02.05.2013 Views

Julie - Gkkandelaar.co.za

Julie - Gkkandelaar.co.za

Julie - Gkkandelaar.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Sy liefdesaanbod by die Doop het

al hoe meer in die hart deurgedring

en word nou in die openbaar

met wederliefde beantwoord.

Daarvoor is egter tyd nodig. Om

sover te kom, moet ‘n kind eers

groei, ‘n ontwikkeling deurmaak.

Hy moet die HERE, en sy beloftes,

geleidelik leer ken, hy moet

homself al hoe beter leer ken

teenoor die HERE.

Hy moet sover kom dat hy homself

kan beproef.

Daardie woord gebruik die apostel

Paulus ook in sy brief aan die

gemeente van Korinthe. En ook

ons Nagmaalsformulier gebruik

dié woord.

Die Nagmaalsformulier vertel ook

wat so ‘n selfbeproewing of selfondersoek

behels:

“Ten eerste moet ‘n kind van die

HERE nadink oor sy sondes en

vervloeking en besef dat hy God

se toorn verdien. Ja, hy moet

sover kom dat hy vanweë die

sonde ‘n afkeer kry van homself.

Ten tweede moet ‘n kind van

die HERE homself ondersoek

of hy die vaste belofte van God

glo dat al sy sondes hom alleen

op grond van die lyding en dood

van Jesus Christus vergewe is.

Ten derde eis die selfbeproewing

van ‘n kind van God dat hy

homself sal ondersoek of hy van

voorneme is om van nou af met sy

hele lewe uit ware dankbaarheid

God te dien en opreg voor Hom

te wandel; of hy alle vyandskap,

haat en nyd wil laat vaar en voortaan

in ware liefde en vrede met

sy naaste wil lewe.”

Dit is basies dieselfde as wat in

Sondag 30 in antw 81 van die

Kategismus genoem word. Eers

as ‘n mens so met homself kan

besigwees, kan hy ook die Nagmaal

vier. Maar dit alles kan ons

van ‘n kind nog nie vra nie.

‘n Kind moet hierin eers geduldig

opgevoed word. Hy moet stap vir

stap begelei en verder gehelp word

op die die pad waarop die HERE

hom by sy geboorte geplaas het.

Deur Pa en Ma by die huis, in

14 • Augustus 2012

hul gesprekke, hul voorlees uit die

Bybel, as hulle hul kind leer hoe

om te bid.

Verder deur die onderwysers by

die skool, deur hul Bybelonderrig,

maar ook deur die wyse waarop

hulle in al die ander vakke die

HERE en sy werk konkreet aanwys.

En ook deur die Sondagse preke

as die kind oud genoeg geword het

om saam te gaan kerk toe.

En dan ook deur die dominee

in die katkisasieklas. Veral ook

daar word baie konkreet daaraan

gewerk dat gedoopte kerkkinders

voortgehelp word op die pad na die

Nagmaalsviering.

Die drie hoofstukke van die Kategismus

is dieselfde as die drie

onderdele wat sowel in ons Nagmaalsformulier

as hier in antw 81

genoem word i. v. m. die selfbeproewing.

Immers, waaroor gaan

dit in die Kategismus?

“Ten eerste hoe groot

my sonde en ellende is.

Ten tweede hoe ek van al my

sonde en ellende verlos word.

Ten derde hoe ek God vir so ‘n verlossing

dankbaar moet wees.”

Al die katkisasiejare vorm die

voorbereiding op die Nagmaalsviering

wat moet kom.

Moeilike vrae soos: wat is sonde

presies? Waarvandaan kom die

sonde? Watter straf het God op

die sonde bepaal? Wie is Christus?

Waarom moes Hy God én

mens terselfdertyd wees? Hoé

moes Hy ons van die sonde verlos

en waarom alleen so? Hoe kry ek

deel aan Hom? word geduldig en

by herhaling bespreek.

Juis in die moeilike jare wat elke

kind moet deurmaak, die puberteitsjare,

waarin jy selfstandig

begin nadink, maar waarin daar

ook soveel vrae en twyfels jou

bestorm, veral vrae en twyfels

oor die HERE, oor die waarheid

van die Bybel, oor die sinvolheid

of sinloosheid van die lewe, oor die

toekoms van hierdie wêreld - juis

in dié jare is daar elke week die

hand van die predikant wat God

se kinders vashou of weer vasgryp

en verder neem op die pad met die

HERE.

Maar dan moét hierdie begeleiding

ook eendag uitloop in die

Nagmaalsviering. As jongmense

geleidelik die leeftyd bereik

waarop hulle ‘n selfstandige

lewe begin lei: hulle verlaat die

Hoër skool, kies ‘n studierigting

of begin werk, hulle gaan in ‘n

eie woonstelletjie bly, hulle open

hulle eie bankrekening, hulle

begin ’n verhouding, dan verwag

die HERE dat hulle nou ook m.b.t.

Hom ‘n selfstandige keuse maak.

As hulle in alle opsigte aktiewe

mense word, kan hulle in die verbond

met Hom nie passief bly nie.

Nou het die tyd aangebreek om sy

keuse vir jou ook met jou keuse vir

Hom te beantwoord en dit te wys

aan Sy tafel.

Nou moet dit duidelik word of Sy

liefde jou hart geraak en wederliefde

gewek het. So moet ons

ons kinders eers geduldig na die

hoogtepunt in die verbond van

God heenlei. Daardie hoogtepunt,

die eerste Nagmaalsviering na ‘n

jarelange voorbereiding, is egter

nie terselfdertyd ook die eindpunt

nie.

Voortaan moet dit nou van die een

hoogtepunt na die volgende een

gaan. Voortaan moet die lewe hom

beweeg van die een Nagmaal na

die ander. Daar mag nie ‘n stilstand

kom na die ontwikkeling

wat van die Doop na die Nagmaal

heengelei het nie. Want stilstand

word onvermydelik agteruitgang.

Daarom word ook belydende lidmate

nog telkens opgeroep om

hulleself op die volgende Nagmaal

voor te berei en hulleself opnuut te

beproef. Self te ondersoek.

Die les van die katkisasies mag

nooit meer verleer word nie.

Wat ons jong geleer het, daarmee

moet ons tot op ons ou dag besig

bly.

Ds FJ Bijzet

[Hierdie is ’n uittreksel en verwerking

van ’n preek oor Sondag 30

van 1990].

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!