Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

Ken die mielie.pdf - Pannar Seed Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

pannarseed.co.za
from pannarseed.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

1VAN PLANT TOT OPKOMS Foto 1: Die effek van verskillende plantdieptes op saadontwikkeling. Let op na die verskil in saadontwikkeling, waar saad te diep geplant is (regs) tot ’n optimale diepte (links). Hoe dieper die saad geplant is, hoe laer is die grondtemperatuur, wat ’n onegalige plantestand tot gevolg het. Let op na die saad waar die koleoptiel om die saad gedraai is, dit is tipies van saad wat te diep geplant is. 1 4 SAADBED Die waarde van ’n goed voorbereide saadbed kan nie oorbeklemtoon word nie. Dit skep ’n ideale basis vir groeikragtige en egalige plante teen die verlangde plantbevolking. Dit vorm ook die fondasie vir ’n goeie graanoes. SAAD Die oesverwagting begin by die saad. Saad is die eindproduk van ’n lang, duur, teel- en produksieprogram. Opgesluit in die saad is die oespotensiaal en sekere eienskappe wat die beste voordele uit klimaat- en grondtoestande kan voortbring. VEREISTES VIR GOEIE PLANTBEVOLKING Drie vereistes van uiterste belang: • Vogtoestande moet gunstig wees. ’n Reënbui van 25 mm sal normaalweg verseker dat daar genoegsame vog in die grond is om te begin plant, indien die ondergrond nat is. • Genoeg suurstof. • Minimum grondtemperature verkieslik bo 15˚C is belangrik. Die temperatuur tydens plant moet optimaal wees. Mieliesaad sal nie ontkiem by grondtemperature onder 10˚C nie. Die ideale temperatuur is 18˚C en hoër. ’n Tekort of in sekere gevalle te veel (bv. versuiptoestande) van die bogenoemde elemente kan ’n nadelige invloed op die finale plantestand en die egaligheid van die plante hê. BESTUURSWENKE • Vroeë aanplantings moet so vlak as moontlik geplant word. Diep plant beteken laer grondtemperature wat vertraagde ontkieming en onegalige stand tot gevolg het. • Bandplaas kunsmis ten minste 5 cm dieper en 5 cm weg van die saad, om chemiese brand te voorkom. Dit is veral op sanderige gronde noodsaaklik. • Moet nie meer as 60 - 70 kg stikstof (N) plus kalium (K) per ha in die band by 90 cm rye plaas nie, want dit kan tot chemiese brand lei. Vir 2.1 meter rye moet nie meer as 40 kg/ha in die ry geplaas word nie. • Probeer korsvorming van die grond voorkom of hef die probleem so gou as moontlik op. Behandel die saad met geregistreerde insekdoders om insekskade te beperk. • ’n Onkruidvrye saadbed na opkoms gee die jong mielieplant die beste geleentheid om goed te ontwikkel. Egalige saailinge en stand vorm die basis van ’n goeie oes. DIE EFFEK VAN VERSKILLENDE PLANTDIEPTES OP SAADONTWIKKELING

2 27°C 20°C G4 G3 G2 G1 G0 14°C Foto 2: Verskil in tempo van ontwikkeling by 14˚C, 20˚C en 27˚C in die grond, oor ’n tydperk van 5 dae. WORTELS LÊ DIE GRONDSLAG VIR ‘N BELOWENDE OES Wortelontwikkeling het ’n belangrike invloed op die opbrengspotensiaal. Wanneer daar gekyk word na ’n mielieland is dit gewoonlik die algemene voorkoms, plantestand en kleur wat ’n mens die meeste beïndruk. Baie min mense besef egter dat dit wat bo die grondoppervlak sigbaar is, ’n manifestasie is van wat onder die grond besig is om plaas te vind. DIE EERSTE WORTELSTELSEL Die kiem of primêre wortelstelsel van die mielieplant begin voor opkoms funksioneer en speel ’n belangrike rol in die verwesenliking van die potensiaal van die plant. Dié wortels funksioneer tot die laaste stadium van graanvulling. Kiemwortels begin twee tot drie dae nadat die saad geplant is te ontwikkel. Dié wortelstelsel is feitlik ten volle ontwikkel met opkoms. Hierdie wortels voed op die endosperm (die meelgedeelte van die saad) en ontwikkel baie vinnig om die hoof wortelstelsel van die mielieplant tot by vyfblaarstadium te vorm. Dit funksioneer tot lank in die groeiseisoen van die plant. Vanuit die bogenoemde inligting is dit duidelik dat die regte bestuur voor planttyd, baie bydra tot goeie wortelontwikkeling. ’n Goeie praktyk is om so vlak as moontlik te plant met vroeë aanplantings, omdat die grondtemperatuur afneem met ’n toename in diepte. Die belangrikheid hiervan word beklemtoon deur die feit dat opkoms met tot twee weke vertraag kan word, wanneer te diep geplant word. Kiemwortels toon ’n swak reaksie tot algemene grondvrugbaarheidsvlakke, maar reageer baie goed op bandgeplaasde kunsmis. Vroeë wortelontwikkeling kan dus bevorder word deur klein hoeveelhede fosfaat naby of op die pit te bandplaas, tydens plant. Wees egter versigtig om kunsmis met baie stikstof en kalium naby die saad te plaas. Dit kan klein plantjies brand of selfs laat vrek. 3 4 Foto 4: Uitstekende wortelontwikkeling in die eenblaarstadium. Primêre wortels kan duidelik gesien word op die foto. Foto 3: ’n Gesonde wortelstelsel vorm die basis vir ’n suksesvolle oes. Die linkerkantste saailing is beskadig deur grondinsekte en sal ’n swak plant tot gevolg hê. 5

