02.05.2013 Views

Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

Ken die mielie.pdf - Pannar Seed

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Van Plant tot Opkoms

Die Mieliefabriek -

Vegatiewe Groei

Reproduksie Fase van die Mielieplant

Graankwaliteit en Oesbaarheid

Waterbenutting

Die Mielieplant se Voedingsbehoeftes

Die Mielieplant en Haelskade

Hitte-eenhede –

Brandstof vir die Mielieplant

Invloed van Siektes

Mieliesiektes in Suidelike Afrika

© Copyright

Deel 1& 2 - Sydney Bondesio

Deel 2 - Siektes - Dr Rikus Kloppers

Deel 2 - Haelskade - Heinz Oellermann

Alle Kopiereg word deur Pannar Saad (Edms) Bpk gereserveer

04

10

16

20

24

26

28

32

34

36

1VAN PLANT TOT

OPKOMS

Foto 1: Die effek van verskillende

plantdieptes op saadontwikkeling. Let op

na die verskil in saadontwikkeling, waar

saad te diep geplant is (regs) tot ’n optimale

diepte (links). Hoe dieper die saad geplant

is, hoe laer is die grondtemperatuur, wat ’n

onegalige plantestand tot gevolg het. Let

op na die saad waar die koleoptiel om die

saad gedraai is, dit is tipies van saad wat te

diep geplant is.

1

4

SAADBED

Die waarde van ’n goed voorbereide

saadbed kan nie oorbeklemtoon word

nie. Dit skep ’n ideale basis vir groeikragtige

en egalige plante teen die

verlangde plantbevolking. Dit vorm

ook die fondasie vir ’n goeie graanoes.

SAAD

Die oesverwagting begin by die saad.

Saad is die eindproduk van ’n lang,

duur, teel- en produksieprogram. Opgesluit

in die saad is die oespotensiaal

en sekere eienskappe wat die beste

voordele uit klimaat- en grondtoestande

kan voortbring.

VEREISTES VIR GOEIE

PLANTBEVOLKING

Drie vereistes van uiterste belang:

• Vogtoestande moet gunstig wees.

’n Reënbui van 25 mm sal normaalweg

verseker dat daar genoegsame

vog in die grond is om te

begin plant, indien die ondergrond

nat is.

• Genoeg suurstof.

• Minimum grondtemperature verkieslik

bo 15˚C is belangrik.

Die temperatuur tydens plant moet

optimaal wees. Mieliesaad sal nie

ontkiem by grondtemperature onder

10˚C nie. Die ideale temperatuur is

18˚C en hoër. ’n Tekort of in sekere

gevalle te veel (bv. versuiptoestande)

van die bogenoemde elemente kan ’n

nadelige invloed op die finale plantestand

en die egaligheid van die plante

hê.

BESTUURSWENKE

• Vroeë aanplantings moet so vlak as

moontlik geplant word. Diep plant

beteken laer grondtemperature wat

vertraagde ontkieming en onegalige

stand tot gevolg het.

• Bandplaas kunsmis ten minste 5 cm

dieper en 5 cm weg van die saad,

om chemiese brand te voorkom.

Dit is veral op sanderige gronde

noodsaaklik.

• Moet nie meer as 60 - 70 kg stikstof

(N) plus kalium (K) per ha in die

band by 90 cm rye plaas nie, want

dit kan tot chemiese brand lei. Vir

2.1 meter rye moet nie meer as

40 kg/ha in die ry geplaas word nie.

• Probeer korsvorming van die grond

voorkom of hef die probleem so gou

as moontlik op. Behandel die saad

met geregistreerde insekdoders om

insekskade te beperk.

• ’n Onkruidvrye saadbed na opkoms

gee die jong mielieplant die beste

geleentheid om goed te ontwikkel.

Egalige saailinge en stand vorm die

basis van ’n goeie oes.

DIE EFFEK VAN VERSKILLENDE

PLANTDIEPTES OP SAADONTWIKKELING

2

27°C

20°C

G4 G3 G2 G1 G0

14°C

Foto 2: Verskil in tempo van ontwikkeling

by 14˚C, 20˚C en 27˚C in die grond, oor ’n

tydperk van 5 dae.

WORTELS LÊ DIE GRONDSLAG

VIR ‘N BELOWENDE OES

Wortelontwikkeling het ’n belangrike

invloed op die opbrengspotensiaal.

Wanneer daar gekyk word na ’n

mielieland is dit gewoonlik die algemene

voorkoms, plantestand en kleur

wat ’n mens die meeste beïndruk.

Baie min mense besef egter dat dit wat

bo die grondoppervlak sigbaar is, ’n

manifestasie is van wat onder die grond

besig is om plaas te vind.

DIE EERSTE WORTELSTELSEL

Die kiem of primêre wortelstelsel van

die mielieplant begin voor opkoms

funksioneer en speel ’n belangrike rol

in die verwesenliking van die potensiaal

van die plant. Dié wortels funksioneer

tot die laaste stadium van

graanvulling.

Kiemwortels begin twee tot drie dae

nadat die saad geplant is te ontwikkel.

Dié wortelstelsel is feitlik ten volle

ontwikkel met opkoms. Hierdie wortels

voed op die endosperm (die meelgedeelte

van die saad) en ontwikkel

baie vinnig om die hoof wortelstelsel

van die mielieplant tot by vyfblaarstadium

te vorm. Dit funksioneer tot

lank in die groeiseisoen van die plant.

Vanuit die bogenoemde inligting is dit

duidelik dat die regte bestuur voor

planttyd, baie bydra tot goeie

wortelontwikkeling. ’n Goeie praktyk

is om so vlak as moontlik te plant met

vroeë aanplantings, omdat die grondtemperatuur

afneem met ’n toename

in diepte. Die belangrikheid hiervan

word beklemtoon deur die feit dat

opkoms met tot twee weke vertraag

kan word, wanneer te diep geplant

word. Kiemwortels toon ’n swak

reaksie tot algemene grondvrugbaarheidsvlakke,

maar reageer baie

goed op bandgeplaasde kunsmis.

Vroeë wortelontwikkeling kan dus

bevorder word deur klein hoeveelhede

fosfaat naby of op die pit te bandplaas,

tydens plant. Wees egter versigtig om

kunsmis met baie stikstof en kalium

naby die saad te plaas. Dit kan klein

plantjies brand of selfs laat vrek.

3

4

Foto 4: Uitstekende wortelontwikkeling in

die eenblaarstadium. Primêre wortels kan

duidelik gesien word op die foto.

Foto 3: ’n Gesonde wortelstelsel vorm die

basis vir ’n suksesvolle oes. Die linkerkantste

saailing is beskadig deur grondinsekte en sal

’n swak plant tot gevolg hê.

5

Foto 5a & b: Die eerste sekondêre wortels

begin ontwikkel vanuit die eerste ondergrondse

node.

5b

6

Met later aanplantings en by hoër

grondtemperature kan dieper geplant

word, om te verseker dat die saad naby

die beskikbare vog geplaas word.

Wees egter versigtig om nie te diep te

plant nie, veral op grond wat geneig

is om vas te slaan of ’n harde kors te

vorm.

DIE HOOF WORTELSTELSEL

Van die sesblaarstadium tot laat in

graanvulling, is dit die sekondêre of

nodale wortelstelsel wat die meeste

voedingstowwe voorsien, wat deur die

plant benodig word. Hierdie wortels

ontwikkel op ’n gronddiepte van

25 mm tot 35 mm, ongeag van plant-

5a

6

Foto 6: Van elke node onder die grondvlak,

sal ’n stel sekondêre wortels ontwikkel.

dieptes, en is hoofsaaklik gekonsentreerd

sowat 300 mm om en onder

die mielieplant. Hulle kan tot op ’n

diepte van 1.5 m tot 2 m ontwikkel.

Hierdie wortels reageer goed op

algemene grondvrugbaarheid, sowel

as bandgeplaasde kunsmis.

