

gemiddeld 67 051 koeie per maand getoets teenoor 64 473 die vorige jaar. Daar is

868 820 (766 318 vorige jaar) toetse op hierdie koeie uitgevoer om melkmassa,

bottervet-, proteïen- en laktosegehalte te bepaal. Die gemiddelde produksie per koei

toon ook 'n verhoging teenoor die vorige jaar. Die vordering word in Tabel 1

opgesom.

Gedurende die verslagjaar is 211 jong bulle vir toetsing genomineer, waarvan 75

aanvaarbaar bevind en 46 daarvan aangekoop is.

Daar was net 14 315 koeie in 343 kuddes beskikbaar as kontrolekoeie, 'n

vermindering van 1 074 koeie en 12 kuddes. Die hoofrede vir hierdie daling is die

groot aantal uitverkopings van suiwelkuddes.

Ses Friesbulle is as plus-beproefde bulle geïdentifiseer.

NASIONALE VLEISBEESPRESTASIETOETSSKEMA

Verhoogde produksiekoste het tot gevolg dat prestasietoetsing vandag vir die teler

van vleisbeeste 'n onmisbare seleksiehulpmiddel geword het. Die skema vind

daarom toenemend inslag in die bedryf. Selfs by skoue word prestasietoetsklasse,

waar die gegewens 'n rol vervul, in die finale plasing al hoe meer in werking gestel.

Die lede van die skema het die afgelope jaar met 111 vermeerder tot altesaam 1

469. Die getal massabepalings het insgelyks met 11 128 teogeneem ten spyte van

droogtes wat steeds in sekere dele geheers het.

TABEL 2 - Getal lede en massas aangeteken 1981/82

Streek Lede

1981/82

Transvaal

Natal

Suidwes-Afrika

Noord-Kaap

Oos-Kaap

Vrystaat

Wes-Kaap

388

309

156

287

164

146

19

Massas bepaal

1981/82

107 198

60 681

35 942

41 256

26 972

28 581

1 268

1 469 301 898
- 31 -

TABEL 1 - Gemiddelde produksie per koei per laktasie

Besonderhede Geregistreer Graad

1975/76 1980/81 1981/82 1975/76 1980/81 1981/82

Getal koeie

Melk (kg)

Bottervet (kg)

Proteïen (kg)

12 827

3 920

162

20 617

4 505

174

154

22 189

4 648

177

159

30 856

4 133

154

139

43 856

4 133

154

139

44 862

4 258

157

143

Die aanvraag na prestasiegetoetste bulle is bemoedigend. In 'n opname wat by

deelnemende kuddes gemaak is, het dit geblyk dat meer as 80 % van die kuddebulle

prestasiegetoets was. Hierdie tendens sal sekerlik lei tot die algemene verbetering

van vleisbeeskuddes in die Republiek.

Die getal bulle wat gedurende 1981 aan groeitoetse onderwerp is, het met 492

toegeneem tot altesaam 2 728. Die getal bulle wat in die verskillende fases en

sentrums getoets is verskyn in Tabel 3.

TABEL 3 - Getal bulle aan groeitoetse onderwerp - 1981

Sentrums Bulle getoets

Departementele sentrums

Cedara

Irene

Queenstown

Vryburg

Omatjenne SWA

Nie-departementele sentrums

Potgietersrus

Op-die-plaas -toetse

Republiek

SWA

172

338

210

333

35

166

2 328

146

Totaal 3 728

NASIONALE WOLSKAAPPRESTASIETOETSSKEMA

Gedurende die verslagjaar is 31 605 wolmonsters ontleed wat soos volg saamgestel

was, naamlik 20 034 monsters Merinowol (waarvan 10 798 van

prestasieregisterdiere), 6 275 monsters Dohne-Merinowol, 2 121 monsters wol van

ander rasse en 2 446 monsters vir navorsingsdoeleindes. Deur van tydelike

seisoensarbeid gebruik te maak, kon die ontledings vinniger afgehandel word en die

inligting vinniger na die deelnemers teruggevoer word.

In verhouding met hulle getalle neem die telers van Dohne-Merino's baie aktief aan

die skema deel.
- 32 -

NASIONALE VLEISSKAAPPRESTASIE- EN NAGESLAGTOETSSKEMA

Gedurende die verslagjaar is 31 605 wolmonsters ontleed wat soos volg saamgestel

was,naamlik 20 034 monsters Merinowol (waarvan 10 798 van

prestasieregisterdiere), 6 275 monsters Dohne-Merinowol, 2 121 monsters wol van

ander rasse en 2 446 monsters vir navorsingsdoeleindes. Deur van tydelike

seisoensarbeid gebruik te maak, kon die ontledings vinniger afgehandel word en die

inligting vinniger na die deelnemers teruggevoer word.

In verhouding met hulle getalle neem die telers van Dohne-Merino's baie aktief aan

die skema deel.

NASIONALE VLEISSKAAPPRESTASIE- EN NAGESLAGTOETSSKEMA

Die lae Karakoelpelspryse en goeie skaapvleispryse het belangstelling in

vleisskaapproduksie aangewakker. Gedurende die verslagjaar is 4 932 meer

lammerdata by 124 telers verwerk: altesaam 20 012. Die vernaamste toename was

by die SA Vleismerino met 1 520 tot 8 316, Afrino met 1 062 tot 1 193 en die Dormer

met 507 tot 2 050.

Dorperlammers het tot en met hierdie jaar in 'n proef die volgende verbetering

getoon: die gemiddelde 100-dae-massa van ramlammers het toegeneem van 25,2

kg tot 31,9 kg en dié van ooilammers van 24,1 kg tot 29 kg.

NASIONALE VARKPRESTASIE- EN NAGESLAGTOETSKEMA

Varkaantekening en gesondheid

Die ledetal van die Nasionale Varkprestasie- en nageslagtoetsskema het van 41 in

1980 tot 39 in 1981 gedaal. Een teller in die Kaapprovinsie en een in Natal het hulle

aan die skema onttrek aangesien die boerderye uitverkoop is.

Beer- en sogprestasie

Gedurende hierdie verslagjaar het etlike tellers Duroc-varke ingevoer en die eerste

bere is reeds getoets.

Gedurende die prestasietoetsperiode is 36 % SA Landras en Grootwit

gediskwalifiseer terwyl altesaam 35,5 % na voltooiing van die toets op grond van

prestasie gediskwalifiseer is. Van die totale getal bere wat ingeneem is vir toetsing,

is 50 % SA Landras- en 21,5 % Grootwit-bere gediskwalifiseer. Wat die

prestasietoetsresultate van bere betref, het 7 % Superieur, 50-60 % Klas I en II en

ongeveer 35 % Klas III en IV behaal.
- 33 -

Soos in die geval van die vorige verslae is daar weer 'n hoë persentasie (59 %) van

die bere wat op grond van hulle pote gediskwalifiseer is, naamlik 68 % en 50,6 %

S.A. Landras en Grootwit respektiewelik.

Teotsprestasie verbeter nog jaarliks, en die gemiddelde resultaat vir 1981/82 was

136 dae om 86 kg liggaamsmassa te behaal, 'n voeromsetverhouding van 2,64 kg

voer per kilogram massatoename en 'n C + K-vetmaat van 32 mm.

Na die instelling van roetinetoetse vir die spanningsgevoeligheidsindroom by varke is

daar reeds 'n daling in die voorkoms van positiewe gevalle, naamlik van 14,4 % in

1978 tot 10,9 % in 1981.

PLUIMVEEPRESTASIETOETSING

Die ewekansigemonster-eierproduksietoetse en een vleisproduksietoets is

gedurende die jaar uitgevoer. In die Irenetoets was daar 16 inskrywings met 'n voltal

gemiddelde eieproduksie van 248 eiers per hen tot op 'n ouderdom van 504 dae.

Die ooreenstemmende syfers vir die Glentoets is (19 inskrywings) 'n

voltalgemiddelde van 269,9 eiers per hen tot op die ouderdom van 504 dae. Beide

toetse het 'n verbetering op die vorige verslagjaar getoon. In die vleisproduksietoets

is 'n gemiddelde massa van 2,171 kg op 56 dae behaal met 'n voeromsetting van

2,02. Die massatoename toon 'n verbetering van 198 g teenoor die vorige jaar.

Vermeerderingskema vir pluimvee

Gedurende die verslagjaar is 18 000 teelouers vir braaikuikenproduksie en 12 182

teelouers vir eierproduksie ingevoer, waarvan monsters aan die Departement

voorsien is.

Die nageslag van die monster wat die Departement toegeval het, is aan privaatboere

verkoop en het uit 6 536 dosyn bevrugte eiers, 191 volwasse pluimvee en 198

dagoud kalkoentjies bestaan.

DIEREGESONDHEID

NAVORSINGSINSTITUUT VIR VEEARTSENYKUNDE ONDERSTEPOORT

Algemeen

Die opdrag van die Navorsingsinstituut vir Veeartsenykunde si veterinêre navorsing,

diagnostiek en entstofproduksie wat primer gerig is op voeldseldiere.

Daarbenewens word tegniese advies betreffende veemiddels wat kragtenes die Wet

op Misstowwe, Veevoere, Landboumiddels en Veemiddels geregistreer is, gegee en

word 'n mate van voorligting aan die boer gegee.

Wat die navorsingsprogram van die Instituut betref is daar tans 89 lopende fasette.

Oor die afgelope jaar het altesaam 50 wetenskaplike publikasies deur staflede van

die Instituut verskyn.

Met betrekking tot diagnostiek word daar veral op verwysde monsters gekonsentreer

maar word 'n diens ook aan die Afdeling Veeartsenydiens gelewer. Altesaam 20 559

algemene monsters, 106 942 Brusella- monsters na en 1 937 slapsiektemonsters is
- 34 -

ontleed. Aangesien die Afdeling Veeartsenydiens al hoe meer monsters by die

Streekslaboratoria ontleed kan 'n presiese geheelbeeld van die dieresiekteposisie in

die land nie uit ons resulate verkry word nie. Dit gee egter 'n redelike indikasie van

wat die posisie is.

Die omvang van die entstofproduksiefunksie van die Instituut word daardeur

weerspieël dat die begroting daarvoor 46 % van die Instituut se totale begroting

beloop het. Benewens antigene en antisera is 163,5 miljoen dosisse van 48

verskillende entstowwe geproduseer.

VEEARTSENYKUNDIGE NAVORSING

Bakteriese Siektes

Serologiese toetse vir Johne se siekte het positiewe resultate by 18 uit 446 monsters

opgelewer. Hiervan was 16 gevalle uit 'n enkele beeskudde in Natal waar geen

simptome van die siekte gesien is nie en dit aanvanklik as nie-spesifieke reaksies

beskou is. Die ander twee gevalle was van Noord-Transvaal en Suidwes-Afrika.

Clostridium speticum as 'n oorsaak van vrektes onder beeste asook skape en bokke

word al hoe belangriker. Daar is ook bevind dat Streptococcus zooepidemicus die

belangrikste oorsaak van onvrugbaarheid by merries is. Corynebacterium pyogenes

was weer eens die belangrikste oorsaak van absesse by beeste en skape.

Ondersoeke na die etiologie van ulseratiewe balanopostitis en vulvitis vna skape dui

daarop dat 'n mikoplasma moontlik die primêre oorsaak kan wees en dat sekondêre

bakteriese besmetting dan daarop volg.

In die algemeen is goeie vordering gemaak met die gespesialiseerde tegnieke wat

nodig is vir die diagnose van bakteriese vissiektes. Furunkulose, 'n ernstige

siektetoestand van forelle, veroorsaak deur Aeromonas salmonicida, is vir die eerste

keer in Suid-Afrika gediagnoseer. Die besmetting is veral gedurende

spanningstoestande waarneembaar en het voorgekom by 'n visboerdery waar die vis

in varswater geteel en gedeeltelik grootgemaak word en dan na die see vervoer

word waar hulle tot markgrotte groei. Die kritieke spanningstoestande in hierdie

geval was veral die vervoer van die vis oor afstande van tot 100 km, die aanpassing

van vars- en soutwater en intense samedromming.

Altesaam 455 Salmonella-kulture is gedurende die jaar geïsoleer en geserotipeer.

Daar was 'n aanmerklike daling in die aantal Salmonella-isolate by beeste

gedurende die jaar, veral in soverre dit S. Dublin en S. typhimurium betref. Dit is

baie bevredigend aangesien hierdie die twee hoof siekteverwekkende organismes

by kalwers in Suid-Afrika is.

S. typhimurium is egter dikwels by varke geïsoleer (52 gevalle) en dit is

kommerwekkend. Verder is dieselfde organisme ook verantwoordelik vir

salmonellose by skape - iets wat nou as 'n probleem erken word. Dit kom periodiek

in die veld voor en is ook eksperimenteel verwek. Die letsels kom ooreen met wat

oorsee beskryf word, draers van die siekte kom voor en die feit dat dit gewoonlik met

vervoer oor lang afstande gepaard gaan, laat die sterk vermoede ontstaan dat dit by

uitstek 'n spanningsindroomsiekte is. Behandeling met chloramfenikol is suksesvol.
- 35 -

Daar was ook 'n aansienlike daling die die voorkoms van pasteurellose: P.

haumolytica-positiewe diagnoses het van 165 tot 80 gevalle vemrinder en P.

multocida van 158 tot 37 gevalle. Hierdie syfers is egter nie 'n akkurate weergawe

van die belang van die siekte nie, aangesien die diagnose dikwels slegs by

nadoodse ondersoek gemaak word of omdat monsters an Streekslaboratoria verwys

word. Ten spyte van volgehoue, intensiewe navorsing het die huidige Pasteurellaentstowwe

nog steeds belangrike beperkings. Daar is gevind dat die spectrum van

beskerming nog deur die insluiting van talle stamme nog deur die gebruik van

chemiese ekstrakte van die organismes, verbeter kon word.

Dit is interessant dat dar slegs 5 gevalle van miltsiekte, tevore 'n ernstige siekte in

die land, gedurende die huidige jaar gediagnoseer is.

Altesaam 2 833 kulture van Escherichia coli is gedurende die jaar getipeer. Hiervan

was 1 341 afkomstig van gevalle van kolibasillose by varke. Beesmonsters vir

hierdie toestand het skerp afgeneem en mag gedeeltelik toe te skryf wees aan die

insluiting van die E. coli 09:K28-stam (die oorsaak van talle gevalle in 1980) in die

entstof.

Daar kan aanvaar word dat die beskikbaarheid van uitstekende entstowwe 'n

oorwegende rol in die afname van die voorkoms van bakteriese siektes speel.

In 'n opname van die voorkoms van patogeniese mikroörganismes in veevoer en

veevoerkomponenete was sowat 6 % van die monsters positief vir potensieel

patogeniese mikroörganismes, waaronder verskeie Clostridia- en Salmonella- spp.

Van laasgenoemde is S. typhimurium twee keer geïsoleer, maar S. Thomson was

die mees algemene kontaminant (43 isolate). Die besoedeling mag moontlik van

praktiese belang wees in veral intensiewe produksietoestande waar diere aan groter

spanning blootgestel is.

'n Ondersoek na die uitwerking van binnespierse tetrasiklienpreparate het aan die lig

gebring dat met een spesifieke langwerkende preparaat wat presies volgens

voorskrif toegedien is, onaanvaarbare lokale weerselreste op die punt van inspuiting

aan die einde van die onttrekkingsperiode na inspuiting nog teenwoordig was.

Verder kom esteties onaanvaarbare, steriele absesse en weerselbeskadiging wat nie

geredelik tydens roetinevleisinspeksie ontdek word nie, op die punt voor. Die

vermoede bestaan dat hierdie ongewenste toestand met ander terasiklienpreparate

selfs duideliker mag wees. Die moontlikheid om laer volumes per inspuitpunt en

minder irriterende produkte te gebruik en om dit nie in die groot spiermassas nie

maar eerder in die nek in te spuit, word deur bepaalde vervaardigers ondersoek.

Virussiektes

Navorsing oor 'n hondsdolheidentstof vir beeste het gelei tot 'n olie adjuvantiummodifikasie

van die huidige geattenueerde weerselkultuurenstof. In stede van drie

inentings per jaar met die gewone weefselkultuurenstof is slegs een enting hiermee

elke tweede jaar nodig. Die kommersiële produksie van die entstof word tans

ondersoek.

Wat hondsdolheid by koedoes betref, is bevind dat die virustiters in die speeksel van

koedoes hoër is as in die geval van ander oordraers van die siekte. Verder is

koedoes vatbaarder as beeste of muise vir die hondsdolheidvirus wanneer dit met
- 36 -

die neus- of bekslymvlies in aanraking kom. Hierdie feite, in samehang met die

gewoonte van koedoes om aan mekaar te lek, is 'n sterk aanduiding dat

hondsdolheid by hierdie spesie deur kontak oorgedra word en dat die koedoe nie 'n

eindgasheer van dié siekte is nie. Dit is ook interessant dat 67 uit die 73 positiewe

monsterns wat vanjaar van wilde herkouers ontvang is, van koedoes afkomstig was.

'n Hondsdolheid-verwante virus wat verlede jaar uit vrugtevlermuise geïsoleer is, is

oorsee geïdentifiseer as die Lagos-vlermuisvirus en is in die huidige verslagjaar

weer twee keer geïsoleer. 'n Ander verantw virus is ook uit 'n vlermuis van Louis

Trichardt af verkry en die identifikasie word nog afgewag.

Verskeie gevalle van snotsiekte het gedurende die verslagjaar onder ons aandag

gekom. In een buitengewone geval is 30 stoetbeeste dood waar daar geen kontak

met enige wildebeest bekend was nie. Volgens bepalings van die Afdeling

Veeartsenydiens mag wildebeest slegs vervoer word na eiendomme waarop daar

reeds wildebeest is. Die enigste uitsondering is in gevalle waar sulke trope nie

teenliggaampies teen die siekte bevat nie. Uit 6 wildebeestroppe wat hiredie jaar

getoets is, was almal egter positief.

