You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
deur middel van Bybelklasse. Die

drie “selfs” het gegeld:

1) Self-onderhoud – bou eie kerke

en betaal eie pastors;

2) Self-regering – Koreaanse

Christene is vroeg in beheer van

hul eie sake geplaas;

3) Self- propagering – elke Christen

is verantwoordelik daarvoor

om die mense rondom hom/haar

vir Christus te wen.

Van 1895 tot 1905 was daar ‘n ontploffi

ng in die lidmaatgetalle. Die

lidmate het met ongekende ywer

hul verlossing in Christus met hul

landgenote gedeel. Die sendelinge

het steeds net opvolgwerk gedoen.

Eksaminering en doop van nuwe

bekeerlinge het groot eise aan die

sendelinge, wat moeilik kon bybly,

gestel. ‘n Groot faktor vir hierdie

groei was die Sino-Japanse oorlog.

China en Japan het mekaar

die stryd aangesê op Koreaanse

grondgebied. Sendelinge was van

mening dat, indien die Japannese

sou wen, dit die einde van die sendingwerk

in Korea sou beteken.

Die kerk het so vinnig gegroei dat

die sendingrade besorg geraak het

dat die groei te vinnig was. Ondersoeke

het egter getoon dat die jong

bekeerlinge met ongekende ywer

en harde werk nie net bekeerlinge

gewerf het nie, maar die mense

is voortdurend in die leer van die

Christendom deur leke en die sendelinge

onderrig.

Die Koreaanse Pinkster

van 1907

Verdere bevestiging vir die geestelike

onderbou in die groei was die

“Pinkster” van 1907. Ondanks die

ongekende ywer en entoesiasme

wat die beginjare van die kerk

gekenmerk het, was dit nie altyd

maanskyn en rose nie. Die Amerikaanse

sendelinge het beplan

om die kerksake in geheel teen

1907 aan die plaaslike leiers te

oorhandig. Die plaaslike teologiese

skool sou dan die eerste

afstuderende studente lewer. Op

die vooraand van hierdie oorhandiging

het sluimerende emosies

tot uitbarsting gekom. Die oorloë

26 • Augustus 2012

(Japan/China/Rusland) wat gedurende

hierdie tyd van ongekende

kerkgroei plaasgevind het, het

tog ‘n impak op die mense wat in

die oorlog en by die kerkplanting

betrokke was gehad. Japan het die

Russies-Japanse oorlog gewen met

die gevolg dat Korea in Japanse

hande gelaat is. Korea het geen

sê hierin gehad nie; die Koreane

moes gelate aanvaar dat Japan

nou vir Korea regeer. Dit was ‘n

groot vernedering vir hulle. Jare

se wanregering uit eie geledere

kon nie doen wat die vreemde oorheersing

onmiddellik bewerk het

nie: Koreaanse patriotisme het

wakker geword.

Christenskap gee mense moed

en talle binne die kerk was openlik

bereid om oorlog teen Japan

te maak. Die Christendom was

die sterkste organisasie om so

oorlog aan die gang te sit. Ander

mense binne die kerk was egter

van mening dat die kerk ‘n boodskap

van liefde, verdraagsaamheid

en vergiffenis moet uitdra.

Hierdie twee groeperings binne

die kerk het tot spanning gelei.

Op die vooraand van die oorhandiging

van totale regeringsmag aan

die Koreane, woed hierdie stryd

steeds hewig. Die oorhandiging

van die regeermag aan die Koreane

is in die gedrang. Die sendelinge

was egter verbind tot hierdie

oorhandiging. Sou hierdie jong

kerk die spanning tot eer van God

ontlont?

Gedurende Augustus 1906 het

verskillende belanghebbende

partye vir ‘n week van Skrifstudie

en gebed oor hierdie netelige

saak in Pyengyang ontmoet. Die

teenwoordiges het tot die oortuiging

gekom dat sondebelydenis

en gebroke harte deur God vereis

word. Die Koreaanse kerk moes

onder andere bely dat hulle die

Japanese haat. Baie het tot op

daardie stadium by die kerk aangesluit

met geloof in Jesus Christus

as hulle Verlosser en Saligmaker,

sonder ‘n werklike besef van

hul sondetoestand. Die kerk moes

bewus word van God se Heilig-

heid. Die grootste probleem was

nie die nasionale lyding onder die

Japanse druk nie, maar eie sondigheid

wat hul verhouding met

God belemmer.

Op 6 Januarie 1907 het nog so ‘n

week van Bybelstudie begin. Die

teenwoordiges het andermaal tot

die besef van liefde en geregtigheid

gekom. Die Saterdagaand het dr.

Blair (Presbiteriaanse sendeling

uit wie se geskrifte hierdie deel

van die artikel kom) uit 1 Korintiërs

12:27 gepreek – Die kerk is

een liggaam: as een deel ly, dan ly

die liggaam. Talle het hul sonde

van liefdeloosheid teenoor die

Japanese bely. Die Sondagaand

het die teenwoordiges ‘n doodsheid

ervaar; dit was asof iets alles

blokkeer het. Na die prediking het

almal vertrek met ‘n gevoel dat die

duiwel geseëvier het.

Die volgende dag (Maandag) om

twaalfuur het die sendelinge

weer byeengekom. Hulle het tot

God om genade geroep. Daardie

aand was die gevoel tydens die

byeenkoms anders, elkeen het die

teenwoordigheid van God ervaar.

Dr. Blair het dit onmoontlik

gevind om die gevoel te beskryf.

Na ‘n kort preek het hulle met

gebed begin. Almal het tegelyk

en hardop gebid. Dr. Blair beskryf

dit asof almal in een Gees

was, daar was geen chaos, geen

verwarring, net ‘n harmonie van

klank en Gees, ‘n vermenging van

siele vervul met die onweerstaanbare

dringendheid om te bid. God

is nie altyd in die warrelwind nie:

daardie nag het God op Pyengyang

deur die geklank van weeklaag

gekom. ‘n Sondebewustheid

het oor die bidders gekom en

almal het saam oor hulle sonde

geween. Die vergadering het tot

twee-uur die oggend aangehou en

die teenwoordiges het een vir een

hul sonde teenoor God bely.

Die sendelinge het die gebeure

met ander gedeel (selfs met die

Metodiste in die stad). Die Dinsdagaand

se vergadering was vir

dr. Blair persoonlik ‘n openbaring.

Hulle was bewus van kwade