Haarwortels wat aktief uit die wortels

vorm, kan weens droogtestremming

afsterf, maar ontwikkel weer sodra vog

beskikbaar raak.

GEE DIE WORTELSTELSEL DIE

BESTE KANS VIR OPTIMALE

ONTWIKKELING

Vanuit ’n bestuursoogpunt is dit beter

om verdigtingslae tydens primêre

bewerking voor plant op te hef.

Wanneer die verdigting opgebreek

word na plant, moet vlak bewerk word

en nie naby die wortels nie, sodat

moontlike skade aan die wortelstelsel

tot ’n minimum beperk word.

Meganiese skade kan die moontlikheid

van stam- en wortelvrot bevorder. Dit

sal weer die vogopname van die plant

benadeel, veral tydens graanvulling.

Omval word ook ’n groter probleem.

Waar aluminium-inhoud in die grond

hoog is, soos in areas met hoë reënval,

moet kalk so diep as moontlik

ingewerk word. Dit verseker goeie

wortelontwikkeling. Dit is ’n goeie

praktyk om ’n profielgat van sowat

1,5 m tot 2 m regoor die mielierye te

grawe, om te bepaal hoe goed en diep

die wortels ontwikkel het en/of opbreek

van verdigtingslae nodig is vir die

komende seisoen.

7

8

DIE LAASTE WORTELSTELSEL

Gedurende die laaste fase van die

vegatiewe groei maak stutwortels hul

verskyning. Hulle ontwikkel net onder

die grondoppervlakte en op die

boonste twee tot drie nodes. Hierdie

wortels dring die boonste grondvlakke

binne. Hul primêre funksie is om die

plant te ondersteun, maar kan ook uit

die boonste vlakke van die grond,

water en voedingstowwe opneem.

Stutwortels kan ’n belangrike rol speel

indien baie nat toestande heers, veral

wanneer sekondêre wortels begin vrek.

Lande wat geneig is om te nat te word

(te versuip), moet eerste geplant word,

omdat groter plante nat toestande beter

hanteer as jonger plante. Vermy die

toediening van hormonale onkruiddoder

gedurende die ontwikkeling van

stutwortels, aangesien dit tot abnormale

wortelontwikkeling lei.

Foto 7: Goeie stutwortelontwikkeling. Die

geskeide wortels onder, is die sekondêre of

nodale wortelstelsel.

Foto 8: ’n Voorbeeld van sekondêre wortels

wat afgesterf het as gevolg van baie nat

toestande. Let op hoe die stutwortels

gekompenseer het.

7

9

8

Foto 9: Bewerking naby en diep kan stam- en wortelvrot tot gevolg hê. Die foto’s wys duidelik

die verskil tussen gesonde en tussen besmette stam en wortels. Merk veral die beter

kopontwikkeling by die gesonde stam.

2

10

DIE MIELIEFABRIEK:

VEGATIEWE GROEI

BLAAR- EN

STAMONTWIKKELING

Elke stadium van die ontwikkeling van

die mielieplant vereis bepaalde

bestuurspraktyke. Deur op die regte

tyd aandag daaraan te skenk, kan die

optimale opbrengs soveel makliker

behaal word. Met dit in gedagte, is dit

nodig om die blaar- en stamontwikkeling

in maklik identifiseerbare

fases te verdeel, naamlik: opkoms tot

vyfblaar; ses- tot agtblaar; nege- tot

twaalfblaar en dertienblaar tot die

pluim verskyn.

DIE SAAILINGSTADIUM

Kenmerkend van die eerste blaar, is

dat dit ’n ovaalvormige punt het, wat

verskil van al die ander blare. In

hierdie stadium van die vegatiewe

groei van die plant, ontwikkel die blare

die stadigste, met ’n nuwe blaar wat

elke ± 4 dae verskyn. Hierdie blare

ontwikkel vanuit die nodes onder die

grond.

’n Goeie egalige stand met opkoms,

lê die fondasie vir ’n uitstekende

1 3

Foto 1: Eersteblaarstadium: Let op na die

ovaalpunt van die eerste blaar. Die eerste

vyf blare verdwyn soos die plant ouer word.

oespotensiaal, terwyl ’n onegalige

stand, mededinging tussen die plante

sal vermeerder. Die swakker plante

sak uit en sal nie in staat wees om te

kompeteer nie. Hulle sal ook baie

min of geen graan produseer nie, veral

onder hoë plantestand toestande.

’n Belangrike punt om te onthou is dat

2

Foto 2: Tweeblaarstadium: Let op na die

kraag op die tweede blaar.

die teoretiese oespotensiaal bepaal

word tydens die vyfblaarstadium,

wanneer die kop en pluim by die groeipunt

geïnisieer word. Die groeipunt

is in hierdie stadium nog onder die

grond. Dit is duidelik sigbaar indien

’n langwerpige snit deur die ondergrondse

stamgedeelte gemaak word.

Enige voedingstekorte moet onmiddellik

tydens hierdie stadium reggestel

word. Onkruidbeheer is baie

Foto 3: Tydens die tweeblaarstadium is die

groeipunt steeds onder die grondoppervlakte.

belangrik om te verseker dat die jong

stadig groeiende plantjie homself goed

kan vestig. Met die groeipunt onder

die grond kan baie nat toestande lei

tot groot oesskade, maar hael- of

rypskade sal nie ’n groot invloed op

die oes hê tydens hierdie fase nie. Lae

4 5

Foto 4: Tydens die vyfblaarstadium is die

groeipunt net onder die grondoppervlakte.

7

Foto 7: Tydens die agtblaarstadium is die

groeipunt bo die grondoppervlakte en

internodes maklik sigbaar.

temperature en haelskade kan egter

die groeitydperk van die plant met ’n

paar dae vertraag.

DIE BEGIN VAN DIE AKTIEWE

GROEISTADIUM

In die ses- tot agtblaarstadium is die

groeipunt bo die grond. Die plant

groei vinniger met nuwe blare wat om

en by elke derde dag verskyn en

uiteraard neem die behoeftes aan vog-

Foto 5: Tydens die vyfblaarstadium skeur

die laer blare los as gevolg van wortel- en

stamontwikkeling.

8

Foto 8: ’n Mielieland in die agt- tot

negeblaarstadium.

en plantvoedingstowwe toe. Sekondêre

wortels is goed gevestig en vorm

nou die hoof wortelstelsel van die

plant. Spruite begin vorm en blare op

die ondergrondse nodes begin los van

die stam skeur en sal later verdwyn.

Omdat die belangrikste blare van die

plant in hierdie stadium nog nie ontvou

het nie, is haelskade gewoonlik taamlik

min, behalwe in gevalle waar die hele

plant vernietig word. Om die blaarstadium

na ongeveer die tienblaarstadium

te bepaal, tel vyf by die getal,

omdat die eerste vyf blare gewoonlik

teen die tyd verdwyn het.

6

Foto 6: Tydens die seweblaarstadium begin

die plant vinnig ontwikkel en laer blare

begin verdwyn.

11

Foto 9: ’n Plant in die negeblaarstadium.

Die meeste van die blare wat onder die

grondoppervlakte ontwikkel het, sou in die

praktyk verdwyn het.

11

10

Foto 10: Plante in die nege- tot

tienblaarstadium. Dit demonstreer die

pluimgroeipunt in die verskillende stadiums

van vroeë ontwikkeling. Vroeë

kopontwikkeling is sigbaar op die nodes.

12

STIKSTOFTOEDIENING VOOR

DIE AGTBLAARSTADIUM

Dit is die aangewese tyd vir ’n stikstof

kopbemesting. Alle voedingstekorte

moet nou opgehef word, sodat die

vaslegging van die finale oespotensiaal,

wat bepaal word in die twaalfblaarstadium,

nie nadelig beïnvloed

word nie. Waar die grond vasgeslaan

of gekompakteer het, kan ’n ligte

skoffelbewerking die grond deurlug.

