02.05.2013 Views

Koring Produksie - Pannar Seed

Koring Produksie - Pannar Seed

Koring Produksie - Pannar Seed

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Pannar Saad (Edms.) Bpk.

Produksiehandleidingreeks

Koring

INHOUDSOPGAWE

1. Inleiding 1

2. Kultivarinligting – Eerste stap tot suksesvolle koringverbouing 2

2.1 Inleiding 2

2.2 Planttelersregte 2

2.3 Gesertifiseerde saad is sleutel tot sukses 2

2.4 Kultivarkeuse 2

2.5 Koringkultivar aanbevelings 4

3. Grondbewerking 6

3.1 Konvensionele bewerking 6

3.2 Bewaringsbewerking 7

4. Beplanningsopbrengs 7

5. Bemestingriglyne vir koringverbouing 8

5.1 Grondsuurheid 9

5.2 Stikstofbemesting 10

5.3 Fosforbemesting 14

5.4 Kaliumbemesting 16

5.5 Mikro-elemente 17

6. Waterkwaliteit en onkruidbeheer 18

6.1 Faktore wat soutantagonisme van onkruiddoders

beïnvloed 18

6.2 Insekbeheer 19

6.3 Plantluise 19

6.4 Ander insekplae 22

7. Die beheer van siektes 23

7.1 Risiko vir die voorkoms van swamsiektes 24

7.2 Chemiese beheer van swamsiektes 24

7.3 Wortelsiektes 26

7.4 Stam-, blaar-, en aarsiektes 27

7.5 Brandswamme 32

8. Gradering en kwaliteit 34

9. Bronnelys 35

1. INLEIDING

Koring word in Suid-Afrika verbou in beide die winterreën- en somerreënstreke. Ongeveer

50% van die totale aantal hektare plaaslik geplant met koring is onder droëland in die

somerreënvalgebied. Alhoewel aanplantings onder besproeiing in die somerreënvalgebied

minder as 15% beslaan van die totale aantal hektare plaaslik aangeplant, word tot so veel as

30% van die totale plaaslike koringoes onder besproeiing geproduseer weens hoër

opbrengste gerealiseer.

Kenmerkend van koringverbouing onder droëland in Suid-Afrika is die lae gemiddelde

opbrengste wanneer dit vergelyk word met die van die groter koringproduserende lande. Die

streng kwaliteitsvereistes waaraan nuut vrygestelde kultivars plaaslik moet voldoen word

dikwels blameer vir die laer as verwagte vordering in opbrengsverhoging deur plaaslik

teeltprogramme. Ander bepalende faktore soos meer wisselvallige klimaatstoestande, wat

insluit droër en warmer winters en lae grondvrugbaarheid, het egter ook ‘n invloed. Die

introduksie van nuwe siektes soos geelroes in 1996 en die verskyning van nuwe patotipes van

veral geelroes sowel as die introduksie van die Russiese koringluis in 1978 en die verskyning

van ‘n nuwe biotipe in 2005, het ook opbrengsverliese teweeggebring. Indirekte gevolge

hiervan is dat teeltprogramme baie kiemplasma met hoër opbrengste moes prysgee weens

vatbaarheid vir ‘n nuwe siekte soos geelroes of vir meer virulente siekte of plaag

veroorsakende organismes. Die fokus van plaaslike teeltprogramme was dus dikwels eerder

gerig op spesifieke weerstands- of kwaliteitseienskappe eerder as opbrengsverhoging. Die

terughou en onwettige verkope van koringsaad plaas ‘n groot druk op die winsgewendheid

van plaaslik koring teeltprogramme en indien hierdie praktyke nie gestop word nie, gaan dit ‘n

groot invloed hê op die winsgewendheid van toekomstige koringverbouing deurdat die

ontwikkeling van nuwe verbeterde kultivars agterweë gaan bly.