1VAN PLANT TOT

OPKOMS

Foto 1: Die effek van verskillende

plantdieptes op saadontwikkeling. Let op

na die verskil in saadontwikkeling, waar

saad te diep geplant is (regs) tot ’n optimale

diepte (links). Hoe dieper die saad geplant

is, hoe laer is die grondtemperatuur, wat ’n

onegalige plantestand tot gevolg het. Let

op na die saad waar die koleoptiel om die

saad gedraai is, dit is tipies van saad wat te

diep geplant is.

1

4

SAADBED

Die waarde van ’n goed voorbereide

saadbed kan nie oorbeklemtoon word

nie. Dit skep ’n ideale basis vir groeikragtige

en egalige plante teen die

verlangde plantbevolking. Dit vorm

ook die fondasie vir ’n goeie graanoes.

SAAD

Die oesverwagting begin by die saad.

Saad is die eindproduk van ’n lang,

duur, teel- en produksieprogram. Opgesluit

in die saad is die oespotensiaal

en sekere eienskappe wat die beste

voordele uit klimaat- en grondtoestande

kan voortbring.

VEREISTES VIR GOEIE

PLANTBEVOLKING

Drie vereistes van uiterste belang:

• Vogtoestande moet gunstig wees.

’n Reënbui van 25 mm sal normaalweg

verseker dat daar genoegsame

vog in die grond is om te

begin plant, indien die ondergrond

nat is.

• Genoeg suurstof.

• Minimum grondtemperature verkieslik

bo 15˚C is belangrik.

Die temperatuur tydens plant moet

optimaal wees. Mieliesaad sal nie

ontkiem by grondtemperature onder

10˚C nie. Die ideale temperatuur is

18˚C en hoër. ’n Tekort of in sekere

gevalle te veel (bv. versuiptoestande)

van die bogenoemde elemente kan ’n

nadelige invloed op die finale plantestand

en die egaligheid van die plante

hê.

BESTUURSWENKE

• Vroeë aanplantings moet so vlak as

moontlik geplant word. Diep plant

beteken laer grondtemperature wat

vertraagde ontkieming en onegalige

stand tot gevolg het.

• Bandplaas kunsmis ten minste 5 cm

dieper en 5 cm weg van die saad,

om chemiese brand te voorkom.

Dit is veral op sanderige gronde

noodsaaklik.

• Moet nie meer as 60 - 70 kg stikstof

(N) plus kalium (K) per ha in die

band by 90 cm rye plaas nie, want

dit kan tot chemiese brand lei. Vir

2.1 meter rye moet nie meer as

40 kg/ha in die ry geplaas word nie.

• Probeer korsvorming van die grond

voorkom of hef die probleem so gou

as moontlik op. Behandel die saad

met geregistreerde insekdoders om

insekskade te beperk.

• ’n Onkruidvrye saadbed na opkoms

gee die jong mielieplant die beste

geleentheid om goed te ontwikkel.

Egalige saailinge en stand vorm die

basis van ’n goeie oes.

DIE EFFEK VAN VERSKILLENDE

PLANTDIEPTES OP SAADONTWIKKELING

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!