Dit moet vlak en redelik vêr van die

plant gedoen word, om wortelskade

te verhoed.

Droogte sal in hierdie stadium kleiner

plante tot gevolg hê, hoewel oesverlies

onder droëland produksies relatief

gering behoort te wees. By vroeë aanplantings

kan eerste geslag stronkboorders

al sigbaar word. Dit kan

maklik op die stadium met ’n insekdoder

bestry word.

11

NEGE- TOT

TWAALFBLAARSTADIUM

In die nege- tot twaalfblaarstadium

begin dinge gebeur. Kopontwikkeling

versnel en is sigbaar indien die plant

gedissekteer word. Stamontwikkeling

geskied ook vinniger as gevolg van die

verlenging van internodes, vanaf die

onderste node na bo. ’n Nuwe blaar

verskyn ongeveer elke derde dag. Op

die twaalfblaarstadium word die oespotensiaal

vasgelê, wat die volgende

impliseer. Die kopgrootte ten opsigte

van die aantal saadrye op die kop word

vasgelê. Dit wil sê of daar 12, 14 en

16 of selfs meer saadrye op ’n kop sal

wees. Belangrike faktore soos beskikbaarheid

van water, grondvrugbaarheid,

hitte-eenhede en beskikbaarheid

van essensiële voedingselemente, speel

’n belangrike rol om die optimale

aantal sade in saadrye op die kop te

laat ontwikkel.

Foto 11: ’n Plant in die tienblaarstadium.

Let op na die begin van pluimontwikkeling.

Let op die goed ontwikkelde blaarskede

wat die bros stam omhul en sodoende goed

beskerm en ondersteun.

In geval van mielies onder besproeiing

is dit belangrik dat die plant geen

droogtestremming net voor en gedurende

hierdie stadium ondervind

nie. Daar moet ook gesorg word dat

enige voedingstekorte vooraf opgehef

word.

12

Foto 12: ’n Plant in die tien- tot twaalfblaarstadium,

met twee goed ontwikkelde spruite.

AKTIEWE GROEISTADIUM

Van die dertienblaarstadium tot pluimverskyning

versnel die stam- en

blaarontwikkeling steeds. Die laaste

paar blare verskyn elke een tot twee

dae. Net soos die blare, versnel kopontwikkeling

en veral die boonste

koppe ontwikkel vinniger. By meerkoppige

basters sal die boonste twee

tot drie koppe tot nagenoeg dieselfde

grootte ontwikkel, terwyl enkelkoppige

13

14

ULTRA KORT MEDIUM

Foto 14: Kopontwikkeling in die finale fases van

vegatiewe ontwikkeling, toon die verskil in

grootte van die boonste koppe in vergelyking

met die onderste koppe.

tipe basters voorkeur aan die boonste

kop se ontwikkeling gee.

By ’n lae plantestand kan spruite tydens

goeie toestande oorvloedig ontwikkel,

terwyl spruitontwikkeling by ’n hoë

stand onderdruk word, of selfs afsterf

as gevolg van ’n energie tekort.

Foto 13: Plante in die veertienblaarstadium. Dit is die begin van die kritieke twee weke voor

pluimverskyning. Die twee weke voor en twee weke na pluimverskyning is die mees kritiese

tydperk in die lewensiklus van die mielieplant.

13

15

14

Die pluim is volwasse ongeveer twee

tot drie dae voor dit verskyn. Sodra

stuifmeelstorting plaasvind, is dit die

einde van die vegatiewe groeistadium.

BESTUURSWENKE

Uit ’n bestuursoogpunt is dit belangrik

dat mielies onder besproeiing geen

vogstremming, twee weke voor en

twee weke na pluimstadium, ondervind

nie. Haelskade tydens hierdie

stadium, veral gedurende bestuiwing,

kan ’n totale oesmislukking beteken.

Die fabriek van die plant, m.a.w. die

blare, is nou ten volle ontwikkel. Die

plant sal nie herstel van enige skade

nie. In mielielande, veral lande wat

laat in die groeiseisoen aangeplant is,

kan tweede generasie stronkboorder

Foto 15: Die verskil in ontwikkeling tussen

vinnige, medium en medium-laat plante wat op

dieselfde datum geplant is. Let op die

pluimontwikkeling.

voorkom. Dit is gewoonlik ’n baie

strawwe besmetting, wat groot oesverliese

en swak graangehalte tot

gevolg het. Fusarium kopvrotbesmetting

kan ook een van die gevolge

wees. Lugbespuiting is gewoonlik

nodig om die probleem op te los.

Die vog- en voedingsbehoeftes van

die plant is baie hoog in die vroeë

reproduktiewe stadium. Goeie stutwortelontwikkeling

help die plante

om nat toestande beter te verdra. Diep

skoffelbewerking op die stadium, moet

egter vermy word, omdat dit stam- en

wortelvrot kan aanmoedig.

3

2

16

DIE REPRODUKTIEWE FASE

VAN DIE MIELIEPLANT

BESTUIWING

Die eerste stadium van die reproduktiewe

periode word gekenmerk

aan die baard wat op die voorpunt

van die koppe verskyn. Die baard

ontwikkel gewoonlik oor drie tot vier

1

Foto 1: Verskil in kopontwikkeling op

dieselfde stam. Die groot kop is die primêre

kop, ’n paar dae voor verskyning.

dae, terwyl stuifmeelstorting meestal

in die voormiddag plaasvind, vir ’n

periode van ongeveer sewe dae lank.

Droogtestremming in die tyd sal stuifmeelstorting

verkort en baardvorming

vertraag, terwyl koel en vogtige toestande

baard- en stuifmeelproduksie

verleng. Spruite stort stuifmeel sewe

tot tien dae later as die hoofplant, wat

voordelig kan wees in sommige droë

seisoene.

DROËLAND PRODUKSIE EN

BESTUIWINGSPERIODE

Die groeistadium van die mielie in die

tyd van baardstoot en stuifmeelstorting

KOPONTWIKKELING

is van die uiterste belang onder

droëlandtoestande. Veral in die

Westelike produksiegebiede, is dit ’n

bepalende faktor vir die keuse van ’n

plantdatum vir die grootste deel van

die oes.

Tydens bestuiwing val stuifmeel op

die klewerige baard, ontkiem en groei

af na die eiersel op die stronk waar

bestuiwing plaasvind. Die hele proses

duur ongeveer 24 uur, wat dit een van

die vinnigste groeiprosesse in die

natuur maak.

BESTUURSWENKE

Die belangrikste bestuurshulpmiddels

is die keuse van die plantdatum en

plantdigtheid onder droëland produksietoestande,

veral in die Westelike

produksieareas van Suid-Afrika. Die

keuse moet gekoppel word aan

langtermyn klimaatstoestande van die

area. Dit is die mees kritieke tydperk

vir die mielieplant, omdat die plant se

vogbehoefte dan die hoogste is en

Foto 2: Verskillende stadiums van baardontwikkeling en bestuiwing. Die kop op die linkerkant

is vol bestuif met die baard klaar afgespeen. Tweede van regs is ’n onbestuifde kop met al

die baard nog aan die stronk.

skade as gevolg van droogte ook dan

die hoogste is. Dit is noodsaaklik dat

langtermyn reënval rekords deeglik

bestudeer moet word, sodat die

blomperiode saamval met die piek

reënval periodes, en sodoende midsomer

droogte te vermy, of ten minste

die gevolge daarvan te probeer beperk.

Langtermyn rekords het bewys dat die

beste plantdatum vir die Westelike

produksiegebiede, na 20 November

is. Kultivarkeuse is ’n ander hulpmiddel

wat kan help om risiko’s te verlaag.

Basters wat hulself oor verskeie jare

as staatmakers bewys het, behoort

voorrang te geniet. Meerkoppige

3

basters speel ’n belangrike rol in veral

die Westelike produksiegebiede

vanweë hulle vermoë om te kan

kompenseer in goeie produksie jare.

