Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
KERK EN WOORD

Maandblad van die Gereformeerde Kerk

“Die Kandelaar” te Pretoria

60ste Jaargang

Augustus 2012, No 7

1. Redaksioneel

2. Gedig – Nagmaal – Neels de Klerk

3. Skrifoordenking - Ds C Kleyn

6. Herder en Leraar – Rev Angus

Stewart

7. Die plek en funksie van die Woord

van God en gebed in die pastorale

ontmoetingsgebeure – Marnix

Boersema

11. Boekbespreking: DS A Bogaard

Michael Holten

13. Hoekom mag kinders nie aan die

Nagmaal – Ds Bijzet

15. Kommunikeerder

16. GKSA nuusverslag van Kuratore

17. Dienaar soos Christus (2)

19. Kort verslag van die

Kerkraadsvergadering van

21 Mei 2012.

21. Kerklike stand

22. Die Oorlog wat nie ’n Oorlog was

nie – VE d’ Assonville

24. Presbiteriaanse Kerk in Korea

– Alwyn Bezuidenhout

28. Kultuur opdrag en die gevalle mens

– Frank van der Kooy

31. Namibië Uitreik

34. Skoolverlaters kamp

35. Scatterbrain

36. Ons ‘F’amilie

38. Boekenuus

39. Blokraaisel

21. Liewe Damaris....

23. Inkleurprent - Nagmaal

Menings uitgespreek in artikels word nie

noodwendig deur die kerkraad of redaksie

onderskryf nie.

Kerk en Woord verskyn elke middelste

Sondag van die maand (behalwe Januarie).

Kopie moet asb. drie weke vroeër by die

eindredakteur ingedien word.

Redaksie:

Alida vd Kruk

Eduard Winter

Hetty van Straten

Eddie Boersema (eindredakteur)

Medewerkers:

Ella Wibbelink

Xandra Boersema

Administrasie:

Mia van Lochem, Kerkkantoor

Posbus 31527, Totiusdal 0134

Uitleg en druk:

Printburo, tel 012 335 9134

REDAKSIONEEL

Nagmaal

Ons het onlangs weer die voorreg

gehad om Nagmaal te mog

vier. Hierdie uitsonderlike voorreg

gaan egter heelwat kere maar

net verby as ‘n gewone gebeurtenis

in ons kerke en ook in ons

gemeente. Hierdie Sakrament is

egter so belangrik dat die redaksie

gevoel het om in hierdie uitgawe

van Kerk en Woord ‘n paar

artikels daaraan te wy.

Voorbereiding

Ds Rob Visser sê in ‘n preek van

1999: “Voorbereiding op die Heilige

Nagmaal is vir ons bekende

woorde. Ons ken in die kerke

waarby ons behoort die gewoonte

om die Sondag voor die Heilige

Nagmaal ons gesamentlik op

daardie viering voor te berei. Ons

praat ook van ‘n voorbereidingspreek.

As jy nou in ons kerkorde

kyk, sien jy nêrens ‘n verpligting

om dit te doen nie. Ons het mekaar

as kerke nie verplig om ‘n voorbereidingsdiens

of ‘n preek ter voorbereiding

op die viering van die

Nagmaal te hê nie. ‘n Gemeente

wat dit nie op hierdie manier doen

nie, is daardeur nie minder gereformeerd

nie.

“Hoe kom ons nou aan hierdie

gebruik, wat is die betekenis

daarvan en wat is die nut en ook

die gevare daarvan?

“Die gebruik van ‘n voorbereidingspreek

en -diens stam uit

die tyd van die Reformasie. Dit

het in die Suid-Weste van Duitsland

begin. Later het kerke in

ander dele van Europa hierdie

gebruik oorgeneem. Die eerste tyd

was hierdie voorbereidingsdiens

nie op die Sondag voor die Sondag

van die Nagmaalviering nie

maar het die gemeente vir hierdie

doel op die Saterdagmiddag of -

aand saamgekom. Ook die eerste

Nederlandse Sinodes het hierdie

gebruik aangemoedig, maar vanaf

die Sinode van Middelburg 1581

was dit volledig die vryheid van

elke gemeente om dit wel of nie

te doen nie.

“Die Sinode van Middelburg antwoord

op die vraag of dit raadsaam

is om dit te doen: ‘Dit kan

nuttig wees om te doen, maar elke

gemeente sal op hierdie punt doen

wat volgens hulle vir hulle die

beste is.’

“Die ontstaan van ‘n aparte voorbereiding

op die Nagmaal hou

in die tyd van die Reformasie

ook verband daarmee dat mense

vanuit die Roomse kerk nie goed

geweet het wat die viering van die

Nagmaal is en wat voorbereiding

daarop beteken nie. Die gesamentlike

voorbereiding op die Nagmaal

het die voordeel dat ons steeds

weer besef dat voorbereiding, en

selfbeproewing nodig is.

Selfondersoek

Selfondersoek is volgens die NGB

asook die formulier vir die Nagmaalsviering

nog belangriker. Ons

bely dit in art 35 van die NGB so:

“Daarom behoort niemand daarheen

te gaan as hy homself nie

eers deeglik ondersoek het nie,

sodat hy nie tot sy eie oordeel eet

Augustus 2012 • 1
en drink as hy van hierdie brood

eet en uit hierdie beker drink nie

(1 Kor 11:29).”

Ons haal weer Ds Visser aan as hy

sê: “Nogtans dreig ook ‘n sekere

gevaar as ons baie aandag en klem

op die voorbereiding op die Nagmaal

lê. Die gevaar is dat vir ons

die Nagmaal, een keer in die drie

maande, belangriker word as die

ontmoeting van die HERE en Sy

gemeente elke week op die Sondag.

Ook dan is dit die Heilige

Gees wat in ons midde is. Ons

voorbereiding op elke kerkdiens

mag nie minder wees as op die

viering van die Nagmaal nie. As

daar in ons lewe dinge is wat in

die pad staan van ons omgang met

Nagmaal

Die venster bo die kansel

blom in die oggend lig

terwyl by brood en beker

God Sy gemeenskap stig.

En eeue-oue woorde

kr y weer betekenis:

onthou dat dit My liggaam

en My bloed vir julle is.

Barmhartig en genadig

kom God by sondaars tuis

verenig Hy in liefde

sy tempel en sy kruis.

Neels de Klerk

2 • Augustus 2012

die HERE moet ons daarvan ontslae

raak voordat ons Hom saam

met Sy volk in die erediens ontmoet.

As iets met ‘n broer of suster

nie reg is nie mag ons nie tot die

Nagmaal wag nie. Ook dan geld

dat ons voor die erediens doen wat

die Here Jesus in Mat 5:23-25 sê:

‘as jy dan jou gawe na die altaar

bring en dit jou daar byval dat jou

broeder iets teen jou het, laat jou

gawe daar voor die altaar en gaan

versoen jou eers met jou broeder,

en kom dan en bring jou gawe.

Wees gou goedgesind teenoor jou

teënparty so lank jy nog saam met

hom op die pad is.’

“Hoe belangrik is die selfbeproewing!

Hoe belangrik is dit met die

oog op elke kerkdiens en ook met

die oog op die Nagmaal. Ons wil

vanoggend in die besonder oor die

werk van die Heilige Gees nadink

en sien wat dit vir die selfbeproewing

met die oog op die Nagmaal

beteken”, aldus Ds Visser.

Lees veral die Skrifoordenking wat

ook hieroor gaan. Dan is daar ook

‘n artikel waarom kinders nie die

Nagmaal kan bywoon nie asook ‘n

paar ander Interessante artikels

wat hierdie maand ver skyn. Lekker

lees en diep insien in die dinge

wat van God gegee is.
Skrifoordenking

Lees: 1 Korinthiërs 11:17-34.

Tema: Paulus wys dat die

viering van die Nagmaal

’n ernstige saak is.

Geliefde gemeente van ons Here

Jesus Christus,

Vandag gaan dit oor ’n toets wat

ons moet afl ê. Seuns en dogters,

wanneer die skoolvakansies aanbreek,

kan jy by die dagskool jou

boeke en lesse vir ‘n wyle eenkant

laat. Voorlopig hoef jy nie meer

daaraan te dink nie. Dis nie so in

Christus se skool nie. As Christus

se leerling het jy altyd met

jou Meester te make, elke dag, ja,

selfs elke oomblik van jou lewe.

Jy kan Sy lesse, Sy leer, die leer

van die Skrifte, nooit tersyde lê

nie. Dit laat jou nooit los nie. Jy is

voortdurend besig met ’n toets, so

te sê. Jy word getoets voor God.

Ondersoek julle self

Paulus noem hierdie toets in

sy brief aan die Korintiërs. Die

Christene daar word aangespreek

as die geheiligdes in Christus

Jesus, die geroepe heiliges. Hulle

is geroep om Christus se toegewyde

leerlinge te wees. Aan die

heiliges skryf Paulus in 2 Kor 13:5:

“Ondersoek julself of julle in die

geloof is; stel julself op die proef.

Of is julle nie seker van julself dat

Jesus Christus in julle is nie – as

julle tenminste nie verwerplik is

nie.” Leef jy werklik in die geloof?

Is dit sigbaar dat Christus in jou

is? Hoe is dit sigbaar? Bepaal

Christus werklik jou houding en

gedrag? Ondersoek jouself om te

sien of jy in die geloof is, toets

jouself.

Dit is selfondersoek na die Bybel.

Dis nie ’n godsdienstige psigoanalise

nie. Ook nie ’n na binnegekeerde

ondersoek om te sien

wat God in my hart gedoen het

nie. Dis geen analise om te bepaal

of ek in myself waardig is nie.

Nee, selfondersoek na die Skrif

is om my lewe en gedrag aan die

Woord van God te toets. Glo ek

die woord van God en wys ek dit

in my lewenswandel?

Maar wanneer moet ek myself

ondersoek? Slegs een keer in die

drie maande, net voor die viering

van die heilige Nagmaal? Is dit om

díe rede dat ons probeer om daaraan

aandag te gee op die Sondag

voor die viering van die Nagmaal?

Natuurlik nie. Die selfondersoek

moet daagliks plaasvind, nie

net voor die Nagmaal of voor die

weeklikse erediens nie. Ek moet

myself voortdurend toets in die lig

van God se woord. Dis ’n aanhoudende

roeping: ondersoek jouself,

bly jouself ondersoek of jy in die

geloof is. Dit sou baie onskriftuurlik

wees om dit te beperk tot net

’n paar keer per jaar. Wanneer jy

byvoorbeeld iets teen ’n broer of

suster het, moet jy probeer om dit

onmiddellik reg te maak. Daarvoor

moet jy nie wag tot die week

voor die Nagmaal nie. Ek moet

myself elke dag ondersoek. Leef

ek werklik as ’n kind van God?

Ja, wat beteken God vir my? Glo

ek opreg in God? Is dit werklik my

‘n lus en ‘n liefde om volgens die

wil van God in alle goeie werke

te lewe? Of doen ek dit net uit

gewoonte, of omdat dit van my

verwag word?

Hierdie daaglikse selfondersoek

is nie net vir ’n beperkte groep

kerkgangers nie. Selfs die kinders,

julle, seuns en dogters, moet leer

om jul lewe daagliks aan die Bybel

te toets. Hier het ons as ouers ’n

groot verantwoordelikheid. Die

Bybel is die norm vir ons geloof

en lewe as ouers en kinders. Daaglikse

selfondersoek kan lei tot

opregte nederigheid voor God, ’n

opregte bede vir vergewing en vernuwing.

Wanneer Paulus die selfondersoek

in ons teks noem, dan wys

hy spesifi ek op die manier waarop

die Korintiërs die Nagmaal gevier

het. Die Korintiërs moet hulleself

ondersoek met die oog op hul viering

van die heilige Nagmaal.

Hulle moet nagaan of hul houding

en gedrag ooreenstem met die aard

van die Nagmaal. Die viering mag

nie op onwaardige wyse plaasvind

nie, op ’n manier wat vloek met die

karakter van die Nagmaal. Om

die heilige Nagmaal te vier is ’n

ernstige saak. Dit moet afgestem

wees op die heilige sakrament.

Wat is dan die verskil tussen 2 Kor

13 en ons teks? Die selfondersoek

waaroor Paulus praat in 2 Kor 13

is ’n daaglikse roeping vir jonk

en oud, nie beperk tot die voorbereiding

op die Nagmaal nie. Die

selfondersoek wat Paulus in ons

teks noem, wys spesifi ek op die

manier waarop ons die Nagmaal

vier. En die Nagmaal is nie iets

wat jy elke dag vier nie.

Laat ons let op wat die teks vir

ons wil sê oor die selfondersoek

met die oog op die viering van die

Nagmaal. Paulus wys dat die viering

van die Nagmaal ’n ernstige

saak is.

1. Wanneer ek dit op onwaardige

wyse vier, dan sondig

ek teen Christus

2. Wanneer ek dit op waardige

wyse vier, dan word

ek deur Christus gevoed.

Paulus spreek die ontheiliging

van die Nagmaal deur die Korintiërs

aan. In die vroeë kerk het

die heilige Nagmaal aangesluit by

’n gewone maaltyd. Blykbaar het

Augustus 2012 • 3
die Korintiërs die Nagmaal gevier

onmiddellik na die sogenaamde

liefdesmaal. Die liefdesmaal was

bedoel as ’n gemeen skaplike maaltyd

om die onderlinge band te versterk

en om die armes te ondersteun.

Die rykes en die armes,

die slawe en die here kon die kos

gelyk op deel. So kon hulle die

onderlinge band in die Here vier.

Aan die einde van die liefdesmaal,

as ’n soort klimaks, het hulle dan

die Nagmaal gevier.

Die Korintiërs het egter die viering

van die Nagmaal op ’n verskriklike

manier ontheilig. Hulle

het ’n karikatuur van die liefdesmaal

gemaak. Dit was veronderstel

dat die rykes meer sou saamneem

om dit met die armes te deel. Maar

in die praktyk het dit geword: elkeen

vir homself. Die rykes het baie

geëet, die armes het honger gely.

Daarom sê Paulus, as julle dit so

doen, kan julle net sowel tuis bly

en daar jou maaltyd eet.

So was daar verdeeldheid, vorming

van klieke en groepe. Die

eenheid ontbreek. En dan durf

hulle om saam die heilige Nagmaal

te vier. Wat ’n gebrek aan

geestelike fyngevoeligheid. Wat ’n

ontheiliging van die Nagmaal.

Daarom waarsku Paulus: “Wie

dan op onwaardige wyse hierdie

brood eet of die beker van die Here

drink, sal skuldig wees aan die

liggaam en bloed van die Here.”

Besef tog waar jy mee besig is,

sê Paulus. Deur julle gebrek aan

onderlinge liefde en aandag, deur

jul nalatigheid om die eenheid te

wys, deur jul selfsug, deur jul partygees

maak julle nie net ’n klug

van die liefdesmaal nie. Julle ontheilig

daarmee die Nagmaal, ja

julle is besig om te sondig teen

die liggaam en bloed van die Here.

Dis feitlik godslastering. Jy misbruik

die naam van die Here. En

die Here sal nie onskuldig hou wie

sy naam ydellik gebruik nie.

In die voorgaande verse het Paulus

reeds die waarde van die

brood en wyn van die Nagmaal

aangedui. Christus het dit ‘my

liggaam’ genoem en die beker

4 • Augustus 2012

‘die nuwe testa ment in my bloed’.

Die Nagmaal is nie maar net ’n

gewone maaltyd nie. Dit is ingestel

ter gedagtenis aan Christus

se lyding en dood: sy liggaam en

bloed wat vir jou gegee is. So verkondig

jy aan die tafel die dood

van die Here.

Verkondiging van Christus

se dood

Die Nagmaal is na sy aard ’n verkondiging

van Christus se dood.

Dan kan ek die Nagmaal nie net

gebruik soos enige ander maaltyd

nie. As ek dit wel doen, dan eet

en drink ek op onwaardige wyse,

dan ontheilig ek die heilige sakrament.

Dit sal duidelik wees dat hierdie

eet en drink op onwaardige wyse

niks te make het met die gevoel

van onwaardigheid voor die Here

nie. So ’n gevoel van eie onwaardigheid

is ’n vereiste vir die goeie

viering van die Nagmaal. Christus

het gekom om verlorenes te

red en nie hulle wat hulleself as

regverdiges beskou nie. Die vraag

van die teks is nie of jy waardig

is of nie om die Nagmaal te vier

nie, maar of jy die Nagmaal op ’n

waardige manier vier.

Paulus verwys na die oneerbiedige

en selfsugtige maniere wat sommige

van die Korintiërs gekenmerk

het. Wanneer ek nie Nagmaal

toe gaan om die dood van

die Here te verkondig as offer vir

my sonde, wanneer ek weier om

my houding en gedrag af te stem

op die heilige Nagmaal, dan vier

ek dit op ’n onwaardige wyse. So

’n onverskillige houding pas nie

by die heilige tekens en seëls van

die Nagmaal nie. So ’n houding

vloek met hierdie heilige instelling

van Christus. Christus se

dood moet jou houding en gedrag

bepaal. Wanneer jy bewus van sy

dood vir jou is, dan sal dankbaarheid,

vreugde en liefde jou viering

kenmerk. Dit sal ook jou houding

teenoor jou medelidmate kenmerk.

Sondaars wat weet dat hulle deur

genade gered is, is nederig teenoor

mekaar, geduldig en sorgsaam.

Wanneer jy besef wat jy aan die

Nagmaal vier, sal jy ook werklik

omgee vir die eenheid van God se

volk. Jy sal daaraan uitdrukking

wil gee. Alle selfsug en partygees

afl ê. Dan sal jy met vreugde

met die armes deel, met mekaar

deel. Dan sal jy elke geleentheid

gebruik om aan die eenheid in die

Here, uiting te gee. Verloste sondaars

soek mekaar op, gee om vir

mekaar. Dis net in díe gees dat die

Nagmaal op waardige wyse gevier

kan word. Jy wys dan dat jy weet

waaroor dit aan die tafel gaan.

Maar nalatigheid daarin maak ’n

mens egter skuldig aan sonde. Nie

net teen die tekens van brood en

wyn nie, maar teen die Here self.

Jy kruisig dan Christus opnuut,

so te sê. Aan die tafel het jy met

Christus self te make. Daar is

geen manier dat jy Hom kan ontduik

nie. Christus sal jou nie los

nie. Hy sal of jou seën of jou vervloek.

Jy het immers te doen met

Christus se liggaam en bloed.

Paulus onderstreep dit in vers

29 wanneer hy sê: “want wie op

onwaardige wyse eet en drink, eet

en drink ’n oordeel oor homself,

terwyl hy die liggaam van die Here

nie onderskei nie.” Letterlik sê hy

selfs: jy mag dan die brood eet en

die wyn drink, maar in werklikheid

eet en drink jy jou oordeel. Jy

bring die oordeel oor jouself.

Watter soort oordeel Paulus aan

dink, kan duidelik wees uit die

verse wat volg. Blykbaar was daar

baie gevalle van swakheid en

siekte in die gemeente, selfs opvallende

sterfgevalle. Paulus dink

hier nie onmiddellik aan God se

ewige oordeel nie, maar aan God

se tydelike tugtiging soos siekte

en dood. Jy sou dit ook kan vergelyk

met wat Dawid in Ps 32 noem.

Julle weet dat Dawid aanvanklik

geweier het om sy sonde te erken.

Daaroor skryf hy: “Toe ek geswyg

het, het my gebeente uitgeteer in

my gebrul die hele dag. Want u

hand was dag en nag swaar op

my; my murg het verander soos

deur somergloed.” Dawid ervaar

dat sy weiering om sy sondes te
ely, fi sies en psigies verwoestend

werk. Om te weier om jou sondes

te bely, kan jou stukkend maak.

Dis dan God se tugtende hand.

’n Opregte belydenis van skuld

bevry jou egter van ’n sware las

en gee jou weer blydskap, soos

Dawid dit ervaar het. Daarom

kon hy die Psalm eindig met die

woorde: “Wees bly in die Here en

juig, o regverdiges! En jubel, alle

opregtes van hart!” Want daar is

vergewing.

Om ’n geseënde viering van die

Nagmaal te kan hê, is dit nodig

dat elkeen homself eers beproef.

Dit geld nie net vir hulle waarvan

bekend is dat hulle in sondes lewe

nie. Dit geld vir elkeen wat wens

om te vier.

Karakter en doel

Oordink op watter wyse julle gaan

vier. Besef tog die karakter en

doel van die sakrament. Ken jy

’n houding van eerbied en ontsag,

van dankbaarheid en liefde wat by

so ’n heilige maaltyd pas? Is dit jou

begeerte om die dood van die Here

te verkondig as jou lewe? Aanvaar

jy opreg die belofte en die eis van

die verbond van genade? Is dit jou

begeerte om die gemeenskap met

Christus en so ook met die ander

lidmate van sy liggaam, die kerk,

te onderhou en te vier?

Die selfondersoek word verder in

vers 29 verklaar wanneer Paulus

praat van ’n onderskeiding van die

liggaam van die Here. Besef dat jy

nie net tafel toegaan om

’n stukkie brood te eet en

’n bietjie wyn te drink nie.

Jy het te doen met tekens

en seëls van Christus se

liggaam, Christus in sy

offerande. Skat dit tog op

sy juiste waarde!

So kry jy die ware selfondersoek

wat pas by die

viering van die Nagmaal.

Hierdie selfondersoek

het nie as doel dat

jy van die tafel wegbly

nie. Dit het as doel dat jy

aan die tafel gaan sit met

die regte houding, op die

regte manier. Alle onheilige

elemente moet eers verwyder

word. Sodat jy aan die tafel kan

sit heilig vir die Here, beproef.

Dan vier ek nie die Nagmaal op

’n selfversekerde manier asof

ek in myself waardig sou wees,

in lig van my kwaliteite of my

prestasies nie. Dan vier ek die

Nagmaal as ’n mens wat roem

in Christus alleen. As ’n mens

wat sy saligheid buite homself

in Jesus Christus soek. Met die

erkenning dat ek uit myself dood

is deur my sondes. Die Here verwelkom

sulke nederige heiliges

en sondaars. Hy sal jou dan aan

sy tafel verkwik tot die ewige

lewe. Hy sal jou band met Hom

en met mekaar versterk.

Die formulier vir die viering

van die heilige Nagmaal gee ’n

meer algemene strekking aan

die selfondersoek wat Paulus in

1 Kor 11 noem. Paulus spreek ’n

verkeerde houding en gedrag aan

wat voortspruit uit ’n verkeerde

persepsie van die gemeente en van

die Nagmaal. Die formulier maak

dit breër en meer algemeen. In die

kort formulier lees ons:

“Om tot versterking van ons geloof

die Nagmaal te kan hou, is dit

nodig dat ons, onsself vooraf reg

sal ondersoek. Daarom…

• Moet ons nadink oor ons

sonde en vervloeking, sodat

ons ’n afkeer kry van onsself

en ons met diepe berou voor

God verootmoedig;

• Elkeen moet homself ondersoek

of hy die vaste belofte

van God glo dat al sy sondes

hom alleen op grond van

die lyding en dood van Jesus

Christus vergewe is en dat

die volkome geregtigheid van

Christus hom as sy eie toegereken

en geskenk is; en

• Ook moet elkeen sy gewete

ondersoek of hy van voorneme

is om van nou af met sy hele

lewe uit ware dankbaarheid

God te dien en opreg voor

Hom te wandel.

Ook moet hy homself ondersoek

of hy ernstig van voorneme is om

eerlik alle vyandskap, haat en nyd

te laat vaar en voortaan in liefde

en vrede met sy naaste te lewe.”

Dis nie ’n statiese ondersoek nie,

nie ’n kliniese versameling van

die feite wat dan tot die konklusie

moet lei: of ek mag aan die tafel

of ek mag nie.

Nee, ware selfondersoek behoort

net een gevolg te hê: dat ek aan

die tafel gaan met die regte ingesteldheid.

Luister maar na Paulus:

“Maar die mens moet homself

beproef en so van die brood eet

en uit die beker drink.” Bybelse

selfondersoek bring jou daartoe

om jouself opnuut voor God te verootmoedig,

bewus van jou eie sondes

en swakhede. Bybelse selfondersoek

bring jou daartoe om God

se belofte van vergewing opnuut

te omhels. Bybelse self ondersoek

roep opnuut die begeerte op om

God en die naaste uit liefde en

dankbaarheid te dien.

Jy ondersoek jouself dan immers

voor die Here. Jy rig jou op die

Here, jy open jou hart vir Hom, jy

soek by Hom jou troos, jy onderwerp

jou aan Hom.

Om so te eet en te drink aan die

tafel van die Here is ’n voorreg

en ’n eis. Dis ’n gebod: “doen dit

tot my gedagtenis” en ’n fees. Jy

vier die heerlike gedagtenis van

die bittere dood van jou Verlosser

as jou lewe.