Met behulp van elektronmikroskopie is vasgestel dat kalkoensinusitis, 'n belangrike

siekte van kalkoene in intensiewe toestande in Suid-Afrika (maar wat nog nêrens

elders gediagnoseer is nie), deur 'n herpesvirus veroorsaak word. Weens die feit dat

intensiewe kalkoenboerdery tans tot stilstand gekom het, het die belang van die

toestand vervaag. Verder is die vermoede dat die duif-herpesvirus hier voorkom,

ook nou elektronmikroskopies bevestig.

Goeie vordering is gemaak om die bloutongvirusproteïene te identifiseer wat

betrokke is by die induksie van die immunologiese reaksie wat die dier teen latere

infeksie beskerm. Daar is gevind dat hierdie proteïene op die oppervlakte van die

bloutongvirusdeeltjies voorkom. 'n Metode is ontwikkel om die proteïene op groot

skaal te suiwer met die doel om te probeer vasstel of die gesuiwerde proteïene in

plaas van die heel virus as entstof gebruik kan word. Die voorlopige aanduidings is

dat skape wel met so 'n enstof teen bloutongvirus beskerm kan word.

Antigeniese heretogneïteite kom voor by Afrikaanse varkpes en is moontlik die

oorsaak van 'n swak immuunreaksie by varke. Ondersoeke word nou onderneem

om die omvang hiervan te bepaal deur middle van virus-DNA-verskille.

'n Interessante bevinding (wat lankal vermoed is maar nog nooit bevestig is nie) was

dat kunsmatig besmette vlakvarke met aansienlike viremie nie varkpes deur kontak

aan huisvarke kon oordra nie.

Van 15 dragtige buffelkoeie wat in die Nasionale Krugerwildtuin gevang is, was 6

draers van bek-en-klouseer-tipes SAT 1,2 en 3. Van hul 8 normale kalwers was vier

draers (SAT 1 en 3). Vatbare beeste wat deurgaans in kontak met die groep

buffelkoeie en kalwers oor 'n draad en deur 'n gemeenskaplike voerkrop en drinkbak

bly, het tot dusver nie die besmetting opgedoen nie.

Protosoë- en Rickettisiasiektes

Navorsing het bewys dat bloed besmet met bosluisgalsiekte Anaplasma marginale

suksesvol gevriesdroog kan word en selfs na 6 maande se bewaring in 'n

huishoudelike diepvrieseenheid nog besmetlik is. Alhoewel daar nog heelwat
- 37 -

praktiese probleme is wat aandag verg, is die voordele om galsiekte-entstof so te

kan uitreik, teenoor die huidige volbloedentstof wat slegs 5 dae hou, aansienlik en

word dit indringend opgevolg.

Veldstudies het aangetooon dat 'n toestand van episoötiese onstabiliteit met

Asiatiese rooiwater Babesia bovis ontwikkel in toestande van swak bosluisbeheer.

Daarteenoor was daar oor die algemeen 'n stabiele toestand met Afrikaanse

rooiwater B. bigemina in dieselfde omstandighede.

Met goeie bosluisbeheer was B. bovis-besmetting en probleme tot 'n minimum

beperk, maar is die gevaar van uitbrekings van B. bigemina vererger.

Die rooiwaterentstof wat tans deur die Instituut uitgereik word, bevat nou slegs

verswakte stamme van die betrokke twee parasiete: die B. bovis- stam is lokaal

verswak en die B. bigemina is 'n verswakte Australiese stam. Alle aanduidings is dat

die entstof nou heelwat veilier as tevore behoort te wees.

Hartwater was nog altyd 'n problematiese siekte by Angora-bokke. In voorlopige

eksperimente is die aanduidings sterk dat behandeling met tetrasiklien op die eerste

dag van die koorsreaksie na besmetting met virulente skaapbloed suksesvol is maar

dat slegs die helfte van die diere 6 maande later nog immuun is. Behandeling op die

tweede of derde dag van die koorsreaksie is, in teenstelling met veral skape, te laat,

en die vrektesyfer beloop sowat 85 %. Diere wat dit oorleeg, is 6 maande later egter

nog immuun. Nierskade wat nog nooit tevore by hartwater beskryf is nie, is by die

Angora opvallend en speel waarskynlik 'n rol by die vrektes van gevalle wat laat

behandel word. Inderdaad het sommige van die bokke aan nierversaking gevrek

nadat die infeksie reeds met tetrasikliene beheer is.

'n Suspensie van besmette bontbosluis (Amblyomma hebraeum)-nimfe hou vanweë

hul hoë besmetlikheid groot moontlikhede in a s'n entstof teen hartwater. Een van

die grootste probleme met die nimfsuspensie is kontaminasie as gevolg van

mikroörganismes vanuit die bosluis se dermkanaal. Dit blyk nou dat die meeste

kontaminante deur sentrifugasie by 15 000 g verwyder kan word. Dit is verder

moontlik om deur verdere sentrifugasie van die bodrywende vloeistof by 27 000 g die

hartwaterorganismes nou in die presipitaat te konsentreer.

Deur die koppeling van fluoresseïen aan globulien afkomstig van hartwaterimmune

skape is daar nou 'n fluoresserende teenliggaamtegniek ontwikkel waarmee die

organismes onder andere in breinsmere te voorskyn kom.

Daar is bevind dat daar nie 'n korrelasie is tussen die indirekte fluoresserende

teenliggaamtoets en die immuniteit van beeste teen hartwater nie. Die toets bly

egter 'n uiters waardevolle hulpmiddel om die serologie van blootgestelde diere te

monitor.
- 38 -

ONVRUGBAARHEID EN GESLAGSIEKTES

Oorsake van fetale vrektes

Beeste

Gedurende die verslagjaar is 150 heel fetusse uit die veld ontvang vir ondersoek.

Hiervan was 10 so ver ontbind dat hul nie ondersoek is nie. 'n Diagnose kon in 43

gevalle (30,7 %) gemaak word teenoor slegs 21 % verlede jaar.

% Besmettings

Oorsake 1980/81 1981/82

Brusellose

Anaplasmose

Campylobacteriose (= vibriose)

Chlamydiose

Corynebacteriose

Leptospirose

Coxiella burnettii

Listeria monocytogenes

Pasteurella haemolytica

Staphylococcus aureus

14,3 %

0,6

2,7

6,1

2,0

14,2 %

5

1,4

2,1

2,1

2,1

0,7

0,7

0,7

0,7

In nog drie gevalle was die aborsie waarskynlik toe te skryf aan 'n vitamien

E/seleniumtekort. By een fetus is 'n spirokeet, waarskynlik Borrelia theileri, in

miltsmere gevind en Klebsiella tipe 6 en Eschericia coli 08, wat beide nie bekend is

as aborsieverwekkende organismes by beeste nie, is by twee ander foetuses gevind.

'n Diagnose was in 35 % van die totale getal gevalle moontlik.

Waar slegs orgaanmateriaal in plaas van die hele dooie fetus ingestuur is, was 8 uit

46 van die gevalle nie geskik vir diagnose nie weens ontbinding en besoedeling.

Van die res was 13,2 % positief vir brusellose en 2,6 % elk vir Coxiella burnettii, P.

haemolytica en C. pyogenes. Daar was hier dus 21 % positiewe diagnoses.

Van 20 plasentasmere ingestuur uit die veld was een nie geskik nie en 5 gevalle

positief vir brusellose. Bruselose bly dus die enkele belangrikste oorsaak van

aborsie by beeste. Die roetine-ondersoek van bloed of miltsmere vir anaplasmose is

definiteif aangewese.

Skape

Van 38 fetusse ontvang was 6 weens ontbinding en besoedeling nie geskik vir

ondersoek nie. Van die res kon 'n positiewe diagnose in 25 % van die gevalle

gemaak word. (Chlamydia - 15,6 % en Campylobacter, P. haemolytica en distokia

elk 3,1 %). Uit 9 plasentasmere was twee positief: een vir Brucella en die ander een

vir Coxiella.
- 39 -

Ondersoeke van vaginale slym vir besmettings

Uit 127 monsters ontvang was 4 positief vir Trichomonas, 6 vir C. pyogenes en 1 vir

B. abortus.

Brusellose-serologie

Gedurende die verslagjaar is 111 576 serummonsters getoets metsowel die Rose

Bengal (RBT)- as die serumagglutinasietoets (SAT) en 28 358

komplmentbindingstoetse (KBT) is uitgevoer. Dit verteenwoordig 'n vermeerdering

van nagenoeg 200 % in die werklas en verdere outomatisasie is nou onontbeerlik.

Van hierdie monsters was 16,5 % positief volgens die RBT en 18 % volgens die

KBT. Die SAT word nou in mikrotitrasieplate gedoen wat 'n verdubbeling in die

kapasiteit teenoor die buismetode moontlik maak. In 'n serologiese ondersoek van

wilde Afrikaanse buffels (Syncerus caffer) is 23 % positief bevind.

Altesaam 385 serummonsters van varke is ontvang van trope waar aborsie voorkom

en getoets - met negatiewe resultate. Daar is dus geen indikasie dat B. suis in die

Republiek voorkom nie.

Leptospirose

In die geval van beeste is daar altesaam 3 253 serummonsters serologies

ondersoek van 253 probleemeiendomme waar ongediagnoseerde onvrugbaarheid of

aborsie voorkom, en 33 % is positief bevind. Al 7 serotipes is gediagnoseer maar

Leptospira hardjo, L. hyos en L. Pomona het veral voorgekom. Geen definitiewe

afleidings kan tot dusver oor die verspreiding gemaak word nie, maar dit is duidelik

dat die toestand as 'n oorsaak van aborsiestorms en onvrugbaarheid oorweeg moet

word.

Positiewe resultate is ook verkry by 5 uit 367 varkserummonsters en 1 uit 258

mensserummonsters (wat op versoek van die SA Instituut vir Mediese Navorsing

gedoen word).

Slapsiekte

Uit 'n totaal van 1 877 serummonsters was slegs 22 positief. Een geval was dié van

'n merrie wat deur 'n positiewe, gekastreerde hings gedek is kort na die operasie.

Dit is nodig om sulke reuns 6-12 maande lank van merries af weg te hou.

UITWENDIGE PARASIETE

Dier beher van riviermuggies (Simulium spp). in die Oranjerivier deur die

manipulasie van die watervlak gedurende slegs Augustus is nie voldoende om die

plaag die daaropvolgende somer te beheer nie. Die ideale tydstip is tussen

November en Januarie, maar dit is onaanvaarbaar vir die besproeiingsboere.

Die Simulium-probleem het gedurende die verslagjaar ook in die Visrivier kop

uitgesteek en die probleemspesie S. chutteri kom veral in die omgewing van die
- 40 -

Carlislebrug voor. Weens gebrek aan damme en sperwalle is dit onmoontlik om

watervlakwisseling toe te pas en sal die bestryding van volwasse muggies met

behulp van sintetiese piretroïede op diere hier ondersoek word.

Navorsing oor sweetsiekte, wat deur die bontPOOTBOSLUIS Hyalomma truncatum

oorgedra word, dui aan dat nie-sweetsiekte-draende bosluise via die bloedstroom

van 'n konyn van sweetsiektedraende bosluise af besmet kan raak en dat die

toestand dan transovarieel oorgedr word. 'n Sterk moontlikheid dat hierdie eienskap

veroorsaak word deur 'n Rickettsia wat in die draerbosluise teenwoordig is, word nou

ondersoek.

Eksperimentele data toon dat sommige nuwe piretroïed-dipstowwe vir bosluise uiters

effektief is teen die vliegsoorte wat parafilariose (valskneusing) oordra. Verder kan

doeltreffende eheer gehandhaaf word ten spyte van 'n hoë voorkomssyfer van vlieë

op ongedipte diere in 'n aangrensende kamp. Effektiewe vliegbestryding, verkieslik

gekombineer met sistemiese behandeling teen volwasse of ontwikkelende

Parafilaria-larwes gedurende gedurende Mei/Junie, wanneer die voorkoms van

bloedkolle op sy laagste is, behoort tot 'n drasties verminderde besmetting by 'n

kudde te lei.

Uit die opname van valskneusing is daar geen aanduiding dat hierdie besmetting

enigsins sedert die ontdekking daarvan in die land versprei het nie. Dit blyk duidelik

dat die siekte slegs beperk is tot die gebiede waar daar klimatologies verwag kan

word dat dit sal voorkom. Dit is egter nie uitgesluit dat die hewigheid van die

besmetting kon toegeneem het nie.

As 'n diens aan die Afdeling Veeartsenydiens tydens die jaarlikse verpligte dip van

kleinvee teen brandsiekte, is die sterkte van 815 dipmonsters gaschromatografies

bepaal. Die aktiewe bestanddele was diasinon, triasofos, chlorfenvinfos, gamma

BHC, foksim en propetamfos. Een belangrike oorsaak van ondersterkte dip was 'n

te hoë soutinhoud van die boorgatwater in sekere streke.

INWENDIGE PARASIETE

Belowende vordering is op die gebied van die voorkoming van besmetting van skape

met die breinblaaswurmstadium (malkopsiekte) van die hondelintwurm, Taemoa

,multiceps, gemaak. 'n Proefentstof bekend as onkosfeer sekretoriese antigen is

berei deur lintwurmeiers wat van besmette honde se mis verkry word, met

kunsmatige maagsap te aktiveer en di embrios (onkosfere) dan 2 weke lank by 37°C

in weefselkultuurrolbuise in 'n spesiale medium te laat ontwikkel. Die antigeen word

in die vloeistofmedium uitgeskei en dit word dan as entstof gebruik. Hierdie entstof

het lammres in 'n voorlopige proef taamlik doeltreffend beskerm. Na daging met

lintwurmeiers het slegs 5 % van die lammers wat entstof ontvang het, breinletsels

van die parasiet ontwikkel teenoor 54 % van die ongeënte kontrolelamers.

Benewens stamme van die haarwurm Haemonchus contortus is twee stamme van

die bruinmaagwurm Ostertagia, wat ook weerstandbiedend teen die

bensimidasoolgroep wurmmiddels is, in die Boland ontdek. 'n Haarwurmstam met 'n

sterk potensiaal vir weerstand teen klosantel, 'n wurmmiddel van 'n totaal

verskillende chemiese groep, is ook ontdek.
- 41 -

In Australië is wurmmiddelweerstand 'n baie wydverspreide en ernstige probleem en

alle pogings moet aangewend word omd eur die oordeelkundige gebruik van middels

die voorkoms daarvan in Suid-Afrika sover moontlik te vertraag.

VERGIFTIGING

Suider-Afrika is uniek in soverre dat dit, in teenstelling met die res van die wêreld, 'n

gebied is waar hartglikosiedvergiftiging deur veral tulp-,slangkop- en plakkiesoorte

van aansienlike ekonomiese belang is.

'n Ontdekking van aansienlike praktiese belang was dat hierdie vergiftiging

suksesvol met geaktiveerde houtskool behandel kan word. Daar is eksperimenteel

bewys dat sowel skape as beeste 'n dodelike dosis vandie blou tulp Moraea

polystachya met feitlik 100 % sukses oorleef as hul selfs tot 12 uur na toediening van

die plantmateriaal met slefs net 2 g geaktiveerde houtskool/kg lewende gewig

behandel word. Die verpoeierde houtskool word in water opgeskud en aan die dier

gedoseer.

Die akkuraatheid van die hartglikosiedbepalingsmetode waarin die inhibisie van

rubidiumoordrag oor die selmembraan deur atoomabsorpsie bepaal word, is

aansienlik verbeter deur die ingebruikname van 'n electrode-ontladingslamp instead

van die gebruiklike hol katodelamp. Dit is die enigste praktiese wyse om hierdie

vergiftiging te diagnoseer.

Krimpsiekte of plakkievergiftiging word veroorsaak deur plante van die genera

Tylecodon (=cotyledon), Cotyledon en Kalanchoe. Altesaam 9 neurotoksiese

hartglikosiede van die bufadiënoliede tipe is nou al uit Tylecodon grandiflorus uit die

Boland geïsoleer.

Werk in verband met Kalanchoe lanceolata van Naboomspruit af het nou ook twee

bufadiiënoliede opgelewer. Dit wil dus voorkom of die giftigheid van die toksiese

genera van die plakkies aan hartglikosiede toe te skryf is.

Die springbokbos, Hertia palens, is lank reeds bekend as 'n gifplant, maar

vergiftiging as gevolg daarvan is vir die eerste keer in die afgelope twee decades

gediagnoseer op 'n plaas in die Douglas-omgewing. Druk bewyding van klein

kampies was die oorsaak van die vergiftiging.

Kikoejoe-vergiftiging kom voor waar beeste 'n paar weke na besmetting van die

weiding met kommandowurm Spodoptera exempta op hierdie grassoort wei. Sowel

die siekte- as vrektesyfer is hoog en dit veroorsaak 'n verlammingsindroom waarin

veral die slukspiere aangetas is. 'n Patologiese ondersoek het aangetoon dat acute

nekrose van die voormaagepiteel die opvallendste letsel is. Nog Kikoejoe-gras nog

die kommandowurms is op sigself giftig en 'n vae moontlikheid dat 'n mikotoksien

betrokke mag wees, word in samewerking met mikoloë van die Navorsingsinstituut

vir Plantbeskerming ondersoek. Aansienlike aandag is geskenk aan die

sogenaamde "natskaapkarkas"-probleem wat vanjaar ernstige afmetings

aangeneem het. By sekere slagpale is bevind dat die karkasse van sekere groepe

skynbaar normale en self superkwaliteit-skape afkomstig uit veral die Noordwes-

Kaap, na slagting nie afdroog nie en oormatige vogaansameling onderhuids en

tussen die spiere het. 'n Interdissiplinêre span navorsers ondersoek die sindroom,

maar mikrobiologiese, toksikologiese en patologiese ondersoeke was tot dusver

sonder welslae.
- 42 -

Uit 'n totaal van 1 187 gevalle wat vir vergiftiging ondersoek is, was 275 positief vir

die een of ander gifstof. Hiervan was 28 % gevalle van strignienvergiftiging by

honde en katte en 18 % organofosfor- en 18 % gechlorineerde

koolwaterstofvergiftiging. Van laasgenoemde twee groepe was plaagdoders wat op

graangewasse aangewend word, naamlik paration, monokrotofos, dieldrin en

endosulfan, die belangrikste gifstowwe. Dit is dus duidelik dat boere dit nog steeds

gebruik ten spyte van die streng beperking op die landboukundige aanwending van

dieldrin in 1979 en die algehele verbanning daarvan in Januarie 1982.