In die Oostelike hoëveld is die primêre

faktor wat die plantdatum bepaal, die

hoeveelheid hitte-eenhede wat

benodig word deur die oes, wat

4

Foto 4: Die eerste stadium van

graanontwikkeling is die waterblasiestadium.

Die pitte is nog deursigtig en die inhoud

lyk soos jellie.

beteken dat die grootste gedeelte van

die planttyd in Oktober moet plaasvind

vir die beste resultate.

Met ’n aanplanting onder besproeiing

is dit veral belangrik om kennis te

neem van die kritieke tyd, twee weke

voor en twee weke na baardontwikkeling,

wanneer genoeg vog vir

die plant beskikbaar moet wees, vir ’n

vol potensiaal oes.

GRAANVULLING

Waterblasiestadium

Die eerste stadium van graanvulling

staan bekend as die waterblasiestadium,

dit is die begin van graanontwikkeling.

Direk na bestuiwing

speen die baard van die graan af. Die

ontwikkelende pitte lyk soos ’n waterblasie.

Die inhoud van die pitte is

helder en jellie-agtig. Wit- en geelgraan

se pitinhoud lyk dieselfde op

die stadium.

Die fase duur gewoonlik tien tot vyftien

dae, afhangende van die kultivartipe

en hitte-eenhede. Die pitte aan die

basis van die kop ontwikkel eerste en

die op die punt van die kop, laaste.

Wanneer die graan begin afdroog,

Foto 3: ’n Mielieplant met twee koppe. Die

boonste kop is bestuif en die graan is in die

waterblasiestadium. Bruinbaard dui dat die

bestuiwing voltooi is.

17

6

18

5

Foto 5: Die melkstadium is die tweede fase

van graanontwikkeling. Dit is die begin

van stysel neerlegging.

Foto 6: Tydens die deegstadium word stysel

neergelê en die inhoud is pasta-agtig.

swaai die proses om en droog die pitte

aan die punt van die kop eerste af.

Die baard speen af na bestuiwing.

Bolwurmskade kan op die baard en

voorste pitte voorkom. Dit veroorsaak

gewoonlik nie veel skade nie.

Haelskade, ryp en droogte kan egter

lei tot groot oesverliese en swak gehalte

graan. Die vogbehoefte is steeds baie

hoog.

Sagtedeegstadium

Die volgende sewe tot tien dae is die

melkstadium. Die pitinhoud is sag en

soet en die pitte van geelgraan begin

verkleur. Die einde van die stadium

is die ideale tyd om groenmielies te

pluk, wanneer ’n sagte groenmielie

vereis word.

Tydens die fase is daar ’n afname in

die vogbehoefte van die plant, maar

dit is nog hoog. Droogte, hael of ryp

sal ’n groot invloed hê op opbrengs

en graankwaliteit. Hael- of insekskade

kan Fusarium kopvrot tot gevolg hê.

7

Foto 7: Die vol duikstadium: Die ideale

fase vir inkuiling.

Hardedeegstadium

Die hardedeegstadium neem ook sewe

tot tien dae. Die voginhoud van die

graan neem vinnig af en die pitinhoud

word pasta-agtig. Styselvorming

versnel en die gewig van die graan is

sowat die helfte van wat dit uiteindelik

sal wees.

Droogtestremming sal in die stadium

nog ’n groot invloed op opbrengs en

graangehalte hê. Hoewel vogbehoeftes

steeds afneem, is dit nog redelik hoog.

Droogte in dié tyd sal koppe ontydig

laat hang en/of pitte aan die punt van

die kop laat afspeen.

8

Foto 8: Kenmerkend van volwasse graan is

die swart laag op die basis van die pitte.

Graan is nou fisiologies ryp.

9

VINNIG MEDIUM KORT MEDIUM

Foto 9: Verskillende stadiums van

graanontwikkeling. Vinnige kultivar (links)

is fisiologies ryp, die medium vinnige baster

is in die vol duikstadium en medium kultivar

(regs) is in die deegstadium. Wanneer 80%

van die skutblare bruin verkleur is, is die

graan fisiologies ryp.

Vol duikstadium

Dit is die regte tyd vir die sny van

kuilvoer – dit duur vir twaalf tot vyftien

dae en eindig wanneer al die pitte ’n

duik op die skouer het. Die voginhoud

van die graan neem vinnig af en

behoort so 45 - 50% te wees.

Genoeg vog is steeds belangrik.

Droogte en ryp kan steeds opbrengs

en graankwaliteit negatief beïnvloed.

Fisiologiese rypwording

Dit is die finale fase van die graanvullingsperiode

en neem vyftien tot

twintig dae, terwyl die voginhoud van

die graan van 50% na onder 40% toe

verminder. Geen sagtedeeg kom meer

aan die basis van die graan, waar dit

aan die stronk heg, voor nie en die

harde stysellyn (melklyn) het deur die

pit beweeg, met ander woorde weg

van die skouer van die pit in die rigting

van die aanhegting. ’n Swart laag sal

ontwikkel aan die basis van die pitte.

Die kleur van die skutblare wat die

kop bedek, is 70% tot 80% ligbruin.

In kontras met die graanvulling, is die

pitte voor op die punt van die kop

eerste ryp.

Die vogbehoeftes van die plant is nou

baie laag, maar droogte sal steeds die

opbrengs en graangehalte negatief

beïnvloed. Onder besproeiing kan

water toediening eers gestaak word

wanneer 80% van die skutblare van

70 – 80% van die plante verbruin het.

Kenmerkend van die aanbreek van die

finale stadium is wanneer die skutblare

ligbruin begin verkleur. Die onderste

blare op die stronk het droog geword

en ’n ligbruin kleur vervang die laaste

groen in die boonste skutblare. ’n

10

Swart laag op die basis van die pit is

duidelik as dit gedors word. Voginhoud

van die graan in nou omtrent

35%.

Na fisiologiese rypwording word die

afdroogperiode tot strooptyd ook

beïnvloed deur die graantipe. Die

flinttipes sal stadiger uitdroog as die

duikpittipes. Die humiditeit van die

omgewing speel ook ’n belangrike rol

in die tempo van uitdroging.

Foto 10: Gesonde ryp mielieplante gereed

vir stroop.

19

4GRAANKWALITEIT

EN OESBAARHEID

1

20

Die finale fase in die lewe van die

mielieplant breek aan na fisiologiese

rypwording. Die voginhoud van die

graan is nou ongeveer 35%. Die

volwasse graan moet egter eers afdroog

voordat dit gestoor kan word.

Voginhoud hiervoor moet minder as

15% wees. Die tyd wat benodig word

vir afdroging, word beïnvloed deur

faktore soos relatiewe humiditeit,

temperatuur, groeiklas van die kultivar,

graantipe en blaarbedekking om die

kop. Die tydperk kan wissel van 50

tot 100 dae, afhangende van die

interaksie van die bogenoemde faktore.

Graankwaliteit kan steeds beïnvloed

word in die tydperk van afdroging deur

baie lae temperature, humiditeit,

insekskade en sekere kopsiektes. ’n

Boer kan die risiko’s verminder deur

die graan kunsmatig te droog, maar

dit is normaalweg baie duur en in

sommige gevalle onprakties.

KOPSIEKTES

a) Diplodia

Twee tipes van kopvrot kan die graan

in hierdie stadium beskadig. Diplodia

kopvrot kan die kop binnedring

gedurende graanvulling of na fisiologiese

rypwording, dus ook in die

afdroogstadium. Die infeksie gedurende

die afdroogstadium is algemeen

bekend as “skelm diplodia”, omdat

die graan aan die kop geen simptome

soos in die geval van vroeë besmetting

wys nie. Dit is eers wanneer die graan

van die kop afgemaak word dat die

rooi en bruinerige vlekke op die pitte

waargeneem kan word. Die swam

kan selfs op graan ontwikkel by ’n

voginhoud van laer as 15%.