Ds C Kleyn

Augustus 2012 • 5
Die Amp van Herder/Leraar

Anders as die ampte van apostel,

profeet en evangelis (wat ons in

die vorige News behandel het),

is die amp van herder en leraar

(die ander kerklike amp wat in

Ef. 4:11 genoem word) nie ‘n buitengewone

amp nie (hoewel dit ‘n

besondere amp is). Eerstens het

die buitengewone ampte (apostel,

profeet en evangelis) die volgende

of sommige daarvan betrek:

‘n buitengewone roeping, direkte

openbaring en wonderwerke. Nie

een van hierdie buitengewone

gawes is deel van die amp van

herder/leraar nie. Tweedens is die

buitengewone ampte tydelik, en

met die apostoliese era afgesluit,

terwyl die amp van herder/leraar

(soos die ampte van ouderling en

diaken) permanent is en duur tot

met Christus se wederkoms (vgl.

I Tim. 3 en 6:14). Derdens behels

die buitengewone ampte gesag oor

die kerke in die algemeen, terwyl

herders/leraars deur ‘n besondere

kerk geroep word.

Die hoofsaaklike ooreenkoms tussen

die drie buitengewone, tydelike

ampte en die besondere, permanente

amp van herder/leraar en

die rede waarom van hierdie vier

ampte in Ef. 4:11 gepraat word

is dat hulle almal leerampte is.

Jesus Christus, die opgevare hoof

van die kerk, het ruim voorsiening

gemaak vir die toerusting en

opbouing van sy mense (vv. 11-16).

In die apostoliese tyd is apostels,

profete en evangeliste, sowel as

plaaslike herders/leraars, geroep

om die kennis van Christus te

versprei. In die na-apostoliese tyd

word amptelike prediking van die

Woord aan herders/leraars opgedra.

Daar is nie hier of elders in

die Heilige Skrif melding van,

voorsiening vir, of behoefte aan

‘n pous wat onfeilbaar ex cathedra

spreek, laat staan nog ander onbybelse

en teenbybelse ampte soos

aartsbiskoppe en kardinale, nie.

Die amp van herder/leraar is nie

net te onderskei van die buitengewone

ampte van apostel, profeet en

6 • Augustus 2012

evangelis nie, maar dit

is ook onderskeibaar

van die besondere,

permanente ampte

van (regeer)ouderling

en diaken. Diakens

bedien hulp en ouderlinge

regeer, terwyl die

essensie van die amp

van die herder is om te

leer. Nietemin regeer

leerouderlinge ook, en

het regeer ouderlinge

leergawes ten einde in

die kerk te kan regeer

(vgl. “bekwaam om te onderrig;” I

Tim. 3:2). Die bybelse onderskeid

tussen ‘n leerouderling (herder/

leraar in Efesiërs 4:11) en “engel”

of “boodskapper” (in Openbaring

2-3) en ‘n regeerouderling, word

gemaak in I Tim. 5:17.

Dit is dus duidelik dat die Bybel

vereis dat daar besondere ampte

in die kerk as instituut sal wees.

Dit is nie ‘n geval van dienstigheid,

of natuurlike ontwikkeling

of menslike bedenksel nie. Die

kerklike ampte van herder/leraar,

ouderling en diaken is deur God

vir die hele Nuwe Testamentiese

tyd verordineer. Om kerklike

ampte te verwerp is om jouself

wyser as God te ag, want een van

die heerlike doeleindes van Christus

se hemelvaart (Ef. 4:8) is om

ampsdraers te gee om sy liggaam

op te bou (v. 11).

Nie almal is besondere ampsdraers

in God se kerk nie. Kinders,

klaarblyklik, ontbreek die vermoë

en Christus verbied vroue ampsdraers.

“Ek laat die vrou egter nie

toe om onderrig te gee [dit is, ‘n

vrou kan nie ‘n herder/leraar wees

nie] of oor die man te heers [as

herder/leraar, ouderling of diaken,

want al drie behels gesag oor die

man] nie, maar sy moet haar stil

hou” (I Tim. 2:12). Ook word nie

alle manne nie, maar net sommiges,

geroep en bevestig in die

besondere ampte.

Dít onthul die dwaling in alle

verwerping van kerklike ampte

by die Anabaptiste en die broederisme

met hulle allemansbediening

en allemansprediking. Hulle

beskouing kyk net na gawes en

nie ook na roeping en amp nie. In

die kerke van die Reformasie is

dit gebrandmerk as “fanatisisme”

en “dwepery,” want Christus het

net spesefi eke “ander” as herders

en leraars gegee (“ander” word

bepaal deur “sommige” in Ef. 4:11).

Die opgevare Christus wat “ander

as herders en leraars” gegee het,

verbind amptelike prediking aan

die amp van herder/leraar (vgl. die

Westminster Larger Catechism, V.

& A. 158).

Dit moet ook genoem word dat,

hoewel daar “ongelykheid” onder

gelowiges is, wat betref die besondere

ampte, ons almal gelyk staan

in die amp van die gelowige (Ef.

4:7). Die weg waarlangs ons in

ons van God gegewe amp as gelowige

groei, sluit in dat ons nie

ons doel as lekepredikers verbystrewe

nie. Ons groei eerder in

genade deur te berus in die plek

in die kerk wat God ons aangewys

het, en gehoorsaam te wees aan

die getroue prediking deur ware

herders wat deur die opgevare

Christus vir ons opbou gegee is

(vv. 11-16). Dit is ook die manier

om bybelse eenheid in die kerk te

bewaar (vv. 1-6).

As “herder” (v. 11) is ‘n Christelike

predikant ‘n geestelike skaapherder.

‘n Skaapherder wys die kudde

wat Christus aan hom toevertrou
het die pad aan, laat hulle wei,

regeer hulle, lei hulle en beskerm,

tel en ken hulle. Hy moet dit wyslik,

sagkens en voortdurend doen.

Sy sorg is daarin geleë dat afgedwaalde

skape nie verlore gaan

nie, kwetsbare skape teen roofdiere

beskerm word, siek skape

van siekte genees word en honger

skape met goeie weiding gevoed

word. As “leraar” (v. 11) pas hy

die kudde op deur getroue verkla-

1. Inleiding

Christus neem die sentrale plek in

elke ware Christen se lewe in. Die

lewe begin by Christus, is deur

Christus (Johannes 14:6, Hebreers

10:20) en eindig ook weer by

Christus. As gevolg van die sondeval

ontstaan daar komplikasies

en moeilike omstandighede in die

mens se lewe. In hierdie situasies

het die Christen genade ontvang

om in gebed te tree met die Almagtige,

sy Vader, wat gewillig is om

hom aan te hoor. Wanneer daar

met God gekommunikeer word,

gebeur dit in gebed as gevolg van

die Heilige Gees deur Christus.

God stel egter sekere vereistes.

Om in gebed met Hom te tree, vereis

dat die persoon homself verdiep

in die Woord van God, want

gebed en Skrifl esing loop hand aan

hand – die een kan nie sonder die

ander nie. God openbaar Homself

in Sy Woord. Wanneer daar dus

probleme in die Christen se lewe

ontstaan, vind hy toevlug by sy

Vader in die hemel. Soms gebeur

dit dat die spesifi eke persoon so

geweef is in sy eie probleme dat

hy God miskyk en iemand nodig

het om hom weer die weg na God

te wys. Hierdie pastorale berader

gaan anders as die gewone sielkundige

te werk. Sy verstaan van

elke menslike probleem lê gewortel

in sy kennis van die sondeval,

wat geopenbaar word in die Skrif.

ring en toepassing van die Woord

van God.

Jesus Christus is, as die “groot

Herder van die skape” (Heb.

13:20), die voorbeeld vir alle herders/leraars.

Hy is die “goeie herder”

wat Sy lewe vir die skape

afgelê het (Joh. 10:11) en wat hulle

“vir Hom ... deur sy Gees en Woord

... vergader, beskerm en onderhou”

(Heidelbergse Kategismus, A. 54).

Daarom is die Woord en gebed ook

die sentrale punt van elke pastorale

ontmoeting.

In hierdie artikel word die plek

van die Woord van God en gebed

in pastorale ontmoetings bestudeer.

Die prominente verskil tussen

Freudisme en die Pastoraat

word uitgewys om sodoende die

besondere plek wat God in elke

Christen se lewe inneem, uit te

lig.

1. Probleemstelling

Die sielkunde, waarvan Sigmund

Freud die vader is, staan grootliks

direk in teenstelling met die

Christendom. Die menslike gevoel

en idee staan voorop. Freudisme

beklemtoon ateïsme (in plaas van

teïsme), determinisme (eerder as

vryheid van die menslike wil), en

selfgesentreerde moraliteit (in die

plek van God gesentreerde moraliteit).

Verder leer dit dat die probleme

waarin elke mens homself

bevind die gevolg is van onderdrukte

emosies en die faktore

in sy direkte omgewing (Almy,

2000:17, 22). Dit is dus ’n ‘humanistiese

idee’ wat God vêr op die

agtergrond skuif.

Christus leer hierteenoor in Mattheus

7:7, 8 &11:

“Bid, en vir julle sal gegee word;

soek, en julle sal vind; klop, en vir

julle sal oopgemaak word. Want

elkeen wat bid, ontvang; en hy wat

Hierdie “Herder ... van ons siele”

(I Pet. 2:25) gee onderherders en

rus hulle toe as herders en leraars,

uit liefde vir die kudde. Ons eer

Hom deur op hulle ag te gee.

(Vertaal deur Nic Grobler. Die

1933 / 1953 Afrikaanse vertaling

van die Bybel is met hierdie vertaling

gebruik.)

Rev. Angus Stewart

Die plek en funksie van die Woord van God en gebed in die

pastorale ontmoetingsgebeure.

soek, vind; en vir hom wat klop,

sal oopgemaak word... As julle wat

sleg is, dan weet om goeie gawes

aan julle kinders te gee, hoeveel

te meer sal julle Vader wat in die

hemele is, goeie dinge gee aan die

wat Hom bid!”

en ook in 1 Johannes 3:22:

“...en wat ons ook al bid, ontvang

ons van Hom, omdat ons sy gebooie

bewaar en doen wat welgevallig is

voor Hom.”

Uit hierdie teksverse blyk dit duidelik

dat God in gemeenskap met

Sy kinders wíl wees. In tye van

nood en swaarkry is God die mens

se enigste uitweg, in Skrifl esing

en gebed, want daardeur tree hy

in ’n ‘vir-die-wêreld-ongekende

gemeenskap met die Vader.

2. Pastorale berading

teenoor Freudisme

Dit is noodsaaklik om pastorale

berading, wat ’n Christelike agtergrond

het en Godgesentreerd is,

te vergelyk met Freudisme, wat

humanisties en mensgesentreerd

is, om sodoende die regte, Skrifgefundeerde

metodes uit te lig en

die belangrikheid van Skrifl esing

en gebed uit te wys en te beklemtoon.

’n Liberale 1 gesindheid is iets wat

1 Volgens die e-HAT (2009): “(1)

Vrysinnig, ruimdenkend; nie

bekrompe nie; nie ortodoks. (2)

Voorstander o.m. van ekonomiese,

Augustus 2012 • 7
van nature by die mens bestaan.

Die drang om nie onderworpe te

wees aan gesag nie – ’n eienskap

eie aan die opstandigheid van die

mens, wat sy oorsprong reeds in

die paradys het. Die mens wil soos

God wees (Genesis 3:5) – in beheer

van alles, kenners van goed en

kwaad. Hy soek sy eie verlossing

en verwerp sodoende God se gesag

en ontken die werk van Christus.

Maar, wat meer is, die mens soek

sy verlossing binne homself. Hy

besef nie van watter aard en in

watter toestand hy is nie – hy

besef nie dat hy tot niks in staat

is nie (2 Korinthiërs 3:5). Hy ontken

die sonde en onderwerp die

leer van die sondeval en erfsonde 2

aan die menslike verbeelding. Hy

is van nature onder die indruk

dat alle bestaande antwoorde die

produk van sy eie kennis en insig

is. Wanneer iets dus nie uitgeredeneer

kan word nie, bestaan dit

nie en is dit onwaar (“I think, therefore

I am” - Descartes). Freudisme

is presies dit. Dit is maar

net nog ’n menslike antwoord op

die probleme, wat die gevolg is van

politieke, godsdienstige en kulturele

vryheid.”

2 Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel

15: “Ons glo dat die erfsonde deur

die ongehoorsaamheid van Adam

oor die hele menslike geslag uitgebrei

het. Dit is ‘n verdorwenheid van die

hele natuur en ‘n oorgeërfde gebrek

waarmee selfs die klein kindertjies

in die moederskoot besmet is. Dit

is hierdie wortel wat in die mens

allerhande sonde laat uitspruit. Dit

is daarom so afskuwelik en gruwelik

voor God dat dit rede genoeg is om

die menslike geslag te verdoem.

Dit word selfs nie deur die doop

geheel en al tot niet gemaak of

volkome uitgeroei nie, aangesien

die sonde aanhoudend uit hierdie

verdorwenheid opborrel soos water

uit ‘n giftige fontein. Dit word die

kinders van God ewenwel nie tot

verdoemenis toegereken nie maar

deur sy genade en barmhartigheid

vergewe. God vergewe nie sodat die

gelowiges in die sonde gerus sou slaap

nie maar wel sodat die besef van

hierdie verdorwenheid hulle dikwels

sou laat sug in die verlange om van

hierdie liggaam van die dood verlos te

word...”

8 • Augustus 2012

die sonde wat hy so hewig ontken.

Die wetenskaplike waarhede wat

daarin versteek is mag egter

ook nie ontken word nie. Daar

is bepaalde maniere waarop die

psige van die mens werk en funksioneer,

wat Freud ook gedeeltelik

in sy fi losofi e opgeneem en so vir

die wetenskap bekend gemaak het.

By enige wetenskap is die Bybel

as Woord van God die ‘handboek’

van die fi losofi e, van die wetenskap

en daarom neem die pastorale

be rader slegs uit Freud se

teorie wat in ooreenstemming met

die Woord en tot opbouing van die

beradene is. Die grootste gedeelte

van sy teorieë is direk in stryd met

die Woord van God. Vergelyk as

voorbeeld die volgende punte wat

Almy (2000:22-29), onder andere

oor Freud se teorie, noem:

1. “The fi rst and most foundational

pillar of Freudian theory

and psychotherapy is the

assertion that human mental

and emotional diffi culties are

the result of improper external

environmental infl uences.

2. ...there exists in each person

a ‘dynamic unconscious’

that determines and controls

our every thought and

action. Freud asserted that

the mind, outside of our awareness,

is a powerful repository

of instincts, experiences,

sensations, perceptions,

emotions and thoughts. This

repository is always active,

and it controls our thoughts,

feelings, behaviours and relationships.

3. The fi fth pillar of Freudian

practice is the notion of selfsufficiency

and self-cure...

people could solve their own

problems without the help

of God or any supernatural

source.

4. Freedom from guilt, shame,

fear, anxiety and suffering is

the unabashed, openly-stated

goal of psychotherapy...

the desire to avoid suffering

is a major reason for the exi-

stence of the therapeutic community.”

Die Skrif leer presies die teenoorgestelde

van bogenoemde. In

plaas daarvan dat die mens tot

alle goeie dinge in staat is en God

nie nodig het nie, leer die Woord

van God dat: “...daar ‘n enige en

enkelvoudige geestelike Wese is

wat ons God noem. Hy is ewig,

onbegryplik, onsienlik, onveranderlik,

oneindig, almagtig, volkome

wys, regverdig, goed en die

alleroorvloedigste fontein van

alles wat goed is.” (Nederlandse

Geloofsbelydenis Artikel 1, 2 Kor

3:17; Joh 4:24; Jes 40:14). Alleen

God is goed en die mens is net in

staat om kwaad te doen, tensy Hy

weergebore word in die Gees van

God (Heidelbergse Kategismus

Vraag en Antwoord 8). Die mens

staan totaal en al aan die passiewe,

‘ontvang’ kant, waar hy die

geloof in Christus ontvang na die

uitverkiesing deur God. Hierna

roep God die gelowige deur die

Gees op tot ’n nuwe lewe en maak

hom aktief in die geloof om tot eer

van die Almagtige te leef. Anders

as Freud, glo die Christen nie in ’n

onmiddellike, menslike oplossing

vir sy probleme nie, maar eerder

in ’n duratiewe verhouding met

God, wat elke probleem in kontras

stel met die genade wat hy

in Hom ontvang het. Dít wek in

hom ’n gees van dankbaarheid in

plaas van moedeloosheid en hopeloosheid.

• Die gehoorsame Christen dien

God in gees en waarheid

Die Christen beskou probleme nie

net anders as Sigmund Freud nie,

maar lééf ook radikaal anders. Hy

leef met hierdie geweldige besef

dat hy deur God vrygemaak is van

die sonde en nou opgeroep word tot

’n gehoorsame uitverkorene van

God. Dit beteken onder meer dat

’n ware gelowige daagliks daarna

streef om die ou mens te kruisig

en met Christus in ’n nuwe lewe

op te staan, soos Paulus ook aan

die gemeente in Efese skryf: “...dat

julle, wat die vorige lewenswandel

betref die oue mens moet afl ê
wat deur die begeerlikhede van

die verleiding te gronde gaan, en

dat julle vernuwe moet word in die

gees van julle gemoed en julle met

die nuwe mens moet beklee wat na

God geskape is in ware geregtigheid

en heiligheid” (Efesiërs 4:22-

24). Dit beteken dat elke Christen

God wil gehoorsaam en Hom dien,

in gees en in waarheid.

Waarom in gees? Want God is

Gees (Johannes 4:24). Waarom in

waarheid? Want Christus “...is die

weg en die waarheid en die lewe...”

(Johannes 14:6). Hy is die waarheid,

omdat Hy God aan ons openbaar

soos Hy is en daarom kan

ons Hom só ken (Johannes 1:18,

6:46 en 8:32). Christus het ook met

Sy hemelvaart beloof om die Gees

van Waarheid te stuur (Johannes

16:13). Hierdie Gees “...getuig

saam met ons gees dat ons kinders

van God is.” (Romeine 8:16).

God eis van elkeen wat Christus

as Verlosser bely om die Vader in

gees en waarheid te dien: “...die

ware aanbidders sal die Vader in

gees en waarheid aanbid; want die

Vader soek ook mense wat Hom só

aanbid” (Johannes 4:23). Slegs dan

is enige pastorale werk van nut.

God duld dit nie om as tydelike

gelukbringer gebruik te word nie.

God gee aan die wat reg tot Hom

bid – voortdurend bid (Romeine

12:12, Kolossense 4:2, Mattheus

7:7,8). En, soos reeds genoem is,

loop voortdurende bestudering

van die Woord hand aan hand

met voortdurende gebed, omdat

die Gees en die Woord – die Gees

van waarheid en die getuienis van

die Waarheid, Christus – onskeibaar

is.

3. Skrifl esing en gebed

– die onskeibare getuienis

van die Waarheid

Wanneer ’n mens reg bid, getuig jy

van Christus. Jy erken die verlossingsdaad

van Christus en pleit om

vergifnis van jou sondes. Verder

erken jy die gesag van God, aangesien

jy tot Hom in eerbied nader

en aanroep as Abba, Vader, maar

ook as jou Skepper en Koning. Om

reg te kan bid, impliseer dat ’n

persoon kennis moet dra van die

regte en verkeerde metode. Hierdie

kennis word deur die Woord

verkry. “Ons glo dat hierdie Heilige

Skrif die wil van God volkome

bevat en dat alles wat die mens vir

sy saligheid moet glo, daarin voldoende

geleer word. Aangesien die

hele wyse waarop God deur ons

gedien moet word, daarin breedvoerig

beskrywe word” (Nederlandse

Geloofsbelydenis Artikel

7). Die regte gebed getuig dus

van Christus omdat die kennis

daarvoor verkry word deur die

Gees wat werk deur middel van

die Woord. Die Woord op sigself

getuig ook van Christus. Christus

is die vleesgeworde Woord (Johannes

1:14). Die Gees werk alleenlik

deur die Skrif; die Gees gaan

vanuit die Vader en vleesgeworde

Woord. “Ons glo en bely ook dat

die Heilige Gees van ewigheid van

die Vader en die Seun uitgaan”

-Nederlandse Geloofsbelydenis

Artikel 11. Hieruit tree dit baie

duidelik na vore dat die Woord

en gebed twee afsonderlike getuienisse

is wat onskeibaar is, aangesien

altwee van Christus, die

enigste Waarheid, getuig.

Berading deur middel van

die getuienis

Wanneer die pastorale berader

tydens ’n beradingsessie uit die

Woord lees, getuig hy openlik van

Christus. Sy gebed dien verder as

versterking van die beradene se

geloof omdat dit voortbou op die

Skrifl esing. Die Woordbediening

deur Skrifl esing en gebed dien dus

as getuienis van Christus en die

direkte antwoord op die beradene

se vrae. Die pastorale berader

gaan egter nie die persoon wat

vra om hulp, telkens beantwoord

met ’n teksgedeelte of ’n vinnige

gebed nie. Die berader moet wel

sielkundige metodes toepas om

te verstaan waarom die persoon

hom- of haarself bevind in die

huidige problematiese omstandighede.

Dit is egter die berader

se verantwoordelikheid om die

gedagte by die beradene tuis te

bring dat die uiteindelike oplossing

opgesluit lê in Christus,

omdat die mens in sonde geval

het en tot niks in staat is sonder

God nie is daar alleen in Hom verlossing.

Weens die omstandighede

waarin hierdie persoon verkeer,

is Christus dikwels nie die klinkklare

antwoord nie. Dit is die sondige

reaksie waarby hy/sy verby

moet kyk. Die beradene kan dit

slegs deur middel van verdieping

in Gods Woord en gebed regkry.

Die pastorale berader is ook verantwoordelik

om hierdie individu

daartoe aan te spoor. Sonder Skriflesing

en gebed sal die pastorale

ontmoeting op dieselfde vlak lê as

’n ontmoetingsessie met die sielkundige,

aangesien die oplossing

buite Christus, in die individu

self, gesoek sal word. Die pastorale

berader gaan eerder sielkundig

te werk in sy getuienis van

Christus.

4. Gevolgtrekking

As gevolg van die sondeval gebeur

dit dat ’n mens in onverstaanbare,

moeilike situasies leef. Die Christen,

wat God dien deur gedurig

uit die Skrif te leer en tot God te

bid, het ’n unieke uitkyk op hierdie

situasies. Hy weet dat hy ’n Vader

in die hemele het wat in gemeenskap

leef met Sy kinders en na

hulle luister, omdat Christus as

Middelaar intree. Gods kinders

besef en bely dat Adam die mensdom

in sonde gedompel het, vandaar

die armoedige bestaan wat

hulle op aarde voer. Maar, daar is

vergewing en verlossing! Christus

het vir God se uitverkorenes aan

die kruis gesterf en daarom leef

hul tot Sy eer. Hulle behoort aan

die Here (Jesaja 43:1, 1 Petrus 1:2,

Romeine 14:8).

Hierdie besef word dikwels verduister

en onderdruk weens die

sondige natuur van elke mens.

God sorg egter vir Sy kudde en

stuur ’n herder, ’n berader, wat in

sy pastorale getuienis van Christus,

saam met die kragtige werking

van die Gees, hierdie besef

weer wakker maak. Anders as

die Freud-metodes wat getuig

Augustus 2012 • 9
van selfverlossing en ateïsme,

werk God deur die pastoraat met

Sy Woord en dryf die persoon tot

gebed. Woordbediening deur middel

van Skrifl esing en gebed in

pastorale ontmoetingsgebeure

is dus die middelpunt, die noodsaaklike

element van elke pastorale

ontmoetingsessie. Dit is die

Christen se taak om Christus

in gees en waarheid te dien, om

sodoende ook van Hom te getuig

(Mattheus 28:19). Waar is daar

dan ’n beter geleentheid as in die

pastoraat, waar die beradene worstel

met vrae en probleme en uiteindelik

deur die Woord en Gees

in gebed, opnuut mag ontdek dat

die antwoord in Christus lê? Sonder

die Woordbediening in pastorale

ontmoetingsgebeure is die

10 • Augustus 2012

soektog na ’n antwoord sinneloos.

Solo Christo – alleen in Christus

bestaan verlossing. Die berader

tree daarom tot eer van God as

Christen sielkundige, getuigend

op as herder vir elke persoon wat

vra om hulp.

“Want aan U behoort die koninkryk

en die krag en die heerlikheid

tot in ewigheid. Amen.” (Mattheus

6:13)

Marnix Boersema

Bronnelys:

• Die BYBEL. 1933. Die Bybel:

dit is die ganse heilige Skrif

wat al die kanonieke boeke

van die Ou en Nuwe Testament

bevat. Kaapstad: Britse

en Buitelandse Bybelgenootskap.

• ALMY, G.L. 2000. How Christian

is Christian counseling?

Wheaton, Illinois: Crossway

Books. 67p.

• COLLINS, G.R. 1988. Die A

tot Z van berading. Kaapstad:

Struik Uitgewers. 779 p.

• DE BRES, G. 1561. Artikels 1,

7, 11, 15 (In Die Nederlandse

Geloofsbelydenis).

• e-HAT (Handboek vir die

Afrikaanse Taal). 2009. liberaal.

[CD].

• URSINUS, Z. & OLEVIA-

NUS, C. 1563. Vraag en Antwoord

8 (In Die Heidelbergse

Kategismus).
BELANGRIKE BOEKBESPREKING

Christless Christianity

In 2008 het daar ‘n belangrike

boek in Amerika verskyn,

genaamd Christless Christianity.

Die skrywer is Michael S.

Horton, professor in dogmatiek

in die United Reformed Church

van Noord-Amerika. Christless

Christianity is deel van ‘n trilogie.