ENTSTOWWE

Die afgelope jaar was vir die entstoffabriek 'n besondere moeilike tydperk gewees.

Op geen tydstip kon daar volledig in die aanvraag na entstowwe voorsien word nie,

en soos uit die bygaande statistiek op bladsy 20 blyk, is sowat 20 miljoen minder

dosisse as in die vorige jaar geproduseer. Die tekorte was hoofsaaklik aan

bakteriese entstowwe, en ofskoon die omstandighede gedurende die afgelope 6

maande merkbaar verbeter het, is daar steeds 'n tekort aan Brucella S19-,

sponssiekte- en Pasteurella-entstof. Daar is verskeie redes vir hierdie toedrag van

sake, maar in hoofsaak is dit te wyte aan personeelprobleme op alle vlakke en aan

verslete en verouderde toerusting. Die omstandighede is verder vererger deurdat 'n

ernstige brand 'n groot gedeelte van die botteleerafdeling verwoes het.

Desnieteenstaande het die personeel deur improvisasie waartydens daar teruggeval

is op handbottelering en deur uitsonderlike toewyding en maandelange oortydpwerk

op alle vlakke, daarin geslaag om die produksieonderbreking tot 'n minimum te

beperk.

Redelike hoeveelhede entstof is weer eens aan die buiteland gelewer, maar dit wil

voorkom asof die aanvraag uit hierdie oord steeds afneem. Indien voldoende

voorrade egter deurgaans beskikbaar was, sou meer dosisse entstof verskaf kon

gewees het as wat in die volgende tabel getoon word.

Botswane

Lesotho

Malawi

Swaziland

Zambië

Zimbabwe

Israel

Reunion

Mosambiek

Bophuthatswana

Transkei

Venda

SWA/Namibië

1979/80 1980/81 1981/82

296 783

156

172 600

400 455

6 313 113

3 840 668

1 232 500

1 000

100 000

34 023

62 277

25 050

1 085 858

469 650

456 200

81 352

5 196 800

1 161 260

785 000

40 030

26 863

25 040

504 652

61 059

150

274 739

8 982

1 420 503

888 928

673 210

226 368

85 693

36 390

786 501

13 664 473 8 746 847 4 462 523

Bostaande syfers dui net direkte verkope aan en verteenwoordig nie die hoeveelheid

entstof wat deur bemiddeling van kommersiële firmas aan die buiteland gelewer is

nie. Daar word vermoed dat dit aansienlik is.
- 43 -

Aan die positiewe kant was die instelling van die bedryfsrekening die belangrikste

enkele gebeurtenis. Hierdie finansiële maatreël het grootliks tot 'n aansienlike

verbetering in die daaglikse bestuur van die entstoffabriek bygedra en het die

geleentheid vir die fabriek geskep om 'n moderniseringsprogram te begin. Sodra

nuwe toerusting ing ebruik geneem word, behoort dit die produksie aansienlik te

bevorder, en daar word vertrou dat daar binne afsienbare tyd aan al die

voorsienbare entstofbehoeftes voldoen sal kan word.

Ondanks die bestaande probleme is ontwikkelingswerk voortgesit, wat die volgende

aspekte insluit:

(i) Ondersoek na die uitwerking van pH en formalienkonsentrasie op die

antigeniteit van Clostridium botulinum-toksoïed.

(ii) Navorsing oor geïnaktiveerde Slenkdalkoorsentstof vir skape om die optimale

dosis en inentingprogram te bepaal.

(iii) 'n Uitgebreide eksperiment om die doeltreffendheid van tetanusentstof by

skape te bepaal.

(iv) Die ontwikkeling van 'n Cl. Oedematiens en Cl. septicum gekombineerde

entstof.

Die eksperimente by beeste met gekonsentreerde sponssiekte-entstof is met

welslae voltooi. Dit het meegebring dat die dosis van die sponssiekte-entstof

van 5,0 ml tot 2,0 ml verklein kon word.

'n Veiliger infeksieuse laringotrageïtis (ILT)-entstof is gedurende die afgelope

jaar vrygestel en 'n entstof teen Staphylococcus-mastitis is ook aan veeartse

beskikbaar gestel.

TEGNIESE BETREKKINGE MET ANDER LANDE

Skakeling en samewerking met Afrikastate

Gedurende 1981/82 het 7 wetenskaplikes uit Afrikastate die Instituut besoek. Hulle

was afkomstig van Botswana, Zimbabwe, Zambië en Kenia.

Benewens 'n onbekende, maar vermoedelik aansienlike, hoeveelehid entstof wat

deur firmas uitgevoer is, is 3,3 miljoen dosisse entstof amptelik na Afrikastate

uitgevoer.

Konjugaat vir die diagnose van hondsdolheid deur middle van die fluoresserende

teenliggaamtegniek is aan Swaziland, Malawi, Botswana en Zimbabwe gelewer.

Vergeleke met verlede jaar is die getal monsters wat ontvang is weer naastenby wat

dit drie jaar gelede was te wete 1 129.
- 44 -

Land van herkoms 1979/80

Aantal monsters

1980/81 1981/82

Suidwes-Afrika

1 211

249

586

Botswana

213

45

337

Lesotho

Swaziland

Zimbabwe

Malawi

Zambië

Mosambiek

Ander

Skakeling met oorse lande

48

187

102

51

22

28

5

27

4

0

5

1

3

220

19

18

4

28

0

1 862 336 1 215

Gedurende die jaar het 64 buitelandse wetenskaplikes uit 19 lande kort besoeke aan

die Instituut gebring.

Benewens die wetenskaplikes het 220 buitelandse toeriste van 13 lande besoek aan

die Instituut gebring.

Die Instituut is die wëreldverwysingsenrum vir perdesiekte en bloutong.

Bloutongmonsters is vir serotipering van Engeland ontvang en diagnostiese antigene

en sera is aan Ierland en Argentinië verskaf. Ten opsigte van perdesiekte is antigen,

sera- en serotipes aan Australië, Frankryk, Engeland en Japan verskaf.

Buitelandse reise

Beamptes van die Instituut het altesaam 8 kort buitelandse reise onderneem en een

beampte het 'n jaar in die VSA deurgebring.

TEGNIES-STATUTêRE ADVIES

Die Instituut speel deurgaans 'n belangrike ondersteunende rol deurdat tegniese

advies met betrekking tot die veiligheid en doeltreffendheid van veemiddels asook

die veiligheid van sekere veevoer en voerkomponenete aan die Registrateur van die

Wet op Misstowwe, Veevoer, Landboumiddels en Veemiddels (Wet 36 van 1947),

gelewer word.

Altesaam 249 aansoeke om registrasie van veemiddels is die afgelope jaar deur

vakkundiges van die Instituut gehanteer. Hiervan was 52 nuwe aansoeke en die res

herregistrasies of amendemente. Sowat 500 advertensies vir veemiddels is ook vir

wetenskaplike korektheid nagegaan alvorens dit in die pers verskyn het.

AFDELING VEEARTSENYDIENS

Aangesien droogtetoestande oor groot dele van die land geheers het was daar nier

ernstige probleme sover dit uitgebreide uitbrekings van dieresiektes aanbetref nie.
- 45 -

Slegs 'n enkele uitbreking van bek-en-klouseer veroorsaak deur die SAT II-virus het

op 'n plaas voorgekom wat aan Zimbabwe grens. Die uitbreking was speodig onder

beheer en geen verdere verspreiding het plaasgevind nie. Daar was altesaam 214

beeste en 378 stuks kleinvee by die uitbreking betrokke. Die beeste is almal

kunsmatig besmet om die verloop van die siekte te bespoedig.

Die plaas het op 2 April 1981 besmet geraak en die kliniese eindpunt is op 24 April

1981 bereik. In die Nasionale Krugerwildtuin het twee uitbrekings voorgekom wat

veroorsaak is deur die SAT I-virus.

Die derde verpligte dipveldtog teen skaapbrandsiekte het op 28 Februarie 1982 ten

einde geloop. Altesaam 297 uitbrekings van skaapbrandsiekte het voorgekom,

vergeleke met 235 die vorige jaar. Uitbrekings in al die onafhanklike en nasionale

state binne die grense van die Republiek is hierby ingesluit. Sekere areas waar

skaapbrandsiekte gereeld vorkom is nou geïdentifiseer.

In vergelyking met die vorige jaar was daar 'n aansienlike afname in die gevalle van

hondsdolheid. Indie vorige verslagjar was daar 472 positiewe gevalle, teenoor 230

in die huidige jaar.

Sewe uitbrekings van miltsiekte het voorgkeom waarby slegs 'n geringe aantal diere

betrokke was.

Goeie vordering is deur die veterinêre streeklaboratorium te Allerton gemaak met die

bekamping van mastitis in Natal.

'n Siekte wat aansienlike vrektes veroorsaak het is sponssiekte. Die vrektes onder

beeste wat by statsveeartse aangemeld is het aleen 1 605 beloop. Boere sal meer

aandag aan die inenting van beeste teen sponssiekte moet gee.

Die vordering van die beestuberkulose uitroeiingskema vorder nie na wense nie

vanweë 'n tekort aan fondse en personeel. Altesaam 1 365 902 tuberkulientoetse

vergeleke met 1 262 746 van die vorige jaar is gedurende die verslagjaar uitgevoer.

Altesaam 5 350 sertifikate vergeleke met 5 016 die vorige jaar is gedurende die jaar

uitgereik.

Die beesbrusellose-uitroeiingskema het 'n gestadige groei getoon. Altesaam 1 033

kuddes bestaande uit 111 906 besste is alrees by die skema ingeskakel.

Veertine uitbrekings van snotsiekte waarby 74 beeste betrokke was het gedurende

die verslagjaar voorgekom.

Korinebakteriose en pasteurellose is siektes wat in alle streke heelwat probleme

onder groot- en kleinvee veroorsaak het.

Raaigrasvergiftiging is op nog 3 plase in die Wes-Kaapstreek bevestig.

'n Verskynsel wat kommer wek is die nat karkas-sindroom wat gedurende die

verslagjaar sy verskyning ondre skape gemaak het. Die karkas van geslagte skape

droog nie af nie en sekere subkutane weefsels is geïnfiltreer met 'n jellieagtige stof.

Die skape is hoofsaaklik afkomstig van die droogtegeteisterde gebiede van Wes-

Kaapland.
VEEARTSENYKUNDIGE NAVORSING

Diverse navorsingsprojekte

- 46 -

Verskillende navorsingsprojekte en opnames is deur beamptes van die veterinïre

streeklaboratoria, die Seksie vir KI en Voortplanting en die Seksie vir

Pluimveediagnostiek en Voorligtingsdienste onderneem.

In samewerking met navorsers van Onderstepoort het die Seksie vir Pluimveediagnostiek

en Voorligtingsdienste die ondersoek na dikkop en buiksug by

braaikuikens voortgesit.

'n Ekspriment is ook uitgevoer met die gebruik van twee verskillende ongeaktiveerde

olie-emulsie-Newcastlesiekte-entstowwe. Die aanspraak dat die gebruik van die

twee entstowwe by dagoudkuikens genoegsame beskerming sal bied, het onjuis

geblyk. 'n Onderskragings-inenting op 10 weke is nodig.

In 'n poging om die omvang van brusellose-besmetting onder vleisbeeste in Natal te

bepaal is die bloed van geslagte koeie by die Cato-Ridge-abattoir versamel en deur

beamptes van die Allerton veterinêre streeklaboratorium getoets. Die resultate dui

daarop dat die besmetting by vleisbeeste laer is as by melkrasse (0,7 persent

teenoor 1 persent by melkrasse). Om die betroubaarheid van die serologiese toetse

vir brusellose vas te stel, is limfknope van 12 serologies positiewe koeie by die

abattoir versamel. In al die gevalle kon die brucella-kiem uit die limfknope geïsoleer

word. Die ondersoek het ook getoon dat die supramammêre limfknoop die

betroubaarste limfknoop is waaruit die brucella-organisme geïsoleer kan word. Die

veterinêre streeklaboratorium te Allerton het ook ondersoek ingestel na die oorsake

van pootsiektes bys kape. Tot dusver kon 'n enkele bacterium nog nie geïnkrimineer

word nie. Die sogenaamde "vuilkoei" sindroom het ook aandag geniet, toetse vir

brusellose, APV, slenkdalkoors, leptospirose en bloutong is uitgevoer. Die weiding

is ook ontleed.

Ondersoek na die oorsaak van kikoejoevergiftigng is nog steeds aan die gang en

mikologiese ondersoeke van kommandowurms en hulle uitskeidings, asook na die

weiding, het nog geen positiewe resultate opgelewer nie. 'n Entstof, teen

plaveiselkarsinoom wat in die oë van beeste voorkom, is volgens Australiese

voorskrifte voorberei en getoets, maar tot dusver was die resultate nie baie

belowend nie.

Proewe met vuilbekentstof wat van Australië af ingevoer is, is deur die veterinêre

streeklaboratorium te Middelburg (Kaap) uitgevoer. Die entstof het goeie

beskerming verleen en by aangetaste diere het dit die verloop van die siekte verkort.

Die streeklaboratorium het ook daarin geslaag om nekrotiese balanitis, wat

hoofsaaklik onder dorperskape voorkom, op merinoskape oor te dra. Die siekte kon

nog nie met mikoplasma-isolate oorgedra word nie en die isolasie van viruses uit

letsels het misluk. Verdere ondersoeke na die oorsaak van swelsiekte by

angorabokke si gedoen en daar is besliste aanduidings dat Ostertagia circumcincta

(bruin maagwurm) besmetting die toestand kan veroorsaak.

Navorsing worfd nog voortgesit om die oorsake van kalsiekte, vagverkleuring en

gesplete verhemelte by skape en bokke te bepaal. Voedingsproewe met Hertia

pallens is voortgesit in 'n poging om die toestand bekend as klontgesit in 'n poging
- 47 -

om die toestand bekend as klontgal by skape te verwek. Tipiese letsels kon tot

dusver nog nie verky word nie. Opnames is ook gedoen van die voorkoms en

verspreiding van die karooverlammingsbosluis en die bontbosluis. 'n Siekte bekende

as Bolo-siekte, wat die vel van skape aantas, is ook ondersoek. Verspreiding

geskied hoofsaaklik deur die inbring van besmette skape in 'n trop. Die letsels word

gekenmerk deur donker kolle met korter en versteurde wol wat na skeer uitkom as

wit kolle. Die vel self is pers tot blourooi verkleur met 'n wit krytagtige en kaasagtige

eksudaat. Daar is alreeds daarin geslaag om die siekte met besmette materiaal oor

te dra. Rektale prolaps wat by jong dorper- en vleismerinoskape voorkom, word nou

behandel volgens 'n tegniek wat deur beamptes vandie veterinêre laboratorium

ontwikel is. Die behandeling bestaan daarin dat peri-rektale inspuitings met

hypodermin gegee word.

Urienstene wat veral by ramme op konsentraatvoeding voorkom, word nou behandle

deur die plasing van 'n kateter in die blaas en daaglikse spoelings met 'n 0,1 persent

HCI-oplossing saam met antibiotika en Isaverin-inspuitings.

Tuberkulientoetse is op koedoes uitgevoer deur beamptes van die veterinêre

laboratorium te Grahamstad om te bepaal of die tuberkulientoets tuberkulose by

koedoes sal aantoon.

NAVORSING OOR WILD EN WILDSIEKTES

Proewe met buffelkoeie en beeste is in die Nasionale Krugerwildtuin uitgevoer om te

bpeaal hoe die bek-en-klouseervirus van buffels na beeste oorgedra word. Dragtige

buffelkoeie wat die bek-en-klouseervirus in hulle keelskraapsels getoon het, is saam

met beeste in 'n kamp geplaas. Die buffelkoeie het alreeds gekalf maar tot dusver

was daar nog geen oordrag van die bek-en-klouseervirus nie.

Om te bepaal of olifante vir bek-en-klouseer vatbaar is, is olifante saam met

besmette beeste in 'n kraal geplaas. Geen oordrag kon vasgestel word nie.

ENTSTOWWE EN VEEESIEKTEMIDDELS

Die volgende entstowwe is deur staatsveeartse, veterinêre laboratoria en/of

veterinêre streeklaboratoria voorberei:

Vuilbek (orf) entstof

Leptospirose-proefentstof

Outogene vratentstof

Hartwaterentstof

Plaveiselkarsinoomentstof

Pasteurella-proefentstof

Die volgende laboratoriumprodukte is voorberei:

Leptospirose-antigeen

Pasteurella haemolytica-antigeen

Brucella ovis -antigeen

Actinobacilus seminis -antigeen

Komplement

26 822 dosisse

7 900 dosisse

1 646 dosisse

6 501 dosisse

23 dosisse

20 400 dosisse

1 800 ml

390 ml

110 ml

268 ml

878 ml
Amboseptor

Vaste media

Vloeibare media

Reagense en kleurstowwe

- 48 -

228 ml

72 970 ml

228 190 ml

762 445 ml

Daar is geen entstowwe vernietig omdat dit nie behoorlik opgeberg is nie of omdat

die vervaldatums verstryk het nie.