Daar is ’n paar bestuurswenke wat die

risiko van Diplodia kopvrot kan

verminder. Onbesmette lande is seker

Foto 1: Diplodia kopvrot

dié belangrikste. Besmette oesreste

moet soveel moontlik vernietig word

en/of diep in die grond ingewerk word.

’n Drastiese stap sou wees om die reste

te verbrand en dit in te werk. Wisselbou

met onverwante gewasse soos

soja-, grond- of droëbone sal ook ’n

goeie sanitasie-effek hê.

Weerstandbiedende basters kan ook

oorweeg word. Diplodia kopvrot is

’n komplekse siekte en geen baster is

daarteen immuun nie. Daar is egter

wel groot verskille ten opsigte van

weerstand teen die siekte en basters

kan gekies word, wat minder vatbaar

is. Kunsmatige droging, as ’n laaste

uitweg, kan “skelm Diplodia” soms

beperk of voorkom.

b) Fusarium kopvrot

In kontras met Diplodia sal Fusarium

kopvrot die plant voor fisiologiese

volwassenheid besmet. Dit is gewoonlik

’n sekondêre infeksie wat

plaasvind waar fisiese skade deur hael

of tweede generasie stronkboorders

veroorsaak is. Die effek van die siekte

word eers sigbaar met oestyd en word

soms verwar met Diplodia kopvrot.

2

Foto 2: Fusarium kopvrot

As gevolg van die feit dat tweede

generasie stronkboorder skade tot

Fusarium kopvrot besmetting lei, is dit

belangrik dat stronkboorder beheer

word, veral by laat aanplantings.

KOUESKADE

Koueskade in hierdie stadium kan

ondervind word, indien temperature

onder vriespunt daal. Dit gebeur

meestal net by laat aanplantings of in

baie koue gebiede. Kenmerkend van

koueskade is dat die pitte bleek vertoon

en baie stadiger as gewoonlik droog

word. Die pitte is ook sag en lig.

In gebiede waar koueskade ’n probleem

is, moet basters met ’n kort

groeiseisoen veral op laagliggende

lande, vroeg geplant word.

3

ONTYDIGE ONTKIEMING

(PRE-GERMINATION)

Foto 3: Graan wat te vroeg uitgeloop het, as

gevolg van ’n Molibdeen tekort in die grond.

’n Uitsonderlike verskynsel wat voorkom,

is die ontydige ontkieming van

graan. Dit is ’n verskynsel wat net in

sekere dele en seisoene in KwaZulu-

Natal en Mpumalanga voorkom.

Seisoene met lae sonlig ure, baie

4

bewolkte weer en lae hitte-eenhede,

lei gewoonlik tot die probleem. Dit

gebeur gedurende die later deel van

graanvulling en word normaalweg eers

tydens oestyd opgemerk, wanneer dit

met kopsiektes verwar kan word.

’n Molibdeen tekort is hiervoor

verantwoordelik. Om die saad planttyd

met molibdeen te behandel, sal

nie die probleem voorkom nie. Die

enigste manier om dit te voorkom is

om die jong plante, wanneer dit

kniehoogte is, met 40 g molibdeen per

ha te bespuit.

STAM- EN WORTELVROT

Die stroopbaarheid van mielies kan

ook in die stadium deur stam- en

wortelvrot nadelig beïnvloed word.

Die siekte is ’n komplekse besmettingsbron,

wat bestaan uit Fusarium,

Diplodia en Gibberella swamme,

asook ander swamme. Plante word

normaalweg besmet gedurende die

later groeistadiums van graanvulling.

Soos die plante ouer raak, verminder

die immuniteit van die plantweefsel

en swaar besmetting kan in sekere

gevalle verwag word.

By digte plantestand moet veral aandag

aan die regte hoeveelheid stikstof- en

kaliumvlakke gegee word. Baie stikstof

by lae kaliumvlakke kan omval vererger.

Wortelbeskadiging in wye rye,

veral bewerking in die later

groeistadium, kan die siekte tot gevolg

hê. Basters verskil in verdraagsaamheid.

Plante waarvan stamme

langer groen bly, sal die siektekompleks

beter weerstaan.

Goeie stronkboorder beheer sal

staanvermoë verbeter. Vroeë stroop

Foto 4: Die primêre oorsaak van omval is

stam- en wortelvrot.

en kunsmatige droging van die graan

is die laaste (en ’n baie duur) uitweg.

AFDROGING VAN GRAAN

Die laaste aspek wat in hierdie stadium

ter sprake is, is stroopgereedheid.

Lughumiditeit en die tipe baster (kort,

medium of lang groeiseisoen) speel

hier ’n kardinale rol. Laat reën gedurende

uitdroging van graan, kan die

oesproses vir ’n paar weke vertraag.

Die tipe graan en groeiklas van basters

speel ook ’n belangrike rol, bv. ’n baster

21

22

met ’n kort groeiseisoen en duikpittipe

graan, sal ’n paar weke voor ’n baster

wat later ryp geword het, met flinttipe

graan, gereed wees vir stroop.

BASTERKEUSES

Indien ’n produsent vroeg wil stroop,

moet hy so vroeg as moontlik, tydens

’n veilige plantperiode vir sy gebied,

plant. Hy moet ook seker maak dat

’n baster met ’n kort groeiseisoen deel

is van sy pakket.

Die tabelle toon groot verskille in

plantontwikkeling vir verskillende

groeiklasse met dieselfde plantdatum

(1 November), vir verskillende gebiede.

Hierdie tabelle vergelyk die interaksie

tussen die groeiseisoen van die

verskillende produksiegebiede, hitteeenhede

en stadium van plantontwikkeling.

Dit toon die geprojekteerde

dae tot blom, fisiologiese rypwording

en stroopgereedheid vir die onderskeie

drie rypwordingsklasse.

In dieselfde streek word die verskille

tussen basters groter, namate die plante

verder ontwikkel. By Potchefstroom

is die verskil tussen ultra kort en

medium ten opsigte van aantal dae tot

blom, net drie dae. Ten opsigte van

dae tot stroop, rek die verskil tot 22

dae. Hoewel die inligting net as riglyne

dien, is die belangrikste beginsel die

kies van ’n plantdatum vir die

verskillende klimaatstreke.

KOEL GEBIEDE

In koeler gebiede is hitte-eenhede

beperkend en sal dit ’n groot invloed

hê op die opbrengspotensiaal. Laat

aanplantings ontvang nie net te min

hitte-eenhede nie, maar ’n gedeelte

van die graanvullingsperiode val buite

die piek reënvalperiode.

WARMER GEBIEDE

In die warmer Westelike produksiegebiede

is hitte-eenhede minder

beperkend. Hier is dit belangriker om

die planttyd só te kies dat pluimperiode

en graanproduksie saamval met die

maande van beste reënval, bv. die

einde van Januarie tot die middel van

Februarie. In die gebiede gaan dit oor

risiko ontduiking en die beste kans vir

’n oes oor wisselende seisoene.

Tabelle: ’n Vergelyking van drie groeiklasse met dieselfde

plantdatum vir vier verskillende produksiegebiede wat wissel van

’n warm tot ’n koel gebied.