Die ander twee boeke is The

Gospel-driven life en The Gospel

commission. Met die titel Christless

Christianity vat Horton die

probleem van die kerke in Amerika

saam.

‘n Christuslose Christendom is

helaas nie net Amerika se probleem

nie, maar ook dié van Suid-

Afrika. Reeds in 1996 het Johan

Cilliers sy boek ‘Die uitwissing

van God op die kansel’ (met as

subtitel: Ontstellende bevindinge

oor Suid-Afrikaanse prediking)

geskryf, waarin hy aantoon dat

meer as 90% van die preke wat oor

‘n paar jaar oor die radio uitgesaai

is, ten diepste Christus-loos was.

Dit was vir my ‘n enorme skok.

Na aanleiding van die boek van

Cilliers het ek ‘n artikel in Die

Kerkblad van 22 September 1999

geskryf met die opskrif, Wat preek

ons: Is dit Christus alleen? U kan

dit hier gaan lees: http://troos.

info/J5u5V7

Na aanleiding van die boek van

Horton graag die volgende gedagtes

van my:

• Dit gaan nie daaroor dat Christus

se Naam glad nie genoem

word nie. Die probleem is dat die

Christus wat verkondig word,

nie die Christus van die Skrif is

nie. Dit is nie Christus as Verlosser

van ons sondes nie, maar

net ‘n Christus as Gelukbringer

of ‘n Christus as Adviseur, wat

jou net so bietjie advies gee oor

hoe jy self jou lewe kan regruk.

Dit is ten diepste ‘n Christus

sonder kruis en sonder opstanding.

Daarom kan ‘n mens ook

praat van ‘n ‘ander-Christus-

Christendom’.

• Die probleem van ‘n Christuslose

Christendom het sy oorsaak

en oorsprong in ‘n sondelose

Christendom. Ons het nie

meer sondes nie – net foute en

dan ook foute wat ons self, met

Christus se advies, kan regstel.

Ons ken nie meer die erns van

ons sondes nie (dat God Hom

verskriklik daaroor vertoorn en

dit tydelik en ewiglik wil straf);

ons ken nie meer ons totale

onvermoë om self te kan betaal

en los te kom van die mag nie.

Die feit van die saak is: ‘n sondelose

Christendom het Christus

as Verlosser nie nodig nie. In

sy skitterende werk, ‘The cross

in the New Testament’, behandel

Leon Morris die kruis van

Christus telkens teen die donker

agtergrond van ons sonde

en doemwaardigheid!

• Die Christuslose Christendom

en sondelose Christendom het

ook alles te make met ‘n kennislose

Christendom. Ons gaan ten

gronde as gevolg van ‘n gebrek

aan kennis – kennis van Christus.

Waar die belydenisskrifte

en die Kategismusprediking

vroeër ‘n besondere plek in die

Gereformeerde kerke ingeneem

het, is die belydenisskrifte vandag

onbekend en onbemind. Ons

kan daarom ook praat van ‘n

belydenislose (Kategismuslose)

Christendom. Ons ken nie meer

ons enigste Troos in lewe en in

sterwe, Christus, nie en daarom

spreek die Kategismus ons nie

meer aan nie.

Onlangs was daar ‘n baie mooi

konferensie (From embers to a

fl ame). Dit het gehandel oor hoe

daar nuwe lewe in die kerk kan

kom. Op hierdie konferensie – so

verstaan ek, ek was nie self daar

nie, maar ek het wel die boek

bekom – is tereg op die volgende

dinge gehamer as geheim vir ‘n

nuwe lewe:

⌂ Gebed; en

⌂ Prediking, Christus-prediking.

Dit is alles baie mooi en waar,

maar het ons die kennis om Christus

te kan preek:

• Ken ons Christus – die absolute

noodsaak van sy werk – teen die

agtergrond van ons sonde? Het

ons nog die sondekennis waarvan

ons Heidelbergse Kategismus

praat?

• Ken ons Christus nog soos wat

Hy Hom in sy Woord aan ons

openbaar as die enigste Saligmaker,

die enigste Een wat ons

verhouding met God kan herstel

en ons heel kan maak? Weet ons

dat sy kruis nie net verlossing

van die skuld van ons sondes

nie, maar ook verlossing van

die mag van die sonde behels?

Ja, weet ons nog van die verlossingskennis

van die Heidelbergse

Kategismus?

• Ken ons nog die geheim van

dankbaarheid, dat ons dankbaarheid

100% gewortel is en

konstant gewortel moet wees

in die kruis en opstanding van

Christus? Weet ons dat ons

sonder Hom geen vrugte kan

voortbring nie. Dit is immers

die dankbaarheidskennis van

die Heidelbergse Kategismus.

• Ken ons die Skrifte van die Ou

Augustus 2012 • 11
en Nuwe Testament? Het ons

die kennis, die vermoë om die

Christus van die Skrifte te

verkondig? Kan ons nog regtig

eksegese doen en Skrif met

Skrif vergelyk? Ons gebrek aan

kennis het ook alles te make

met ons gebrek aan kennis van

die Ou Testament.

• Weet ons dat ons die Nuwe Testament

en die werk van Christus

eers dan werklik verstaan,

as ons dit lees in die lig van die

Ou Testament? Weet ons nog

dat Skrif met Skrif vergelyk –

die ken, verstaan van die Bybel

– alles te make met lees van die

Nuwe Testament in die lig van

die Oue? Luister na Christus

het alles te make met luister na

die Ou Testament.

• Weet ons dat wie Christus se

stem nie wil of kan hoor in die

Ou Testament nie, sy stem ook

nie sal hoor in die Nuwe Testament

nie? Immers, Christus sê

Self dat die Ou Testament van

Hom getuig. Wie daarom die

Christus-openbaring van die Ou

Testament ontken, ontken ook

wat die Nuwe Testament self sê

en ontken verder wat Christus

self in die Nuwe Testament sê

(Luk 24:25-27; Mt 22:41-46) en

hoor en luister ook daarom ook

nie na die Stem van Christus in

die Nuwe Testament nie.

• Weet ons dat, toe die Heilige Gees

uitgestort is in Handelinge 2, die

eerste handeling van Christus

deur sy Gees was om te preek,

om Christus te preek – en dit,

ja dit uit die Ou Testament?

Leon Morris toon so wonderlikmooi

aan: Bekering is Christus.

Want bekering is:

∆ deur Christus (Hy moet ons

bekeer); en

∆ tot Christus (die bekering

bestaan in lewe uit Christus

se kruis en opstanding).

Dit is waaroor omkeer (omkeerstrategie

of liewer bekering) in die

GKSA ook sal moet gaan. Net Hy

kan nuwe lewe gee in die kerk, in

die gesin en in die samelewing.

12 • Augustus 2012

Daar is in die afgelope tientalle

jare boeke vol geskryf en stapels

beskrywingspunte en deputaterapporte

uitgewerk oor sake soos

wie in watter amp moet staan en

oor watter liedere gesing en nie

gesing mag word nie, maar vir

die kruis van Christus was daar

in die afgelope dekades min tyd

en die kennis oor Hom skraal. Ek

kan nie onthou dat ek al ooit ‘n

diepgaande diskussie oor die kruis

op poslyste of so gehoor het nie. So

het die duiwel daarin geslaag om

die kerk weg te hou van Christus

af.

Ons wil Christus gaan verkondig,

maar ons is soldate sonder

die wapenrusting van Efesiërs 6,

want Christus is die wapenrusting

van Efesiërs 6. Of weet ons nie dat

Efesiërs 6 oor Hom gaan nie? Weet

ons nie dat Hy die swaard van die

Heilige Gees is nie?

Ons wil Christus gaan verkondig.

Dit is regtig baie mooi. Maar ons

sal moet weet:

Ω Die evangelie van die Skrif

is nié na die smaak van die

moderne mens en jeug nie:

Maar ek maak julle bekend,

broeders, dat die evangelie

wat deur my verkondig is,

nie na die mens is nie. (Gal

1:11).

Ω Die evangelie dat die mens

‘n nul en Christus alles is, is

beslis nie polulêr en dit spreek

die verbruiker defi nitief nie

aan nie.

Ω Die evangelie wat die mens

in sy diep sondigheid laat

sien, in sy totale onmag om

sy lewe (huwelik, kerk, samelewing)

te kan verander wil

die natuurlike mens nie hoor

nie.

Ja, predikers, jong, moderne

dominees, ampsdraers:

• Uit die Skrif behoort julle eintlik

te wéét: Christus (en dan

natuurlik die volle Christus) én

prediking, juis dit is wat Christus

Self beveel.

• Uit die Skrif behoort julle eintlik

ook te wéét: Christus én

prediking, is juis die wat die

moderne mens nie soek nie.

Maar hier lê ons grootste probleem,

van hierdie waarheid van

Galasiërs 1:11 wil baie moderne

predikers self nie weet nie. Hulle

raak verbruikersgerig en vra dan

die volgende vrae: Wat wil die

mark hê, wat wil die ‘consumer’

hê? Waarvan sal my kliënt, die

jeug, my lidmate, die moderne

mens, hou? Ja, Sy Naam word

wel genoem, maar die Naam kry

‘n ander inhoud. En die middel

wat Christus self voorskryf, die

prediking, dit word nie hoog aangeslaan

nie.

Die Christuslose Christendom verkies

die moderne mens en sy metodes

bo Christus en sy metode:

• Die mens kom ter sprake en nie

Christus nie. Dit gaan om die

mens se behoeftes en nie wat

Christus nodig ag nie.

• Christus se heilsmiddel, sy

metode (die prediking), is

outyds.

So lyk die kerk van die Christuslose

Christendom.

Dr Attie Bogaards

[‘n Artikel wat ‘n stuk uit Horton se

boek is, verskyn by Christless Christianity:

Getting in Christ’s Way.

Lees die artikel by of laai dit af in

PDF by: http://www.enigstetroos.

org/pdf.htm#omkeerstrategie.

Onder Omkeerstrategie is daar

ook ander verwante artikels].
Hoekom mag kinders nie die nagmaal saamvier nie?

Ons Nagmaalstafel

is ‘n feestafel.

Ons

dink daar

weliswaar

terug aan

‘n vreeslike

sterwe. Die

sterwe van

Christus. Maar ons vier dit vandag

omdat ons as gevolg van daardie

sterwe mag léwe!

Ja, ons beleef aan die Nagmaalstafel

die lewende band aan Hom

wat eens vir ons wou sterwe:

Christus. Hy wat op Golgota

gesterf het, lééf vandag; en ons

mag saam met Hom lewe. Ons mag

met Hom saamleef: ons beleef aan

die Nagmaalstafel die gemeenskap

(dieselfde woord as wat ons

vir die intieme huweliksverkeer

van man en vrou gebruik!) met

ons Here en Heiland.

Hoekom mag ons kinders

dan nie die Nagmaal

saamvier nie?

Indien die Nagmaal so ‘n hoogtepunt

is in die verbond wat God

met ons gesluit het, hoekom onthou

ons dan aan ons kinders

bewus hierdie hoogtepunt? Ons

laat hulle mos ook doop? !

Sondag 27 van die Kategismus,

stel vas dat kleine kindertjies wel

gedoop moet word. Want klein kinders

behoort net so goed soos die

volwassenes tot die verbond van

God en sy gemeente. God kies nie

net groot mense nie. Hy kies ook

hulle kinders tot sy kinders. En

dus wil Hy hê dit moet direk deur

die teken van die verbond sigbaar

gemaak en onderstreep word.

Maar as dus ons kinders al vanaf

die moederskoot ook tot God se

verbond behoort en aan Christus

mag deelhê, hoekom weer ons

hulle dan van die tweede sakrament

wat Christus ingestel het om

sy verbond met ons te onderstreep:

die Nagmaalstafel? Waarom mag

ons kinders daardie hoogtepunt

in die verbond nie volop meebeleef

nie?

U weet waarskynlik dat hierdie

vraag deesdae al hoe luider klink

in die NG Kerk. Daar was in die

onlangse Sinode Suid-Transvaal

selfs al ‘n voorstel om die deelname

van kinders aan die Nagmaal

moontlik te maak. Dit is

gelukkig met slegs ‘n geringe

stemverskil afgewys maar sal

beslis in die Algemene Sinode volgende

jaar weer aan die orde gestel

word. Beeld het hierdie saak nog

‘n bietjie ekstra aangeblaas deur

‘n groot foto te plaas van ‘n leraar

met ‘n seuntjie wat saam die Nagmaalsbeker

vashou.

Dit is trouens baie snaaks dat in

dieselfde NG Kerk terselfdertyd

al hoe meer stemme opgaan teen

die kinderdóóp. In die rubriek

“Briewe”, en ook in ander artikels,

is ‘n hele debat daaroor gevoer wat

steeds nie afgerond is nie.

Dis nou presies die omgekeerde

as by ons. Hulle sê: kinders hoef

nie gedoop te word nie, grootdoop

is dalk beter. Maar ook: kinders

moet wel saam met die gemeente

die Nagmaal vier.

Terwyl ons sê: nee, kinders moet

wél gedoop word. Maar ons moet

hulle nog nie die Nagmaal laat

saamvier nie.

Hoe werk dit nou? !

Hierdie skynbare teenstrydigheid

verdwyn heeltemal as ons ‘n oog

bly hou vir die karakter van God

se verbond met ons.

Ons moenie uit die oog verloor

dat die HERE in die verbond ‘n

pad saam met ons loop waarop Hy

geleidelik verder met ons kom. Die

weg bestaan nie direk uit hoogtepunte

nie, maar lei ons algaande

na die hoogtepunt toe.

Aan die begin van die pad, by ons

geboorte, is ons nog heeltemal

passief. Alle aktiwiteit kom nog

alleen van God se kant af: Hy het

ons in sy genade gekies om sy kind

te wees. Hy gee ons aan gelowige

ouers wat hul kind van kleinsaf

by sy verbondsbeloftes sal grootmaak.

Hy gebruik hul christelike

en godvresende opvoeding om ons

deur sy Heilige Gees te regeer.

Daarom wil Hy hê moet die die

kind ook so gou as moontlik gedoop

word. Die doop onderstreep mos

Sy werk, Sy verkiesing en genade

oor hierdie kind. Die kind hoef self

nog niks te doen nie. Hy/sy word

gedoop: passief. Die kind kán self

ook nog niks doen nie. Dit is daarvoor

nog te klein.

God begin sy verbond met ons dus

heeltemaal eensydig, net deur Sy

inisiatief.

Maar die verbond wat eensydig

ontstaan het, moet wel toenemend

tweesydig begin bestaan, sê ons

dan in die katkisasieklas.

Met ander woorde: die HERE wil

op die pad wat Hy deur sy genadige

inisiatief met ons by ons geboorte

begin loop het, wél verder kom.

Hy het ons uit die staanspoor sy

liefde bewys. Maar in ‘n egte verbond

kan die liefde mos nie altyd

van een kant bly kom nie. Namate

ons ouer word en in allerlei opsigte

selfstandig, aktief begin raak, verwag

die HERE ook ‘n toenemende

aktiwiteit teenoor Hóm. Sy liefde

moet beantwoord word. Die liefde

moet van twee kante beleef word

en tot ‘n volledige gemeenskap in

die verbond uitgroei.

En eers dan het die tyd vir die

Nagmaalsviering aangebreek.

Dáár lê mos die verskil tussen die

Doop en die Nagmaal: die doop

kan ‘n mens nog heeltemal passief

ondergaan; maar by die Nagmaal

word daar een en al aktiwiteit van

jou gevra: jy gaan na die tafel van

die HERE, jy neem die brood en

die beker, jy eet en drink, jy moet

gedenk en glo, en so die dood van

die Here verkondig... Alles aktiewe

werkwoorde.

In die Nagmaalsgemeenskap het

die Here groot vorderinge gemaak.

Augustus 2012 • 13
Sy liefdesaanbod by die Doop het

al hoe meer in die hart deurgedring

en word nou in die openbaar

met wederliefde beantwoord.

Daarvoor is egter tyd nodig. Om

sover te kom, moet ‘n kind eers

groei, ‘n ontwikkeling deurmaak.

Hy moet die HERE, en sy beloftes,

geleidelik leer ken, hy moet

homself al hoe beter leer ken

teenoor die HERE.

Hy moet sover kom dat hy homself

kan beproef.

Daardie woord gebruik die apostel

Paulus ook in sy brief aan die

gemeente van Korinthe. En ook

ons Nagmaalsformulier gebruik

dié woord.

Die Nagmaalsformulier vertel ook

wat so ‘n selfbeproewing of selfondersoek

behels:

“Ten eerste moet ‘n kind van die

HERE nadink oor sy sondes en

vervloeking en besef dat hy God

se toorn verdien. Ja, hy moet

sover kom dat hy vanweë die

sonde ‘n afkeer kry van homself.

Ten tweede moet ‘n kind van

die HERE homself ondersoek

of hy die vaste belofte van God

glo dat al sy sondes hom alleen

op grond van die lyding en dood

van Jesus Christus vergewe is.

Ten derde eis die selfbeproewing

van ‘n kind van God dat hy

homself sal ondersoek of hy van

voorneme is om van nou af met sy

hele lewe uit ware dankbaarheid

God te dien en opreg voor Hom

te wandel; of hy alle vyandskap,

haat en nyd wil laat vaar en voortaan

in ware liefde en vrede met

sy naaste wil lewe.”

Dit is basies dieselfde as wat in

Sondag 30 in antw 81 van die

Kategismus genoem word. Eers

as ‘n mens so met homself kan

besigwees, kan hy ook die Nagmaal

vier. Maar dit alles kan ons

van ‘n kind nog nie vra nie.

‘n Kind moet hierin eers geduldig

opgevoed word. Hy moet stap vir

stap begelei en verder gehelp word

op die die pad waarop die HERE

hom by sy geboorte geplaas het.

Deur Pa en Ma by die huis, in

14 • Augustus 2012

hul gesprekke, hul voorlees uit die

Bybel, as hulle hul kind leer hoe

om te bid.

Verder deur die onderwysers by

die skool, deur hul Bybelonderrig,

maar ook deur die wyse waarop

hulle in al die ander vakke die

HERE en sy werk konkreet aanwys.

En ook deur die Sondagse preke

as die kind oud genoeg geword het

om saam te gaan kerk toe.

En dan ook deur die dominee

in die katkisasieklas. Veral ook

daar word baie konkreet daaraan

gewerk dat gedoopte kerkkinders

voortgehelp word op die pad na die

Nagmaalsviering.

Die drie hoofstukke van die Kategismus

is dieselfde as die drie

onderdele wat sowel in ons Nagmaalsformulier

as hier in antw 81

genoem word i. v. m. die selfbeproewing.

Immers, waaroor gaan

dit in die Kategismus?

“Ten eerste hoe groot

my sonde en ellende is.

Ten tweede hoe ek van al my

sonde en ellende verlos word.

Ten derde hoe ek God vir so ‘n verlossing

dankbaar moet wees.”

Al die katkisasiejare vorm die

voorbereiding op die Nagmaalsviering

wat moet kom.

Moeilike vrae soos: wat is sonde

presies? Waarvandaan kom die

sonde? Watter straf het God op

die sonde bepaal? Wie is Christus?

Waarom moes Hy God én

mens terselfdertyd wees? Hoé

moes Hy ons van die sonde verlos

en waarom alleen so? Hoe kry ek

deel aan Hom? word geduldig en

by herhaling bespreek.

Juis in die moeilike jare wat elke

kind moet deurmaak, die puberteitsjare,

waarin jy selfstandig

begin nadink, maar waarin daar

ook soveel vrae en twyfels jou

bestorm, veral vrae en twyfels

oor die HERE, oor die waarheid

van die Bybel, oor die sinvolheid

of sinloosheid van die lewe, oor die

toekoms van hierdie wêreld - juis

in dié jare is daar elke week die

hand van die predikant wat God

se kinders vashou of weer vasgryp

en verder neem op die pad met die

HERE.

Maar dan moét hierdie begeleiding

ook eendag uitloop in die

Nagmaalsviering. As jongmense

geleidelik die leeftyd bereik

waarop hulle ‘n selfstandige

lewe begin lei: hulle verlaat die

Hoër skool, kies ‘n studierigting

of begin werk, hulle gaan in ‘n

eie woonstelletjie bly, hulle open

hulle eie bankrekening, hulle

begin ’n verhouding, dan verwag

die HERE dat hulle nou ook m.b.t.

Hom ‘n selfstandige keuse maak.

As hulle in alle opsigte aktiewe

mense word, kan hulle in die verbond

met Hom nie passief bly nie.

Nou het die tyd aangebreek om sy

keuse vir jou ook met jou keuse vir

Hom te beantwoord en dit te wys

aan Sy tafel.

Nou moet dit duidelik word of Sy

liefde jou hart geraak en wederliefde

gewek het. So moet ons

ons kinders eers geduldig na die

hoogtepunt in die verbond van

God heenlei. Daardie hoogtepunt,

die eerste Nagmaalsviering na ‘n

jarelange voorbereiding, is egter

nie terselfdertyd ook die eindpunt

nie.

Voortaan moet dit nou van die een

hoogtepunt na die volgende een

gaan. Voortaan moet die lewe hom

beweeg van die een Nagmaal na

die ander. Daar mag nie ‘n stilstand

kom na die ontwikkeling

wat van die Doop na die Nagmaal

heengelei het nie. Want stilstand

word onvermydelik agteruitgang.

Daarom word ook belydende lidmate

nog telkens opgeroep om

hulleself op die volgende Nagmaal

voor te berei en hulleself opnuut te

beproef. Self te ondersoek.

Die les van die katkisasies mag

nooit meer verleer word nie.

Wat ons jong geleer het, daarmee

moet ons tot op ons ou dag besig

bly.

Ds FJ Bijzet

[Hierdie is ’n uittreksel en verwerking

van ’n preek oor Sondag 30

van 1990].
‘Gemeente-kommunikeerder’

Geliefde gemeente vol ‘kommunikeerders’,

Sedert 23 Junie vanjaar, toe die

eerste gebruiker van “Kommunikeerder”

in ons gemeente haar program

gelaai het, het die gebruik

daagliks toegeneem tot 99 mense

(tans kom daar daagliks ongeveer

2 mense per dag by). Volgens ons

adresboekie bestaan ons gemeente

uit 500 mense insluitende dooplidmate.

Aangesien die meeste baie

jong lidmate nog nie rekenaars het

die, en ‘n deel van ons gemeente

so senior is dat hulle ook nie hulleself

in die wêreld van rekenaars

wil begewe nie, moet ‘n mens aanvaar

dat daar wel heelwat minder

gebruikers as 500 gaan registreer.

My inligting wys dat ons

327 belydende lede het en baie

gesinne gebruik saam een rekenaar.

Daar is dus defi nitief nog

ruimte vir groei.

Vir dié van u wat nog nie weet

waaroor dit gaan nie: Kommunikeerder

is ‘n rekenaarprogrammetjie

waarmee die gemeente daagliks

ingelig kan bly oor gebeure

in ons gemeente. Die opdatering

van inligting gebeur outomaties

en bring aan u die nuutste nuus

en gebeure op ons kerk-kalender.

Dit bevat ook ‘n foto-album, ‘n lys

met kontakte en ‘n verskeidenheid

bruikbare bronne (soos webwerwe

en dokumente).

Die Begin

Dit het alles begin met ‘n brief en

‘n aantal CD’s wat in 100 poshokkies

by die kerk geplaas is. Die

ontvangers van die CD’s is gevra

om die program op hulle rekenaars

te laai en dan terug te bring kerk

toe, en in die boks in die narteks

neer te sit. Die CD’s wat terug

ontvang is, is dan verder versprei

na meer mense.

Terselfdertyd is daar ook e-mails

uitgestuur na die meeste gemeentelede,

met ‘n skakel (link) na ‘n

plek op die internet vanwaar enige

gemeentelid, wat nie ‘n CD gekry

het nie, die program kan afl aai.

Enige een van die twee metodes

is aanvaarbaar – dit het dieselfde

uitkoms. Vir dié van u wat dus

nog nie ‘n CD of brief gekry het

nie, laai sommer nou die programmetjie

af deur middel van die volgende

skakel:

http://www.d6technology.com/

downloads.php?key=0d747bd0e26c-99c0-b9f5-358143822a3b

Die laai van die program is baie

vinnig en gebruik min data.

U kan die program laai op soveel

rekenaars as wat u wil – bv. by die

werk, tuis of beide en vir u gade.

Altyd opgedateer

Nuus en relevante inligting sal

gereeld opgedateer word deur Mia

in die kerkkantoor, die skribaat en

ander bydraende gemeentelede. U

Kommunikeerder sal outomaties

opdateer wanneer nuwe inligting

toegevoeg word. Daar is niks verder

wat u hoef te doen nie. Kommunikeerder

sal elke dag as u

die rekenaar aanskakel verskyn

(‘pop-up’), sodat u ook deur die

week op hoogte bly met wat in

ons gemeente gebeur en nie net

Sondae as u kerk toe kom in die

Wandelgang nie.

Kry net daardie inligting

wat u verlang

U kan self kies watter inligting

u wil ontvang en wat nie. Kliek

net op die “Verpersoonlik” strokie

(tab) en kies daardie onderwerpe

van die lys wat verskaf word.

Kies eerder aanvanklik so veel as

moontlik: u kan dan later sekere

onderwerpe afskakel as u bemerk

dis nie vir u van belang nie.