DIERESIEKTEBESTRYDING

AANMELDBARE SIEKTES

Bek-en-klouseer

Slegs een uitbreking van bek-en-klouseerl het in die Messinaboerderygebied

voorgekom. 'n Enkele plaas binne die bek-en-klouseerbeheergebied het op 2 April

1981 besmet geraak met die SAT 2-virus. Besmetting was waarskynlik afkomstig

van Zimbabwe aangesien die plaas 'n grensplaas is. Altesaam was daar 214 beeste

en 378 stuks kleinvee betrokke. Die beeste is almal kunsmatig met die virus besmet

om die verloop van die siekte te bespoedig en die kliniese eindpunt is dan ook op

24 April 1981 bereik.

Twee uitbrekings het in die endemies besmette Nasionale Krugerwildtuin voorgekom

waar die virus as SAT 1 uitgeken is. Die besmetting het onder rooibokke, bosbokke,

vlakvarke, koedoes en njalas voorgekom.

Altesaam 1 221 536 voorbehoedende inentings is op 580 242 beeste uitgevoer met

monovalente en bivalente entstowwe in die bek-en-klouseerbeheergebied. Slegs

25 086 voorbehoedende inentings is op 4 181 stuks kleinvee uitgevoer.

Altesaam 130 beeste en 17 bokke het van buurstate af die Republiek ingedwaal of is

onwettig in die Republiek ingebring. Al die diere is gekonfiskeer en vernietig of

geslag.

Hondsdolheid

Van die 982 monsters wat deur beamptes van die Afdeling Veeartsenydiens na die

Navorsingsinstituut vir Veeartsenykunde versend is, was 230 (23,42 persent) positief

vir hondsdolheid. Dit is taamlike drastiese afname in die getal monsters versend

asook positiewe gevalle in vergelyking met die vorige jaar, toe 2 645 monsters

versend is waarvan 472 positief was. Die afname is hoofsaaklik te danke aan die

suksesvolle bekampingsveldtog daarteen in Natal.

Diere wat positief bevind is, was 81 meerkatte, 55 beeste, 39 honde, 22

bakoorjakkalse, 6 boerbokke, 5 huiskatte, 5 vlermuise, 3 rooijakkalse, 4 muishonde,

3 skape, 2 muskeljaatkatte, 1 rookat, 1 aardwolf, 1 ratel, 1 wildekat en 1 blesbok.

In KwaZulu was daar 25 positiewe gevalle waarvan 18 onder honde, 1 by 'n bees, 1

by 'n bok en 5 onder mense voorgekom het. Lebowa het drie positiewe gevalle

aangemeld en tien jakkalse is vernietig.
- 49 -

Sewe postiewe gevalle onder honde is in Gazankulu aangemeld. Die vernaamste

verspreider van hondsdolheid in die Vrystaat, Transvaal en die Hoëveldstreek was

die rooimeerkat, en om dié draer te bekamp is daar in die Hoëveldstreek 1 405

Phostoxin-tablette gebruik om 1 210 gate oor 'n gebied van 2 270 hektaar te berook.

In die Noord-en-Oos-Transvaalstreek blyk die jackals en die hond die hoofdraer te

wees terwyl die bakoorjakkals hierdie rol in die Wes-Kaap, Oos-Kaap-en-

Karoostreek vervul. In Natal kom die siekte hoofsaaklik onder honder voor.

Jaarlikse inentings van honde ouer as 3 maande word dan ook onderneem in strek

waar die hond die vernaamste draer is, soos in die Natal- en Noord-en-Oos-

Transvaalstreek.

Waar uitbrekings in die ander streke voorkom, word alle honde en katte binne 'n

radius van 25 kilometer om die besmetting onmiddellik ingeënt.

Beamptes van die Afdeling Veeartsenydiens het in die geheel 261 097 honde, 28

144 katte en 482 beeste geïmmuniseer. In die nasionale state is 187 022 honde, 10

920 katte en 1 033 beeste ingeënt.

Miltsiekte

Sewe uitbrekings het gedurende die verslagjaar voorgekom.

Twee uitbrekings, waartydens 11 beeste dood is,het in die Hoëveldstreek

voorgekom. Met een van die uitbrekings is 10 098 liter melk vernietig waarvoor 'n

totale vergoeding van R1 513,29 uitbetaal is.

In die Transvaalstreek het twee uitbrekings voorgekom waartydens 2 skape in die

een uitbrekening en een bees in die ander uitbreking dood.

In drie verskillende uitbrekings in die Vrystaatstreek is een bees, een perd en 'n

blesbok dood.

In die Natalstreek is 'n uitbreking van iatrogeniese miltsiekte gediagnoseer by skape

wat eeres met 'n olierige oplossing van vitamiene A D E ingespuit is en daarna met

dieselfde spuit miltsiekte-entstof toegedien is sonder dat die spuit gesteriliseer is.

Vier dae na inenting was van die diere mank en het sommige gevrek. Die pelk waar

die inenting toegedien is het uitgebreide bloeding onder die vel sowel as in die spiere

getoon en daar was ook hiperemie en edeem van die longe. Die bloed was steriel

maar aërobiese kulture van die aangetaste spiere het 'n weelderige groei van

Bacillus anthrasis-kieme opgelewer wat egter nie patogenies vi rmarmotte was nie.

Soortgelyke letsels as diz130 in skape kon in marmotte verwek word met die

toediening van 0,25 ml miltsiekte-entstof en 0,75 ml van 'n olierige oplossing van

vitamiene A D E. Die hele kudde is met penisillien behandel en geen verdere

vrektes het voorgekom nie.

Beamptes van die Afdeling Veeartsenydiens het as 'n voorkomende maatreël en ook

gedurende uitbrekings 2 955 844 beeste, 788 stuks kleinvee, 279 perde en 11 varke

teen miltsiekte geïmmuniseer. Boere het self 270 412 beeste geïmmuniseer. In die

nasionale state is 674 490 beeste die entstof toegedien as voorkomingsmaatreël.
Ooskuskoors en verwante siektes

Ooskuskoors (Theileria parva parva)

- 50 -

Geen uitbrekings is aangemeld nie. In die Natalstreek is 1 770 miltsmere

ondersoek, met negatiewe resultate. Ook in KwaZulu was al die smere wat

ondresoek is negatief vir ooskuskoors.

Korridorsiekte (Buffelsiekte) (T. lawrencei)

In die Noord-en-Oos-Transvaalstreek is 3 beeste aan korridorsiekte dood. Negentig

persent van die bloedsmere van buffels in die Nasionale Krugerwildtuin het klein

piro's getoon. Drie beeste het in KwaZulu aan hierdie siekte gevrek.

Tuberkulose

Die tuberkulose-uitroeiingskema toon steeds matige vordering. (Getalle vir die

vorige jaar verskyn tussen hakies).

Altesaam 5 350 (5 016) sertifikate is gedurende die verslagjaar uitgereik aan kuddes

wat vry is van tuberkulose en in die geval van 8 351 (7 540) kuddes is daar aan die

uitroeiingskema deelgeneem. Positiewe reageerders wat geslag is, het 1 750 (2

257) beloop, waarvoor die eienaars R634 944 (R636 077) aan vergoeding ontvang

het. Karkasse wat nie vir menslike gebruik afgekeur is nie, is vir altesaam R468 428

(R472 581) verkoop en dié bedrag is inbetaal onder Diverse Inkomste.

Aan die 465 (439) privaatveeartse wat toetse ten behoewe van die Staat uitvoer, is

altesaam R644 797 (R620 220) uitbetaal. Van die kuddes wat voorheen besmet

was het 1 055 (1 024) nou gekwalifiseer vir tuberkulose-vry-sertifikate.

'n Enkele kudde is gedurende die verslagjaar toegevoeg tot die INH-behandelde

kuddes wat die totaal vir behandelde kuddes nou op 83 (82) te staan bring. Die

voorkoms van beestuberkulose volgens toetse wat uitgevoer is, was 2,4 persent vir

die verslagjaar. Ingevolge die diagnostiese kuddeskema is 5 633 (3 798) kuddes

met 621 993 (527 138) beeste wat nie aan die vereistes voldoen om aan die

geakkrediteerde skema deel te neem nie, alreeds getoets.

'n Jaarlikse diagnostiese skeam is nou ingestel vir die kuddes wat 'n sertifikaat nodig

het maar nie kwalifiseer vir of voldoen aan die vereistes vir akkreditasie nie. Hierdie

skema is hoofsaaklik vir varsmelkprodusente wat aan die vereistes van die Melkraad

moet voldoen of wat 'n sertifikaat nodig het ten einde 'n permit te kry om die diere te

vervoer of met hulle te trek.

Toetse word jaarliks uitgevoer en indien besmetting voorkom, word die kudde as 'n

besmette kudde behandel en word die toetse voortgesit tot tyd en wyl die kudde

skoon is. 'n Opsonning val al die toetse wat gedurende die verslagjaar uitgevoer is,

word Tabel 1 weergegee.
- 51 -

TABEL 1 - Tuberkulientoetse uitgevoer gedurende 1981/82

Toetse Getal Getal

tuber-

Reaksies

kudde-

kulien-

Positief Verdag

toetse

toetse

Akkredietasie

Diagnostiese

6 166

934 148

0

593

Kudde

Jaarliks.

2 083

210 020

0

153

Diagnosties 441

80 199

0

78

Besmet

504

121 289

1 438

347

INH

30

8 380

47

10

Uitvoer

54

4 018

0

0

Invoer

46

88

0

0

Diagnosties 239

7 760

18

Totaal 9 563 1 365 902 1 485 1 199

In Lebowa is 2 455 beeste getoets waarvan 23 positiewe reaksies getoon het. Vier

kuddes met 900 beeste is in Gazankulu getoets en daar was slegs 1 dier wat positief

gereageer het. In KwaZulu is daar 2 530 tuberkulientoetse op 'n geakkredieteerde

kudde uitgevoer. Diagnostiese toetse is ook op 53 beeste uitgevoer en almal het 'n

negatiewe reaksie getoon.

Tuberkulose by varke

Drie gevalle van tuberkulose by varke is by abattoirs in die Transvaalstreek

opgespoor.

Beesbrusellose (Brucella abortus)

Die akkredietasieskema het weer eens bestendige groei getoon en daar is alreeds 1

033 kuddes bestaande uit 111 906 beeste by die skema ingeskakel.

Ook die diagnostiese skema het bestendig gevorder en 5 685 (2 782) kuddes met

389 161 beeste is getoets. Die gemiddelde persentasie besmette kuddes was 33,2

persent en die gemiddelde persentasie besmetting van beeste in die kuddes 3,22

persent.

Die inenting van verse tussen 3 en 11 maande oud het gedurende die verslagjaar

aansienlik verbeter en daar is 419 436 verse deur of onder toesig van beamptes van

die Afdeling ingeënt. Eienaars het self 362 753 verse geïmmuniseer. Entstof word

nou gratis aan boere verskaf maar is slegs verkrygbaar van kantore van die Afdeling

of by privaatveeartse wat deur die Afdeling voorsien word. Hierdie stap is gedoen

om te probeer verhoed dat boere volwasse vroulike diere inent.

Nadat skriftelike toestemming van die plaaslike Staatsveeartse verkry is, is 9 211

koeie in besmette kuddes onder amptelike toesig geïmmuniseer.

In Lebowa is 6 442 bloedmonsters getoets, waarvan 184 (2,9 persent) positief was.

Daar is 35 267 verse teen brusellose ingeënt. Altesaam 28 153 verse is in

Gazankulu ingeënt. Brucella abortus is geïsoleer uit 75 monsters van

aborsiemateriaal wat ondersoek is. Privaatveeartse kan ook nou, nadat hulle 'n

kontrak met die Staat gesluit het, kuddes vir brusellose toets.
- 52 -

'n Opsomming van toetse wat uitgevoer is, word in Tabel 2 gegee.

TABEL 2 - Toetse vir beesbrusellose

Soort toetse Getal toetse

Rose-Bengal

Komplementbinding

Buisagglutinasie

Melktoets

548 926

149 689

114 723

Soort toets Getal Getal

Toetse Positief

Melkringtoetse

Bakteriologies/Biologies

Tripanosomiase

Nagana

Geen gevalle is aangemeld nie.

Slapsiekte

2 029

74

Van die 3 506 bloedmonsters wat getoets is, was 33 (0,9 persent) positief. Hingste

wat positief op die toets gereageer het, is of gekastreer of geslag en merries is of

gesteriliseer of geslag. Geen vergoeding is aan die eienaars betaal nie daar al die

toetse op eienaarsversoek uitgevoer is.

Skaapbrandsiekte

Die derde agtereenvolgende verpligte dipveldtog, wat gedurende die verslagjaar

afgehandel is, het ook oor 'n periode van ses maande gestrek, te wete van 1

September 1981 tot en met 28 Februarie 1982. As gevolg van die dipveldtogte is

sekere gebiede nou geïdentifiseer as potensieel besmette gebiede en sal daar in die

komende jaar intensiewe inspeks ies in dié gebiede uitgevoer word. Die verpligte dip

van skape word voortgesit maar sal nou oor 'n tydperk van 12 maande strek en die

dip van skape sal sonder amptelike toesig geskied.

Teen 31 Maart 1982 was 31 230 805 skape reeds gedip en het die voorlopige

uitgawes al R1 199 662 beloop. Die 297 uitbrekings wat gedurende hierdie

verslagjaar voorgekom het, is heelwat meer as die 235 uitbrekings in die vorige

verslagjaar, maar was hoofsaaklik te wyte aan 'n vermeerdering van uitbrekings in

die onafhanklike en nasionale state. Daar was 123 uitbrekings in die Blanke gebied

teenoor 107 in die vorige jaar en 174 uitbrekings in die onafhanklike en nasionale

state teenoor 128 in die vorige jaar. Die landdrosdistrikte waar besmetting vasgestel

is en die getal uitbrekings in elk is soos volg:

Blanke gebied

Boshof 8, Frankfort 8, Smithfield 8, Gordonia 7, Queenstown 6, Kenhardt 6,

Rouxville 6, Wepener 5, Petrusburg 5, Maclear 5, Albert 4, Potchefstroom 4, Vryheid

4, Bloemfontein 4, Nigel 3, Fauresmith 3, Kempton Park 2, Vereeniging 2, Vryburg 2,

180

0
- 53 -

Ladybrand 2, Koffiefontein 2, Jacobsdal 2, Excelsior 2, Dewetsdorp 2, Babanango 2,

Bloemhof 2, Aliwal-Noord 2, Pietersburg 1, Adelaide 1, Barkly-Oos 1, Cathcart 1,

Elliot 1, Graaff-Reinet 1, Klerksdorp 1, Bultfontein 1, Theunissen 1, Harrismith 1,

Delareyville 1, Brandfort 1, Zastron 1, Somerset-Wes 1, Laingsburg 1.

Onafhanklike en nasionale state

Hewu 18, Izingolweni 15, Idutywa 15, Nqutu 11, Umtata 10, Engcobo 9, Glen Grey 9,

Bizana 8, Ngqeleni 6, Tsomo 6, Nkandla 6, Lusikisiki 5, Madadeni 4, Middeldrift 4, St

Marks 4, Mt Frere 4, Nqamakwe 4, Cofimvaba 4, Herschel 3, Tabankulu 3, Qumbu

3, Peddie 3, Zwelitsha 3, Flagstaff 3, Tsolo 3, Thaba Nchu 2, Mt Ayliff 2, Willowvale

2, Mdantsane 1, Lubode 1, Lady Frere 1, Xalanga 1, Cacadu 1.

In die Blanke gebied was daar 42 landdrosdistrikte besmet en in die onafhanklike en

nasionale state 33. Op plase in die Blnake gebied waar uitbrekings voorgekom het,

is 162 009 skape ten minste twee keer onder amptelike toesig gedip, met 'n

tussenpose van 8 tot 10 dae. Gedurende die verpligte dipveldtog is daar in Lebowa

117 551 skape en 508 844 bokke gedip en in Gazankulu 2 781 skape. Slegs 'n

gedeelte van die skape in KwaZulu is gedip.

Skurfte

Beesskurfte (psoroptes)

Vyf uitbrekings waarby 1 380 beeste betrokke was, is in die Transvaalstreek

aangemeld en 6 in die Wes-Kaapstreek met 301 beeste aldaar betrokke.

Bokskurfte (psoroptes)

Twee uitbrekings waarby 2 127 bokke betrokke was,het in die Oos-Kaap-en-

Karoostreek voorgekom en een uitbreking in die Natalstreek met 124 bokke daarby

betrokke.

Afrikaanse varkpes

In die Transvaalstreek het 'n uitbreking voorgekom. Die varke was in aanraking met

vlakvarkafval. Agt varke is dood en 7 vernietig waarvoor altesaam R270 as

vergoeding aan die eienaar uitbetaal is.

In die Blanke gebied is daar 435 goedgekeurde varkhokke met 40 636 varke terwyl

Lebowa 8 goedgekeurde varkhokke het met 1 779 varke. Streng beheermaatreëls

word toegepas om die verspreiding van die siekte te voorkom.

Vleksiekte by varke

Veertien karkasse by die Maitland-abattoir is besmet bevind, 2 by die Port Elizabeth

en 3 by die Bloemfonteinse abottoir. Laasgenoemde varke was uit die

Vrystaatstreek afkomstig. In die Natalstreek is 2 gevalle aangemeld en 8 gevalle in

die Oos-Kaap-en-Karoostreek.
- 54 -

Die bekamping van die siekte berus op die behandeling met antibiotika van siek

varke en varke in kontak, die imunisering van die res van die varke en deeglike

ontsmetting van die hokke.

Johnesiekte

Die siekte se voorkoms was beperk tot 'n Brahmanbul in die Oos-Kaap-en-

Karoostreek en 'n Charolais in die Transvaalstreek.

Newcastle-siekte

Geen gevalle is gediagnoseer nie. In Lebowa is 41 968 hoenders deur beamptes

ingeënt en in Gazankulu 3 919.

