Koring Produksie - Pannar Seed

Koring Produksie - Pannar Seed Koring Produksie - Pannar Seed

pannarseed.co.za
from pannarseed.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

2. KULTIVARINLIGTING – EERSTE STAP TOT SUKSESVOLLE KORINGVERBOUING 2.1 INLEIDING Kultivarkeuse kan gebruik word om risiko te verminder en opbrengste te optimaliseer. Kultivars verskil in eienskappe soos aanpasbaarheid, opbrengspotensiaal en -stabiliteit, agronomiese eienskappe, en in hul verdraagsaamheid teenoor siektes, plae en aluminium toksisiteit. Alhoewel daar nie ‘n volmaakte kultivar bestaan nie, kan die produsent ‘n kultivar- pakket saamstel om die mees riskante aspekte van koringverbouing in sy spesifieke area of plaas te verminder of te neutraliseer. 2.2 PLANTTELERSREGTE Die wet is ingestel om maatskappye te beskerm wat miljoene Rande belê in kultivar- ontwikkeling en verskaf wetlike beskerming aan die telers en eienaars van kultivars. Die regte van die teler of eienaar behels dat geen party saad mag vermeerder, voorberei vir aanplanting, verkoop, uitvoer of in voorraad hou sonder die nodige magtiging of lisensie van die houers van die reg nie. Waar planttelersregte geskend word kan die skuldige party beboet word. Daar bestaan verskeie voorbeelde van suksesvolle vervolging onder die wet. 2.3 GESERTIFISEERDE SAAD IS SLEUTEL TOT SUKSES Die hoofdoel met gesertifiseerde saad is om te verseker dat kultivars in stand gehou word. Die minimum fisiese vereistes waaraan gesertifiseerde saad moet voldoen word deur saadwette en regulasies voorgeskryf. Die einddoel is die daarstel van saad met ‘n hoë genetiese standaard en is verpligtend vir kultivars wat op “Tabel 8” gelys word. Kultivaregtheid en saadkwaliteit word gewaarborg. Sodoende word beskerming en gemoedsrus aan die koper verleen sowel as ‘n sisteem vir die opvolging van klagtes en moontlike eise. 2.4 KULTIVARKEUSE Kultivarkeuse behoort ‘n ekonomiese besluit te wees waardeur die produsent ‘n balans moet vind tussen risiko aan die een kant en opbrengspotensiaal aan die ander kant. Kultivarkeuse moet gegrond word op betroubare langtermyn data en behoort jaarliks hersien te word om voorsiening te maak vir nuwe verbeterde kultivars. Op langtermyn behoort hierdie beginsels die hoogste gemiddelde wins per eenheidsoppervlak te verseker. Die belangrikste faktore wat die produsent in ag kan neem by kultivarskeuse word volledig opgesom in die jongste PANNAR brosjure. Hierdie inligting is geskoei op langtermyn data en word in goedertrou verskaf. Produsente moet daarop bedag wees dat die ontwikkeling van nuwe roes patotipes en so ook nuwe Russiese luis biotipes kultivarreaksies binne ‘n gegewe seisoen kan beïnvloed. Die agronomiese tabel word om die rede jaarliks ongedateer om te verseker dat die nuutste inligting beskikbaar is aan produsente. 2

