1 LEWE, BREIN, VERSTAND EN SIEL Vra iemand ... - Ateisme.co.za

1 LEWE, BREIN, VERSTAND EN SIEL Vra iemand ... - Ateisme.co.za 1 LEWE, BREIN, VERSTAND EN SIEL Vra iemand ... - Ateisme.co.za

ateisme.co.za
from ateisme.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

die brein is indrukke, beeld via die oë as visie sintuie, as voorbeeld. Die waarneming van die sintuie, van die wêreld, kan nie direkte kennis van die bestandele van die wêreld wees nie. Die ervaring van ‘n voorwerp is dus gemeng, soos, grote en gewig is meetbaar, maar kwaliteite soos reuk en smaak is die prikkeling van sintuie, dus subjektief en relatief. Dit is bekend as empirisme. Volgens Hindu geskrifte is die verstand (mind) die koördinerende orgaan van intelligensie, denke, verstandhouding (begrip), waarneming en wilskrag. Volgens Buddhisme is die verstand die rasionele en intellektuele fakulteit. Ons besef dus dat kennis deur waarneming van die sintuie indirek, subjektief en relatief is. Om geheue as sulks as ‘n bron van kennis te beskou, hou hoë risiko’s in. Dit is onmoontlik om in ‘n spesifieke geval die geheue se akkuraatheid te toets met die spesifieke gebeure, wat dit veroorsaak het. Selfs werklike geheues kan merkwaarlik verskil as onbetroubaar. Geen behoorlike hof sal die onbevestigde getuie as voldoende aanvaar nie. Selfs ondersteunende getuie van iemand anders mag tot ‘n mate help, want geheue is altyd subjektief. Ons howe ondervind gereeld dat getuies se weergawe van dieselfde voorval drasties mag verskil. Geheues mag verander, byvoeg en besonderhede weglaat, met versteuring van die geval, met verloop van tyd. Alhoewel geheue ‘n onbetroubare kennis van die verlede is, is die rol daarvan in intelligensie en self-identifisering onbetwisbaar. Die onvermoë om gebruik te maak van die verkrygde informasie en ondervinding is ‘n ernstige beperking in die uitvoering van verstandelike en praktiese take. So is geheue kardinaal tot self-identifisering. In die geval van geheueverlies is die sin van die eie ek, verlore. Dit is juis die opbouing van geheue wat die persoon oor sy leeftyd met hom saamneem, wat hom daardie persoon maak. Sou hy sy geheue verloor, hou hy op om daardie persoon te wees, en assulks, ‘n nuwe en oningeligte persoon. Moderne filosowe praat eerder van ‘n verstandelike toestand van bewussyn, as verstand. Indien u onthou hoe om iets te doen, beteken dit dat jy in staat is om dit te doen. Die geheue is nie ‘n aparte entiteit bo die verkrygde vermoë nie. Jy mag sê iemand is vaardig met ‘n taak, of skerpsinnig, maar jy kan nie hom vra om sy vaardigheid of skerpsinnigheid vir jou te wys nie. Intelligensie (of beskeidenheid, of ydelheid) is nie ‘n ding nie, maar ‘n ingesteldheid of geneigdheid om op sekere stimulasie op ‘n sekere manier te reageer. Die verstand is nie iets wat gesien of betas kan word nie. Om te dink dat die verstand die liggaam bewoon is om die leerstelling van ‘n spook in die masjien te aanvaar. Die Australiese Aboringie kultuur erken die “dream-time” as skakeling met hulle voorvaders en Gode. Soos in meeste ander mense, was die drome insake dit wat vir hulle van belang was. Hulle sou droom oor die land en die omstandighede, vrede en vooruitgang. Daar is egter twee soorte drome. Die inwendige gevolg van voortgesette brein-aktiwiteite gedurende periodes van slaap. Die alom bekende “dag-dromery” ontstaan met die staking of onderdrukking van die gewone stand van bewussyn of aandag. Dit laat ander denkpartrone as vervanging toe. Beide hierdie drome is dan baie belangrik in geloof. Die “slaap-drome” gee dan inspraak moontlikhede, inligting en waarskuwings wat dan andersins nie beskikbaar sou wees nie. Die “dag-drome” bestaan dan glo op die rand van toegang tot geestelike vervoering (trance) en veranderde toestande van bewustheid. 2