Ultra kort Ontwikkelingstadiums

Blom Ryp Stroop

Lokaliteit Datum Dae Datum Dae Datum Dae

Hoopstad 27 Des. 57 11 Feb. 103 12 April 163

Potchefstroom 1 Jan. 62 20 Feb. 112 21 April 172

Babsfontein 13 Jan. 74 17 Maart 137 26 Mei 207

Ermelo 25 Jan. 86 17 April 168 16 Junie 228

Medium Ontwikkelingstadiums

Blom Ryp Stroop

Lokaliteit Datum Dae Datum Dae Datum Dae

Hoopstad 29 Des. 59 17 Feb. 109 3 Mei 184

Potchefstroom 4 Jan. 65 27 Feb. 119 13 Mei 194

Babsfontein 16 Jan. 77 27 Maart 147 10 Junie 222

Ermelo 29 Jan. 90 25 April 176 9 Julie 251

Lank Ontwikkelingstadiums

Blom Ryp Stroop

Lokaliteit Datum Dae Datum Dae Datum Dae

Hoopstad 31 Des. 62 20 Feb. 120 16 Mei 205

Potchefstroom 6 Jan. 67 2 Maart 122 26 Mei 207

Babsfontein 19 Jan. 80 1 April 152 6 Julie 237

Ermelo 1 Feb. 93 2 Mei 183 26 Julie 268

4

Medium Groeiers

HITTE-EENHEDE – BRANDSTOF

VIR DIE MIELIEFABRIEK

Hitte-eenhede is die mees belangrikste

omgewingsfaktor wat die grootste

bydrae lewer op die tempo van die

mielieplant se ontwikkeling. Dit sluit

die totale ontwikkeling in van wortels,

stam en die blare. Die plant kan nie

van die een stadium tot die volgende

meer gevorderde fase ontwikkel, indien

die benodigde hitte-eenhede bevredig

is nie.

Wat is die ideale temperature?

Navorsing in dié opsig toon dat die

ideale temperatuur vir die mielieplant

se ontwikkeling, ongeveer 30°C is.

By temperature onder 6°C en bo 45°C

kom die fotosintese proses tot stilstand,

wat ook beseringstyd vir die mielieplant

beteken.

Hoe word hitte-eenhede gemeet?

Wat die bepaling van eenhede by die

mielieplant betref, is die volgende

formule spesifiek vir die mielie ontwikkel.

Die formule word baie algemeen

gebruik waar mielies verbou

word.

Hitte-eenhede = Max + Min - 10°C

2

Die formule kom op die volgende neer.

Die maksimum temperatuur en die

minimum temperature word oor 24

uur gemeet. Die twee syfers word

bymekaar getel en deur twee (2)

gedeel, van die syfer word ’n verdere

10°C afgetrek, omrede die mielieplant

onder 10°C nie ontwikkel nie.

Hoe werk die mieliefabriek?

Die mielieplant kan as ’n “styselfabriek”

gesien word. Die plant

gebruik water en voeding uit die grond,

koolsuurgas uit die lug en sonlig (hitteeenhede)

as energiebron, om plantvoedsel

te vervaardig, waarvan stysel

die hoofbestanddeel is. In die proses

speel hitte-eenhede ’n essensiële rol,

wat die opbrengs en kwaliteit van die

eindproduk betref.

MIELIES IS KORT DAG PLANTE

Wat beteken, hoe korter die dae word,

hoe vinniger word hulle ryp. Verder

hoe korter die dae word, hoe minder

hitte-eenhede kom per dag voor en

hoe gouer kom graanvulling tot ’n

einde. Dit is een rede hoekom laat

aanplantings meestal teleurstel met

swakker as verwagte opbrengste. Nie

net die opbrengs word benadeel nie,

maar ook die kwaliteit. Groeityd word

verkort met gebrekkige hitte-eenhede,

dit is veral van groter toepassing by

koeler produksiestreke. Onder dié

omstandighede kom daar nie net

onvoldoende hitte-eenhede voor nie,

maar die mieliefabriek sluit ook vroeër

af. Tipiese simptome by laat aanplantings,

is dat blare soms verpersing

toon, dit is ’n aanduiding dat suikervloei

van die blaar na die kop teen ’n

vertraagde tempo plaasvind, a.g.v. lae

temperature. Fotosintate (suikers) begin

ophoop in die blare, vandaar die

verpersing.

KULTIVARTIPE,

GRAANPRODUKSIE EN

HITTE-EENHEDE

Wat kultivartipes betref, besit die langer

groeiers oor ’n groter blaaroppervlakte,

wat beter van hitte-eenhede gebruik

maak. Van die basters is meestal sterk

meerkoppig en kan veral onder laer

plantbevolkings, hoër opbrengste

lewer. Daarteenoor besit vinniger

Table A: Mielieplant se ontwikkeling in

verskillende produksiestreke

(Plantdatum 1 November)

Baster tipe en Ontwikkelingstadium

Lokaliteit Blom Fisiologies Ryp

Datum Dae Datum Dae

Ultra Kort groeiers Hoopstad 27 Desember 57 11 Februarie 103

Potchefstroom 1 Januarie 62 20 Februarie 112

Babsfontein 13 Januarie 74 17 Maart 137

Ermelo 25 Januarie 86 17 April 168

32

Hoopstad 29 Desember 59 17 Februarie 109

Potchefstroom 4 Januarie 65 27 Februarie 119

Babsfontein 16 Januarie 77 27 Maart 147

Ermelo 29 Januarie 90 25 April 176

groeiers meer oor regop tipe blare en

kan hulle by hoër plantbevolkings,

sonenergie beter benut en onder die

toestande hoë opbrengste lewer.

PRAKTIESE IMPLIKASIES VAN

HITTE-EENHEDE EN GESKIKTE

PLANTDATUMS

Die optimale planttyd wissel baie

tussen produksiestreke. Die langtermyn

temperature (hitte-eenhede) is die

belangrikste faktor wat dit bepaal.

Onder droëlandverbouing speel die

langtermyn voorkoms en verspreiding

van reënval, ook ’n belangrike rol by

die bepaling van die optimum planttyd.

In Tabel A word die groot verskille in

die ontwikkeling van die mielieplant

in vier uiteenlopende produksiestreke

aangetoon.

Die verskil in ontwikkeling tussen die

verskillende produksiestreke toon

duidelik die groot invloed van

daaglikse temperature (hitte-eenhede)

op die ontwikkeling van die mielieplant.

As voorbeeld sal ’n ultra kort

groeiseisoen baster met ’n plantdatum

van 1 November onderskeidelik by

Hoopstad en Ermelo een maand tot

blom en twee maande tot rypwording

verskil. Hitte-eenhede speel dus ’n

geweldige groot rol in die bepaling

van geskikte plantdatums en die

groeiseisoen van mieliebasters. Dit is

waar langtermyn reënvalsyfers veral

onder droëland produksie noukeurig

bestudeer moet word, om die beste

OPBRENGS

5.5

5.5

4.5

4

3.5

3

2.5

REËNVALVERSPREIDING

KROONSTAD - 55 JAAR

Langtermyn reënvalverspreiding vir

Klerksdorp en Kroonstad toon duidelik die

tradisionele midsomer droogte. In die weste

is voldoende hitte-eenhede vir ’n groot

plantvenster besikbaar. Die plantdatum

met die kleinste risiko oor jare is die waar

die grootste gedeelte van die mielieaanplanting

na middel Januarie blom.

voordeel uit hitte-eenhede, langtermyn

reënval en baster tipes te kry.

Hoe word groeiseisoen lengtes van

mieliebasters bepaal?

Saadmaatskappye gebruik die formule

soos reeds bespreek om byvoorbeeld

die blomdatum en fisiologiese rypwordingsdatum

van basters met verskillende

groeiseisoenlengte vir warm en

koeler produksiegebiede te bepaal.

Pannar gebruik dit ook om mieliebasters

in klasse van bv. ultra vinnig,

vinnig, medium vinnig, medium en

medium laat te verdeel. Dit is breë

riglyne om onderskeid tussen verskillende

bastertipes aan te toon.

LANK (r=0.79)

MEDIUM (r=0.80)

KORT (r=0.82)

PLANTDATUM

Figuur 1: Mielie opbrengste soos beïnvloed

deur verskillende plantdatums vir verskillende

groeiklasse oor 22 jaar te Wildebeesfontein

(Bethal). Die optimum plantdatum soos

beïnvloed deur die beskikbare hitte-eenhede

vir die oostelike produksiestreek word goed

gedemonstreer.

