02.05.2013 Views

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

HOOFSTUK 5 DIE KRAG IN ONS LOFSANGE (Kol 3 ... - taniab.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bladsy 1

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

HOOFSTUK 5

DIE KRAG IN ONS LOFSANGE

(Kol 3:16 AOV) Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en

vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met

dankbaarheid tot eer van die Here.

1. WAT IS PSALMS

(Jak 5:13 AOT) Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd?

Laat hom psalmsing. Die Griekse woord vir psalms is “psalmos” en word gedefinieer as ‘n

vasgestelde musiekstuk wat met ‘n stem, harp of ander musiekinstrument vergesel word.

Die boek Psalms is die Ou Testamentiese liedboek en die tema van hierdie boek is

CHRISTUS, God, die Woord van God, die skepping, lyding en die verlossing van God se

mense.

Hierdie boek druk menslike gevoelens en ervarings baie mooi uit, wat insluit van donker

depressie tot uitbundige vreugdes.

Dit bevat uitdrukkings van die gelowige wat God vertrou en op Sy grootheid en waarheid

reageer te midde van ‘n gevalle en vyandige wêreld waarin ons woon en is vir ons vandag

‘n leerskool omtrent God en hoe om tot Hom te bid en Hom te prys.

Die psalms bevat ook vroeëre openbaringe en profetiese psalms omtrent die Messias soos

in Psalm 22.

Vandag nog sing ons psalms wat vasgestelde musiekstukke is wat vergesel word met

sang en instrumente wat ons omstandighede uitdruk, maar ook God se waarheid en

grootheid verklaar. Psalms wat profeties spreek van JESUS se koms en openbaringe aan

ons gee van God se verlossingswerk regdeur die geskiedenis. Saam met Handelinge is

dit een van die boeke in die Bybel wat nie voltooi is nie, maar steeds uitgebou word met

psalms wat vandag nog geskryf word.

2. WAT IS LOFSANGE?

(Psa 22:4 AOV) Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel! Lofsange is

God se woonadres. Die Griekse woord vir lofsange is “hymnos” en word gedefinieer as ‘n

godsdienstige vers of lied wat gesing word en beteken ook “to celebrate in song”.

Lofsange is ‘n daad van aanbidding of erkenning waarby die voortreflikheid en dade van

‘n ander erken en opgehemel word. Om God te prys vir wie Hy is word genoem

aanbidding, verering en adorasie. Om Hom te prys vir wat Hy doen is danksegging.

Lofsange is nie ‘n meganiese aktiwiteit wat maar net vanaf jou lippe kom of ‘n paar

liedjies wat op ‘n Sondag gesing word nie.

Lofsange is nie om God te manipuleer om vir jou iets te doen nie of om in sy

teenwoordigheid te kom nie.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 1

Bladsy 2

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

Lofsange het nie weggesteekte agendas van as ek God gaan loof sal Hy dit vir my doen

nie.

Ware lofsange vloei vanuit ‘n regverdige se hart wat oorloop van dankbaarheid en die

kennis van God soos in Sy Woord en deur daaglikse ervaringe aan die gelowige

geopenbaar. Lofsange is ‘n aktiewe demonstrasie van ons kant af wat ons geloof in God

demonstreer. (Rom 10:9-13)

2.1 Waar kom ons lofsange vandaan?

(Psa 40:1 AOV) Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. ( Psa 40:2 AOV) Ek het die

HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; (Psa

40:3 AOV) en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en

my voete op ‘n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak. (Psa 40:4 AOV) En Hy het ‘n

nuwe lied in my mond gegee, ‘n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en

op die HERE vertrou.

Ons kan nie lofsange sing as ons dit nie ontvang het nie en dit is ‘n lied wat ons vanaf

God ontvang met wedergeboorte, wanneer die persoon van die Heilige Gees in ons kom

woon (Hand 2:38). Die lied van die kerk gaan nie oor styl, ritme, agtergrond of

musiekvoorkeure nie. Die lied van die kerk van JESUS is meer geestelik as musikaal.

Lofsange is die lied wat kom wanneer ons in God se insettinge wandel, Sy verordeninge

onderhou en Sy kragdadige werke aanskou. Dit is ‘n lied wat uitlvoei vanuit die

geregtigheid van God se kinders. Dit is ‘n lied van siele wat hul beroem in die HERE.

Hierdie lied vind plaas wanneer ons onsself in ‘n goddelike verhouding met JESUS

bevind. Wanneer jy in God se koninkryk gebore is, hoor jy hierdie lied deur nuwe ore, en

verstaan jy hierdie lied, want dit is geestelik en nou is jou hart geestelik lewend gemaak

en vernuwe en God se Gees is in jou binneste uitgestort.

Dit is ‘n lied van vreugde met die geklank van dankbare harte. Dit is ‘n lied wat elkeen

gebore is om te herken en om aan deel te neem. Hierdie lied is nie ‘n ervaring of ‘n

naweekdiens nie, maar dit is ‘n reaksie tot die liefde van God, geopenbaar aan ons.

2.2 Lofsange is ‘n verklaring in die geloof dat ons vasstaan in dit wat God ons gegee het en

‘n verklaring van oorwinning dat ons nie beweeg sal word deur dit wat die vyand

probeer steel nie

(2Kron 20:27 AOV) Toe draai al die manne van Juda en Jerusalem om, met Jósafat aan

hulle hoof, om met vreugde na Jerusalem terug te gaan; want die HERE het aan hulle

vreugde verskaf oor hul vyande. (2Kron 20:28 AOV) En hulle het Jerusalem ingetrek met

harpe en siters en trompette, na die huis van die HERE. (2Kron 20:29 AOV) En die skrik

vir God was op al die koninkryke van die lande toe hulle hoor dat die HERE teen die

vyande van Israel gestry het.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 2

Bladsy 3

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

2.3 Lofsange is ‘n kragtige verklaring dat jy sterk sal staan en die HERE sal prys tydens

alle omstandighede, want God word gevind in lofprysing en nie in omstandighede nie.

(2Kor 10:4 AOV) want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God

om vestings neer te werp, Lofsange spreek geloof in mense se lewens in. Lofsange is nie

emosies nie, maar geloof. Deur lofsange het jy die vermoeë om die atmosfeer te verander.

2.4 JESUS is verhewe bo enige omstandighede wat jy in die gesig staar

(Fil 4:6 AOV) Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en

smeking met danksegging bekend word by God. (Fil 4:7 AOV) En die vrede van God, wat

alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Lofsange en aanbidding is intersessie, gebed, is magtig en intiem wanneer jy passievol

omtrent JESUS is. Wanneer jy lief is vir iets is dit nooit moeite om dit te doen nie en

wanneer jy lief is vir iemand is dit nooit te veel gevra om tyd te spandeer nie.

2.5 Ons lofsange groei soos die Woord (JESUS) in ons harte toeneem

Lofsange sal spontaan uit jou hart vloei en ‘n gesindheid van die hart wees, wanneer daar ‘n

konstante deposito van die Woord van God in jou hart gemaak word, want (Rom 10:17

AOV) Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. (Joh 7:38

AOV) Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste

vloei. Deur God se Woord in ons sange te verklaar en in geloof vry te stel, stuur dit in ‘n

profetiese hoedanigheid God se verlossingswerk uit, sodat mense gered en genees kan word.

(Psa 107:20 AOT) Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit

hul kuile red. Soos die Woord in jou hart groei sal jy selfs in tye van wanhoop die volgende

vanuit jou hart bely: (Psa 27:1 AOT) ‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil:

vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?

(Rom 8:31 AOT) Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen

ons wees?