Advertensies

In die spasie onderaan die Kommunikeerder

kan u ‘n advertensie

laat plaas. Winste uit advertensies

gaan na die EBKK. Die

eerste 10 adverteerders wat ‘n

spasie neem kry voorkeur. Elke

advertensie sal vir 20 sekondes

op ‘n slag verskyn en dan gevolg

word deur die ander 9. Dit sal die

hele maand bly ‘hardloop’ en sal

potensieel gesien word deur almal

wat die Kommunikeerder op hulle

rekenaars gelaai het m.a.w. ons

hele gemeente. Skakel vir Lydia

van der Kooy by 084 222 8893 om

u advertensie te bespreek. Interessante

stukkie statistiek: toe ek

hierdie brief skryf het die Sportron

Advertensie reeds 92 023

keer gewys en die Aros Opedag

advertensie reeds 102 455 keer.

Bydraers van inligting

Aanvanklik word inligting deur

die kerkkantoor, die skribaat en

myself geplaas. As u na die lysie

“Verpersoonlik” gaan kyk, sal u ‘n

verskeidenheid onderwerpe, verenigings,

kommissies en groepe

sien. Die idee is dat elkeen van

daardie groepe se voorsitters

bydraers van inligting sal word.

Daarvoor sal hulle ‘n “administrasie”

programmetjie met ‘n kodewoord

en ‘login’ ontvang, saam

met ‘n bietjie opleiding om hulle

touwys te maak. As u so ‘n persoon

is, kontak myself (Andries

van Renssen) sodat ek u so gou

moontlik kan inskakel. Op hierdie

stadium het ons 18 bydraers

en ons wil dit graag vermeerder,

dus: meld uself aan asseblief!

Kommunikeerder is vir

almal

Laastens, neem asseblief kennis

dat ‘kommunikeerder’ nie ‘n amptelike

kerkraad-mondstuk is nie:

dit is vir u almal om te gebruik

en om mekaar op hoogte te help

hou van wat daar in ons gemeente

gebeur. In die laaste maand het

ons al verskeie versoeke ontvang

om nuwe ‘kanale’ by te voeg en

idees van hoe ons die gebruik kan

verbeter. Ek moedig u aan om

deel te neem.

Met broedergroete,

Andries van Renssen

Augustus 2012 • 15
GKSA – NUUS

Verslag van Kuratore - Potchefstroom

1. REGISTRATEUR

Mev Antoinett Moerdyk se dubbelle

vrag as Registrateur van die

Teologiese Skool Potchefstroom en

ook die Administratiewe Bestuurder

van die Fakulteit Teologie

het die afgelope paar jaar so in

omvang gegroei, dat dit duidelik

geword het dat sy die twee take

nie langer saam kon verrig nie.

Albei poste regverdig ‘n voltydse

aanstelling. Daar is besluit om die

twee poste van mekaar te skei.

Mev Moerdyk sal in die vervolg

die Administratiewe Bestuurderpos

beklee. Die Kuratore het groot

dank uitgespreek vir mev Moerdyk

se getroue, onbaatsugtige en

voortrefl ike dienswerk oor die tydperk

2005-2012.

Mev Ami du Toit, wat vroeër reeds

as Registrateur TSP gedien het, is

aangestel vanaf 1 Julie 2012.

2. STUDENTE

Daar is tans ‘n totaal van 62 kandidaatstudente

by die Teologiese

Skool waarvan 9 eerstejaars is.

Die volgende broers sal DV na verwerwing

van die kandidaatsertifi -

kaat aan die einde van 2012 aanmeld

by Streeksinodes of Klassisse

vir beroepbaarstelling: RJ

(Rynhardt) Pretorius, JJ (Jaco)

Schutte, CC (Chaka) Mathundela

CC, MJ (Thys) Lourens, DFC

(Dirk) Kruger en N (Nobington)

Murambadoro.

3. KANDIDAATSERTIFI-

KATE

Kandidaatsertifi kate is tydens die

Junie-Kuratorevergadering aan

brs GJJ (Giepie) van der Merwe,

SJB (Hannes) Lee en JFK (Frikkie)

Mulder oorhandig na die suksesvolle

afhandeling van al die

akademiese vereistes om predikante

in die GKSA te kan wees.

Ons bid hulle die seën van die

Here toe in die spoedige beroeping

en diens in die kerke.

16 • Augustus 2012

4. KERKGESKIEDENIS-

TOER

Die jaarlikse kerkgeskiedenistoer

met die fi nalejaarstudente

het vanaf 29 Maart tot 2 April

onder leiding van prof Rikus Fick

plaasgevind. Danksy ‘n borg is die

toer hierdie jaar uitgebrei om ook

Strydenburg in te sluit. Hulle het

die aand van 29 Maart by prof

Piet van der Schyff oornag. As

historikus het hy ook ‘n hele aantal

interessante gesprekke met

die studente gehad. Die volgende

kerke is daarna besoek: Reddersburg,

Steynsburg, Venterstad

en Burgersdorp, asook die plaas

Roosterhoek en die Burgersdorpse

museum. Die eienaar van

die plaas Roosterhoek, br Harm

Marx, het tydens ons besoek aan

ons ‘n maalklip geskenk wat in die

fondasie van die gebou waarin die

lidmate byeen gekom het vir die

stigting van die Gereformeerde

Kerk Burgersdorp was. Die maalklip

sal eersdaags in die kerkmuseum

opgeneem word. Op al die

verskillende plekke het lede van

die plaaslike gemeentes gesorg vir

die nodige inligting en traktering.

Die studente was die hele tyd tuis

op die plaas Vaaljasfontein naby

Venterstad en het so iets ervaar

van die streek waar die wortels

van die Gereformeerde Kerke in

die Vrystaat en Oos-Kaap lê. Daar

is getuienis dat die studente dit as

verrykend ervaar het en dat dit

baie bygedra het tot hulle kerkhistoriese

bewussyn.

5. EVANGELISASIE

PRAKTIES

Verslag is gedoen van die werk

wat die studente onder leiding

van CRUMA (Centre for Reformed

Urban Ministry in Africa)

gedoen het. Verskeie persone het

leiding gegee tydens die prakties,

naamlik drr Flip Buys, Brian de

Vries (NETS prinsipaal), Naas

Ferreira, di Griffel van Wyk,

Aaron Muswubi en prof Derrick

Mashau. Die doel van die program

was om die studente soveel

moont lik praktiese blootstelling

aan `n missionale bediening te

gee. Studente kon deur middel

van ver skeie aktiwiteite eerstehands

sien watter uitdagings aan

`n kerkplanter gestel word en hoe

dringend die nood van verarmde

en ontredderde mense in die stedelike

gebiede is.

6. MATERIËLE

NOOD VAN

KANDIDAATSTUDENTE

Daar is nege studente wat nie

genoegsame fi nansiële hulp uit die

teologiese studente beursfonds kon

kry nie. Hierdie studente se familie

en tuisgemeentes is nie in staat

om hulle fi nansieel te ondersteun

nie. Die maksimum bedrag wat

in beurse vir eerstejaars studente

toegeken kan word, is R10,000 per

jaar. Daarna word beurse volgens

meriete toegeken. Daar is reeds

aan die kerkverband inligting

deurgegee oor die besondere nood

van die studente. Groot dank word

oorgedra aan gemeentes en individue

wat reeds mildelik bygedra

het. Nie-bederfbare voedsel

en toiletware word aangekoop en

weekliks aan studente uitgedeel.

Sommige gemeentes het studente

“aangeneem” en versorg hulle

maandeliks. Daardie studente

besoek van tyd tot tyd die gemeentes,

wanneer bepaalde dienswerk

gedoen kan word. Daar is steeds

‘n groot behoefte in hierdie opsig

en gemeentes word aangemoedig

om studente “aan te neem”.
Studente word ook aangemoedig

om self te probeer voorsien

in hulle behoeftes deur vakansiewerk.

Hulle word ook gelei om

te probeer bespaar op hulle uitgawes.

Briewe word maandeliks

na gemeentes in die kerkverband

uitgestuur om te herinner aan die

spesiale kollektes wat opgeneem

moet word. Vanweë die dringende

behoefte aan versorging word ‘n

ernstige beroep gedoen dat positief

op die reëling van ‘n spesiale

kollekte gereageer sal word.

Die Senaat van die Teologiese

Skool het ‘n ernstige voorneme

en voel geroepe om betrokke te

wees in die voor siening van die

fi nansiële nood van hierdie kandidaatstudente

en het ‘n versorgingskommissie

benoem om die

saak te onder soek. Lede van die

senaat kon voorstelle of gedagtes

in die verband, skriftelik aan die

kommissie deurgee. Gemeentes

is geïdentifi seer wat deur middel

van onder andere ‘n telefoonoproep

veldtog gekontak kan word,

of deur professore hieroor ingelig

kan word wanneer hulle daar

optree.

Dienaar soos Christus (2)

In die eerste gedeelte van hierdie

artikel wat geplaas is in die Mei/

Junie 2012 uitgawe van Kerk en

Woord het ons gekyk na die plek

van die diaken in die gemeente.

Ons het gesien dat:

- Christus aan ons onbaatsugtige

liefde gee

- sodat ons kan dien,

- sodat die onbaatsugtige liefde

van Christus op hierdie wyse

openbaar kan word,

- sodat niemand om een of

ander rede van die geloofsgemeenskap

vervreem raak nie

en

- sodat God daardeur verheerlik

kan word.

Soos Christus, so behoort die hele

gemeente mekaar in onbaatsug-

7. BTH-GRAAD IN

KINDER- EN JEUGWERK

Die Fakulteit Teologie is tans

besig met die samestelling van ‘n

kurrikulum vir ‘n BTh-graad in

kinder- en jeugwerk met die oog

op implementering vanaf 2014.

Hierdie graad sal jeugwerkers wat

in gemeentes, skole, besighede en

by maatskaplike rade in diens kan

tree, oplei. Die Kuratore word

versoek om te besin oor die toesighouding

oor die opleiding van

studente van die GKSA wat hierdie

kwalifi kasieprogram sal volg

en moontlik in gemeentes van die

GKSA gaan dien. Vanaf die kant

van die Fakulteit is daar groot

opgewondenheid oor die nuwe

kurrikulum vir ‘n BTh-graad in

Kinder- en Jeugwerk.

‘n Konferensie in jeugwerk word

deur die Fakulteit Teologie 26-

28 September 2012 aangebied.

Gemeentes word aangemoedig om

persone wat daarby belang het af

te vaardig.

tige liefde te dien. Hierdie diens

word gefasiliteer deur die diakens

in die gemeente.

In hierdie artikel kyk ons na hoe

die diakonie van Die Kandelaar

hul amp prakties probeer uitvoer.

Inligtingsboekie van die Gereformeerde

Kerk Die Kandelaar

2012

Op bladsy 5 en 6 van die Inligtingsboekie

van die Gereformeerde

Kerk Die Kandelaar 2012 vind u

die volgende opgesom:

- Die opdrag van die diakonie,

- bankbesonderhede vir skenkings

en

- kontakbesonderhede van die

diakens vir die onderskeie

wyke

8. VERKIESING VAN

REKTOR EN VISE-

REKTOR VIR 2013 - 2015

Aangesien die termyn van die

Rektor TSP, prof GJC Jordaan,

en die Vise-rektor TSP, prof RS

Letšosa, aan die einde van 2012

verstryk, het die Kuratorium ‘n

verkiesing vir die volgende termyn

gehou. Die werklading van

die Rektor TSP is van so ‘n gewig,

dat daar besluit is om twee Viserektore

TSP te verkies. Die saak

het verder organies na vore gekom

vanuit die ontwikkeling in die

bestuurstruktuur van die Teologiese

Skool. Prof GJC Jordaan is

herkies as Rektor TSP, en as Viserektore

is proff RS Letšosa en G

Breed verkies. Die Vise-rektore

TSP se verantwoordelikhede sal

enersyds fokus op studentesake,

andersyds op akademiese sake.

Ons wens die drie broers van harte

geluk en bid die Here se seën af op

hierdie dienswerk, wat in Januarie

2013 in aanvang neem.

GKSA Admin Buro - Potchefstroom

Op bladsy 5 staan die opdrag soos

volg:

Die opdrag van die diakonie is om

barmhartigheidsdiens te verrig

binne en buite die gemeente, en

sorg te dra dat die gemeente hulle

eenheid in Christus in daadwerklike

onderlinge liefde beoefen, en

dat die gelowiges aan almal goed

doen.

Maar verder ook dat nie een deur

armoede, eensaamheid, ouderdom,

siekte of om ander redes van die

geloofsgemeenskap vervreem raak

nie. Die diakonie moet daarom die

middele wat gegee word tot diens

van die wat in nood verkeer, sorgvuldig

beheer, met wysheid bestee

en met vertroosting uit die Skrif

uitdeel, soos dit vervat is in die

bevestigingsformulier.

Augustus 2012 • 17
Besoeke aan ledemate van die

Liggaam van Christus

Daar is tans 10 diakens wat ooreenkom

met die aantal wyke in die

gemeente. Elke diaken het dus ’n

wyk. Tans is dit die gewoonte dat

’n diaken ten minste een keer in

sy 3 jaar termyn elke besoekpunt

in sy wyk sal besoek. Die diakens

lewer rapport van besoeke by die

Diakonie vergaderings wat vir die

laaste Maandag van elke maand

gereël word.

Besoeke waar daar geen ooglopende

nood is nie:

Diakens behoort u ten minste

een maal per 3 jaar te besoek. U

kan ook self vra dat die diakens

u besoek sodat u meer betrokke

kan raak. Hierdie besoeke kan

formeel of informeel wees.

Die diakens se Huisbesoek Rapport

gee heelwat praktiese leiding

aan hoe besoeke ingekleur word.

Die volgende is ’n opsomming van

waarna onder andere navraag

gedoen word tydens ’n besoek:

- Wie was teenwoordig?

- Wat is die algemene welstand?

- Inskakeling by die kerk?

- Besondere behoeftes waarin

die gemeente kan voorsien?

- Besondere gawes waarvan

die gemeente gebruik kan

maak?

- Beplan ons soos verantwoordelike

lidmate ons medies,

pensioen en ander langtermyn

sake terwyl God ons die

gawes gee?

Die diakens herinner lidmate

daaraan dat hulle ledemate van

een Liggaam is en om as sodanig

op te tree.

Besoeke waar daar wel ooglopende

nood is:

Daar waar die diaken bewus is

van nood sal die diaken sodanig

betrokke raak dat die opdrag van

die diakonie ten volle in werking

tree.

Nood kan in die vorm van armoede,

eensaamheid, ouderdom, siekte of

ander redes voorkom. Die diaken

18 • Augustus 2012

kan bewus word van sodanige

nood vanuit ’n verskeidenheid van

bronne:

- Tydens ’n ouderlinge of diaken

besoek word die nood geïdentifi

seer.

- Die predikant of ander lidmate

bring die nood onder die

aandag van die diaken.

- Die lidmaat self vra die ouderlinge

en/of diakens om hulle

te besoek.

Afhangende van die tipe nood sal

die diaken in oorleg met die ander

diakens hulp aanbied, byvoorbeeld

deur materiële middele te voorsien

of te reël dat ander lidmate

op besoek kom sou die lidmaat dit

benodig.

Hulp is ’n diens wat deur ’n samewerking

tussen verskillende ledemate

van die Liggaam van Christus

aangebied word. Die predikant,

ouderlinge, diakens en ander

lidmate behoort almal op een of

ander wyse betrokke te raak sodat

die nood op die mees christelike

wyse opgelos of verlig word. Die

arm moet help waar die been sukkel;

die oog moet kyk waar die ore

nie meer kan/wil hoor nie.

In die lig van bogenoemde is dit

duidelik dat ’n lidmaat wat hulp

ontvang dus ook hulp kan gee. Die

arme kan die eensame bystaan en

andersom.

Algemene materiële stand binne

en buite die gemeente

Die Kandelaar gemeente is ’n

materieel geseënde gemeente. Die

diakonale kollektes sowel as skenkings

wat ontvang word voorsien

tans in al die nodigste behoeftes

en daar word gepoog om maandeliks

’n bedrag in die Diakonie

Voorsieningsfonds te plaas om

sodoende ’n buffer op te bou vir

tye waar die nood mag toeneem.

Daar is tans 6 vaste besoekpunte

wat hulp ontvang. Verder word

daar van tyd tot tyd ander besoekpunte

gehelp soos wat nodig blyk

te wees. Die diakonie verskaf ook

vaste hulp aan die Paul Kruger

Kinderhuis en Elandspoort Gere-

formeerde Gemeente. Verder word

daar van tyd tot tyd kollektes

gehou vir ander instellings, onder

andere die Transoranje Instituut

vir Blindes.

Ander initiatiewe

Die diakonie reël jaarliks ’n Senior

Lidmaat funksie (65 jaar en ouer).

Hierdie jaar sal die funksie op

Saterdag 8 September by die kerk

self plaasvind. Tydens die funksie

leer ons mekaar beter ken.

Die diakonie ondersteun ook die

werk van die Onderlinge Sorgvereniging

“Die Moot” deur die

vereniging aan lidmate bekend

te stel. Finansiële steun aan die

OSV word deur middel van kollektes

en skenkings gegee. Hierdie

vereniging bedien die hele

Mootgebied waarbinne die GK

Die Kandelaar geleë is. Lede en

hulle afhanklikes word, waar

moontlik, in hulle huis op maatskaplike

en mediese gebied met

raad en daad deur professionele

en vrywillige werkers bygestaan.

‘n Verskeidenheid van hulpmiddels

word ook gratis uitgeleen.

U kan gerus by hierdie inisiatief

betrokke raak deur lid te word, ‘n

maandelikse bydrae te gee en /of

vrywillige hulp te verleen. Indien

u meer besonderhede oor die werksaamhede

van die vereniging wil

hê kan u met suster Joke de Wind

kontak opneem.

Onbaatsugtige Liefde lei

tot Onbaatsugtige Hulp

Die nood in die wêreld is groot.

Geweldig groot.

Christus het na hierdie wêreld

gekom om ons sy onbaatsugtige

liefde te gee en te leer sodat God

daardeur verheerlik kan word.

As dissipels van Christus en ledemate

van Sy Liggaam kan ons nie

anders as om die onbaatsugtige

liefde te versprei deur onbaatsugtige

hulp.

Diakonie
KORTVERSLAG VAN DIE VERGADERING VAN DIE

KERKRAAD MET DIAKENS

Verslag van die vergadering van 21 Mei 2012

1. Opening en

verwelkoming

Die voorsitter, br Arend van de

Wetering, lees II Kronieke 20: 1-

30.

Die stryd is nie ons saak

nie, maar die saak van

God.

In hfst 20 lees ons van drie volke

wat teen Josafat optrek om te veg.

Die Moabiete, die Ammoniete en

die Meüniete, ‘n menigte wat te

groot was om te oorwin. Josafat

het bevrees geword en sy aangesig

daarop gerig om die HERE te

soek. Josafat beroep hom op die

God van die Verbond en op al God

se verbondsbeloftes. Toe die kinders

van Israel deur die woestyn

getrek het, het die HERE hulle

verbied om oorlog te maak teen die

kinders van Moab (nageslag van

Lot met sy oudste dogter) en teen

die kinders van Ammon (nageslag

van Lot met sy jongste dogter) en

teen die mense van die gebergte

Seir (ook genoem die Meüniete, dit

is die nageslag van Esau), want

die lande waarin hulle gewoon

het, het God aan hulle gegee met

‘n eed. Nou kom hierdie selfde

volke en val die uitverkore volk

van die HERE aan in die land wat

die HERE aan sy kinders beloof

het met ‘n eed. Onder hierdie

omstandighede en met ‘n oormag

wat teen Josafat opgestel is vra

hy hulp van God: “...ons oë is op

U.” Die HERE antwoord hierdie

gebed van die gelowige deur sy

Gees oor Jahasiël te laat kom met

die woorde: “Wees nie bevrees of

verskrik vanweë hierdie groot

menigte nie, want die stryd is

nie julle saak nie, maar die saak

van God.” Josafat gehoorsaam

al die voorskrifte van die HERE

nougeset in geloof. Die Leviete

uit die kinders van die Kehatiete

en die Koragiete het God met ‘n

groot stem geloof op die plek wat

die HERE beveel het. Hulle hef

die woorde van Psalm 136 aan:

“Loof die HERE, want sy goedertierenheid

is tot in ewigheid! ” Die

kinders van Ammon het deur die

werking van die HERE teen die

Moabiete gedraai en nadat hulle

dié verslaan het, het hulle teen

die nageslag van Esau gedraai

om dié te vernietig. Almal is in

die verwarring gedood – God se

oorwinning. ‘n Geweldige slag

met ‘n nog geweldiger buit wat

die volk nie eers in drie dae kon

bymekaar maak nie. Al singende

uit Psalm 136 met harpe, siters

en trompette trek hulle terug na

Jesusalem, na die huis van die

HERE. God bevestig sy verbond

as die skrik van die HERE oor al

die koninkryke kom omdat Hy die

God van Israel is wat vir sy volk

gestry het.

Die gedeelte sluit af met die mooi

woorde: “Verder het die konin kryk

van Josafat gerus, en sy God

het hom rondom rus verskaf.”

Soos die rus op die sewende dag

na God se werk die Sjalom of

vrede oor God se volk. Hier sien

ons ‘n duidelike lyn uit die Skrif

wat ons ook moet volg: Josafat

het God gesoek. Josafat laat die

volk terugkeer tot die vrees van

die HERE. Josafat beroep hom op

die God van die verbond. Josafat

sê: “...ons oë is op U gerig.” Die

stryd is nie ons saak nie, maar

die saak van God. Die volk lofsing

tot eer van God met psalms

en musiekinstrumente. Daar is

ewige rus vir die gehoorsame wat

in die vrees van die HERE lewe.

Ons moet ook vertrou op God in

alles wat ons doen en altyd daarvan

bewus wees dat die stryd

hier op aarde nie ons stryd is nie,

maar God se saak. Ook wat die

ewige rus betref soos in die profesie

van Jes 40: 9-11 “Kyk, die

Here HERE sal kom as ‘n Sterke,

en sy arm sal heers; kyk, sy loon

is by Hom, en sy beloning is voor

sy aangesig.”

Ons is hier besig met God se werk,

in God se Koninkryk tot in ewigheid.

Ook die stryd teen die duiwel,

die sonde en die dood, het

ons Here Jesus Christus gestry

en oorwin soos geprofeteer in Jes

40.

Die vergadering sing Psalm 136:

1, 11 & 20 waarna die voorsitter

die vergadering voorgaan in gebed

en almal verwelkom.

2. Goedkeuring van die

notule van 16 April 2012

Na aantekening van verskonings

word die agenda vasgestel en die

notules goedgekeur.

3. Sake uit die notule

wat nie onder ‘n ander

agenda punt val nie

3.1. Terugvoer oor ‘Communicator’:

brs Andries van Renssen

en André Venter.

Br Andries lig die vergadering

kortliks in oor dié rekenaarprogram.‘Communicator’

sal nie die plek van ‘In

die Wandelgang’ inneem nie.

Die KvB en die EBKK is baie

ingenome met die moontlikhede

wat die program bied.

Kostes kan gedek word deur

advertensies daarop te laat

plaas. Die program sal deur

‘n kommissie in samewerking

met die Kerkkantoor geadministreer

word.

Besluit: Aankoop en gebruik

van die pakket is goedgekeur

vir 1 jaar, waarna die besluit

hersien word.

4. Rapporte

4.1. Diakonie

4.1.1. G e r e d i g e e r d e

notule van die diakonievergadering

26 Maart 2012.

Augustus 2012 • 19
Daar is met dank kennis

geneem van die notule en die

Diakonie word sterkte toegewens

met hulle werk. ‘n

Opmerking word gemaak oor

die bywoning volgens die punt

presensie op die notule, om die

diakens op te skerp.

4.2. Bedieningskommissie -

Tweede predikant

Die voorsitter hou die rapport

van die Bedieningskommissie

aan die vergadering voor,

waarna hy dit oopstel vir

bespreking.

Bespreking: Die rapport

word met dank aanvaar. Die

kerkraad sien af van die sogenaamde

profi ele: Gemeenteprofi

el en Predikantsprofi el.

Die kommissie moet die saak

van grondbeginsels af beredeneer.

Die Skrif, belydenisgeskrifte,

formuliere en kerkorde

vorm hierdie basis. Dit

geld vir die gemeente wat biddend

beroep sowel vir die predikant

wat biddend oorweeg

en opvolg. Die gemeente moet

in die hele proses die oë op die

Here gerig hou en nie die werk

van die Heilige Gees vooruitloop

of in die wiele ry nie.

Besluite:

Die bewoording van punt 1

word gewysig sodat dit die

oorsprong van die beroepingsproses

korrek weergee, nl. dat

die kerkraad advies van Prof

du Plooy gekry het om weens

die bedieningsnood van die

gemeente voort te gaan met

die beroeping van ‘n tweede

predikant.