Psittakose

Geen gevalle is aangemeld nie. Die volgende siektes het nog nie in die Republiek

van Suid-Afrika voorgekom nie en streng invoerbeheermaatreëls word toegepas om

te verhoed dat hulle die land binnekom:

AUJESZKY-SIEKTE, VESIKULêRE SIEKTE BY VARKE, AANSTEEKLIKE

METRITIS BY PERDE. In laasgenoemde geval is daar in die Oos-Kaap-en-

Karoostreek 28 monsters geneem van merries wat deur ingevoerde hingste gedek is

en in die Transvaalstreek is daar 20 monsters van ingevoerde hingste geneem en

ook 54 monsters van ingevoerde merries. In die Natalstreek het die Allerton

veterinêre streeklaboratorium 46 monsters ondersoek van ingevoerde hingste en

van merries wat deur hulle gedek is. Monsters van 21 merries en 1 hings is ook in

die Wes-Kaapstreek ondersoek. Die toetse is uitgevoer om seker te maak dat die

ingevoerde diere nie dalk die besmetting ingebring het nie. Al die toetse was

negatief. Die diere is voor invoer ook aan streng toetsprosedures onderwerp

alvorens hulle hulle land van herkoms verlaat het.

Die volgende siektes het wel in die Republiek voorgekom maar is uitgeroei en het

nog nie weer hulle verskyning gemaak nie: Aanstreeklike bloedarmoede by diere

van die perdefamilie, aanstreeklike beespleuropneumonie, droes, Europese varkpes,

runderpes, scrapie.

NIE-AANMELDBARE SIEKTES

Bakteriese siektes

Mastitis

Die Mastitis-beheerskema van die veterinêre streeklaboratorium Allerton het weer

eens goeie vordering gemaak en daar is nou 192 kuddes by die skema betrek. Die

aantal koeie in die skema het met 4 918 vermeerder tot 20 232. Staphylococcus

aureus was nog steeds vir 64,05 persent van die gevalle van mastitis

verantwoordelik. Ten einde verafgeleë boere behulpsaam te wees, word formaliengefkseerde

melkmonsters nou gebruik om die omvang van die mastitisbesmetting by

'n kudde te bepaal. Om individuele gevalle te diagnoseer word bloedagarplaatjies

gebruik waarop die varsmelkmonsters gesmeer en na die laboratorium gestuur word.
- 55 -

Daar is 'n begin gemaak met 'n soortgelyke skema deur die veterinêre laboratorium

te Bloemfontein in die Vrystaatstreek en daar is alreeds 83 kuddes by die skema

ingeskakel. Ook hier is bevind dat Staphylococcus aureus verantwoordelik was vir

meeste van die gevalle van mastitis.

Die twee laboratoriums in die Hoëveldstreek het 11 049 melkmonsters vir mastitis

ondersoek. Swak higiëne en bestuur speel 'n uiters belangrike rol as

predisponerende oorsaak van mastitis. Om dit te bewys het die veterinêre

laboratorium te Kroonstad 42 melkmasjiene aan 'n bakteriologiese ondersoek

onderwerp. Van die 612 speenhulse wat gemonster is, was 227 besoedel en het

hulle Streptococcus uberis, Strep. Agalactiae en Strep. Dysgalauiae opgelewer. By

17 van die melkstalle was daar verweerde speenhulse. Negentien het verweerde

en/of stukkende rubberpype gehad en 21 het kaasagtige aanpaksels in die

kloustukke gehad. Twee gevalle van blou-uier by skape het ook in die streek

voorgekom.

In die Wes-Kaapstreek was veral Pasteurella haemolytica en Staphylococcus aureus

verantwoordelik vir blou-uier by skape.

Bloednier

Sporadiese gevalle het dwarsdeur die land voorgekom. In die Transvaalstreek is

daar 104 vrektes aangemeld en in die Hoëveldstreek 58. Twee-en-dertig uitbrekings

waarby 142 skape betrokke was het in die Natalstreek voorgekom. Vrektes kan

daaraan toegestkryf word dat boere versuim om volgens die instruksies in te ent.

Beamptes van die Afdeling was behulpsaam met die inenting van 10 236 skape.

Sponssiekte

Onder hierdie opskrif word siektetoestande ingesluit wat deur Clostridium chauvoei,

Clostridium oedematiens en Clostridium septicum veroorsaak word.

Sponssiekte is waarskynlik die grootste oorsaak van beesvrektes in die Republiek.

Boere immuniseer gewoonlik eers nadat vrektes voorgekom het. Gevalle het

gedurende hierdie verslagjaar dan ook oor die hele land voorgekom. Die volgende

vrektes is aangemeld: Noord-en-Oos-Transvaalstreek - 208 beeste en 13 bokke,

Transvaalstreek - 237 beeste, Natalstreek - 950 beeste en 9 skape, Hoëveldstreek -

123 beeste en 2 skape en Vrystaatstreek - 87 beeste.

Beamptes van die Afdeling Veeartsenydiens was boere behulpsaam met die inenting

van 86 465 beeste. In Gazankulu is 61 135 beeste deur beamptes van hulle

Afdeling Veeartsenydiens ingeënt, in Lebowa 171 982 en in Qwaqwa 599.

Lamsiekte

Enkele gevalle het in feitlik alle streke voorgekom. Vrektes wat aangemeld is, was

28 beeste in die Natalstreek, 15 beeste in die Noord-en-Oos-Transvaalstreek,

29 beeste in die Transvaalstreek, 19 beeste in die Hoëveldstreek en 48 beeste in die

Wes-Kaapstreek. In laasgenoemde streek is in die distrik Calvinia 141 257 dosisse

entstof gebruik.
- 56 -

Beamptes van die Afdeling was behulpsaam met die inenting van 15 967 beeste. In

Lebowa is 60 143 beeste ingeënt.

Korinebakteriose

Die siekte het algemeen onder beeste en kleinvee in die Republiek voorgekom.

Twaalf uitbrekings van Corynebacterium pyogenes het in die Bethlehemse en

Potchefstroomse staatsveeartsareas van die Hoëveldstreek voorgekom. In die

Vrystaatstreek het rooigrassade die vel, keel- en buikholte van skape binnegedring

en absesse in die brein, bek, keelholte en inwendige organe veroorsaak.

In een geval het 'n boer 600 lammers aan Corynebacterium-absesse verloor.

Corynebacterium xerosis is ook uit longabsesse van 'n eiland geïsoleer. By die Cato

Ridge-abattoir in die Natalstreek was Corynebacterium-absesse oorsaak daarvan

dat 2 618 skaap- en bokkarkasse, 192 775 skaap- en boklonge en harte en 17 369

skaap- en boklewers afgekeur moes word.

In die Noord-en-Oos-Transvaalstreek is C. pyogenes as 'n suiwer kultuur uit

geaborteerde fetusse geïsoleer en kom dit ook in baie gevalle van metritis voor.

Beamptes van die Hoëveldstreek was boere behulpsaam met die inenting van 1 277

beeste.

Pasteurellose

Heelwat vrektes onder beeste en kleinvee het oor die hele land voorgekom.

Uitheemse skaaprasse is veral aangetas in die Transvaalstreek, waar 151 skape en

68 beeste aan die siekte gevrek het. In die Natalstreek het 32 skape, 12 bokke en

23 beeste gevrek. Op aangeplante weidings en in kalfgrootmaakeenhede in die

Wes-Kaapstreek het die siekte probleemafmeetings aangeneem. Een-en-negentig

vrektes onder skape is in die streek aangemeld. Blou-uier en aborsies het onder

skape in die Vrystaatstreek voorgekom. In die Hoëveldstreek het 97 skape en 40

beeste gevrek. 'n Pasteurella spp. het ook subkutane absesse by konyne

veroorsaak. Beamptes van hierdie streek was boere behulpsaam met die inenting

van 945 beeste.

Klem-in-die-kaak (tetanus)

Gedurende die verslagjaar is daar weer enkele gevalle in al die streke aangemeld.

In die Natalstreek vrek 36 skape en 2 beeste en in die Wes-Kaapstreek verloor 22

boere altesaam 229 lammers. Sewe uitbrekings waarby 2 perde, 1 kalf, 8 skape en

20 bokke betrokke was, het in die Hoëveldstreek voorgekom.

Kolibasillose

Sporadiese gevalle onder kalwers, lammers, pluimvee en varke is aangemeld. In die

Vrystaatstreek is E. coli 075K gediagnoseer by varkies wat enteritis gehad het.

Hierdie serotipe is vir die eerste keer in die Republiek gediagnoseer. Serotipe

078K80 het weer breinvliesontsteking by lammers veroorsaak. In die Natalstreek

vrek 87 stuks pluimvee, 85 beeste, 9 varke en 17 skape. Die vrekte van 24 kalwers

en 10 lammers is in die Transvaalstreek aangemeld en in die Noord-en-Oos-

Transvaalstreek vrek 28 beeste, 8 konyne en 2 varke.
Leptospirose

- 57 -

Die siekte het in al die streke buiten die Hoëveldstreek voorgekom en is veral

gekenmerk deur aborsies by beeste en varke. In die Staatsveeartsarea van

Malmesbury in die Wes-Kaapstreek was die siekte endemies by varkboerderye,

maar goeie resultate is met Leptospira pomona-entstof behaal. Aborsies het

voorgekom by twee beeskuddes in die Transvaalstreek en by 19 kuddes in die

Noord-en-Oos-Transvaalstreek.

In die Oos-Kaap-en-Karoostreek het 30 sôe uit altesaam 450 geaborteer en het 70

persent van die sôe besmetting getoon. Lae vrugbaarheid en twee persent aborsies

het by 'n beeskudde in die Vrystaatstreek voorgekom. Daar is toe gevind dat 70

persent van die koeie positief reageer teen L. hyos. Oor die algemeen word goeie

resultate verkry met streptomisien-behandeling. In die Natalstreek is daar 136

gevalle by beeste gediagnoseer.

Pseudomonasbesmetting

Enkele gevalle het in die Natal-, die Oos-Kaap-en-Karoo-, die Vrystaat-, die Hoëveld-

en die Wes-Kaapstreek voorgekom, waar dit verantwoordelik was vir mastitis by

beeste, longontsteking by skape, metritis by merries en spetisemie by pluimvee.

Pseudomonas shigelloides is uit 'n dagoue waterbuffelkalfie van die Bloemfonteinse

dieretuin geïsoleer.

Aktinobasillose en aktinomikose

Vyf kalwers is met aktinobasillose en een bees met aktinomikose besmet gevind in

die Hoëveldstreek. Vier kalwers vrek van akute laringiale edeem as gevolg van

aktinobasillose in die Transvaalstreek.

In die Noord-en-Oos-Transvaalstreek is 5 gevalle van aktinomikose by beeste

aangemeld en die toestand word ook dikwels by rooibokke opgemerk. Enkele

gevalle het ook in die Vrystaat-, die Oos-Kaap-en-Karoo- en die Wes-Kaapstreek

voorgekom.

Vrotpootjie en sweerklou

Weens die droogte wat in groot dele van die Republiek geheers het, was sweerklou

onder skape nie 'n probleem nie, uitgesonderd in gevalle waar skape op aangeplante

weidings aangehou word. Vier-en-veertig bulle by die bultoetssentrum te Irene het

vrotpootjie opgedoen maar is almal met welslae behandel. In die Hoëveldstreek is

108 beeste deur vrotpootjie aangetas en het 5 beeste gevrek nadat sekondêre

besmetting ingetree het.

Nuwesiekte

Twee gevalle is in die Wes-Kaapstreek aangemeld en albei perde het na

behandeling herstel.

Bloedpens

Vrektes het onder skaap- en Angoraboklammers voogekom in die Wes-Kaapstreek.

'n Enkele geval by 'n skaaplam is ook in die Transvaalstreek gediagnoseer.
Rooiderm

- 58 -

In die lig van navorsing in Australië sal daar weer besin moet word oor die vraag of

Clostridium perfringens wel 'n rol speel by die etiologie van die siekte.

Protosoïese siektes

Babesiose

Rooiwater is endemies in al die streke as gevolg van die ondoeltreffende gebruik van

dipstowwe en die feit dat rooiwaterentstof nie gebruik word nie. Te wyte aan

bogemelde oorsake is 'n onstabiele situasie in die Natalstreek geskep waar

rooiwater dan ook as die belangrikste dieresiekte in die streek beskou word.

Gedurende die verslagjaar is dar 874 uitbrekings van rooiwater aangemeld waarby 2

691 beeste betrokke was.

In die Transvaalstreek is daar 197 uitbrekings aangemeld waarby 776 beeste

betrokke was, en 486 vrektes het voorgekom. 'n Serologiese opname in die distrik

Rustenburg het aangetoon dat die veroorsakende organisme gewoonlik Babesia

bigemina is. 'n Enkele ingevoerde hond was positief vir B. gibsoni en is vernietig.

Van die 195 gevalle wat in die Noord-en-Oos-Transvaalstreek aangemeld is, het 183

in die Staatsveeartsarea van Nelspruit voorgekom. Serologiese opnames in die

distrik Pietersburg het aangetoon dat B. bigemina die parasiet is wat hoofsaaklik

daar voorkom.

Sporadiese gevalle het ook in die Vrystaat- en die Oos-Kaap-en-Karoostreek

voorgekom. In eersgenoemde streek het 'n ingevoerde hond B. gibsoni besmetting

getoon en is hy vernietig. In die Wes-Kaapstreek het die meeste gevalle (212 in 55

kuddes) in die Staatsveeartsarea van Swellendam voorgekom. Vier gevalle is in die

distrik Paarl aangemeld en 7 beesvrektes het in die distrik Malmesbury voorgekom.

Sewe uitbrekings waartydens 16 beeste gevrek het, is in die Staatsveeartsarea

Potchefstroom aangemeld. Beamptes van die Afdeling was behulpsaam met die

inenting van 1 124 beeste. In Lebowa is 489 beeste vir babesiose behandel en in

Gazankulu is 5 beeste en 14 honde behandel.

Anaplasmose (bosluisgalsiekte)

Gevalle is dwardeur die land gediagnoseer. In die Natalstreek is daar 407

uitbrekings aangemeld waarby 872 beeste betrokke was. Agt-en-tagtig gevalle is in

die Hoëveldstreek aangemeld.

In die Transvaalstreek is 56 gevalle aangemeld en het 18 beeste gevrek, en in die

Noord-en-Oos-Transvaalstreek het 36 beeste gevrek. Sporadiese gevalle he took in

die Wes-Kaap- en die Oos-Kaap-en-Karoostreek voorgekom. Dit wil voorkom asof

die siekte nou endemies is in die Staatsveeartsareas Vryburg en Kuruman waar 49

vrektes aangemeld is.
Besnoïtiose (olifantvelsiekte)

- 59 -

Gevalle van die siekte is slegs in die Transvaalstreek (5) en die Noord-en-Oos-

Transvaalstreek (1 bees dood en 14 bulle besmet) aangemeld. Op een plaas in

laasgenoemde streek is 'n kudde gevind met 75 persent besmetting. In Gazankulu

het 46 gevalle voorgekom.

Koksidiose

Aangesien dit 'n betreklike droë jaar was het hierdie siekte nie veel probleme

opgelewer nie. In die Transvaalstreek was daar by 17 uitbrekings wat aangemeld is,

15 kalwers, 12 hoenders en 8 skape betrokke. Van die 4 973 nadoodse ondersoeke

wat op pluimvee uitgevoer is deur laboratoriums in die Hoëveldstreek was 72 positief

vir koksidiose. 'n Enkele uitbreking onder konyne het ook in die streek voorgekom.

In die Noord-en-Oos-Transvaalstreek is 9 lammers, 3 kalwers en 15 skape aan die

siekte dood. Sporadiese gevalle het in die Oos-Kaap-en-Karoo-, die Vrystaat- en die

Wes-Kaapstreke voorgekom onder kalwers en lammers, veral waar hulle op

aangeplante weidings gehou word.

Milde beestheileriose

In die Noord-en-Oos-Transvaalstreek is die dood van 'n enkele bees aangemeld.

Ander vorms van theileriose

Geen gevalle is aangemeld nie.

Ehrlichiose

Twee gevalle onder honde is in die distrik Kuruman gediagnoseer.

Virussiektes

Bloutong

Weens droogtetoestande wat geheers het, het hierdie siekte nie ernstige probleme

geskep nie. In die Natalstreek the gevalle hoofsaaklik in die distrik Mooirivier

voorgekom. Daar is 25 uitbrekings aangemeld met 257 skape daarby betrokke.

Minder probleme as in die vorige verslagjaar is in die Hoëveldstreek ondervind waar

22 uitbrekings voorgekom het en 216 skape gevrek het. In die Vrystaat- en die

Transvaalstreek is daar onderskeidelik 10 en 8 uitbrekings aangemeld. Enkele

uitbrekings het ook in die Wes-Kaap- en die Oos-Kaap-en-Karoostreek voorgekom.

Beamptes van die Afdeling was behulpsaam met die inenting van 12 449 skape.

Perdesiekte

Heelwat minder gevalle het hierdie jaar voorgekom. Dit kan toegeskryf word aan die

strawwe voorkoms verlede jaar wat eienaars genoodsaak het om hulle perde te

immuniseer.
- 60 -

Daar is 46 uitbrekings in die Transvaalstreek aangemeld waartydens 104 perde

gevrek het. In die Natalstreek is 18 uitbrekings gerapporteer waarby 30 perde

betrokke was en in die Vrystaatstreek veertien gevalle. Agt-en-twintig gevalle is in

die Hoëveldstreek aangemeld en in die Noord-en-Oos-Transvaalstreek het 26 perde

gevrek.

Hartwater

In die endemies besmette dele van die land het die siekte sy normale tol geëis. In

die Natalstreek is 290 uitbrekings aangemeld waarby 282 beeste, 4 skape en 4

bokke betrokke was. Hartwater bly nog stees die mees beperkende siekte van

herkouers in die Noord-en-Oos-Transvaalstreek, waar vrektes van 1 727 beeste, 483

bokke en 933 skape onder die aandag van Staatsveeartse gekom het.