3. DIE “JOYFUL SOUND” IN LOFSANGE

3.1 Lofsange is ‘n “joyful sound” wat vanuit ons gees na buite weergalm

(Psa 89:15 KJVR) Blessed is the people that know the joyful sound: they shall walk, O

LORD, in the light of thy countenance. (Psa 89:16 KJVR) In thy name shall they rejoice

all the day: and in thy righteousness shall they be exalted. “Die geklank” in engels word

beskryf as “the joyful sound” en beteken volgens Strong se Woordeboek ook “a battle cry,

alarm, blowing of the trumpets, joy, jubilee, loud noice, rejoicing, shout”.

Daar is baie krag in die “battle cry” of in die “shout” van lofprysing. So ‘n uitroep

vereis die aandag van almal wat dit aanhoor. Dit is profeties en bou ‘n mens se geloof en

roep die dinge wat nie bestaan nie asof dit bestaan.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 3

Bladsy 4

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

Die “joyful sound” stel energie vry en demonstreer passie, entoesiasme,

geditermineerdheid en vertroue.

Die “joyful sound” en ‘n “shout”, verander die geestelike atmosfeer en laat emosionele

mure wat om ons gebou is verbrokkel.

Die “joyful sound” is die geklank van God se weermag, waarvan Hy “the Commander in

Chief” en “the Mighty Man of War” is. God het Homself reeds as ons held wat

verlossing skenk openbaar.

Hierdie “joyful sound” is die geklank wat voortleef in elke wedergebore hart, ongeag van

waar jy jouself bevind. Dit is ‘n geklank wat soms veroorsaak dat wanneer jy dit hoor, jy

net begin huil, omdat dit geweef is in ‘n ewigheid en spreek nie net van oorwinnings in

die verlede nie, maar ook van die toekoms en is profeties omtrent die finale vernietiging

van die vyand van die kerk van JESUS.

3.2 Die “joyful sound” demonstreer ons oorwinning in die oorlog(Efs 6) in die geestelike

realm wat dan sal manifisteer in die fisiese

JESUS het onder ons kom woon as die Woord wat vlees geword het en uitgetrek as ‘n held

tydens sy tydperk op aarde wat die werke van die vyand vernietig het. (1Joh 3:8 AOV)

...Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.

JESUS het gekom om die werke van die duiwel te verbreek en as JESUS in ons woon sit ons

daardie werk in die naam van JESUS voort. Een wyse om dit te doen is deur die “joyful

sound” in ons harte wat ons na buite weergalm in die vorm van “high praises” (Psa 149:6

AOV) Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand;

met die doel (Psa 149:7 AOV) om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die

volke; (Psa 149:8 AOV) om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met

ysterboeie; (Psa 149:9 AOV) om ‘n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. ‘n Eer

is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!

3.3 JESUS is die Aanvoerder van hierdie oorlog en Hy demonstreer aan ons die wapens wat

ons moet gebruik

Die feit dat ons die werk van JESUS hier op aarde voortsit met JESUS wat in ons woon en

dat die doel is om die werke van die vyand te verbreek, is aanduiding genoeg dat ons in ‘n

oorlog betrokke is. Paulus leer ons ook dat ons wapens nie vleeslik is nie: (2Kor 10:3 AOV)

Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; (2Kor

10:4 AOV) want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om

vestings neer te werp, (2Kor 10:5 AOV) terwyl ons planne verbreek en elke skans wat

opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die

gehoorsaamheid aan Christus,

a) Hy is “the Captain of the hosts”, “the Commander”. Die Dake, King James Version sê

(Jos 5:13-15): “but as captain of the host of the Lord am I now come”. Die Hebreeuse

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 4

Bladsy 5

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

woord vir “host is tsaw-baw', tseb-aw-aw' en beteken a mass of persons (or figurative

things), especially regularly organized for war (an army); by implication a

campaign, literally or figuratively (specifically hardship, worship): - appointed time,

(+) army, (+) battle, company, host, service, soldiers, waiting upon, war (-fare).

b) (Openb 19:11 AOV) Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en

Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in

geregtigheid. (Open b 19:12 AOV) En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was

baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.

(Openb 19:13 AOV) En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy

Naam is: Die Woord van God. (Openb 19:14 AOV) En die leërs in die hemel het Hom

gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. (Openb 19:15 AOV) En uit sy

mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met

‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van

die toorn van God, die Almagtige. (Openb 19:16 AOV) En Hy dra op sy kleed en op sy

heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.

Die pyle waarmee JESUS oorlog voer is die krag van die Woord van God en die bloed

van die Lam en die oorlog word gevoer in GEREGTIGHEID. Hy verslaan die nasies met

‘n skerp swaard wat uit sy mond gaan. Dit is die Woord van God.

3.4 As Aanvoerder van die oorlog hef JESUS Self die “battle cry” aan teen Sy vyand

(Jes 42:13 AOV) Die HERE sal uittrek soos ‘n held; Hy sal die ywer opwek soos ‘n

krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held

openbaar. God wek Sy ywer en Sy krag op teen die vyande van die Evangelie van Sy Seun.

God is die Een regdeur die Woord wat uittrek in oorlog om wraak uit te oefen oor die vyand

van die evangelie van JESUS. Die engelse vertaling spreek dat Hy sal brul soos ‘n Leeu op

sy prooi en dit skets ‘n prentjie wat vergelyk word met die van soldate wanneer die oorlog

begin en dat Hy die oorwinning ongetwyfeld sal behaal en Homself as ‘n held openbaar. Ons

weet dat Hy die oorwinning sal behaal want Hy het reeds die graf, hel en dood oorwin en hou

alle mag in Sy hand! En ons is deel van Sy leermag. Is dit nie wonderlik om deel te wees

van ‘n leermag wat vanuit ‘n posisie van oorwinning veg nie! (Eks 15:2 AOV) Die HERE

is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die

God van my vader, Hom sal ek verhef. (Eks 15:3 AOV) Die HERE is ‘n krygsman;

HERE is sy naam.

3.5 Selfs die hemele voer oorlog onder die “geklank” van musiek

(Jes 30:32 AOT) en elke swaai van die roede wat vir hom beskik is, wat die HERE op hom

laat val, sal wees onder begeleiding van tamboeryn en sitermusiek, en met ‘n uitgeswaaide

vegtersarm sal Hy teen hulle veg. Selfs in die laaste dae wanneer die HERE teen die

Antichris gaan veg, sal elke roede wat Hy laat val in die stryd om die Antichris finaal te

vernietig, sal daardie geveg met musiekinstrumente begelei word. Dit is kragtig en net weer

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 5

Bladsy 6

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

eens vir ons ‘n voorbeeld dat die hemele voer oorlog onder begeleiding van musiek. Die

HERE self voer oorlog onder begeleiding van musiek.

3.6 Hierdie geklank van oorlog en oorwinning in ons lewe, naamlik die “joyful sound” en

“high praises” in ons lewe, maak dat JESUS ons beklee met Sy heil

a) JESUS se strydkreet wat Hy aanhef in Jesaja 42:13 is nie net om hardop uit te roep nie,

maar dit is om ‘n afskuwelike geraas te maak soos die Romeine gemaak het om hulle

vyande vrees in te jaag en mismoedig te maak. Talesang boesem ook vrees in by ons

vyande en is deel van “high praises”.

b) Dit is wat ons lofsange en geestelike liedere (“high praises”) doen. God, in die

bediening van die Woord (JESUS) wat ‘n tweesnydende swaard (Heb 4:12) is en ook

swaard van die gees is (Efs 7:17) vir dié wat God in gees en waarheid wil aanbid (Joh

4:24), tesame met lofverheffinge van God in ons keel wat Hy aan ons gee (Psalm 40) (en

nie net die sing van liede nie), maar let wel: LOFVERHEFFINGE VAN GOD IN ONS

KEEL wat deur God aan ons gegee is (Psalm 40:1-4) is die geklank van die volk van die

HERE met die doel om wraak te oefen oor die vyand en elke demoniese aanslag op ons

lewens.

c) Psalm 149 beeld dit so duidelik uit hoe ons deur ons te verheug in ons Maker met lof en

‘n nuwe lied en musiekinstrumente, veroorsaak dat God ons versier met heil/verlossing

en Hy die vonnis teen die vyand voltrek. Prys die HERE!