• ‘n Addisionele punt word

bygevoeg wat geleentheid gee

dat die kerkraad eers ‘n kortlys

kan saamstel vir verdere

beoordeling voordat die kerkraad

oorgaan tot die stel van

‘n tweetal;

• Die kommissie voeg riglyne

by vanuit die Skrif om die

gemeente toe te rus om

geskikte broeders voor te stel

vir beroeping as predikant vir

die gemeente;

20 • Augustus 2012

• Die rapport - soos gewysig -

word op Sondag 10 Junie aan

die gemeente uitgedeel ter

begeleiding;

• Die kerkraad roep die

gemeente op vir ‘n gemeentevergadering

op Maandag 11

Junie. Die kerkraad sal dan

terugvoer gee oor die hantering

van die saak teen ds

Momberg asook verdere toeligting

en bespreking oor die

beroeping van ‘n tweede predikant;

• Die kerkraad vra die gemeente

vir name wat die skriba skriftelik

moet bereik op of voor

Sondag 24 Junie 2012;

• Die skriba plaas die groslys

op die kerkraadsagenda van

23 Julie 2012; en

• Die kerkraad stel ‘n kommissie

aan om die konsepberoepbrief

en aanhangsel gereed te kry

vir die breëkerkraadsvergadering

van 23 Julie 2012. Brs

Eddie Boersema, Jan Lamberts

en Willem Heus sal die

bedieningskommissie bystaan

in die opstel van konsepdokumentasie.

Werklike getalle en

inligting kan eers gefi naliseer

word na konsultasie met die

broeder wat beroep word. Die

konsulent moet ook by hierdie

belangrike saak betrek

word.

5. Korrespondensie

ontvang

5.1. Agenda: Klassis Noord van

die VGK

‘n Uitnodiging om die Klassis

Noord van die VGK by te

woon is ontvang en verwys na

die kerkraadskommissie “Vyf

punt gesprekgroep”. Die broeders

het verskoning aangeteken

en nie die klassis bygewoon

nie.

5.2. Vyf punt gesprekgroep: Kerke

erken mekaar as ware kerke

in Christus.

Bespreking volg: Die Kerkraad

het reeds skriftelik bevestig

dat ons die ander gemeentes

ook as ware kerke aanvaar.

Dit is ook reeds voorheen van

hulle kant gedoen. Daar is

nog persoonlike sake wat aandag

moet kry. Die kommissie

neem kennis hiervan en

sal dit buite die vergadering

hanteer.

5.3. Instituut vir Blindes: Nuusbrief

en aansoek om fi nansiele

steun.

Besluit: Verwys na die Bondelkommissie.

5.4. GKSA Predikante Pensioenfonds:

Beleggingskeuse

Besluit: Verwys na die Traktement

kommissie vir bespreking

met ds. Momberg.

5.5. Deputate: Opbou en uitbou,

Pta Streeksinode – uitnodiging

21 Julie 2012.

Besluit: Die uitnodiging sal

aan die gemeente deurgegee

word – kennisgewingbord.

5.6. Admin Buro GKSA: Dringende

oproep – voedselbank

Teologiese studente.

Besluit: Die Diakonie moet

die oproep bespreek en terugvoer

gee op die volgende Breë

Kerkraadsvergadering.

5.7. GK Rooiwal: Bedieningsooreenkoms.

Na aanleiding van die gesprek

tussen brs André Venter en

Freddie Bakker met die GK

Rooiwal is dit duidelik dat

daar steeds geldelike nood in

die gemeente is. Besluit: Dat

ons eers volstaan by 15 preekgeleenthede

per jaar. Die KvB

sal gevra word om insette te

lewer oor fi nansies t.o.v. hierdie

saak. Brs André Venter

en Freddie Bakker sal dit

met die KvB opneem. Nadat

advies ontvang en bespreek

is sal ‘n skrywe aan die GK

Rooiwal uitgaan. Indien ons

‘n predikant beroep sal die

hele ooreenkoms weer heroorweeg

moet word.

5.8. EBKK: Ooreenkoms br Alwyn

Bezuidenhout.
Besluit: ‘n Kommissie

bestaande uit oudle Jan de

Wind en Wim Anholts sal

die ooreenkoms bestudeer en

terugvoer gee op die volgende

Kerkraadsvergadering.

5.9. Br V d’Assonville: Deputate

Eenheid in Verskeidenheid

– Vrou in die Amp vrae.

Aangesien die Acta van die

afgelope sinode nog nie ontvang

is, en die besluite nog

nie geratifi seer is, kan die

Kerkraad nie nou ‘n uitspraak

lewer nie.

Besluit: Die skriba sal dit so

aan die Deputate oordra.

5.10.Kennisgewing: Klassis Pretoria

Suidwes het op sy vergadering

van 7 Mei 2012

saam met deputate vanweë

Streeksinode Pretoria, gevolg

Gebore:

Op 24 Julie, Maryke, dogter van

br Gerben en sr Anneke van de

Wetering.

Gedoop:

Op 3 Junie, Carlie, dogter van

br Wieger en sr Petra van der

Veen.

Met attestaat ingekom:

Op 1 Julie, br Johann Engelbrecht

(F, 211) vanaf die Gereformeerde

Kerk Cachet.

Op 22 Julie, sr Elene Kruger (G,

214) vanaf die Gereformeerde

Kerk Oos-Moot.

gegee aan die versoek van Dr

NJ Gronüm om oor te gaan

tot ‘n ander staat van die lewe

volgens Artikel 12 Kerkorde.

Dr Gronüm is tans betrokke

as navorser Dept Missiologie

Teologiese Skool Universiteit

Pretoria. Die klassis dra hom

en sy gesin aan die genadesorg

van die Hemelse Vader

op.

Besluit: Die Kerkraad neem

met droefheid kennis.

5.11.Kennisgewing aan al die

kerke: 9 Mei 2012, In sake

skorsing Ds.H.L.J. Momberg.

Besluit: Die Kerkraad neem met

droefheid kennis.

5.12.Huweliksbevestiging br

Johan Boersema en sr Elske

van de Wetering

Kerklike Stand - Junie en Julie 2012

Met attestaat vertrek:

Op 8 Julie, sr Janie Momberg

na die Gereformeerde Kerk Daspoort.

Reisattes aangevra:

Op 17 Junie, sr Gerie Nieuwenhuis,

na Amerika en Kanada.

Op 29 Julie, br Albert en sr Lies

Willering na Nederland.

Besluit: Die Kerkraad neem dankbaar

kennis van die skrywe.

6. Korrespondensie uit:

6.1. Skrywe aan br Victor

d’Assonville: Deputate Eenheid

in Verskeidenheid

Reeds bespreek onder punt

8.9.

6.2. Br Rob van der Kooy en kommissielede

insake Saal vir die

kerk.

7. Broederlike vermaan (Art

81 KO, Sensura Fraterna et

Morum)

Geen.

8. Afsluiting – br André Venter

doen ‘n gebed waarna die

voorsitter die vergadering

sluit.

Met Reisattes

teruggekeer:

Op 22 Julie, br Dave en sr Tiny

Wilcocks vanuit Duitsland.

Op 29 Julie, sr Gerie Nieuwenhuis

vanuit Amerika en

Kanada.

Getroud:

Op 14 Julie, br Johan Boersema

en sr Elske van de Wetering.

Augustus 2012 • 21
Die oorlog wat nie ’n oorlog was nie

“If the Boers did not at once lay

down their arms, they should

be exterminated wherever they

fell into our power” – Londonse

dagblad, Daily Gazette, Oktober

1900, na groot oorwinnings

deur generaal De Wet. Toe begin

moordkampe. Boerderye met kos

word vernietig. Verskroeide aarde.

Kerke word afgebrand.

Dit is nie ’n koerantjoernalis wat

met hierdie opskrif die aandag wil

trek nie, maar dit is ’n historiese

feit dat die Anglo-Boereoorlog

aldus beskryf is: Dis geen oorlog

nie! En let wel, dit was ’n Engelsman

self, die leier van die Britse

Opposisie in hulle parlement wat

openlik verklaar het: “Ons oorlog

in Suid-Afrika is barbarisme!”. Dit

was op die 14de Junie 1901 wat

sir Harry Campbell-Bannerman

uitdagend uitgeroep het: “When

is a war not a war?” Hierop was

sy duidelike antwoord volgens die

stem van sy gewete: “When it is

carried out by methods of barbarism”

(SB Spies, Methods of Barbarism,

p. 9).

Groot-Brittanje kon die

oorlog nie op die slagveld

wen nie

Dit is ’n onomstootlike feit wat

vandag selfs deur Engelse historici

erken word: Op die militêre

slagveld was Groot-Brittanje met

sy oormag van 10 teen 1 soldate

en oorweldigende wapentuig en

swawel-gif van die Howitzerkanonne

(liddiet-bomme, bv.

by Magersfontein), nie in staat

om die Boere te oorwin nie. Die

grootste en beroemdste Engelse

generaals soos Roberts of Kandahar

(Afganistan), Kitchener of

Khartoem (Sudan) en Methuen

het telkens in die stof gebyt teen

die strategie van manne soos De

Wet en De la Rey. Na generaal

De Wet se ongeloofl ike oortog

en oorwinning by die Magaliesberge

op 18 Augustus 1900, was

22 • Augustus 2012

– Herdenking van die Anglo-Boereoorlog. 110 jaar gelede –

lord Roberts, die hoofgeneraal,

so moedeloos dat hy sinies uitgeroep

het: “It is only a waste of

men and power wandering about

the bush after an enemy who will

never be captured” (L. Scholltz,

Generaal De Wet as Veldheer, p.

165). Hierop het Roberts sy tasse

gepak en na Engeland teruggekeer.

Op 7 Maart 1902, het

generaal De la Rey die Engelse

oormag van Methuen so verpletterend

by Tweebosch (digby die

dorp Coligny) verslaan, dat hulle

hom as ’n gewonde gevang het.

Die skok was so groot vir generaal

Kitchener dat hy fl ou ineengestort

het en vir drie dae op sy bed in

afsondering gelê het en op ’n eetstaking

gegaan het (PG Cloete,

The Anglo-Boer War, p. 310). Op

28 Desember 1901 is Kitchener so

platgeslaan deur De Wet se verpletterende

oorwinning oor die

Engelse by die slag van Groenkop,

te noorde van die dorp Kestell,

dat hy in paniek na Londen telegrafeer:

“As long as De Wet is out

I can see no end of the war. If we

can only manage to catch him,

I believe all others are heartily

sick of it” (PG Cloete, The Anglo-

Boer War, p. 287). En so het die

Engelse die “methods of barbarism”

nog erger gemaak totdat die

Boere geen keuse meer gehad het

nie, as om oor te gee.

Enkele skokkende feite

en statistieke oor die

barbaarse oorlog

1. Teenoor die 7 865 Boere-krygers

(op die slagveld en in

krygsgevange-kampe) wat

gesterf het (Ensiklopedie vd

Wêreld, deel 1, p. 398b), het

ten minste 34 000 vroue en

kinders in ’n korter tyd in 58

konsentrasiekampe gesterf en

is op plase vermoor (Rapport,

20 Mei, p. 12). Waar in die

wêreld was daar ooit so ’n oorlog?

7 000 soldate sneuwel op

die slagveld – 34 000 weerlose

vroue en kinders word gedood;

byna 5 keer soveel!

2. 65 000 plaaswonings en

buitegeboue is verbrand en

alle boerderye verwoes (T

Packanham, The Boer War,

p. 537). In die dorp Vryheid

is die Gereformeerde Kerk se

kerkgebou afgebreek om ’n

Engelse fort te bou (Eerste

notule van die kerkraad in

1903). Baie kerke en pastorieë

is eenvoudig afgebrand; van

die Gereformeerde Kerke bv.

Ventersburg, Petrusburg en

Lindley en van die NG Kerk

baie meer. President Kruger

se predikant hier in Pretoria,

ds. Petrus Postma, is tronk

toe gestuur en later na Indië

verban.

3. In die Vrystaat alleen is 7 miljoen

skape van kant gemaak

sodat die mense wat oorgebly

het, geen kos kon kry nie (SB

Spies, Methods of Barbarism,

foto nr. 29). Lord Roberts,

opperbevelvoerder van die

Engelse, se goddelose proklamasie

op 18 November 1900

was soos volg: “All cattle and

food stuffs are to be removed

from all farms, if that is to

be found impossible, they are

to be destroyed!” (PG Cloete,

The Anglo-Boer War, p. 199).

So is feitlik alle vee met bajonette

en Lee Metfords uitgedelg.

4. In 1902 het die Engelse in

Transvaal alleen, 50 488

(in die Vrystaat minstens

20 000) van die inheemse

bevolking (swartmense) met

Lee Metford-gewere teen die

Boere bewapen en het daardeur

die euwel “rassisme”

in Suid-Afrika geplant (SB

Spies, Methods of Barbarism,

p. 279). Die Boeremag wat oorgebly

het was skaars 4 000!

Dit was nog nie die ergste
nie. Die barbaarse lied “Skiet

die Boer”, is doelbewus deur

die Engelse geskep; vergelyk

die metode van majoor Porter

van Heilbron wat 5/- (vyf sjielings)

per kop aan elke swartman

betaal het vir elke Boer

wat hulle vermoor. Daarvoor

het Porter ’n “Log book” aangehou

(vgl. my boek Op die

bodem van die Vaaldam,

p. 79. So is my moeder se neef,

Phillip Roets, as ’n magtelose

gewonde, op die plaas Benadesbank

vermoor). Vergelyk

ook verder (slegs één voorbeeld)

van die bloedbaddens

wat die Australiese troepe,

die sogenaamde Bushveld

Carbineers in Noord-Transvaal

aangerig het op bevel

van “Skiet die Boer”: Agt

krygsgevangenes is op 23

Augustus 1901 na ’n geveg

summier doodgeskiet. Nog

nie tevrede nie, het hierdie

Australiërs op dieselfde dag

die prediker van die Evangelie,

eerw. CA Daniel Heese

(sendeling), vermoor omdat

hy ooggetuie van die dood

van die krygsgevangenes

was. Die aanvoerders van

hierdie gruweldade – laat

ons maar die name noem – ,

was majoor RW Lenehan en

die luitenante HH Morant,

A Picton, PJ Hancock en GR

Witton. Hierdie offi siere is

op 16 Januarie 1902 op Pietersburg

deur ’n krygsraad

aan moord skuldig bevind (J

Ploeger, Die Lotgevalle van

die Burgerlike Bevolking

gedurende die ABO, pp. 30-

33; PG Cloete, op. cit. p. 294).

Baie ironies: Nog onlangs

(2010) was daar ’n beweging

in Australië, gesteun deur

hulle regering om die bogenoemde

offi siere se name in

ere te herstel! Die Privy Council

in Londen het dit egter

afgwys. Hoe kan ’n koelbloedige

moordenaar weer ’n held

word, ’n sogenaamde “vryheidsvegter”?

Krygsgevangenes as

“swear nots” (Afrikaans,

swernoot) gebrandmerk

Ag ja, hoe bitter swaar was die

lyding van die duisende krygsgevangenes

op die verre eilande van

St Helena, die Bermudas, Ceylon

(Sri Lanka) en in Indië. Onder

hulle was talle ou manne van 80

en meer wat nooit geveg het nie en

klein kinders van ses jaar wat eenvoudig

sommer uit hulle wonings

verwyder is (vgl. E Wessels, Bannelinge

in die verlede, 2010). Baie

van hierdie bejaardes en kinders

se grafte lê vandag nog verstrooi

in die verte. Toe van hulle nie die

eed van getrouheid aan koning

George V (na die dood van Victoria)

van die Empire wou afl ê nie,

word hulle buitengewoon gestraf:

As die oorlog verby is, word hulle

nie toegelaat om huis-toe te gaan

nie, maar bly as gevangenes aan

(my oupa was een – VE d’A). En

toe het die Engelse hulle uitgeskel

as “swear nots”. In die Afrikaanse

taal het die woord swernoot ontstaan,

iemand wat ’n skobbejak

is.

Kitchener se plan van

uitdelging: Verban die

Afrikaanse volk na die

Fidji-eilande!

Toe die magtige Britse militêre

masjien (destyds die sterkste op

aarde) in 1901 nog nie die Boere

van Transvaal en Vrystaat kon

verslaan nie, het lord Kitchener

met ’n nuwe diaboliese plan gekom.

Afgesien van die oorlog teen vroue

en kinders waarvan toe alreeds 20

000 in agtien maande se tyd in 58

konsentrasiekampe afgemaai is,

skryf die militêre aanvoerder aan

sy minister van oorlog, sir John

Brodrick, op 22 Junie 1901:

“Verban die hele Boerevolk na

die Fidji-eilande, ‘or get some

foreign power to take them, such

as France to populate Madagascar.

Send all the prisoners of war

there and let their families join

them…’” (Spies, op. cit. p. 235).

Hierdie plan van generaal Kitchener,

opperbevelvoerder van die

Britse militêre magte, was naas

die volksmoord van vroue en kinders,

uiters wreed. En na die verwoesting

van al die plase, landerye

en veestapels sodat die Boere nie

kos het nie, was dit só duiwels,

só barbaars dat ’n mens dit nie

onder woorde kan bring nie. In die

wêreldgeskiedenis staan dit aangeteken

as een van die wreedste

misdade van ’n wêreldryk teenoor

’n klein volkie wat hulle nie militêr

na twee jaar kon oorwin nie. Niemand

anders as die bekende generaal

JC Smuts skryf in 1901 van

hierdie goddelose plan “dat die

vyand nog verder sal gaan en ons

vroue en kinders oorsee sal vervoer

om daar soos kraaie te sterf, soos

ons burgers in Ceylon…”(Spies, op.

cit., p. 235).

Die Engelse militêre

owerheid het die

Afrikaners as “uncivilised

savages” beskou

Wat was die redes vir die ongebreidelde

haat, smaad en uitdelgingswraak

teenoor die enigste

Christelike volk in die groot

kontinent van Afrika? Hoe is dit

moontlik dat ’n gekerstende volk

van Europa wat spog met hulle

“christelike godsdiens” en majestueuse

katedrale en “English

Fairplay” die grootste, barbaarse

geweld teen die klein Boerevolk

laat losbars het? Onder verskeie

redes is daar veral twee:

1. Die onheilige ideologie

van die imperialisme. Van

koningin Victoria tot by die

Engelse Tommie met sy Lee

Metford-geweer, het hierdie

bose lewensbeskouing

die Engelse volk in die 19de

eeu só erg meegesleep dat dit

vir hulle ’n religieuse passie

geword het “for God, Queen

and Country”, soos dit bv.

oral in hulle katedrale staan.

“Brittania Rule the Waves!”

Regeer die aardbol! En so het

hulle teen die einde van die

19de eeu 20% van die wêreld

se bewoonbare oppervlakte

besit. Rhodes se slagspreuk

Augustus 2012 • 23
van Cape to Cairo was ’n toonbeeld

van die Britse imperialisme

om die hele kontinent

van Afrika te besit (vgl. T

Packenham, The Scramble for

Africa, 1967). Niemand mog

in die pad van hierdie wêreldideologie

staan nie. As Brittanje

in die 19de eeu 80 oorloë

voer en slegs één verloor

- in 1881 teen die Boere by

Majuba - , raak koningin Victoria

gedetermineerd-sinies in

haar skok en sy roep wraak:

“I do not like peace before we

have retrieved our honour”,

en dan gee sy die slagspreuk

vir die Engelse soldate vir

die groot Anglo-Boereoorlog,

“Remember Majuba!” (J Lehmann,

The First Boer War, p.

270). “Our honour” is Victoria

se imperialisme. Die Boere

is “uncivilized, brutal creatures…”

(Lehmann, op. cit.,

p. 181). Dit is dan ook geen

wonder nie dat lord Kitchener,

die grootste Britse generaal

op 22 Junie 1901 aan sy

minister in Londen met die

grootste minagting kon skryf:

Inleiding

Korea in een minuut: Die grondoppervlakte

van Suid-Korea is weinig

groter as KwaZulu- Natal. Die

totale bevolking van Suid-Korea

is gelykstaande aan dié van

Suid-Afrika. Korea het baie min

minerale bronne en toerisme-aantreklikhede

in vergelyking met

Suid-Afrika. Sewentig persent

van Suid-Korea is bergagtig en

nie geskik vir landbou nie. Desondanks,

Suid-Korea is die elfde

grootste ekonomie in die wêreld.

Belangrik: 11 van die wêreld se 12

grootste Christengemeentes is in

Suid-Korea! Naas die Verenigde

State van Amerika is Suid-Korea

die land wat die meeste Christensendelinge

wêreldwyd uitstuur.

Die grootste Presbiteriaanse/

Gereformeerde universiteit in die

24 • Augustus 2012

“These Boers are uncivilized

Africander savages with only

a thin white veneer” (Spies,

op. cit., p. 235).

2. Die 8ste gebod: diefstal

van diamante en goud.

“Die geldgierigheid is ’n wortel

van alle euwels…” (1 Tim.

6:10). En as hierdie gierigheid

deel is van ’n wêreldryk se program?

Dan loop dit op oorloë

uit en die grootste geweld word

toegepas. Selfs volksmoord.

Klein volkies se diamante

word eenvoudig gevat. Selfs

die hofsaak van die Landhof

van Barkley-Wes van 1876,

onder regter Andries Stockenstrõm

jnr., wat die Britse

dokumente as vals verklaar

het, het nie verhoed dat die

diamantvelde van die Vrystaat

geannekseer is nie. Selfs

grensbakens is in die geheim

verskuif! (kyk my boek Die

Groot Diamantroof, 2011). En

die goud van Johannesburg?

Daaroor het die Anglo-Boereoorlog

met naamlose ellende

en barbaarsheid gegaan. So

Die Presbiteriaanse Kerk in Korea: 0-2007 in 100 jaar!

wêreld is in die hoofstad, Seoel.

Suid-Korea is die tuiste van die

meeste Gereformeerde belydendes

in die wêreld. Die kerk in Korea

vier vanjaar die honderdste Koreaanse

Pinkster sedert 1907.

Die Kluisenaarskoninkryk

Vanweë die volgehoue teenstand

teen kontak met die Weste, was

Korea bekend as die Kluisenaarskoninkryk.

Die situasie het egter

verander toe die eerste Protestantse

sendelinge Korea in die

19de eeu binnegekom het. Daar

is tekens dat Nestoriaïsme die

eerste vorm van die Christendom

was wat gedurende die 7de eeu in

Korea bekendgestel is.

Die Rooms-Katolieke geloof is in

1784 in Korea bekendgemaak. Die

geskiedenis van groei te midde van

staan hierdie oorlog ook as die

“Goudoorlog” bekend. En tot

vandag toe is die Engelse die

grootste besitters van hierdie

goud van Johannesburg en die

diamante van Kimberley.

Wat sal ons op die end van hierdie

oorlog na 110 jaar sê? Dit

was nie ’n oorlog nie, maar in

die woorde van Harry Campbell-Bannerman,

leier van die

Britse opposisie in Junie 1901:

“a war carried out by methods

of barbarism”. Waar was tog ’n

Wêreldhof van Den Haag van

vandag? Maar die Engelse het

weggekom.

Met die skryf van hierdie

artikel, het ek maar probeer

om die advies van die ou

Romeinse historikus, Tacitus

in 65nC (in die tyd van

Paulus), te volg: “Sine ira et

studio” = sonder woede en

partydigheid! Totius se gedig

oor hierdie stuk wreedheid,

Vergewe en Vergeet, gee ook

troos.

VE d’Assonville

vervolging is merkwaardig. Selfopoffering,

heldhaftige optrede en

uithouvermoë het hierdie tydperk

tot en met 1866 gekenmerk. Tog,

in die loop van 82 jaar is geen

poging aangewend om die Bybel

in Koreaans te vertaal nie. Volgens

die kerkgeskiedkundige, Dr.

L.G. Paik, het die kerk se politieke

inmengery gelei tot sy ondergang.

Lidmate het regeringswerkers

omgekoop en die kerk het selfs ‘n

militêre inval gereël. Die Koreane

het uiteindelik die Roomse Kerk

as voorlopers vir kolonialisering

gesien en die Christendom is

be skou as die simbool van verraad

en aggressie. As gevolg hiervan

is die Roomse Kerk op die Koreaanse

skiereiland uitgewis.
Eerste Protestante in

Korea

In 1628 het die skip, Weltevree,

van die Nederlandse Protestant,

Jan Jansen, aan die Koreaanse

kus gestrand. Jansen het die naam

Park Yon aangeneem, met ‘n Koreaanse

vrou getrou en die res van

sy lewe in Korea deurgebring. Hy

het hom onderskei as ‘n bekwame

soldaat in oorloë teen China. Hy

was ‘n hoogs gerespekteerde en ‘n

baie gelowige man. In 1653 is nog

‘n Nederlander, Hendrick Hamel,

en sy bemanning gevange geneem

op die Cheju-eiland. Veertien jaar

later het Hamel en nog 7 ander na

Nagasaki ontsnap en na Nederland

teruggekeer. Hamel het ‘n

boek oor sy ondervinding in Korea

gepubliseer. Hamel word beskou

as die eerste Protestant vanuit

Europa wat Korea en sy mense

aan die Weste bekendgestel het.

Vroeë kontak en die begin

van Protestantse sending

Die eerste Protestantse sendeling

wat gepoog het om georganiseerde

sending in Korea te begin was

Carl Friedrich Augustus Gutzlaff.

Gutzlaff was ‘n sendeling van die

Nederlandse Sendinggenootskap.

