02.05.2013 Views

Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

In gebiede waar koueskade ’n probleem

is, moet basters met ’n kort

groeiseisoen veral op laagliggende

lande, vroeg geplant word.

3

ONTYDIGE ONTKIEMING

(PRE-GERMINATION)

Foto 3: Graan wat te vroeg uitgeloop het, as

gevolg van ’n Molibdeen tekort in die grond.

’n Uitsonderlike verskynsel wat voorkom,

is die ontydige ontkieming van

graan. Dit is ’n verskynsel wat net in

sekere dele en seisoene in KwaZulu-

Natal en Mpumalanga voorkom.

Seisoene met lae sonlig ure, baie

4

bewolkte weer en lae hitte-eenhede,

lei gewoonlik tot die probleem. Dit

gebeur gedurende die later deel van

graanvulling en word normaalweg eers

tydens oestyd opgemerk, wanneer dit

met kopsiektes verwar kan word.

’n Molibdeen tekort is hiervoor

verantwoordelik. Om die saad planttyd

met molibdeen te behandel, sal

nie die probleem voorkom nie. Die

enigste manier om dit te voorkom is

om die jong plante, wanneer dit

kniehoogte is, met 40 g molibdeen per

ha te bespuit.

STAM- EN WORTELVROT

Die stroopbaarheid van mielies kan

ook in die stadium deur stam- en

wortelvrot nadelig beïnvloed word.

Die siekte is ’n komplekse besmettingsbron,

wat bestaan uit Fusarium,

Diplodia en Gibberella swamme,

asook ander swamme. Plante word

normaalweg besmet gedurende die

later groeistadiums van graanvulling.

Soos die plante ouer raak, verminder

die immuniteit van die plantweefsel

en swaar besmetting kan in sekere

gevalle verwag word.

By digte plantestand moet veral aandag

aan die regte hoeveelheid stikstof- en

kaliumvlakke gegee word. Baie stikstof

by lae kaliumvlakke kan omval vererger.

Wortelbeskadiging in wye rye,

veral bewerking in die later

groeistadium, kan die siekte tot gevolg

hê. Basters verskil in verdraagsaamheid.

Plante waarvan stamme

langer groen bly, sal die siektekompleks

beter weerstaan.

Goeie stronkboorder beheer sal

staanvermoë verbeter. Vroeë stroop

Foto 4: Die primêre oorsaak van omval is

stam- en wortelvrot.

en kunsmatige droging van die graan

is die laaste (en ’n baie duur) uitweg.

AFDROGING VAN GRAAN

Die laaste aspek wat in hierdie stadium

ter sprake is, is stroopgereedheid.

Lughumiditeit en die tipe baster (kort,

medium of lang groeiseisoen) speel

hier ’n kardinale rol. Laat reën gedurende

uitdroging van graan, kan die

oesproses vir ’n paar weke vertraag.

Die tipe graan en groeiklas van basters

speel ook ’n belangrike rol, bv. ’n baster

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!