Nieteenstaande al hierdie gegewens moet die plaaslike koringprodusent koring winsgewend

kan verbou en staan hy in direkte kompetisie met ingevoerde koring. Ten einde koring se

winsgewendheid per eenheidsoppervlakte te verhoog, is produsente voortdurend besig om

hul beplanning op te skerp en streef hulle na meer inligting ten einde die regte

bestuursbesluite te neem. Hierdie handleiding het dit ten doel om produsente te help om meer

ingeligte besluite te neem ten einde koring meer winsgewend te kan verbou.

Fig 1 Botaniese diagram van die

koringplant.

1

2. KULTIVARINLIGTING – EERSTE STAP TOT SUKSESVOLLE

KORINGVERBOUING

2.1 INLEIDING

Kultivarkeuse kan gebruik word om risiko te verminder en opbrengste te optimaliseer.

Kultivars verskil in eienskappe soos aanpasbaarheid, opbrengspotensiaal en

-stabiliteit, agronomiese eienskappe, en in hul verdraagsaamheid teenoor siektes, plae

en aluminium toksisiteit. Alhoewel daar nie ‘n volmaakte kultivar bestaan nie, kan die

produsent ‘n kultivar- pakket saamstel om die mees riskante aspekte van

koringverbouing in sy spesifieke area of plaas te verminder of te neutraliseer.

2.2 PLANTTELERSREGTE

Die wet is ingestel om maatskappye te beskerm wat miljoene Rande belê in kultivar-

ontwikkeling en verskaf wetlike beskerming aan die telers en eienaars van kultivars.

Die regte van die teler of eienaar behels dat geen party saad mag vermeerder,

voorberei vir aanplanting, verkoop, uitvoer of in voorraad hou sonder die nodige

magtiging of lisensie van die houers van die reg nie. Waar planttelersregte geskend

word kan die skuldige party beboet word. Daar bestaan verskeie voorbeelde van

suksesvolle vervolging onder die wet.

2.3 GESERTIFISEERDE SAAD IS SLEUTEL TOT SUKSES

Die hoofdoel met gesertifiseerde saad is om te verseker dat kultivars in stand gehou

word. Die minimum fisiese vereistes waaraan gesertifiseerde saad moet voldoen word

deur saadwette en regulasies voorgeskryf. Die einddoel is die daarstel van saad met ‘n

hoë genetiese standaard en is verpligtend vir kultivars wat op “Tabel 8” gelys word.

Kultivaregtheid en saadkwaliteit word gewaarborg. Sodoende word beskerming en

gemoedsrus aan die koper verleen sowel as ‘n sisteem vir die opvolging van klagtes en

moontlike eise.

2.4 KULTIVARKEUSE

Kultivarkeuse behoort ‘n ekonomiese besluit te wees waardeur die produsent ‘n balans

moet vind tussen risiko aan die een kant en opbrengspotensiaal aan die ander kant.

Kultivarkeuse moet gegrond word op betroubare langtermyn data en behoort jaarliks

hersien te word om voorsiening te maak vir nuwe verbeterde kultivars. Op langtermyn

behoort hierdie beginsels die hoogste gemiddelde wins per eenheidsoppervlak te

verseker. Die belangrikste faktore wat die produsent in ag kan neem by kultivarskeuse

word volledig opgesom in die jongste PANNAR brosjure. Hierdie inligting is geskoei op

langtermyn data en word in goedertrou verskaf. Produsente moet daarop bedag wees

dat die ontwikkeling van nuwe roes patotipes en so ook nuwe Russiese luis biotipes

kultivarreaksies binne ‘n gegewe seisoen kan beïnvloed. Die agronomiese tabel word

om die rede jaarliks ongedateer om te verseker dat die nuutste inligting beskikbaar is

aan produsente.