Anders as die Rooms-Katolieke

sendelinge het hy hom op Bybelverspreiding

toegespits. In 1832

het hy met die Britse skip, Lord

Amherst, wat op ‘n sending was vir

die daarstelling van handel met

Korea, geseil. Veertig dae lank

het hy gepoog om die evangelie te

verkondig en Chinese Bybels en

traktate te versprei. Hy het selfs

daarin geslaag om twee Chinese

Bybels aan die koning te stuur.

Vir die volgende 33 jaar het

geen Protestantse sendelinge

Korea besoek nie. In 1865 het

ds. Robert J. Thomas, ‘n sendeling

van die Londense Sendinggenootskap

na China, twee en ‘n

half maande aan die Koreaanse

weskus spandeer. Hy het Chinese

Bybels versprei. In 1866 het

hy aan boord van die Genl. Sherman

teruggekeer, maar die skip

het in die Daidongrivier gestrand.

Die Koreane het die skip aan die

brand gesteek en die ontsnappende

skipbreukelinge is uitgewis.

Ds. Thomas het gesterf terwyl hy

Bybels uitgedeel het; selfs die man

wat hom onthoof het, het ‘n Bybel

ontvang. Ds. Robert J. Thomas

het die eerste Protestantse martelaar

in Korea geword. Verteenwoordigers

van die regering het

later al die Bybels waarop hulle

beslag kon lê, vernietig. Tog het

van die Bybels behoue gebly en

veel vrug gelewer, soos later deur

sendelinge getuig is.

In 1873 het John Ross, ‘n Skotse

Presbiteriaanse sendeling wat in

Mantsjoerye werksaam was, ‘n

besoek aan die Koreaanse grens

gebring. Hy het die dienste bekom

van ‘n Koreaan om te help met

die vertaling van die Bybel. ‘n

Mede-sendeling, John McIntyre,

het gehelp met die vertalingswerk.

Die Koreaan, mnr. Sang Yoon

Suh, het op grond van sy vertaling-hulp

tot bekering gekom. Hy

het sy broer en later sy bure tot

die Christengeloof gelei. Hierdie

man het as kolporteur traktate in

Korea verkoop. Heelwat mense het

op grond van hierdie literatuur tot

bekering gekom. As gevolg van die

vroeëre optrede van die Rooms-

Katolieke kon die sendelinge nie

die land binnekom nie. Bekeerlinge

moes die grens na Mantsjoerye

oorsteek om gedoop te word. In

die winter van 1884 is 75 Koreane

deur hierdie Skotse Presbiteriane

gedoop. Die Here het in hierdie

situasie dus beskik dat die Koreane

die Bybel in hul moedertaal

kon lees voordat enige sendeling

georganiseerde sending in Korea

kon begin!

Die eerste sendeling wat voet aan

wal gesit het op Koreaanse bodem,

was die Presbiteriaanse mediese

dokter, Horace N. Allen. Hy en sy

gesin het hulle in September 1884

in Seoul gevestig. Sy werk was

tot die Amerikaanse ambassade

beperk. Op 4 Desember 1884 het

daar egter iets gebeur wat die weg

voorberei het vir sendingwerk in

Korea. ‘n Mislukte politieke oor-

name het gelei tot die verwonding

van die jong prins, Young Ik Min,

en dr. Allen het daarin geslaag

om die prins te genees. Toestemming

is toe verleen vir die vestiging

van die “Royal Hospital” op

10 April 1885. Vyf dae voor hierdie

heuglike dag het die jong Horace

Underwood, ’n presbiteriaanse

sendeling uit die VSA wat een jaar

mediese studie voltooi het, gearriveer.

Underwood het later getuig

dat hulle totaal onvoorbereid was

op die Koreaanse reaksie op die

Evangelie. Bekeerlinge (steeds

as gevolg van die literatuur van

die Skotse sendelinge) het tot

250 myl ver gestap om gedoop te

word. Die sendelinge het hulle van

die begin af beywer om die volle

raad (die hele Bybel) van God te

bedien. Selfs die dele wat persone

van ander gelowe aanstoot gegee

het, is onbevrees verkondig.

In September 1887 is die eerste

Christenkerk op Koreaanse

bodem in Sorai, ‘n klein gehuggie

200 myl noordwes van Seoel,

gestig. Hierdie klein dorpie word

“die wieg van die Christendom”

in Korea genoem. Die lidmaatgetal

was 14, waarvan 13 deur die

eerste Koreaanse bekeerling tot

geloof in Christus gelei is. Die

Koreaanse bekeerlinge het met

groot ywer hul nuutgevonde geloof

met hul landsgenote gedeel. Die

westerse sendelinge moes basies

net die doop uitvoer en verdere

onderrig in die Christelike leer

verskaf. Hierdie jong Christene

het ook onmiddellik met ‘n program

van selfonderhouding begin.

Die eerste kerkgebou is geheel en

al deur die gemeente self gefi nansier

(onthou, hierdie mense het

in daardie tyd in totale armoede

geleef). Sorai het die pas aangegee

vir wat in die res van Korea sou

gebeur.

Die Nevius-metode vir kerkplanting

is gevolg. Dié metode is deur

dr. John L. Nevius, ‘n Presbiteriaanse

sendeling in China, ontwikkel.

Dit behels ‘n sterk, inheemse

kerk met besondere aandag aan

Bybelopvoeding vir alle Christene

Augustus 2012 • 25
deur middel van Bybelklasse. Die

drie “selfs” het gegeld:

1) Self-onderhoud – bou eie kerke

en betaal eie pastors;

2) Self-regering – Koreaanse

Christene is vroeg in beheer van

hul eie sake geplaas;

3) Self- propagering – elke Christen

is verantwoordelik daarvoor

om die mense rondom hom/haar

vir Christus te wen.

Van 1895 tot 1905 was daar ‘n ontploffi

ng in die lidmaatgetalle. Die

lidmate het met ongekende ywer

hul verlossing in Christus met hul

landgenote gedeel. Die sendelinge

het steeds net opvolgwerk gedoen.

Eksaminering en doop van nuwe

bekeerlinge het groot eise aan die

sendelinge, wat moeilik kon bybly,

gestel. ‘n Groot faktor vir hierdie

groei was die Sino-Japanse oorlog.

China en Japan het mekaar

die stryd aangesê op Koreaanse

grondgebied. Sendelinge was van

mening dat, indien die Japannese

sou wen, dit die einde van die sendingwerk

in Korea sou beteken.

Die kerk het so vinnig gegroei dat

die sendingrade besorg geraak het

dat die groei te vinnig was. Ondersoeke

het egter getoon dat die jong

bekeerlinge met ongekende ywer

en harde werk nie net bekeerlinge

gewerf het nie, maar die mense

is voortdurend in die leer van die

Christendom deur leke en die sendelinge

onderrig.

Die Koreaanse Pinkster

van 1907

Verdere bevestiging vir die geestelike

onderbou in die groei was die

“Pinkster” van 1907. Ondanks die

ongekende ywer en entoesiasme

wat die beginjare van die kerk

gekenmerk het, was dit nie altyd

maanskyn en rose nie. Die Amerikaanse

sendelinge het beplan

om die kerksake in geheel teen

1907 aan die plaaslike leiers te

oorhandig. Die plaaslike teologiese

skool sou dan die eerste

afstuderende studente lewer. Op

die vooraand van hierdie oorhandiging

het sluimerende emosies

tot uitbarsting gekom. Die oorloë

26 • Augustus 2012

(Japan/China/Rusland) wat gedurende

hierdie tyd van ongekende

kerkgroei plaasgevind het, het

tog ‘n impak op die mense wat in

die oorlog en by die kerkplanting

betrokke was gehad. Japan het die

Russies-Japanse oorlog gewen met

die gevolg dat Korea in Japanse

hande gelaat is. Korea het geen

sê hierin gehad nie; die Koreane

moes gelate aanvaar dat Japan

nou vir Korea regeer. Dit was ‘n

groot vernedering vir hulle. Jare

se wanregering uit eie geledere

kon nie doen wat die vreemde oorheersing

onmiddellik bewerk het

nie: Koreaanse patriotisme het

wakker geword.

Christenskap gee mense moed

en talle binne die kerk was openlik

bereid om oorlog teen Japan

te maak. Die Christendom was

die sterkste organisasie om so

oorlog aan die gang te sit. Ander

mense binne die kerk was egter

van mening dat die kerk ‘n boodskap

van liefde, verdraagsaamheid

en vergiffenis moet uitdra.

Hierdie twee groeperings binne

die kerk het tot spanning gelei.

Op die vooraand van die oorhandiging

van totale regeringsmag aan

die Koreane, woed hierdie stryd

steeds hewig. Die oorhandiging

van die regeermag aan die Koreane

is in die gedrang. Die sendelinge

was egter verbind tot hierdie

oorhandiging. Sou hierdie jong

kerk die spanning tot eer van God

ontlont?

Gedurende Augustus 1906 het

verskillende belanghebbende

partye vir ‘n week van Skrifstudie

en gebed oor hierdie netelige

saak in Pyengyang ontmoet. Die

teenwoordiges het tot die oortuiging

gekom dat sondebelydenis

en gebroke harte deur God vereis

word. Die Koreaanse kerk moes

onder andere bely dat hulle die

Japanese haat. Baie het tot op

daardie stadium by die kerk aangesluit

met geloof in Jesus Christus

as hulle Verlosser en Saligmaker,

sonder ‘n werklike besef van

hul sondetoestand. Die kerk moes

bewus word van God se Heilig-

heid. Die grootste probleem was

nie die nasionale lyding onder die

Japanse druk nie, maar eie sondigheid

wat hul verhouding met

God belemmer.

Op 6 Januarie 1907 het nog so ‘n

week van Bybelstudie begin. Die

teenwoordiges het andermaal tot

die besef van liefde en geregtigheid

gekom. Die Saterdagaand het dr.

Blair (Presbiteriaanse sendeling

uit wie se geskrifte hierdie deel

van die artikel kom) uit 1 Korintiërs

12:27 gepreek – Die kerk is

een liggaam: as een deel ly, dan ly

die liggaam. Talle het hul sonde

van liefdeloosheid teenoor die

Japanese bely. Die Sondagaand

het die teenwoordiges ‘n doodsheid

ervaar; dit was asof iets alles

blokkeer het. Na die prediking het

almal vertrek met ‘n gevoel dat die

duiwel geseëvier het.

Die volgende dag (Maandag) om

twaalfuur het die sendelinge

weer byeengekom. Hulle het tot

God om genade geroep. Daardie

aand was die gevoel tydens die

byeenkoms anders, elkeen het die

teenwoordigheid van God ervaar.

Dr. Blair het dit onmoontlik

gevind om die gevoel te beskryf.

Na ‘n kort preek het hulle met

gebed begin. Almal het tegelyk

en hardop gebid. Dr. Blair beskryf

dit asof almal in een Gees

was, daar was geen chaos, geen

verwarring, net ‘n harmonie van

klank en Gees, ‘n vermenging van

siele vervul met die onweerstaanbare

dringendheid om te bid. God

is nie altyd in die warrelwind nie:

daardie nag het God op Pyengyang

deur die geklank van weeklaag

gekom. ‘n Sondebewustheid

het oor die bidders gekom en

almal het saam oor hulle sonde

geween. Die vergadering het tot

twee-uur die oggend aangehou en

die teenwoordiges het een vir een

hul sonde teenoor God bely.

Die sendelinge het die gebeure

met ander gedeel (selfs met die

Metodiste in die stad). Die Dinsdagaand

se vergadering was vir

dr. Blair persoonlik ‘n openbaring.

Hulle was bewus van kwade
gevoelens tussen broeders. Gedurende

die byeenkoms het van die

manne hul sonde bely - haat wat

hulle teen mede-broeders in die

geloof gekoester het. Die broeders

het teenoor God en teenoor

mekaar hul sonde bely. Elke man

het voor God gestaan en by God

om genade gesmeek. Die smekinge

het oor die stad uitgegaan

en selfs die heidene was verward.

Elke denkbare sonde is voor God

bely en vergiffenis is van God

afgesmeek. Dr. Blair beskryf dit

soos volg: “The scorn of men, the

penalty of the law, even death

itself seemed of small consequence

if only God forgave. We

may have our theories of the desirability

or undesirability of public

confession of sin. I have mine; but

I know that when the spirit of

God falls upon guilty souls, there

will be confession and no power

on earth can stop this.”

Die Bybelstudiegangers het

daarna na hulle plaaslike gemeentes

teruggekeer. Oral waar hulle

getuig het van die gebeure in

Pyengyang het dit gelei tot skuldbelydenis.

Byna elke kerk in die

skiereiland het gedeel in die

seëninge wat voortgevloei het uit

die gebeure van Pyengyang. Spesiale

vergaderings is gedurende

die res van die maand gehou en

skole is selfs gesluit. Oral het

mense hul sondes bely. Artikels

wat lank tevore gesteel is, is aan

die regmatige eienaars terugbesorg.

Skuld is teenoor mekaar

bely vir lank verborge haat wat

gekoester is. ‘n Chinese handelaar

was stomgeslaan toe ‘n

Koreaanse Christen- handelaar

‘n groot som geld aan hom teruggegee

het wat hy met onregmatige

woekerwins van hom bekom

het. Selfs kinders van negejarige

ouderdom (die enigste gelowiges

in die familie) het gepleit vir vergewing

van hul sondes. Dit het

gelei tot die bekering van ander

gesinslede.

Hierdie gebeure het die kerk

gereinig en nuut gemaak. Met

die stigting van die onafhanklike

Koreaanse Presbiteriaanse Kerk

die volgende herfs, was daar geen

sprake van twis nie. Die teenwoordiges

het net ‘n onweerstaanbare

drang tot gebed en die verkondiging

van die Evangelie aan die

res van Korea, China en Japan

gehad. Die eerste taak van die

nuutgestigde kerk was om ‘n sendingraad

te stig. Die eerste sewe

Koreaanse predikante is georden

en een is dadelik gestuur om die

Evangelie op ‘n nabygeleë eiland

te gaan verkondig. Hierdie sendingbewustheid

binne die kerk

in Korea leef vandag nog voort.

Soos reeds genoem, stuur slegs

Amerika jaarliks meer sendelinge

wêreldwyd uit as Suid-Korea, ook

na Suid-Afrika.

Ten slotte

Ruimte ontbreek om meer detail

te verskaf oor die volgehoue

kerkgroei in Korea. Dit is egter

belangrik om op die volgende

punte te let ten opsigte van die

ongekende kerkgroei in Korea:

Opvoeding en mediese sorg het

baie bygedra tot kerkplanting in

Korea. Bybelvertalings en -publikasies

was ook belangrike instrumente

vir kerkgroei. Die Neviusmetode

van die drie “selfs” het

gelei tot vinnige selfstandigheid.

Die primêre faktor is egter die feit

dat God hierdie klein volk reeds

deur die eeue vir ‘n spesifi eke taak

voorberei het. Geen ander nasie

het die Christelike geloof (spesifi

ek die Gereformeerde leer) met

soveel passie hul eie gemaak en

met hul volksgenote gedeel nie.

Die feit dat die Here voorsien het

dat die Bybel reeds in Koreaans

vertaal was voordat enige sendeling

georganiseerd begin werk

het, het daartoe bygedra dat dit

die Koreane self was wat grootliks

verantwoordelik was vir

evangelisering. Hierdie mense

se toewyding aan gebed, Skrifstudie

en sending is vir ons in Suid-

Afrika stof tot nadenke. God het

hulle tot ‘n besef van Sy heiligheid

gelei, Hy het hulle oortuig van hul

sondige haat teenoor ander wat

oor hulle regeer. Hy het hulle

geleer dat dit Sy heiligheid aantas

as broeders en susters haat

teenoor mekaar koester. Die weg

van reformasie is bekering. Die

Here het hulle geleer reformasie

begin by jouself. Moet nie die balk

in die oog van ‘n ander soek nie.

Die kerk in Korea is vanjaar 100

jaar oud. Die kerk is nie sonder

probleme nie. Suid-Afrika het ‘n

veel ouer kerkgeskiedenis en tog

beleef die kerk in Korea soortgelyke

probleme (en seen!) as die

kerk in Suid-Afrika. Daarom die

titel: “Die kerk in Korea 0-2007 in

100 jaar”. Die vraag wat ons moet

vra is: Wat kan ons by hierdie jong

Christennasie leer ten opsigte van

kerkgroei?

Alwyn Bezuidenhout, Seoul,

Suid-Korea

2007

Augustus 2012 • 27
Kultuuropdrag en die gevalle mens – Wetenskap se grense

Agtergrond en

probleemstelling:

In die reeks artikels oor die onderwerp,

Bybel en evolusionisme,

is reeds duidelike tendense en

riglyne geskets ten opsigte van

die beoefening van wetenskap

en geloof in God die Skepper. As

gevolg van die geweldige druk

vanaf die wêreld oor die sogenaamde

kennis van die ontstaan

van die wêreld probeer Christen

gelowiges hulle weg vind in die

beoefening van hul kultuuropdrag

wat soms lynreg indruis teen wat

ons in die Woord van God lees. Die

vraag ontstaan, hoe moet ons die

Woord van God verstaan en hoe

relevant is dit in die beoefening

van die wetenskap? Die vraag,

anders gestel, is skrif met skrif

verklaring van Genesis 1 dalk verkeerd

omdat die populêre wetenskap

kennis die skepping in 6 dae

van 24 uur elk verwerp, soos in

Genesis 1 vir ons vertel word? Die

aarde is dan miljarde jare oud!!

In die eerste plek is dit nodig

om weer vir onsself duidelikheid

te probeer verkry oor hoe ons

moet omgaan met die Woord van

God en hoe dit ons houding ten

opsigte van ons lewe in sy geheel,

wat insluit ons werk, ontspanning,

huwelik, kuns en kultuur

om maar ‘n paar velde te noem,

bepaal. In die tweede plek is dit

nodig om duidelikheid te verkry

oor die spesifi eke interpretasie

van Genesis 1, die skeppingsdae

en wat skrifgetrouheid nou eintlik

inhou en beteken. Hier is klaarblyklik

sprake van ‘n botsing of

‘n groot verduistering van ons

verstand. Daar is buite Genesis

1 ook talle ander gebeure in die

Bybel wat nie klop met ons huidige

wetenskaplike verklarings

nie.

Bybelse gebeure en geloof

Gebeure in die Bybel wat ons nie

kan verklaar met ons huidige kennis

nie maak die gebeure tog nie

28 • Augustus 2012

noodwendig ongeldig nie veral

teen die agtergrond van die sondeval

en die gevolglike verduistering

van ons verstand. Om maar

‘n paar voorbeelde te noem:

• Indien ons glo dat Christus

opgestaan het, moet ons ook

glo dat daar ‘n maagdelike

geboorte plaasgevind het, dat

Hy, Christus, water in wyn

verander het, dat Hy op water

kon loop, dat Hy deur ‘n toe

deur kon beweeg en weer verdwyn,

ens;

• Indien ons glo dat die sondeval

plaasgevind het, moet ons

ook glo aan die verlossing en

herstel van die skepping in

Jesus Christus;

• Indien ons glo dat daar ‘n

herskepping (wederkoms)

gaan plaasvind, moet ons

aanvaar dat voor die sondeval

alles baie goed was en dat

daar geen dood was nie;

• Indien ons glo dat die sondeval

en die gevolge plaasgevind

het, moet ons ook glo dat die

sondvloed plaasgevind het;

• Indien ons glo dat die sondeval

plaasgevind het en die

kosmiese betekenis daarvan,

moet ons ook glo dat die skepping

nou sug en verlang na

die herstel met die jongste dag

(Rom 8:19);

• Die sondeval is verbind met

die stryd wat in die hemel

gewoed het en die duiwel wat

na hemelvaart nie meer in

die hemel te vinde is nie – hy

is uit die hemel op die aarde

gewerp waar hy soos ‘n brullende

leeu rondgaan en sien

wie hy kan verslind. (Openb

12). Die stryd – anders gestel

die tese en antitese is met ons

en ons is deel daarvan;

Wat het dit nou met Genesis 1 te

doen? Ons staan in die lyn van

skepping tot sondeval tot verlossing

en herskepping in Christus

tot ons lewe na die uitstorting van

die HG.

Moet ons selektief te werk gaan

met dit wat ons in die Woord nie

kan verklaar nie? Omdat die sogenaamde

bewyse opstapel by universiteite

oor die “feit” van evolusie

moet die Bybel verklaar word

deur buite Bybelse wetenskaplike

inligting? Dit druis in teen ons

belydenis en met die reformatoriese

beginsel van skrif met skrif

verklaar. Maar hoe nou gemaak

met Genesis 1? Gewoon, soos

hoe dit daar staan en soos wat

die term dag elders in die skrif

gevind word. Dink maar wat

ons elke Sondag hoor: “maar die

sewende dag is die sabbat van die

Here jou God (Exodus 20:10) EN

in ses dae het die Here die Hemel

en die aarde gemaak…(Exodus

20:11) Wat doen ons dan met die

sogenaamde “feite” wat evolusie

bewys?

Om dit sinvol en in perspektief te

antwoord moet ons eers kyk na

die mens voor en na die sondeval

en veral na die gevalle mens in ‘n

skepping wat ook sug van verlange

na die herskepping (Romeine 8

vers 19 ev ).

Die gevalle mens en die

gevolge daarvan op ons

lewe van elke dag:

Ons geweldige onvermoë om maar

iets werklik te kan verstaan plaas

perke op alles wat ons doen. Adam

het ‘n spesifi eke opdrag gekry voor

die sondeval (kultuuropdrag),

bewerk, bewaar en benaam, Gen

2: 15 en 19. Dit kon hy ten volle

Godsgerig doen as beelddraer,

vasal van God, sy Skepper, perfekte

beelddraer – imago Dei. Na

die sondeval bestaan die opdrag

nog steeds maar ons sal die opdrag

nou uitvoer in die sweet van ons

aangesig, dus met gebreke en

beperkte vermoëns. Ons het deel

geword van die geweldige stryd

wat heers tussen God en satan

(Tese en antitese waartussen

geen sintese moontlik is nie). In
alles probeer die satan die mens

verlei om teen God te draai. In

alles beteken letterlik alles, in

kuns, wetenskap, opvoeding, ons

totale lewe. In hierdie verband is

dit ook belangrik om die werklikheid

as een te sien en nie in aparte

sfere nie. Volgens hierdie denke,

verdeling van die lewe in aparte

sfere, het die Woord van God slegs

betrekking op die kerk, geloof en

op moraliteit terwyl dit glad nie

van toepassing is op ander sfere

nie (AM Wolters; 2005:7). Dit is

‘n tendens wat ons baie duidelik

vandag sien en wat ten sterkste

verwerp moet word. God se Woord

en ons kultuuropdrag omvat alle

sfere van ons lewe. Daar is geen

sogenaamde neutrale terrein

nie.

Om die punt van ons beperktheid

verder te illustreer is dit so dat

ons maklik verblind word deur

die geweldige tegnologiese vooruitgang

en ons dink dat ons nou

regtig darem baie weet. Ons noem

gou op dat die laaste honderd jaar

geweldige vordering gemaak is in

byvoorbeeld vervoer, telekomunikasie

en noem maar op. Dit verblind

ons (wat die duiwel graag wil

regkry) en gee ons ‘n sogenaamde

hoogmoed en selfs arrogantheid

en dan vergeet ons dat ons slegs

skepsele is wat grensloos beperk

is in ons verstaan van die werklikheid.

‘n Paar tegnologiese ontwikkelinge

laat ons dink dat dit

al is wat bestaan en dat daar niks

anders buite hierdie tegnologie is

nie. Dit is veral soms duidelik in

sekere beroepe waarvan die beoefenaar

geleer het om deur middel

van tegnologie die menslike

omgewing te “verbeter”. As gevolg

van ons beperktheid, dus nie die

invloed daarvan op die ekosisteem

kan sien nie gewoon omdat ons dit

nie kon sien op daardie stadium

nie, word dit geïmplimenteer tot

groot nadeel van die omgewing.

Die mens se arrogansie skrei ten

hemele en as dit nog nie vir enigiemand

duidelik is dat die mens

‘n gevalle mens is nie is hy juis

deel van hierdie hoogmoed. Hoeveel

weet of ken ons?

• ‘n Vooraanstaande wetenskaplike,

Prof Dijkgraaf, pas

aangestel as direkteur aan die

Princeton Institute for Advanced

studies het in 45 minute

op ‘n TV program die publiek

die geskiedenis vanaf die “big

bang” tot op hede verduidelik.

Hy het egter bygevoeg dat ons

slegs 4% van die totale heelal

in ‘n mate ken;

• Nog ‘n wetenskaplike het

beweer dat ons slegs 5% van

die aarde se oseane ken of

nagevors het en dis sommer

hier by ons;

• Die ontwikkeling van die

SKA naby Carnavon het ten

doel om deur middel van radio

seine meer te wete te kom van

die heelal. Die wetenskaplike

wat die program verduidelik

het weet te vertelle dat ons

slegs 5% van alles deur middel

van gewone tegnologie kan

waarneem. Die ander 95% wat

bestaan kan ons glad nie sien

nie en daarom moet ons met

ander tegnologie op ‘n manier

afl ei wat die ander 95% is wat

werklik bestaan.

Lewens-visie vanuit die

verbondslyn

Ons beperktheid vind nie net sy

neerslag in ons kennis van die

skepping nie maar in die kenne

van God ons skepper wat homself

openbaar in Sy Woord.