In die bosvelddele van die Transvaalstreek het die voorkomssyfer afgeneem, maar is

daar nogtans 202 uitbrekings gerapporteer waarby 11 751 herkouers betrokke was,

waarvan 381 gevrek het. Die distrikte Kuruman en Vryburg in die Vrystaatstreek is

hartwatergebiede en daar is in dié distrikte 50 uitbrekings met 82 vrektes

aangemeld. In die Hoëveldstreek is hartwater beperk tot die distrik Marico. In dié

distrik het 20 skape, 11 bokke en 52 kalwers aan die siekte gevrek. In die Wes-

Kaapstreek het enkele gevalle in die Groot- en Klein-Brakrivier-omgewing

voorgekom. Die kusstrook van die Oos-Kaap-en-Karoostreek is 'n endemies

besmette gebied en daar kom heelwat vrektes voor onder beeste sowel as kleinvee.

In Lebowa is daar 366 beeste, 135 skape en 472 bokke vir hartwater behandel en is

84 beeste, 86 skape en 241 bokke ingeënt.

Drie-dae-stywesiekte

Die voorkomssyfer was baie laer as in die vorige verslagjaar. Enkele gevalle het in

die Wes-Kaap- en die Oos-Kaap-en-Karoostreek voorgekom. Slegs 43 gevalle is in

die Hoëveldstreek, 145 in die Transvaalstreek, 12 in die Vrystaatstreek en 186 in die

Natalstreek aangemeld. In Gazankulu het 226 gevalle voorgekom waarvan die

meeste in distrik Mahla was.

Slenkdalkooers en Wesselsbronsiekte

Min uitbrekings het gedurende die verslagjaar voorgekom. In die Natalstreek het 3

uitbrekings van slenkdalkoors in die distrik Hlabisa voorgekom waarby 32 beeste en

30 skape betrokke was.

Na aanleiding van die voorkoms van 4 gevalle van hidramnios by ooie in die distrik

Rustenburg, is serologiese toetse uitgevoer en is daar gevind dat 70 persent van die

ooie 'n positiewe titer teen Wesselsbronsiekte het. Een uitbreking van Slenkdalkoors

waartydens 150 skape gevrek het, het in die Oos-Kaap-en-Karoostreek voorgekom.

In die Hoëveldstreek het enkele uitbrekings van Slenkdalkoors in die

Staatsveeartsareas Bethlehem en Kroonstad voorgekom.

Snotsiekte

Weens die gevaar wat die verspreiding van blou- en swartwildebeeste vir die

boerderygebiede inhou, is daar besluit dat permitte vir die vervoer van dié diere

slegs uitgereik sal word na plase waar daar alreeds blou- en/of swartwildebeeste

gevestig is.
- 61 -

Die vervoer van of swart- of blouwildebeeste na plase waar daar geen blou- of

swartwildebeeste gevestig is nie, sal alleen toegelaat word indien serologiese toetse

van al die diere negatief is vir snotsiekte.

Veertien uitbrekings is aangemeld waarby altesaam 74 beeste betrokke was.

Hiervan was drie in die Hoëveld-, drie in die Transvaal-, sewe in die Noord-en-Oos-

Transvaal- en een in die Oos-Kaap-en-Karoostreek. In al die gevalle was daar

kontak met blou- of swartwildebeeste, uitgesonderd in die enkele geval in die Oos-

Kaap- en Karoostreek.

Jaagsiekte (Longadenomatose)

In die distrik Queenstown het 15 persent van 'n trop van ongeveer 300 skape aan die

siekte gevrek. Een geval - dié van 'n ram - is by die Potchefstroomse

Landboukollege bevestig.

Aansteeklike oftalmie

Hierdie toestand het wydverspreid oor die hele land voorgekom. In die

Staatsveeartsarea Malmesbury was tot 60 persent van sekere skaapkuddes

aangetas en in die Staatsveeartsarea Calvinia was 4 100 skape van 10 boere

aangetas. Die Staatsveearts van Kuruman het bevind dat uitheemse beesrasse in

die besonder vir die infeksie vatbaar skyn te wees.

Vuilbek

Uitbrekings van vuilbek het in al die streke voorgekom. In die Vrystaatstreek het die

siekte by volwasse bokke voorgekom en is dit gekenmerk deur edeem van die lippe,

ooglede, keel en kop. In die Staatsveeartsarea Kimberley het dit gelyktydig met

nekrotiese balanitis en vulvitis by 'n skaapkudde voorgekom.

Vier uitbrekings is in die Staatsveeartsarea Potchefstroom aangemeld waarby 99

lammers aangetas was, waarvan 9 gevrek het. In die Staatsveeartsarea Beaufort-

Wes is 'n ingevoerde entstof met welslae gebruik. Die behandeling berus op die

voorbereiding van 'n outogene entstof.

Slymvliessiekte

Twee uitbrekings waarby 11 beeste betrokke was het in die Staatsveeartsarea en

Standerton voorgekom. In die Natalstreek is 3 uitbrekings aangemeld waarby 10

beeste betrokke was en in die Noord-en-Oos-Transvaalstreek het 22 beeste aan die

siekte gevrek.

Aansteeklike beesrinotrageïtis

'n Hoë voorkomssyfer van die siekte word altyd ondervind by die Irenebultoetssentrum,

en in hierdie verslagjaar is daar weer 171 bulle aangetas. In

Augustus 1981 is die bulle geïmmuniseer, waarna die syfer drasties afgeneem het.

In die Oos-Kaap-en-Karoostreek is 80 persent van die bulle by die Queenstownbultoetssentrum

aangetas.
- 62 -

'n Enkele uitbreking waarby 7 beeste betrokke was het in die Staatsveearts Kuruman

voorgekom. In die Natalstreek is ook 'n enkel uitbreking aangemeld in die distrik

Ixopo, waarby 5 beeste betrokke was.

Ensoötiese beesleukose

Die Staatsveearts van Kaapstad meld in sy verslag dat 2 van die 14 bulle wat Taurus

KI Koöperasie ingebring het, positief was vir ensoötiese beesleukose. In die distrik

Bloemfontein vrek twee skape met limfosarkoomletsels. Die eienaar het die

afgelope jaar 15 skape hieraan verloor.

Knopvelsiekte

Enkele uitbrekings het in al die streke behalwe die Oos-Kaap-en-Karoostreek

voorgekom. Sewentien uitbrekings is in die Wes-Kaapstreek aangemeld waarvan 15

in die distrik Worcester en 2 in die distrik Swellendam. Die morbiditeit was laag en

slegs 19 beeste uit 'n totaal van ongeveer 400 het letsels getoon. In die

Transvaalstreek is 72 gevalle gerapporteer en in die Natalstreek 1 175 gevalle.

"Border disease"

Hierdie siekte het sy verskyning gemaak in die Wes-Kaapstreek, waar twee

uitbrekings voorgekom het. In die distrik Ceres het 9 uit 30 Ile-de-France lammers

tipiese simptome gehad en in die distrik van Rhynsdorp het 12 persent van die

lammers op 'n plaas aan die siekte gevrek.

Aangetaste lammers kon suip maar het bewerasie en selfs stuiptrekkings gekry. Die

hare op die bene, veral onderkant die knie en spronggewrig, was lank uitgegroei. 'n

Histologiese ondersoek het hipomiëlienogenese getoon. Die siekte word

vermoedelik veroorsaak deur 'n nie-sitopatiese beesmukosasiekte/diarreevirus wat

teratogenies is.

Aansteeklike enteritis by katte

Gevalle van hierdie siekte het in al die streke voorgekom.

Parvo-virus by honde

Na die epidemie wat in die vorige jaar voorgekom het, is die siekte nou endemies

onder die hondebevolking van die land.

Swamsiektes

Omlope

Enkele uitbrekings is in alle streke teegekom. By die bultoetssentrum te Irene was

ongeveer 30 persent van die bulle en al 40 voerosse besmet. In die distrikte

Riversdal, George en Knysna is gevalle by volwasse beeste gediagnoseer. In die

distrik Clanwilliam was 70 bokke op een plaas aangetas. In die distrik Beaufort-Wes

was 46 van die 61 perde in 'n volbloedtoets aangetas. Slegs twee uitbrekings,

waarby nege kalwers betrokke was, is in die Hoëveldstreek aangemeld.
Klontwol

- 63 -

Hierdie siekte het ernstige afmetings aangeneem in die Vrystaatstreek. By een van

twee uitbrekings wat aangemeld is, was daar 350 skape uit 'n trop van ongeveer 500

skape aangetas en in die ander geval 120 uit ongeveer 150 skape. Op een plaas

het daar 30 skape gevrek. Heelwat hoefkroonletsels het ook voorgekom wat ontaard

het in die kenmerkende "strawberry foot". Gevalle het ook in die distrikte

Swellendam, Bredasdorp en Heidelberg voorgekom wat waarskynlik aan die nat

winter toe te skryf is. Drie uitbrekings waarby 217 skape betrokke was, het in die

distrik Utrecht van die Natalstreek voorgekom.

Maduromikose

'n Granuloom aan 'n perd in die distrik Kaapstad is as maduromikose gediagnoseer.

Aspergillose

Aborsies te wyte aan Aspergillus placentitis het onder skape in die distrik Grabouw

en Caledon voorgekom.

Streptotrikose (Senkobo) en Episoötiese

Limfangitis

Hierdie siektes is nie gediagnoseer nie.

Onvrugbaarheid en geslagsiektes

Probleme met onvrugbaarheid en swak kalwer- en lammeroeste word steeds in al

die streke van die land ondervind. Daar is ook gevind dat heelwat aborsies nie slegs

te wyte is aan geslagsiektes nie, maar dat ander organismes ook 'n rol speel. So

byvoorbeeld is daar by die veterinêre streeklaboratorium te Allerton gevind dat van

die 31 positiewe diagnoses wat gemaak is op aborsiemateriaal, 10 te wyte was aan

brusellose, 5 aan korinebakteriose, 2 aan pasteurellose, 3 aand aspergillose en 11

aan kolibasillose.

Van die 164 koeie wat deur die Staatsveearts, Pretoria vir dragtigheid ondersoek is,

was 80 persent dragtig en van die 1 454 koeie wat deur die Staatsveearts van

Pretoria vir vrugbaarheid ondersoek. Die bulle as almal vrugbaar, maar die ram het

'n epididimitis getoon.

In die Noord-en-Oos-Transvaalstreek is 11 879 koeie vir dragtigheid ondersoek en

was die gemiddelde dragtigheidspersentasie 67,5 persent. Daar is 336 bulle vir

vrugbaarheid ondersoek waarvan 60 geprul is.

Van die 2 027 koeie wat in die Hoëveldstreek vir dragtigheid ondersoek is, was 61

persent dragtig. Nege-en-negentig bulle is ondersoek, waarvan 6 geprul is. Daar

moet egter in gedagte gehou word dat dit slegs die vooruitstrewender beesboere is

wat dragtigheidsondersoeke aanvra.
Vibriose (Campylobacter foetus)

- 64 -

Die besmetting is gediagnoseer in die Transvaal-, die Natal-, die Oos-Kaap-en-

Karoo- en die Hoëveldstreek. Van die skedwasse van 1 612 bulle wat ondersoek is,

was 66 (4,09 persent) positief vir vibriose. Die meeste van die positiewe gevalle het

in die Transvaal- en die Natalstreek voorgekom.

Trigomoniase

Hierdie siekte blyk 'n ernstiger probleem te wees as vibriose. Die Staatsveearts van

Piet Retief het probleme ondervind om die siekte onder bulle te bekamp, hoofsaaklik

vanweë die swak samewerking van boere.

Gevalle is in al die Streke behalwe die Wes-Kaap- en die Vrystaatstreek

gediagnoseer. Van die 1 716 skedewasse wat ondersoek is, was 114 (6,6 persent)

positief vir trigomoniase.

Klamidiose

Uitbrekings het in alle streke voorgekom maar hierdie siekte was veral van belang in

die Oos-Kaap-en-Karoo- en die Wes-Kaapstreek. Die veterinêre streeklaboratorium

te Middelburg (KP) het 146 monsters ondersoek waarvan 62 positief was vir

klamidiose.

Twee uitbrekings onder skaapkuddes is in die Vrystaatstreek aangemeld en een

enkele uitbreking in die Transvaalstreek. In die Wes-Kaapstreek is gevalle onder

skape gediagnoseer in die distrikte Van Rhynsdorp (40 aborsies) en Clavina (104

aborsies).

In die Oos-Kaap-en-Karoostreek is 7 uitbrekings aangemeld waarby 124 skape

betrokke was. 'n Enkele uitbreking het in die Hoëveldstreek voorgekom waartydens

7 van die 120 ooie geaborteer het.

Actinobacillus seminus

Altesaam 4 196 ramme is in die Wes-Kaapstreek ondersoek. Van hierdie ramme het

163 letsels aan die testis getoon en is 160 positief bevind vir A. seminis by die

ondersoek van semensmere.

Die veterinêre streeklaboratorium te Middelburg het 1 797 ramme ondersoek

waarvan 58 klinies aangetas was. By volledige toetsing was 98 ramme positief vir A.

seminis. In die distrik Kirkwood is die semen van 3 boerbokramme positief bevind.

In die Staatsveeartsarea Beaufort-Wes is 2 536 ramme ondersoek waarvan 21

positief was. By die Bloemfonteinse veterinêre laboratorium is 5 211 ramme

ondersoek waarvan 158 (3,0 persent) besmet was.

Aanstreeklike epididimitis/vaginitis ("Epivag")

Gevalle van hierdie siekte kom nog in die Natalstreek voor.

Postitis en nekrotiese balanitis/vulvitis

In die Vrystaatstreek word probleem met hierdie siektetoestand ondervind.
- 65 -

Van alle kuddes wat ondersoek is, was ongeveer 2 persent besmet, met tot 6

persent van die ramme in sommige kuddes wat penisletsels toon. Gevolglik is

aangetaste ramme traag om te dek. Die vrugbaarheid van ooie word blykbaar nie

aangetas nie. Ramme reageer goed op behandeling indien hulle afgesonder word,

maar herbesmetting vind dikwels plaas sodra die ramme weer begin dek.

Q-koors (Coxiella burnetti)

In die Hoëveldstreek is Coxiela burnetti by twee kuddes met aborsies, waar 13 van

455 skaapooie geaborteer het, as veroorsakende organisme geïsoleer.

Hierdie organisme is ook uit 25 persent van geaborteerde skaapfetusse geïsoleer

wat afkomstig was van 'n plaas in die distrik Frazerburg.

Kalwersiektes

Wit laksering

Gevalle van die siekte is weer eens dwarsoor die land gediagnoseer.

Die siekte kom algemeen voor in kalfgrootmaakeenhede waar kalwers van oral

aangekoop word. Vier-en-twintig kalwervrektes is in die Noord-en-Oos-

Transvaalstreek aangemeld. In die Transvaalstreek vrek 3 waardevolle Brahmankalwers

en 'n verdere 36 gevalle word aangemeld. Die Staatsveearts van

Middelburg meld 11 gevalle aan en die Staatsveearts van Beaufort-Wes 2 gevalle.

Vyf uitbrekings is in die Hoëveldstreek aangemeld waartydens 20 kalwers gevrek

het.

Paratifus

Hierdie siekte het weer eens 'n belangrike rol in die Natalstreek gespeel waar

139 uitbrekings, waarby 402 kalwers betrokke was, aangemeld is. Twee uitbrekings

is in die Hoëveldstreek aangemeld. Tydens die een uitbreking het 12 kalwers gevrek

en in die ander geval het 3 kalwers kort na geboorte gevrek. In laasgenoemde geval

is Salmonella Dublin geïsoleer uit een kalfie wat binne 24 uur na geboorte dood is.

Die inaktiveerde entstof is met goeie gevolg by dragtige koeie gebruik.

Kalwerwitseerkeel

Slegs twee gevalle is in die Transvaalstreek aangemeld.

Sweetsiekte

Die siekte was veral van belang in die Noord-en-Oos-Transvaal-, die Transvaal- (24

kalwers aangetas), die Hoëveld- (26 kalwers aangetas) en die Natalstreek (5 kalwers

aangetas).
Enterovirusse

- 66 -

'n Enkele uitbreking waarby 10 kalwers betrokke was, is deur die Staatsveearts van

Piet Retief aangemeld.

Pluimveesiektes

Subkliniese erosiesiektes het 'n belangrike invloed op produksie, veral waar dit

gepaard gaan met oorbevolking.

Die Afdeling Veeartsenydiens se Seksie vir Pluimveediagnostiek en Voorligtingsdienste

het 3 315 nadoodse ondersoeke op pluimvee en 358 op ander voëls

uitgevoer.

Basillêre wit diarree (BWD) en hoendertifus

Twee uitbrekings van hoendertifus het in die Vrystaat- en een in die Noord-en-Oos-

Transvaalstreek voorgekom. Hondertifus is endemies op 'n plaas in die distrik

Umzinto in Natal waar, ten spyte van gereelde inentings, sporadiese gevalle nog

voorkom. In dieselfde distrik het 'n uitbreking van hoendertifus 20 persent vrektes

veroorsaak.

Aansteeklike laringotrageïtis

Verliese van tot 10 persent onder 4 tot 6 weke oue braaikuikens het op verskeie

standplase, wat aan dieselfde firma voorgekom. By nadere ondersoek het geblyk

dat plastiese kuikenhouers gebruik is om kuikens van die broeiery na verskillende

standplase te neem sonder dat die houers ontsmet is. Wegdoenbare

kartonkuikenhouers is aanbeveel.

Vier uitbrekings het in die Transvaalstreek en 1 in die Oos-Kaap-en-Karoostreek

voorgekom. Ongeveer 5 000 kuikens is in laasgenoemde uitbreking dood.

Hoendercholera

Geen gevalle is aangemeld nie.

Aansteeklike brongitis

Hierdie siekte is een van die vernaamste oorsake van verliese in die braaikuikenbedryf

in die Natalstreek.

Een uitbreking het in die Vrystaatstreek voorgekom met 70 persent vrektes en 10

persent verliese. Vrektes het ook voorgekom op twee braaikuikenplase in die distrik

Oos-Londen.

Aansteeklike verkoue

In die Natalstreek was uitbrekings hoofsaaklik beperk tot eierproduksie-eenhede,

maar het ook op klein broei-eenhede groot verliese veroorsaak.
- 67 -

Enkele uitbrekings het ook in die Oos-Kaap-en-Karoo-, die Noord-en-Oos-Transvaal-

en die hoëveldstreek voorgekom.

