l e e r e n prestee - 24.com
l e e r e n prestee - 24.com l e e r e n prestee - 24.com
LEER EN PRESTEER EKSAMENHULP BYLAAG TOT BEELD 5 AUGUST 2008 GRAAD 12
- Page 2 and 3: 011 713 9147 www.beeld.com kliek sk
- Page 4 and 5: JSE/Liberty Life Beleggingskompetis
- Page 6 and 7: • Siklogenese breedtelyne M Ruimt
- Page 8 and 9: Toerisme Gevallestudie Jy is in die
- Page 10: Inligtingstegnologie Algemeen Vanja
LEER EN PRESTEER

EKSAMENHULP BYLAAG TOT BEELD 5 AUGUST 2008 GRAAD 12
011 713 9147

www.beeld.com

kliek skool toe

Werkboeke vir

klasgebruik:

Skakel 011 713 9147

Skoolkoerantkursus

6 Sept Hoërskool Nelspruit

www.mik.co.za

Navrae

Leer en Presteer

Elize 083 380 1800.

Middelblad

Riana

082 852 8814

Lewenswetenskappe

Diversiteit, verandering en kontinuïteit

Biologie evolusie

Het jy al gewonder oor hoeveel verskillende soorte lewende organismes daar op

aarde is?

Het jy ook al gewonder hoeveel verskillende soorte organismes bestaan vandag

nie meer nie, omdat dit uitgesterf het?

Het jy al gewonder oor die veranderinge wat oor ’n baie lang tyd op aarde

plaasgevind het ten opsigte van klimaat, geologie en biodiversiteit?

1. Begrip evolusie

• Evolusie is ’n proses waardeur nuwe soorte organismes (spesies) uit

voorouerlike spesies ontwikkel oor ’n baie lang tydperk in ’n veranderde

omgewing.

• Tans aanvaar wetenskaplikes dat evolusie organismes toelaat om by hul

veranderende omgewing deur mutasies en natuurlike seleksie aan te pas.

• Die aarde is ongeveer 4 500 miljoen jaar oud en die eerste lewende

organismes het so 3 000 miljoen jaar gelede ontstaan.

• Lewe op aarde het van eenvoudige mikroörganismes tot komplekse

organismes oor miljoene jare ontwikkel.

• Natuurlike seleksie: Die proses waardeur organismes wat oor meer geskikte

eienskappe beskik om by die omgewing aan te pas, in staat is om te oorleef

deur te kompeteer vir voeding en hulpbronne, voort te plant, en hulself te

beskerm teen ander organismes en klimaatverandering.

2. Vernaamste vroeë evolusieteorieë

Lamarckisme

Darwinisme

Jean Babtiste de Lamarck (1744 – Charles Darwin (1809 – 1882, gebore

1829, gebore in Frankryk) se

in Engeland) se evolusieteorie:

evolusieteorie:

i. Spesies is nie in hul huidige vorm

i. Verworwe eienskappe kan oorgeërf geskep nie, maar het uit voorouerlike

word.

spesies ontwikkel oor ’n lang tyd.

ii. Organe wat meer gebruik word, sal ii. Organismes varieer binne ’n spesie,

verder ontwikkel en organe wat nie die variasie kan oorgeërf word en

gebruik word nie, sal verdwyn. lede van die spesie wat nie kan

iii. Organismes ontstaan spontaan.

iv. Die omgewing beïnvloed evolusie.

Lamarck se bekendste voorbeeld is

dat kameelperde se nekke langer

gerek het om die boonste blare aan ’n

boom by te kom.

Die teorie word tans nie meer erken

om evolusie te verklaar nie.

Lamarck was wel korrek deur te

verwys na die omgewing wat bydra tot

veranderinge by organismes.

aanpas by ’n veranderende

omgewing nie, sterf uit.

iii. Natuurlike seleksie is die meganisme

waardeur evolusie plaasvind om die

enorme verskeidenheid spesies op

aarde te vorm.

Darwin se waarneming van die

verskillende vinke met verskillende

snawels, op die Galapagos-eilande, is ’n

bekende voorbeeld. Die vinke eet nie

dieselfde voedsel nie en beset

verskillende ekologiese nisse. Daarom

kompeteer die vinke nie met mekaar vir

voedsel nie en bly elke spesie

voortbestaan.

Lamarck en Darwin het nie verstaan wat variasie binne ’n spesie veroorsaak nie,

asook hoe die meganisme van oorerwing werk nie. Mendel se werk oor genetika

het eers later bekend geraak.

3. Biologiese evolusie

• Biologiese evolusie word gedefinieer as die prosesse wat die frekwensie van

allele in ’n bevolking oor ’n tydperk verander.

• ’n Mutasie in ’n gameet se DNA-nukleotiedvolgorde verander ’n geen op

’n chromosoom ’n nuwe alleel vorm variasie in ’n kenmerk is moontlik

natuurlike seleksie vind plaas om voorkeur te gee aan ’n gunstiger

kenmerk by die spesie vir beter voortplanting en oorlewing spesiëring kan

plaasvind oor ’n kort tydperk (mikro-evolusie) en/of oor ’n lang geologiese tyd

(makro-evolusie).

’n Biologiese spesie is ’n groep organismes van dieselfde soort wat

onderling geslagtelik kan voortplant en ’n vrugbare nageslag voortbring.

• Mikro-evolusie vind op drie vlakke plaas:

a) Ekologies: As ’n spesie deur berge of oseane geskei word, ontwikkel dit later

in twee aparte spesies (allopatriese spesiëring); ’n spesie kan ook in twee

spesies verdeel wat in dieselfde gebied leef, maar voorkeur aan verskillende

voedselbronne gee en elk ’n eie ekologiese nis beset (simpatriese spesiëring).

b) Reproduktief: ’n Wyfie gee seksuele voorkeur aan die grootste/sterkste/

mooiste mannetjie van die spesie om nakomelinge met die beste gene voort te

bring. Paringsgedrag speel ’n belangrike rol. Verskillende spesies se broeitye

kan verskil en daarom kan hulle ’n gebied deel sonder om te kompeteer.

c) Geneties: Veranderinge in gene kan plaasvind deur mutasies. As die DNA

verander, verander die aminosuurvolgorde en dit lei tot ’n veranderde proteïen.

• Neutrale mutasie: As die proteïen se funksie nie verander nie, verander die

fenotipiese kenmerk nie en vind mikro-evolusie nie plaas nie.

• Noodlottige mutasie: As die proteïen se funksie verander, verander die

fenotipe en kan dit lei tot ernstige siektes en selfs die dood.

• Vaste mutasie: Sommige verandering in proteïene is voordelige fenotipiese

veranderinge wat die alelle geneties laat oorerf en dus vas raak in ’n

bevolking en mikro-evolusie vind plaas.

As daar veranderinge in die chromosoomgetal is, kan dit lei tot onvrugbare

nakomelinge en ’n spesie sterf uit.

• Inteling is wanneer nou-verwante organismes paar. Die geenpoel verklein en

daar is min variasie binne die spesie. Ressessiewe kenmerke kom dikwels

fenotipies tot uiting. As die omgewing verander, kan die spesie almal maklik

uitsterf. Voorbeeld: Jagluiperds.

• Uitteling is wanneer onverwante lede van ’n spesie paar. Die geenpoel

vermeerder en die dominante gene voorkom nadelige ressessiewe allele in ’n

bevolking.

• Geenvloei is wanneer nuwe organismes na ’n gebied migreer en nuwe gene na

die geenpoel bring. Dit lei tot uitteling om vrugbare hibriede te vorm.

• Makro-evolusie: Twee sieninge geld tans om aan te toon hoe nuwe spesies

uit voorouerlike spesies ontstaan:

a) Filetiese gradualisme: Vind stadig oor ’n baie lang tyd in klein stappies wat

mekaar geleidelik opvolg plaas.

b) Sprongteorie: Skielike veranderinge in die omgewing veroorsaak dat ’n spesie

skielik verander om ’n nuwe spesie te vorm om aan te pas om te oorleef. Die

spesiëring vind nie geleidelik plaas nie. Veranderinge vind plaas en vir ’n lang

tyd is daar nie verandering nie en skielik is daar weer ’n verandering. Dié teorie

pas die wetenskaplikes se gebrek aan sommige fossielgetuienis wat ontbreek

by die filetiese gradualisme-teorie.

4. Bewyse van evolusie

a) Fossielgetuienis: Fossiele is oorblyfsels van organismes wat bewaar is in

sedimentêre gesteentes (sand of klei), in ys en in amber (boomgom wat

verhard het). Ons land het baie fossiele opgelewer, veral in die Karoo, wat eens

’n vlak see was.

b) Anatomiese ooreenkomste: Liggaamstrukture van fossiele word vergelyk om

die verband tussen sekere skakels te vind. Paleontoloë probeer verklaar watter

spesies uit voorouerlike spesies ontstaan het.

• Analoë strukture het dieselfde funksie en getuig van konvergerende evolusie,

bv. ontwikkeling van vlerke by voëls, vlermuise en insekte.

• Homoloë strukture het soortgelyke kenmerke as ’n gemeenskaplike

voorouerlike spesie en getuig van divergerende evolusie, bv. die humerus,

radius en ulna in die voorste ledemate van amfibië, reptiele, voëls en soogdiere.

Padda Voël

Akkedis Mens

Homoloë voorste ledemate dui op ’n gemeenskaplike voorouer

c) Embriologiese ooreenkomste: Die vroeë embrio’s van die vis, kuiken, vark en

mens lyk baie na mekaar. Almal het ’n senuweestring met rugmurg en ’n

notochord wat in die werwelkolom. gaan ontwikkel, asook kieusplete en ’n

stert. Later differensieer die embrio’s om die nodige verskille te toon.

