02.05.2013 Views

Interimresultate vir die ses maande geëindig 30 Junie 2009 - Sanlam

Interimresultate vir die ses maande geëindig 30 Junie 2009 - Sanlam

Interimresultate vir die ses maande geëindig 30 Junie 2009 - Sanlam

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Besigheidsvolumes

Nuwebesigheidsvloeie

Nuwebesigheidsvolumes, uitgesluit “white label”, was 3% hoër as in die

eerste ses maande van 2008.

Nuwebesigheidsvolumes vir die ses maande geëindig 30 Junie 2009

R miljoen 2009 2008 ∆

Sanlam Persoonlike Finansies 14 700 15 824 -7%

Suid-Afrika 10 214 11 559 -12%

Afrika 4 486 4 265 5%

Sanlam Ontwikkelende Markte 1 316 1 214 8%

Suid-Afrika 635 665 -5%

Afrika 605 449 35%

Ander internasionaal 76 100 -24%

Sanlam UK 955 807 18%

Institusionele groepering 25 550 23 305 10%

Sanlam Beleggings 25 408 23 035 10%

Sanlam Werknemervoordele 142 270 -47%

Santam

Nuwe besigheid, white label

6 179 6 085 2%

uitgesluit 48 700 47 235 3%

White label 2 785 3 750 -26%

Totale nuwe besigheid 51 485 50 985 1%

Sanlam Persoonlike Finansies se nuwebesigheidsverkope het afgeneem

deurdat die uitdagende ekonomiese en sake-omgewing ’n impak op veral

Topaz se verkope in die middelinkomstemark gehad het. Die Topaz-mark is

meer gevoelig vir die huidige ekonomiese omgewing en onbestendigheid in

beleggingsmarkte. Die gesamentlike lewens- en nie-lewensverkope is 7%

laer as in die ooreenstemmende tydperk in 2008.

› Totale Suid-Afrikaanse nuwebesigheidsvolumes het met 12% afgeneem

in vergelyking met 2008.

› Herhalendepremie-lewensversekeringsverkope is 10% laer as in

dieselfde tydperk in 2008. Die omgewing van hoë rentekoerse en

inflasie van 2007 en 2008 het steeds ’n negatiewe impak op besteebare

inkomste, met ’n gepaardgaande negatiewe impak op spaar- en aftreeoplossings.

Herhalende risikobesigheid is minder gevoelig vir hierdie

toestande en is 7% hoër as in 2008.

› Enkelpremielewensverkope is 13% laer as in 2008. Die marktoestande

begin ook nou ’n impak op Glacier se volumes hê, en dié is 8% laer as

in die ooreenstemmende tydperk in 2008. Die swakker vraag kan

gedeeltelik toegeskryf word aan kliënte se voorkeur om hul persoonlike

skuld te verminder, maar alternatiewe beleggingsklasse, byvoorbeeld

eiendom, het ook meer aantreklik geword as ’n beleggingskeuse ná

dalende waardasies oor die afgelope twee jaar. Enkelpremieverkope

van Topaz-lewensoplossings is 17% minder as in 2008. Waarborgplanne

het in 2008 goed gevaar, maar vraag het in die eerste ses

maande van 2009 afgeneem omdat die onlangse rentekoersverlagings

gewaarborgde koerse minder aantreklik gemaak het.

› Beleggingsbesigheid het ook te kampe met swakker vraag na Glacierbeleggingsoplossings.

Dieselfde faktore wat Glacier se lewensverkope

raak, het ook ’n impak op die verkope van beleggingsoplossings. Dit

het bygedra tot ’n afname van 10% in nuwe beleggingsbesigheidsvolumes.

› Die Namibiese besighede het ’n styging van 5% in volumes getoon, wat

toegeskryf kan word aan vraag na lewensversekeringsoplossings en

effektetrusts. Dieselfde faktore wat ’n impak op die Suid-Afrikaanse

besighede het, beïnvloed ook Namibië.

Sanlam Ontwikkelende Markte se invloeie is 8% meer as in 2008. Uitgesluit

die beëindigde Suid-Afrikaanse enkelpremiebesigheid het nuwebesigheidsvolumes

met 17% toegeneem – ’n prysenswaardige resultaat.

