Riglyne vir Wêreld Vigsdag Erediens, Saamgestel en ... - Cabsa

Riglyne vir Wêreld Vigsdag Erediens, Saamgestel en ... - Cabsa Riglyne vir Wêreld Vigsdag Erediens, Saamgestel en ... - Cabsa

02.05.2013 Views

Ter agtergrond en Voorbereiding: 1 Desember is Wêreld Vigsdag. Dit word jaarliks reg oor die wêreld gebruik as ‘n dag om bewustheid rondom MIV en Vigs te kweek en mense op te roep om deel te word van die oplossing. Die tema hierdie jaar is steeds – “Getting to Zero”. Ons kan dit probeer vertaal na: “Op pad na nul” en dit dui op die strewe na geen nuwe MIV infeksies, geen Vigsverwante sterftes en geen stigma en diskriminasie. Ook ons as kerk – as gemeenskap van gelowiges – is onlosmaaklik deel van hierdie wêreld wat gebuk gaan onder die impak van MIV en Vigs. Daarom word ook ons as kerk geroep om deel te wees van die oplossing. Dit is waar dat MIV nie in alle kerke ewe intens of opsigtelik beleef word nie – maar hoe dit ook al sy, 1 Kor 12:12-31 help ons om te verstaan dat: “Net soos die liggaam ’n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus (12) ...Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie. (14) ... Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. (18) ... Nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. (20) Die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie ... (21) ... inteendeel ... As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.(26)” In die lig hiervan, laat ons ons nie net vaskyk in die konteks van ons eie gemeente nie, maar laat ons wyer kyk en doelbewus kies om ons te identifiseer met die MIV positiewe liggaam van Christus. Enkele statistiek kan gebruik word om te beklemtoon dat MIV ’n onlosmaaklike deel van ons Suid-Afrikaanse konteks is: Volgens UNAIDS en die Wêreldgesondheidsorganisasie is daar na raming 5.57 miljoen mense In Suid-Afrika wat MIV positief is, dit beteken dat ongeveer 17.9% van die Suid- Afrikaanse bevolking (15 -49 jaar) met MIV leef. En as ons verder ook dink aan die ouers, gades, kinders, families, vriende, versorgers en kollegas van elkeen van hierdie individue, dan is dit baie duidelik dat die impak van MIV baie ver en diep in ons gemeenskappe uitkring. Die Departement Gesondheid se volledige verslag met meer detail oor die verspreiding van MIV in verskillende provinsies en ouderdomsgroepe kan by http://www.doh.gov.za/docs/reports/2011/hiv_aids_survey.pdf afgelaai word. Hou ook die media dop, want nuwe verslae word gewoonlik in die tyd van die jaar vrygestel. (Dit sal ook op www.cabsa.org.za gelaai word.) Internasionale VIGS statistieke is beskikbaar by http://www.unaids.org/en/dataanalysis/datatools/aidsinfo/ So lank as wat ons in Afrika en in Suid-Afrika bly, is MIV en Vigs ’n onlosmaaklike deel van ons alledaagse konteks. En die saak verdien dus om dwarsdeur die jaar op verskeie maniere ons aandag te kry. Maar op die Sondag voor of na 1 Desember doen ons ’n beroep op u as gemeente om op ’n baie konkrete manier gestalte te gee aan hierdie saak. Dit is uiters noodsaaklik dat ons as

kerk ons vereenselwig met die MIV epidemie en bereid is om deel te wees van ’n gemeenskap wat met verantwoordelikheid en deernis hierop reageer. Wêreld Vigsdag val ook binne die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld (Gender Violence) waarin daar ook aandag gegee word aan ’n verskeidenheid ander sake waarin die profetiese stem van ons as kerk baie duideliker gehoor behoort te word. Meer inligting oor die veldtog is beskikbaar by: http://www.cabsa.org.za/content/16-daysactivism-against-gender-violence Video snitte wat vanaf YouTube afgelaai kan word en op verskillende tye tydens die erediens gebruik kan word, is: Maak seker dat u self na die snitte gekyk het en gemaklik is met die inhoud wanneer snitte gekies word. Words and Actions (Kan baie goed aan die einde van erediens gebruik word as oproep tot aksie) http://www.youtube.com/watch?v=vGi7EwWX_b0&feature=endscreen&NR=1 of http://www.youtube.com/watch?feature=player_detailpage&v=vGi7EwWX_b0 HIV infections falling (Kan gebruik word rondom MIV statistiek) http://www.youtube.com/watch?v=bFnaLXenRn0&feature=endscreen&NR=1 7000 infections per day http://www.youtube.com/watch?v=PNZVwJU0nlw I predict: http://www.youtube.com/watch?v=vEUIQd9kk0Y&feature=list_other&playnext=1&list=SP9 407AE8E2E8EEB4B Don’t turn your back (Kan oor en oor gespeel word, soos gemeente uitloop aan die einde van die diens) http://www.youtube.com/watch?v=coPEVTSuw8o

kerk ons vereenselwig met die MIV epidemie en bereid is om deel te wees van ’n

gemeenskap wat met verantwoordelikheid en deernis hierop reageer.

Wêreld Vigsdag val ook binne die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld (Gender

Violence) waarin daar ook aandag gegee word aan ’n verskeidenheid ander sake waarin die

profetiese stem van ons as kerk baie duideliker gehoor behoort te word.

Meer inligting oor die veldtog is beskikbaar by: http://www.cabsa.org.za/content/16-daysactivism-against-gender-violence

Video snitte wat vanaf YouTube afgelaai kan word en op verskillende tye tydens die

erediens gebruik kan word, is:

Maak seker dat u self na die snitte gekyk het en gemaklik is met die inhoud wanneer snitte

gekies word.

Words and Actions (Kan baie goed aan die einde van erediens gebruik word as oproep tot

aksie)

http://www.youtube.com/watch?v=vGi7EwWX_b0&feature=endscreen&NR=1 of

http://www.youtube.com/watch?feature=player_detailpage&v=vGi7EwWX_b0

HIV infections falling (Kan gebruik word rondom MIV statistiek)

http://www.youtube.com/watch?v=bFnaLXenRn0&feature=endscreen&NR=1

7000 infections per day

http://www.youtube.com/watch?v=PNZVwJU0nlw

I predict:

http://www.youtube.com/watch?v=vEUIQd9kk0Y&feature=list_other&playnext=1&list=SP9

407AE8E2E8EEB4B

Don’t turn your back (Kan oor en oor gespeel word, soos gemeente uitloop aan die einde

van die diens)

http://www.youtube.com/watch?v=coPEVTSuw8o

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!