Die mens is baie beperk in sy ken

en kennis. Ons het as gevolg van

die sondeval ons unieke plek as

beeld, Imago Dei, van God verloor.

Die Imago Dei is vernietig, besmet

en vermink (Institusie I, hfst.15,

par 4, p 180 – vertaling Sizoo)

volgens Calvyn. En daar het niks

van oorgebly nie.

Die vraag oor die ken en hoe ons

ken is hier van toepassing? Wat

is die basis van ken. Sonder om

diep fi losofi es te raak is dit nodig

om gewoon eerstens te kyk na ons

beperktheid en tweedens na die

raamwerk op grond waarvan ons

probeer om te ken en om kennis in

te samel teen die agtergrond van

skepping, sondeval, verlossing en

herskepping (SSVH). Hierdie lyn,

SSVH, staan lynreg teenoor die

wat nie in die skepping of die sondeval

glo nie. Deur God se besondere

Openbaring glo ons dat Hy ‘n

goeie skepping geskep het. Dit was

goed. Voor die sondeval was daar

volkome harmonie tussen God die

mens en die skepping.

Die eintlike denkraamwerk is die

SSVH lyn waarmee ons denke

moet struktureer.

Hoe moet ons dit dan sien vanuit

die Bybelse riglyn van skepping,

sondeval, verlossing en herskepping?

Dit is juis hierdie raamwerk

waarbinne ons na die werklikheid

moet kyk, ook in die beoefening

van ons kultuuropdrag wat onder

andere insluit ons beoefening van

wetenskap.

Die volgende beginsels is

belangrik:

• Ons gevalle toestand wat ons

verstand totaal verduister

het en wat ons verstaan van

dinge uiters moeilik maak.

Dit sluit in die beoefening

van die kenne, bestudering

van die natuur maar ook die

verstaan en verklaring van

die Bybel. (Dink aan uitstorting

van die HG wat ons help

om weer deel te wees van die

verlossing en herskepping).

• Die verlossingswerk waardeur

Christus as tweede Adam vir

ons die lewe weer moontlik

maak en ook binne ons beperkinge

en sonde Hom deur en

met alles mag loof en prys –

laasgenoemde is ons doel hier

op aarde.

Ons het voorheen verwys na die

tese en antitese, die stryd tussen

die vrouesaad en die slang wat

deel van ons bestaan uitmaak as

gevalle mens. Soos een skrywer

dit stel: beide God en satan maak

aanspraak op die totale skepping

(Wolters, AM, 2005: 81). Dit sluit

alles soos die kerk, familie, kuns,

besigheid, plante en diere, ja alles,

in. Ons lewensbeskouing is volgens

die raamwerk SSVH wat as

basis aanvaar word. Maar omdat

Augustus 2012 • 29
ons weet dat dit so is omdat God

dit geopenbaar het, is ons nederig

en beskeie en verstaan ons die

unieke plek wat God ons gegee het.

Hierdie nederigheid beteken dat

ons besef dat alles wat ons doen

slegs deur die genade van God en

deur Sy Gees moontlik gemaak

word. Daarom bestudeer ons Sy

Woord wat altyd vir ons tot lering

is. (2 Tim 3: 16-17: Volhard in die

gesonde leer) Ons sukkel om ten

volle Sy Woord te verstaan maar

ook om die natuur te verstaan.

Daar is reeds geskryf dat dit

wat God openbaar in Sy Natuur

en Skriftuur nie in botsing kan

wees nie (NGB artikel 2: God

word geken deur natuur en Skriftuur).

Teen hierdie agtergrond,

die gevalle en beperkte mens,

is die V in SSVH van uiterste

belang, verlossingswerk in Christus.

Met Christus

se soenverdienste,

verlossing, het die

gevalle mens letterlik

weer lewe gekry.

Die satan is uit die

hemel gegooi sodat

hy ons nie meer by

God kan aankla

nie en Christus sit

aan die regterhand

van God om vir ons

voorspraak te doen.

Die Heilige Gees is

uitgestort om ons te

help om staande te bly teen die

aanslae van die duiwel. Maar vanweë

ons sondige aard en natuur

ken ons slegs ten dele en sukkel

maar om iets te begryp. Slegs deur

Sy Woord en Gees kan ons wel rigting

hou in ons kultuuropdrag met

baie val en opstaan.

Reformatoriese lewens en

wêreldbeskouing:

Reformatories beteken onder

andere om voortdurend besig

te wees met verandering na die

eise van Gods Woord. Reformasie

is onderwerping aan God

en Sy Woord (van der Walt, BJ

1986:351) op alle lewensterreine.

Prof PH Stoker in sy skrywe Darwinisme,

natuurwetenskaplike

30 • Augustus 2012

kennis en die Woord van God

(2009:8) noem dit ‘reformatoriese

lewens- en wêreldbeskouing’.

Hierdie raamwerk bepaal ons

benadering tot alle handelinge,

waaronder die beoefening van

wetenskap, ekonomie, kunste, joernalistiek,

ens. As ons aanvaar dat

die stryd op alle lewensterreine

woed dan moet ons ons ook bewapen

vir die stryd op alle lewens

terreine. Die worstelstryd is nie

teen vlees en bloed nie maar teen

die geeste in die lug (Ef 6:12). Om

hierdie stryd duidelik te maak en

hoe ons deur middel van ‘n duidelike

lewens en wêreld beskouing

vaardig kan raak in hierdie stryd

het mense soos AM Wolters in

sy boekie “Creation Regained

– Biblical Basics for a Reformational

Worldview” sekere riglyne

gegee wat ons maar gerus gees-

Die Koningkryk van God – lig en orde

telike wapens of gereedskap kan

noem. Teen die agtergrond van

die SSHV, ons sondige aard en

beperktheid, het ons eenvoudige

riglyne nodig om ons te help in

hierdie stryd. Dit gaan ons ook

help om werklik die sogenaamde

“problematiek” van Genesis te

verstaan.

Twee begrippe is van belang nl

“struktuur en rigting”. Met struktuur

word bedoel die skepping en sy

wette (vdWalt, 2008:106). Wolters

gaan verder en sluit ook strukture

in soos die huwelik, skool, familie,

politiek, ens, ens. (Wolters,

2005:80-83). Dit is nie losstaande

strukture nie maar geïntegreer in

die geheel wat ons normaalweg

gewoon skepping noem. God het

ook die huwelik en die gesinslewe

gegee in ‘n bepaalde omgewing.

Die tweede term naamlik rigting

is gebaseer op die SSHV lyn, dit

dui ‘n sekere rigting aan binne die

struktuur. As gevolg van die sondeval

het nie net die rigting verlore

gegaan nie (Godsgerig = rigting,

bewerk, benaam en bewaar)

maar het die struktuur ook begin

kreun en steun op sy skarniere.

Die struktuur was voor die sondeval

baie goed en die rigting

suiwer op God gerig. God het met

Adam in die paradys gewandel.

Adam was ‘n volkome gehoorsame

“onderkoning” van God ,wie hom

met ‘n taak en roeping aangestel

het oor Sy volmaakte skepping

(struktuur). Dus Adam was deel

van die geskape struktuur en hy

kon God ten volle dien.

Familie Politieke strukture Sportvereniging

Huwelik Gesin Skole Jeugverenigings

Kunste Universiteit Plante Besigheid

Ekologiese sisteem Kerk

Magte van satan – duisternis en wanorde

Die stryd vind plaas op alle lewensterreine – skets van AM Wolters aangepas om aan te toon

dat strukture nie in isolasie funksioneer nie.

Dit het egter na die sondeval verander

en beide struktuur en rigting

is tot in sy diepste fondament

geraak. Daar is twee magte wat

reg teenoor mekaar staan, mag

van God teenoor die mag van die

satan (wanorde, chaos, duisternis,

ewige dood). En ons is deel van

daardie stryd. Volgens die orde

van sondeval en verlossing (Calvyn),

en daarmee die stryd tussen

lewensbeskouings en lewenswandel

(wat insluit wetenskapsbeoefening),

is die stryd uiteindelik

tussen die Ryk van die Lig en die

ryk van die duisternis (Stoker, H,

1967:39). En gelukkig in die lyn

van SSHV(rigting) sien ons dat

ons deur Christus kan en moet
deelneem aan hierdie stryd. Soos

wat Paulus skryf in Gal 5:17 gaan

dit oor die magte van die gees

teenoor die magte van die vlees.

Die antitese is hier duidelik.

Om reformatories besig te wees

beteken om deur die krag van die

Heilige Gees (HG) alles vanuit die

skrif te belig. Alles beteken letterlik

alles

Namibië Uitreik 2012

29 Junie – 7 Julie 2012

Op 29 Junie 2012 het sowat 40

gelowiges uit Potchefstroom

saam na Hippo Laerskool, net

buite Gobabis en Drimiopsis in

Namibië, vertrek. Hierdie uitreik,

gereël deur Gereformeerde Kerk

Cachet, is gerig op die inwoners

van Drimiopsis – ‘n tipe plakkerskamp

in die Namibiese woestyn.

Daar is reeds ‘n Gereformeerde

Kerk, naamlik Geref. Kerk Sanveld,

gestig. Ons het gegaan om

die kerk te help met huisbesoeke

asook om aan ander inwoners die

evangelie te verkondig. Die hulp

is grootliks waardeer aangesien

die bedienings-gebied vreeslik

goot is.

Ons was bevoorreg om ‘n lekker

jolige groep Kandelariete en oud-

Kandelariete op die Uitreik te

wees: Marnix en Gerben Boersema,

Marieke van Renssen, Werner

Das, Elna Momberg, Morné

Bakker, Engela Bisschoff, Nelmarie,

Alike en Clarinda van de

Wetering, en Morné Bakker. ‘n

Paar van ons wil graag ons ervaring

met julle deel en hopelik nog

lede aanspoor om betrokke te raak

by die jaarlikse Uitreik deur óf

• Huwelik - hoe sien ons huwelike

daaruit? Is dit werklik

soos wat God dit van ons vra

in Sy Woord?,

• Met die beoefening van ons

wetenskap – belig en vra ons

werklik vanuit die skrif of

ons besig is met Godsgerigte

wetenskap? Is die hele vermaaklikheids

wêreld (struk-

saam te gaan óf as borg fi nansiële

hulp te verleen.

My eerste gedagte van die uitreik

was: ontmoet nuwe mense,

woordverkondiging en sandduine.

Tot my en my sussie se verbasing

was Namibië toe nie so vol sand

as was ons gedink het nie, eerder

vol hordes Boesmankindertjies

wat Afrikaans kon praat. Ons het

van Maandag tot Donderdag elke

oggend in Drimiopsis gaan evangeliseer

in groepies van 4 en as ons

gelukkig was het Dominee Ronald

ook saam gestap om sy wysheid

met ons en die Boesmans te deel.

Die besoeke aan die eerste huisies

was redelik spanningvol, want jy

voel jy het nie ‘n idée wat om te

sê of waar om te begin nie. Genadiglik

kon by elke huis iemand as

tolk dien. Daar was gevalle waar

mense God ken en ander wat in

beide God en hulle voorvaders glo.

By ander het ons amper meer by

die mense geleer as hulle by ons,

al het hulle nooit regtig die voorreg

gehad om ‘n Bybel in besit te

neem nie.

tuur) of dele daarvan werklik

Godsgerig? So kan en moet

ons steeds besig wees en juis

die strukture asook die rigting

reformeer sodat dit wel

Godsgerig is en ons God daarmee

(rigting) kan dien.

Frank van der Kooy

Die toer was ongeloofl ik verrykend

en gesellig. Ek beveel die toer vir

ALMAL aan.

- Alike vd Wetering

Namibië-uitreik 2012 was ‘n wonderlike

ervaring gewees! Ek het

nog nooit voorheen so intensief

evangelisasie gedoen nie. Aan

die begin was ek bietjie skrikkerig

gewees daarvoor, maar ek glo dat

die Here ons gehelp het om deurbraak

te maak tot die inwoners

van Drimiopsis. Dis wonderlik om

te sien hoe die Boesmans se geloof

so kinderlik is, hopelik kon ons en

sal ons nog in die volgende jare

hulle help groei in die geloof. Die

kindertjies van die laerskool het

diep in my hart ingekruip en ek

hoop om hulle volgende jaar weer

te sien.

– Clarinda vd Wetering

Wat die Namibië Uitreik spesiaal

maak is dat dit toegepas is.

Hoewel dit baie pret was en ek

baie nuwe vriende ontmoet het

is die hoofsaak van die Uitreik

evangelisasie. Maandag begin

direk met huisbesoeke aan die

Augustus 2012 • 31
gemeentelede van die Gereformeerde

Kerk Sanveld, wie almal

in Drimiopsis woon. In groepies

van vier of vyf gaan die uitreikers

van huis tot huis, leer elke gesin

bietjie ken en probeer om ernstige

diakonale gevalle te identifi seer -

wat soms moeilik was omdat die

hele gemeente hoofsaaklik uit

diakonale gevalle bestaan. Nadat

almal in die gemeente besoek is,

gaan groepies van huis tot huis

by mense wat nie aan die kerk

behoort nie. Hier vertel jy hulle

van ons sonde, God se regverdigheid,

Christus se redding, ons

dankbaarheid en geloofsgroei -

die Evangelie in ‘n neutedop. Wat

opmerklik was, was hoe baie ons

oor geloof en vertroue geleer het

van elkeen van die mense.

Elke middag gaan speel die uitreikers

met die kindertjies van

Hippo Laerskool, op wie se gronde

ons gekampeer het. Saans het ons

afgesluit by die skool en Bybelstudie

met die kinders gehou. Tydens

ons laaste dag in Drimiopsis het

al die uitreikers gaan Bybels uitdeel

by die gesinne wie besoek is

en waar daar ten minste een persoon

is wat kan lees. Die inwoners

het ook met blydskap ingestem om

saam ‘n Bybelstudiegroep aan die

gang te hou.

– Morné Bakker

Dit was werklik wonderlik om so

iets te kon meemaak. Ons was ‘n

lekker groep jong mense op ‘n goed

beplande Uitreik aksie. Die uitreik

was iets heeltemal nuuts en

ongewoons, iets waar ons nie aan

32 • Augustus 2012

gewoond is nie. Ds Ronald het ons

bietjie riglyne gegee oor die evangelie

in ‘n neutedop soos hy dit

noem, wat ons weer heeltemal na

die begin van ons eie geloofslewe

geneem het - die geloof in Christus.

Aan die begin was dit moeilik

om met die mense te praat en

het dit nie goed gegaan nie, maar

op die ou end het die gesprekke

heelwat beter verloop. Ons het

eintlik net gefokus op die geloof

in Christus teenoor die grootendeelse

opvatting onder die mense

dat jou goeie werke jou saligheid

‘koop’ en dat sonde jou tot die verderf

lei. Verder was dit ook lekker

om die mense fi sies te kon help

met die bouprojek en aangenaam

om te hoor hoe lekker die kinders

van Hippo Laerskool sing.

– Reinhart Boersema

My ervaring van die Namibië

Uitreik was een wat ek nooit sal

vergeet nie. Dit was ‘n groot uitdaging

aangesien ek nog nooit so

iets aangepak het nie. En ek het

geen twyfel daaraan dat ek, en die

ander wat saam op die uitreik was,

in die geloof gegroei het nie!

Ons het letterlik in die stof gaan

sit by die mense en stadig maar

seker die gesprek gelei tot ‘n punt

waar ons oor geloof kon praat.

Wat vir my veral opvallend was,

was die kinderlike geloof van die

inwoners, sowel as hul kennis van

die evangelie. Daar is reeds baie

kerke in die nedersetting en dus

het baie van die inwoners reeds

van God en Christus gehoor. Soos

wat ons met hulle begin praat kan

jy gou agterkom wat hul weet en

wat nie. In baie gevalle word daar

geglo dat ons deur ons werke gered

word en dit bly ‘n uitdaging om

te verduidelik dat ons alleen uit

genade gered word, veral omdat

hulle soveel verskillede kerke se

invloede beleef. Ons doel was nie

om lede by die Gereformeerde Kerk

Sanveld te voeg nie, maar net om

die evangelie suiwer te verkondig.

Ek sou hoop dat die uitreik

in die toekoms meer kan probeer

bou op die inwoners se kennis. In

ons gesprekke, hoe uitdagend dit

ook al was, kon ek en die ander in

my groep die werk van die Heilige

Gees in ons midde beleef – God is

in beheer en Hy is daar saam jou

waar jy verkondig! Die ervaring

laat jou weer na jou eie geloofslewe

kyk en bring die diepe besef dat

ons so ongeloofl ik bevoorreg is en

nederig dankbaar moet wees vir

al die seëninge wat ons van God

ontvang.

Buiten die evangelisasie het ons

die geleentheid gehad om meer

betrokke te raak by die jong

mense van die Cachet gemeente.

Ons kon lekker nuwe bande opbou

en vriende maak – dit was waarlik

‘n ongeloofl ike groep mense bymekaar

wat almal goed oor die weg

gekom het.

Ek sou hoop dat ons meer

betrokke kan raak by die Uitreik

en sodoende ook betrokke raak by

die reël van die Uitreik. Ek sou

almal aanraai om dit mee te maak

– dis ‘n belewenis wat jy nie kan

misloop nie!

- Marieke van Renssen

Die Uitreikers se geesdrif was

opgewek en energiek, nie eers

die stof, koue storte, lawaaierige

oorlogs krete soggens deur

die ‘heidense volke van kanaän’

(Uitspattige Namibië uitreikers)

kon dit blus nie. Dit was eerder
aangevuur deur al die goeie kattekwaad,

houtkap ekspedisies,

laat-aand kuier om die vure en

goeie bybelstudies. Die spanbou

het ook hard gewerk en twee huisies

gebou.

Ek wil graag die kamp bestuurspan

komplimenteer. Die manier

hoe die bestuurspan mekaar hanteer

en saam werk het baie maal

‘n groot invloed op die groep se

gemoed gehad, asook die hantering

van mekaar en onderlinge

situasies, en dit dikwels sonder

dat hulle dit besef. Dus dankie

vir julle voorbeeld en kreatiewe

insette om dit ‘n baie lekker kamp

te maak! Ook voorspoed toegewens

vir die nuwe bestuurslede.

Maar bo als is ek verwonder hoe

goed so ‘n groot groep mense kon

saamwerk en ek dank ons Hemelse

Vader daarvoor. Dit is vir my ‘n

teken gewees van die werking wat

sy Gees in ons het, om saam te

werk te midde van soveel oë wat

na ons aangekyk het.

Vir my was daar ‘n paar sentimentele

ontmoetings gewees. Ek

is gebore in Suidwes. Ek was deur

‘n Herero vrou opgepas kleintyd in

Otjiwarongo. Ek kon slegs ‘n paar

verwronge woorde onthou, en ‘n

Herero dogter van Hippo laerskool

kon my reghelp en vertel wat dit

beteken wat ek onthou het.

Dan was daar ‘n gesin wat ‘n volledige

geskrewe vertaling van

die Lukas evangelie in Boesman

gehad het. Hulle het dit nog van

oud Ds. Flip vd Westhuizen (Ds.

Rooi Flip soos hulle hom ken)

gekry, en bewaar van destyds

toe hy nog onder die Boesmans

gewerk het. Ek was bevoorreg om

hom te kon ken. Ek onthou nog

hoe hy soms dele van die vertaalde

Boesman Bybel vir ons sou speel

(die Boesmantaal is ‘n moeliker

(suiwerder) taal om te praat en

soveel te meer om te lees, dus is

dit op band opgeneem). Die wonder

vir my was dat die vroutjie in

die gesin haarself geleer het (en

steeds leer) om dit te lees a.d.h.v.

die Afrikaanse vertaling. So kon

sy vir ons ‘n stukkie lees.

Daar is baie daarop gefokus om

die verlossing alleen uit genade in

Christus aan die mense te vertel.

My indruk was dat die uitreik nie

evangelisasie onder absolute heidene

was nie, aangesien meeste

persone/gesinne reeds van die

Bybel en/of Jesus weet danksy

verkondiging van die kerke in

die gemeenskap: Rooms Katholiek,

AGS, Volle Evangelie en die

Geref. Kerk Sanveld. Nogtans het

die besoeke ‘n groot indruk op my

gemaak. Dit was ‘n diep geloofsbelewenis.

Die grootste moeite wat

ek gehad het was om ‘n balans

te vind tussen twee hoofstroom

gesindhede wat ek opgemerk het

waarvan die eerste was dat ons

die mense gaan leer om reg te glo,

en die tweede was om vas te kyk

teen die mense se omstandighed

en hulle te probeer help en/of te

veel klem in besoeke en gebede

aan hul fi siese behoeftes te gee

(welsyns-organisasie-effek). Dit

was nie maklik nie aangesien

hierdie mense min het, fi sies en

geestelik. Menslik het ek onbekwaam

gevoel om in my rykdom

(skoon klere en geleerdheid) aan

mense wat naby aan die stof van

die aarde leef te probeer vertel

van die Hemelse vrede te midde

van aardse kommer, hartseer en

pyn. Hierin was my intensiewe

toets ook gewees om opnuut my

eie geloof in perspektief te sien, op

God alleen te vertrou, want alleen

Hy is ALMAGTIG. En daarmee

saam was die dankbare besef van

sy genade om swak en sondige

saaiers te gebruik. Hyself werk

deur sy Woord en Gees kragtig

om ons harte van vlees te gee en

ons mag weet dat Sy Woord nooit

leeg terugkeer na Hom nie!

- Elna Momberg

Hierdie was my tweede keer op die

Namibië Uitreik. Ek het redelik

geweet wat om te verwag maar

steeds het ek ongeloofl ik baie

geleer oor die manier waarop

sending gedoen moet word en om

alles in God se Hande oor te lewer

aan die einde van die dag.

Die uitreik is ‘n ongeloofl ike goeie

manier om sending in die praktyk

te kan ervaar. Soms voel mens jy

word in die diepkant ingegooi as

jy ‘n groepie moet lei in die veld,

maar daar was ‘n groot rustigheid

in my hart omdat ek geweet het

God is met ons en ons doen die

werke van Sy Hande. Natuurlik

het alles nie perfek verloop nie,

maar as daar probleme was kon

ons altyd met die dominee of vorige

Namibië Uitreikers praat.

Ek het weereens besef die groot

seëninge wat ons het hier in ons

gemeente met die hoeveelheid

kennis wat ons oor die Bybel mag

hê.

Hulle het my ook gevra om volgende

jaar moontlik op die bestuur

te dien. Ek hoop dat ons volgende

jaar meer van die jeug saam kan

vat sodat meer tot die besef kan

kom dat daar ander gelowiges is

met ‘n baie groter nood as ons.

- Werner Das

Augustus 2012 • 33
Nooitgedacht skoolverlaterskamp Julie 2012

Die Nooitgedacht skoolverlaterskamp

was beslis ‘n groot hoogtepunt

van my en my mede-skolies

se jaar. Dit was ‘n ongeloofl ike

lekker kamp vol van lag, speletjies,

Bybelstudie, kuier, sing en

lesings. Hier het ons ook nuwe

vriendskappe gebou.

Die kampterrein is geleë naby

Potchefstroom en is langs ‘n rivier

en tussen berge. Dit was dus baie

koud in die oggend en aand. Die

tema van die kamp was: “Om die

Here persoonlik te ken”. Deur

lesings en Bybelstudie het ons

baie geleer van hierdie tema. Die

sprekers was dr. Frans Minnie,

ds. Willem Vogel, ds. Albert Coetzee

en ds. Brahm Robinson.

Van ernstige gesprekke tot skreeu-

34 • Augustus 2012

snaakse tye het ons elke oomblik

van die kamp geniet! In

die oggende het ons persoonlike

Bybelstudie gedoen en groepsbesprekings.

Deur die dag het ons

interessante lesings gehad. Ons

het ook speletjies gespeel soos volleyball,

sokker, krieket en boeresport.

Daar was ook genoeg tyd

om te “social” en ander jongmense

beter te leer ken.

Ons het een aand sterre gaan kyk

op die berg. ‘n Groepleier wat sy

nagraadse jaar in sterrekunde

doen het ons vertel van die sterre.

Ons het ook die voorreg gehad

om Saturnus deur ‘n teleskoop te

sien.

Die laaste aand was daar ‘n

dinee en ons meisies moes die

seuns vra om ons metgeselle te

wees aangesien dit skrikkeljaar

is. Elke groep het ook ‘n opvoering

gedoen daardie aand. Ons

het aande afgesluit met psalmsing

en gesange en almal het hartlik

saamgesing. Min mense het die

aand geslaap en party van ons het

so lekker gekuier dat ons 7 uur die

volgende oggend verbaas was dat

tyd so vining verby kan vlieg!

Dit was ‘n wonderlike kamp en

elkeen het daar weggegaan met ‘n

goeie ervaring. Ek sal elke graad

10-12 aanraai om volgende jaar

soontoe te gaan. Dit is wonderlik

om tussen soveel jong gelowiges

te kan wees en saam die Here te

kan prys!

Arina Wibbelink Jul 2012
Ons het gehoor….

Scatterbrains – hoe die Internet ons verander.

