Voersorghum Produksie - Pannar Seed
Voersorghum Produksie - Pannar Seed Voersorghum Produksie - Pannar Seed
Pannar Saad (Edms) Bpk VOERSORGHUM PRODUKSIEHANDLEIDING HOOFKANTOOR: Posbus 19, Greytown, 3250 Tel: 033 - 413 9500 Faks: 033 - 413 2618 www.pannar.com
- Page 2 and 3: INHOUDSOPGAWE Pannar Saad (Edms.) B
- Page 4 and 5: -2- b) Voersorghum is gevoelig vir
- Page 6 and 7: -4- Die fosforbenodigdhede van voer
- Page 8 and 9: -6- ondervind word. Klein rooi of w
- Page 10 and 11: -8- f) In plaas van beweiding kan v
Pannar Saad (Edms) Bpk

VOERSORGHUM

PRODUKSIEHANDLEIDING

HOOFKANTOOR: Posbus 19, Greytown, 3250

Tel: 033 - 413 9500 Faks: 033 - 413 2618

www.pannar.com
INHOUDSOPGAWE

Pannar Saad (Edms.) Bpk.

Produksiehandleidingreeks

Voersorghum

A) INLEIDING ..........................................................................................................................1

B) AANPASBAARHEID .......................................................................................................1

1. Klimaatsvereistes ..........................................................................................................2

2. Grondvereistes ..............................................................................................................2

C) VERBOUINGSPRAKTYKE

1. Grondvoorbereiding ......................................................................................................2

2. Planttyd .........................................................................................................................2

3. Spasiëring en Saad benodigdhede ................................................................................2

4. Kultivars ........................................................................................................................3

5. Plantdiepte en Planttoestande ........................................................................................3

6. Bemesting ......................................................................................................................3

7. Onkruidbeheer ...............................................................................................................4

8. Insekbeheer....................................................................................................................4

9. Siektebeheer ..................................................................................................................5

D) BENUTTING VAN VOERSORGHUM

1. Algemeen.......................................................................................................................6

2. Weiding asook sny en voer............................................................................................7

3. Staandehooi ...................................................................................................................8

4. Kuilvoer.........................................................................................................................8

5. Hooi ...............................................................................................................................8
A) INLEIDING

-1-

Gedurende die jongste tyd is talle boere in die somergraanproduserende gebiede vir

verskeie redes genoodsaak om hul boerderybelange te diversifiseer. Dit het in baie

gevalle die uitbreiding van veestapels beteken.

Ten einde genoegsame voer te produseer is voersorghum ʼn uiters waardevolle

voergewas. Dit kan op verskeie maniere benut word, naamlik as kuilvoer,

staandehooi, sny en voer of weiding. Dit herstel geweldig vinnig na benutting. Deur

dit reg te benut, lewer dit oor ʼn baie lang tydperk waardevolle voer. Dit sluit kritieke

tye in, wanneer daar nie op ander voerbronne staat gemaak kan word nie.

B) AANPASBAARHEID

Die voersorghumtipes wat tans aangeplant word, is die sogenaamde sorghum x

soedangrasbasters of graansorghum x soetriet-sorghumbasters. Soos die naam aandui,

is dit kruisings van ingeteelde lyne of seleksies van graansorghums en soos in die

eerste geval met soedangrasse. Dit is dus nie verbasend dat voersorghums uiters

droogteverdraagsaam is en as ʼn reël met baie groter sukses op sogenaamde marginale

gronde verbou kan word, as byvoorbeeld mielies.

