02.05.2013 Views

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bladsy 18

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

a) Dit gebeur vandag nog in ons lewens dat ons klere, ons beskerming deur situasies en

skares van ons afgeskeur word en ons geslaan word met stokke van mismoedigheid,

minderwaardigheid, siekte, haat, bitterheid, woede, afguns, jaloesie, twis, tweedrag,

naywer, verwardheid en twyfel. Dinge wat met ons gebeur wat veroorsaak dat ons voete

aan blokke vasgebind word en ons nie meer die voete vir bereidwilligheid van die

verkondigheid van evangelie het nie. Vasgevang in die diepste in die binneste van die

gevangenis, daar waar dit donker is en die wêreld van ons vergeet het. En die

tronkbewaarder van skuldgevoelens, opressie, depressie, teistering, obsessie, kompulsie,

manipulasie en verwerping maak seker dat ons daarbinne bly.

b) Maar Paulus en Silas het besef dit is tyd om in die atmosfeer te begin spreek en hulle

het begin deur saam te bid. (Hand 16:25 AOV) En omtrent middernag het Paulus en

Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle

geluister. Ek glo met my hele hart dat hulle uit dankbaarheid gebid het vir dit wat God

alreeds in en deur hulle gedoen het. Dat hulle gebid het met die wete dat hierdie situasie

net tydelik is, want hulle het voorheen al die grootheid van God aanskou.

c) Vanuit hierdie gebed begin lofliedere tot eer van God te vloei. Hulle het lofliedere gesing

wat God vereer het en Sy naam verhoog en grootgemaak het.

d) Geen twyfel dat die ander gevangenisse alreeds geweet het waarom Paulus en Silas in die

tronk is nie. Dat hulle met stokke geslaan en hul klere van hul afgeskeur is nie. Geen

twyfel dat die ander gevangenisse self deur die lewe verniel en swak behandel is nie. Dat

baie van hulle dalk self onregverdiglik behandel was nie. Geen twyfel dat baie van hulle

ook geen hoop meer gehad het nie. Maar skielik kom daar ‘n geluid uit ‘n ander sel uit.

‘n Geluid van die HERE wat deur sy geestelik vrygemaaktes geuiter word. Sien Paulus

en Silas was in ‘n tronk, maar hulle was vry. Wat was hierdie geluid? Wat was hierdie

lied? Ja sowaar. Kom ons luister. Ek glo dat liede wat hulle gesing het was

oorwinningsliede soos Moses en Jósafat. Hulle kon dit sekerlik nie sien nie, maar ek is

glo die hemelse strydwaens het gereed gestaan soos met Elisa.

e) Hierdie was liede wat die evangelie van JESUS verkondig het, wat van God se goedheid

en ewigdurende liefde vertel het, wat gekom het om mense te verlos en nuwe lewe te gee.

‘n God wat hulle harte ken en hulle sien en hulle nooit sal verlaat of begewe nie, maar ‘n

God wat belowe het om met hulle te wees tot aan die voleinding van die dae. ‘n God wat

hulle sal verlos van elke bose mag in hulle lewe. En soos hierdie twee manne liede tot

verheerliking van God sing, word dit wat hulle verklaar in die geloof deur hulle liede ‘n

werklikheid en skud God die fondamente van die gevangenis en onmiddellik het al die

deure oopgegaan en die boeie van almal raak los.

f) Die beloftes van God bring nooit hoop tot ‘n biddelose en ongelowige hart nie. Ek glo

dat hulle eenvoudig gesing het omdat hulle lief is vir God. (Heb 11:6 AOT) En sonder

geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy

is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!