Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

Ken die mielie.pdf - Pannar Seed Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

pannarseed.co.za
from pannarseed.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

2 10 DIE MIELIEFABRIEK: VEGATIEWE GROEI BLAAR- EN STAMONTWIKKELING Elke stadium van die ontwikkeling van die mielieplant vereis bepaalde bestuurspraktyke. Deur op die regte tyd aandag daaraan te skenk, kan die optimale opbrengs soveel makliker behaal word. Met dit in gedagte, is dit nodig om die blaar- en stamontwikkeling in maklik identifiseerbare fases te verdeel, naamlik: opkoms tot vyfblaar; ses- tot agtblaar; nege- tot twaalfblaar en dertienblaar tot die pluim verskyn. DIE SAAILINGSTADIUM Kenmerkend van die eerste blaar, is dat dit ’n ovaalvormige punt het, wat verskil van al die ander blare. In hierdie stadium van die vegatiewe groei van die plant, ontwikkel die blare die stadigste, met ’n nuwe blaar wat elke ± 4 dae verskyn. Hierdie blare ontwikkel vanuit die nodes onder die grond. ’n Goeie egalige stand met opkoms, lê die fondasie vir ’n uitstekende 1 3 Foto 1: Eersteblaarstadium: Let op na die ovaalpunt van die eerste blaar. Die eerste vyf blare verdwyn soos die plant ouer word. oespotensiaal, terwyl ’n onegalige stand, mededinging tussen die plante sal vermeerder. Die swakker plante sak uit en sal nie in staat wees om te kompeteer nie. Hulle sal ook baie min of geen graan produseer nie, veral onder hoë plantestand toestande. ’n Belangrike punt om te onthou is dat 2 Foto 2: Tweeblaarstadium: Let op na die kraag op die tweede blaar. die teoretiese oespotensiaal bepaal word tydens die vyfblaarstadium, wanneer die kop en pluim by die groeipunt geïnisieer word. Die groeipunt is in hierdie stadium nog onder die grond. Dit is duidelik sigbaar indien ’n langwerpige snit deur die ondergrondse stamgedeelte gemaak word. Enige voedingstekorte moet onmiddellik tydens hierdie stadium reggestel word. Onkruidbeheer is baie Foto 3: Tydens die tweeblaarstadium is die groeipunt steeds onder die grondoppervlakte. belangrik om te verseker dat die jong stadig groeiende plantjie homself goed kan vestig. Met die groeipunt onder die grond kan baie nat toestande lei tot groot oesskade, maar hael- of rypskade sal nie ’n groot invloed op die oes hê tydens hierdie fase nie. Lae

4 5 Foto 4: Tydens die vyfblaarstadium is die groeipunt net onder die grondoppervlakte. 7 Foto 7: Tydens die agtblaarstadium is die groeipunt bo die grondoppervlakte en internodes maklik sigbaar. temperature en haelskade kan egter die groeitydperk van die plant met ’n paar dae vertraag. DIE BEGIN VAN DIE AKTIEWE GROEISTADIUM In die ses- tot agtblaarstadium is die groeipunt bo die grond. Die plant groei vinniger met nuwe blare wat om en by elke derde dag verskyn en uiteraard neem die behoeftes aan vog- Foto 5: Tydens die vyfblaarstadium skeur die laer blare los as gevolg van wortel- en stamontwikkeling. 8 Foto 8: ’n Mielieland in die agt- tot negeblaarstadium. en plantvoedingstowwe toe. Sekondêre wortels is goed gevestig en vorm nou die hoof wortelstelsel van die plant. Spruite begin vorm en blare op die ondergrondse nodes begin los van die stam skeur en sal later verdwyn. Omdat die belangrikste blare van die plant in hierdie stadium nog nie ontvou het nie, is haelskade gewoonlik taamlik min, behalwe in gevalle waar die hele plant vernietig word. Om die blaarstadium na ongeveer die tienblaarstadium te bepaal, tel vyf by die getal, omdat die eerste vyf blare gewoonlik teen die tyd verdwyn het. 6 Foto 6: Tydens die seweblaarstadium begin die plant vinnig ontwikkel en laer blare begin verdwyn. 11

4 5

Foto 4: Tydens die vyfblaarstadium is die

groeipunt net onder die grondoppervlakte.

7

Foto 7: Tydens die agtblaarstadium is die

groeipunt bo die grondoppervlakte en

internodes maklik sigbaar.

temperature en haelskade kan egter

die groeitydperk van die plant met ’n

paar dae vertraag.

DIE BEGIN VAN DIE AKTIEWE

GROEISTADIUM

In die ses- tot agtblaarstadium is die

groeipunt bo die grond. Die plant

groei vinniger met nuwe blare wat om

en by elke derde dag verskyn en

uiteraard neem die behoeftes aan vog-

Foto 5: Tydens die vyfblaarstadium skeur

die laer blare los as gevolg van wortel- en

stamontwikkeling.

8

Foto 8: ’n Mielieland in die agt- tot

negeblaarstadium.

en plantvoedingstowwe toe. Sekondêre

wortels is goed gevestig en vorm

nou die hoof wortelstelsel van die

plant. Spruite begin vorm en blare op

die ondergrondse nodes begin los van

die stam skeur en sal later verdwyn.

Omdat die belangrikste blare van die

plant in hierdie stadium nog nie ontvou

het nie, is haelskade gewoonlik taamlik

min, behalwe in gevalle waar die hele

plant vernietig word. Om die blaarstadium

na ongeveer die tienblaarstadium

te bepaal, tel vyf by die getal,

omdat die eerste vyf blare gewoonlik

teen die tyd verdwyn het.

6

Foto 6: Tydens die seweblaarstadium begin

die plant vinnig ontwikkel en laer blare

begin verdwyn.

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!