Drome was nog altyd ‘n groot bydraer tot bygelowe en niks anders was so natuurlik nie. So sal ‘n man droom sy siek vrou sal sterf. Dan gebeur dit die volgende dag. Dus het die Gode hom die boodskap vooruit gestuur. Die generaal droom dat sy manne die veldslag sal wen, dit gebeur, en nou is dit die Gode wat hom ingelig het dat hy die oorwinnaar sal wees. Het u al gewonder oor al die drome wat nie waar geword het nie! Waar is die Gode se voorbodes dan nou? Drome en geheimenisse, sogenaamde Godspake, vorm ‘n groot deel van ons antieke geskiedenis. Die laaste sin in Levitikus 19:26 lees : “Julle mag nie waarsêery en towery beoefen nie”. Woorde soos “voortekens of goëlery” word gebruik. Die Vulgate vertaling volgens Voltaire lees : “You shall not observe dreams”. Volgens Voltaire is die woord “Dream” nie in Hebreeus nie. Dit is dan ook botsend dat droom uitleg, waarsêery, in die Bybel verbied word, terwyl Josef as droom uitlegger, die bevoordeelde persoon van sy familie en Egipte word, deurdat hy drie drome kon verklaar! Droom uitleg was so algemeen in antieke tye dat hulle selfs kon voorspel wat jy gedroom het, sou jy dit vergeet! Hulle kon selfs versteekte kennis ontdek. So het Nebukadnezer die towenaars met die dood gedreig sou hulle nie sy droom kon vasstel, wat hy vergeet het nie. Gelukkig vir al die towenaars was daar die Jood, Daniël, wat saam met die towenaars opgevoed was, wie die droom kon voorspel en uitlê. Hierdie en menige ander verhale bevestig dat die Joodse wetgewing nie teen droomuitlegging, as wetenskap, gekant was nie. Daar was beslis baie waarde gekoppel aan drome en die betekenis daarvan, onwetend dat dit eenvoudig chemiese en biologiese prosesse se voortsetting gedurende die stand van slaap is. Kan dit waar wees dat hierdie orgaan, die brein, wat aanvanklik beskou was as ‘n afkoelings orgaan, soveel mense hulle lewens gekos het! Ons het reeds oor “spiritus” as “breath” en “spirare” as “blow or breathe” in die begin, geskryf. Die toepassing op geloof is ontelbaar selfs in Afrikaans as spirituele, geestelike en siel omskrywing. Die omskrywing van siel is : “Onstoflike deel van die mens, die setel van die gevoel, die wil en gedagtes. Die lewende beginsel van Goddelike oorsprong wat as onsterflik beskou word.” ‘n Moderne Amerikaanse sielkundige sê ‘n siel is die uitdrukking van prag, verbeelding en kreatiwiteit. Die antieke Egiptenare het gesê, om die siel te verstaan moet jy eers na die hart luister. Volgens Judaïsme, Hebreeuse geskrifte, is daar nie duidelike onderskeid tussen die liggaam en siel nie. Die woorde Ru’ah (asem, wind) en Nefesh (neck) verduidelik slegs “dit wat lewe gee en die afwesigheid daarvan wat dan die dood beteken. Volgens die Rabbi’s van die Tulmudiese tyd, was daar wel onderskeid. Die siel was verstaan as die liggaam se gas gedurende die aardse lewe. Volgens die Kabbaliste was die siel ‘n heilige entiteit wat afwaarts beweeg om die liggaam te beset, met einddoel om weer terug te keer na die wêreld van Sefirot (tien eindbestemmings van God). Die Christene het die Ou Testament se termologie geerf met onsekerheid of enige deel van die liggaam na die dood voortgaan. Die Griekse vertalings gee “Nephesh” as “Psyche” en “Ru’ah” as “Pneuma”. Dit is omskep met die heropstanding van Jesus en die Heilige Gees, in die vroeë kerke. Hier was geglo dat die “Psyche” (siel, gees) in totaliteit aan God oorgegee moet word. Dit was dan gekoppel aan die begrip dat die wederopstandiging in die liggaam sou wees. Die vasvang van die siel in die liggaam, met die liggaam in die graf, was baie aanloklik vir die gelowe van die tyd (Helliniste - Griekse tyd). Selfs voorsorg was getref vir die siel se ontsnapping. In Islam is “NAFS” die Arabies vir Nephesh (Psyche) wat meestal uitgedruk word as “jouself” of “lewende persoon”. Die siel of self word dan by dood deur God verwyder. Die 3

