02.05.2013 Views

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bladsy 9

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

22:50 AOT) Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam

wil ek psalmsing;

f) Hebreeus: “Todah” - Om dankoffer of lofprysing te gee met uitgestrekte hande nog

voor die oorwinning behaal is. Dit is ‘n geloofsdanksegging. (Ps 50:14,23 Jes 51:3)

Hande ophef na God met ‘n houding van dankbaarheid, lofprysing, dankoffer, gesang van

dank, offer van dank. (Lev 7:12-13; Neh 12:27; Ps 42:4; 50:14; 50:23; 69:30; 95:2;

100:4) (Psa 56:13 AOT) Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U

betaal; (Psa 100:4 AOT) Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof

Hom, prys sy Naam.

g) Hebreeus: “Shabach” - Om iemand aan te spreek met ‘n luide stem, om luid aan te

roep, te oorwin, te prys. Om te skree – om hoog aan te prys. Hierdie is ‘n luide

uitroep van lof. Hierdie wyse van lof word verwelkom deur die Vader. Daar is baie

voorbeelde in die Skrif in Psa 47:1 en Ps 66:1 en nog meer. (Psa 63:5 AOT) Só sal ek U

prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef. (Psa 63:6 AOT) Soos met vet en

vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe.

h) Hebreeus: “Shachah” - Om neer te buig, kniel, neerkniel met die voorkop wat die

grond aanraak, om plat te val, om te vereer. (Psa 95:6 AOT) Kom, laat ons aanbid

en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het. (Gen 22:5 AOT) En

Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen

gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.

i) Grieks: “Megaluno” - Om op te hemel. Groot te maak. (Hand 10:46 AOT) Want hulle

het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:

j) Grieks: “Psalmos” - Om lof te sing in geestelike ekstasie. (Efs 5:19 AOT) Spreek

onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in

julle hart tot eer van die Here,

k) Grieks: “Exomologeomai” - Om openlik, vrywillig en vry te bely en te loof. (Mat

11:25 AOT) In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die

hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en

dit aan kindertjies geopenbaar het.

l) Grieks: “Eulogia” - Dieselfde as Barak. Om te kniel. Om te seën. (Efs 1:3 AOT)

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle

geestelike seëninge in die hemele in Christus,

m) Grieks: “Doxazo” - Om te verheerlik. (Luk 18:43 AOT) En onmiddellik het hy gesien

en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan

God die lof gegee.

n) Grieks: “Ainesis, Ainos, Aineo” - Stem ooreen met Hallal. Om uitbundig, verspot te

wees. Om luidrugtig God te loof. Beteken om te eer, te roem, lofpryisng, lofspraak,

lofuiting (Luk 19:37; Rom 15:11; Openb 19:5; Hand 3:8-9) (Heb 13:15 AOT) Laat ons

dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy

Naam bely.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!