02.05.2013 Views

1 LEWE, BREIN, VERSTAND EN SIEL Vra iemand ... - Ateisme.co.za

1 LEWE, BREIN, VERSTAND EN SIEL Vra iemand ... - Ateisme.co.za

1 LEWE, BREIN, VERSTAND EN SIEL Vra iemand ... - Ateisme.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LEWE, BREIN, VERSTAND EN SIEL

Vra iemand om vir jou te vertel wat “lewe” is en die verwarring neem ‘n aanvang. Die

woorde-boeke sê “‘n toestand van gedurige verandering en funksionele bedrywigheid

kenmerkend vir georganiseerde stof, veral vir daardie deel daarvan wat ‘n mens, dier of

plant vorm voordat dit dood is; bestaan, toestand van lewend te wees, teenoor dood”.

Nog ‘n omskrywing is; “Die vermoë om te groei, reproduseer en reaksie tot stimulasie

soos lig, hitte en klank. Lewe begin met die oomblik van bevrugting, dus die oomblik

wanneer ‘n spermsel ‘n eier bevrug.” Dit is die konserwatiewe siening van die Rooms

Katolieke Kerk teenoor die aborsie betoog. ‘n Antieke filosoof het kortliks lewe omskryf

as : “Lewe is die moeilike omstandighede wat die dood voorafgaan”. Vandag is dit alom

bekend dat indien jy nie klinies dood (alle brein funksies staak) is nie, is jy nog

lewensvatbaar. Die liggaamsorgane kan nog vir ‘n beperkte tyd funksioneer nadat die

breinfunksies staak.

Die brein word omskryf as : “In hoër diere, ‘n massa intergekonnekteerde sensuwee

selle”. Die brein en die verlengde rugmurg vorm gesamentlik die sentrale senuwee

stelsel, wat met senuwees aan alle dele van die liggaam gekoppel is. Die boonste

vergrote deel van die rugmurg (Medulla Oblongata) bevat die sentrum vir beheer oor die

funksionering van die liggaam dus asemhaling, hartklop en ritme, bloeddruk, balans,

denke, geheue en emosies. Die ingewikkeldheid van die grootharsings (Cerebrum) van

mense is die duidelike onderskeid van diere. Die dun buitenste laag is ‘n massa grysstof

(serebrale korteks). Dit is hier waar bewussynsdenke plaasvind deurdat informasie deur

die sintuie ontleed word en willekeurige bewegings of optredes tot gevolg mag hê. Binne

in hierdie laag grysstof is ‘n massa senuwee vesels, die witstof, wat die grysstof aan die

res van die brein koppel.

Die breinstam is die sentrale deel waar die verlengde rugmurg die onderste deel van die

brein ontmoet. Dit is hierdie deel van die brein wat die liggaam se lewensfunksies

sentrum is. Dit is ook die tussenskakel sentrum van en na die hoër sentrum van die

brein. Die dood van die breinstam, word vandag in baie lande erken as die dood van die

persoon as geheel. Hierdie persone is die algemene skenkers vir orgaan oorplanting.

Die sogenaamde “kloppende-hart-skenkers” kan vir ‘n beperkte tyd kunsmatig ondersteun

word.

Daar is groot nie-toegekende oppervlaktes van die brein wat vermoedelik verband hou

met intelligensie, persoonlikheid en hoër verstandelike funksies. Taal as voorbeeld word

op twee spesifieke areas, normaalweg op die linkerkant van die brein, gekontroleer. So

is Broca se area as reguleerder vir spraakvermoë en Wernicke se area vir verstaan van

gesproke en geskrewe taal. Die regterkant van die brein hanteer ruimtevaardighede,

musiekale vermoë, kuns en kreatiwiteit. Die Hipotalamus beheer honger, dors,

seksdrange, aggressie en slaap.

Naslaanbronne sê “Brein” is harsings, verstand. Verstand is dan die vermoë om te

verstaan, dus denkvermoë, insig en intellek. Verstand onderskei die mens van die dier.

So word iemand met baie verstand dan as baie slim geag. Gesonde verstand is dan

gewone redenering van iemand wat nadink.

