02.05.2013 Views

Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

mielie blaarskroei epidemie die mielieoes

in Amerika vernietig, met verliese

van meer as een bijoen dollar aan die

land se hoof graangewas. Die blaarskroei

veroorsaak deur ‘n swam, kom

tans steeds voor in alle mielieproduserende

dele van die wêreld, maar

die verspreiding daarvan word relatief

goed onderdruk deur middel van

genetiese bestandheid.

Plantsiektes het ook in Suid-Afrika in

die onlangse verlede groot vernietigingswerk

gedoen. Veral waar siektes

onverwags die land binnegekom het

en ‘n gebrek aan kennis oor die siektes

en beheermaatreëls of bestande

kultivars tot gevolg gehad het dat

grootskaalse siekte-epidemies massiewe

verliese veroorsaak het.

Gedurende Augustus – Oktober 1996,

het streeproes op koring, veroorsaak

deur Puccinia striiformis f.sp. tritici,

vir die eerste keer in die Wes-Kaap

voorgekom. In hierdie seisoen

alleenlik, het dit skade van R30 miljoen

veroorsaak, en het in die daaropvolgende

seisoen gestyg tot ‘n totaal

van R70 miljoen vir die hele SA

koringproduserende gebied. Roes op

sojabone en Karnalbrand op koring

het albei vir die eerste keer in 2001 in

SA voorgekom en het groot impak op

hul onderskeie bedrywe gehad.

Siektes verminder nie net die oesopbrengs

van gewasse nie, maar

degradeer ook die kwaliteit van die

produk, soos die vermindering van die

olie-inhoud van sonneblomsaad (die

gevolg van roes) of die kosmetiese

beskadiging van vrugte, wat dit ongeskik

maak vir die uitvoermark.

Indirekte verliese a.g.v. verskuilde

kostes rondom beheermaatreëls,

kwarentyn en gevolglike in- en uitvoerbedrywe

is aspekte wat dikwels nie

eers in ag geneem word as skade a.g.v

siektes vereken word nie.

SIEKTE ONTWIKKELING EN

BEHEER

Alle siektes veroorsaak deur patogene,

is die resultaat van ‘n interaksie tussen

% SIEKTE

120

100

80

60

40

20

0

die gasheerplant, ‘n patogeen en

omgewingsfaktore soos lig, temperatuur

en vog. Omgewingsfaktore het

‘n invloed op die ontwikkeling van

beide die gasheer en die patogeen.

Hierdie interaksie staan algemeen

bekend as die siekte driehoek, en

wanneer enige een van die komponente

ontbreek sal siekte nie voorkom

nie. (Fig. 4)

Fig. 4

PATOGEEN

GASHEER

DIE SIEKTE DRIEHOEK

OMGEWING

Die ontwikkeling van ‘n siekte of

epidemie is afhanklik van 3 faktore:

(1) Die aanvanklike hoeveelheid

siekte-veroorsakende organismes

(inokulum) teenwoordig

(2) Die tempo waarteen die siekte

kan versprei en

(3) Die tyd beskikbaar vir die siekte

om te ontwikkel en te versprei

Die normale ontwikkeling van ‘n

epidemie, grafies geplot volg gewoonlik

‘n sigmoidale of die bekende

(S-kurwe) kurwe (Fig. 5A). Aanvanklik

begin die siekte stadig, daar is min

inokulum en infeksie is stadig. Sodra

infeksie egter vestig, word vinnig baie

nuwe inokulum (bv roesspore) gevorm

in siklusse van herinfeksie en neem

die siekte baie vinnig (logaritmies of

eksponensieel) toe (Fig. 5A). Die siekte

begin later afplat (Fig. 5A) waar daar

nie meer plantmateriaal is om te

infekteer nie (alles is nou siek), en ook

as die omgewingstoestande ongunstig

raak vir infeksie en die groeiseisoen

vir die gasheer kom tot ‘n einde.

Siekte beheerstrategieë is daarop gemik

om die gasheerplant se groei en ontwikkeling

te bevorder, die aanvanklike

inokulum te verminder, die tempo

waarteen die siekte ontwikkel te

vertraag en ook die tyd beskikbaar vir

infeksie en siekte-ontwikkeling te

manipuleer.

Fig 5 – SIEKTE - ONTWIKKELINGSKURWES

10 20 30 40 50 60 80 100

GEEN KONTROLE

TYD (DAE)

KONTROLE

OF WEERSTAND INOCULUM VERMINDERING OF WEERSTAND

5A

5B

5C

Vermindering van die aanvanklike

inokulum kan bewerkstellig word met

kwarentynmaatreëls wat die siekte

totaal uithou, die gebruik van siektevrye

of skoon goeie kwaliteit saad.

Wisselbou is baie effektief aangesien

baie siektes gasheer spesifiek is en net

een soort gewas kan infekteer. Sanitasie

bestaan uit alle agronomiese

aktiwiteite gemik op die eliminering

of vermindering van die hoeveelheid

inokulum teenwoordig in ‘n plant of

land en sluit in verwydering van plantreste

waarin die organismes oorleef,

vernietiging van gewasoorblyfsels (bv.

brand) en alternatiewe onkruid gashere.

Spesifieke weerstand wat totale

weerstand teen siektes bied, verminder

ook inokulum aangesien infeksie

dadelik gestuit word en nuwe

infeksiestrukture nie gevorm kan word

wat kan herinfekteer nie. Waar die

inokulum verminder word het dit die

effek dat die siektevlakke laer is aan

die begin en dus langer neem om

skadelike vlakke te bereik (Fig 5B).

Siektes kan in so situasie ontsnap word

aangesien die plant moontlik reeds te

ver ontwikkel is as siektevlakke hoog

genoeg is om ‘n ekonomiese impak te

hê.

Siekte-ontwikkeling kan ook vertraag

word deur die gebruik van plantweerstand/toleransie

en/of die gebruik

van chemiese beheermaatreëls. Al is

die aanvanklike vlakke van inokulum

hoog en sal die gebruik van siekteverdraagsame

basters en ook die

effektiewe aanwending van swamdoders

die tempo van siekteontwikkeling

vertraag (Fig. 5C) en steeds die

plant die geleentheid te gee om sy

potensiaal en oes te lewer.

Die tyd beskikbaar vir infeksie kan

gemanipuleer word deur die plantdatum

aan te pas en basters of kultivars

te kies met ‘n spesifieke groeiseisoenlengte

om ook kritiese tye wanneer die

waarskynlikheid van siekte hoog is, te

ontsnap.

Die effek van veskillende beheerstrategieë

op die persentasie siektevoorkoms

na ‘n gegewe tyd (bv 50

dae) kan dan duidelik gesien word in

Figuur 5. Die kern van moderne

siektebeheer lê egter daarin om nie

net ‘n enkele beheermaatreël toe te

pas nie, maar om ‘n kombinasie van

bogenoemde metodes (geïntegreerde

plaagbeheer) te volg en sodoende

effektiewe, ekonomies aanvaarbare

siektebeheer te verkry, met minimum

risiko vir die omgewing.

35

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!