2

Opbrengspotensiaal: Koringkultivars verskil in hul opbrengspotensiaal en sekere

kultivars presteer net by lae opbrengspotensiaalvlakke waar ander weer net aangepas

is by hoë opbrengspotensiaalvlakke. Waar lentereëns die bepalende faktor in

opbrengs is, is die ideale kultivar een wat onder beide lae en hoë opbrengsvlakke

kompeterende resultate lewer. Oor die algemeen is langgroeiseisoen kultivars minder

geskik vir areas met ‘n lae opbrengspotensiaal hetsy weens vlakker gronde of

langtermyn klimaatstoestande. Kultivarkeuse moet om die rede geskoei word op die

langtermyn opbrengspotensiaal van ‘n spesifieke land of plaas waar grond, klimaat en

bestuursvermoë die bepalende faktore behoort te wees.

Plantsiektes en plae: Bepalend hier behoort te wees die risiko van die betrokke

gebied vir die voorkoms van ‘n spesifieke siekte of plaag. Waar die risiko hoog is

behoort die produsent oorweging te skenk aan meer verdraagsame of

weerstandbiedende kultivars. Hiermee kan die produsent nie net sy insetkoste oor die

langer termyn afbestuur nie, maar ook die risiko en gepaardgaande opbrengsverliese

wat kan voorkom wanneer die tydsberekening van chemiese beheer nie optimaal is nie,

uitskakel. Die vermoë van siekte en plaag veroorsakende organismes om aan te pas

en sodoende die weerstand van kultivars te oorkom, moet egter ook in gedagte gehou

word. Lande wat aangeplant is onder weerstandbiedende kultivars moet dus ook

gemonitor word vir die voorkoms van siektes of plae en waar vatbare reaksies op eens

weerstandbiedende kultivars voorkom, moet dit by die eienaar van die betrokke kultivar

aangemeld word.

Saadprys: Saadprys is dikwels bepalend wanneer produsente hul kultivarkeuse

uitoefen. Meer belangrik egter is onafhanklike langertermyn opbrengs- en

graderingsdata waarmee die produsent self kan bepaal of dit in sy betrokke gebied die

moeite werd is om saad van duurder kultivars soos basterkorings aan te plant.

Agronomiese eienskappe: Agronomiese eienskappe soos strooisterkte en

staanvermoë is belangrik en wanneer die regte kultivarkeuse of bestuurspraktyk nie

gevolg word om dit te voorkom nie kan dit oesverliese tot gevolg hê. Onder besproeiing

word daar met sukses gebruik gemaak van chemiese middels wat omval teenwerk by

kultivars met hoë opbrengspotensiaal wat geneig is tot omval.

Bepalend in kultivarkeuse is aluminiumverdraagsaamheid, veral waar die bogrond

en/of ondergrond Al 3+ -vlakke bereik wat toksies is vir gevoelige kultivars. Pannar is die

enigste plaaslike maatskappy wat oor ‘n reeks koringkultivars beskik vir verbouing

onder droëland met sterk aluminiumverdraagsaamheid. Dit bied aan produsente ‘n

korttermyn oplossing wanneer bekalking nie tydig toegedien kan word nie.

Wanneer daar van pitvastheid gepraat word verwys dit na hoe stewig die pitte aan die

aar geheg is, asook tot hoe ‘n mate die kaffies die pitte bedek. Beide onder besproeiing

en droëland is daar kultivars wat meer onderhewig is aan voëlskade, sowel as uitval

tydens die oesproses. Dié kultivars moet meer versigtig oorweeg word in gebiede waar

voëls ‘n potensiële bedreiging is.

Uitloopweerstand verwys na die weerstand van ‘n kultivar teen die proses van uitloop

of ontkieming in die aar weens nat toestande wat die oesproses vertraag. Onder

normale omstandighede behoort vrygestelde kultivars nie uit te loop in die aar nie.

Lentekorings is egter meer geneig hiertoe as winterkorings en sommige kultivars kan

ook meer geneig wees daartoe as ander onder toestande van aanhoudende reën

gedurende die oestyd.