Die filosoof Johan Locke beweer dat fundamentalistiese menslike kennis van die sintuie

kom. By geboorte het die kind ‘n blanko brein en verkry dan basiese wêreldskennis deur

die sintuie. Enige ervaring van die wêreld is indirek. Die ervarings van die wêreld deur

1

die brein is indrukke, beeld via die oë as visie sintuie, as voorbeeld. Die waarneming van

die sintuie, van die wêreld, kan nie direkte kennis van die bestandele van die wêreld

wees nie. Die ervaring van ‘n voorwerp is dus gemeng, soos, grote en gewig is

meetbaar, maar kwaliteite soos reuk en smaak is die prikkeling van sintuie, dus subjektief

en relatief. Dit is bekend as empirisme.

Volgens Hindu geskrifte is die verstand (mind) die koördinerende orgaan van

intelligensie, denke, verstandhouding (begrip), waarneming en wilskrag. Volgens

Buddhisme is die verstand die rasionele en intellektuele fakulteit.

Ons besef dus dat kennis deur waarneming van die sintuie indirek, subjektief en relatief

is. Om geheue as sulks as ‘n bron van kennis te beskou, hou hoë risiko’s in. Dit is

onmoontlik om in ‘n spesifieke geval die geheue se akkuraatheid te toets met die

spesifieke gebeure, wat dit veroorsaak het. Selfs werklike geheues kan merkwaarlik

verskil as onbetroubaar. Geen behoorlike hof sal die onbevestigde getuie as voldoende

aanvaar nie. Selfs ondersteunende getuie van iemand anders mag tot ‘n mate help, want

geheue is altyd subjektief. Ons howe ondervind gereeld dat getuies se weergawe van

dieselfde voorval drasties mag verskil. Geheues mag verander, byvoeg en

besonderhede weglaat, met versteuring van die geval, met verloop van tyd.

Alhoewel geheue ‘n onbetroubare kennis van die verlede is, is die rol daarvan in

intelligensie en self-identifisering onbetwisbaar. Die onvermoë om gebruik te maak van

die verkrygde informasie en ondervinding is ‘n ernstige beperking in die uitvoering van

verstandelike en praktiese take. So is geheue kardinaal tot self-identifisering. In die

geval van geheueverlies is die sin van die eie ek, verlore. Dit is juis die opbouing van

geheue wat die persoon oor sy leeftyd met hom saamneem, wat hom daardie persoon

maak. Sou hy sy geheue verloor, hou hy op om daardie persoon te wees, en assulks, ‘n

nuwe en oningeligte persoon.

Moderne filosowe praat eerder van ‘n verstandelike toestand van bewussyn, as verstand.

Indien u onthou hoe om iets te doen, beteken dit dat jy in staat is om dit te doen. Die

geheue is nie ‘n aparte entiteit bo die verkrygde vermoë nie. Jy mag sê iemand is

vaardig met ‘n taak, of skerpsinnig, maar jy kan nie hom vra om sy vaardigheid of

skerpsinnigheid vir jou te wys nie. Intelligensie (of beskeidenheid, of ydelheid) is nie ‘n

ding nie, maar ‘n ingesteldheid of geneigdheid om op sekere stimulasie op ‘n sekere

manier te reageer. Die verstand is nie iets wat gesien of betas kan word nie. Om te dink

dat die verstand die liggaam bewoon is om die leerstelling van ‘n spook in die masjien te

aanvaar.

Die Australiese Aboringie kultuur erken die “dream-time” as skakeling met hulle

voorvaders en Gode. Soos in meeste ander mense, was die drome insake dit wat vir

hulle van belang was. Hulle sou droom oor die land en die omstandighede, vrede en

vooruitgang. Daar is egter twee soorte drome. Die inwendige gevolg van voortgesette

brein-aktiwiteite gedurende periodes van slaap. Die alom bekende “dag-dromery”

ontstaan met die staking of onderdrukking van die gewone stand van bewussyn of

aandag. Dit laat ander denkpartrone as vervanging toe. Beide hierdie drome is dan baie

belangrik in geloof. Die “slaap-drome” gee dan inspraak moontlikhede, inligting en

waarskuwings wat dan andersins nie beskikbaar sou wees nie. Die “dag-drome” bestaan

dan glo op die rand van toegang tot geestelike vervoering (trance) en veranderde

toestande van bewustheid.

2

Drome was nog altyd ‘n groot bydraer tot bygelowe en niks anders was so natuurlik nie.

