Koring Produksie - Pannar Seed

Koring Produksie - Pannar Seed Koring Produksie - Pannar Seed

pannarseed.co.za
from pannarseed.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

3. GRONDBEWERKING Met die stygende brandstofpryse het grondbewerking en grondvoorbereiding die grootste inset geword by koringproduksie. Dit het daartoe gelei dat produsente na alternatiewe soos chemiese onkruidbeheer begin kyk het ten einde hul insette af te bestuur. Veranderlike klimaatstoestande maak dit verder onmoontlik om ‘n vasgestelde resep vir grondbewerking daar te stel vir koringprodusente in die somerreënvalgebied. Om hierdie redes is produsente genoodsaak om met spesifieke doelwitte voor oë sy bewerkingstrategie te beplan. Van hierdie doelwitte sluit in: Bewaring van grondwater - dié belangrikste doelwit tot suksesvolle droëland koringverbouing Opheffing van grondverdigtings – noodsaaklik vir optimale water en wortel penetrasie Bekalking – opheffing van versuring Saadbedvoorbereiding – ferm saadbed vir optimale saailingvestiging Onkruidbeheer – ten einde vogverliese te minimaliseer Plantsiektebeheer – opslagkoring of grasse wat siektes kan oordra Bekamping van wind- en watererosie Deur spesifieke doelwitte na te streef kan produsente die aantal bewerkings tot die minimum probeer beperk. Grondbewerking vir kleingrane word in twee basiese benaderings verdeel naamlik konvensionele bewerking en bewaringsbewerking. 3.1 KONVENSIONELE BEWERKING Konvensionele bewerking word aanbeveel waar koring met koring opgevolg word (monokultuurstelsel) asook waar die risiko van winderosie laag is en daar ‘n geskiedenis van wortelsiektes is. Stap 1: Stroop Desember – Januarie. Stap 2: Sluit normaalweg ‘n bewerking met ‘n skottelimplement in om die reste van die vorige oes fyner te sny. Stap 3: Primêre bewerking met ‘n ploeg. Hierdie bewerking moet in die droër dele tussen einde Januarie en einde Februarie uitgevoer word om te verseker dat voldoende reën op die geploegde grond val om die grondwater weer aan te vul. Tydsberekening van die bewerking sal bepaal word deur die grondwater situasie en vooruitsigte vir reën. Waar hierdie bewerking uitgestel kan word weens ‘n moontlikheid van later reëns, hoe minder bewerkings is nodig om onkruid te beheer en hoe minder herverdigting sal plaasvind. Stap 4: Die bewerking het ten doel om die grond te verseël. Die bewerking word uitgevoer met ‘n eg of ‘n vlak vlerkskaar. Stap 5: Wanneer nodig, moet onkruid met vlak vlerkskaar bewerkings beheer 6