3

Gradering: Die gradering van broodkoring word bepaal deur hektolitermassa

(skepelgewig), proteïeninhoud en valgetal. Omgewingsfaktore soos hittestremming en

vogstremming tydens korrelvul en voortdurende reën gedurende oestyd kan bepalend

wees in die graad wat behaal word. Bestuurspraktyke soos vogbewaring en bemesting

kan egter ook deurslaggewend bydraes maak tot die graad behaal. Alhoewel daar met

die vrystelling van nuwe kultivars min afwyking toegelaat word vanaf die biologiese

standaard vir graderingseienskappe, is daar tog genetiese verskille tussen kultivars

waarop die produsent bedag moet wees. Prysverskille tussen die verskillende grade

koring kan die produsent se inkomste per eenheidsoppervlak negatief raak indien die

kultivar nie kompenseer met ‘n verhoogde opbrengs nie.

Meulenaarslys: Die Nasionale Meulenaarskamer se voorkeurlys word jaarliks

uitgegee en moet in aanmerking geneem word tydens kultivarkeuse. Koringkultivars

bemark deur Pannar verskyn almal op die meulenaars se voorkeurlys.

2.5 KORINGKULTIVAR AANBEVELINGS

Die keuse van ‘n geskikte plantdatum by koring is een van die aspekte waaroor die boer

beheer het. Ongelukkig is dit so dat die optimum plantdatum oor seisoene kan varieer

weens die komplekse interaksie tussen omgewing, grond en die plant. Van die

belangrikste faktore wat bepalend is tot die optimum plantdatum is grond- en

lugtemperatuur. Goeie ontkieming by koring sal plaasvind by ‘n grondtemperatuur van

4°C tot 25°C as die optimum. Die maksimum temperatuur vir saailingontwikkeling is

34°C terwyl die minimum ongeveer -2°C is. Koring het dus ook ‘n baie wye

aanpassingsvermoë wat saailingontwikkeling betref, wat ‘n wye keuse van plantdatums

moontlik maak.

Die minimum temperatuur vir blaar-, stam- en wortelontwikkeling is 5°C terwyl die

maksimum temperatuur 43°C met ‘n optimum van 26°C is. Die temperatuurbehoefte

van die koringplant gedurende die aarontwikkeling, bestuiwing en korrelvul het ‘n groot

invloed op die keuse van ‘n geskikte plantdatum aangesien temperature buite die

fisiologiese perke op hierdie stadium opbrengste aansienlik kan benadeel.

Aarverlenging neem liniêr toe waar lugtemperatuur van 10°C tot 30°C verhoog word.

Die optimum temperatuur vir bestuiwing is tussen 18°C en 25°C met ‘n minimum van

10°C en maksimum van 32°C. Temperature buite hierdie grense het opbrengsverliese

tot gevolg as gevolg van stuifmeelsteriliteit en die misvorming van die stamper en

stuifmeeldrade.

Temperature in die somerreënvalstreek styg drasties gedurende September en

Oktober. Temperature gedurende die periode kan hoër as die fisiologiese

verdraagsaamheidsperke van die koringplant styg met gepaardgaande

opbrengsverliese. Hierteenoor is die gevoeligste stadium vir koue by die koringplant

gedurende die blomstadium. Die plantdatum moet met behulp van die

groeiseisoenlengte van die spesifieke kultivar so gekies word dat die kanse vir ryp

tydens die blomstadium laag is.

Koringkultivars word volgens hulle kouebehoefte as winter-, intermediêr- of lentetipes

ingedeel. Winterkoring het ‘n hoë kouebehoefte (vernalisasie) wat bevredig moet word

voordat hulle sal oorgaan na saadproduksie. Lentetipes daarenteen het geen

kouebehoefte nie en bereik blomstadium ongeveer 100 tot 114 dae na plant. Koring bly

egter ‘n koelweergewas en koelerweerstoestande in kombinasie met genoeg vog is by

alle koring bevorderlik vir die neerlegging van opbrengspotensiaal en optimale aar- en

4

korrelvul. Wintertipes (lang groeiseisoen) moet vroeg geplant word om aan hul groter

kouebehoefte te voldoen. Wintertipes stoel ook meer en kan daarom teen laer

plantdigthede geplant word. Die grootste uitdaging vir optimale droëland

koringverbouing is die ontduiking van droogte- en koueskade. Die plantdatums vir elke

produksiestreek soos aangedui in die PANNAR brosjure dien as riglyne en is geen

waarborg teen ryp- of koueskade nie. Om die invloed hiervan tot die minimum te

beperk moet koring, ongeag die plantdatum, nie voor die uittreedatum vir hoë ryprisiko

in die onderskeie produksiegebiede blom nie.