So sal ‘n man droom sy siek vrou sal sterf. Dan gebeur dit die volgende dag. Dus het die

Gode hom die boodskap vooruit gestuur. Die generaal droom dat sy manne die veldslag

sal wen, dit gebeur, en nou is dit die Gode wat hom ingelig het dat hy die oorwinnaar sal

wees. Het u al gewonder oor al die drome wat nie waar geword het nie! Waar is die

Gode se voorbodes dan nou? Drome en geheimenisse, sogenaamde Godspake, vorm ‘n

groot deel van ons antieke geskiedenis. Die laaste sin in Levitikus 19:26 lees : “Julle mag

nie waarsêery en towery beoefen nie”. Woorde soos “voortekens of goëlery” word

gebruik. Die Vulgate vertaling volgens Voltaire lees : “You shall not observe dreams”.

Volgens Voltaire is die woord “Dream” nie in Hebreeus nie. Dit is dan ook botsend dat

droom uitleg, waarsêery, in die Bybel verbied word, terwyl Josef as droom uitlegger, die

bevoordeelde persoon van sy familie en Egipte word, deurdat hy drie drome kon verklaar!

Droom uitleg was so algemeen in antieke tye dat hulle selfs kon voorspel wat jy gedroom

het, sou jy dit vergeet! Hulle kon selfs versteekte kennis ontdek. So het Nebukadnezer

die towenaars met die dood gedreig sou hulle nie sy droom kon vasstel, wat hy vergeet

het nie. Gelukkig vir al die towenaars was daar die Jood, Daniël, wat saam met die

towenaars opgevoed was, wie die droom kon voorspel en uitlê. Hierdie en menige ander

verhale bevestig dat die Joodse wetgewing nie teen droomuitlegging, as wetenskap,

gekant was nie. Daar was beslis baie waarde gekoppel aan drome en die betekenis

daarvan, onwetend dat dit eenvoudig chemiese en biologiese prosesse se voortsetting

gedurende die stand van slaap is. Kan dit waar wees dat hierdie orgaan, die brein, wat

aanvanklik beskou was as ‘n afkoelings orgaan, soveel mense hulle lewens gekos het!

Ons het reeds oor “spiritus” as “breath” en “spirare” as “blow or breathe” in die begin,

geskryf. Die toepassing op geloof is ontelbaar selfs in Afrikaans as spirituele, geestelike

en siel omskrywing. Die omskrywing van siel is : “Onstoflike deel van die mens, die setel

van die gevoel, die wil en gedagtes. Die lewende beginsel van Goddelike oorsprong wat

as onsterflik beskou word.” ‘n Moderne Amerikaanse sielkundige sê ‘n siel is die

uitdrukking van prag, verbeelding en kreatiwiteit. Die antieke Egiptenare het gesê, om

die siel te verstaan moet jy eers na die hart luister.

Volgens Judaïsme, Hebreeuse geskrifte, is daar nie duidelike onderskeid tussen die

liggaam en siel nie. Die woorde Ru’ah (asem, wind) en Nefesh (neck) verduidelik slegs

“dit wat lewe gee en die afwesigheid daarvan wat dan die dood beteken. Volgens die

Rabbi’s van die Tulmudiese tyd, was daar wel onderskeid. Die siel was verstaan as die

liggaam se gas gedurende die aardse lewe. Volgens die Kabbaliste was die siel ‘n

heilige entiteit wat afwaarts beweeg om die liggaam te beset, met einddoel om weer terug

te keer na die wêreld van Sefirot (tien eindbestemmings van God).

Die Christene het die Ou Testament se termologie geerf met onsekerheid of enige deel

van die liggaam na die dood voortgaan. Die Griekse vertalings gee “Nephesh” as

“Psyche” en “Ru’ah” as “Pneuma”. Dit is omskep met die heropstanding van Jesus en die

Heilige Gees, in die vroeë kerke. Hier was geglo dat die “Psyche” (siel, gees) in totaliteit

aan God oorgegee moet word. Dit was dan gekoppel aan die begrip dat die

wederopstandiging in die liggaam sou wees. Die vasvang van die siel in die liggaam, met

die liggaam in die graf, was baie aanloklik vir die gelowe van die tyd (Helliniste - Griekse

tyd). Selfs voorsorg was getref vir die siel se ontsnapping.