Chroniese asemhalingsiekte (Mikoplasmose)

Die voorkoms van hierdie siekte het dramaties toegeneem in veral die Hoëveld- en

die Natalstreek. Die gebruik van medikamente gedurende die eerste vyf dae nadat

kuikens uitgebroei het is doeltreffend, maar baie duur. Twaalf uitbrekings is in die

Noord-en-Oos-Transvaalstreek ondersoek en 1 in die Vrystaatstreek. Gevalle het

ook in die Oos-Kaap-en-Karoostreek voorgekom.

Hoenderpokke

Drie uitbrekings het in die Hoëveld en een in die Transvaalstreek voorgekom.

Verskeie uitbrekings het ook in die Natal- en die Oos-Kaap-en-Karoostreek

voorgekom.

Aanstreeklike bursitis (Gumboro)

Een uitbreking het in Natalstreek voorgekom onder henne van sewe weke oud. In

die Vrystaatstreek is 3 uitbrekings aangemeld.

Die siekte bly steeds 'n probleem in die Wes-Kaapstreek vanweë sekondêre

koliseptisemie.

Epidemiese bewerasie

Geen gevalle is aangemeld nie.

Marek se siekte

In die Natalstreek kom die ingewandsvorm van die siekte meer algemeen voor. Die

Staatsveearts van Irene het by 2 157 nadoodse ondersoeke bevind dat die vrektes in

113 gevalle te wyte was aan Marek se siekte.

Nadoodse ondersoeke by die Kroonstadse veterinêre laboratorium het getoon dat

21,8 persent van die vrektes aan hierdie siekte toe te skryf was. Twee uitbrekings

het in die Hoëveldstreek voorgekom.

Limfoïedleukose-kompleks

Enkele gevalle het in die Vrystaat-, die Natal-, die Hoëveld- en die Transvaalstreek

voorgekom.

Trigomoniase

'n Enkele uitbreking onder duiwe in die Oos-Kaap-en-Karoostreek is aangemeld.

Virusartritus

Geen gevalle is aangemeld nie.
Waterpens (Askites)

- 68 -

Een uitbreking is in die Hoëveldstreek aangemeld waartydens 46 braaikuikens van

ses weke oud gevrek het. Swak ventilasie was 'n bydraende faktor. Die veterinêre

laboratorium te Potgietersrus het 19 uitbrekings ondersoek.

Nekrotiese enteritis

Daar was 'n verhoogde voorkoms van hierdie siekte in die Wes-Kaapstreek.

Alhoewel min vrektes voorgekom het (2 tot 5 persent) het die siekte voeromsetting

nadelig getref.

Varksiektes

Vibrioniese disenterie

Die siektetoestand is endemies in die Staatsveeartsarea Malmesbury en kom ook in

die Natalstreek in feitlik alle varkboerderye voor. Dit word egter doeltreffend beheer

deur die byvoeging van spesifieke middels in die rantsoen. Twee uitbrekings het ook

in die Oos-Kaap-en-Karoostreek voorgekom.

Asemhalingsiekte-sindroom

In die Wes-Kaapstreek word die opname na longletsels by Spekenam nog

voortgesit.

Enkele gevalle het ook op twee plase in die Oos-Kaap-en-Karoostreek voorgekom.

Spiroketose

Enkele gevalle is by varkboerderye in die distrikte Albanie en Cradock gediagnoseer.

"Smedi"/Parvo-virusbesmetting

Geen gevalle is aangemeld nie.

Kolibasillose

Hierdie siekte was die belangrikste siekte onder jong varke in Natal en heelwat

uitbrekings het ook in die Wes-Kaapstreek voorgekom. Die siekte word doeltreffend

bekamp deur gebruik te maak van die beskikbare entstowwe.

Leptospirose

Die veterinêre laboratorium te Potgietersrus het die siekte bevestig by 'n trop varke

wat uitgebreide nierletsels getoon het.

Gebreksiektes en wanvoedingstoestande

As gevolg van die droogte wat die afgelope jaar oor groot dele van die land geheers

het, het voedingstekorte 'n belangrike rol gespeek.
- 69 -

'n Fosfaattekort is in die Noord-en-Oos-Transvaal- en die Transvaalstreek

aangemeld. In eersgenoemde streek vrek 8 beeste aan 'n fosfaattekort en in

laasgenoemde streek ontwikkel bulle by die Irene-bultoetssentrum stywesiektesimptome

met eksostose rondom die gewrigte. Die toestand is te wyte aan 'n

kalsium: fosfor-wanbalans. 'n Wanverhouding tussen kalsium en fosfor was ook

verantwoordelik vir krom bene by 60 persent van die jong stoetramme op 'n plaas in

die distrik Wodehouse.

'n Oormaat fosfaat in die rantsoen het blaasstene by ramme veroorsaak in die

distrikte Swellendam en Heidelberg.

'n Kopertekort is op 25 plase in die Natalstreek gediagnoseer waar ontledings van

die weidings gedoen is. Tekorte is ook in die distrikte Calvinia, Bredasdorp en

Malmesbury waargeneem. In die Natalstreek is 'n magnesiumtekort op 18 plase

vasgestel.

Gevalle van vlekspiersiekte veroorsaak deur 'n seleniumtekort het in die Vrystaat- en

die Transvaalstreek voorgekom. 'n Vitamien E- en seleniumtekort was verantwoordelik

vir "Mulberry Heart Disease" by varke in die Vrystaatstreek en het die dood van

50 skape in die Transvaalstreek veroorsaak nadat daar met die skape getrek is. In

die Noord-en-Oos-Transvaalstreek vrek 400 hoenders aan 'n vitamien E-tekort.

'n Ystertekort is waargeneem by jong varke in die distrik Namakwaland en ook in die

weiding van 3 plase in die Natalstreek.

'n Tïamientekort was verantwoordelik vir die dood van 96 ramme in die

Vrystaatstreek en 8 beeste in die Transvaalstreek. Tipiese serebro-kortikale nekrose

is in breinsnitte waargeneem. 'n Vitamien A-tekort was die oorsaak van blindheid by

300 skape in die distrik Calvinia.

Heelwat gevalle van domsiekte is in die Vrystaat-, die Hoëveld- en die Wes-

Kaapstreek aangemeld.

Gevalle van melkkoors het in al die strek voorgekom. In die Hoëveldstreek vrek 22

ooie aan die siekte.

Gevalle van asidose het in die Vrystaatstreek voorgekom waar dit verantwoordelik

was vir abomasale ulkusse met perforasie en laminitis. In die Hoëveldstreek het die

Staatsveearts van Potchefstroom 2 uitbrekings ondersoek waartydens 3 beeste en

twee skape gevrek het. Die Staatsveearts van Malmesbury het 8 kuddes besoek

waar skape en beeste hulle oorvreet het aan hawer.

Die "natskaap"- sindroom het in Mei 1981 sy verskyning gemaak. Aanvanklik is die

toestand as kageksie beskou, maar die karkasse word gegradeer as super of graad

1 en toon nie die tipiese tekens van kageksie nie. Die karkas vertoon nat met 'n

jellieagtige substans tussen die buik en subkutane spiere en droog nie af nie, selfs

nadat dit 'n geruime tyd lank in koelkamers geberg is.

Bloed en verskillende orgaananalises kon tot dusver nog geen aanduiding van die

oorsaak gee nie.

Feitlik al die skape wat die tekens toon is afkomstig van die droogtegeteisterde

Noordwes-Kaapland.
VERGIFTIGING

Mineraalvergiftiging

- 70 -

Vergiftiging van vee is hoofsaaklik toe te skryf aan nalatigheid. Soms kom

gevalle van kwaadwillige vergiftiging ook voor. Arseenvergiftiging was

verantwoordelik vir die dood van 35 beeste en 6 skape in die Oos-Kaap-en-

Karoostreek en 50 beeste in die Transvaalstreek.

Loodvergiftiging is vasgestel as oorsaak van die dood van 9 beeste in die

Oos-Kaap-en-Karoostreek, 4 beeste en 1 donkie in die Vrystaat- en 1 bees in

die Hoëveldstreek. In die Natalstreek vrek 8 beeste aan loodvergiftiging.

Kopervergiftiging was verantwoordelik vir die dood van 321 skape in die Wes-

Kaapstreek nadat 'n koperbevattende middel binnespiers toegedien is. Die

middel word bemark vir toediening in gebiede waar 'n kopertekort voorkom.

Twee beeste het in die Hoëveldstreek aan kopervergiftiging gevrek.

Organofosfaatverbindings was verantwoordelik vir die dood van 3 varke,

17 skape en 12 beeste in die Natal-, 49 beeste in die Vrystaat-, 16 skape en

15 beeste in die Transvaal-, 13 beeste in die Noord-en-Oos-Transvaal-,

14 beeste in die Wes-Kaap-, 5 beeste in die Hoëveld- en 5 honde in die Oos-

Kaap-en-Karoostreek.

Sinkvergiftiging was die oorsaak van dood van 55 kalwers in die

Hoëveldstreek. Ureumvergiftiging het weer eens die dood van 86 beeste in

die Natal-, 35 beeste en 13 skape in die Transvaal-, 80 skape in die Wes-

Kaap-, 2 beeste in die Oos-Kaap-en-Karoo- en 2 beeste in die Noord-en-Oos-

Transvaalstreek veroorsaak.

Temik, wat kwaadwillig in die Nasionale Krugerwildtuin gebruik is, was

verantwoordelik vir die dood van 20 roofdiere.

Seponver het die dood van 8 lammers in die distrik Rustenburg veroorsaak

deurdat elke lam 'n beesdosis toegedien is.

Dieldrinvergiftiging was verantwoordelik vir die dood van 5 beeste in die Oos-

Kaap-en-Karoostreek.

Nitraatvergiftiging het in die Natalstreek voorgekom was 2 beeste dood is

asook in die Transvaalstreek waar 3 beeste dood is.

Strignienvergiftiging was verantwoordelik vir die dood van talle honde in al die

strek.

Kroniese kopervergiftiging (ensoötiese ikterus) is gediagnoseer in skaapkarkasse

by die Aliwal-Noord-abattoir.
Plantvergiftiging

- 71 -

Die volgende plante was verantwoordelik vir verliese in die verskillende streke:

Natalstreek

Homeria- en Moraea-spp. (tulp) (461 beeste), Matricaria nigellaefolia

(stootsiektebossie) (30 beeste), Nerium oleander (selonsroos) (1 bees), Lantana

camara (wilderoosmaryn) (69 beeste), Senecio-spp. (sprinkaanbos) (30 beeste, 1

perd), kikoejoegras (210 beeste) en blousuur-bevattende plante (8 beeste).

Wes-Kaapstreek

Homeria- en Moraea-spp. (tulp) (4 beeste), Phalaris minor, Althanasia trifurcata

(Klaas Louwbos) (2 perde), Tribulis terrestris (duwweltjie), Cucumis myriocarpus

(wilde komkommer) (247 skape), Rumex-spp. (tongblaar) (8 skape), Galenia

africana (kraalbos) (382 skape), Cotyledon-spp. (krimpsiekte) (752 skape) en

blousuur-bevattende plante.

Gedurende die verslagjaar was daar slegs een uitbreking van raaigrasvergiftiging,

waartydens 8 skape gevrek het. Die besmetting is op nog 3 plase deur

saadondersoeke vasgestel.

Vrystaatstreek

Geigeria-spp. (vermeerbos), Homeria- en Moraea-spp. (tulp), Ornithoglossum-spp.

(slangkop), Dipcadi glaucum (wilde uit) Nerium oleander (selonsroos), Crotalariaspp.

(stywesiektebossie) en blousuur-bevattende plante.

Hoëveldstreek

Homeria- en Moraea-spp. (tulp), (50 beeste en 8 skape), Senecio-spp.

(sprinkaanbos) (5 kalwers), Pachystigma pygmaeum (gousiektebossie) (23 skape en

1 bees), Cestrum laevigatum (inkbessie (20 beeste), Datura-spp. (olieboom)

(5 beeste), Amaranthus-spp. (hanekam) (5 beeste) en blousuur-bevattende plante.

Noord-en-Oos-Transvaalstreek

Lantana camara (wilderoosmaryn) (38 beeste, 7 skape), Dichapetalum cymosum

(gifblaar) (7 beeste), Pavetta-spp. (gousiekte) (13 beeste) en blousuur-bevattende

plante (1 bees en 4 skape).

Transvaalstreek

Dichapetalum cymosum (gifblaar) (54 beeste en skape), Lantana camara

(wilderoosmaryn) (62 beeste), Homeria- en Moraea-spp. (tulp) (132 beeste), Melia

azedarach (seringboom) (10 varke), Cotyledon-spp. (plakkie), Senecio-spp.

(springkaasbos) (13 skape), Brassica-spp. (raap) (7 beeste).
Oos-Kaap-en-Karoostreek

- 72 -

Homeria- en Moraea-spp. (tulp) (45 beeste, 32 skape), Cotyledon-spp. (plakkie) (107

bokke, 5 skape), Gnidia burcheli (harpuisbos) (5 skape), Senecio-spp.

(sprinkaanbos) (19 beeste, 95 skape, 9 bokke, 1 perd), Malva parviflora (kiesieblaar)

(1 perd), Lasiospermum bipinnatum (ganskweek) (27 skape), Kikoejoegras (37

beeste), Brassica-spp. (raap) (3 beeste), Tribulus terrestris (duwweltjie) (1 skaap) en

blousuur-bevattende plante (1 bees, 8 skape).

Toksiene

In die Wes-Kaapstreek het 5 persent van 'n trop braaikuikens gevrek aan

bloedarmoede vanweë bloeding in die spysverteringskanaal. Die vrektes was te

wyte aan vismeel met 'n hoë histidien-inhoud in die rantsoen. Die vismeel was

gemaak van tunavis wat 'n hoë histidien-inhoud het. Verdere vrektes is voorkom

deur die tuna-vismeelinhoud tot hoogstens 6 % te beperk.

Gesigekseem het by 4 kuddes skape in die distrik Malmesbury en by 3 kuddes in die

distrik Piketberg voorgekom.

Aflatoksien is ontdek in 'n rantsoen wat by die Allerton veterinêre streeklaboratorium

ondersoek is. Die betroke boer is aangeraai om nie die rantsoen te gebruik nie.

Microcystis aeruginosa (alg) was verantwoordelik vir die dood van 51 beeste in die

Transvaalstreek.

In die Staatsveeartsarea Piet Retief vrek 16 beeste op 5 plase aan Diplodia maydisvergiftiging.

Slangbyt was verantwoordelik vir die dood van 16 beeste en 4 skape.

INWENDIGE PARASIETE

Haemonchus-spp. (huurwurm) was weer eens die parasite wat in al die streke die

meeste probleme veroorsaak het.

Oesophagostomun-spp. (knoppieswurm) was daarvoor verantwoordelik dat geweldig

baie skaapingewandes by abattoirs afgekeur is. In die Vrystaatstreek vrek 24 skape

aan intussusepsie, waarskynlik te wyte aan knoppieswurmbesmetting.

Trichostrongylus-spp. (bankrotwurm) was prominent in die Oos-Kaap-en-Karoo, die

Hoëveld-, die Vrystaat- en die Wes-Kaapstreek. 'n Rooiribbok het in die

Bioemfonteinse dieretuin gevrek aan besmetting met hierdie parasiet.

Ostertagia-spp. (bruin maagwurm) het in die Wes-Kaapstreek bestandheid ontwikkel

teen bensamidasool-preparate.

Strongiel-spp. Het by perde in die Vrystaat- en Hoëveldstreek voorgekom.

Mullerius capillaries (longwurm) was verantwoordelik vir probleme in die Wes-

Kaapstreek en 'n Pneumostrongylus-sp. kom ook by wildsbokke in die Nasionale

Krugerwildtuin voor.
- 73 -

Dictyocaulus-spp. (longwurm) is gevind in die longe van skape van die

Potchefstroomse Landboukollege.

Schistosoma-spp. (bilharzias) het vrektes onder kleinvee veroorsaak in die distrik

Mokerong in Lebowa.

Paramphistoma-spp. Het probleme veroorsaak in die distrikte Piet Retief, Standerton

en Ermelo.

Net soos peervormige slak het lewerslak (Fasciola-spp.) ook algemeen voorgekom

in die Wes-Kaap-, die Hoëveld-, die Natal-, die Oos-Kaap-en-Karoo- en die Noorden-Oos-Transvaalstreek.

In die Staatsveeartsarea Rustenburg is die vrekte van 6 beeste en in die distrik

Piketberg die vrekte van 6 beeste aangemeld.

Lintwurm-besmetting van kalwers en lammers het oor die hele land voorgkeom.

Stilesia hepatica (lewerlintwurm) is nog steeds verantwoordelik vir die afkeur van

lewers by abattoirs oor feitlik die hele land.

Askaried-spp. (spoelwurm) het probleme veroorsaak in die Staatsveeartsarea Piet

Retief.

Nematodirus-spp. (langnekbankrotwurm)- besmettings het voorgekom in die Wes-

Kaap-, die Oos-Kaap-en-Karoo- en die Vrystaatstreek.

Coenurus cerebralis: Gevalle van acute senuriase het in die distrik Malmesbury

voorgekom. Vyf skape het gevrek met senusimptome.

Histopatologie het onkosfere van lintwurmlarwes in die reik getoon. Die enigste

hond op die plaas is gedoseer en segmente van Taenia multiceps is in sy ontlasting

geïdentifiseer. Hierdie siste het ook die dood van 5 skape in die distrik Fauresmith

veroorsaak. Gevalle het ook in die Oos-Kaap-en-Karoostreek voorgekom.

Tagtig lammers afkomstig uit die distrikVan Rhynsdorp is by die Maitland-abattoir

afgekeur op grond van 'n swaar besmetting van Cysticercus ovis.

Die voorkomssyfer van masels onder beeste in die Transvaalstreek het gewissel van

1,2 persent tot 19,5 persent en dié van varke 0,1 persent tot 1,0 persent.

