Julie - Gkkandelaar.co.za

Julie - Gkkandelaar.co.za Julie - Gkkandelaar.co.za

gkkandelaar.co.za
from gkkandelaar.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Nooitgedacht skoolverlaterskamp Julie 2012 Die Nooitgedacht skoolverlaterskamp was beslis ‘n groot hoogtepunt van my en my mede-skolies se jaar. Dit was ‘n ongeloofl ike lekker kamp vol van lag, speletjies, Bybelstudie, kuier, sing en lesings. Hier het ons ook nuwe vriendskappe gebou. Die kampterrein is geleë naby Potchefstroom en is langs ‘n rivier en tussen berge. Dit was dus baie koud in die oggend en aand. Die tema van die kamp was: “Om die Here persoonlik te ken”. Deur lesings en Bybelstudie het ons baie geleer van hierdie tema. Die sprekers was dr. Frans Minnie, ds. Willem Vogel, ds. Albert Coetzee en ds. Brahm Robinson. Van ernstige gesprekke tot skreeu- 34 • Augustus 2012 snaakse tye het ons elke oomblik van die kamp geniet! In die oggende het ons persoonlike Bybelstudie gedoen en groepsbesprekings. Deur die dag het ons interessante lesings gehad. Ons het ook speletjies gespeel soos volleyball, sokker, krieket en boeresport. Daar was ook genoeg tyd om te “social” en ander jongmense beter te leer ken. Ons het een aand sterre gaan kyk op die berg. ‘n Groepleier wat sy nagraadse jaar in sterrekunde doen het ons vertel van die sterre. Ons het ook die voorreg gehad om Saturnus deur ‘n teleskoop te sien. Die laaste aand was daar ‘n dinee en ons meisies moes die seuns vra om ons metgeselle te wees aangesien dit skrikkeljaar is. Elke groep het ook ‘n opvoering gedoen daardie aand. Ons het aande afgesluit met psalmsing en gesange en almal het hartlik saamgesing. Min mense het die aand geslaap en party van ons het so lekker gekuier dat ons 7 uur die volgende oggend verbaas was dat tyd so vining verby kan vlieg! Dit was ‘n wonderlike kamp en elkeen het daar weggegaan met ‘n goeie ervaring. Ek sal elke graad 10-12 aanraai om volgende jaar soontoe te gaan. Dit is wonderlik om tussen soveel jong gelowiges te kan wees en saam die Here te kan prys! Arina Wibbelink Jul 2012