In Islam is “NAFS” die Arabies vir Nephesh (Psyche) wat meestal uitgedruk word as

“jouself” of “lewende persoon”. Die siel of self word dan by dood deur God verwyder. Die

3

siel is dan iets laer in rangorde as die asem (breath) wat God by leweskepping in blaas,

want dit is die siel wat boosheid verwek.

Dan is daar die sogenaamde “buite die liggaam” ervaring, bekend as ekstase. Dit kom in

alle gelowe voor waar mense verby die alledaagse ervarings in vervoering raak. Dit is

bekend in biogenetiese strukturalisme dat die beperking of uitsluiting van buite

waarnemings, deur aanhoudende eentonige tromme geluide, dramatiese invloed op die

brein mag hê. Die gevolge is dikwels wat aan uitvoerings toegeskryf word. Hierdie

geloofs optredes van buitensporige toegewydheid skep dikwels onverstaanbare

gebrabbel, wat gekkig tot buitestaanders voorkom. Heilige gekke vertoon dikwels die

karakters waarop die woord gevorm word.

Volgens die Vedas van die Hindus is daar geen onderliggende verwagting van ‘n

waardevolle lewe na die dood nie. Gedurende die Brahmanas periode was daar aandag

gegee aan “Prana” (breath) as onderliggende “self” of siel (Atman). Dit het onderliggend

deur die veranderende liggaam en deurgaans na dood bestaan. Nirvana is dan die finale

doel en bereiking van die Indiese gelowe. Nirvana is dus die uitwissing van die wêreldse

begeertes en gehegdheid, sodat die vereniging met God moontlik is.

In Buddhisme is daar geen self of siel om enige vervoering of vereniging na dood te

verkry nie. Nirvana is die uiteindelike en verheerlikte stand.

So is die debat oor die woord siel, ook as verstand en intelligensie beskryf, uit die

Latynse woord spiritus verkry, voortgesit, maar wat dan van ons mede-lewende genote,

die diereryk. Het hulle siele en indien wel verskil dit dan van mekaar, soos die spesies en

groepe verskil. Is die hond se siel anders as die van voëls of insekte? So het een

filosoof besluit dat diere se siele materieel is. Nogtans is saamgestem dat die materiële

siel dan wel gevoelsmaterie is. Die geestelike wese het dan in werklikheid as deel van

hulle vermoë, gevoel en geheue. Nogtans, volgens hulle kan diere nie die kennis van ‘n

kind van ses jaar, verkry nie. Die gevolgrekking is dat die siel van ‘n dier ‘n

selfstandigheid, ‘n stof is maar nie liggaamlik, of die liggaam self is nie. Dit is dan

vermoedelik Voltaire wie gesê het : “God is die siel van diere”.

So wat is die siel wat dan in ons liggame woon? Waar kom dit vandaan en wanneer kom

dit in die liggaam in? Verbeel u, God is altyd op die uitkyk wanneer mense omgang met

mekaar het of diere paar, en ‘n eiersel bevrug word, gou ‘n siel af te stuur om dit te beset.

Dit is dan die oomblik van bevrugting en wanneer die beginsel van “reg tot lewe” ‘n

aanvang neem! Wat gebeur nou weer, sou die bevrugte saadjie dood gaan? Wat gebeur

nou met die siel? Dink maar aan al die hedendaagse diere, uitgesluit die oerdiere. Die

grote olifante, voëls, visse en waterdiere, insekte en parasiete. Soos mense het die diere

geheues, gedagtes, drange en liefdes. So, God moet dan ‘n uiterse frusterende taak

beoefen om voltyds hierdie lewens aan te vul met die voorsiening van siele. Kan dit waar

wees dat God, die volmaakte, almagtige en alwetende Skepper van hierdie wêreld,

soveel herstel en onderhoud werk vir homself geskep het. Dit is sekerlik ‘n paar van die

vele redes waarom die bestaan van ‘n siel betwyfel word! Soos ‘n bekende Suid-Afrika

Wetenskaplike dit gestel het : “indien diere nie siele het nie, is hy oortuig dat mense ook

nie siele het nie”.

Ons weet dat materie onbeweeglik, passief en dood op sigself is. Wanneer materie dan

deur ‘n siel beset word, is dit beweeglik, aktief en natuurlik lewend. So materie is dan

nooit werklik opsigself lewend nie, omdat dit dooie materie is. Dit is die siel wat die

materie laat lewe, beweeg, en optree! Die liggaam is dus slegs die omhulsel, bekleding

4

van die siel vir ‘n beperkte tyd! Daar is dus geen natuurlike of nodige verbintenis tussen

die omhulsel, die liggaam (materie) en die siel nie. Reïnkarnasie of sielsonsterflikheid,

bevestig dit!