1. KLIMAATSVEREISTES

a) Voersorghum benodig ʼn minimum grondtemperatuur van 18°C vir doeltreffende

ontkieming. Na ontkieming het dit ook warm grond, asook lugtemperature van

25-30ºC vir optimale groei nodig. Dit kan egter baie hoër temperature verdra en

steeds goeie opbrengste lewer. Dit is egter baie gevoelig vir ryp.

b) Voersorghum is goed aangepas in gebiede met ʼn jaarlikse reënval van 400-

700 mm. In gebiede met ʼn hoë humiditeit en waar baie mistige weer voorkom,

word dit nie aanbeveel nie. Sulke toestande is baie gunstig vir die ontwikkeling

van siektes soos roes en ergot.

c) Gedurende stremmingsperiodes beskik voersorghum oor die vermoë om in ʼn

sogenaamde “groeistilstand” fase oor te gaan. Voggebruik word ingekort en

fisiologiese ontwikkeling vertraag. Na reëns herstel dit egter vinnig en sal plante

deur die droogte beskadig, goed kompenseer deur baie blaarryke spruite te

ontwikkel.

d) Alhoewel voersorghums baie droogteverdraagsaam en aanpasbaar is, is dit

vanselfsprekend dat gunstiger toestande, groter opbrengste lewer. Dit geld veral

sover dit die herstelvermoë en aantal benuttings per jaar betref.

2. GRONDVEREISTES

a) Soos graansorghum aard voersorghums op feitlik enige grond, en kan met sukses

op ʼn groot verskeidenheid sanderige tot kleigronde verbou word. Ideale pH

(KCl) is 4.5 -5.5. Dit kan selfs ʼn mate van brak weerstaan.

Voersorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.
-2-

b) Voersorghum is gevoelig vir aluminiumtoksisiteit en gronde met ʼn persentasie

suurversadiging van hoër as 20% kan dus probleme veroorsaak.

c) Gronde wat erg met rooiblom besmet is, moet vermy word.

d) Voersorghum kan op gronde met ʼn lae vrugbaarheidspeil steeds produksie lewer,

maar reageer uitstekend op goeie besmettingspraktyke, veral stikstof.

C) VERBOUINGSPRAKTYKE

Die populêrste voersorghumtipes wat tans aangeplant word, is die sogenaamde

sorghum x soedangrasbasters of graansorghum x soetriet-sorghumbasters. Soos die

name aandui, is dit kruisings van ingeteelde lyne of seleksies van graansorghums en

soedangrasse of sorgho/soetriet .

1. GRONDVOORBEREIDING

Aangesien voersorghumsaad klein is, word veral op swaar gronde ʼn fyn saadbed vereis

vir optimale ontkieming.

Gronde wat maklik ʼn grondkors vorm, moet na planttyd losgemaak word sodat die

jong saailinge uit die grond kan kom.

Windbestrydingsvore of strookbewerking moet op gronde toegepas word wat maklik

waai.

2. PLANTTYD

Aanplanting kan begin sodra die minimum grondtemperature minstens 18ºC bereik, en

daar voldoende grondvog vir ontkieming is. Dit beteken dat in die meeste dele van die

RSA aanplanting ± middel Oktober tot middel November in aanvang kan neem.

In die oostelike gebiede word vroeë aanplanting aanbeveel (Oktober middel

November) aangesien laat aanplanting (Desember en later) meer onderhewig is aan

ergot.

Die beste planttyd in die westelike gebiede is November – begin Desember, alhoewel

in jare met ʼn uitsonderlike nat najaar, ergot ook hier ʼn probleem kan wees.

Vir kuilvoerproduksie moet vroeg geplant word, terwyl daar vir weidings- of

staandehooidoeleindes tot in Januarie geplant kan word.

3. SPASIËRING EN SAAD BENODIGHEDE

Voersorghum kan in rye geplant word. 45-90 cm rye word aanbeveel. In die geval

van nou rye sal ʼn goeie grondbedekking en skadu-effek vinniger verkry word en is dus

die aangewese spasiëring waar onkruid ʼn groot probleem is.

Vir weidings- of hooidoeleindes word aanbeveel dat die saad gesaai word of dikker in

die rye geplant word ten einde dunner stamme en stingels te verseker.

Voersorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.
-3-

Die saadbehoeftes sal afhang van die beskikbare grondvog, spasiëring en die benutting,

en sal varieer tussen 4 tot 25 kg/ha. Waar die saad gesaai word of waar voersorghum

hoofsaaklik vir weiding of hooi en onder gunstige grondvogtoestande geplant word, sal

die groter saadhoeveelheid van toepassing wees.

Aangesien ontkiemings- en/of opkomsprobleme dikwels ondervind word, word

aanbeveel dat 15-20% meer saad per ha gebruik word ten einde ʼn goeie stand te

verseker.

Saaidigtheid:

Rye Breedwerpig

Lae reënval 900-1500 mm 4-6 kg/ha 15 kg/ha

Hoë reënval 400-800 mm 7-15 kg/ha 20 kg/ha

Besproeiing 150-180 mm 15-25 kg/ha 25 kg/ha

Soetriettipes plant maksimum 7-8 kg/ha vir goeie staanvermoë.

4. KULTIVARS

Faktore wat by kultivarkeuse in aanmerking geneem moet word is die volgende:

a) Die opbrengspotensiaal en benutting.

b) Aanpasbaarheid met betrekking tot klimaat- en grondtoestande.

c) Groeikrag.

d) Herstelvermoë na benutting.

e) Smaaklikheid.

f) Siekteweerstand.

Basters word van tyd tot tyd vervang met nuwe verbeterde basters. Raadpleeg u

Pannar brosjure of verteenwoordiger vir die nuutste inligting en aanbevelings.

5. PLANTDIEPTE EN PLANTTOESTANDE

Voersorghums moet vlak geplant word, veral op swaar gronde, maar die saad moet in

vogtige grond geplaas word, anders is die ontkieming swak. Die plantdiepte wissel

tussen 3-5 cm. Korsvorming moet ten alle tye voorkom word.

6. BEMESTING

Voersorghums reageer baie goed op bemesting, veral stikstof, en dit is noodsaaklik om

die gewas goed te bemes ten einde sy volle potensiaal te benut en hoë opbrengste te

verkry. Dit is egter ook ʼn goeie “vangoes” en kan met welslae op lande verbou word

waar die vrugbaarheid oor ʼn tydperk opgebou is of waar die vorige gewas, wat goed

bemes was, deur droogte of hael erg beskadig is.

Voersorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.
-4-

Die fosforbenodigdhede van voersorghum is min of meer dieselfde as dié van

graansorghum, maar aangesien ʼn geweldige hoeveelheid plantmateriaal van die land

verwyder word, soos bv. in die geval van kuilvoer, moet kalium- en stikstofbemesting

spesiale aandag kry.

Die bemestingsprogram sal bepaal word deur beskikbare vog gedurende die

groeiseisoen. ʼn Program soortgelyk aan dié van mielies of graansorghum word met

planttyd aanbeveel, d.w.s. ʼn mengsel bestaande uit fosfor en stikstof. Kalium word

toegedien waar ʼn gebrek van hierdie voedingstof voorkom of waar groot hoeveelhede

plantmateriaal van die land verwyder word. Die aantal bobemestings met stikstof (en

kalium indien nodig) sal afhang van die vogtoestande en die aantal benuttings. Na elke

benutting moet 40-60 kg N/ha toegedien word. Die hoë peile is van toepassing in dele

met ʼn redelike betroubare reënval en dus ʼn hoë opbrengspotensiaal. Stikstofbemesting

in een enkele toediening word nie aanbeveel nie, veral waar voersorghums vir weiding

of groenvoer gebruik word. Dit kan tot moontlike nitraatvergiftiging in diere lei. Dit

vererger ook die gevaar van uitloging, veral op sanderige gronde. Onder droë

toestande word aanbeveel dat met die stikstofbemesting gewag word tot die

waarskynlikheid van reën goed is. Op hierdie wyse word die stikstof baie meer

ekonomies benut.

Met planttyd word bandplasing van kunsmis in die geval van wye rye aanbeveel,

terwyl dit in nou rye of waar die saad gesaai word, voor planttyd uitgestrooi en

ingewerk kan word.

