You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
4GRAANKWALITEIT

EN OESBAARHEID

1

20

Die finale fase in die lewe van die

mielieplant breek aan na fisiologiese

rypwording. Die voginhoud van die

graan is nou ongeveer 35%. Die

volwasse graan moet egter eers afdroog

voordat dit gestoor kan word.

Voginhoud hiervoor moet minder as

15% wees. Die tyd wat benodig word

vir afdroging, word beïnvloed deur

faktore soos relatiewe humiditeit,

temperatuur, groeiklas van die kultivar,

graantipe en blaarbedekking om die

kop. Die tydperk kan wissel van 50

tot 100 dae, afhangende van die

interaksie van die bogenoemde faktore.

Graankwaliteit kan steeds beïnvloed

word in die tydperk van afdroging deur

baie lae temperature, humiditeit,

insekskade en sekere kopsiektes. ’n

Boer kan die risiko’s verminder deur

die graan kunsmatig te droog, maar

dit is normaalweg baie duur en in

sommige gevalle onprakties.

KOPSIEKTES

a) Diplodia

Twee tipes van kopvrot kan die graan

in hierdie stadium beskadig. Diplodia

kopvrot kan die kop binnedring

gedurende graanvulling of na fisiologiese

rypwording, dus ook in die

afdroogstadium. Die infeksie gedurende

die afdroogstadium is algemeen

bekend as “skelm diplodia”, omdat

die graan aan die kop geen simptome

soos in die geval van vroeë besmetting

wys nie. Dit is eers wanneer die graan

van die kop afgemaak word dat die

rooi en bruinerige vlekke op die pitte

waargeneem kan word. Die swam

kan selfs op graan ontwikkel by ’n

voginhoud van laer as 15%.

Daar is ’n paar bestuurswenke wat die

risiko van Diplodia kopvrot kan

verminder. Onbesmette lande is seker

Foto 1: Diplodia kopvrot

dié belangrikste. Besmette oesreste

moet soveel moontlik vernietig word

en/of diep in die grond ingewerk word.

’n Drastiese stap sou wees om die reste

te verbrand en dit in te werk. Wisselbou

met onverwante gewasse soos

soja-, grond- of droëbone sal ook ’n

goeie sanitasie-effek hê.

Weerstandbiedende basters kan ook

oorweeg word. Diplodia kopvrot is

’n komplekse siekte en geen baster is

daarteen immuun nie. Daar is egter

wel groot verskille ten opsigte van

weerstand teen die siekte en basters

kan gekies word, wat minder vatbaar

is. Kunsmatige droging, as ’n laaste

uitweg, kan “skelm Diplodia” soms

beperk of voorkom.

b) Fusarium kopvrot

In kontras met Diplodia sal Fusarium

kopvrot die plant voor fisiologiese

volwassenheid besmet. Dit is gewoonlik

’n sekondêre infeksie wat

plaasvind waar fisiese skade deur hael

of tweede generasie stronkboorders

veroorsaak is. Die effek van die siekte

word eers sigbaar met oestyd en word

soms verwar met Diplodia kopvrot.

2

Foto 2: Fusarium kopvrot

As gevolg van die feit dat tweede

generasie stronkboorder skade tot

Fusarium kopvrot besmetting lei, is dit

belangrik dat stronkboorder beheer

word, veral by laat aanplantings.

KOUESKADE

Koueskade in hierdie stadium kan

ondervind word, indien temperature

onder vriespunt daal. Dit gebeur

meestal net by laat aanplantings of in

baie koue gebiede. Kenmerkend van

koueskade is dat die pitte bleek vertoon

en baie stadiger as gewoonlik droog

word. Die pitte is ook sag en lig.