So, wat is die bomenslike ervarings wat mense dan beleef? Studies bewys dat die

meeste bomenslike ervarings deur mense beskryf word as sonsopkoms en ondergang,

bergpiek uitsigte, kunswerke, as groot liefde of geestelike ervaring. Dit is die dinge wat

deur die gewone mense as fantasties en wonderlik beskryf word. Dit is hierdie groot

dinge, berge en sonsondergang, ons sonnestelsel en die heelal, besondere dinge soos

musiek, waardevolle, soos liefde en babas, wat hulle die geestelike ervarings bied. Dit is

hierdie dinge wat mense in ekstase, dus verrukking plaas. Hulle aandag word werklik

vasgevang deur die impak van die uitsig of waarneming. Dit is dan opvallend dat dit die

natuur en die mensdom self is, wat hom hierdie bomenslike ervaring bied. Die geestelike

ervarings is daardie ervaring wat ons ‘n bietjie meer van die lewe, belangrike dinge en

impak gee, as die algemene ervarings wat ons as normaal aanvaar.

Volgens die Dualistiese leerstellings is die geestelike ervaring van buite die liggaam. Die

liggaam is ‘n onbeweeglike materie, so die “meer siel”, moet van dieselfde oorsprong, as

die siel wat die liggaam bewoon, kom. Die probleem is nou dat die ervaring as “meer

lewe” dus “meer siel” verwar word met die bestaande siel. Skielik plaas dit die bestaande

siel in ‘n ander belewenes werklikheid, as die alledaagse siel. So het u sekerlik al gehoor

: “die geestelike word ervaar as ekstra lewe van buite die liggaam, in werklikheid, die

ontdekking van beter en dieper vlakke binne jouself. Dit is die ervaring van menswees,

tenvolle! Dit is emosies wat verskuif. Wat normaalweg as geestelik beskryf word is

werklik die lewe, werklike menslikheid.

Die dinge wat geestelik genoem word is uitsluitlik van hierdie wêreld. Dit is natuurlik en

sosiaal. Dit is eenvoudig meer lewe as normaal ervaar en geensins van ‘n ander lewe

nie. Dit is nie anders as menslik nie, slegs meer menslik. Dit is die beste ervarings van

mensdom. Geestelike ervarings is feitlik menslike ervarings, die beste, sterkste en mees

uitstaande, dog nie-teenstaande menslik. Die bewering dat sulke ervarings bo-menslik is,

is om die mensdom te verraai, dus te vervreem as iets onmenslik. Die verkondiging van

geestelikheid is die voortsetting van ‘n growwe fout en bevat ‘n diepgaande dwaling van

die ergste graad wat die mens nog teenoor homself gepleeg het. Daar is ongelukkig

geloofstradisies wat gekant is teen die mensdom om goed, magtig en wonderlik te voel.

So byvoorbeeld teer Christendom op mense se gevoel van waardeloosheid. Die grootste

vrees van hierdie mense is dat ons nie hulle strukture vir redding nodig het nie. Ons is

nie perfek nie, maar baie goed. Geestelikheid is die menslikheid uitgedruk in terme van

onmenslikheid. Dit is onaanvaarbaar en selfvernedering en verkleinerend. Vervang

vervolgens die “geestelike ervaring” woorde met “lewens of menslike ervaring” en moedig

ander ook aan om dieselfde te doen.

Die antieke mense het geen kennis gedra van biochemie of senuwee aktiwiteit nie, maar

het verbeel dat ‘n soort van lewende mag genoemd ‘n “siel” in alle lewende wesens is.

Vandag is ons bewus dat alle gedagtes en gevoelens bekend is as elektriese aktwiteite

en hormone funksies. Dit is duidelik dat die brein saam met die liggaam gebore word,

volwasse word en saam met die liggaam verouderd. Klein kinders het klein breine, dus

minder verstand, wat dan soos hulle liggame en breine groei met snelle toename in

kennisbasis. Die brein, dus verstand, word vinnig baie kragtig soos die liggaam versterk.

