02.05.2013 Views

ATKV AbbAsorg Gemeenskapsprojek Cloetesville

ATKV AbbAsorg Gemeenskapsprojek Cloetesville

ATKV AbbAsorg Gemeenskapsprojek Cloetesville

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Augustus/September

Kyk so n cheeky hondjie

ATKV AbbAsorg Gemeenskapsprojek

Cloetesville

Ons moet ook so dapper, vol selfvertroue en positief wees.

Die winter is besig om stoom te verloor en dit voel al of dit darem bietjie warmer wil word.

Elke maatjie ontvang n mussie om die oortjies warm te hou teen die Kaapse koue. Baie dankie aan Adre en

haar ondersteuningsspan wat aan ons die wol verskaf het.

Lyk ons nie mooi nie? Pragtig!

Juffrou Theresa Dankie aan almal wat so hard gebrei het

Brandweer

30 Augustus breek toe uiteindelik aan. Die Brandweer sou al die vorige week gekom het, maar Reen het dit

gekanselleer. Die maatjies was bietjie skrikkerig, maar hul opgewondenheid het gou die oorhand gekry. Die

vriendelike brandweer manne het baie mooi verduidelik en gedemonstreer wat gedoen moet word as daar n

brand uitbreek. Hulle was beindruk oor die maatjies die brandweer se nommer geken het.

Werwingswerk – almal wil graag eendag

brandweer manne en –vroue word.

Die beste word egter vir laaste gehou! Ons is buite getrakteek op skuim en nogmaals skuim. Die maatjies het

hulself so geniet; ek dink hulle het daardie nag gedroom van brandweer. Ons is toe almal in die brandweertrok

en het vir omtrent 20 minute rondgery in Cloetesville se strate.

Maatjies geniet hulself

Vroue gesondheidspraatjie

Vrydag, 14 September het die susters van die Aan-het-Pad Kliniek eindelik by ons uitgekom. Die praatjie het

gehandel oor vrouegesondheid, leefstylsiektes (hoebloeddruk, suikersiekte), TB en VIGS. Die suster en berader

het openlik gepraat oor alles waaroor gewoonlik gefluister word. ‘n Onderwerp wat baie reaksie uitgelok het,

was die okkapyp.

Die berader het die dames uitgedaag om op te staan vir hul regte en om nie net altyd die minste te wees nie.

Hulle het ook gepraat oor voorbehoeding en aan die dames gewys hoe die vroulike kondoom lyk en hoe om dit

te gebruik.

Ek dink ons almal het iets geleer. Die aanbieders het hulself goed van hul taak gekwyt en hulle het gepraat op

die vlak wat almal wat teenwoordig was, wel verstaan het.

Fetale Alkohol Sindroom

Yumna Martin van het ingestem om met ons te kom praat oor Fetale Alkohol

Sindroom. Ons het almal wat belang het by ons kinders en ook hulle wat nie kinders by ons het nie (ouers,

oumas, oupas, tannies en selfs hoerskool kinders ) uitgenooi na die praatjie. 9 September was Fetale Alkohol

Sindroomdag.

Vrydag, 21 September reen dit katte en honde en slegs 18 dames daag op. Mev. Martin het die drie

verskillende vorme van Fetale Alkohol Sindroom verduidelik. Alhoewel FAS nie genees kan word nie, is dit

tenvolle voorkombaar en die keuse lê by elke vrou om te sorg dat sy geen alkohol gebruik tydens swangerskap

nie. Sy het beklemtoon dat daar n groot verantwoordelikheid op ons rus om mense te vertel en te waarsku

teen die gebruik van alkohol. Daar was goeie interaksie tussen mev. Martin en die mense wat gekom het.

Hulle het vrae gevra en hul bekommernisse uitgespreek oor jong meisies wat swanger is en dan drank gebruik.

Mev. Susan Moses van Maatskaplike Dienste het gevra of sy die byeenkoms kan bywoon, want sy is die

maatskaplike werker verantwoordelik vir die rëel van middel afhanklike programme in Cloetesville.

Na die afsluiting is die dames getrakteer op oom David se heerlike muffins.

Ons is baie dankbaar teenoor Spar, Idasvallei wat elke Maandagoggend rolletjies en brood aan ons skenk. Een

week het ons so baie gekry dat ons die dames by die sopkombuis kon ondersteun. As daar van die brood en

rolletjies oor is teen Vrydag deel ons dit uit aan die gesinne wat ons weet dit baie nodig het.

Die handwerkprojek het ook afgeskop en die eerste projek is die maak van n skinkbord. Elke Donderdag kom

ons bymekaar en dan drink ons tee, ruil gedagtes, sit in die son, stig mekaar en ons werk darem ook. Hope se

ouma het al ‘n bestelling gekry vir ‘n skinkbord.

Ek sien hoe trots almal is op hul handewerk en daarmee saam groei die selfvertroue. Mense voel hulle is iets

werd. Sekere goed kan geld nie koop nie.

Robert. F. Kennedy het gese: Sommige mense sien dinge soos dit is, en vra: “hoekom?“

Ek droom van dinge wat nog nooit was nie, en vra: “hoekom nie?“

Cloetesville span

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!