02.05.2013 Views

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bladsy 2

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

Lofsange het nie weggesteekte agendas van as ek God gaan loof sal Hy dit vir my doen

nie.

Ware lofsange vloei vanuit ‘n regverdige se hart wat oorloop van dankbaarheid en die

kennis van God soos in Sy Woord en deur daaglikse ervaringe aan die gelowige

geopenbaar. Lofsange is ‘n aktiewe demonstrasie van ons kant af wat ons geloof in God

demonstreer. (Rom 10:9-13)

2.1 Waar kom ons lofsange vandaan?

(Psa 40:1 AOV) Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. ( Psa 40:2 AOV) Ek het die

HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; (Psa

40:3 AOV) en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en

my voete op ‘n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak. (Psa 40:4 AOV) En Hy het ‘n

nuwe lied in my mond gegee, ‘n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en

op die HERE vertrou.

Ons kan nie lofsange sing as ons dit nie ontvang het nie en dit is ‘n lied wat ons vanaf

God ontvang met wedergeboorte, wanneer die persoon van die Heilige Gees in ons kom

woon (Hand 2:38). Die lied van die kerk gaan nie oor styl, ritme, agtergrond of

musiekvoorkeure nie. Die lied van die kerk van JESUS is meer geestelik as musikaal.

Lofsange is die lied wat kom wanneer ons in God se insettinge wandel, Sy verordeninge

onderhou en Sy kragdadige werke aanskou. Dit is ‘n lied wat uitlvoei vanuit die

geregtigheid van God se kinders. Dit is ‘n lied van siele wat hul beroem in die HERE.

Hierdie lied vind plaas wanneer ons onsself in ‘n goddelike verhouding met JESUS

bevind. Wanneer jy in God se koninkryk gebore is, hoor jy hierdie lied deur nuwe ore, en

verstaan jy hierdie lied, want dit is geestelik en nou is jou hart geestelik lewend gemaak

en vernuwe en God se Gees is in jou binneste uitgestort.

Dit is ‘n lied van vreugde met die geklank van dankbare harte. Dit is ‘n lied wat elkeen

gebore is om te herken en om aan deel te neem. Hierdie lied is nie ‘n ervaring of ‘n

naweekdiens nie, maar dit is ‘n reaksie tot die liefde van God, geopenbaar aan ons.

2.2 Lofsange is ‘n verklaring in die geloof dat ons vasstaan in dit wat God ons gegee het en

‘n verklaring van oorwinning dat ons nie beweeg sal word deur dit wat die vyand

probeer steel nie

(2Kron 20:27 AOV) Toe draai al die manne van Juda en Jerusalem om, met Jósafat aan

hulle hoof, om met vreugde na Jerusalem terug te gaan; want die HERE het aan hulle

vreugde verskaf oor hul vyande. (2Kron 20:28 AOV) En hulle het Jerusalem ingetrek met

harpe en siters en trompette, na die huis van die HERE. (2Kron 20:29 AOV) En die skrik

vir God was op al die koninkryke van die lande toe hulle hoor dat die HERE teen die

vyande van Israel gestry het.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!