Ooreenkomste van werweldiere se embrio’s in ’n vroeë stadium

d) Biochemiese/molekulêre ooreenkomste: Organismes wat nou verwant is se

DNA stem grootliks ooreen. Dit dui op ’n gemeenskaplike voorouer. Nuwe

spesies se DNA-veranderinge het deur mutasies van gene of chromosome

ontstaan.

Alle lewende organismes beskik oor gemeenskaplike molekules soos die

stikstofbasiskodes vir DNA en RNA om 20 aminosure in volgorde te rangskik

vir proteïensintese om duisende soorte ensieme, hormone en ander

proteïenmolekules te sintetiseer.

5. Die geologiese tydskaal, teorieë oor die massa-uitsterwings op aarde en

evolusie van die mens word in die tips in Jip van 1 September behandel.

2 Leer en Presteer graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Augustus 2008
Fisiese wetenskappe

Vandag gaan ons ’n bietjie kyk na vrae in die afdeling oor ORGANIESE CHEMIE

Vraag 1

Hier volg die struktuurformules of gekondenseerde formules van ’n aantal organiese

molekules. Soek vir die funksionele groep in elke molekuul, en sê aan watter

homoloë reeks die molekuul behoort. Gee ook die IUPAC-naam.

• Ons trek ’n blokkie om die deel van

die ketting wat ons gaan vertel aan

watter homoloë reeks dit behoort.

• As jy kyk na dit wat binne in die

blokkie is, sal jy sien dat daar ’n

dubbel-binding tussen twee van die

koolstofatome is.

• Dus ’n ALKEEN.

• Die naam is dus propeen.

• Ons trek weer ’n blokkie om die

deel van die ketting wat dit

B H H H

O

kenmerkend maak.

• Hierdie keer is daar binne-in die

koolstofketting ’n suurstofatoom

en een van die koolstowwe langs

H – C

– C

– C

– O – C –

die suurstof-atoom is gebind met

nog ’n suurstofatoom. Die res

van die bindings tussen die

H H H

koolstowwe in die ketting is enkelbindings. • Dus ’n ESTER.

Die naam van die ester is propiel (dit is die CH 3CH 2CH 2-) metanoaat (een

koolstofatoom aan die ander kant van die O in die koolstofketting), d.w.s.

propielmetanoaat.

• Wat maak die molekuul anders? Kom

ons doen weer die blokkieding.

• Die deel van die molekuul in die

blokkie is –COOH en dit verwys na ’n

KARBOKSIELSUUR.

• Die ketting het twee koolstowwe, dus

etanoësuur.

• Hierdie molekuul lyk net soos ’n alkaan,

behalwe vir die –OH.

• Dit is dus ’n ALKOHOL.

• Die –OH is op die eerste koolstofatoom

(van regs) en die ketting is twee

koolstowwe lank, dus etanol.

• Ons het weer die blokkie-ding gedoen:

hierdie keer is dit ’n ALDEHIED.

• Dit is ’n 2-koolstofketting en die naam is

dus etanaal.

H Teken die

struktuurformule van

2-chloor-3-etielpentaan

• Ons moet dus die

volgende teken:

’n 5-koolstofketting met

enkelbindings (pentaan),

by die tweede koolstof ’n

chloor-atoom en by die

derde koolstof ’n etiel

(-CH 2CH 3).

I Teken die

struktuurformules vir

3 isomere van

C 5H 12.

• Wat is isomere? Dit

is molekules met

i dieselfde molekulêre

formule (C 5H 12).

ii verskillende

struktuurformules.

iii verskillende name.

H H H

H – C = C – C –

C CH 3CH 2CH(CH 3)(CH 2) 2CH 3.

• Hierdie is geskryf as ’n gekondenseerde formule.

• Ons kan dit ook skryf as CH 3CH 2CH(CH 3)CH 2CH 2CH 3.

• Ons kan nou een van die volgende twee opsies kies: of ons skryf dit as ’n

struktuurformule, of ons kyk wat is sy molekulêre formule.

• Sy molekulêre formule is C 7H 16 (tel die koolstofatome en die waterstofatome).

Dit moet dus ’n alkaan wees, want die algemene formule van die alkane is

C nH 2n+2.

• So lyk die struktuurformule: (die CH3) in die hakie kan ’n metiel wees.

H H H H H H H

H – C – C – C – C – C – C – C – H

H H |

H H H H

H – C

H

– H

• Soos jy duidelik kan sien, is al die bindings enkelbindings, en dit moet dus ’n

ALKAAN wees.

• Die gedeelte in die blokkie is ’n syketting en word ’n metiel genoem.

• Die sistemiese naam van die molekuul is 3-metielheksaan.

H

H –

H

H

O

H – C – C – O – H

H

H

– C – C – C

H

C

H

H

H

H – C – C – OH

H H

H

H – C – C – H

H

H

Cl

H

O

H H

A

E

H

C

H

F

G

H

– C – H

H – C – H

H

C

H

H

H

H H

H

H

– C – C – H

H

C

H

H

– C – H

H

Hierdie een se

naam is

2metielbutaan

(die 2 is nie

nodig nie, want

die metiel kan

slegs by ’n

tweede koolstof

wees.)

Die naam

van die

molekuul is

pentaan.

J Watter van die molekules wat ons in I geteken het, is lede van ’n versadigde

homoloë reeks?

Al drie. Die alkane is versadigde koolwaterstowwe. Hulle het enkelbindings en

daarom die maksimum aantal waterstofatome vir die aantal koolstofatome in

die ketting.

K Gebruik struktuurformules en skryf ’n vergelyking vir die halogenering van

propeen met chloorgas.

Halogenering is ’n vorm van addissie, en slegs onversadigde verbindings kan

addissie ondergaan. Propeen, wat onversadig is, reageer met chloor om ’n

halo-alkaan te vorm, wat weer ’n versadigde verbinding is.

H H

L Gee die IUPAC-naam vir die volgende molekuul:

CH 3(CH 2) 4CH==CH 2

• Kom ons vereenvoudig eers: CH 3CH 2CH 2CH 2CH 2CH==CH 2.

• Dit is ’n koolstofketting met 7 koolstowwe, ’n dubbelbinding en ’n molekulêre

formule van C 7H 14, dus ’n alkeen.

• Die dubbelbinding is na die eerste koolstof (van links af getel), dus 1-hepteen.

M Die vraag kom uit die voorbeeldvraestel van die DoE (verkort)

Die volgende tabel dui die invloed van verskillende alkoholvlakke in die bloed aan:

Die invloed van bloed-alkoholvlakke

% per volume Invloed

0,005 – 0,15 Verlies van koördinasie

0,15 – 0,2 Ernstige bedwelming

0,2 – 0,4 Verlies van bewussyn

0,5 Dood

1 Watter tendens kan in die kookpunte van die alkane en die alkohole afgelei word

uit die gegewens in die tabel?

2 Verstrek ‘n rede vir die tendens deur na die tipe intermolekulêre kragte te verwys.

3 Verduidelik, deur na die tipes intermolekulêre kragte te verwys, hoekom die

kookpunte van alkohole hoër is as die kookpunte van die alkane.

4 Mense word altyd gewaarsku om vloeistowwe soos petrol (‘n mengsel van

alkane) buite bereik van kinders te hou. Gebruik die kookpunte van alkane en

regverdig hierdie voorsorgmaatreël.

5 Verduidelik kortliks hoekom etanol ‘n hernubare energiebron is, terwyl alkane nie

hernubaar is nie.

Antwoorde:

1 Hoe groter die massa van die molekules (al hoe meer koolstowwe en

waterstowwe), hoe hoër word die kookpunte.

2 Hoe groter die massa van die molekules, hoe sterker is die intermolekulêre kragte

tussen die molekules. Hoe sterker die aantrekkingskragte tussen die molekules,

hoe meer energie is nodig om die kragte te breek en hoe hoër is die kookpunt.

3 Die intermolekulêre kragte tussen alkaanmolekules is baie swak, omdat die

molekules nie-polêr is (Van der Waals). Alkohole is deels polêr, en daarom sal die

aantrekkingskragte tussen die molekules sterker wees (waterstofbindings). Hoe

sterker die aantrekkingskragte tussen die molekules, hoe meer energie nodig om

kragte te breek, en hoe hoër is die kookpunt.

4 Alkane se kookpunte is oor die algemeen laag en dit sal dus maklik verdamp,

veral ook omdat die molekules nie-polêr is. Kinders kan dit dus onbewustelik

inasem. Verder is alkane brandstowwe en sal dus met die geringste vonk aan die

brand slaan.

Vrae 4 en 5 is ‘n tipe vraag wat konsentreer op die impak van chemie op die mens

en die omgewing. Hierdie soort vrae kan jy maar te wagte wees in die eksamen wat

voorlê. In elke afdeling in die sillabus kan daar moontlike vrae wees van hierdie soort.

Ek gaan dus nie die antwoord op vraag 5 gee nie. Gaan soek die term hernubaar op

en kyk of jy self by die antwoord kan uitkom.

Leer en Presteer graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Augustus 2008 3

H

H – C = C

Propeen

C 3H 6

H

H

C

H

H

C

H

H

C

H – C – H

H

H

– C – H

H –

H

C

– H

H |

H

H – C – C – C – H

H |

H

H – C

– H

Dimetielpropaan

H

– C – H + Cl – Cl ––> H – C – C – C – H

H

Cl Cl H

Chloorgas

Cl 2

H

H H

H

1.2 dichloorpropaan

C3H6Cl2

JSE/Liberty Life

Beleggingskompetisie

Gr 8-12

Navrae:

Idris 011 520 7168

Web: http://schools.jse.co.za
JSE/Liberty Life

Beleggingskompetisie

Gr 8-12

Navrae:

Idris 011 520 7168

Web: http://schools.jse.co.za

Wiskunde

Probeer die volgende vrae doen en kyk eers na die antwoorde aan

die einde wanneer jy al die vrae self uitgewerk het!