In ‘n uitsending van White Horse

Inn, ‘n Gereformeerde radio program

in Amerika, het hulle gesels

oor die invloed wat die internet

het op hoe ons (mense in die algemeen)

inligting verkry. Vroeër

jare het ons, as ons meer inligting

wou insamel oor spesifi eke onderwerpe,

boeke gevat en gelees, maar

jy moes dan die hele boek lees of

dalk net verskeie hoofstukke in

die boek om die inligting waarvoor

jy gesoek het te verkry. Deesdae

gaan ons net op die internet en

verkry dit wat ons soek daar. Van

die eerste aanhalings wat hulle

gebruik het, is dat ons die tegnologie

maak en verander, maar

daarna verander die tegnologie

ons. Ons kan nie voorsien hoe die

tegnologie ons sal verander nie

omdat dit neutraal is, maar ons

het uitgevind dat dit ons optrede

en identiteit kan verander.

Die eerste besprekingspunt van

die program was dat dit so maklik

is om deesdae inligting op die

internet te kry dat ons verkies om

op die internet vir die inligting te

soek as om in boeke na die inligting

te soek. Die term wat hulle

gebruik is “generation net”. Dit

beteken dat jy net vlugtig deur ‘n

paragraaf of bladsy lees, in plaas

daarvan om die hele artikel of

bladsy te lees. Dit is gemakliker

om net gou op die internet te gaan

en ‘n soektog vir iets aan te vra

op Google as wat jy vir die inligting

in ‘n spesefi eke boek gaan

soek. “Mense lees nie meer boeke

nie, want alles is beskikbaar op

die internet”, was nog ‘n aanhaling

wat hulle gebruik het. Mense

dink dus nie meer nie, hulle lees

net vlugtig of skil deur die bladsy.

Google se missie is om die wêreld

se informasie te organiseer en

om dit universeel toelaatbaar en

bruikbaar te maak. Alle data wat

hulle ontvang en bymekaar maak

is soos ‘n biblioteek van klomp

stukkies inligting wat verskil van

die gewone biblioteek wat allerhande

verskillende boeke bevat.

Die volgende besprekingspunt was

die invloed wat die internet en vandag

se tegnologie op die Christene

het. Die tegnologie beïnvloed nie

net sekere mense nie, maar Christene

ook. Hulle het uitgevind dat

daar mense beweer dat hulle deesdae

eerder op die internet gaan

om meer van God en sy Woord uit

te vind, as wat hulle aan ‘n kerk

behoort. Die Bybel is beskikbaar

op die internet en meeste Christene

het dit al op hulle rekenaars

asook op hulle fone gelaai. Een van

die mans, wat self ‘n pastoor is,

het op die program vertel wat hy

ervaar het toe hy iewers in Afrika

eredienste bygewoon het. Die pastore

het met mekaar op hulle fone

gekommunikeer tydens die Nagmaal.

Hy sê ook die eredienste is

nie meer so formeel soos vroeër

jare nie, die mense lees die teksgedeeltes

op hulle fone in plaas daarvan

om hulle Bybels oop te maak.

Een van die teoloë het bygevoeg

dat by ’n seminaar een van die

sprekers sy foon gebruik het om

die teksgedeelte te lees asook om

’n teksvers aan te haal. Om die

besprekingspunt te verduidelik

het hulle twee goeie aanhalings

gebruik wat sê dat die internet

ons aandag trek net om dit weer

te versprei. Wat ons doen wanneer

ons nie die internet gebruik

nie is net so belangrik as dit wat

ons doen as ons wel die internet

gebruik. Ons word verstandelose

verbruikers van data. Om vlugtig

te lees (skil) word ons dominerende

manier van lees. Dit maak

dit ‘n probleem vir die toekoms

van die Christene. Om die stelling

te verduidelik het hulle aangehaal

dat aangesien ons enige iets kan

opsoek deur net te “click” op Google,

is die memorisering van lang

paragrawe of historiese feite verouderd.

Memorisering is dus ’n

mors van tyd. Dit maak dus dat

mense al hoe minder die gebeure

in die Bybel sal memoriseer en as

hulle iets wil weet, dit dan net

gaan opsoek op die internet. Dit

is waar die probleem volgens hul

lê.

Die internet is toeganklik vir

almal wat dit het en kan gebruik.

Enige iemand kan iets plaas op

die internet. Dit sluit hul eie opinies

asook hul kennis en wysheid

en ander feite in. Dit word dan

ook toeganklik gemaak vir enige

iemand om te lees. Die probleem

is dan dat nie almal wysheid het

nie en ongelukkig is dit die mense

wat nie die regte wysheid het nie

wat maak dat daar rusie en verdeling

tussen Christene kom.

Die voorbeeld wat hulle gebruik

is dat iemand iets op “Wikipedia”

gelees het wat iemand anders daar

geplaas het en dit as die waarheid

aanvaar. Die persoon aanvaar

dat die inligting waar is en

gebruik dit dan in ’n gesprek met

iemand anders en dit kan veroorsaak

dat die twee persone stry oor

wat reg en wat verkeerd is. Vroeër

het mense hulle kennis en wysheid

omgesit in boeke, maar die

boeke word nie meer gelees nie.

Die lekker ding van boeklees, of

dit nou fi ksie of iets anders is, is

dat mens so “verdiep” kan raak

daarin dat jy nie agterkom wat om

jou aangaan nie. Hulle het dit ’n

tipe meditering genoem. Deesdae

is mense te afl eibaar om só verdiep

te raak in ’n boek.

Die laaste besprekingspunt het

gegaan oor hoe die tegnologie ons

in die toekoms sal verander. Die

tegnologie het al so verander en

verbeter dat mens al “audio messages”

met die nuutste “Smartphones”

kan stuur en/of ontvang. Nie

almal het al die nuutste tegnologie

nie, maar dit maak dat teks dalk

in die toekoms heeltemal sal wegval

en mense eerder na artikels

luister as wat hulle dit self lees.

Alles is natuurlik vir gemaklik-

Augustus 2012 • 35
heidsonthalwe, soos byvoorbeeld

om ’n boodskap te stuur terwyl jy

ry. Al wat jy dan hoef te doen is om

te praat en die foon sit die spraak

om in teks. Dit kan vir boeke in

die toekoms ‘n probleem veroorsaak,

want mense begin nou al

nie meer tyd kry vir lees nie en

Roland en Willemyn was tot Oktober

verlede jaar lidmate van Die

Kandelaar. Roland vanaf 2001 en

Willemyn vanaf haar geboorte in

Oktober 1982. Behalwe geloofsgenote

het hulle ook familiebande

in ons gemeente. Roland se ma,

Anneke van Leeuwen-Niehof, is ‘n

suster van Poena Niehof, en hulle

ma is (oorlede) sr Sien Niehof. R

en W het mekaar in 2005 vir die

eerste keer begin rááksien en dit

het tot ‘n lewenslange verbintenis

gelei. In Maart 2006 is hulle

getroud en hulle huwelik is geseën

met twee seuns, Walter (11 Februarie

2007) en Ruben (27 Januarie

2009), en op 17 Julie 2012 is

die derde verbondskindjie gebore.

Groot is die vreugde en dankbaarheid

vir ‘n voorspoedige geboorte,

36 • Augustus 2012

sal eerder na iets luister terwyl

hulle iets anders doen.

Die program word afgesluit met

‘n mooi aanhaling (vertaal): “Wat

kan ons doen om meer aandagtig

te wees om eerder deur woorde

verander te word as wat ons verbruikers

word”.

en dit was ‘n groot verrassing dat

dit ‘n dogtertjie is. Haar naam is

Anriëtte.

Die gesin het verlede jaar Oktober

na Ballito getrek, in verband met

werksverandering van Roland. Hy

doen nog steeds dieselfde werk,

energiebestuur, en dit gaan tot

dusver goed, dit groei. Hulle het

aangesluit by die GK Durban-

Noord. Die gemeente was reeds

geruime tyd vakant, maar nou het

hulle onlangs ‘n beroep uitgebring

op Ds Karel Steyn van Empangeni.

‘n Jong predikant, Empangeni

is sy eerste gemeente. Die

Durban-Noord gemeente hoop en

bid dat die Here sy hart bereidwillig

sal maak, as Hy hom vir die

gemeente bestem het. Die gesin

Roland en Willemyn bid ook saam

Vir meer inligting oor die onderwerp

en die program gaan na:

www.whitehorseinn.org

Geluister, vertaal en verwerk deur

Lisenka Hagg.

ONS ‘F’AMILIE

Gesin Roland en Willemyn van Leeuwen en Hetty van Straten

met ons dat die Here weer ‘n nuwe

herder en leraar vir die Kandelaargemeente

sal skenk.

Ma en ouma Hetty van Straten, is

reeds vanaf begin Julie by dogter

Willemyn en haar gesin. Dit is vir

my ‘n voorreg om hier my kinders

en kleinkinders met raad en daad

by te staan en te help waar dit

nodig is. As die Here wil sal Anriette

op Sondag, 5 Augustus, die

teken en seël van die verbond ontvang.

Gods genade en goedheid is

onendig, oor almal wat Hom vrees,

sy trou bestendig!

Ek geniet hier die milde winterweer.

Groete en seënwense van

ons almal hier. Ek sal DV teen

die einde van Augustus weer by

julle aansluit.
ONS ‘F’AMILIE

Gesin Eduard en Tabita Winter

Eduard is gebore in Windhoek (Br

Dries Yssel se pa was hul predikant

in die Gereformeerde kerk en

het vir Eduard gedoop!). Hy het

‘n ouer broer en ‘n jonger suster.

Toe hy sewe jaar oud was, het hul

gesin na Pretoria verhuis, in Villieria

woonagtig geraak en lid van

die Gereformeerde kerk Oos-Moot

geword. Hy was in Laerskole Eros

(Windhoek) en Villieria en in die

Hoërskool Oos-Moot. Hy het mynbouingenieurswese

by Tukkies

studeer en sy loopbaan begin by

Cullinanmyn in 1994.

Sedert sy pa (Chris) in 2005 oorlede

is, woon sy ma (Rina) elke

Sondag die aand-eredienste saam

met hul by.

Tabita is gebore in Pretoria. Sy

is die jongste van die drie dogters

van Wim en Ella Wibbelink.

Sy het opgegroei in die Moot, was

altyd in die Gereformeerde kerk

die Kandelaar en was in Laer skole

Rietfontein-Noord en Johannes

Calvyn en die Hoërskool Oos-

Moot. Sy het verpleegkunde by

SG Lourens verpleegkollege studeer

en haar prakties by HF Verwoerd

Hospitaal (nou Steve Biko)

gedoen.

Ons het mekaar op hoërskool ontmoet

waar ons saam in die skoolkoor

gesing het. Die liefde het

egter eers begin blom toe Eduard

vierde jaar student was en

Tabita in matriek. Einde 1996 is

ons getroud en ons het vanaf einde

1997 saam in Koffi efontein, Suid

Vrystaat, gebly (Tabita het haar

4de jaar studies in Pretoria voltooi

nadat Eduard oorgeplaas is

na Koffi efontein). Einde 2000 is

Eduard oorgeplaas na De Beers se

hoofkantoor en het ons na Roodepoort

verhuis. Hier het Tabita

by ‘n ginekoloog se spreekkamer

gewerk. Ons het ons weer by die

Kandelaargemeente gevoeg. In

2003 het ons terug na Pretoria

verhuis. Eduard het vanaf 2007

in Witbank vir Anglo American se

steenkool afdeling gewerk. Tabita

het by Femina Hospitaal se neonatale

ICU vanaf 2005-2009 gewerk

en is sedertdien huisvrou.

Na ‘n jare-lange beproewing van

kinderloosheid het die Here ons

gebede verhoor en André (3 jaar)

en Mathys (1 jaar) aan ons gegee.

Met groot dankbaarheid kan ons

meedeel dat die aannemingsproses

van albei kinders afgehandel

is. Ons besef dat hulle, net soos

alle ander verbondskinders, nooit

die eiendom van ‘n mens is nie,

maar van God. God het die verantwoordelikheid

om hulle in die

vrese van Sy Naam op te voed nou

aan ons oorgedra.

Omdat daar talle etiese en ander

worstelvrae rondom infertiliteit

en aanneming is, deel ons met

liefde ons ondervindinge met dié

wat behoefte daaraan het.

Ons vind ‘n ware geestelike tuiste

in die Kandelaargemeente en

ervaar die gemeenskap van die

heiliges - ook in ons bybelstudiegroep.

Augustus 2012 • 37
Boekenuus

Belangrike kennisgewing

Vanaf Augustus 2012 smelt Folmer

Boekhandel (Pretoria) saam

met BOEKENHOUT (AROS).

Sien asb veranderde kontakbesonderhede

hieronder

38 • Augustus 2012

Jesus stel homself

bekend /

Prof Rob van

Houwelingen en

Aldert L Visser

Twaalf keer ‘Ek

is’ in die evangelie

van Johannes

“Baie mense het ‘n onduidelike

beeld van Jesus. Hulle kan hulle

moeilik indink hoe Hy is. Tog het

Hy homself verskeie kere aan

mense bekend gestel. Hierdie

boek gee twaalf indrukke van die

sogenaamde ‘Ek is’ woorde, soos

ons hulle kan vind in die evangelie

van Johannes. Wanneer ons

hierdie uitsprake in hulle konteks

oorweeg, ontstaan ‘n portret van

Jesus, dan leer ons Hom ken soos

Hy Homself bekend gestel het en

soos Hy nog steeds is.”

Omdat samenstellers en vertalers

(Tjeerd de Wit, Liezl Sweers,

Corien Kleynhans) Pro Deo

gewerk het, word die wins van die

verkope van hierdie boek geskenk

aan die Christelike Stigting Growing

Nations -www.growingnations.co.za

in die RSA en Lesotho.

(R 85 – 87 bladsye)

TWEE PUBLIKASIES VAN

DIE HAND VAN PROF NICO

VORSTER VAN DIE TEOLO-

GIESE FAKULTEIT, NOORD-

WES UNIVERSITEIT (POT-

CHEFSTROOM):

Restoring human dignity in

South Africa / Nico Vorster

Hierdie publikasie bied ‘n Christelike

perspektief op menseregte,

een van die fundamentele waar-

des wat gevind

kan word in die

Konstitusie van

die nuwe Suid

Afrika.

(R 115 - 164 blasye)

Kerk en menseregte

binne ‘n

regstaat / Nico

Vorster

“Die oorgang tot

‘n nuwe demokratiese

bedeling in

1994 het gelei tot

‘n verskuiwing in

die verhouding

tussen die owerheid

en Christelike kerke. Die

vorige minderheidsregering het

homself as ‘n voorstander van

Christelike waardes beskou. Die

totstandkoming van ‘n regstaat in

Suid-Afrika het nuwe implikasies

vir die verhouding tussen kerk,

owerheid en onderdane gebring.

Die Grondwet maak as die hoogste

wet in Suid-Afrika nie voorsiening

vir ‘n politieke bestel met teokratiese

elemente nie, maar wel vir

‘n neutrale staat.”

(R 115 - 538 bladsye)

De entree van

Calvin in de Lage

Landen /Dr Harm

Veldman

Pastoraal, apologetisch

en pluriform

W&W 91

Die skrywer was

dosent kerkgeskiedenis

by die Gereformeerde

voortgesette onderwys in Nederland.

In hierdie publikasie kyk hy

na die invloed van die Geneefse

kerkhervormer Johannes Calvyn

in Nederland. Hy doen dit aan

die hand van twaalf biografi ese

sketse. Die publikasie dui onder

andere aan dat die invloed van die

calvinisme in Nederland tydens

die 17 de eeu byna tot stilstand

gekom het, maar weer herleef het

in die 19de eeu deur publikasies

van onder andere Hendrik de Cock

en Abraham Kuyper.

(R125 – 134 bladsye)

Naar de kerk:

waar en waarom?

/ Dr A N HendriksPopulair-theologische

bijdragen

W&W 92

In hierdie publikasie

het die skrywer ‘n aantal

artikels wat handel oor die kerk

van Christus, voorheen gepubliseer

in die tydskrif Nader Bekeken,

verwerk. Die skrywer gee

aandag aan onder meer die volgende:

Een apostoliese kerk; Verskillende

visies op artikel 29 van

die NGB; Prediking en geloofsbelewing;

Die Tien Gebooie en die

Apostoliese Geloofsbelydenis; Doop

en Nagmaal; Die Aaronitiese seën;

Die gemeente as woonplek van die

Gees; Die kerkverband.

(R 145 – 120 bladsye)

Bogenoemde boeke is verkrygbaar

/ kan bestel word by:

FOLMER

BOEKHANDEL

Boekenhout (Folmerpta)

Ietje van der Kruk

Dickensonlaan 1180, Waverley,

Pretoria, 0186

Tel: 012 332 3227

e-pos: boekenhout@aros.ac.za

Folmer Boekhandel

(Kaapstad)

Proteaweg 95, Proteahoogte,

Brackenfell, 7560

Tel: 021 982 1402

e-pos:

eendenkooi@telkomsa.net

Internationale

bestellings

Petro Drijfhout

folmerboek@telkomsa.net

Tel/faks: 012 543 3597

www.folmerboek.com
Die Heilige Nagmaal

Omkring die woorde wat die *’s

moet vervang (links, regs, op, af,

of skuins).

Ons glo en bely dat ons Verlosser,

* Christus, die * van die heilige

nagmaal * en ingestel het om

hulle te voed en te onderhou wat

Hy reeds * en in sy huisgesin, die

kerk, ingelyf het. Nou het dié wat

wedergebore is, tweërlei lewe in

hulle: die een liggaamlik en *, wat

hulle van hulle eerste * saamgebring

het en wat alle mense besit;

die ander geestelik en *, wat aan

hulle gegee word in die * geboorte,

wat deur die woord van die evangelie

in die gemeenskap van die

* van Christus plaasvind. * deel

nie in hierdie lewe nie, maar slegs

die * van God. So het God tot

instandhouding van die liggaamlike

en * lewe vir ons aardse en *

brood voorsien; dit dien die lewe

en behoort, soos die lewe self, aan

almal. * om die * en hemelse lewe

wat die gelowiges besit, in * te hou

het Hy vir hulle ‘n lewende brood

gestuur wat uit die hemel * het,

naamlik Jesus Christus; Hy voed

en * die geestelike lewe van die

gelowiges wanneer Hy geëet, dit

wil sê deur die * toegeëien en ontvang

word. Om hierdie geestelike

brood vir ons af te * het Christus

aardse en sigbare brood as ‘n *

van sy liggaam en wyn as teken

van sy bloed in te stel.

Hy gee ons daarmee dit te kenne:

so * as wat ons die sakrament

ontvang en in ons * hou en dit met

ons * eet en drink en dit daarna in

die lewe hou, net so waarlik ontvang

ons vir ons geestelike lewe in

ons * deur die geloof - die ware

liggaam en die ware bloed van

Christus, ons * Verlosser.

Dit staan dus bo alle twyfel vas

dat Jesus Christus nie * sy sakramente

vir ons voorgeskryf het nie;

Hy doen immers in ons alles wat

Hy vir ons in hierdie * tekens voor

oë stel, al gaan dit ons * te bowe

en is dit vir ons onbegryplik

hoe dit *, net soos die werk van

die Heilige Gees ondeurgrondelik

en onbegryplik is. Tog * ons nie as

ons sê dat wat deur ons geëet en

gedrink word, die eie en

* liggaam en die eie bloed van

Christus is nie; maar die * waarop

ons dit *, is nie met die mond nie

maar met die Gees * die geloof.

Daarom, al bly Christus altyd aan

die * van sy Vader in die hemel

sit, hou Hy tog nie op om ons deur

die geloof aan Homself deel te laat

hê nie.

Hierdie * is ‘n geestelike maaltyd

waar Christus Homself met al sy

* aan ons meedeel en waar Hy

ons Homself en die verdienste van

sy lyding en sterwe laat geniet.

Hy voed, * en vertroos ons arme

* siel as ons sy liggaam eet en Hy

verkwik en herstel dit as ons sy

* drink.

Verder, hoewel die sakramente

én die * waarvan hulle tekens is,

bymekaar hoort, word nie beide

deur alle mense ontvang nie. Die

goddelose ontvang wel die sakrament

tot sy *, maar hy ontvang nie

die waarheid van die sakrament

nie. So het * en Simon die * albei

wel die sakrament ontvang maar

nie Christus, wat daardeur voorgestel

word nie; Hý word * aan die

gelowiges gegee.

Ten *, ons ontvang hierdie sakrament

in nederigheid en met * in

die samekoms van die * van God,

waar ons met danksegging ‘n heilige

gedagtenis aan die dood van

Christus ons Verlosser onderhou

en * van ons geloof en van die *

godsdiens doen. Daarom behoort

niemand daarheen te gaan as hy

homself nie eers deeglik ondersoek

het nie, sodat hy nie tot

sy eie * drink as hy van hierdie

brood eet en van hierdie * drink

nie (1 Kor 11:29). Kortom, deur die

gebruik van hierdie heilige sakrament

word ons tot ‘n vurige liefde

vir God en ons naaste beweeg.

Daarom verwerp ons alle * en verwerplike

versindsels wat mense by

die sakrament bygevoeg en daarmee

* het, as onheiligings daarvan.

Ons verklaar dat ons tevrede

moet wees met die verordening

wat Christus en sy * ons geleer

het en ons sê dieselfde as wat hulle

daarvan gesê het.

Augustus 2012 • 39
Liewe Damaris,

Baie dankie vir jou antwoord. Ons

sal nou maar afwag wat die toekoms

van Kerk en Woord sal wees.

Die tyd sal dit leer.

Tans is ons aller aandag gerig op

die beroeping van ‘n predikant, of

‘n herder en leraar. Die kerkraad

het vir die gemeente gevra om

name te gee van predikante wat

ons wil voorstel, wat ons geskik

ag om in die amp te dien, vir sover

ons dit kan vasstel. Saam daarmee

het ons ‘n begeleidende skrywe

gekry as ‘n Bybelse riglyn by die

oorweging en indiening van name.

Heelwat toepaslike Bybelgedeeltes

is genoem, asook ‘n aantal artikels

uit die kerkorde van die GKSA.

En ons is aangespoor om biddend

daarmee besig te wees.

Ja, want dit is, dink ek, die

belangrikste om die Here aan te

roep en te erken dat Hy die Een is

wat besluit watter bedienaar van

die Woord Hy vir ons gemeente

bestem het. Dit beteken nie dat ons

agteroor kan gaan sit nie. Nee, ons

moet nogsteeds name gee en later

ook ons kruisie trek. Alleen, ons

moet dit in volkome afhanklikheid

van Hom doen. Ons mag nie in Sy

pad staan deur ‘n profi el op te stel

van dié predikant wat aan verskillende

vereistes moet voldoen, om

die beste by ons gemeente in te

40 • Augustus 2012

pas nie. Alles met die beste bedoelings

miskien, maar dan is ons tog

besig om óns keuse te maak en dan

te hoop dat die Here dit sal goedkeur.

Die afgelope jare het die Here ons

beproef. Daar was droefheid en

trane, maar nou mag ons van die

Here bid of Hy ons opnuut ‘n herder

en leraar wil gee om ons met Sy

Woord te voed en te versterk, sodat

ons almal saam Hom eendragtig

mag dien. Maar wat het ons geleer

van die tyd waarin die Here ons

beproef het? Wat was Sy bedoeling

daarmee? Tog seker dit, dat

ons onsself moet ondersoek of ons

nog met ons hele hart by die Here

is, dat ons nederig en ootmoedig

mag erken dat ons dit nie verdien

om weer opnuut as gemeente die

lig van die kandelaar te mag laat

skyn nie. Ons het daarin gefaal,

maar ons mag met ons tekorte en

sondes na die Here gaan. Hy laat

geen bidder staan.

Ek dink ons kan baie leer van wat

Paulus in sy tweede brief aan die

Korintiërs geskryf het. Daarin verwys

hy na ‘n brief wat hy vroeër

na hulle gestuur het waarin hy

die gemeente streng aangespreek

het oor bepaalde sondes. Daardie

brief het toe groot droefheid in die

gemeente veroorsaak (hfst 7). Dit

is nie bekend waaroor dit gegaan

het nie, want die brief (die sogenaamde

‘tranebrief’) het verlore

geraak. Paulus is egter verheug

dat daar droefheid in die gemeente

gekom het. En veral dat dit ‘n

droefheid volgens die wil van God

was en nie ‘n droefheid volgens die

wêreld nie. Hy bedoel daarmee dat

die droefheid van die Korintiërs

deur God goedgekeur en daarom

ook deur Hom bewerk was, en tot

hulle eie geestelike voordeel was.

Die wêreldse droefheid egter ween

nie oor die feit van die sonde nie,

maar slegs oor die uitwerking

daarvan. Ek haal aan uit hoofstuk

7 vers 11: “Want kyk, juis dit, dat

julle bedroef geword het volgens die

wil van God – wat ‘n groot ywer het

dit in julle gewerk, ja, verantwoording,

verontwaardiging, vrees, verlange,

ywer, bestraffi ng.”

Laat dit ook van ons gemeente

gesê kan word dat ons droefheid

uit en tot God is, want dit werk ‘n

onberoulike bekering tot redding

(7:10).

Ek sal graag van jou hoor wat jou

reaksie hierop is. Ek hoop jy het

‘n lekker rustydjie gehad en is al

weer volstoom besig met die laaste

semester.

Groete,

Jemima