word. Hierdie bewerkings dien dan ook as saadbedvoorbereiding. Stap 6: Plant volgens die riglyne. Waar moontlik moet daar van ‘n penplanter gebruik gemaak word om die volgende redes: Effektiewe bandplasing van kunsmis in nat grond om opname van voedingstowwe te bevorder. Opbreek van vlak verdigte lae. Dit is belangrik dat die druk op die drukwiel aangepas word volgens die grondwatersituasie. Die beginsel geld dat hoe droër die grond is, hoe hoër moet die druk wees en hoe natter die grond hoe laer die druk. 3.2 BEWARINGSBEWERKING Bewaringsbewerking word aanbeveel in gebiede waar die reënval laag is en waar die risiko vir wind- en watererosie groot is as gevolg van ‘n lae klei-inhoud. Indien bewaringsbewerking toegepas word, hetsy hoë- of lae reënvalstreke, behoort dit binne ‘n wisselbousisteem toepas te word ten einde die risiko vir grond- of residugedraagde siektes te beperk. Stap 1: Onkruidbeheer (wanneer nat genoeg) met ‘n rolstaaf of vlerkskaar, afhangend van hoeveel strooi op die oppervlak moet bly. Stap 2: Diep tandbewerking, om verdigte lae op te breek en moet in Maart of April uitgevoer word. Die tydsberekening hiervan moet van so aard wees dat die minimum van bewerkings verder uitgevoer hoef te word, aangesien elke verdere bewerking sal bydra tot herverdigting en ‘n verlies aan strooi. Stap 3: Verseël die grond direk na tandbewerking met ‘n vlerkskaar, eg of V-lem. Stap 4: Beheer onkruid met vlak bewerking (vlerkskaar of V-lem) indien nodig. Stap 5: Plant volgens riglyne en gebruik verkieslik ‘n penplanter. 4. BEPLANNINGSOPBRENGS Die bepaling van die beplanningsopbrengs is een van die eerste stappe tot suksesvolle koringverbouing. Die beplanningsopbrengs in ’n spesifieke situasie word gedefinieer as ’n realistiese opbrengs wat op langtermyn haalbaar is. Aspekte van belang by die bepaling van die beplanningsopbrengs sluit in: Beskikbare grondwater met planttyd. Bepalende faktore sluit in die hoeveelheid reën en die verspreiding daarvan voor planttyd, bewerkingspraktyke en grondeienskappe (soos gronddiepte en klei % wat ’n invloed het op waterhouvermoë en worteldiepte). Die hoeveelheid aanvullende lentereëns wat verwag kan word. 7

3. GRONDBEWERKING

Met die stygende brandstofpryse het grondbewerking en grondvoorbereiding die grootste

inset geword by koringproduksie. Dit het daartoe gelei dat produsente na alternatiewe soos

chemiese onkruidbeheer begin kyk het ten einde hul insette af te bestuur. Veranderlike

klimaatstoestande maak dit verder onmoontlik om ‘n vasgestelde resep vir grondbewerking

daar te stel vir koringprodusente in die somerreënvalgebied. Om hierdie redes is produsente

genoodsaak om met spesifieke doelwitte voor oë sy bewerkingstrategie te beplan. Van

hierdie doelwitte sluit in:

Bewaring van grondwater - dié belangrikste doelwit tot suksesvolle droëland

koringverbouing

Opheffing van grondverdigtings – noodsaaklik vir optimale water en wortel

penetrasie

Bekalking – opheffing van versuring

Saadbedvoorbereiding – ferm saadbed vir optimale saailingvestiging

Onkruidbeheer – ten einde vogverliese te minimaliseer

Plantsiektebeheer – opslagkoring of grasse wat siektes kan oordra

Bekamping van wind- en watererosie

Deur spesifieke doelwitte na te streef kan produsente die aantal bewerkings tot die minimum

probeer beperk. Grondbewerking vir kleingrane word in twee basiese benaderings verdeel

naamlik konvensionele bewerking en bewaringsbewerking.

3.1 KONVENSIONELE BEWERKING

Konvensionele bewerking word aanbeveel waar koring met koring opgevolg word

(monokultuurstelsel) asook waar die risiko van winderosie laag is en daar ‘n

geskiedenis van wortelsiektes is.

Stap 1: Stroop Desember – Januarie.

Stap 2: Sluit normaalweg ‘n bewerking met ‘n skottelimplement in om die

reste van die vorige oes fyner te sny.

Stap 3: Primêre bewerking met ‘n ploeg. Hierdie bewerking moet in die droër

dele tussen einde Januarie en einde Februarie uitgevoer word om te verseker

dat voldoende reën op die geploegde grond val om die grondwater weer aan te

vul. Tydsberekening van die bewerking sal bepaal word deur die grondwater

situasie en vooruitsigte vir reën. Waar hierdie bewerking uitgestel kan word

weens ‘n moontlikheid van later reëns, hoe minder bewerkings is nodig om

onkruid te beheer en hoe minder herverdigting sal plaasvind.

Stap 4: Die bewerking het ten doel om die grond te verseël. Die bewerking

word uitgevoer met ‘n eg of ‘n vlak vlerkskaar.

Stap 5: Wanneer nodig, moet onkruid met vlak vlerkskaar bewerkings beheer

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!