VRAAG 1: Analitiese Meetkunde

1.1 In die figuur is OABC ‘n parallelogram.

Die vergelyking van OA is y = x

4 .

Die gradiënt van OC is –1 en

B is die punt (2;3).

1.1.1 Skryf een eienskap van die hoeklyne

van ‘n parallelogram neer. (1)

1.1.2 Bepaal die vergelyking van AB. (3)

1.1.3 Bereken die koördinate van A. (4)

1.1.4 Bereken die grootte van CÔA korrek tot die naaste graad. (4)

1.1.5 Gestel A is die punt (4;1) en die hoeklyne van die parallelogram sny

mekaar in die punt K(1; 3 ). Bereken nou die koördinate van C. (4)

2

1.2 A(–a;–1) ; B(1;1) en C(5;5a) is punte op ‘n Cartesiese vlak.

1.2.1 Skryf die hellings van AB en BC in terme van a neer. (3)

1.2.2 Bepaal die waarde(s) van a as AB – | BC. (4)

1.2.3 Vir watter waarde(s) van a sal A, B en C ko-lineêr (saamlynig) wees? (5)

1.3 Gegee is die sirkel (x – 2) 2 + (y – 3) 2 = 20.

Die middelpunt van die sirkel is by C.

Die lyn 2y – x – 4 = 0 sny die sirkel by D en E.

1.3.1 Bereken die koördinate van D en E. (8)

1.3.2 Bewys m.b.v. analitiese metodes dat

DE ‘n middellyn van die sirkel is. (3)

1.4 Bepaal die vergelyking van die raaklyn aan die sirkel x 2 – 4x + y 2 + 2y = 5

in die punt R(1 ; 2). (8)

Totaal [47]

VRAAG 2: Trigonometrie

2.1.1 Skets die punt Q(6 ; –8) op ‘n Cartesiese assestelsel. (1)

2.1.2 Gebruik jou skets en bepaal OQ se lengte indien O die oorsprong is. (1)

2.1.3 0– is die hoek wat OQ met die positiewe x-as vorm. Bepaal sonder

sakrekenaar die waarde van tan0– sin0– . (3)

2.2 As dit gegee is dat cos 20° = b, skryf die volgende in terme van b:

2.2.1 cos 340° 2.2.2 sin 110° 2.2.3 sin 160° 2.2.4 cos 40° (10)

2.3 Bereken sonder ’n sakrekenaar die waarde van:

2.4 Bewys die volgende identiteite deur van die basiese identiteite

gebruik te maak:

2.4.1 (3)

2.4.2 Vir watter waarde(s) van x in die interval [0°;360°] is die identiteit in 2.4.1

nie gedefinieer nie? (2)

2.4.3 (5)

2.5 Bepaal sonder ’n sakrekenaar die algemene oplossing van 0– :

3cos 20– – 4 = 0 (5)

2.6 Bepaal sonder ’n sakrekenaar die waarde van:

sin 37°.cos 23° + sin 53°.sin 23° (4)

2.7 ‘n Rivier se oewers PQ en RS is ewewydig aan mekaar.

R en S is op dieselfde horisontale vlak as P en Q.

QT is ‘n toring wat loodreg by Q gebou is.

Q ˆSR = en Q ˆRS =

Die hoogtehoek van R na die bopunt van

die toring is 0– . R en S is q meter van

mekaar af. Indien ‘n persoon bo in die

toring (T) ‘n tou vanaf punt R aan die

oorkant span, bewys dat:

2.8.1 Skets die grafieke van f, g en h vir die interval [–180°;180°] waar:

f(x) = 2 cos x ; g(x) = 2 + cos x en h(x) = cos 2x

Voorsien die grafieke van duidelike byskrifte. (9)

2.8.2 Verduidelik waarom jy die grafiek van h sal gebruik om die volgende

vergelyking grafies op te los:

2 sin 2x = 1 (1)

2.8.3 Dui op die grafiek met hoofletters A, B, … aan waar jy die oplossing(s)

van 2 sin 2x = 1 sal aflees en gee die oplossing. (4) Totaal [58]

(6)

(5)

VRAAG 3: Transformasie Meetkunde

3.1 Gegee die sirkel x 2 + y 2 = 41.

3.1.1 Die sirkel word getransleer volgens die reël (x;y) (x + 2 ; y + 2).

Gee die vergelyking van die nuwe sirkel. (2)

3.1.2 Die punt A(4;5) lê op die oorspronklike sirkel. Die sirkel word nou vergroot

met ‘n skaalfaktor van 2,5 en punt word gebeeld in A’.

Gee die koördinate van A’. (1)

3.1.3 Indien die sirkel se radius halveer, wat sal met die omtrek van die sirkel

gebeur? (1)

3.1.4 Indien die sirkel se radius verdubbel, wat sal met die oppervlakte van die

sirkel gebeur? (1)

3.2 Beskou die volgende skets:

3.2.1 Toon aan dat ∆PQR ? ∆ABC deur ‘n reeks verplasings, refleksies en/of

rotasies te bepaal wat tot gevolg het dat ∆PQR bo-op ∆ABC sal skuif. (3)

3.2.2 Indien punt P deur ‘n hoek van 30° om die oorsprong geroteer word, wat sal

die nuwe koördinate wees? Gee die antwoord in wortelvorm. (2)

3.2.3 Punt R word deur 90° om die oorsprong geroteer. Wat is die nuwe

koördinate? (1)

3.2.4 Beskryf in woorde watter transformasie uitgevoer is om ∆PQR na ∆XYZ te

verskuif. (2)

3.3 Beskryf die volgende translasies in woorde:

3.3.1 (x ; y) (x – a ; y – b)

3.3.2 (x ; y) (–x ; y)

3.3.3 (x ; y) (–x ; –y)

3.3.4 (x ; y) (y ; x) (4) Totaal [17]

VRAAG 4: Data-hantering

4.1 Voltooi die volgende tabel op die antwoordblad:

Die figuur hierlangs is ‘n

kumulatiewe frekwensie

grafiek (ogief) wat die

aantal motors verby die

Da Gama-kafee, in ‘n

oostelike rigting, vir ‘n

dag voorstel. Die aantal

motors is in 2-uur

tydsintervalle getel.

4.2 Skets ‘n frekwensiegrafiek deur kolom 2 in 4.1 te gebruik en gebruik

dieselfde tydsintervalle. (6)

4.3 Wat is die modus in jou datastel? (1)

4.4 Wat is die mediaan in jou datastel? (1)

4.5 Wat is die gemiddeld van jou data? (1)

4.6 Lewer kommentaar op jou data se normaalverspreiding deur te kyk na

die grafiek by 4.2. (2)

4.7 Gee die vyfgetalopsomming vir jou data. (2)

4.8 Bereken die standaardafwyking. (3) Totaal [21]

Antwoorde op www.beeld.com – kliek skool toe.

4 Leer en Presteer graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Augustus 2008
Geografie

Eksamenwenke

Het jy geweet dat 50% van jou punte afhang van hoe jy jou vrae lees en

beantwoord! Dit is dus uiters belangrik dat jy nie net met die nodige kennis

gewapen is as jy eksamen gaan skryf nie, maar ook die regte tegnieke besit om die

vrae te beantwoord. Anders is jy soos ‘n soldaat wat na die oorlog gaan sonder ‘n

wapen. Bestudeer die volgende riglyne en maak seker jy verstaan wat van jou

verwag word teen die tyd dat jy in die eksamenlokaal kom. Bestudeer die volgende

uiteensetting vir die korrekte vraagkeuses en tydspandering in jou rekord - en

eindeksamenvraestelle.

Vraestel 1

ONTHOU:

• Moenie tyd mors deur eers die hele vraestel deur te lees en vrae te kies nie –

gebruik die 10 minute leestyd om vinnig deur die vraestel te gaan.

• Die vraestel bestaan uit VIER vrae.

• Jy moet DRIE vrae beantwoord.

• Elke vraag begin met kortvrae van 20 punte.

• LEES vraag 1 en 2 deur, KIES een vraag en DOEN die vraag.

• LEES vraag 3 en 4 deur, KIES een vraag en DOEN die vraag.

• LEES die oorblywende twee vrae en KIES een vraag en DOEN die vraag.

• Jy moet die vraag in geheel beantwoord.

• Indien jy tyd oor het, gaan weer deur jou antwoorde om seker te maak dat jy

elke vraag beantwoord het en niks uitgelaat het nie.

VRAAG INHOUD TYDSPANDERING PUNTE

AFDELING A 1 KLIMAAT EN WEER (50%) LEES 5 minute

FLUVIALE PROSESSE (50%) Kies een vraag.

Doen 55 minute 100

2 KLIMAAT EN WEER (50%) LEES 5 minute

FLUVIALE PROSESSE (50%) Kies een vraag.

Doen 55 minute 100

AFDELING 3 MENSE EN PLEKKE: LANDELIKE LEES 5 minute

B EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (50%) Kies een vraag.

MENSE EN HULLE BEHOEFTES (50%) Doen 55 minute 100

4 MENSE EN PLEKKE: LANDELIKE LEES 5 minute

EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (50%) Kies een vraag.

MENSE EN HULLE BEHOEFTES (50%) Doen 55 minute 100

TOTAAL Kies slegs DRIE van bogenoemde vrae 3 URE 300

ONTHOU:

• Al jou vrae is gebaseer op ‘n bylaag met grafieke en sketse wat by die

beantwoording gebruik moet word.

• Bestudeer eers jou bylaag met die toepaslike figure by elke vraag, voor jy besluit

of jy die vraag gaan kies.