› Suid-Afrikaanse invloeie is 5% minder as in die ooreenstemmende

tydperk in 2008, maar dit sluit die impak van beëindigde enkelpremiebesigheid

in. Enkelpremies wat aangeteken is, bestaan uit voortsettings

van bestaande besigheid wat uitkeerdatum bereik het en sal na verwagting

mettertyd afneem namate die vankragboek afloop. Die kernherhalendepremiebesigheid

is 5% meer as in 2008. Sanlam Sky Solutions het sy

nuwe herhalendepremieverkope met 8% opgeskuif, met ’n sterk

onderliggende prestasie wat verbloem is deur ’n doelbewuste besluit om

laemargebesigheid direk van makelaars af te skaal. Hierdie besluit het ’n

merkbare verbetering in die gehalte en winsgewendheid (soos gemeet

aan die waarde van nuwebesigheidsmarge) tot gevolg gehad. Channel

Life se verkope van individuele lewensbesigheid het gedurende die eerste

ses maande van 2009 onderpresteer en ’n andersins gesonde groeibydrae

deur Safrican en groepvoordelebesigheid geneutraliseer.

› Afrika-invloeie is 35% hoër as in 2008 en is deur ’n skitterende prestasie

deur Botswana, die grootste Afrika-besigheid, aangedryf. Herhalende

premies het met 30% toegeneem en enkelpremies was 37% hoër as in

2008. Verkope van individuele lewensbesigheid sowel as annuïteite in

Botswana was goed en bankversekeringvolumes was ook heelwat beter as

in die ooreenstemmende tydperk in 2008. ’n Swakker randwisselkoers

het ook ’n positiewe uitwerking gehad op die randgebaseerde groei wat

deur Botswana Life behaal is. Afgesien van Ghana het die ander Afrikabesighede

oor die algemeen gesukkel om hoër groei as in die vorige jaar

te behaal as gevolg van die ekonomiese afswaai weens lae kommoditeitspryse

en die sluiting van myne.

› Shriram se nuwebesigheidsvolumes van R76 miljoen is 24% minder as in

2008, deels weens ’n duidelike verskuiwing van enkelpremie- na

herhalendepremiebesigheid. Laasgenoemde is 57% hoër as in 2008.

Enkelpremies is heelwat minder omdat die Indiese mark nie die impak

van die stram ekonomiese toestande vrygespring het nie. Die vooruitsigte

vir die res van die jaar het verbeter, en die nuwe distribusiekanaal sal na

verwagting tot nuwebesigheidsvolumes begin bydra.

Sanlam UK het teen die einde van 2008 ’n afname in nuwebesigheidsvolumes

begin ervaar namate die VK-ekonomie verder verswak het. Hierdie tendens

het in die eerste ses maande van 2009 voortgeduur en nuwe lewensbesigheidsvolumes

was 44% minder as in die eerste helfte van 2008.

Principal het nuwe besigheid van R504 miljoen bygedra vir die eerste ses

maande. Die gesamentlike nuwe lewens- en beleggingsbesigheidsvolumes is

18% meer as in 2008. Nuwebesigheidsvolumes sal na verwagting eers in

2010 verbeter namate die VK-ekonomie van sy ergste resessie in jare herstel.

Die Institusionele groepering het ’n algehele toename van 10% in

nuwebesigheidsvolumes behaal. Kleinhandelbesigheidsvolumes weerspieël

’n resultaat soortgelyk aan dié van Sanlam Persoonlike Finansies, omdat die

kliëntebasisse dieselfde geraak word deur die druk op verbruikers se

koopkrag en risikovermyding weens markonbestendigheid. In teenstelling

hiermee was institusionele besigheidsvloeie besonder sterk.

› Sanlam Beleggings se nuwebesigheidsvolumes was 10% beter as in 2008.

› Die Suid-Afrikaanse besighede het in die huidige omgewing goed

gepresteer en die 2008-nuwebesigheidsverkope met 9% oorskry. Die

RSA se derdepartybesigheid het die grootste bydrae gelewer en groei

van 24% aangeteken. Derdepartybesigheid sluit ’n verhoging van

R2,7 miljard in die mandaat wat deur die Openbare Beleggingskorporasie

toegeken is, in. Die druk op die kleinhandel-middelinkomstemark word

weerspieël deur die afname van 10% teenoor 2008 in die nuwe

kleinhandelbesigheid wat deur Sanlam Kollektiewe Beleggings behaal

16 17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!