02.05.2013 Views

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bladsy 20

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

hanteer dit met goedhartigheid word jy soos JESUS en word jy ‘n brug dat mense die

realiteite kan sien en verlore mense kom om die Redder te leer ken.

6.5 Lofsange is die woord van geloof wat ons aan ander verkondig wat ‘n weg maak vir

God om in jou behoeftes te voorsien

(Rom 10:8 AOT) Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit

is die woord van die geloof wat ons verkondig: (Rom 10:9 AOT) As jy met jou mond die

Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered

word; (Rom 10:10 AOT) want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely

ons tot redding. Lofsange maak ‘n weg vir God om in jou behoeftes te voorsien. Paulus en

Silas het die woord van geloof deur hulle gebed en lofsange geuiter en God het gereageer met

‘n aardbewing en Sy skrik het op die tronkbewaarder gekom dat hy sy hart en lewe vir

JESUS gegee het. Dit was die woord van geloof in God wat die twee manne uitgespreek en

gesing het. Dit was ‘n bewys van die vaste vertroue wat hul gehad het in die dinge waarvoor

hul gehoop het. Hierdie woord van geloof wat in ons harte en mond is draai mislukkings na

oorwinnings en verander jou swakhede na sterkpunte. JESUS het reeds alles 2000 jaar

gelede gedoen en gegee wat ons vandag nodig het. Die onus rus nou op ons om te reageer op

dit wat JESUS gedoen het en wanneer ons in geloof daarop reageer geniet ons die seëninge

van dit wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het.

6.6 Lofsange spreek die behoefte van die oomblik aan

(Jes 61:3 AOT) om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad

vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle

genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy

verheerliking.

a) Dit maak ons meer bewus van God se teenwoordigheid en Sy interaksie met Sy mense

omdat ons op JESUS fokus. JESUS is die lied op ons lippe en die Naam wat ons bely en

hoe meer ons Hom spontaan loof, hoe meer vind daar ‘n oplewing in ons gees plaas wat

alle teneurgedruktheid, verslaentheid, moedeloosheid en depressiwiteit vernietig en word

in ons ‘n sensitiwiteit gebore vir die werking van die Heilige Gees.

b) Dit berei ons harte voor om gewilliglik te verander daar waar Hy aan ons openbaar ons

moet verander.

c) Dit berei ons harte verder voor dat die Heilige Gees in ons profetiese liede begin sing,

omdat ons harte nou gesuiwer is van alle vleeslikheid en totaal gefokus is op JESUS

alleen en skielik besef ons ons afhanklikheid van die Heilige Gees en het die eie-ek

gekwyn.

6.7 Lofsange laat die onmoontlike moontlik lyk omdat geloof vrygestel word

(Heb 11:1 AOT) Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys

van die dinge wat ons nie sien nie. (Heb 11:6 AOV) En sonder geloof is dit onmoontlik

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!