• Verskeie van die antwoorde kom op die sketse voor - jy moet net weet hoe om dit

af te lees. Jy kan ‘n groot % van jou punte verdien deur die inligting van die

sketse af te lees en daarom moet jy tyd bestee om die inligting op die skets te

verstaan.

• Maak seker dat jy verstaan wat die vraag van jou verwag om te doen. Ken jou

vraagwoorde. Daar is ‘n verskil tussen die terme illustreer en verduidelik. Dit help

as jy jou opdrag met ‘n glanspen uitlig.

• Wees bedag daarop dat daar soms meer as een opdrag in ‘n vraag mag voorkom.

Merk dan beide met die pen.

• Maak seker of die vraag van jou verwag om die antwoorde vanaf die skets te kry,

of om jou eie antwoord te gee.

• Gee eers die antwoorde wat die duidelikste gesien kan word, voor jy jou eie

antwoorde gee.

• Kyk hoeveel die spesifieke vraag tel. Dit is altyd ‘n aanduiding van wat van jou

verwag word. Gee genoeg feite om punte te tel – dit help nie jy skryf al om

dieselfde punt nie! Skryf genoeg!

• Indien jy ‘n skets moet teken, maak seker of dit ‘n bo- of sy-aansig is, wat gevra

word.

Mense en hulle behoeftes

Hierdie hoofstuk ondersoek die ekonomiese aktiwiteite wat uitgevoer word en die

redes waarom sekere liggings daarvoor gekies word. Ekonomiese aktiwiteite word

deur ekonomiese, politieke, fisiese en sosiale faktore beïnvloed. Dit bepaal die

ontstaan, vatbaarheid en volhoubaarheid van die aktiwiteite in ‘n spesifieke gebied.

Ons kan die volgende ekonomiese sektore in enige land onderskei:

• Primêre sektor – ontginning van grondstowwe uit die natuur.

• Sekondêre sektor – verwerking van grondstowwe om waarde te vermeerder,

vervaardiging en konstruksie.

• Tersiêre sektor – dienslewering, bv. Produkverspreiding, professionele dienste

soos prokureurs.

Beeld – Leer en Presteer – Eksamenhulp

Graad 12 vervang Geografie van 5 Augustus

Leer en Presteer graad 12, bylaag tot Beeld, Maandag 11 Augustus 2008

• Maak ook seker dat jy alle byskrifte volledig aandui. ‘n Skets sonder byskrifte

beteken niks.

• Daar word soms in die vraag gespesifiseer dat jy twee of meer komponente moet

vergelyk of dat iets in tabelvorm gedoen moet word. Maak seker dat jy die opdrag

uitvoer omdat slegs inligting in tabelvorm in die geval gemerk sal word.

• Nommer in die middel van jou bladsy en los ‘n lyn na elke vraag oop. Dit word

deur die eksameninstruksies vereis en vergemaklik die nasienproses.

• Maak seker dat jou pen se ink nie te lig is nie, omdat dit soms moeilik leesbaar is.

• Waak teen ‘n deurmekaargekrap.

• Om eksamen te skryf, is op sy eie baie spanningsvol. Beplan jou tyd sodat jy

betyds by jou eksamenlokaal kan uitkom, anders veroorsaak dit net nog meer

spanning wat jou uitslae kan beïnvloed.

• Jy moet met elke eksamensessie jou ID-dokument en eksamenbrief met jou

eksamennommer in jou besit hê. Maak ‘n afskrif daarvan en bewaar dit by die

skool vir ‘n noodgeval.

• Werk vir jou ‘n studierooster uit voor jy met die eksamen begin. So verseker jy dat

jy lank genoeg voor die tyd begin leer .

• Moet nie rustige “af”- dae in jou studierooster inwerk nie. Dit verbreek jou roetine.

Vraestel 2

• Hierdie vraestel word altyd tweede geskryf.

• Die vraestel tel 100 punte en dek alle komponente van Geografie en moet in

90 minute voltooi word

• Daar kom geen keusevrae in dié vraestel voor nie, maar wel kortvrae soos

meervoudige keuses, identifisering, toepassing en interpretasievrae.

• Jy moet al jou formules ken en op enige kaart/foto kan toepas. Jou kaart sal

onbekend wees.

• Maak seker dat jy by jou berekeninge alle stappe aantoon, want punte word

daarvoor toegeken. Skryf ook die formule volledig uit.

• Ken die kaarttekens. Almal word nie aangedui nie en dit kan jou help om jou

vrae vinniger te beantwoord.

• Maak seker dat jy al die toerusting wat jy gaan nodig hê, by jou het. Jy sal nie

toegelaat word om te leen nie.

• Dit is belangrik dat jy met bekende toerusting werk. As jou liniaal onduidelik is

of jy ‘n nuwe sakrekenaar gebruik, kan dit jou berekeninge en antwoorde

beïnvloed.

• Gebruik ou topografiese kaarte en oefen al jou tegnieke en ou vraestelle as

voorbeelde daarop. Dit gee jou die selfvertroue om vrae op ‘n onbekende kaart

te beantwoord.

• Maak seker jy ken die verskil tussen die verskillende hulpbronne (kaart/foto).

• Alle vrae se antwoorde kom vanaf die kaart of lugfoto. Jy moet net weet

waarna om te kyk om jou antwoord te onttrek. Dit word slegs bemeester deur

baie inoefening.

• Jy kan nooit net die een hulpbron by identifisering- en interpretasie-antwoorde

gebruik nie – gebruik beide die kaart en foto. Jy moet oefen hoe om plekke te

soek.

• Alle komponente van Geografie word op die topografiese kaart toegepas.

Maak dus seker of die vraag van jou verwag om bv. ‘n klimatologiese of

ekonomiese verduideliking te gee.

• Werk netjies, leesbaar en akkuraat – gebruik die volle 90 minute tot jou

beskikking.

• Wanneer jy klaar is, gaan terug en kontroleer jou antwoorde sonder om na jou

eerste antwoord te kyk. Indien daar ‘n verskil is, werk dit ‘n derde keer uit om

seker te maak watter antwoord die korrekte een is.

• Jou kaarte en toerusting beslaan gewoonlik ‘n groter oppervlak as wat jou

eksamenbank jou toelaat. Versoek die hooftoesighouer om twee banke langs

mekaar te kan plaas, sodat jy genoeg spasie het om gemaklik te werk.

• Dit plaas baie stremming op jou sintuie om ‘n kaartwerkvraestel te

beantwoord. Dit is dus belangrik dat jy genoeg lig het om die inligting van die

kaart af te lees. Indien die beligting te swak is, moet jy die hooftoesighouer

daarop wys, sodat ‘n plan gemaak kan word.

• Kwaternêre sektor – gevorderde dienste wat gespesialiseerde kennis, tegniese

vaardighede, inligting en kommunikasievermoë vereis, bv. inligtingstegnologie.

By elk van die sektore is daar faktore wat dit bevoordeel en strem daarom sal daar in

sekere provinsies meer primêre aktiwiteite plaasvind, omdat die grond vrugbaarder is

en in ander meer sekondêre, omdat daar delfstowwe is en die een nywerheid

aanleiding gee tot die ontstaan van ander. Bestudeer die volgende tabel wat ‘n

opsomming van die aktiwiteite en die faktore saamvat. Onthou dat die sektore baie

nou met mekaar verbind is, die een is afhanklik van die bestaan van die ander. Indien

een sektor soos die primêre sektor skade ly, gaan dit dus ‘n direkte invloed op die

ander sektore hê.

SEKTOR FAKTORE WAT DIT BEVOORDEEL FAKTORE WAT DIT STREM VOORBEELDE BELANGRIKHEID VIR SA

PRIMêR Verskeidenheid klimaatsones.

Klein % van beskikbare grond is bewerkbaar. Landbou, mynbou, Verskaf voedsel. Voorsien

Lang groeiseisoen.

Armoede van boere.

bosbou, vissery, jag, grondstowwe. Genoeg steenkool vir

Genoegsame water.

Droogtes en vloede.

gruisgate en

krag.

Groot plat oppervlaktes.

Ondergrondse water beperk ontginning. steengroewe.

Indiensneming van werkmag

Vrugbare grond.

Siektes bv. bek- en klouseer.

Uitvoerprodukte.

Groot verskeidenheid minerale.

Rotsstortings

Werkverskaffing.

SEKONDêR Genoeg grondstowwe.

Fisiese faktore - grootte van land.

Swaar nywerhede bv. Geriefliker a.g.v. verbeterde

Steenkoolreserwes vir energie.

Politieke faktore – apartheid.

chemies, yster en staal, produkte. Welvaart neem toe.

Beskikbare arbeidsmag.

Sosiale faktore – stakings.

motorvoertuie.

Veroorsaak groei in ander sektore.

Groot mark.

Ekonomiese faktore – waarde van die rand. Ligte nywerhede bv. Verskaf werksgeleenthede.

Skakelnywerhede ontstaan.

Siektes – MIV/vigs, vertraag produksie.

bakkerye, slaghuise,

Goeie infrastruktuur

skoenfabrieke

TERSIêR Genoeg grondstowwe bv. steenkool vir Kundigheid van arbeiders.

Nutsdienste.

Instandhouding van infrastruktuur.

krag. Goeie infrastruktuur. Goeie Groot oppervlak wat bedien moet word. Baie Regeringsdienste. Dienslewering dui op ontwikkeldheid

opleidingsgeleenthede.

landstale waarin dienste gelewer moet word. Handel en vervoer. van land. Werkverskaffing.

Groei van beroepe.

Gesondheid. Vermaak. Opleiding van bevolking.

Lewering van meer dienste

Finansies.

Toerisme versterk ekonomie.