Kalktoedienings word aanbeveel wanneer die grondsuurheid sodanig is dat dit die

opname van voedingstowwe beïnvloed. Streef na ʼn persentasie suurversadiging van

minder as 15% vir beste resultate. Geen aanduidings van spoorelementtekorte in

voersorghum is nog waargeneem nie.

7. ONKRUIDBEHEER

Onkruide is selde ʼn probleem by voersorghum. Veral waar dit gesaai of in nou rye

geplant word, omdat die plante gou ʼn goeie grondbedekking en dus ʼn skadu-effek

bewerkstelling. Onkruid ontwikkeling word dus so beperk.

In wye rye moet meganiese onkruidbeheermaatreëls, soos in die geval van

graansorghum asook mielies, toegepas word.

Inligting vir geregistreerde onkruiddoders op voersorghum is beskikbaar by

onkruiddoderverspreiders.

8. INSEKTEBEHEER

Snywurms en Stamruspers moet beheer word net soos in die geval van mielies.

Beide die mieliestamrusper (Busseola fusca) en die graansorghumrusper (Chilo

partellus) mag probleme veroorsaak.

Aanplantings wat laat in hul groeiseisoen erg met stronkboorder besmet is, moet liewer

ingekuil word, aangesien chemiese bespuitings op ʼn laat stadium nadelig vir die diere

kan wees wat die voer vreet.

Voersorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.
-5-

Plantluise kom in party jare kwaai voor, maar doen minder skade in voersorghum as

in gewone graansorghum.

Beheermaatreëls is selde nodig. Waar die besmetting so erg is dat heuningdou van die

blare afgeskei word, word bespuiting met ʼn luisdoder aanbeveel. Lande wat sodanig

gespuit is moet egter nie dadelik benut word nie en die veiligheidsperiode van die

betrokke insekdoder moet gehandhaaf word.

9. SIEKTEBEHEER

a) Voor- en Na-opkoms Verwelksiekte en Saailingskroeisiekte

Dié siektekompleks word deur ʼn groot groep skadelike swamme veroorsaak.

Die simptome word gekenmerk deur ontkiemende saailinge wat vrek, voordat

hulle uit die grond kan kom, terwyl dié wat wel opkom, verwelk en ook

gewoonlik vrek.

Die saailinge wat geaffekteer is, vertoon ʼn persagtige kleur en toon ʼn baie

vertraagde groei. Die swamme affekteer die mesokotiel en primêre wortelstelsel.

Die wortels vrot en ontwikkeling van die sekondêre wortelstelsel word vertraag.

Sodra laasgenoemde wortels ontwikkel, herstel die plante redelik vinnig.

Die siekte kom veral straf voor in vroeë aanplantings en waar swaar reëns net na

planttyd voorkom. Alhoewel die siekte kan veroorsaak dat die meeste plante op

die land vrek, gebeur dit egter selde, omdat die siekte gewoonlik gelokaliseerd is

in sekere dele in die land, veral waar water in die plantvore gestaan het.

Oordra-onkruiddoders soos Atrazien kan die voorkoms van die siekte vererger,

terwyl swambehandelde saad, ʼn beperkte voorkomende effek op die siekte het.

b) Bakteriese Streepsiekte

(Xanthomonas holicicola)

Hierdie siekte staan ook bekend as “rooidood”. Nat of hoë humiditeitstoestande

bevorder die verskyning en ontwikkeling daarvan en oesverliese in nat jare kan

aansienlik wees.

Simptome kan reeds in die 2-blaarstadium waargeneem word. Dun, ligte

rooipers strepies ontwikkel tussen die blaarnerwe en kan van 2 mm tot 25 mm

lank wees. Die strepies word groter en breër soos die siekte ontwikkel en vorm

naderhand dooie, nekrotiese dele omring deur ʼn dun donker rand. Erg besmette

plante bly dwergagtig en vorm gewoonlik geen graankorrels nie.