25 Sept 10 Okt 6 Okt 11 Okt 16 Okt 21 Okt 26 Okt 31 Okt 5 Nov 10 Nov 15 Nov 20 Nov

REËNVALVERSPREIDING

KLERKSDORP - 57 JAAR

33

5 BASIESE

34

INVLOED VAN

SIEKTES

Fig 1

PLANTSIEKTE

KONSEPTE

’n Eenvoudige definisie van ‘n plantsiekte

is: ‘n versteuring of voortdurende

irritasie deur ‘n siekteveroorsakende

organisme of omgewingsinvloed

wat inmeng met die plant

se normale struktuur en tot gevolg het

dat selle en weefsel in die plant nie

meer optimaal funksioneer nie. Sodra

die fisiologiese prosesse in ‘n plant

geaffekteer word lei dit tot gedeeltelike

of selfs totale afsterwing (Fig. 1) van

plantweefsel en word dit in ‘n

gewasverbouingsopset waargeneem

as ‘n afname in opbrengs, en of swak

kwaliteit produkte. (Fig. 2 & 3)

Fig 3

Plantsiektes kan verdeel word in:

(1) dié veroorsaak deur parasitiese

mikroörganismes of siekteveroorsakende

organisme bekend as

patogene (swamme, bakterieë,

virusse en nematodes) wat ‘n plant

aanval, en

(2) nie-parasitiese (abioties) of fisiologiese

siektes. Laasgenoemde

word deur ‘n wye verskeidenheid

faktore veroorsaak, insluitend

mineraal toksisiteite, tekorte en

wanbalanse, verkeerde na-oes

opbergingspraktyke, omgewingsinvloede

soos atmosferiese besoedeling

en onkruiddoder skade.

VERLIESE AS GEVOLG VAN

PLANTSIEKTES

Plantsiektes was nog altyd een van die

plae van die wêreld, met skroei en

meeldou wat reeds in die Ou Testament

genoem word. Een van die mees

bekende voorbeelde van die impak

van ‘n plantsiekte in die geskiedenis

van die mens, is dié van laatroes op

aartappels, wat verwoesting gesaai het

in Europa gedurende die 1840's.

Hierdie vernietigende siekte, veroorsaak

deur ‘n swam Phytophthora

infestans, het wyd verspreide hongersnood

en grootskaalse sterftes in Ierland

veroorsaak, met die verlies van hulle

stapelvoedsel.

Plantsiektes het vandag nog ‘n enorme

impak op landbou wêreldwyd en dit

word beraam dat ongeveer 11% van

die potensiële gewasproduksie in die

wêreld, verloor word as gevolg van

plantsiektes. In 1970 het ‘n suidelike

Fig 2

mielie blaarskroei epidemie die mielieoes

in Amerika vernietig, met verliese

van meer as een bijoen dollar aan die

land se hoof graangewas. Die blaarskroei

veroorsaak deur ‘n swam, kom

tans steeds voor in alle mielieproduserende

dele van die wêreld, maar

die verspreiding daarvan word relatief

goed onderdruk deur middel van

genetiese bestandheid.

Plantsiektes het ook in Suid-Afrika in

die onlangse verlede groot vernietigingswerk

gedoen. Veral waar siektes

onverwags die land binnegekom het

en ‘n gebrek aan kennis oor die siektes

en beheermaatreëls of bestande

kultivars tot gevolg gehad het dat

grootskaalse siekte-epidemies massiewe

verliese veroorsaak het.

Gedurende Augustus – Oktober 1996,

het streeproes op koring, veroorsaak

deur Puccinia striiformis f.sp. tritici,

vir die eerste keer in die Wes-Kaap

voorgekom. In hierdie seisoen

alleenlik, het dit skade van R30 miljoen

veroorsaak, en het in die daaropvolgende

seisoen gestyg tot ‘n totaal

van R70 miljoen vir die hele SA

koringproduserende gebied. Roes op

sojabone en Karnalbrand op koring

het albei vir die eerste keer in 2001 in

SA voorgekom en het groot impak op

hul onderskeie bedrywe gehad.

Siektes verminder nie net die oesopbrengs

van gewasse nie, maar

degradeer ook die kwaliteit van die

produk, soos die vermindering van die

olie-inhoud van sonneblomsaad (die

gevolg van roes) of die kosmetiese

beskadiging van vrugte, wat dit ongeskik

maak vir die uitvoermark.

Indirekte verliese a.g.v. verskuilde

kostes rondom beheermaatreëls,

kwarentyn en gevolglike in- en uitvoerbedrywe

is aspekte wat dikwels nie

eers in ag geneem word as skade a.g.v

siektes vereken word nie.

SIEKTE ONTWIKKELING EN

BEHEER

Alle siektes veroorsaak deur patogene,

is die resultaat van ‘n interaksie tussen

% SIEKTE

120

100

80

60

40

20

0

die gasheerplant, ‘n patogeen en

omgewingsfaktore soos lig, temperatuur

en vog. Omgewingsfaktore het

‘n invloed op die ontwikkeling van

beide die gasheer en die patogeen.

Hierdie interaksie staan algemeen

bekend as die siekte driehoek, en

wanneer enige een van die komponente

ontbreek sal siekte nie voorkom

nie. (Fig. 4)

Fig. 4

PATOGEEN

GASHEER

DIE SIEKTE DRIEHOEK

OMGEWING

Die ontwikkeling van ‘n siekte of

epidemie is afhanklik van 3 faktore:

(1) Die aanvanklike hoeveelheid

siekte-veroorsakende organismes

(inokulum) teenwoordig

(2) Die tempo waarteen die siekte

kan versprei en

(3) Die tyd beskikbaar vir die siekte

om te ontwikkel en te versprei

Die normale ontwikkeling van ‘n

epidemie, grafies geplot volg gewoonlik

‘n sigmoidale of die bekende

(S-kurwe) kurwe (Fig. 5A). Aanvanklik

begin die siekte stadig, daar is min

inokulum en infeksie is stadig. Sodra

infeksie egter vestig, word vinnig baie

nuwe inokulum (bv roesspore) gevorm

in siklusse van herinfeksie en neem

die siekte baie vinnig (logaritmies of

eksponensieel) toe (Fig. 5A). Die siekte

begin later afplat (Fig. 5A) waar daar

nie meer plantmateriaal is om te

infekteer nie (alles is nou siek), en ook

as die omgewingstoestande ongunstig

raak vir infeksie en die groeiseisoen

vir die gasheer kom tot ‘n einde.

Siekte beheerstrategieë is daarop gemik

om die gasheerplant se groei en ontwikkeling

te bevorder, die aanvanklike

inokulum te verminder, die tempo

waarteen die siekte ontwikkel te

vertraag en ook die tyd beskikbaar vir

infeksie en siekte-ontwikkeling te

manipuleer.

Fig 5 – SIEKTE - ONTWIKKELINGSKURWES

10 20 30 40 50 60 80 100

GEEN KONTROLE

TYD (DAE)

KONTROLE

OF WEERSTAND INOCULUM VERMINDERING OF WEERSTAND

5A

5B

5C

Vermindering van die aanvanklike

inokulum kan bewerkstellig word met

kwarentynmaatreëls wat die siekte

totaal uithou, die gebruik van siektevrye

of skoon goeie kwaliteit saad.

Wisselbou is baie effektief aangesien

baie siektes gasheer spesifiek is en net

een soort gewas kan infekteer. Sanitasie

bestaan uit alle agronomiese

aktiwiteite gemik op die eliminering

of vermindering van die hoeveelheid

inokulum teenwoordig in ‘n plant of

land en sluit in verwydering van plantreste

waarin die organismes oorleef,

vernietiging van gewasoorblyfsels (bv.

brand) en alternatiewe onkruid gashere.

Spesifieke weerstand wat totale

weerstand teen siektes bied, verminder

ook inokulum aangesien infeksie

dadelik gestuit word en nuwe

infeksiestrukture nie gevorm kan word

wat kan herinfekteer nie. Waar die

inokulum verminder word het dit die

effek dat die siektevlakke laer is aan

die begin en dus langer neem om

skadelike vlakke te bereik (Fig 5B).