3.7 “Shout unto God, with a voice of triumph”

(Jos 6:20 AOV) Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk

die geluid van die horing hoor, het die volk ‘n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur

het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle

het die stad ingeneem. Josua en die volk het teen die mure van Jerigo te staan gekom. Na al

hul vorige oorwinnings was hierdie groot ommuurde stad die enigste hindernis tussen die

mense van Israel en dit wat God vir hulle belowe het. Voor hulle dieper in die land van

Kanaan kon ingaan, moes hulle hierdie mure oorkom. Geskiedenis leer ons dat die

buitemuur 6 voet dik en 20 voet hoog was. Die binne muur was 12 voet duk en 30 voet

hoog. Daar was ‘n paadjie van 15 voet breed tussen die twee mure wat bewaak was. Vanuit

‘n militêre oogpunt was dit feitlik onmoontlik om die stad deur hierdie mure binne te dring.

God gee hulle weer ‘n plan tot oorwinning sonder om te veg. Hulle het hierdie mure oorwin

deur die “high praises” van God in hulle monde en met ‘n “shout of victory (die geklank van

die HERE) with a voice of triumph”!

In ons lewe stel hierdie mure dinge voor wat diep in ons lewens gewortel is. Hindernisse wat

ons weghou van dit wat God vir ons in stoor het. Ons het ook geestelike Jerigos wat ons

moet inmekaar laat val om by God se Kanaan vir ons lewe uit te kom, maar in ons eie krag

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 6

Bladsy 7

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

kan ons nie die versterkte mure laat val nie en ook nie as ons in depressie of verslaendheid

lewe nie. Soms plaas die vyand geweldige “barriers”, maar ons moet net aanhou loop in

geloof, sodat God daardie mure vir ons sal laat intuimel deur ons “high praises”.

a) “High praises” lig ons gees op en help om omstandighede in perspektief te bring. Dit

help ons om te fokus op God en maak dat ons omstandighede verklein in vergelyking met

Sy grootheid. Hoe meer jy oor die muur of probleem praat hoe groter gaan dit word.

Omstandighede in die lewe gaan ons beslis toets. Dit gee ons die geleentheid om te sien

waarvan ons werklik gemaak is.

b) Dit is iets wat vanuit die gees kom slegs wanneer jy die geklank ken en wat sal

veroorsaak dat jy ‘n “stirring” in jou binneste ervaar en die oorwinning van JESUS

sal in jou binneste begin oplewe! Inteendeel strome van lewende waters sal uitstroom

(Joh 7:37-39). Deur die verhaal van Josua wil God ons kom herinner, Wie werklik die

stryd veg. Wie werklik die Leërowerste is. Dit is JESUS binne ons.

c) (Psa 89:15 THE DAKE) Blessed is the people that know the joyful sound; they shall

walk, O Lord, in the light of thy countenance. Want dit is ‘n geluid van oorwinning!

JESUS het reeds die oorwinning behaal en nou “execute” ons hierdie oorwinning oor die

vyand wat probeer om ons grondgebied te steel. Daardie “joyful sound” is die “battle

cry” van die kind van die HERE wat vrees inboesem by die vyand. Dit is ‘n gelank van

jubilee, wat die verlossing van die gevangenisse verkondig en die herstel van hulle vorige

staat van sonde.

d) Lofprysing is verbaal, hard en duidelik. Dit kan deur almal gehoor en gesien word.

e) ‘n Persoon wat ‘n lofprysingslewe leef, word verteer deur die liefde van God. Baie sal dit

sien en op die HERE vertrou!

f) Wanneer kinders van God besig is met lofsange is daar altyd iets in die atmosfeer besig

om te gebeur. (Psalm 34:2 AOT) Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur

in my mond wees. (Psa 34:3 AOT) Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die

ootmoediges sal dit hoor en bly wees. (Psa 34:4 AOT) Gimel. Maak die HERE saam

met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef! (Psa 34:5 AOT) Dalet. Ek het die

HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered. (Psa 34:6 AOT)

He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi

van skaamte te word nie. (Psa 34:7 AOT) Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die

HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos. (Psa 34:8 AOT) Get.

Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. (Psa

34: AOT) Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by

Hom skuil! (Psa 34:10 AOT) Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom

vrees, het geen gebrek nie.

3.8 Die geluid van oorlog in God se leermag is altyd aktief, demonstratief en opgewek,

omdat dit in ‘n “voice of triumph” aangehef word

(Psa 66:8 AOT) Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem—

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 7

Bladsy 8

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

a) Lof word gekenmerk as lewenslustig, opgewek, verheerlikend, feesvierend,

ekstrovertiese ekspressie deur sang, juiging, uitsprake, klanke, bewegings, aksies en

liedere, met ‘n hart wat naby God is.

b) In al die verhale wat ons lees, waar God se volk Hom geloof en geprys het, was dit in ‘n

tyd waar hulle Sy naam aangeroep het, Hy Homself openbaar het as die Een wat die stryd

vir hulle stry en het hulle hul geloof in Hom vrygestel deur Hom te loof en te prys vir sy

grootheid en die oorwinning wat Hy vir hulle sou behaal. Daar moes beslis ‘n

opgewondenheid geheers het wanneer hierdie lofprysinge gesing word, want dit is

opgehef met stemme en harte van oortuiging dat God vir hulle gaan deurkom, en hulle

nie vernietig gaan word nie.

3.9 In die Woord word ons geleer van verskillende betekenisse wat aan die woord lof gekoppel

word en is dit vir ons ‘n aanduiding van wat binne die hart van ‘n aanbidder van God

aangaan en hoe dit in die uiterlike uitgedruk word wanneer ons hierdie “geklank” tot God

aanhef:

a) Hebreeus: “Hallal” - Om te skyn, te vereer, te lofsing, helder te wees, te loof. Om

uitbundig verspot te wees. Om luidrugtig te wees. Om te “shine, te rave, to be

clamorous and follish. To abandon your reputation”. 2 Sam 6:14-15 (Psa 113:3 AOT)

Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof

word!

b) Hebreeus: “Tehillah” - Om jou “halals” te sing. Om te sing of te loof/roem. Tehillah

is die lof waarin God woon en die hoogste uitdrukking van geloof. Dit beteken om

“hallals” te sing. Dit is die lofprysing waar God woon en impliseer dat God reageer ten

midde van “Tehillah”-lofprysing. (Psalm 33:1; Neh 9:5) (Psa 22:4 AOT) Tog is U die

Heilige wat woon onder die lofsange van Israel! (Psa 147:1 AOT) Loof die HERE,

want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; ‘n loflied is gepas!

c) Hebreeus: “Jadah” - Om te aanbid met uitgestrekte hande. Om die hande op te

steek of op te gooi. Om te bely, te eer. (Psa 134:2 AOT) Hef julle hande op na die

heiligdom, en loof die HERE! (1Tim 2:8 AOT) Ek wil dan hê dat die manne op elke

plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.

d) Hebreeus: “Barak” - Om te kniel, om te seen te salueer en te loof. (Job 1:21 AOT) en

gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer.

Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!

(Psa 103:1 AOT) ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in

my is, sy heilige Naam! (Psa 103:2 AOT) Loof die HERE, o my siel, en vergeet

geeneen van sy weldade nie!

e) Hebreeus: “Zamar” - Om die snare van ‘n instrument te ruk of te pluk. Om te sing

en om te loof. Om te aanbid op ‘n instrument. Ons instrumente word die uitdrukking

van ons harte. Zamar beteken ook lofprysing in sang, dreunsang, sing-praat, besing,

harmoniseer. Psalm 7:17; 21:13; 30:12; 47:7, 57:8; 108:1; 144:9; 147:1; 149:3) (2Sam

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 8

Bladsy 9

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

22:50 AOT) Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam

wil ek psalmsing;

f) Hebreeus: “Todah” - Om dankoffer of lofprysing te gee met uitgestrekte hande nog

voor die oorwinning behaal is. Dit is ‘n geloofsdanksegging. (Ps 50:14,23 Jes 51:3)

Hande ophef na God met ‘n houding van dankbaarheid, lofprysing, dankoffer, gesang van

dank, offer van dank. (Lev 7:12-13; Neh 12:27; Ps 42:4; 50:14; 50:23; 69:30; 95:2;

100:4) (Psa 56:13 AOT) Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U

betaal; (Psa 100:4 AOT) Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof

Hom, prys sy Naam.

g) Hebreeus: “Shabach” - Om iemand aan te spreek met ‘n luide stem, om luid aan te

roep, te oorwin, te prys. Om te skree – om hoog aan te prys. Hierdie is ‘n luide

uitroep van lof. Hierdie wyse van lof word verwelkom deur die Vader. Daar is baie

voorbeelde in die Skrif in Psa 47:1 en Ps 66:1 en nog meer. (Psa 63:5 AOT) Só sal ek U

prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef. (Psa 63:6 AOT) Soos met vet en

vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe.

h) Hebreeus: “Shachah” - Om neer te buig, kniel, neerkniel met die voorkop wat die

grond aanraak, om plat te val, om te vereer. (Psa 95:6 AOT) Kom, laat ons aanbid

en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het. (Gen 22:5 AOT) En

Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen

gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.

i) Grieks: “Megaluno” - Om op te hemel. Groot te maak. (Hand 10:46 AOT) Want hulle

het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:

j) Grieks: “Psalmos” - Om lof te sing in geestelike ekstasie. (Efs 5:19 AOT) Spreek

onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in

julle hart tot eer van die Here,

k) Grieks: “Exomologeomai” - Om openlik, vrywillig en vry te bely en te loof. (Mat

11:25 AOT) In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die

hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en

dit aan kindertjies geopenbaar het.

l) Grieks: “Eulogia” - Dieselfde as Barak. Om te kniel. Om te seën. (Efs 1:3 AOT)

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle

geestelike seëninge in die hemele in Christus,

m) Grieks: “Doxazo” - Om te verheerlik. (Luk 18:43 AOT) En onmiddellik het hy gesien

en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan

God die lof gegee.

n) Grieks: “Ainesis, Ainos, Aineo” - Stem ooreen met Hallal. Om uitbundig, verspot te

wees. Om luidrugtig God te loof. Beteken om te eer, te roem, lofpryisng, lofspraak,

lofuiting (Luk 19:37; Rom 15:11; Openb 19:5; Hand 3:8-9) (Heb 13:15 AOT) Laat ons

dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy

Naam bely.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 9

Bladsy 10

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

3.10 Hoe dra ons nog by tot die atmosfeer van lof?

a) Om die HERE van ganser harte te prys. (Psa 111:1 AOV) Halleluja! Alef. Ek wil die

HERE loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die

vergadering.

b) Om Hom met ‘n groot stem te prys. (Psa 66:8 AOV) Loof, volke, onse God, en laat

hoor die stem wat Hom roem (Luk 17:15 AOV) En een van hulle, toe hy sien dat

hy gesond was, het omgedraai en God met ‘n groot stem verheerlik.

c) Wanneer ons voor Hom juig met gejubel. (Psa 100:1 AOV) ‘n Psalm. By die

lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde! (Psa 100:2 AOV) Dien die HERE

met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. (Psalm 33:1 The Dake) Rejoice

in the Lord. Die woord “rejoice” word gedefinieer as “feel great joy, be glad, take

delight, celebrate some event, cause joy to”. In Psalm 33:3 lees ons verder: “Play

skilfully with a loud noise”. “A loud noise” in Hebreeus (teruah) beteken

“acclaimation with joy” en word gebruik in die Woord as:

Jubile (Lev 25:9)

Rejoicing (Job 8:21)

Shout (Num 23:21; Jos 6:5, 20; 1 Sam 4:5-6; Esra 3:11-13, Ps 47:5)

Shouted (Esra 3:12)

Shouting (2 Sam 6:15; 1 Kron 15:28; 2 Kron 15:14; Job 34:25; Jer 20:16; Eseg

21:22; Amos 1:14, 2:2)

d) Wanneer ons Hom uitbundig, verspot en luidrugtig met ons mond prys. (Psa 34:1

AOV) ‘n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en

dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het. (Psa 34:2) Alef. Ek wil die HERE

altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees. (Mat 12:34-35)

e) Bewegings dra ook by tot die atmosfeer van lofprysing.

(Psa 63:5 AOV) Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.

Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ‘n stem van gejubel!

(Psa 149:3 AOV) Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met

tamboeryn en siter.

(2Kron 20:18 AOV) Toe buig Jósafat hom met die aangesig na die aarde toe,

en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die aangesig van die

HERE neergeval om die HERE te aanbid.

(2Kron 20:19 AOV) En die Leviete uit die kinders van die Kehatiete en uit die

kinders van die Koragiete het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met

‘n baie groot stem te prys.

(Psa 150:4 AOV) loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met

snarespel en fluit; (Psa 150:5 AOV) loof Hom met helder simbale, loof Hom

met klinkende simbale!

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 10

Bladsy 11

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

(2Sam 6:15 AOT) So het Dawid en die hele huis van Israel dan die ark van die

HERE met gejuig en basuingeklank opgehaal. (2Sam 6:16 AOT) Toe die ark

van die HERE die stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis

deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van

die HERE; en sy het hom in haar hart verag.

(Psa 30:12 AOT) U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my

roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; (Psa 30:13 AOT) sodat my eer

U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof. (Eks

15:20-21)

(Hand 3:8 AOT) En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met

hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.

f) Die bespeling van instrumente self word gesien as ‘n verering tot God en dra by tot

die atmosfeer van lofprysing - (Psa 150:3 AOT) Loof Hom met basuingeklank, loof

Hom met harp en siter; (Psa 150:4 AOT) loof Hom met tamboeryn en koordans,

loof Hom met snarespel en fluit; (Psa 150:5 AOT) loof Hom met helder simbale,

loof Hom met klinkende simbale! (Psa 150:6 AOT) Laat alles wat asem het, die

HERE loof! Halleluja!

g) Ons sang, spraak en selfs uitroepe dra by tot ‘n atmosfeer van lofprysing. Die Bybel

praat nie van ‘n fanatiese, mindless babbling nie, maar van betekenisvolle

ekspresiewe lof wat luidrugtig gedoen word. God verlang dat ons met Hom sal

kommunikeer en ons stemme in die proses gebruik. (Heb 13:15 AOT) Laat ons dan

gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy

Naam bely.