Ons het gehoor…. Scatterbrains – hoe die Internet ons verander. In ‘n uitsending van White Horse Inn, ‘n Gereformeerde radio program in Amerika, het hulle gesels oor die invloed wat die internet het op hoe ons (mense in die algemeen) inligting verkry. Vroeër jare het ons, as ons meer inligting wou insamel oor spesifi eke onderwerpe, boeke gevat en gelees, maar jy moes dan die hele boek lees of dalk net verskeie hoofstukke in die boek om die inligting waarvoor jy gesoek het te verkry. Deesdae gaan ons net op die internet en verkry dit wat ons soek daar. Van die eerste aanhalings wat hulle gebruik het, is dat ons die tegnologie maak en verander, maar daarna verander die tegnologie ons. Ons kan nie voorsien hoe die tegnologie ons sal verander nie omdat dit neutraal is, maar ons het uitgevind dat dit ons optrede en identiteit kan verander. Die eerste besprekingspunt van die program was dat dit so maklik is om deesdae inligting op die internet te kry dat ons verkies om op die internet vir die inligting te soek as om in boeke na die inligting te soek. Die term wat hulle gebruik is “generation net”. Dit beteken dat jy net vlugtig deur ‘n paragraaf of bladsy lees, in plaas daarvan om die hele artikel of bladsy te lees. Dit is gemakliker om net gou op die internet te gaan en ‘n soektog vir iets aan te vra op Google as wat jy vir die inligting in ‘n spesefi eke boek gaan soek. “Mense lees nie meer boeke nie, want alles is beskikbaar op die internet”, was nog ‘n aanhaling wat hulle gebruik het. Mense dink dus nie meer nie, hulle lees net vlugtig of skil deur die bladsy. Google se missie is om die wêreld se informasie te organiseer en om dit universeel toelaatbaar en bruikbaar te maak. Alle data wat hulle ontvang en bymekaar maak is soos ‘n biblioteek van klomp stukkies inligting wat verskil van die gewone biblioteek wat allerhande verskillende boeke bevat. Die volgende besprekingspunt was die invloed wat die internet en vandag se tegnologie op die Christene het. Die tegnologie beïnvloed nie net sekere mense nie, maar Christene ook. Hulle het uitgevind dat daar mense beweer dat hulle deesdae eerder op die internet gaan om meer van God en sy Woord uit te vind, as wat hulle aan ‘n kerk behoort. Die Bybel is beskikbaar op die internet en meeste Christene het dit al op hulle rekenaars asook op hulle fone gelaai. Een van die mans, wat self ‘n pastoor is, het op die program vertel wat hy ervaar het toe hy iewers in Afrika eredienste bygewoon het. Die pastore het met mekaar op hulle fone gekommunikeer tydens die Nagmaal. Hy sê ook die eredienste is nie meer so formeel soos vroeër jare nie, die mense lees die teksgedeeltes op hulle fone in plaas daarvan om hulle Bybels oop te maak. Een van die teoloë het bygevoeg dat by ’n seminaar een van die sprekers sy foon gebruik het om die teksgedeelte te lees asook om ’n teksvers aan te haal. Om die besprekingspunt te verduidelik het hulle twee goeie aanhalings gebruik wat sê dat die internet ons aandag trek net om dit weer te versprei. Wat ons doen wanneer ons nie die internet gebruik nie is net so belangrik as dit wat ons doen as ons wel die internet gebruik. Ons word verstandelose verbruikers van data. Om vlugtig te lees (skil) word ons dominerende manier van lees. Dit maak dit ‘n probleem vir die toekoms van die Christene. Om die stelling te verduidelik het hulle aangehaal dat aangesien ons enige iets kan opsoek deur net te “click” op Google, is die memorisering van lang paragrawe of historiese feite verouderd. Memorisering is dus ’n mors van tyd. Dit maak dus dat mense al hoe minder die gebeure in die Bybel sal memoriseer en as hulle iets wil weet, dit dan net gaan opsoek op die internet. Dit is waar die probleem volgens hul lê. Die internet is toeganklik vir almal wat dit het en kan gebruik. Enige iemand kan iets plaas op die internet. Dit sluit hul eie opinies asook hul kennis en wysheid en ander feite in. Dit word dan ook toeganklik gemaak vir enige iemand om te lees. Die probleem is dan dat nie almal wysheid het nie en ongelukkig is dit die mense wat nie die regte wysheid het nie wat maak dat daar rusie en verdeling tussen Christene kom. Die voorbeeld wat hulle gebruik is dat iemand iets op “Wikipedia” gelees het wat iemand anders daar geplaas het en dit as die waarheid aanvaar. Die persoon aanvaar dat die inligting waar is en gebruik dit dan in ’n gesprek met iemand anders en dit kan veroorsaak dat die twee persone stry oor wat reg en wat verkeerd is. Vroeër het mense hulle kennis en wysheid omgesit in boeke, maar die boeke word nie meer gelees nie. Die lekker ding van boeklees, of dit nou fi ksie of iets anders is, is dat mens so “verdiep” kan raak daarin dat jy nie agterkom wat om jou aangaan nie. Hulle het dit ’n tipe meditering genoem. Deesdae is mense te afl eibaar om só verdiep te raak in ’n boek. Die laaste besprekingspunt het gegaan oor hoe die tegnologie ons in die toekoms sal verander. Die tegnologie het al so verander en verbeter dat mens al “audio messages” met die nuutste “Smartphones” kan stuur en/of ontvang. Nie almal het al die nuutste tegnologie nie, maar dit maak dat teks dalk in die toekoms heeltemal sal wegval en mense eerder na artikels luister as wat hulle dit self lees. Alles is natuurlik vir gemaklik- Augustus 2012 • 35

Nooitgedacht skoolverlaterskamp Julie 2012

Die Nooitgedacht skoolverlaterskamp

was beslis ‘n groot hoogtepunt

van my en my mede-skolies

se jaar. Dit was ‘n ongeloofl ike

lekker kamp vol van lag, speletjies,

Bybelstudie, kuier, sing en

lesings. Hier het ons ook nuwe

vriendskappe gebou.

Die kampterrein is geleë naby

Potchefstroom en is langs ‘n rivier

en tussen berge. Dit was dus baie

koud in die oggend en aand. Die

tema van die kamp was: “Om die

Here persoonlik te ken”. Deur

lesings en Bybelstudie het ons

baie geleer van hierdie tema. Die

sprekers was dr. Frans Minnie,

ds. Willem Vogel, ds. Albert Coetzee

en ds. Brahm Robinson.

Van ernstige gesprekke tot skreeu-

34 • Augustus 2012

snaakse tye het ons elke oomblik

van die kamp geniet! In

die oggende het ons persoonlike

Bybelstudie gedoen en groepsbesprekings.

Deur die dag het ons

interessante lesings gehad. Ons

het ook speletjies gespeel soos volleyball,

sokker, krieket en boeresport.

Daar was ook genoeg tyd

om te “social” en ander jongmense

beter te leer ken.

Ons het een aand sterre gaan kyk

op die berg. ‘n Groepleier wat sy

nagraadse jaar in sterrekunde

doen het ons vertel van die sterre.

Ons het ook die voorreg gehad

om Saturnus deur ‘n teleskoop te

sien.

Die laaste aand was daar ‘n

dinee en ons meisies moes die

seuns vra om ons metgeselle te

wees aangesien dit skrikkeljaar

is. Elke groep het ook ‘n opvoering

gedoen daardie aand. Ons

het aande afgesluit met psalmsing

en gesange en almal het hartlik

saamgesing. Min mense het die

aand geslaap en party van ons het

so lekker gekuier dat ons 7 uur die

volgende oggend verbaas was dat

tyd so vining verby kan vlieg!

Dit was ‘n wonderlike kamp en

elkeen het daar weggegaan met ‘n

goeie ervaring. Ek sal elke graad

10-12 aanraai om volgende jaar

soontoe te gaan. Dit is wonderlik

om tussen soveel jong gelowiges

te kan wees en saam die Here te

kan prys!

Arina Wibbelink Jul 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!