Min is bekend van die oordraagbaarheid en bestryding van Bakteriese

Streepsiekte. Saadoordraagbaarheid word egter nie as ʼn belangrike bron van

besmetting beskou nie en aanduidings is dat die siekte maklik bestry kan word

deur die verbouing van weerstandbiedende kultivars.

c) Exclorilium Blaarskroei (Exclorilium turcicium)

Hierdie siekte, wat ook bekend staan as noordelike blaarskroei, kom gewoonlik

net in die natter, oostelike produksiegebiede voor veral waar baie mistige weer

Voersorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.
-6-

ondervind word. Klein rooi of wit kolletjies vorm op die blare, ontwikkel vinnig

en word later ovaalvormige vlekke met skerp punt en ʼn rooi-pers rand.

Soos die vlekke groter word, vloei hulle inmekaar en kan sodoende groot dele

van die blare beskadig. Die siekte begin op die onderste blare en versprei later

na die boonste blare.

Indien kwaai besmettings voorkom, word aanbeveel dat die plante afgesny en

ingekuil word. In hoë reënvalgebiede waar mistige, koel weer oor lang periodes

voorkom, moet kultivars geplant word wat ʼn goeie weerstand teen die siekte het.

c) Ergot

(Sphacelia sorghi)

D) BENUTTING

1. ALGEMEEN

Ergot is ʼn swamsiekte en staan bekend as “Sugary disease”. Koel, nat

klimaatstoestande tydens die blomstadium bevorder besmetting en ontwikkeling

daarvan. Die saadknoppe word besmet met bestuiwing. Veral saadknoppe wat

nie bevrug is nie, word maklik besmet en hierdie siekte kom dus dikwels in

saadlande voor waar ʼn manlike steriele lyn gebruik word en waar bevrugting nie

volledig plaasgevind het nie.

ʼn Gomagtige, taai, wit of pienkerige afskeiding word op die jong are

waargeneem wat later verdonker na ʼn rooi-bruin en selfs swart kleur. Dit tap

vrylik van die are af en vertoon spierwit op die grondoppervlakte onder die are.

Dikwels skep dit ʼn ideale medium vir die ontwikkeling van sekondêre

organismes. Soos die are ryp word, ontwikkel hulle ʼn swart masse spore en

vertoon feitlik heeltemal swart. Onder goeie ontwikkelingstoestande vorm

oorwinteringsliggaam van die betrokke swam.

Alle sorghums en veral voersorghums is vatbaar vir hierdie siekte. Dit word

versprei deur voëls, wind, reën en insekte en daar is geen doeltreffende

beheermaatreël nie. Paspalumgras in vleie dien as natuurlike gasheerplante van

die siekte.

Aangesien hierdie siekte veral gedurende die koeler dele van die jaar (Maart –

April) voorkom, word laat aanplantings nie aanbeveel in gebiede waar

besmettings verwag kan word nie, en waar die gewas hoofsaaklik vir

kuilvoerproduksie aangeplant word. Vroeër aanplantings verseker dat die plante

in ʼn gevorderde graanvulstadium is – en dus nie meer vatbaar vir die siekte is nie

– gedurende die kritieke periode van die jaar. Verder kan dit beheer word deur

gereelde beweiding en daardeur blomvorming te verhoed.

Ergot word nie op die saad oorgedra nie en besmettings kom slegs voor as die

klimaatstoestande gunstig is.

Voersorghum is ʼn baie veelsydige en meerdoelige gewas en kan as kuilvoer, weiding,

staandehooi of deur dit te sny en voer, benut word. Dit het uitmuntende groeikrag en

Voersorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.
-7-

lewer ʼn uiters hoë tonnemaat voer met ʼn hoë voedingswaarde en smaaklikheid mits dit

reg benut word. In hierdie verband moet die volgende faktore in aanmerking geneem

word:

a. Bewei of sny plante vanaf 60-90 cm vir maksimum opbrengste en

voedingswaarde. Hoe jonger die plante, hoe hoër die proteïen-inhoud maar hoe

ouer die plante, hoe hoër die opbrengs.

b. Plante moet nie kort bewei of gesny word nie (15-20 cm) ten einde vinnige

hergroei te bevorder.

c. Vir weiding, staandehooi en groenvoer moet die plante nie toegelaat word om te

blom nie.

d. Die toepaslike stikstofbemesting moet na elke benutting toegedien word.