4. VOORBEREIDING VIR LOFSANGE WAT TOT OORWINNING LEI

Ons krag lê nie per sy in ons lofsange nie, maar in God. Dit is God wat deur ons lofsange die

oorlog voer in die geestesrealm. Lofsange TOT GOD stel Sy krag namens ons vry. Ons oë en

harte moet onverdeeld op Hom gerig wees tot ons oorweldig word met Sy heerlikheid, Sy liefde,

Sy genade, Sy kompassie en Sy mag. Dan begin ons die lewe vanuit Sy perspektief sien.

Waarop moet ons fokus?

4.1 Josua se voorbeeld

Vir Josua en die volk om in oorwinning uit te stap moes hulle gehoorsaam wees in die

volgende, wat vir ons ‘n weerspieëling is van wat ons moet doen in ons geestelike lewe

vandag, om die oorwinning te behaal. Slegs wanneer ons hierdie dinge doen sal ons met

volle oorgawe en oortuiging die krygsgeskree kan aanhef, en sal die mure val.

a) Vertrou in God se beloftes. (Jos 2:9; 6:2). Vertrou in God se beloftes wat Hy aan ons gee

deur Sy Woord. (1 Kor 15:57; 2 Kor 2:14; Rom 8:37; Rom 4:19-22)

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 11

Bladsy 12

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

b) Vertrou in God se plan. Die plan wat God vir Josua gegee het, is ook op ons lewens van

toepassing vandag.

Hulle moes sewe priesters neem. Priesters is ‘n simbool van advokaat of iemand wat

tussen die mens en God staan. Dit herinner ons dat JESUS is ons perfekte Advokaat

(1 Joh 2:1)

Die sewe ramshorings is ‘n simbool van versoening. Toe Abraham Isak moes offer

op die berg Moria was ‘n ram voorsien as skadeloosstelling vir Isak en die offer het

Isak vrygemaak. JESUS is ons perfekte versoeking wat ons die oorwinning gee oor

die mag van sonde (Rom 6:1-14)

Hulle moes die verbondsark vat. Die ark verteenwoordig die HERE JESUS

CHRISTUS in sy volheid. In die ark was die goue pot van manna wat praat van Sy

volle voorsiening, Aaron se staf wat spreek van CHRISTUS se mag en die tafels van

die wet wat ons herinner dat Hy die vervulling van die wet vir jou en my is. Die idée

is dat in JESUS vind ons alles wat ons nodig het om die stryd te voer teen vestings in

ons lewe.

Hulle moes net eenvoudig die dinge neem en om die stad loop. God het belowe dat

die mure van Jerigo sal val as gevolg van hulle gehoorsaamheid. Die geheim van die

Christelike lewe om vestings te sien val is om dit wat JESUS vir ons reeds gegee het

en daarmee in die geloof te stap.

c) Vertrou in God se mag. Die sewende dag, nadat hulle sewe maal om die stad geloop het

het die hele volk hul stem verhef en die oorwinningskreed opgehef wat veroorsaak het dat

daardie mure op die plek ineenstort. Die Israeliete was bekend vir hulle “battle cry” in

Kanaan wat vrees by hul vyand ingeboesem het. Dit was ‘n kreed van geloof en

vertroue in God se mag. Die psalmdigter verwys na hierdie gejuig in sy digbundel:

(Psa 95:1 AOT) Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die

rots van ons heil! (Psa 95:2 AOT) Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met

lofsange Hom toejuig!

4.2 Jósafat se voorbeeld

(2Kron 20:21 AOV) En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers

opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die

gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

(2Kron 20:22 AOV) En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die

HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die

gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.

Hierdie lofsange waarvan ons lees is voorafgegaan met vasting, gebed en ‘n profetiese

woord wat uitgegaan het oor die volk, om hulle te verseker dat God die saak vir hulle stry en

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 12

Bladsy 13

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

dat Hy die oorwinning sal gee, as hulle gehoorsaam is. Wanneer ons in vasting en gebed

gaan sal God ons verhoor en kom die lofsange vanuit daardie “overflow” en lig dit ons

in ‘n nuwe dimense van genade en krag waar ons aandag nie meer gefokus is op ons

dilemmas en vlees nie, maar op ons Verlosser, JESUS en stel Hy Sy krag namens ons

vry. Die verloop van God se kragwerking deur die volk se lofsange was as volg:

a) 2 Kron 20:3 – Jósafat is in ‘n krisis en rig eerstens sy aangesig tot die HERE.

b) 2 Kron 20:4 – Die volk kom byeen om van die HERE hulp te soek.

c) 2 Kron 20:5-12 – Doen Josafat ‘n kragtige gebed: (2Kron 20:6 AOV) en hy sê: HERE,

God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en is U nie Heerser oor al die

koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U

kan standhou nie. Wat ‘n kragtige wyse is dit net nie om ‘n gebed te begin nie. Hy

begin die gebed met lof aan die HERE vir wie Hy is!

d) 2 Kron 20:14-17 – Toe kom die Gees van die HERE in die midde van die vergadering op

‘n persoon en spreek deur Hom ten opsigte van wat hulle moet doen. God begeer

vandag dat die Gees van die HERE in die midde van ons vergaderings sal manifisteer en

spreek deur mense om mekaar te bemoedig en op te bou. Lees wat spreek die Gees van

die HERE: (2Kron 20:15 AOV) en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en

inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê die HERE aan julle: Wees nie

bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak

nie, maar die saak van God.

e) 2 Kron 20:18 - Die volk val voor die aangesig van die HERE en aanbid Hom.

f) 2 Kron 20:19 – Die volk staan op en prys God met ‘n groot stem.

g) 2 Kron 20:20 – Hul maak vroegoggend gereed en bemoedig mekaar om te “glo in die

HERE julle God, dan sal julle bevestig word”.

h) 2 Kron 20:21-22 – Nou eers na vasting, gebed, en die soeke na God se aangesig en

profetiese Woord wat uitgegaan het stel hulle sangers aan en loop hulle voor en sing tot

eer van God. (2Kron 20:22 AOT) En op die oomblik toe hulle die gejubel en die

lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon,

Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle

verslaan is. Toe die volk die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgeslaan.

Die weermagte het teen mekaar gedraai en mekaar vernietig, sodat teen die tyd wat die

manne van Juda oor die woestyn kyk, hulle net dooie liggame gesien het. Dit het Jósafat

en sy manne drie dae geneem om die buit te versamel. Die buit wat ons vandag insamel

is siele wat tot redding kom, siekes wat genees, lammes wat opstaan en loop.

i) Die “New Living Translation” sê in 2 Kron 20:26: “On the fourth day they gathered in

the Valley of Blessing, which got its name that day because the people praised and

thanked the LORD there. It is still called the Valley of Blessing today”. Wanneer God

jou oorwinning gee, sal dit wat gelyk het na verlies en vernietiging jou “Valley of

Blessing” word. ‘n Plek van Lof!

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 13

Bladsy 14

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

j) 2 Kron 20:29-30 Die resultaat is uiteindelik vreugde, die skrik van die HERE wat op die

ander nasies gekom het en rus. (2Kron 20:29 AOV) En die skrik vir God was op al die

koninkryke van die lande toe hulle hoor dat die HERE teen die vyande van Israel

gestry het. (2Kron 20:30 AOV) Verder het die koninkryk van Jósafat gerus, en sy

God het hom rondom rus verskaf.