Vervolg op bl 8

011 713 9147

www.beeld.com

kliek skool toe

Om

breinkaarte

as

studiemetode

op te stel en

te benut –

kyk na

voorbeelde

van

5 Augustus

en stel joune

volgens die

nuwe

kurrikulum en

vandag se

uitgawe op!

Werkboeke vir

klasgebruik:

Skakel 011 713 9147

Navrae

Leer en Presteer

Elize 083 380 1800.

Middelblad

Riana

082 852 8814
• Siklogenese

breedtelyne

M

Ruimtelike

ontleding

M

Bestuurstrategieë

maatreëls

Mercator

berg- en

Lengteprofiel

landvorme

Plaaslike owerhede

bevoordeel

mynbou
Geografie

SEKTOR FAKTORE WAT DIT BEVOORDEEL FAKTORE WAT DIT STREM VOORBEELDE BELANGRIKHEID VIR SA

KWATERNêR Ontwikkelingsvlak van land.

Onkunde van arbeiders. Koste vir opleiding. Versameling en

Werkverskaffing.

Nuwe inligtingstegnologie.

Afhanklikheid van energieverskaffing.

verwerking van data, bv.

navorsing, inbelsentrums.

Versnelde dienslewering.

Nywerheidstreke in Suid-Afrika

Nywerhede is ‘n sekondêre aktiwiteit en behels die vervaardiging van produkte uit grondstowwe wat deur primêre bedrywighede ontgin word. Ons kan

nywerhede soos volg klassifiseer:

• Grondstofgeoriënteerde – waar die nywerheid naby aan die grondstof geleë is, omdat die grondstof moeilik vervoerbaar is.

• Markgeoriënteerde – waar die nywerheid naby aan die mark geleë is, omdat die produk maklik bederfbaar is, of te groot is om te vervoer.

• Vrye keuse – waar die nywerheid naby die mark of die grondstof kan ontwikkel. Daar is geen beperkende faktor wat dit beïnvloed nie.

• Brug – waar die nywerheid tussen die grondstof en mark geleë is, gewoonlik by ‘n hawe.

STREEK PRETORIA-WITWATERSRAND-VEREENIGING DURBAN-PINETOWN ( eThekwini ) SUIDWES-KAAP PE-UITENHAGE (Nelson Mandela Metropool)

Redes vir

ontwikkeling

Belangrikste

nywerhede

Beperkende

faktore

• Grondstowwe (goud, steenkool) • Goeie

landbousektor • Goeie infrastruktuur • Water uit

Vaalrivier • Beskikbare arbeid • Gekonsentreerde

mark • Energie (steenkool) • Goed ontwikkelde

vervoernetwerk (Gautrein) • Kapitaal

(buitelandse beleggers)

• Yster en Staal – MITTAL • Ingenieurswerke

• Chemikalieë – SASOL • Plofstowwe

• Metaalwerke • Voedsel en drank •

Motorvoertuie – BMW en Ford-motors

• Beperkte watervoorraad • Behuisingstekort

• Verkeersopeenhopings • Lugbesoedeling •

Nie-hernieubare bronne • Onbetroubare energie

voorsiening

Strukturele landvorme

LANDSKAP

HEUWELLANDSKAPPE

CANYON- en

KAROOLANDSKAPPE

Landvorme uit horisontale gesteentes

KLIMAAT

VOGTIGE

DROË

Plato

VORM

Geronde hellings. Diep

gronddekking. Fyn grond

a.g.v. chemiese verwering

Skerp, steil hellings

Dun laag grond a.g.v.

meganiese verwering

Growwe grond

BESKRYWING

Horisontale lae met eenvormige

weerstand teen erosie.

Nate en barste veroorsaak ‘n ru en

steil landskap.

Horisontale lae met afwisselende

weerstand teen erosie.

OORSAAK

Baie water veroorsaak:

• Massaverplasing

• Plaatvloei

Min of geen water

veroorsaak slegs vertikale

erosie

• Spooraansluiting met PWV • Hanteer

invoergoedere • Natuurlike hawe by Durban

• PWV-mark naby geleë • Genoeg water

• Beskikbare arbeid • Energie

–steenkoolbronne • Hulpbronne – warm,

vogtige klimaat • Reliëf – Gelyk kusvlaktes

• Markte in KwaZulu-Natal en buiteland

• Olieraffinaderye • Chemikalieë (AECI)

• Suikerraffinadery (Huletts) • Verf (Plascon)

• Papier (Sappi) • Voedselverwerking

• Motormontering (Toyota) • Tekstielstowwe

• Ligte nywerhede – skoene

• Hawe maksimum grootte • Bergagtige

binneland • Beperkte energiebronne

Ons kan landvorme identifiseer deur na die volgende te kyk:

• Is die gesteente massief (eenvormige gesteentemassa) of gelaag

(verskillende lae)?

• As gelaag, is die lae horisontaal of skuins?

• Is die gesteentes in die gebied ewe weerstandbiedend dus hard of sag?

• Is die klimaat vogtig of droog?

• Tyd wat gesteente aan erosie en verwering blootgestel is.

Hiervolgens kan ons die volgende drie tipes landvorme identifiseer:

Tafelkop Spitskop

Tafelberg

VOORBEELDE

Vallei van Duisend

Heuwels (KZN)

Plato, Canyon

Tafelberg, Tafelkop

Spitskop

Die volgende is ‘n skets wat die Karoo landskappe uitbeeld. Maak seker

dat jy dit op enige skets kan identifiseer.

Die landvorme se voorkoms word beïnvloed deur die klimaat waarin die

horisontale gesteentes geleë is.

GEBRUIKE

Landbouboerdery met

kontoerwalle. Nedersettings

Toerisme

Min waarde vir landbou

Toerisme

Hellende lae

Hellende lae ontstaan wanneer afwisselende rotslae met uiteenlopende weerstand

op so ‘n wyse gehef en gekantel word dat die lae teen dieselfde graad en in

dieselfde rigting kantel.

Die rûe wat ontstaan het ‘n eskarphang (steil helling) en ‘n duikhelling (geleidelike

helling). Daar kan drie tipes landvorme uit hellende lae ontstaan nl.

LANDVORM

HOMOKLINALE RUG

CUESTA

SKERPRUGBULT

KENMERKE

Duikhelling met 25º tot 45º

Duikhelling met 10º tot 25º

Duikhelling met 45º of meer

Plato

VOORBEELD

Sagte duikhelling met bewerkbare

grondsone

Sagte duikhelling met min grondsones

Steil duikhelling met min grondsones

Die volgende skets dui die verskil tussen die hellende landvorme aan.

• Grondstowwe (vis en sagte vrugte)

• Internasionale seeroete • Spoorverbinding

met noorde • Beskikbare

arbeid • Gekonsentreerde mark

• Geskiedkundige faktore •

Moederstad • Vervoer – op belangrike

seeroete

• Vis-inmaak (Lambertsbaai) • Tekstiel,

klere (Belville) • Vrugte, wyn (Paarl)

• Chemikalieë

• Afstand na binnelandse markte is

ver • Gebrek aan minerale • Beperkte

energiebronne • Bergagtigheid

• Beperkte waterbronne • Ver van

binnelandse mark

• Spooraansluiting met Kimberley • Hawe

vir uitvoer • Hawe is kunsmatig vergroot

• Sentraal langs kus geleë • Beskikbare

arbeid • Ligging geskik vir motormontering

• Oprigting van Coega-projek

• Motormontering (Delta) • Vrugteinmaakfabriek

• Motorbande (Continental)

• Leergoedere - Skoene • Tekstielstowwe

– Wol • Motoronderdele

• Afstand na binnelandse markte is ver

• Gebrek aan minerale • Beperkte

energiebronne • Beperkte vars water

• Gereelde stakings deur arbeiders

Invloed op menslike benutting:

• Veroorsaak dikwels verkeershindernisse.

• Die harde lae van die rûe lewer na verwering growwe, onvrugbare grondtipes wat

gewoonlik net vir bosbou aangewend kan word.

• Die sagte lae verweer tot fyn, vrugbare landbougrond.

• Komvormige cuestas is ideaal vir benutting van artesiese water.

• Moeilik bewerkbare oppervlaktes a.g.v. die steil hellings.

Massiewe stollingsgesteentes

Stollingsgesteentes ontstaan instrusief en word eers later deur erosie en verwering aan

die oppervlakte blootgesel.

Stollingsgesteentes is groot aaneenlopende massas maar besit tog nate en barste

omdat die hele massa nie teen dieselfde tempo afgekoel het nie.

Daar kan twee tipes struktuurlandvorme uit stollingsgeteentes vorm, nl.

GRANIETKOEPELS

• Granietbatoliet ontstaan onder die oppervlakte en word later as ‘n koepelvormige

granietmassa bo die grond ontbloot.

• Kan tot 100 meter bo andersins gelyk oppervlak uitstaan.

• Skildknoppe is plat, lae koepels.

STAPELROTSE

• Granietlakkoliet met wydgespasieerde nate.

• Afwisselende humiede en ariede tydperke veroorsaak verwering oor ‘n lang tydperk

wat onder die oppervlakte plaasvind.

• Humiede toestande veroorsaak chemiese verwering waar die verrottende

plantmateriaal die infiltrasiewater suur maak, wat help om die gesteentes in die

nate op te los.

• Ariede toestande veroorsaak dat daar nie baie plantegroei op die oppervlakte is om

die verweerde grond vas te hou nie en dit waai of spoel weg.

• Na jare word die opeengestapelde rotse bo die grond blootgestel.

Die volgende skets dui aan hoe stapelrotse vorm:

Landvorme uit stollingsgesteentes

Kernstene

INVLOED OP MENSLIKE BENUTTING:

• Harde koepelvormige oppervlakte en los opeengestapelde rotse maak dit moeilik

vir landbou. • Word vir toerisme gebruik. • Los rotse kan gebruik word om krale en

plaasmure te bou. • Granietontginning is ‘n primêre ekonomiese bedryf.