By die Maitland-abattoir in Kaapstad was die voorkoms van masels onder beeste 2

persent en onder varke 1,5 persent. BY die Pietersburg-abattoir was die voorkoms

van beesmasels in sommige maande tot 14 persent.

Parafilaria bovicola was daarvoor verantwoordelik dat heelwat beeskarkasse en

gedeeltes van karkasse by die Cato Ridge-abattoir afgekeur is. Besmetting het ook

aan die lig gekom in die Vrystaat-, die Transvaal- en die Noord-en-Oos-

Transvaalstreek.
UITWENDIGE PARASIETE

- 74 -

Bosluise was weer eens die lastigste uitwendige parasiet.

Bloubosluise (Boophilus-spp.) was baie aktief in al die streke buiten die Noord-en-

Oos-Transvaalstreek.

Rhipicephalus appendiculatus (bruin oorbosluis) het probleme in al die streke

geskep. In die distrik Potchefstroom was dié bosluis verantwoordelik vir 'n toksikose

wat 40 bokke laat vrek het.

R. evertsi (rooipootbosluis) het algemeen voorgekom in die Hoëveld-, die Oos-Kaapen-Karoo-

en die Natalstreek het al die streke baie las gehad van die

bontpootbosluis (Hyalomma-spp).

Verlamming verooorsaak deur die Karooverlammingsbosluis (Ixodes rubicundus)

was blykbaar slegs in die Wes-Kaapstreek 'n probleem.

As gevolg van die verpligte dip van skape teen skaapbrandsiekte is die

voorkomssyfer van skaapluise (Damalinia ovis) skaapluisvlieë (Melophagus ovinus)

en Psorergates ovis (Australiese jeukmyt) aansienlik verlaag. Damalinia ovisbesmetting

het onder Angorabokke in die distrik Potchefstroom voorgekom en

ernstige vermaering veroorsaak.

Maaierbesmetting veroorsaak deur brommerlarwes was steeds 'n probleem in die

Wes-Kaap- en die Oos-Kaap-en-Karoostreek.

Stomoxys calcitrans (stalvlieg) was skynbaar slegs in die Hoëveldstreek aktief.

Chrysomyia bezziana (bosveldspykerwurm) was aktief in die distrik Marico.

Simulium-spp. (riviermuggies) het probleme in die Vrystaat- en die Oos-Kaap-en-

Karoostreek veroorsaak.

Demodex canis is in al die streke opgemerk.

Enkele gevalle van Demodex phylloides het onder varke in die Oos-Kaap-en-

Karoostreek voorgekom.

Varkskurfte (sarkopties) is slegs uit die Wes-Kaap- en die Transvaalstreek

aangemeld. In laasgenoemde streek is daar 5 uitbrekings aangemeld waarby 745

varke betrokke was.

KUNSMATIGE INSEMINASIE

Gedurende die verslagjaar is bulle by KI-sentra deur beamptes van die veterinêre

streeklaboratoria, veterinêre laboratoria en Seksie vir KI en Voorplanting getoets.

Finale aanbevelings oor die registrasie of herregistrasie van KI-bulle berus by die

Seksie vir KI en Voortplanting.

Gedurende die verslagjaar is 206 bulle aan verskillende toetse onderwerp. Geen

bulle is afgekeur nie.
- 75 -

Die totale aantal dosisse saad wat gedurende die verslagjaar deur die KI-sentra

avekroop is, het 622 097 (618 383) beloop, wat 'n toename van 3 714 dosisse toon

vergeleke met die vorige jaar. Melkrasse het 496 149 dosisse en vleisrasse 125 948

dosisse bygedra.

Gedurende die jaar is 1 737 semenstrooitjies ondersoek vir kontaminasie. Slegs

13,71 persent het 'n bakteriële groei van 5 000 en meer getoon.

Altesaam 140 992 dosisse sement is deur KI-sentra van 538 bulle van privaat

eienaars gekollekteer vir gebruik deur die eienaars.

Die rasindeling van bulle by KI-sentra is soos volg: Fries 182, Jersey 36, Guernsey

14, Ayreshire 14, Hereford 2, Aberdeen Angus 1, Afrikaner 1, Sussex 3,

Simmentaler 3, Brahman 6, Bonsmara 5, Charolais 1, Pinzgauer 1, Santa Gertrudis

1, South-Devon 1.

Gedurende die verslagjaar is 34 koeie as eiselskenkers geregistreer.

Besonderhede omtrent KI-kursusse wat aangebied is, word in Tabel 3 opgesom.

Kursusse aangebied deur Registreerbare

Eienaar-

Arbeiders

Insemineerders Insemineerders

Kursusse Kandidate Kursusse Kandidate Kursusse Kandidate

Geslaag

Geslaag

geslaag

Seksie KI en Voortplanting 4

66

4

67

SV Potchefstroom

4

53 10 150

SV Mosselbaai

1

5

SV Bloemfontein

2

58

SV Pietermaritzburg

5

58

Taurus-KI-Koöp

91 648 30

340

SALU-Opleiding-

Sentrum te Boskop

7

62

Totaal 8 119 113 986 37 402

VEE-INSPEKSIEDIENSTE

Daar was 'n geringe verbetering in die personeelposisie met betrekking tot veeinspekteurs.

Gedurende die verslagjaar was daar 74 nuwe aanstellings, terwyl 47

beamptes bedank het en drie oorlede is. Die tekort aan vee-inspekteurs bly nog

steeds kritiek.

DIEREGESONDHEIDSVOORLIGTINGSDIENS

Die omvang en uitwerking van voorligting aan boere deur beamptes van die Afdeling

Veeartsenydiens neem steeds toe. Afgesien van die Afdeling se bydrae tot die

opleiding van voornemende boere by landboukolleges, die opstel van bladskrifte,

skyfiereekse en so meer, word die volgende voorligtingstake ook onderneem.

Boeredae word gereël en toegespreek, artikels in plaaslike koerante en

landboutydskrifte gepubliseer, boereverenigings en studiegroepe toegespreek,

radiopraatjies gelewer, kort kursusse oor dieresiektes aangebied, programme vir

inenting en dosering opgestel en inligtingstukke opgestel en versprei.
- 76 -

Individuele boere word van raad gedien deur staatsveeartse en veeinspeksiepersoneel

tydens plaasbesoeke of met kantoorbesoeke of per telefoon per

brief.

IN- EN UITVOERBEHEER

Invoerbeheer

'n Groot verskeidenheid diere word jaarliks ingevoer en daar moet gewaak word teen

die inbring van siektes vanuit ander lande. Vir hierdie doel is kwarantynstasies te

Jan Smutslughawe, Durban, Kaapstad en Walvisbaai ingerig waar diere in

kwarantyn aangehou word om seker te maak dat hulle siektevry is.

Die diere en insekte in Tabel 4 genoem is gedurende die jaar ingevoer.

'n Groot verskeidenheid produkte, onder andere ook viseiers en oestereiers, is

ingevoer kragtens permitte uitgereik deur die Afdeling. By die Jan Smutslughawe is

op die volgende diere en produkte beslag gelê en is dit vernietig of na die land van

herkoms teruggestuur.: 6 honde (teruggestuur), 2 katte (teruggestuur), 16 voëls (15

vernietig en 1 teruggestuur), 2 waterskilpaaie (vernietig), 128,9 kg rou beesvleis

(vernietig), 88 kg rou skaapvleis (vernietig), 256,6 kg rou hondevleis (vernietig), 6,8

kg rou varkvleis (venietig), 13,5 kg rou konynvleis (vernietig), 1,8 kg gekookte

hoendervleis (vernietig), 6 000 ml Mycoplasma gallisepticum-antigeen (vernietig).

Uitvoerbeheer

Vir die uitvoer van diere en dierlike produkte moet hulle ondersoek of getoets word

deur beamptes van die Afdeling Veeartsenydiens ooreenkomstig die voorwaardes

gestel deur die invoerlande. Eers nadat aan al die voorwaardes van die invoerland

voldoen is, word sertifikate vir uitvoer uitgereik. Die diere en insekte in Tabel 5 is

gedurende die jaar uitgevoer:

Tabel 5 - Diere en insekte uitgevoer

Beeste

Perde

Donkies

Skape

Bokke

Varke

Honde

Katte

Pluimvee

Voëls

Wild

Konyne

Knaagdiere

Jagluiperds

Na buur-

State

26 242

2 263

6

45 344

9 754

2 084

513

102

507 981

3 948

29

5

299

4

Na oorsee

3 624

90

21

822

256

75 603

60 286

1
Leeus

Olifante

Primate

Paddas

Kewers

- 77 -

'n Groot hoeveelheid landbouprodukte is ook uitgevoer.

OPLEIDING

Lesings in veeartsenykunde is deur Staatsveeartse van die Afdeling by alle

landboukolleges gegee. Die indiensopleiding van die veeinspeksiepersoneel is

voortgesit, maar daar kon weens 'n tekort aan fondse slegs een kursus, wat deur

26 beamptes bygewoon is, gedurende die jaar aangebied word. Altesaam 711

beamptes het nou die opleiding ondergaan.

Indiensopleiding van lede van die veeinspeksiepersoneel om tuberkulientoetse uit te

voer, is voortgesit. Een kursus vir 20 beamptes is gehou.

WETGEWING

Gedurende die verslagjaar is die volgende Goewermentskennisgewings kragtens die

Wet op Dieresiektes en parasiete, 1956 (Wet 13 van 1956), gepubliseer.

Goewermentskennisgewing R1 470 van 17 Julie 1981. Siektes waarop sekere

bepalings van die Wet van toepassing is. Goewermentskennisgewing R1 471 van

17 Julie 1981. Wysiging en herroeping van sekere regulasies uitgevaardig kragtens

die Wet op Dieresiektes en parasiete, 1956 (Wet 13 van 1956).

TEGNIESE BETREKKINGE MET ANDER LANDE

Skakeling en samewerking met Afrikalande

Besoeke is aan die Afdelingshoofkantoor gebring deur wetenskaplikes van

Bophuthatswana, Ciskei, Transkei, Venda, Malawi, Swaziland en Lesotho.

Beamptes van die Afdeling het ook Botswana, Lesotho en Transkei besoek.

Skakeling met oorsese lande

Wetenskaplikes van Australië, Argentinië, Duitsland, die Republiek China, Groot-

Brittanje, die Verenigde State van Amerika en Italië het die Afdelinghoofkantoor

besoek. Beamptes van die Afdeling het Frankryk, Groot-Brittanje, Duitsland, België

en Argentinë besoek. Voortspruitend uit die besoek van veeartse van die EEG sal

vleisuitvoer na lidlande van die EEG moontlik binne afsienbare tyd 'n werklikheid

word.

KLINIESE DIENSTE

Veeartsenykundige dienste is deur Staatsveeartse aan alle Staatskuddes gelewer en

Staatsveeartse het ook kliniese dienste aan boere gelewer wanneer hulle amptelike

pligte dit toelaat. Gedurende die jaar is R29 402 geïn vir professionele dienste en

R8 232 vir reisgeld. Entstof ter waarde van R4 987 is deur Staatsveeartskantore

verkoop. Vir laboratoriumondersoeke is R36 056 geïn en vir vleis- en wildkarkas-

6

3

2

28

11

5

50
- 78 -

inspeksies R559 566. Kwarantyngeld vir diere en voëls het R57 132 en diverse

inkomste R21 493 beloop. Vir karkasse van diere geslag ingevolge die beestuberkulose-uitroeiingskema

en vir menslike gebruik goedgekeur, het die Afdeling

R468 428 ontvang.

Die totale bedrag wat die Afdeling Veeartsenydiens aan inkomste ontvang het, het

R1 185 296 beloop en is onder Diverse Inkomste inbetaal.

DIAGNOSTIESE DIENSTE

Diagnostiese dienste word deur die Afdeling Veeartsenydiens gelewer deur middel

van sy drie veterinêre streeklaboratoria te Middelburg (Kaap), Stellenbosch en

Allerton, asook deur kleinere veterinêre laboratoria te Grahamstad, Queenstown,

Kroonstad, Potchefstroom en Bloemfontein. 'n Bykomende laboratorium te Skukuza

in die Nasionale Krugerwildtuin hou die Afdeling op hoogte van siektes wat onder

wild voorkom en na huisdiere oorgedra kan word.

'n Meer omvattende diens word aan hoender- en beesboere gelewer deur die

Afdeling se Seksies KI en Voortplanting en Pluimveediagnostiek en Voorligtingsdienste

te Onderstepoort.

Daar was 'n vermeerdering van 52 persent in die diagnostiese dienste gelewer deur

die Afdeling, soos blyk uit Tabel 6.

Die toename is hoofsaaklik toe te skryf aan meer toetse wat ingevolge die

brusellose-uitroeiingskema gedoen is.

Tabel 6 - Diagnostiese Dienste

Brucella - Rose Bengal-toetse

Brucella - komplementbindingstoetse

Brucella - buisaggluitinasietoetse

Brucella - melkringtoetse

Brucella - rivanoltoetse

Brucella - mercapto - etanoltoetse

FA-toetse

PPLO-toetse

BWD-toetse

HI-toetse

Aansteeklike bursale siekte, serologiese toetse

Pluimvee- Mikoplasma-isolasies

Beeste - Mikoplasma-isolasies

Vibriose

Trigomoniase

Johne se siekte

Leptospirose

Actinobacillus seminis

Pasteurella-isolasies

Klamidiose

Chlamydia-isolasies

Antibiogramme

Serotipering van kulture

1980/81 1981/82

289 782

142 794

7 632

3 079

3

3

2 154

11 766

2 023

17 066

3 777

226

12

1 465

1 443

32

466

17 492

512

734

99

1 586

1 784

548 926

149 689

114 723

2 029

0

0

1 669

10 661

3 099

14 402

2 586

12

0

1 537

1 294

11

1 142

15 410

4 756

331

66

1 961

1 480
- 79 -

Velskraapsels

Mismonsterondersoeke

Larwekulture

Identifikasie van inwendige parasiete

Identifikasie van uitwendige parasiete

Identifikasie van plante

Melkondersoeke vir mastitis

Semen

Skedewasse

Vaginale deppers

Plasentas

Geaborteerde fetusse

Kematologie

Biochemie

Toksikologie

Toets van dipmonsters

Protosoölogie

Bakteriologie

Virologie

Biologie

Histopatologie

Abattoir-neweprodukte getoets

Abattoir - bakteriese tellings

Trichinella

Smere

Kliniese ondersoeke

Nadoodse ondersoeke (pluimvee uitgesluit)

(Pluimvee uitgesluit)

Nadoodse ondersoeke (pluimvee)

Pluimveemonsters ondersoek

Antibiotika-reste-toetse

Slapsiektetoetse

Coxiella burnetti

Ondersoek van perinatale lammers

Vark - Mycoplasma-isolerings

625

11 122

554

648

379

75

34 646

17 445

1 947

2 426

79

406

9 256

28 150

731

363

540

41 030

7 643

448

3 864

787

2 851

103

7 365

14 717

2 607

9 227

12 054

1 539

16

16

0

382

7 809

622

1 031

92

42

43 860

11 585

1 482

2 982

115

435

3 109

33 864

566

121

577

32 465

4 959

354

6 794

91

3 291

220

14 599

11 239

3 589

13 845

15 186

794

1 933

1

70

Totaal 719 589 1 0903 888

Tabel 7 - Veesensus

Streek of

Nasionalestaat

Wes-Kaap

Natal

Oos-Kaap-en-

Karoo

Transvaal

Vrystaat

Hoëveld

Noord -en-Oos-

Tranvaal

Beeste

378 101

1 463 655

900 611

2 138 771

1 457 618

2 071 715

1 010 793

Donkies

en

Wol Nie-wol Bokke Perde Muile Varke Hoenders Honde

3 266 852

1 033 161

7 473 967

3 169 894

3 276 612

2 862 109

246 170

1 388 030

111 860

2 349 198

320 458

5 151 187

320 190

131 562

309 679

111 590

1 607 392

66 093

439 434

54 152

89 319

18 103

24 479

29 887

32 448

44 752

46 298

17 480

8 990

2 488

10 322

6 549

14 133

5 141

14 641

194 187

162 434

64 075

234 083

80 890

204 785

126 673

Totaal 9 421 264 21 328 765 9 772 485 2 677 659 213 447 62 264 1 067

127

9 127 142

3 440 210

3 777 040

10 775 561

734 694

4 089 077

237 849

168 995

69 478

418 401

62 293

162 736

1 178 851 65 937

33 122 575 1 186 689
- 80 -

Gazankulu 228 306 -

2 982 96 690 14 6 947 15 904 101 757 36 478

Lebowa 513 900 Nie

Verdeel

Nie

71 534 376 256 206 24 359 31 684 569 562 42 817

KwaZulu 1 350 639 54 566 89 864 643 774 13 588 30 122 29 493 111 926 189 650

Qwaqwa 8 966 Nie

Verdeel

Nie

2 888 6 165 340 23 7 376 29 000 1 427

KaNgwane 98 765 208 515 26 967 359 2 534 9 535 57 448 11 967

Totaal 2 200 576 54 774 167 783 1 149 852 14 507 63 985 93 992 869 693 282 278

Groot Totaal 11 621 840 21 383 539 9 940 268 3 827 511 227 954 126 249 1 161

119

33 992 1 468 967

Tabel 8 - Verspreiding van beeste

Streek of nasionale

staat

Wes-Kaap

Natal

Oos-Kaap-en-Karoo

Transvaal

Vrystaat

Hoëveld

Noord-en-Oos-Transvaal

Blanke

eienaars

372 911

1 224 014

876 914

1 988 627

1 443 773

1 975 946

903 705

Swart

eienaars

5 190

239 641

23 697

150 144

13 845

95 769

107 088

Totaal 8 785 890 635 374

Gazankulu

Lebowa

KwaZulu

Qwaqwa

KaNgwane

228 306

513 900

1 350 639

8 966

98 765

Totaal 2 200 576

Groot Totaal 8 785 890 2 835 950