5. DIE RESULTATE VAN LOFSANGE IN ONS LEWE EN IN DIE ATMOSFEER

5.1 God manifisteer waar lofsange in eenstemmigheid aangehef word

(2Kron 5:13 AOT) en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin

om die HERE te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met

die simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof die HERE, want Hy is goed, want

sy goedertierenheid is tot in ewigheid! —is die huis, die huis van die HERE, vervul met ‘n

wolk. (2Kron 5:14 AOT) En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen

nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul. Deur hierdie verhale

heen leer ons dat God ‘n magtige man van oorlog is. Hy is ‘n sterk man wat die saak stry,

sodat sy volk hulle erfenis in Hom, in besit kan neem. Ons sien deur hierdie verhale dat

lofprysing bring die manifisterende teenwoordigheid van God en “sparks victory”.

Dinge in die geestelike en emosionele realms val net eenvoudig in plek wanneer ons ons

lofsang tot Hom verhef. Wat gebeur is dat ons God tegemoet gaan met ons lofsange en dit

bring voort God se seën en oorwinningskrag in ons lewens en dit het onomkeerbaar ‘n

impak in die lewens van ander. Wanneer ons hierdie geestelike wapens van lofprysing,

gebed, profesie en geloof wat God ons gegee het gebruik, sal ons vyande in die geestelike

realm vernietig word en sal God Homself aan ons openbaar as die Een wat vir ons die saak

stry. (Psa 67:6 AOV) Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. (Psa

67:7 AOV) Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën. (Psa 67:8

AOV) God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

5.2 Lofsange maak ‘n weg vir God om vir ons verlossing te skenk

Verlossing beteken om vrygemaak te word van die mag van duisternis, gebondenheid en

depressie en om ingelyf te word in die koninkryk van lig, liefde en vreugde. (Jes 61:3 AOT)

om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugdeolie

vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word

terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking. Die woord

“verslae” beteken: swakheid, wanhoop, kragteloos, duisternis en moedeloos. Lofprysing

voed jou gedagtes omtrent die waarheid van God en dring deur jou verbeelding die

skoonheid van God wat inruil jou hart oopmaak om die liefde van God te ontvang en dit is

wanneer ons dan onsself toewy aan God se wil en agenda vir ons lewe. Dit is dan wanneer

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 14

Bladsy 15

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

God vir ons volkome verlossing skenk, want ons wandel nie meer in die vernietigende

gedagtes van ons eie wil en agendas nie, maar in die skoonheid van sy liefde.

5.3 Lofsange stel die blydskap van God in jou lewe vry

(Psa 43:5 AOT) Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God,

want ek sal Hom nog loof—die verlossing van my aangesig en my God! (Psa 30:12 AOT)

U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my

met vreugde omgord; (Psa 30:13 AOT) sodat my eer U kan besing en nie swyg nie.

HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.

a) God seën ons, juis sodat ons kan voortgaan om Hom te loof.

b) (Neh 8:11 AOT) Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE—dit is julle

beskutting. Deur lofprysing verander God ons hartseer na blydskap, verslaendheid na

oorwinning, swakheid na sterkte en krag en beproewinge na oorwinning. Dit is wanneer

ons God loof en prys met intensionaliteit, inspanning en fokus vanuit ‘n rein hart met

suiwer motiewe, dat daar ‘n vreugdevolle gevoel van opwinding en hoop vir die toekoms

in ons na vore spruit. Uitwaardse omstandighede sal nooit vir ons blydskap bring nie.

God word nie in ons omstandighede gevind nie, maar in ons lofsange.

c) (Psa 24:3 AOV) Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy

heilige plek? (Psa 24:4 AOV) Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel

nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. (Psa 24:5 AOV) Hy sal seën wegdra van

die HERE en geregtigheid van die God van sy heil. Blydskap kom van binne wanneer

ons ons hande reinig en ons harte suiwer. En soos jy God loof kom baie seëninge binne

jou, met jou en deur jou en plaas die Heilige Gees ‘n nuwe lied in jou hart.

d) Dit is so maklik om te sing wanneer die vreugde van die Here in ons harte woon. Maar

ons lees dat Dawid het nie net gesing wanneer dit goed gegaan het nie. Selfs in moeilike

situasies (Psalm 40:3; Psalm 118:5) het hy gesing. Soms wanneer hy sondes bely en

hartseer erken het. Die Woord beveel ons om te sing, want dit stel sy mag vry wanneer

ons sing. (Psalm 47)

5.4 Lofsange berei ons voor vir nuwe dinge wat God wil doen

(Jes 38:18 AOT) Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in

die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie. (Jes 38:19 AOT) Die lewende, die lewende,

dié sal U loof, soos ek vandag; die vader maak aan die kinders u trou bekend. (Jes 38:20

AOT) Die HERE staan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente

speel al die dae van ons lewe, by die huis van die HERE.

a) Lofsange is ‘n bewys van die lewe van God wat teenwoordig is in die gelowige.

b) Hierdie atmosfeer van lewe skep in ons ‘n kragveld vanwaar liefde, sagmoedigheid,

kreatiwiteit, energie, evangelisasie, profesie en die opbou van ons geloof uitspruit.

c) Tydens lofsange kan ons nie die werke van die vlees soos haat, woede, bitterheid en

veragting koester nie. Hierdie werke word vernietig en beweeg ons in die geesdimensie

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 15

Bladsy 16

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

in waar ons bewus word van die ou dinge wat verbygaan en die nuwe dinge wat God

doen. (Jes 43:19 AOT) Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle

dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. (Psa

50:23 AOT) Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal

Ek die heil van God laat geniet.

5.5 Mense wat sing tydens binding, kan bevryding vind deur die mag van hul lied

(Psa 32:7 AOT) U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met

vrolike gesange van bevryding. Sela.

5.6 Die wat onvrugbaar is en struikelblokke wil oorkom, stel oorwinning en lewe vry deur

te jubel en juig tot God

(Jes 54:1 AOT) Jubel, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy

wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van

die getroude, sê die HERE.

a) Wat moet ons doen wanneer ons lewe na vore wil bring? Sing daaroor tot eer van die

Here! Laat die kreatiwiteit van Sy mag deur jou “surge” en die Heilige Gees jou vul tot

“overflowing”.

b) Om te sing breek mure en open deure. Paulus en Silas was in die gevangenis in Filipi en

toe hulle gesing het, het God vrylating gebring.

c) Wanneer God deur jou sang verhef word, skep dit ‘n geleentheid om oorwinning te

verkry, selfs al staar jy geweldige teenkanting in die gesig soos Jósafat.

6. LOFSANGE IS ONS GETUIENIS

6.1 Lofsange sal voortspruit en groei vanuit ons persoonlike ervaringe met God

Dawid was oortuig van God se teenwoordigheid, mag, verlossing en antwoord op gebed.

Dawid se oortuiging word gereflekteer in sy persoonlike lofsang wat Hy tot God ophef. Ons

lofsange moet ook so persoonlik en spesifiek wees. (2Sa 22:17 AOV) Uit die hoogte het Hy

sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek. (2Sa 22:18 AOV) Hy

het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my. (2Sa

22:20 AOV) En Hy het my uitgelei in die ruimte, Hy het my gered, omdat Hy behae in my

gehad het. (2Sa 22:29 AOV) Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my

duisternis opklaar. (2Sa 22:30 AOV) Want met U loop ek ‘n bende storm, met my God

spring ek oor ‘n muur. (2Sa 22:31 AOV) Die weg van God is volmaak; die woord van die

HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil. (2Sa 22:32 AOV) Want wie

is God buiten die HERE, en wie ‘n rots buiten onse God? (2Sa 22:33 AOV) Die God wat

my sterk toevlug is, en Hy het vir my ‘n weg volkomelik uitgesoek. (2Sa 22:34 AOV) Hy

maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes. (2Sa 22:35 AOV) Hy

leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ‘n koperboog span. (2Sa 22:37 AOV) U