Voersorghum is uitstekende voer vir melk-, vleisbeeste en skape, maar mag nie aan

perde gevoer word nie. Onder goeie groeitoestande kan in een seisoen ʼn groensny-oes,

ʼn beweiding, sowel as ʼn kuilvoer-oes of staandehooi-oes verkry word. Voersorghum

kan dus feitlik oor die hele jaar aan die veeboer se behoeftes voldoen, naamlik in die

vorm van weiding of te sny en voer vanaf middel Desember tot April en in die vorm

van staandehooi en kuilvoer gedurende die wintermaande en vroeë lente.

2. WEIDING ASOOK SNY EN VOER

a) Sorghum x soedangrastipes beskik oor goeie hergroei en leen hulle die beste as

weiding gedurende die somermaande. Die beste stadium vir beweiding is

wanneer die plante ongeveer 60 cm hoog is. Op hierdie stadium is die plante

goed gevestig en het ʼn hoë voedingswaarde met ʼn proteïen-inhoud van ± 18%

en is uiters smaaklik. Dit verseker goeie voerinname. Onder normale

toestande kan beweiding 30-40 dae na planttyd in aanvang neem. Die

veselinhoud is dan ook redelik hoog om blousuurvergiftiging te beperk.

b) Voersorghum herstel baie vinnig na beweiding en tot 30 cm groei per week kan

onder goeie toestande verkry word. Die plante moet egter nie te kort bewei

word nie omdat dit die reserwe in die plant te veel sal uitput en die hergroei

belemmer. Beweiding laer as 15-20 cm word nie aanbeveel nie.

c) Indien moontlik moet die plante na beweiding op 15-20 cm hoogte met ʼn

grassnyer gesny word. Dit sal ʼn egalige en sterk hergroei verseker. Deur die

oorblywende stingels af te knip sal die lote of spruite ook vinniger ontwikkel.

Indien hierdie reëls gevolg word, behoort die plante na 14-21 dae weer vir

benutting gereed te wees.

d) Voersorghum het ʼn besondere hoë drakrag. Die gebruik van geëlektrifiseerde

drade of soortgelyke stelsel sal verseker dat dit tot sy maksimum benut word.

Die intensiteit van beweiding, wat die herstelvermoë van die plant sal

beïnvloed, kan so noukeurig beheer word.

e) Die beweidingsperiode van voersorghum kan verleng en die algemene bestuur

daarvan vergemaklik word, deur die plantdatum te versprei.

Voersorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.
-8-

f) In plaas van beweiding kan voersorghum ook in ʼn zero-beweidingstelsel

afgesny word mits dit verkies word, soos byvoorbeeld onder intensiewe

boerderytoestande. Dit is raadsaam om die materiaal vir ʼn paar uur nadat dit

gesny is in warm son te laat verwelk, daardeur word die gevaar van

blousuurvergiftiging verminder.

g) Alle sorghum x soedangrastipe voersorghums is onderhewig aan

blousuurvergiftiging. Dit behoort egter nie ʼn probleem te wees mits dit reg

benut word nie. Die volgende voorkomingsmaatreëls moet in hierdie verband

getref word:

E) STAANDEHOOI

i) Hypo in die water volgens voorskrif.

ii) Tot 10% blomswawel in die lek van die diere.

iii) Moenie bewei wanneer die plante verwelk is nie.

