02.05.2013 Views

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bladsy 3

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

2.3 Lofsange is ‘n kragtige verklaring dat jy sterk sal staan en die HERE sal prys tydens

alle omstandighede, want God word gevind in lofprysing en nie in omstandighede nie.

(2Kor 10:4 AOV) want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God

om vestings neer te werp, Lofsange spreek geloof in mense se lewens in. Lofsange is nie

emosies nie, maar geloof. Deur lofsange het jy die vermoeë om die atmosfeer te verander.

2.4 JESUS is verhewe bo enige omstandighede wat jy in die gesig staar

(Fil 4:6 AOV) Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en

smeking met danksegging bekend word by God. (Fil 4:7 AOV) En die vrede van God, wat

alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Lofsange en aanbidding is intersessie, gebed, is magtig en intiem wanneer jy passievol

omtrent JESUS is. Wanneer jy lief is vir iets is dit nooit moeite om dit te doen nie en

wanneer jy lief is vir iemand is dit nooit te veel gevra om tyd te spandeer nie.

2.5 Ons lofsange groei soos die Woord (JESUS) in ons harte toeneem

Lofsange sal spontaan uit jou hart vloei en ‘n gesindheid van die hart wees, wanneer daar ‘n

konstante deposito van die Woord van God in jou hart gemaak word, want (Rom 10:17

AOV) Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. (Joh 7:38

AOV) Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste

vloei. Deur God se Woord in ons sange te verklaar en in geloof vry te stel, stuur dit in ‘n

profetiese hoedanigheid God se verlossingswerk uit, sodat mense gered en genees kan word.

(Psa 107:20 AOT) Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit

hul kuile red. Soos die Woord in jou hart groei sal jy selfs in tye van wanhoop die volgende

vanuit jou hart bely: (Psa 27:1 AOT) ‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil:

vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?

(Rom 8:31 AOT) Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen

ons wees?

3. DIE “JOYFUL SOUND” IN LOFSANGE

3.1 Lofsange is ‘n “joyful sound” wat vanuit ons gees na buite weergalm

(Psa 89:15 KJVR) Blessed is the people that know the joyful sound: they shall walk, O

LORD, in the light of thy countenance. (Psa 89:16 KJVR) In thy name shall they rejoice

all the day: and in thy righteousness shall they be exalted. “Die geklank” in engels word

beskryf as “the joyful sound” en beteken volgens Strong se Woordeboek ook “a battle cry,

alarm, blowing of the trumpets, joy, jubilee, loud noice, rejoicing, shout”.

Daar is baie krag in die “battle cry” of in die “shout” van lofprysing. So ‘n uitroep

vereis die aandag van almal wat dit aanhoor. Dit is profeties en bou ‘n mens se geloof en

roep die dinge wat nie bestaan nie asof dit bestaan.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!