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 16

Bladsy 17

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie. (2Sa 22:40

AOV) En U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat

buk. (2Sa 22:41 AOV) En U het my vyande vir my laat vlug; my haters, dié het ek

vernietig. (2Sa 22:44 AOV) En U het my gered uit die getwis van my volk; U het my

bewaar as ‘n hoof van nasies; ‘n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien. (2Sa 22:47

AOV) Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat die rots is

van my heil! (2Sa 22:49 AOV) en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo

my teëstanders, U bevry my van die man van geweld. (2Sa 22:50 AOV) Daarom wil ek U

loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing;

6.2 Lofsange “enhance” en vergroot die refleksie van JESUS binne in ons

(Psa 145:2 AOV) Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd. (Psa

145:3 AOV) Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is

ondeurgrondelik. (Psa 145:4 AOV) Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en

hulle verkondig u magtige dade. (Psa 145:5 AOV) He. Ek wil spreek van die glans van u

heerlike majesteit en van u wonderbare dade. (Psa 145:6 AOV) Wau. En hulle sal spreek

van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel. Wanneer ons God loof en

prys word ons uitgedaag om God se goedheid aan ander uit te druk. Lofprysing is nie net tot

ons eie voordeel nie, maar juis as ‘n refleksie na die wêreld as ‘n getuienis omtrent wie ons

God is.

6.3 Lofsange skep ‘n geleentheid dat ander ook die werk en grootheid van God hier op

aarde mag vier

Ons lofprysing moet uitstroom na almal om ons. (Psa 145:7 AOV) Sajin. Hulle sal die

gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid. Wanneer ons

God se grootheid aan ander vertel, vertel ons nie wat ons wens Hy wil doen nie, maar wat Hy

reeds gedoen het. Ons reageer met eer en verwonderheid oor dit wat ons ontvang het.

Wanneer ons God met ‘n opregte hart en opgewonde gees prys sal dit veroorsaak dat ander

Hom ook wil prys en hierdie God ook wil leer ken.

6.4 Paulus en Silas se getuienis van lofsange tot God

Handelinge 16 vertel ons van ‘n vrou met ‘n waarsêende gees, wat vir Paulus en Silas

agtervolg het. Sy spreek die waarheid oor hulle uit, dat hulle dienaars van God, die

Allerhoogste is en die weg van verlossing verkondig. Maar dit hou ‘n paar dae aan en

Paulus, baie ontevrede omdat hy die gees onderskei, bestraf die gees wat deur hierdie vrou

spreek en dit verlaat die vrou. Die eienaars van die vrou was woedend, want hul wins is weg

omdat sy nie meer kan waarsê nie en hul sleep Paulus en Silas na die mark voor die owerheid

en werk die skares teen hierdie manne op. Die owerheid beveel dat hulle kleure afgeskeur

word en hul met stokke geslaan word en dat hul in die binneste gevangenis gewerp moet

word met hulle voete in blokke vasgemaak.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 17

Bladsy 18

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

a) Dit gebeur vandag nog in ons lewens dat ons klere, ons beskerming deur situasies en

skares van ons afgeskeur word en ons geslaan word met stokke van mismoedigheid,

minderwaardigheid, siekte, haat, bitterheid, woede, afguns, jaloesie, twis, tweedrag,

naywer, verwardheid en twyfel. Dinge wat met ons gebeur wat veroorsaak dat ons voete

aan blokke vasgebind word en ons nie meer die voete vir bereidwilligheid van die

verkondigheid van evangelie het nie. Vasgevang in die diepste in die binneste van die

gevangenis, daar waar dit donker is en die wêreld van ons vergeet het. En die

tronkbewaarder van skuldgevoelens, opressie, depressie, teistering, obsessie, kompulsie,

manipulasie en verwerping maak seker dat ons daarbinne bly.

b) Maar Paulus en Silas het besef dit is tyd om in die atmosfeer te begin spreek en hulle

het begin deur saam te bid. (Hand 16:25 AOV) En omtrent middernag het Paulus en

Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle

geluister. Ek glo met my hele hart dat hulle uit dankbaarheid gebid het vir dit wat God

alreeds in en deur hulle gedoen het. Dat hulle gebid het met die wete dat hierdie situasie

net tydelik is, want hulle het voorheen al die grootheid van God aanskou.

c) Vanuit hierdie gebed begin lofliedere tot eer van God te vloei. Hulle het lofliedere gesing

wat God vereer het en Sy naam verhoog en grootgemaak het.

d) Geen twyfel dat die ander gevangenisse alreeds geweet het waarom Paulus en Silas in die

tronk is nie. Dat hulle met stokke geslaan en hul klere van hul afgeskeur is nie. Geen

twyfel dat die ander gevangenisse self deur die lewe verniel en swak behandel is nie. Dat

baie van hulle dalk self onregverdiglik behandel was nie. Geen twyfel dat baie van hulle

ook geen hoop meer gehad het nie. Maar skielik kom daar ‘n geluid uit ‘n ander sel uit.

‘n Geluid van die HERE wat deur sy geestelik vrygemaaktes geuiter word. Sien Paulus

en Silas was in ‘n tronk, maar hulle was vry. Wat was hierdie geluid? Wat was hierdie

lied? Ja sowaar. Kom ons luister. Ek glo dat liede wat hulle gesing het was

oorwinningsliede soos Moses en Jósafat. Hulle kon dit sekerlik nie sien nie, maar ek is

glo die hemelse strydwaens het gereed gestaan soos met Elisa.

e) Hierdie was liede wat die evangelie van JESUS verkondig het, wat van God se goedheid

en ewigdurende liefde vertel het, wat gekom het om mense te verlos en nuwe lewe te gee.

‘n God wat hulle harte ken en hulle sien en hulle nooit sal verlaat of begewe nie, maar ‘n

God wat belowe het om met hulle te wees tot aan die voleinding van die dae. ‘n God wat

hulle sal verlos van elke bose mag in hulle lewe. En soos hierdie twee manne liede tot

verheerliking van God sing, word dit wat hulle verklaar in die geloof deur hulle liede ‘n

werklikheid en skud God die fondamente van die gevangenis en onmiddellik het al die

deure oopgegaan en die boeie van almal raak los.

f) Die beloftes van God bring nooit hoop tot ‘n biddelose en ongelowige hart nie. Ek glo

dat hulle eenvoudig gesing het omdat hulle lief is vir God. (Heb 11:6 AOT) En sonder

geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy

is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 18

Bladsy 19

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

g) Die tronkbewaarder het wakker geword. Die wat slaap word wakker wanneer ons God in

‘n lewende geloof aanbid. Die tronkbewaarder het bewend voor Paulus en Silas

neergeval. Psalm 40 leer ons dat baie sal ons lofliedere sien, vrees en op die Here vertrou.

Onmiddelik het Paulus en Silas die woord van die Here verkondig aan almal wat in die

tronkbewaarder se huis was en in dieselfde uur van die nag het die tronkbewaarder Paulus

en Silas geneem en hulle wonde gewas en die tronkbewaarder en al sy mense is

onmiddelik gedoop. Toe bring die tronkbewaarder Paulus en Silas in sy huis, sit vir hulle

‘n maaltyd voor en die Woord sê in (Hand 16:34 AOT) en hy het hom verheug met sy

hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het.”

h) Paulus en Silas was geroep en besig om die evangelie van JESUS te verkondig. In

hierdie tyd het hulle toegepas wat elke gelowige moet toepas soos in die tyd toe Petrus so

kragtig die evangelie verkondig het: (Hand 2:41 AOV) Die wat toe sy woord met

blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele

toegebring. (Hand 2:42 AOV) En hulle het volhard in die leer van die apostels en in

die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. (Hand 2:43 AOV)

En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels

plaasgevind. Paulus en Silas was vervolg ter wille van die evangelie en ter wille van die

evangelie het God hulle gebed en lofsange aangehoor en geantwoord, sodat baie gered sal

word.

i) Dit laat my dink aan Josef wat die een slegte ervaring na die ander gehad het en die

uiteinde was sy gevolgtrekking: (Gen 50:20 AOV) Want júlle het wel kwaad teen my

bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot

volk in die lewe te hou.