Hangvorme

Hange kan op twee maniere ontstaan nl.

• Endogeniese: Interne kragte soos plooiing en verskuiwing

• Eksogeniese: Ekstene kragte soos verwering, erosie en afsetting

Hangvorms kan die beste by Karoo-landvorms onderskei word.

HANGVORM

KRUIN

KRANS

PUINHANG

PEDIMENT-

VLAKTE

PLEK VAN VOORKOMS

Bo aan landvorm

Vertikale hang onder

kruin

Onder aan die krans

Aan voet van

landvorm

KENMERKE

Bolrond(konveks). Slegs 1 tot 2 m hoog.

Oorheersende prosesse: Verwering en

grondkruip

Vertikale dagsoom (harde gesteentelaag) is

ontbloot. Baie steil helling. Rotsstortings vind

van hier plaas. Oorheersende prosesse:

Rotsstortings en slooterosie

Opgebou uit verweerde material wat vanaf krans

daar versamel. Helling vorm ‘n hoek van 20º-34º

Oorheersende prosesse: Chemiese verwering

en slooterosie

Met prominente knakpunt van puinhang geskei.

Lae hoek met horison. Konkaaf (holrond).

Oorheersende prosesse: Plaatvloei, slooterosie

en afsetting

Leer en Presteer graad 12, bylaag tot Beeld, Maandag 11 Augustus 2008
Toerisme

Gevallestudie

Jy is in diens van ’n reisagentskap in jou dorp.

Jy moet ’n 14-dag toerplan vir die volgende persone saamstel:

• ’n Suid-Afrikaanse burger (’n verkoopspersoon) wat tans in New York, VSA

woon. Hy sal Suid-Afrika gedurende die Suid-Afrikaanse somer besoek.

• Sy Chinese vriend (’n rekenaartegnikus) en sy vrou (’n onderwyseres) wat

in Beijing woon sal in Suid-Afrika by hom aansluit, en

• ’n Suid-Afrikaanse vriend (’n onderwyser) van jou dorp sal saam met hulle

op die toer gaan.

Die Suid-Afrikaners sal vanaf New York vertrek en sy vriende vanaf Beijing.

Hulle sal op dieselfde dag op OR Tambo, Kaapstad- of Durban Internasionale

Lughawe land. (Kies die mees geskikte lughawe vir jou provinsie.) Hulle sal ’n

voertuig op die lughawe huur en na jou dorp ry waar hulle die nag sal

deurbring saam met hulle Suid-Afrikaanse vriend.

Die vriende is almal avontuurlustige natuurliefhebbers en is ook baie

geïnteresseerd in die lande se wildlewe, voëlkyk en kulturele erfenisterreine.

Jou toerplan word in drie fases verdeel:

Fase 1:

1. Jy moet ’n voorblad vir jou toer ontwerp. Onthou om ’n slagspreuk en logo te

gebruik.

2. Jy moet vir elke toeris ’n toeristeprofiel saamstel, bv:

Toeriste profiel

Naam, ouderdom, taal, nasionaliteit, belangstellings, beroep.

3. ’n Paspoortvorm moet ingevul word vir die Suid-Afrikaanse vriend vir sy besoek

aan Mosambiek. Aansoekvorms vir ’n Suid-Afrikaanse visum en paspoort kan

van die Departement van Binnelandse Sake verkry word – www.homeaffairs.gov.za.

Die dokumente en geld wat saam met die aansoek vir die

paspoort ingehandig moet word moet genoem word, bv. 2 paspoortfoto’s,

R180,00, Suid-Afrikaanse I.D. en aansoekvorms.

4. Die vlug van New York het 18 uur geduur. Jy moet die vertrektyd in New York

bereken as hy om 17:00 in Suid-Afrika aangekom het. Sy Chinese vriende het

vanaf Beijing na Hongkong gereis. (9 uur vlug) voordat hulle ’n aansluitingsvlug

na Suid-Afrika geneem het. Die tydsverloop van Hongkong tot in Suid-Afrika

was 10 uur en die plaaslike tyd in Suid-Afrika is 17:30 met hulle aankoms. Hulle

almal arrriveer op dieselfde dag.

4.1 Jy moet die Chinese paartjie se reistyd bereken. Jy moet ’n kaart insluit waar jy

aandui – reis wes van China na Suid-Afrika, so hulle kry ’n ekstra 6 uur by, want

Suid-Afrika is 6 uur agter China.

4.2 Bereken ook hoe laat hulle uit Beijing vertrek het.

4.3 Jy moet verduidelik waarom die plaaslike tyd nie was wat hulle verwag het toe

hulle in Suid-Afrika geland het nie. Jy moet jou inligting met ’n tydsonekaart

staaf.

4.4 Jy moet aan die Chinese paartjie raad gee oor hoe om vir vlugvoosheid voor te

berei. Jy moet die begrip ‘vlugvoosheid’ verduidelik. Drink baie water, rus voor

die vertrek, vermy alkoholiese drankies gedurende die vlug. Eet ligte etes, loop

so gereeld as moontlik rond om bloedsirkulasie te verbeter.

4.5 Jy moet die volgende vluginligting vir Mosambiek verskaf:

• Lugdiens.

• Vertrek- en aankomstyd van Suid-Afrika na Mosambiek.

• Vlugnommer.

• Dui die klas aan wat hulle kies en gee redes vir die keuse.

• Toegelate bagasievereistes.

• Ontwerp ’n instapkaart vir die Mosambiekse vlug (naam, lugdiens, vlugnommer,

naam van vertrek en aankoms lughawe, sitpleknommer, aanboordgaan,

heknommer “(boarding gate)”.

5. Buitelandse geldwisseling

5.1 Bereken die totale retoerprys vir die groep se vlug na Mosambiek in rand.

5.2 Skakel die vlugprys na Mosambiek om in die geldeenheid wat in Mosambiek

gebruik word. (Sluit ’n afskrif in van ’n geldwisselingstabel of verskaf ’n

buitelandse geldwisselingstabel uit ’n onlangse koerant of inligting van ’n

Buitelandse Valuta Verhandelingsafdeling van ’n bank.)

6. Jy moet ’n inligtingsboekie saamstel:

6.1 Stel ’n inligtingsboekie saam vir die Chinese vriende, wat hulle sal voorberei vir

hulle besoek aan Suid-Afrika en Mosambiek.

6.2 Die volgende inligting moet ingesluit wees:

• Veiligheidsinligting – dokumentasie vir die toergroep om toegang tot Mosambiek

te kry.

• Wenke vir toeriste oor veiligheid in Suid-Afrika en Mosambiek, bv. moenie

bagasie alleen los nie, moenie alleen loop in donker, verlate areas nie, gebruik

betroubare vervoer, hou altyd die deur van jou hotelkamer gesluit, hou deure

van voertuie altyd gesluit, moenie kleredrag oordoen nie, moenie soos ’n toeris

lyk nie, moenie waardevolle artikels vertoon nie, ry met toe vensters, moenie in

onbekende areas ronddwaal nie, vermy dit om in die nag te reis. Daar mag dalk

nog landmyne in Mosambiek se afgeleë areas voorkom.

• Gesondheidsinligting – verpligte inentings. Beide lande: geelkoorsinentings as

jy van hoë risiko-areas afkomstig is. Malariarisiko in die laeveld area van KZN,

Limpopo, Mpumalanga en Mosambiek. Bilharzia is ’n risiko in die sub-tropiese

areas. Meeste kraanwater is veilig om te drink in Suid-Afrika, maar nie in

Mosambiek nie. Moenie water uit damme of stroompies drink nie. Mosambiek:

Aanbevole inentings: Ingewandskoors, Hepatitis A, Tetanus en Meningitis.

Gebruik slegs gebottelde water. Pak medikasie in vir maagongesteldhede,

insekafweerders en sonbeskerming.

• Weer: Wat om in te pak: onthou die toer is in die somer. Hou die rëenvalareas in

gedagte, watter klere die toeriste sal benodig.

• Elektrisiteit: Suid-Afrika – 220 v, Mosambiek – 220/230 v.

• Bestuursinligting: Beide lande ry aan die linkerkant van die pad; moet ’n

rybewys ten alle tye by jou dra. Sitplekgordels is verpligtend; spoed.

• Inkopie-ure in beide lande.

• Banke

• Doeanevereistes: Mosambiek – ’n minimum van 5 van die volgende per

persoon – 400 sigarette, 50 sigare, 250 g tabak, 1liter sterk drank, 2,25

liter wyn, geldige paspoort vir ten minste 6 maande nadat jy Mosambiek

verlaat het.

• Doeanevereistes: Suid-Afrika – ’n minimum van 10 van die volgende

genoem – Belastingvrye toelae van 2 liter wyn per persoon, sterk drank

en ander alkoholiese drankies 1 liter per persoon, 20 sigare per persoon,

250 g sigarette van pyptabak, 250 ml Eau de Toilette, R500 se waarde in

geskenke, aandenkings, belasting van 20% op items oor die toegelate

limiet, geldige paspoort/reisdokument/visum, genoegsame fondse, retoer

vooruit vliegkaartjie, geelkoors indien deur geelkoorsgebied gereis word

op pad na Suid-Afrika.

• Die uitleg van jou boek moet logies, kreatief en netjies wees.

Fase 2

1. Jy moet die volgende inligting oor 5 akkommodasie-plekke wat jy gaan

gebruik, verskaf:

1.1 Naam van akkommodasie, bv. Bushman Sands

1.2 Tipe van akkommodasie, bv. Lodge

1.3 Ligging, bv. Alice Dale, Oos-Kaap

1.4 Fasiliteite 1.5 Tariewe 1.6 Redes vir keuse

2. Dag-vir-dag reisprogram

• Daar word van jou verwag om ’n 14-dag toerplan vir jou kliënte saam te

stel. Onthou die toer na Mosambiek is ’n pakkettoer, wat gewoonlik net

die landreëlings insluit.