Opbrengspotensiaal: Koringkultivars verskil in hul opbrengspotensiaal en sekere kultivars presteer net by lae opbrengspotensiaalvlakke waar ander weer net aangepas is by hoë opbrengspotensiaalvlakke. Waar lentereëns die bepalende faktor in opbrengs is, is die ideale kultivar een wat onder beide lae en hoë opbrengsvlakke kompeterende resultate lewer. Oor die algemeen is langgroeiseisoen kultivars minder geskik vir areas met ‘n lae opbrengspotensiaal hetsy weens vlakker gronde of langtermyn klimaatstoestande. Kultivarkeuse moet om die rede geskoei word op die langtermyn opbrengspotensiaal van ‘n spesifieke land of plaas waar grond, klimaat en bestuursvermoë die bepalende faktore behoort te wees. Plantsiektes en plae: Bepalend hier behoort te wees die risiko van die betrokke gebied vir die voorkoms van ‘n spesifieke siekte of plaag. Waar die risiko hoog is behoort die produsent oorweging te skenk aan meer verdraagsame of weerstandbiedende kultivars. Hiermee kan die produsent nie net sy insetkoste oor die langer termyn afbestuur nie, maar ook die risiko en gepaardgaande opbrengsverliese wat kan voorkom wanneer die tydsberekening van chemiese beheer nie optimaal is nie, uitskakel. Die vermoë van siekte en plaag veroorsakende organismes om aan te pas en sodoende die weerstand van kultivars te oorkom, moet egter ook in gedagte gehou word. Lande wat aangeplant is onder weerstandbiedende kultivars moet dus ook gemonitor word vir die voorkoms van siektes of plae en waar vatbare reaksies op eens weerstandbiedende kultivars voorkom, moet dit by die eienaar van die betrokke kultivar aangemeld word. Saadprys: Saadprys is dikwels bepalend wanneer produsente hul kultivarkeuse uitoefen. Meer belangrik egter is onafhanklike langertermyn opbrengs- en graderingsdata waarmee die produsent self kan bepaal of dit in sy betrokke gebied die moeite werd is om saad van duurder kultivars soos basterkorings aan te plant. Agronomiese eienskappe: Agronomiese eienskappe soos strooisterkte en staanvermoë is belangrik en wanneer die regte kultivarkeuse of bestuurspraktyk nie gevolg word om dit te voorkom nie kan dit oesverliese tot gevolg hê. Onder besproeiing word daar met sukses gebruik gemaak van chemiese middels wat omval teenwerk by kultivars met hoë opbrengspotensiaal wat geneig is tot omval. Bepalend in kultivarkeuse is aluminiumverdraagsaamheid, veral waar die bogrond en/of ondergrond Al 3+ -vlakke bereik wat toksies is vir gevoelige kultivars. Pannar is die enigste plaaslike maatskappy wat oor ‘n reeks koringkultivars beskik vir verbouing onder droëland met sterk aluminiumverdraagsaamheid. Dit bied aan produsente ‘n korttermyn oplossing wanneer bekalking nie tydig toegedien kan word nie. Wanneer daar van pitvastheid gepraat word verwys dit na hoe stewig die pitte aan die aar geheg is, asook tot hoe ‘n mate die kaffies die pitte bedek. Beide onder besproeiing en droëland is daar kultivars wat meer onderhewig is aan voëlskade, sowel as uitval tydens die oesproses. Dié kultivars moet meer versigtig oorweeg word in gebiede waar voëls ‘n potensiële bedreiging is. Uitloopweerstand verwys na die weerstand van ‘n kultivar teen die proses van uitloop of ontkieming in die aar weens nat toestande wat die oesproses vertraag. Onder normale omstandighede behoort vrygestelde kultivars nie uit te loop in die aar nie. Lentekorings is egter meer geneig hiertoe as winterkorings en sommige kultivars kan ook meer geneig wees daartoe as ander onder toestande van aanhoudende reën gedurende die oestyd. 3

2. KULTIVARINLIGTING – EERSTE STAP TOT SUKSESVOLLE

KORINGVERBOUING

2.1 INLEIDING

Kultivarkeuse kan gebruik word om risiko te verminder en opbrengste te optimaliseer.

Kultivars verskil in eienskappe soos aanpasbaarheid, opbrengspotensiaal en

-stabiliteit, agronomiese eienskappe, en in hul verdraagsaamheid teenoor siektes, plae

en aluminium toksisiteit. Alhoewel daar nie ‘n volmaakte kultivar bestaan nie, kan die

produsent ‘n kultivar- pakket saamstel om die mees riskante aspekte van

koringverbouing in sy spesifieke area of plaas te verminder of te neutraliseer.

2.2 PLANTTELERSREGTE

Die wet is ingestel om maatskappye te beskerm wat miljoene Rande belê in kultivar-

ontwikkeling en verskaf wetlike beskerming aan die telers en eienaars van kultivars.

Die regte van die teler of eienaar behels dat geen party saad mag vermeerder,

voorberei vir aanplanting, verkoop, uitvoer of in voorraad hou sonder die nodige

magtiging of lisensie van die houers van die reg nie. Waar planttelersregte geskend

word kan die skuldige party beboet word. Daar bestaan verskeie voorbeelde van

suksesvolle vervolging onder die wet.

2.3 GESERTIFISEERDE SAAD IS SLEUTEL TOT SUKSES

Die hoofdoel met gesertifiseerde saad is om te verseker dat kultivars in stand gehou

word. Die minimum fisiese vereistes waaraan gesertifiseerde saad moet voldoen word

deur saadwette en regulasies voorgeskryf. Die einddoel is die daarstel van saad met ‘n

hoë genetiese standaard en is verpligtend vir kultivars wat op “Tabel 8” gelys word.

Kultivaregtheid en saadkwaliteit word gewaarborg. Sodoende word beskerming en

gemoedsrus aan die koper verleen sowel as ‘n sisteem vir die opvolging van klagtes en

moontlike eise.

2.4 KULTIVARKEUSE

Kultivarkeuse behoort ‘n ekonomiese besluit te wees waardeur die produsent ‘n balans

moet vind tussen risiko aan die een kant en opbrengspotensiaal aan die ander kant.

Kultivarkeuse moet gegrond word op betroubare langtermyn data en behoort jaarliks

hersien te word om voorsiening te maak vir nuwe verbeterde kultivars. Op langtermyn

behoort hierdie beginsels die hoogste gemiddelde wins per eenheidsoppervlak te

verseker. Die belangrikste faktore wat die produsent in ag kan neem by kultivarskeuse

word volledig opgesom in die jongste PANNAR brosjure. Hierdie inligting is geskoei op

langtermyn data en word in goedertrou verskaf. Produsente moet daarop bedag wees

dat die ontwikkeling van nuwe roes patotipes en so ook nuwe Russiese luis biotipes

kultivarreaksies binne ‘n gegewe seisoen kan beïnvloed. Die agronomiese tabel word

om die rede jaarliks ongedateer om te verseker dat die nuutste inligting beskikbaar is

aan produsente.

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!