Koring Produksie - Pannar Seed

Koring Produksie - Pannar Seed Koring Produksie - Pannar Seed

pannarseed.co.za
from pannarseed.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

7.3 WORTELSIEKTES Vrotpootjie: Vrotpootjie is ‘n belangrike wortelsiekte van koring en word deur ‘n grondgedraagde swam veroorsaak. Die siekte kom veral voor waar koring in monokultuur onder besproeiing verbou word. In nat seisoene kan vrotpootjie ook voorkom op droëland- koring. Groot oesverliese kan voorkom wanneer die nodige bestuurspraktyke nie in plek is om vrotpootjie te voorkom nie. Simptome is plante wat minder halms vorm, plante wat voor blom afsterf en die voorkoms van plante met wit are in kolle binne die land. Die wortels en krone van besmette plante is swart verkleur en breek maklik af weens die verrotting wat plaasgevind het. Die risiko tot die voorkoms van vrotpootjie kan verminder word deur gewasrotasie met alternatiewe gewasse soos lupiene, kanola en hawer. Grasonkruide en ander gewasse soos gars kan ook as draers van die vrotpootjieswam dien. Vrotpootjie op gevorderde stadium 26

Kroonvrot: Die siekte kom voor wanneer swamme van die genus Fusarium die krone van die koringplant besmet om sodoende kroonvrot te veroorsaak. Alhoewel hierdie swamme natuurlik in gronde voorkom sal hulle toeneem onder ‘n koring monokultuurstelsel. Die eerste bogrondse simptome van die siekte kom dikwels eers voor na blom wanneer halms en are vroegtydig afsterf. Kroonvrot kom hoofsaaklik voor op droëlandkoring wat onder vogstremming verkeer. Die swamsiekte kan ook sekondêr voorkom op plante wat onder stremming verkeer as gevolg van primêre wortelbesmetting deur die vrotpootjieswam. Are wat vroegtydig afsterf vertoon wit en sal of glad nie gevul wees of verkrimpte pitte bevat. Die krone van besmette plante sal donkerbruin vertoon en met afwissellende vogtige toestande sal die blaarskedes van besmette krone pienk tot pers verkleur. Geen chemiese middel is teen kroonvrot geregistreer nie. Alhoewel alle kultivars vatbaar is kan daar verskille in hul verdraagsaamheid teenoor kroonvrot wees. Wisselbou en bewerkingspraktyke wat vogbewaring ten doel het kan die risiko tot voorkoms van kroonvrot verminder. 7.4 STAM-, BLAAR-, EN AARSIEKTES Streeproes of geelroes: Die siekte veroorsakende swam is ‘n verpligte parasiet en die swam kan dus slegs op lewende plantmateriaal oorleef. Die siekte is luggedraagd. Tipiese simptome sluit in langwerpige, heldergeel tot oranjekleurige strepe wat bestaan uit roespuisies en parallel met die blaarnerwe voorkom. Op die jonger blare is die streepvorming minder kenmerkend en kom die roespuisies meer in kolle op die blaar voor. Onder baie gunstige toestande vir die ontwikkeling van streeproes kan die blaarskedes, blompakkies, jong pitte en baard ook besmet word. Die swamspore benodig vog en lae temperature vir ontkieming en gevolglike besmetting van vatbare plante. Gebiede met nag- en of dagtemperature van minder as 15ºC wat gepaard gaan met gereelde dou, mis, reën of oorhoofse besproeiing gedurende die koringseisoen word as hoë risiko areas beskou. Nagtemperature van bo 15ºC met gepaardgaande dagtemperature van 25 tot 30ºC sal ‘n inhiberende effek op streeproes- ontwikkeling hê. Verskeie triasoolbevattende middels is geregistreer teen streeproes. Chemiese beheer moet toegedien word na korrekte siekte-identifikasie, bevestiging van kultivarvatbaarheid en met gepaardgaande gunstige omgewingstoestande vir die verspreiding van die siekte. 27

Kroonvrot: Die siekte kom voor wanneer swamme van die genus Fusarium die krone

van die koringplant besmet om sodoende kroonvrot te veroorsaak. Alhoewel hierdie

swamme natuurlik in gronde voorkom sal hulle toeneem onder ‘n koring

monokultuurstelsel. Die eerste bogrondse simptome van die siekte kom dikwels eers

voor na blom wanneer halms en are vroegtydig afsterf. Kroonvrot kom hoofsaaklik voor

op droëlandkoring wat onder vogstremming verkeer. Die swamsiekte kan ook

sekondêr voorkom op plante wat onder stremming verkeer as gevolg van primêre

wortelbesmetting deur die vrotpootjieswam. Are wat vroegtydig afsterf vertoon wit en

sal of glad nie gevul wees of verkrimpte pitte bevat. Die krone van besmette plante sal

donkerbruin vertoon en met afwissellende vogtige toestande sal die blaarskedes van

besmette krone pienk tot pers verkleur.

Geen chemiese middel is teen kroonvrot geregistreer nie. Alhoewel alle kultivars

vatbaar is kan daar verskille in hul verdraagsaamheid teenoor kroonvrot wees.

Wisselbou en bewerkingspraktyke wat vogbewaring ten doel het kan die risiko tot

voorkoms van kroonvrot verminder.

7.4 STAM-, BLAAR-, EN AARSIEKTES

Streeproes of geelroes: Die siekte veroorsakende swam is ‘n verpligte parasiet en

die swam kan dus slegs op lewende plantmateriaal oorleef. Die siekte is luggedraagd.

Tipiese simptome sluit in langwerpige, heldergeel tot oranjekleurige strepe wat

bestaan uit roespuisies en parallel met die blaarnerwe voorkom. Op die jonger blare is

die streepvorming minder kenmerkend en kom die roespuisies meer in kolle op die

blaar voor. Onder baie gunstige toestande vir die ontwikkeling van streeproes kan die

blaarskedes, blompakkies, jong pitte en baard ook besmet word. Die swamspore

benodig vog en lae temperature vir ontkieming en gevolglike besmetting van vatbare

plante. Gebiede met nag- en of dagtemperature van minder as 15ºC wat gepaard gaan

met gereelde dou, mis, reën of oorhoofse besproeiing gedurende die koringseisoen

word as hoë risiko areas beskou. Nagtemperature van bo 15ºC met gepaardgaande

dagtemperature van 25 tot 30ºC sal ‘n inhiberende effek op streeproes- ontwikkeling

hê. Verskeie triasoolbevattende middels is geregistreer teen streeproes. Chemiese

beheer moet toegedien word na korrekte siekte-identifikasie, bevestiging van

kultivarvatbaarheid en met gepaardgaande gunstige omgewingstoestande vir die

verspreiding van die siekte.

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!