02.05.2013 Views

1 LEWE, BREIN, VERSTAND EN SIEL Vra iemand ... - Ateisme.co.za

1 LEWE, BREIN, VERSTAND EN SIEL Vra iemand ... - Ateisme.co.za

1 LEWE, BREIN, VERSTAND EN SIEL Vra iemand ... - Ateisme.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

die siel is die plek waar alle verstandelike aktiwiteite plaasvind, of is dit nou jou brein!

Dalk is jou verstand (intellek) , maar net jou brein. Dalk is jou siel die stoorplek van jou

geheue, jou gedagtes en waarnemings, jou karakter, jyself? As dit selfs “jouself” is wat

ons hier bespreek, so waarom bekommerd wees oor die lot van ‘n parasitiese gees wat in

jou liggaam woon?

As jy jou nie hoef te bekommer oor ‘n siel nie, is die Christen geloof betekenloos, want

dan is daar geen onsterflike siel wat hemel of hel toe gaan nie. Dus Jesus se dood en

vergifnis is onnodig!

In die antieke Griekeland was daar ‘n inskripsie voor ‘n tempel “ken jouself”. Sielkundiges

is vandag nog voorskriftelik tot die “materiële”, “sosiale” en “spirituale” self. Die

“spirituale” (geestelike) self is die een wat jou private gedagtes en gevoelens bevat. Jy

hoef beslis nie kerk toe te gaan om in kontak met die “spirituale” self te kom nie, maar jy

moet tyd alleen deurbring om jouself te ken. Indien nie, mag jy op jou sosiale en fisiese

kant staatmaak ten einde op te maak vir jou onder-ontwikkelende “spirit”, jouself.

‘n Mens wonder maar net, wat het dan van al die siele geword voordat geloof die redding

van siele ontdek het, onthou daar was geen hel of hemel op daardie stadium nie. Selfs

vandag is meer as 75% van die wêreld bevolking nie Christene nie.

Die hel mag dalk binnekort oorvol wees en dan sal God sekerlik weer nuwe strategie

bekend maak.

So wonder ons dan ook wat God met al die siele wil maak wat dan gered is, en sal word,

in die toekoms. Om in ewige saligheid te verkeer klink darem werklik oninteressant. Die

Christen gelowe is dan braaf om luidkeels te verklaar. “Ek glo as Christen, en hoop dat

my onsterflike siel in die paradys sal kom, wat het ek om te verloor?” Selfs ‘n Ateïs sal

ook graag ‘n onsterflike siel wil hê. Dit sal ook gaaf wees indien daar ‘n goedgunstige

Wese was, tot wie jy kon bid. Dit sal ook lekker wees as geld op bome groei?? Christen

en Ateïs mag beide vir onsterlikheid wens. Die Ateïs glo egter nie dat dit in onsigbare

wêrelde lê nie, bewoon deur onsigbare Gode, wie jou vir ewig sal straf oor ‘n verdwaalde

seksuele gedagte nie. Daar is geen bewys van ‘n onsterflike siel nie. Misleide siele,

dronk siele, kinderlike siele, siniele siele, kan nie verduidelik word, tensy die siel (brein,

verstand, self) saam met die liggaam sterf nie!

Waarom het die Jode dan nie in ‘n onsterflike siel geglo nie? Kom ons lees Genesis

3:22-23. “Toe sê die Here God: Nou het die mens geword soos een van ons deur goed

en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe

neem en eet en lewe in ewigheid nie! Toe stuur die Here God hom weg uit die tuin van

Eden om die grond te bewerk waar hy uitgeneem is”.

Dit is tog duidelik dat die mense uit die tuin verban is om te verhoed dat hulle die “Lewe in

Ewigheid” verkry. Geen ander interpretasie kan geldig wees nie. So die onsterflikheid

van die mens is nie beskikbaar nie.

Lees ook gerus Prediker 9:10. “Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met volle

mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heen

gaan nie. Die KJV weergawe sê “in the grave” vir doderyk.

So, u kan besef waarom Ateïste nie in ‘n ewige lewe van ‘n siel glo nie! Dit bevestig dat

geen persoonlikheid, geheue, gedagtes of gevoelens die doderyk (graf) sal oorleef nie.

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!