• Die eerste dag moet op ’n briefhoof wat jy ontwerp het, gedoen word.

Onthou jou slagspreuk en logo. Verdere inligting soos die reisagent se

naam en kontakbesonderhede is belangrik.

• Elke dag moet op ’n aparte bladsy begin.

• Elke dag moet die volgende inligting insluit:

Opskrif

Hoe en waar elke dag begin.

Akkommodasie-inligting moet ingesluit wees.

Etes moet gespesifiseer word.

Tyd moet ingeruim word vir vryetyd en alternatiewe opsies moet gegee

word.

Inkopies, vermaak.

Vervoerbesonderhede (tipes vervoer, tyd, ens).

• Tyd moet by elke dag gevoeg word, bv.

08:00 Ontbyt – Glennburn Lodge.

09:00 Vertrek na die Sterkfonteingrotte.

3. Afstande en roetes

• Redelike tyd moet aangetoon word tussen afstande gereis van een

bestemming na ’n ander.

4. Besienswaardighede

• Begin in Suid-Afrika.

• Jou toer moet ten minste 8 besienswaardighede in Suid-Afrika insluit, en

een moet ’n Wêrelderfenisterrein en een ’n nasionale erfenisterrrein wees.

• Die volgende inligting moet verskaf word vir elke

besienswaardighed/attraksie: Beskrywing en tipe; aktiwiteite waaraan

deelgeneem kan word by die attraksie of bestemming.

• Mosambiek: (Die vier attraksies wat ingesluit is in die pakket moet aan

die bostaande kriteria voldoen.)

Fase 3

1. Roetekaart

• Jy moet ’n gedetailleerde roetekaart van jou toer in Suid-Afrika weergee.

• Die kaart moet die volgende inligting insluit:

• Die roete moet aangedui word wat gevolg gaan word.

• Ligging van akkommodasie.

• Besienswaardighede.

• Dui die afstande van die reis aan.

• Dui die lughawens/poorte aan van die twee provinsies wat besoek word.

• Sluit ’n afstandstabel van Suid-Afrika in.

• Gebruik sleutels of simbole om bogenoemde aan te dui.

2. Vervoerinligting

2.1 Kies ’n geskikte pakket vir ’n gehuurde motor van enige van die

motorverhuringsmaatskappye wat in die GSA-tydskrif adverteer. Sluit die

volgende inligting in:

• Maatskappy.

• Tipe voertuig.

• Ekstras – wat ingesluit is in die voertuig.

• Pakket wat gekies is bv Groep-A motor.

• Bereken die totale koste betaalbaar aan die motorverhuringsmaatskappy

vir die reis. Hou die volgende in gedagte: tariewe per dag, totale km

gereis, versekering, enige ekstras, bv. ekstra bestuurder, koste ingesluit

en uitgesluit in tariewe.

• Sluit bewyse in van alle koste, bv. advertensies, pryslyste, ens. Wys alle

bewerkings – geskatte koste soos in advertensies in die GSA-tydskrif.

3. Reisbegroting

3.1 Beplan ’n begroting om te bepaal hoeveel die toer sal kos. Gebruik slegs

Suid-Afrikaanse Rand.

• Vervoer: Vlugkoste na Mosambiek (retoerkaartjies) – motorhuur met

versekering en geskatte brandstofkoste. Wys alle berekeninge.

• Akkommodasie en etes.

• Vermaak, aktiwiteite, toegangsfooie.

• Inkopies, (geskatte bedrag).

• Jy kan advertensies, ens. insluit.

4. Buitelandse geldwisseling

4.1 Skakel die totale bedrag om van ZAR na JPY en VSD. Wys bewerkings

deur gebruik te maak van huidige wisselkoerse van die internet, koerante,

buitelandse valuta buro’s, ens.

Leer en Presteer graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Augustus 2008 9

JSE/Liberty Life

Beleggingskompetisie

Gr 8-12

Navrae:

Idris 011 520 7168

Web: http://schools.jse.co.za
Gasvryheidstudies

Afdeling A:

1. Soort wyn:

1.1 Hoekom word sommige tafelwyne “natuurlike” wyne genoem? [1]

1.2 Gee kortliks die verskil tussen stilwyn en natuurlike vonkelwyn bv. Perlé. [2]

A. Stilwyne:

B. Natuurlike vonkelwyne:

1.3 Gefortifiseerde wyne staan ook bekend as “versterkte” wyne. Hoekom? [2]

1.4 Hoekom moet die fermentasieproses gestop word (by versterkte wyn) en

moet alkohol bygevoeg word? [2]

2. Vonkelwynen sjampanje:

2.1 Bespreek die soorte vonkelwyn en sjampanje wat in S.A. verkoop word. [4]

2.2 Bespreek kortliks die vervaardigingsmetode van vonkelwyn in S.A. [2]

3. Die maak van wyn:

3.1 Wat is “mos”? [2]

3.2 Hoe verskil witwyn en rooiwyn se parsproses? [3]

A. Witwyn:

B. Rooiwyn:

3.3 Beskryf kortliks die fermentasieproses. [7]

3.4 Wat verstaan jy onder “versnitwyn”? [1]

4. Wyn etikette:

4.1 Soek ’n wynbottel se etiket en benoem die inligting wat daarop voorkom. [10]

4.2 Watter organisasie keur die egtheidseël om die wynbottel se nek goed? [1]

4.3 Wat is die doel van die egtheidseël? [2]

5. By watter temperature word die volgende dranksoorte bedien? [5]

5.1 Witwyn:

5.2 Rooiwyn:

5.3 Vonkelwyn:

5.4 Soetwyn:

5.5 Rosé wyn:

6. Kies die antwoord in kolom B wat pas by kolom A. [5]

KOLOM A ANTWOORD KOLOM B

Soort wyn Gepaste voedselsoort

6.1 Droë rooiwyn A Vis

6.2 Droë sjerrie B Nagereg

6.3 Dessertwyn C Beesvleis

6.4 Vonkelwyn D Sop

6.5 Droë witwyn E Oesters

7. Opberging van wyn:

7.1 By watter temperatuur moet wyn opgeberg word? [1]

7.2 Wat is die ideale opbergtoestande vir wyn? [5]

TOTAAL: 55

Afdeling B:

1. Opberging:

1.1 Watter opbergtoestande is die geskikste sodat die bottels se kurkproppe nie

uitdroog nie? [2]

1.2 Bespreek kortliks hoekom die kurkproppe nie mag uitdroog nie. [4]

1.3 Hoekom moet rooiwyn effens skuins gestoor word met die kurkprop na bo?

[2]

2. Aptytwekkers:

2.1 Noem twee soorte wyn wat geskik is vir aptytwekkers. [2]

2.2 Wat word ’n aptytwekker ook genoem? [1]

3. Wat is ’n wynwiegie? [1]

4. Hoekom word ’n wynwiegie vir rooiwyn gebruik? [3]

5. Skink van wyn:

5.1 Nadat die gasheer die bottel wyn goedgekeur het, word dit volgens ’n reël

ingeskink. [3]

Eerste:

Tweede:

Derde:

5.2 Die kelner beweeg om die tafel. [1]

5.3 Hoeveel glase wyn is daar ongeveer in een bottel wyn van 750 ml? [1]

5.4 Waar sit die kelner die bottels wyn sodra hy/sy dit ingeskink het? [3]

A. Witwyn:

B. Rooiwyn:

5.5 Wat staan die kelner te doen as die wynbottel leeg is? [2]

TOTAAL: 25

Afdeling C:

Bier

1. Noem die vyf geklassifiseerde soorte bier. [5]

2. Kies die antwoord in kolom B wat pas by kolom A. [5]

KOLOM A ANTWOORD KOLOM B

Bestanddele vir bier Doel van elke bestanddeel

2.1 Mout A Reageer saam met gis

2.2 Hops B Is die hoofbestanddeel

2.3 Suiker C Verskaf suiker vir fermentasie

2.4 Water D Vorm koolstofdioksied en

alkohol

2.5 Gis E Gee ’n bitter smaak

3. Glase vir bier:

3.1 Hoekom moet ’n bierglas silwerskoon wees? [1]

3.2 Hoe moet ’n bier ingeskink word? [3]

3.3 By watter temperatuur behoort bier bedien te word? [1]

3.4 Hoe hoog moet ’n goed ingeskinkte bier se kroon (kop) wees? [1]

3.5 Wat sal gebeur as:

A. Die bier te koud is? [1]

B. Die bier te warm is? [1]

Memorandum op webblad: www.beeld.com kliek skool toe.

10 Leer en Presteer graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Augustus 2008
Inligtingstegnologie

Algemeen

Vanjaar se graad 12-leerders is die eerste groep wat ’n nasionale senior sertifikaat

eksamen sal aflê in Inligtingstegnologie (IT). Dit is ook die eerste jaar wat die hele land

se graad 12 leerders dieselfde IT-vraestel sal skryf. Daarom het die Departement van

Onderwys duidelike riglyne na al die skole toe gestuur wat die spesifikasies vir die ITvraestelle

(asook al die ander vakke) betref.

Verder is daar voorbeeld-vraestelle met memorandums na al die skole toe gestuur.

Die voorbeeld-vraestelle met memorandums is op die webtuiste van die Departement

van Onderwys beskikbaar. Onthou net dat die memorandum wat voorsien is, slegs

een moontlike oplossing voorstel. Daar is altyd alternatiewe oplossings vir ’n

probleem wat ook reg kan wees – solank die oplossing die probleem wat gevra is,

volgens die gegewe spesifikasies sal oplos.