Die graansorghum x sorghobasters (soetrietsorghumtipes) bly smaaklik nadat dit

uitgegroei en doodgeryp het. Die tipes beskik oor relatief swakker hergroei in

vergelyking met die weitipes wanneer dit in die somer benut word. Bewei dus slegs

matig of lig op ʼn jongstadium en laat vanaf middel Januarie uitgroei totdat dit doodryp.

Dit is ʼn relatiewe goedkoop manier van voerberging.

F) KUILVOER

a) Voersorghum is ʼn uitstekende kuilvoergewas wat van die hoogste opbrengste

van alle kuilvoergewasse kan lewer, naamlik 30-60 t/ha, afhangende van die

groeitoestande.

b) Die plante moet gedurende die vroeë deegstadium gesny word. Vir maksimum

opbrengste moet die plante nie gedurende die vroeë ontwikkelingstadium bewei

word nie, aangesien dit die opbrengs nadelig sal beïnvloed en ook onegalige

aarvorming tot gevolg sal hê.

c) Die sagte stamme van voersorghum vergemaklik die inkuilingsproses. Die

kwaliteit, d.w.s. voedingswaarde en smaaklikheid, van die kuilvoer kan verder

verhoog word deur geskikte inokulante tydens die inkuilingsproses by te voeg- of

dit kan saam met mielies ingekuil word. Twee vragte mielies en een vrag

voersorghum verskaf ʼn uitstekende kuilvoer.

d) As die materiaal nog baie nat is omdat dit vir een of ander rede op ʼn vroeër

stadium gesny moet word, soos bv. in die geval van beskadiging deur stamrusper

of ergot, moet dit voor inkuiling toegelaat word om eers te verwelk.

e) Voersorghum kan ook vir weiding sowel as vir kuilvoerdoeleindes in een seisoen

aangeplant word. Vroeg in die seisoen word die materiaal ʼn paar keer bewei.

Later in die seisoen word die vee dan onttrek sodat die plantare die maksimum

hoeveelheid graan kan vorm. Die kuilvoeropbrengs sal in hierdie geval laer

wees, maar die beweiding sal daarvoor vergoed.

Voersorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.
G) HOOI

-9-

i) Hooiproduksie word as ʼn reël nie aanbeveel nie, vanweë voersorghum se

dikkerige stamme en weelderige breë blare wat relatief stadig uitdroog. Veral in

die hoë reënvalstreke is die risiko van bederfde hooi as gevolg van ontydige reëns

betreklik hoog.

ii) Waar voersorghum wel vir hooidoeleindes aangeplant word, word aanbeveel dat

dit gesaai word. Die hoë plantestand sal dunner stingels tot gevolg hê wat

uitdroging sal vergemaklik.

iii) Uit die aard van die saak moet die plante vir hooidoeleindes op ʼn redelike jong

stadium gesny word, naamlik pypstadium. Later snysels sal hoër opbrengste

lewer, maar voedingswaarde en vinnige droging word daardeur prysgegee.

ʼn Tipiese ontleding van PAN sorghum x soedangraskruising onder besproeiing:

(Verslag no. 16/82 – Departement Landbou Potchefstroom)

1

22/11 Plantdatum

ste Snysel 2 de Ontleding

26/01/82

Snysel

23/02/82

Gemiddeld

Opbrengs t/ha 20.00 22.00 21.00

% Ruproteïen 17.46 20.35 18.90

% Magnesium 0.34 0.35 0.35

% Kalium 3.67 4.02 0.35

% Fosfor 0.22 0.22 0.22

% Vesel - 29.80

Verteerbaarheidskoëffisiënt 67%

Let wel: Bemesting : 125 kg N/ha tydens plant en ± 50 kg N/ha na eerste sny.

Gesny by pypstadium.

Neem asseblief kennis dat die dokument dien alleenlik as ʼn riglyn en is in goeder trou gedoen. Aangesien

toestande mag wissel van plaas tot plaas, en selfs van land tot land binne elke gebied, kan aanpassings gebaseer

op plaaslike toestande of vir enige spesifieke voorkeure, nodig wees.

Voersorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.