die brein is indrukke, beeld via die oë as visie sintuie, as voorbeeld. Die waarneming van

die sintuie, van die wêreld, kan nie direkte kennis van die bestandele van die wêreld

wees nie. Die ervaring van ‘n voorwerp is dus gemeng, soos, grote en gewig is

meetbaar, maar kwaliteite soos reuk en smaak is die prikkeling van sintuie, dus subjektief

en relatief. Dit is bekend as empirisme.

Volgens Hindu geskrifte is die verstand (mind) die koördinerende orgaan van

intelligensie, denke, verstandhouding (begrip), waarneming en wilskrag. Volgens

Buddhisme is die verstand die rasionele en intellektuele fakulteit.

Ons besef dus dat kennis deur waarneming van die sintuie indirek, subjektief en relatief

is. Om geheue as sulks as ‘n bron van kennis te beskou, hou hoë risiko’s in. Dit is

onmoontlik om in ‘n spesifieke geval die geheue se akkuraatheid te toets met die

spesifieke gebeure, wat dit veroorsaak het. Selfs werklike geheues kan merkwaarlik

verskil as onbetroubaar. Geen behoorlike hof sal die onbevestigde getuie as voldoende

aanvaar nie. Selfs ondersteunende getuie van iemand anders mag tot ‘n mate help, want

geheue is altyd subjektief. Ons howe ondervind gereeld dat getuies se weergawe van

dieselfde voorval drasties mag verskil. Geheues mag verander, byvoeg en

besonderhede weglaat, met versteuring van die geval, met verloop van tyd.

Alhoewel geheue ‘n onbetroubare kennis van die verlede is, is die rol daarvan in

intelligensie en self-identifisering onbetwisbaar. Die onvermoë om gebruik te maak van

die verkrygde informasie en ondervinding is ‘n ernstige beperking in die uitvoering van

verstandelike en praktiese take. So is geheue kardinaal tot self-identifisering. In die

geval van geheueverlies is die sin van die eie ek, verlore. Dit is juis die opbouing van

geheue wat die persoon oor sy leeftyd met hom saamneem, wat hom daardie persoon

maak. Sou hy sy geheue verloor, hou hy op om daardie persoon te wees, en assulks, ‘n

nuwe en oningeligte persoon.

Moderne filosowe praat eerder van ‘n verstandelike toestand van bewussyn, as verstand.

Indien u onthou hoe om iets te doen, beteken dit dat jy in staat is om dit te doen. Die

geheue is nie ‘n aparte entiteit bo die verkrygde vermoë nie. Jy mag sê iemand is

vaardig met ‘n taak, of skerpsinnig, maar jy kan nie hom vra om sy vaardigheid of

skerpsinnigheid vir jou te wys nie. Intelligensie (of beskeidenheid, of ydelheid) is nie ‘n

ding nie, maar ‘n ingesteldheid of geneigdheid om op sekere stimulasie op ‘n sekere

manier te reageer. Die verstand is nie iets wat gesien of betas kan word nie. Om te dink

dat die verstand die liggaam bewoon is om die leerstelling van ‘n spook in die masjien te

aanvaar.

Die Australiese Aboringie kultuur erken die “dream-time” as skakeling met hulle

voorvaders en Gode. Soos in meeste ander mense, was die drome insake dit wat vir

hulle van belang was. Hulle sou droom oor die land en die omstandighede, vrede en

vooruitgang. Daar is egter twee soorte drome. Die inwendige gevolg van voortgesette

brein-aktiwiteite gedurende periodes van slaap. Die alom bekende “dag-dromery”

ontstaan met die staking of onderdrukking van die gewone stand van bewussyn of

aandag. Dit laat ander denkpartrone as vervanging toe. Beide hierdie drome is dan baie

belangrik in geloof. Die “slaap-drome” gee dan inspraak moontlikhede, inligting en

waarskuwings wat dan andersins nie beskikbaar sou wees nie. Die “dag-drome” bestaan

dan glo op die rand van toegang tot geestelike vervoering (trance) en veranderde

toestande van bewustheid.

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!