So ook met die ouderdom word die brein ook swakker saam met die liggaam. Hoe is dit

dan moontlik dat die brein, verstand, dus die eie-self, die siel, ontstaan en groei saam

met die liggaam tot selfs veroudering, maar sterf nie saam met die liggaam nie! Onthou

5

die siel is die plek waar alle verstandelike aktiwiteite plaasvind, of is dit nou jou brein!

Dalk is jou verstand (intellek) , maar net jou brein. Dalk is jou siel die stoorplek van jou

geheue, jou gedagtes en waarnemings, jou karakter, jyself? As dit selfs “jouself” is wat

ons hier bespreek, so waarom bekommerd wees oor die lot van ‘n parasitiese gees wat in

jou liggaam woon?

As jy jou nie hoef te bekommer oor ‘n siel nie, is die Christen geloof betekenloos, want

dan is daar geen onsterflike siel wat hemel of hel toe gaan nie. Dus Jesus se dood en

vergifnis is onnodig!

In die antieke Griekeland was daar ‘n inskripsie voor ‘n tempel “ken jouself”. Sielkundiges

is vandag nog voorskriftelik tot die “materiële”, “sosiale” en “spirituale” self. Die

“spirituale” (geestelike) self is die een wat jou private gedagtes en gevoelens bevat. Jy

hoef beslis nie kerk toe te gaan om in kontak met die “spirituale” self te kom nie, maar jy

moet tyd alleen deurbring om jouself te ken. Indien nie, mag jy op jou sosiale en fisiese

kant staatmaak ten einde op te maak vir jou onder-ontwikkelende “spirit”, jouself.

‘n Mens wonder maar net, wat het dan van al die siele geword voordat geloof die redding

van siele ontdek het, onthou daar was geen hel of hemel op daardie stadium nie. Selfs

vandag is meer as 75% van die wêreld bevolking nie Christene nie.

Die hel mag dalk binnekort oorvol wees en dan sal God sekerlik weer nuwe strategie

bekend maak.

So wonder ons dan ook wat God met al die siele wil maak wat dan gered is, en sal word,

in die toekoms. Om in ewige saligheid te verkeer klink darem werklik oninteressant. Die

Christen gelowe is dan braaf om luidkeels te verklaar. “Ek glo as Christen, en hoop dat

my onsterflike siel in die paradys sal kom, wat het ek om te verloor?” Selfs ‘n Ateïs sal

ook graag ‘n onsterflike siel wil hê. Dit sal ook gaaf wees indien daar ‘n goedgunstige

Wese was, tot wie jy kon bid. Dit sal ook lekker wees as geld op bome groei?? Christen

en Ateïs mag beide vir onsterlikheid wens. Die Ateïs glo egter nie dat dit in onsigbare

wêrelde lê nie, bewoon deur onsigbare Gode, wie jou vir ewig sal straf oor ‘n verdwaalde

seksuele gedagte nie. Daar is geen bewys van ‘n onsterflike siel nie. Misleide siele,

dronk siele, kinderlike siele, siniele siele, kan nie verduidelik word, tensy die siel (brein,

verstand, self) saam met die liggaam sterf nie!

Waarom het die Jode dan nie in ‘n onsterflike siel geglo nie? Kom ons lees Genesis

3:22-23. “Toe sê die Here God: Nou het die mens geword soos een van ons deur goed

en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe

neem en eet en lewe in ewigheid nie! Toe stuur die Here God hom weg uit die tuin van

Eden om die grond te bewerk waar hy uitgeneem is”.

Dit is tog duidelik dat die mense uit die tuin verban is om te verhoed dat hulle die “Lewe in

Ewigheid” verkry. Geen ander interpretasie kan geldig wees nie. So die onsterflikheid

van die mens is nie beskikbaar nie.

Lees ook gerus Prediker 9:10. “Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met volle

mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heen

gaan nie. Die KJV weergawe sê “in the grave” vir doderyk.

So, u kan besef waarom Ateïste nie in ‘n ewige lewe van ‘n siel glo nie! Dit bevestig dat

geen persoonlikheid, geheue, gedagtes of gevoelens die doderyk (graf) sal oorleef nie.

6

Hiervolgens gaan ons almal maar na die graf en alles verrot daar! Moet my nie glo nie!

Slaan dit na en lees vir uself. As dit so vir die Jode aanvaarbaar is, waarom sal ek dan

van hulle interpretasie verskil. Dit is eerstens hulle Bybel vir hulle geloof.

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!