Siektes kan in so situasie ontsnap word

aangesien die plant moontlik reeds te

ver ontwikkel is as siektevlakke hoog

genoeg is om ‘n ekonomiese impak te

hê.

Siekte-ontwikkeling kan ook vertraag

word deur die gebruik van plantweerstand/toleransie

en/of die gebruik

van chemiese beheermaatreëls. Al is

die aanvanklike vlakke van inokulum

hoog en sal die gebruik van siekteverdraagsame

basters en ook die

effektiewe aanwending van swamdoders

die tempo van siekteontwikkeling

vertraag (Fig. 5C) en steeds die

plant die geleentheid te gee om sy

potensiaal en oes te lewer.

Die tyd beskikbaar vir infeksie kan

gemanipuleer word deur die plantdatum

aan te pas en basters of kultivars

te kies met ‘n spesifieke groeiseisoenlengte

om ook kritiese tye wanneer die

waarskynlikheid van siekte hoog is, te

ontsnap.

Die effek van veskillende beheerstrategieë

op die persentasie siektevoorkoms

na ‘n gegewe tyd (bv 50

dae) kan dan duidelik gesien word in

Figuur 5. Die kern van moderne

siektebeheer lê egter daarin om nie

net ‘n enkele beheermaatreël toe te

pas nie, maar om ‘n kombinasie van

bogenoemde metodes (geïntegreerde

plaagbeheer) te volg en sodoende

effektiewe, ekonomies aanvaarbare

siektebeheer te verkry, met minimum

risiko vir die omgewing.

35

6MIELIESIEKTES IN

SUIDER AFRIKA

MIELIESIEKTES IN SUIDER

AFRIKA

Inleiding

Die verlies in mielieproduksie oor die

wêreld, as gevolg van plantsiektes

word op gemiddeld 10.9% beraam.

In uitsonderlike seisoene waar

weerstoestande gunstig is vir siekteontwikkeling

kan siektes egter

epidemiese afmetings aanneem en

baie groter oesverliese veroorsaak.

Van die algemeenste mieliesiektes in

Suid-Afrika kan opgedeel word in

wortel-, stam-, kop- en blaarsiektes.

Fig 1

SIEKTE SIEKTE-VEROORSAKENDE

ORGANISME

Bruinroes Swam:

Puccinia sorghi

Grysblaarvlek Swam:

Cercospora zeae-maydis

Witroes/Noordelike

Blaarskroei

Phaeosphaeria

blaarvlek

36

Swam:

Exserohilum tursicum

Swam:

Phaeosphaeria maydis

Oogvlek Swam:

Kabatiella zeae

Sorghum

donsige meeldou

Bakteriese

blaarstreep

Mieliestreepsiekte

Swam:

Peronosclerospora sorghi

Bakterie:

Xanthomonas campestris pv zeae

Virus:

Mieliestreepvirus

Heelwat literatuur en inligting oor die

siektes, hulle impak in Suid-Afrika en

die nodige beheermaatreëls is

beskikbaar en kan nie volledig hier

bespreek word nie en word van die

belangrikste siektes bloot hier gelys.

Plaaslik geteelde mieliebasters het die

voordeel dat hulle saam met die siektes

ontwikkel word en oor hoër vlakke

van natuurlike weerstand beskik as

van die ingevoerde basters uit die

buiteland. Waar moontlik word alle

PANNAR mieliebasters in evaluasieprogramme

onderwerp aan die

onderskeie siektes onder ideale toestande

en word die inliging as riglyne

beskikbaar gestel aan die produsent

om sodoende ‘n ingeligte besluit te

kan maak waar hy mielies produseer

in ‘n hoë risiko gebied. Alhoewel hierdie

inligting betroubare data weergee

moet dit egter beklemtoon word dat

Fig 2

Bruinroes Noordelike Blaarskroei

BELANG EN BEHEER

Ekonomies belangrik in alle mielieproduserende streke

van SA. Basterkeuse en chemiese beheer.

Baie destruktiewe siekte. Veral in KZN en die ooste,

alhoewel ook opgemerk in Limpopo en selfs dele van die

weste. Basterkeuse en chemiese beheer.

Belangrik in alle mielieproduserende dele van SA. Baie

destruktief en versprei vinnig. Basterkeuse en chemiese beheer.

Ekonomiese impak nie regtig bekend nie. Kom algemeen

voor en veral in dele van KZN en selfs oor die weste.

Basterkeuse.

Kom sporadies voor en veral in die koeler dele van KZN.

Basterkeuse.

Veral onder warm vogtige toestande en beproeiing in die

Limpopo provinsie. Chemiese beheer.

In die weste en benede Oranje besproeiingsgebied. Min

bekend oor die ekonomiese impak. Geen chemiese beheer

nie. Basterkeuse.

Kom in OVS en dele van die weste voor. Kan baie skade

veroorsaak indien dit vroeg inkom. Insekbeheer

(saadbehandeling of in die ploegvoor) is noodsaaklik.

Onkruidbeheer om oorlewing van die bladspringer te verminder.

Fig 3

Diplodia Kopvrot

die biologiese omgewing ‘n baie

dinamiese een is en die siekteorganismes

baie vinnig aanpas by

beperkinge wat weerstand aan hulle

stel en dit steeds slegs as riglyn kan

dien en nie streng as waarborg beskou

kan word nie.

MIELIEBLAARSIEKTES

Die meeste plaaslik geteelde basters

uit die PANNAR teelprogram het goeie

weerstand teen een of meer van die

blaarsiektes en die inligting is beskikbaar

by plaaslike verteenwoordigers.

Alternatiewelik het die boer ook die

voordeel dat hierdie siektes visueel

duidelik sigbaar is en waar simptome

waargeneem word kan verliese beperk

word met ‘n effektiewe chemiese spuitprogram.

SIEKTE SIEKTE-VEROORSAKENDE

ORGANISME

Diplodia kop- en

stamvrot

Fusarium kopen

stamvrot

Gibberella kopen

stamvrot

Kop- en

pluimbrand

Swam:

Stenocarpella maydis

Swam:

Fusarium verticilliodes

Swam:

Fusarium graminearum

Swam:

Sphacelotheca reiliana

Blaasbrand Swam:

Ustilago maydis

Erkenning: Wilmarie Kriel,

Departement van Plant Patalogie, UV

STAM-, WORTEL- EN

KOPSIEKTES

Hierdie siektes is aanvanklik minder

opmerklik en sigbaar as blaarsiektes

en die werklike impak daarvan dring

dikwels eers tot die produsent deur

met oestyd. Hierdie skade kan in verskeie

vorme voorkom byvoorbeeld

direk deur stand en omvalprobleme,

ligter graan (kwantiteit) of swak kwaliteit

graan of meer indirek deurdat die

gekontamineerde graan dikwels ongeskik

is vir menslike gebruik en

veevoer. Basters met totale weerstand

is nie algemeen beskikbaar nie en

chemiese beheerprogramme is ook nie

altyd koste effektief nie.

Fig 4a/b

Gibberella Kopvrot Gibberella Stamvrot

BELANG EN BEHEER

Kan epidermiese afmetings afneem in gunstige nat

seisoene en veral in die koeler ooste. Sekere basters meer

verdraagsaam as ander.

Kom wyd verspreid voor, maar neem nie sommer epidermiese

afmetings aan nie. Stronkboorderskade lei dikwels tot sekondêre

Fusarium besmettings.

Grootste oorsaak van omvalprobleme by mielies en veral

ook waar insekte soos stamboorders infeksieopeninge skep.

Wisselbou met koring en minimum bewerking bevoordeel die

siekte.

Sporadies en goeie genetiese bestandheid in meeste basters.

Baie sporadies. Goeie genetiese bestandheid.

Bakteriese stamvrot Erwinia chrysanthemi pv zeae Enkele plante word geaffekteer en ’n kenmerkende vrot

reuk word waargeneem.

Carbonum kopvrot Bipolaris zeicola Baie sporadies.

37

NOTAS

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!