Koring Produksie - Pannar Seed

Koring Produksie - Pannar Seed Koring Produksie - Pannar Seed

pannarseed.co.za
from pannarseed.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Tabel 13 Plantontledingswaardes van koring op vlagblaarstadium 1 Element Laag (tekort) Marginaal Hoog (Voldoende) N (%) < 3.4 3.7 - 4.2 > 4.2 P (%) < 0.2 0.2 - 0.5 > 0.5 K (%) < 1.3 1.5 > 1.6 S (%) < 0.15 0.15 > 0.4 Ca (%) < 0.15 0.2 > 0.2 Mg (%) < 0.1 0.15 0.15 - 0.3 Cu (mg/kg) < 5 5 - 10 10 Zn (mg/kg) < 20 20 - 70 > 70 Mn (mg/kg) < 30 35 - 100 > 100 Fe (mg/kg) < 25 50 - 180 > 180 Mo (mg/kg) < 0.05 0.05 - 0.1 > 0.1 B (mg/kg) < 6 6 - 10 10 1 Inligting oor plantontledingswaardes van koring soos gepubliseer deur die LNR-Kleingraaninstituut in “Handleiding vir die produksie van Kleingrane in die somerreëngebied”, 2006. 6. WATERKWALITEIT EN ONKRUIDDODERS Koste verbonde aan onkruiddoders sluit in die produkkoste en toedieningskoste. Ten einde te verseker dat die produk effektief werk moet produsente aspekte uitskakel soos soutantagonisme wat ‘n nadelige invloed op die werking van die produk kan hê. 6.1 FAKTORE WAT SOUTANTAGONISME VAN ONKRUIDDODERS BEÏNVLOED Sensitiewe onkruiddoders: Produsente moet daarop let dat net sekere onkruiddoders negatief beïnvloed word deur sout in water. Hierdie produkte sluit hoofsaaklik na-opkoms onkruiddoders in soos glifosaat bevattende middels, die hormoondoders en sekere sulfonielureums. Die rede tot swak onkruidbeheer is omdat soute in die toedieningswater die hoeveelheid en spoed van opname van die onkruiddoder deur die onkruid se blaar beïnvloed. Deur alle onkruiddoders te beskou as kandidate vir antagonisme en al die nodige voorsorgmaatreëls te tref kan die risiko van swak beheer beperk word. Onkruiddoders moet hierom altyd met skoon water gespuit word wat beteken dat modderige water 18

verkieslik nie vir chemiese bespuitings gebruik moet word nie. Toestande gedurende en net na bespuiting: Bepalend in die werking van onkruiddoders is omgewingsfaktore soos lugvog en plante wat onder stremming verkeer. Gunstige omgewingstoestande gedurende bespuiting vir opname sal die nadelige effek van soute in die water teenwerk. Hierteenoor sal ongunstige toestande tydens bespuiting die nadelige effek van soute in die water vererger. Omgewingsfaktore kan dus ‘n groot rol speel in onkruiddoderopname en die effektiwiteit van onkruiddoder. Baie swak onkruidbeheer kan verwag word wanneer soutgevoelige onkruiddoders met ‘n swak water onder lae lugvog toestande op gestremde plante gespuit word. Watervolumes: Hoe hoër die watervolume per hektaar waarmee die onkruiddoder toegedien word, hoe meer soute is daar om te reageer met die onkruiddoder. Die omgekeerde is van toepassing by lae watervolumes. Alhoewel laer watervolumes dus in teorie beteken dat die onkruiddoder meer effektief behoort te werk wanneer daar soute in die water is moet produsente in die verband eerder sover moontlik by etiketaanbevole watervolumes hou. Onkruiddoderdosis: Die aanbevole dosis soos op die etiket aanbeveel moet gebruik word. Hulpmiddels: Op die etikette van sommige hulpmiddels word daar heel dikwels na waterkwaliteit verwys as die pH van die toedieningswater. Die pH is ‘n uitdrukking van die waterstof-ioon konsentrasie van die water. Indien die onkruiddoder pH gevoelig is, moet die verlangde buffer of versuurder bygevoeg word, tot op die optimale pH vlakke. Buffers of versuurders word gewoonlik voor die ander komponente in die spuittenk bygevoeg. Drumpelwaardes: As riglyn kan antagonisme verwag word indien die gesamentlike kalsium- en magnesiumkonsentrasie van die water oor 100 mg/l (100 d.p.m.) beweeg. Dieselfde norm kan gebruik word vir die natriumkonsentrasie. Hierdie drumpelwaardes is net skattings en kan wissel na gelang van bogenoemde faktore verander. 6.2 INSEKBEHEER Koringverbouing is onderhewig aan die voorkoms van verskeie insekplae. Plae verskil nie net in hul ekonomiese belangrikheid, maar die stadium van ontwikkeling van die koringplant kan ook bepalend wees of beheer nodig is al dan nie. 6.3 PLANTLUISE Die Russiese koringluis word beskou as die belangrikste plantluis waar droëland koring 19

Tabel 13 Plantontledingswaardes van koring op vlagblaarstadium 1

Element Laag (tekort) Marginaal Hoog (Voldoende)

N (%) < 3.4 3.7 - 4.2 > 4.2

P (%) < 0.2 0.2 - 0.5 > 0.5

K (%) < 1.3 1.5 > 1.6

S (%) < 0.15 0.15 > 0.4

Ca (%) < 0.15 0.2 > 0.2

Mg (%) < 0.1 0.15 0.15 - 0.3

Cu (mg/kg) < 5 5 - 10 10

Zn (mg/kg) < 20 20 - 70 > 70

Mn (mg/kg) < 30 35 - 100 > 100

Fe (mg/kg) < 25 50 - 180 > 180

Mo (mg/kg) < 0.05 0.05 - 0.1 > 0.1

B (mg/kg) < 6 6 - 10 10

1 Inligting oor plantontledingswaardes van koring soos gepubliseer deur die

LNR-Kleingraaninstituut in “Handleiding vir die produksie van Kleingrane in die

somerreëngebied”, 2006.

6. WATERKWALITEIT EN ONKRUIDDODERS

Koste verbonde aan onkruiddoders sluit in die produkkoste en toedieningskoste. Ten einde te

verseker dat die produk effektief werk moet produsente aspekte uitskakel soos

soutantagonisme wat ‘n nadelige invloed op die werking van die produk kan hê.

6.1 FAKTORE WAT SOUTANTAGONISME VAN ONKRUIDDODERS BEÏNVLOED

Sensitiewe onkruiddoders: Produsente moet daarop let dat net sekere

onkruiddoders negatief beïnvloed word deur sout in water. Hierdie produkte sluit

hoofsaaklik na-opkoms onkruiddoders in soos glifosaat bevattende middels, die

hormoondoders en sekere sulfonielureums. Die rede tot swak onkruidbeheer is omdat

soute in die toedieningswater die hoeveelheid en spoed van opname van die

onkruiddoder deur die onkruid se blaar beïnvloed.

Deur alle onkruiddoders te beskou as kandidate vir antagonisme en al die nodige

voorsorgmaatreëls te tref kan die risiko van swak beheer beperk word. Onkruiddoders

moet hierom altyd met skoon water gespuit word wat beteken dat modderige water

18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!