Ons gebede en lofsange moet die gevolg hê dat die wat dit aanhoor ook sal vra soos

die tronkbewaarder: “wat moet ek doen om gered te word?”.

Ons kan nie aanhou doelbewus in sonde leef en wanneer ons moeilike tye ervaar dit

klassifiseer as vervolging en bid dat God ons moet uitred nie. Daardie moeilike tye is

vloeke omdat jy nie God wil dien nie.

Vervolging kom slegs wanneer ons in geregtigheid wandel, besig om die evangelie

van JESUS te verkondig en deur daardie vervolging ervaar ons God se liefde en

nabyheid wat ons op ‘n ander wyse nie sou ervaar het nie en is die doel daarvan dat

ons aan ander mense die Hoop naamlik JESUS wat in ons is kan verkondig sodat

hulle ook vry kan kom. (1Pe 3:18) Want Christus het ook eenmaal vir die sondes

gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel

gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;

JESUS word die brug om verlore mense na God te bring deur die sondes van die

wêreld op Homself te neem. As jy gered wil word, vertrou op Sy werk aan die kruis.

Hy moes onregverdig ly dat dit gebeur. As jy onregverdig ly en teenkanting kry en

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 19

Bladsy 20

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

hanteer dit met goedhartigheid word jy soos JESUS en word jy ‘n brug dat mense die

realiteite kan sien en verlore mense kom om die Redder te leer ken.

6.5 Lofsange is die woord van geloof wat ons aan ander verkondig wat ‘n weg maak vir

God om in jou behoeftes te voorsien

(Rom 10:8 AOT) Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit

is die woord van die geloof wat ons verkondig: (Rom 10:9 AOT) As jy met jou mond die

Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered

word; (Rom 10:10 AOT) want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely

ons tot redding. Lofsange maak ‘n weg vir God om in jou behoeftes te voorsien. Paulus en

Silas het die woord van geloof deur hulle gebed en lofsange geuiter en God het gereageer met

‘n aardbewing en Sy skrik het op die tronkbewaarder gekom dat hy sy hart en lewe vir

JESUS gegee het. Dit was die woord van geloof in God wat die twee manne uitgespreek en

gesing het. Dit was ‘n bewys van die vaste vertroue wat hul gehad het in die dinge waarvoor

hul gehoop het. Hierdie woord van geloof wat in ons harte en mond is draai mislukkings na

oorwinnings en verander jou swakhede na sterkpunte. JESUS het reeds alles 2000 jaar

gelede gedoen en gegee wat ons vandag nodig het. Die onus rus nou op ons om te reageer op

dit wat JESUS gedoen het en wanneer ons in geloof daarop reageer geniet ons die seëninge

van dit wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het.

6.6 Lofsange spreek die behoefte van die oomblik aan

(Jes 61:3 AOT) om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad

vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle

genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy

verheerliking.

a) Dit maak ons meer bewus van God se teenwoordigheid en Sy interaksie met Sy mense

omdat ons op JESUS fokus. JESUS is die lied op ons lippe en die Naam wat ons bely en

hoe meer ons Hom spontaan loof, hoe meer vind daar ‘n oplewing in ons gees plaas wat

alle teneurgedruktheid, verslaentheid, moedeloosheid en depressiwiteit vernietig en word

in ons ‘n sensitiwiteit gebore vir die werking van die Heilige Gees.

b) Dit berei ons harte voor om gewilliglik te verander daar waar Hy aan ons openbaar ons

moet verander.

c) Dit berei ons harte verder voor dat die Heilige Gees in ons profetiese liede begin sing,

omdat ons harte nou gesuiwer is van alle vleeslikheid en totaal gefokus is op JESUS

alleen en skielik besef ons ons afhanklikheid van die Heilige Gees en het die eie-ek

gekwyn.

6.7 Lofsange laat die onmoontlike moontlik lyk omdat geloof vrygestel word

(Heb 11:1 AOT) Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys

van die dinge wat ons nie sien nie. (Heb 11:6 AOV) En sonder geloof is dit onmoontlik

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 20

Bladsy 21

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 5: Die krag in ons Lofsange

om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die

wat Hom soek. (1Kor 15:57 AOT) Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur

onse Here Jesus Christus.

a) Lofsange is gefokus op God en bevestig Sy regeer in jou lewe. Waar God woon, daar

regeer Hy.

b) Wanneer ons God se roemryke dade besing, stel dit ons geloof vry dat Hy te midde van

ons omstandighede kan optree en heerskappy neem oor elke bose aanslag wat terughou

dit wat Hy in ons lewens wil bewerkstellig.

c) Wanneer ons die gewaad van lof aanttrek, kry ons oorwinning oor ons woede, negatiewe

emosies en bindinge. Want om God te kan loof, moet jy die negatiewe dinge laat gaan.

d) Lofsange, ongeag die omstandighede, bou ons geloof en stel ons daartoe instaat om bo

ons omstandighede te styg.

e) Lofsange voorkom dat ons vasgevang word in die komplikasies van die probleem.

f) Lofsange help ons ook om staande te bly in ons geloof in God en dat ons Hom vertrou vir

die antwoord in ‘n saak. Terwyl ons wag vir ‘n saak om uitgesorteer te word loof ons die

Here deur ons sang, sodat Sy krag vrygestel kan word om die werk te doen. God reageer

op Sy Woord!

g) (Rom 4:20 AOT) En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie,

maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee (Rom 4:21 AOT) en

was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. (Rom 4:22

AOT) Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.

Lofverheffinge is ‘n “overflow” vanuit ons harte en is nie iets wat vir mense aangeleer kan word

nie. Dit kom vanuit tyd te spandeer aan die voete van JESUS. (Psa 66:2 AOT) Besing die eer

van sy Naam, maak heerlik sy lofsang! Lofsange vereis ‘n aksie in die geloof van ons kant af

om God se lof te besing en sy lofsang heerlik te maak ongeag ons omstandighede.

7. PRAKTIESE WENKE OM TE GROEI IN LOFSANGE

7.1 Luister na ‘n psalm se melodielyn en harmoniseer jou eie woorde op daardie melodie.

7.2 Al herhaal jy dieselfde sinnetjie oor en oor hou aan daarmee. Soos jy groei in die Woord

en jou kennis omtrent JESUS sal jou woordeskat in lofsang vergroot.

7.3 Fokus op spesifieke aspekte van die lied wat jy sopas gesing het, wat tot jou hart gespreek

het in ‘n baie unieke wyse en herhaal dan ‘n frase wat die HERE op jou hart lê.

7.4 Oefen deur omtrent God se karakter te sing.

7.5 Gebruik die boek Psalms en maak jou eie wysie op soos jy dit sing.

7.6 Wanneer jy spontane lofsange verhef, sing met die bewustheid dat God besig is om na jou

te luister en met die verwagting dat Hy gaan reageer binne in jou gees.

7.7 Wanneer jy in ‘n groep sing en die leier herhaal frases, ondersteun daardie leier deur

daardie selfde frase te herhaal (beurtsang) selfs in ‘n ander melodielyn wat harmoniseer.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!