02.05.2013 Views

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bladsy 15

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

God vir ons volkome verlossing skenk, want ons wandel nie meer in die vernietigende

gedagtes van ons eie wil en agendas nie, maar in die skoonheid van sy liefde.

5.3 Lofsange stel die blydskap van God in jou lewe vry

(Psa 43:5 AOT) Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God,

want ek sal Hom nog loof—die verlossing van my aangesig en my God! (Psa 30:12 AOT)

U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my

met vreugde omgord; (Psa 30:13 AOT) sodat my eer U kan besing en nie swyg nie.

HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.

a) God seën ons, juis sodat ons kan voortgaan om Hom te loof.

b) (Neh 8:11 AOT) Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE—dit is julle

beskutting. Deur lofprysing verander God ons hartseer na blydskap, verslaendheid na

oorwinning, swakheid na sterkte en krag en beproewinge na oorwinning. Dit is wanneer

ons God loof en prys met intensionaliteit, inspanning en fokus vanuit ‘n rein hart met

suiwer motiewe, dat daar ‘n vreugdevolle gevoel van opwinding en hoop vir die toekoms

in ons na vore spruit. Uitwaardse omstandighede sal nooit vir ons blydskap bring nie.

God word nie in ons omstandighede gevind nie, maar in ons lofsange.

c) (Psa 24:3 AOV) Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy

heilige plek? (Psa 24:4 AOV) Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel

nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. (Psa 24:5 AOV) Hy sal seën wegdra van

die HERE en geregtigheid van die God van sy heil. Blydskap kom van binne wanneer

ons ons hande reinig en ons harte suiwer. En soos jy God loof kom baie seëninge binne

jou, met jou en deur jou en plaas die Heilige Gees ‘n nuwe lied in jou hart.

d) Dit is so maklik om te sing wanneer die vreugde van die Here in ons harte woon. Maar

ons lees dat Dawid het nie net gesing wanneer dit goed gegaan het nie. Selfs in moeilike

situasies (Psalm 40:3; Psalm 118:5) het hy gesing. Soms wanneer hy sondes bely en

hartseer erken het. Die Woord beveel ons om te sing, want dit stel sy mag vry wanneer

ons sing. (Psalm 47)

5.4 Lofsange berei ons voor vir nuwe dinge wat God wil doen

(Jes 38:18 AOT) Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in

die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie. (Jes 38:19 AOT) Die lewende, die lewende,

dié sal U loof, soos ek vandag; die vader maak aan die kinders u trou bekend. (Jes 38:20

AOT) Die HERE staan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente

speel al die dae van ons lewe, by die huis van die HERE.

a) Lofsange is ‘n bewys van die lewe van God wat teenwoordig is in die gelowige.

b) Hierdie atmosfeer van lewe skep in ons ‘n kragveld vanwaar liefde, sagmoedigheid,

kreatiwiteit, energie, evangelisasie, profesie en die opbou van ons geloof uitspruit.

c) Tydens lofsange kan ons nie die werke van die vlees soos haat, woede, bitterheid en

veragting koester nie. Hierdie werke word vernietig en beweeg ons in die geesdimensie

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!