Dit is baie belangrik dat al die IT-leerders hierdie voorbeeldvraestelle goed deurwerk.

Die vraestelle wat aan die einde van die jaar geskryf sal word, sal soortgelyk wees

aan hierdie voorbeeld vraestelle. Leerders wat onseker is oor die praktiese vraestel

moet veral baie seker maak dat hulle al die vrae in die praktiese voorbeeld-vraestel

kan doen. Stel vir jouself soortgelyke vrae op en doen dit op die rekenaar.

Teorievraestel:

Tyd: 3 uur Totaal: 180 punte

Afdeling A: Meervuldige keuse 10 punte

Afdeling B: Hardeware en sagteware 50-60 punte

Afdeling C: E-kommunikasie, etiese en sosiale kwessies 20 punte

Afdeling D: Programmering en sagteware-ontwikkelling 50 punte

Afdeling E: Geïntegreerde scenario 40-50 punte

Afdeling E van die vraestel bevat ’n verskeidenheid van vrae uit al die verskillende

leeruitkomste.

Onthou:

• Al die werk van graad 10 tot 12 kan getoets word, hoewel klem sal val op die

Graad 11 en 12 werk.

• Leer: Definisies (om die ‘wat is’ vrae te kan beantwoord), waarvoor afkortings

staan, hoe goed werk (soos pakkieskakeling, paging, ens) en waar komponente

gebruik word en deur wie. Leer volledige definisies. Verkorte weergawes is die

meeste van die tyd nie voldoende nie.

• Leer: Teoretiese konsepte van programmering soos byvoorbeeld wat is

objekte, SQL, algoritme ens. Daar behoort ook prakties-georïenteerde vrae in die

vraestel te wees. Kyk na die vrae in afdeling D van die voorbeeldvraestel om ’n

idee te kry van die tipe vrae wat gevra kan word in hierdie afdeling.

In die eksamen:

• Leeswerk: Die voorbeeld-vraestel het baie leeswerk. Die finale vraestel sal

waarskynlik ook baie leeswerk hê. Onderstreep die kerngedeeltes in die vrae of

leesgedeeltes, sodat jy nie elke keer die hele paragraaf moet lees nie. Moet nie

oorhaastig wees nie – maak seker jy verstaan wat die vraag vra, voordat jy

antwoord.

• Tyd: Deel jou tyd baie goed in – gewoonlik een punt per minuut. Jy moet by al

die vrae uitkom. Doen dus eers al die maklike vrae en merk die vrae wat jy

oorslaan duidelik, sodat jy dit later kan beantwoord.

• Skryf eerder te veel as te min.

Praktiese vraestel:

Tyd: 3 uur Maksimum punte: 120

Afdeling A vir die Delphi-programmeerders en Afdeling B vir die Java

programmeerders.

Vraag 1: Databasiskonnektiwiteit en SQL 40 punte

Die volledige databasis asook die “dop” van program wat met die databasis koppel,

word gegee. Jy moet slegs die kode intik wat die SQL-stellings sal bevat om die

verskillende navrae uit te voer en die resultate te vertoon.

Voorbeeld: Gestel die databasis bevat twee gekoppelde tabelle naamlik PunteTb en

LeerderTb. Een van die opsies op die kieslys van toepassing- of navraag-program wat

gegee word, is: Bereken Promosiepunte.

Die SQL-stelling waarvoor jy punte gaan kry, sal soos volg lyk:

SELECT LeerderNaam, VakNaam, (Punt1 + Punt2 + Punt3) / 3 AS PromPunt

FROM LeerderTb, PunteTb

WHERE PunteTb.LeerderID = LeerderTb.LeerderID

Hierdie SQL stelling skep ’n veld met die naam PromPunt skep wat ’n berekende

waarde sal bevat waar die drie termyne se punte bymekaar getel en deur 3 gedeel

word.

Die gegewe program sal ’n aantal soortgelyke opsies op die kieslys hê waarvoor jy die

SQL-stellings moet intik. Hersien al die SQL-stellings in die teoriehandboek baie

deeglik.

Vraag 2: Objek georïenteerde programmering. ±50 punte

Leerders moet in staat wees om een of twee objekte te kan skep en dan ’n toetsklas

(hoof unit) te ontwikkel om objekte te skep en dan metodes van die klas(se) te roep.

Strukture soos tekslêers, skikkings en skikkings van objekte kan ingesluit wees in

hierdie vraag.

Tegnieke soos soek met/sonder ’n vlag, sorteer, kry die

hoogste/laagste/gemiddeld/totaal, verwyder/voeg by elemente van/by ’n skikking,

vertoon al die/sekere inligting kan gevra word.

Voorbeeld:

Skep ’n objekklas (ander unit) met die naam DiereXXXX. Skryf die volgende kode as

deel van hierdie klas:

1.1 Defineer ’n klas met die naam TDier wat die volgende privaat velde sal bevat:

Naam, ouderdom, gewig, klubgeld

1.2 Skep ’n konstruktor met die naam met parameter wat die naam, ouderdom en

gewig van die dier sal voorsien. Die klubgeld word later bereken. Initialiseer die

velde van die objek met hierdie waardes.

1.3 Skryf ’n toString-metode wat die inligting van een dier sal terugstuur in die

volgende string-formaat: Name, ouderdom, gewig en klubfooi

Voorbeeld:

Vlooi 12 4.5kg R 0.00

1.4 Skryf ’n metode om die klubfooi te bereken. Die gewig moet met die ouderdom

van die dier vermenigvuldig word.

1.5 Skryf get-metodes vir al die privaat velde van die dier-objek.

1.6 Skryf ’n set-metode sodat die gebruiker die gewig van die dier met ’n

toepassingprogram kan verander, indien nodig.

Oplossing:

unit DiereXXXX;

interface

uses SysUtils;

type

TDier = class

private

Naam :string;

Oud :integer;

Gewig :real;

Fooi :real;

public

constructor create(sNaam:string;iOud:integer;rGewig:real);

Function toString:string;

Procedure setGewig(rGewig:real);

Procedure berekenFooi;

Function getNaam:string;

end;

implementation

constructor TDier.create(sNaam:string;iOud:integer;rGewig:real);

begin

Naam := sNaam;

Oud := iOud;

Gewig := rGewig;

Fooi := 0.0;

end;

Function TDier.toString:string;

begin

result := Naam + #9 + IntToStr(Oud) + #9 + FloatToStr(Gewig)+ #9 +

FloatToStrF(Fooi,ffCurrency,10,2);

end;

Procedure TDier.setGewig(rGewig:real);

begin

Gewig := rGewig;

end;

Procedure TDier.berekenFooi;

begin Fooi := Oud * Gewig;

end.

In die tweede gedeelte van hierdie vraag moet jy die data van die diere uit ’n

tekslêer na ’n skikking van objekte kan lees.

Verder moet jy die metodes van hierdie objek kan gebruik om sekere opdragte uit

te voer. Byvoorbeeld:

• Gebruik die toString-metode om die inligting van al die diere op die skerm

te vertoon.

• Vertoon ’n genommerde lys met al die name van die diere op die skerm

(gebruik die getNaam-metode). Die gebruiker moet die nommer van die dier

intik water gewig verander moet word. Gebruik die setGewig-metode om die

gewig van die dier te verander.

Kyk na die memorandum van die voorbeeld-vraestel se tweede vraag om te sien

hoe die oplossing van die vraag sal lyk. Probeer om self nou hierdie volledige

vraag te doen op die rekenaar. Gebruik die memorandum van die voorbeeldvraestel

as riglyn.

Vraag 3: Algemene programmeringsvaardighede ±30 punte

Algemene programmeringsvaardighede en tegnieke sal getoets word. Hierdie

vraag kan strukture tekslêers en een-/tweedimensionele skikkings bevat.

Tegnieke soos soek met/sonder ’n vlag, sorteer, kry die

hoogste/laagste/gemiddeld/totaal, verwyder/voeg by elemente van/by ’n skikking,

vertoon al die/sekere inligting kan gevra word.

Samevatting van vaardighede en tegnieke wat belangrik is vir die praktiese

eksamen:

• Skikkings

o Eendimensionele skikking/skikking van objekte

o Gebruik van ’n heelgetal veranderlike om die aantal elemente van die

skikking te bepaal (teenoor die grootte van die skikking)

o Voeg objekte/primitiewe elemente in ’n skikking in

o Verwyder objekte/primitiewe elemente uit ’n skikking

o Sorteer die elemente van ’n skikking

o Verwerking van ’n skikking (bv. optel, gemiddeld, uitsoek, lys, ens)

• Tekslêers

o Koppel lêerveranderlike met tekslêer op die disket

o Oopmaak en toemaak van ’n tekslêer

o Stap met ’n lus deur die tekslêer

o Kry data van ’n tekslêer af (insluitend lees reëls uit ’n tekslêer)

o Stuur data na ’n tekslêer toe (insluitend skryf reëls na ’n tekslêer)

• Algemene konsepte

o Karakterhantering

• Bou ’n string op (aaneenskakeling)

• Enkripsie/dekripsie

• Tel woorde

• Verwyder items

• Skakel items om van ’n string

• Verander van hoof- na kleinletters en andersom

• Formattering van desimale waardes (bv. geen desimale plekke, ens)

• Formattering van afvoer bv gebruik van en

karakters/gebruik van die printf funksie (in Java)

o Basiese wiskundige manipulasie

o Lusse (al 3 lusse)

o Besluitneming - if, switch/case

o Omskakeling van tipes volgens spesifieke tale

Leer en Presteer graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Augustus 2008 11

end;

Function TDier.getNaam:string;

begin result := Naam;

end;

JSE/Liberty Life

Beleggingskompetisie

Begin: 14 Maart vir gr 8-12

Navrae:

Idris 011 520 7168

Web: http://schools.jse.co.za