Fig 2 Indeling van die onderskeie droëland koringverbouingstreke

Fig 3 Indeling van koringverbouingstreke onder besproeiing

Besproeiingsgebiede

Koeler besproeiingsgebiede

Warmer besproeiingsgebiede

Mpumalanga

Oos-Vrystaat

KwaZulu-Natal

Visrivier

5

3. GRONDBEWERKING

Met die stygende brandstofpryse het grondbewerking en grondvoorbereiding die grootste

inset geword by koringproduksie. Dit het daartoe gelei dat produsente na alternatiewe soos

chemiese onkruidbeheer begin kyk het ten einde hul insette af te bestuur. Veranderlike

klimaatstoestande maak dit verder onmoontlik om ‘n vasgestelde resep vir grondbewerking

daar te stel vir koringprodusente in die somerreënvalgebied. Om hierdie redes is produsente

genoodsaak om met spesifieke doelwitte voor oë sy bewerkingstrategie te beplan. Van

hierdie doelwitte sluit in:

Bewaring van grondwater - dié belangrikste doelwit tot suksesvolle droëland

koringverbouing

Opheffing van grondverdigtings – noodsaaklik vir optimale water en wortel

penetrasie

Bekalking – opheffing van versuring

Saadbedvoorbereiding – ferm saadbed vir optimale saailingvestiging

Onkruidbeheer – ten einde vogverliese te minimaliseer

Plantsiektebeheer – opslagkoring of grasse wat siektes kan oordra

Bekamping van wind- en watererosie

Deur spesifieke doelwitte na te streef kan produsente die aantal bewerkings tot die minimum

probeer beperk. Grondbewerking vir kleingrane word in twee basiese benaderings verdeel

naamlik konvensionele bewerking en bewaringsbewerking.

3.1 KONVENSIONELE BEWERKING

Konvensionele bewerking word aanbeveel waar koring met koring opgevolg word

(monokultuurstelsel) asook waar die risiko van winderosie laag is en daar ‘n

geskiedenis van wortelsiektes is.

Stap 1: Stroop Desember – Januarie.

Stap 2: Sluit normaalweg ‘n bewerking met ‘n skottelimplement in om die

reste van die vorige oes fyner te sny.

Stap 3: Primêre bewerking met ‘n ploeg. Hierdie bewerking moet in die droër

dele tussen einde Januarie en einde Februarie uitgevoer word om te verseker

dat voldoende reën op die geploegde grond val om die grondwater weer aan te

vul. Tydsberekening van die bewerking sal bepaal word deur die grondwater

situasie en vooruitsigte vir reën. Waar hierdie bewerking uitgestel kan word

weens ‘n moontlikheid van later reëns, hoe minder bewerkings is nodig om

onkruid te beheer en hoe minder herverdigting sal plaasvind.

Stap 4: Die bewerking het ten doel om die grond te verseël. Die bewerking

word uitgevoer met ‘n eg of ‘n vlak vlerkskaar.

Stap 5: Wanneer nodig, moet onkruid met vlak vlerkskaar bewerkings beheer

6

word. Hierdie bewerkings dien dan ook as saadbedvoorbereiding.

Stap 6: Plant volgens die riglyne. Waar moontlik moet daar van ‘n penplanter

gebruik gemaak word om die volgende redes:

Effektiewe bandplasing van kunsmis in nat grond om opname van

voedingstowwe te bevorder.

Opbreek van vlak verdigte lae.

Dit is belangrik dat die druk op die drukwiel aangepas word volgens die

grondwatersituasie. Die beginsel geld dat hoe droër die grond is, hoe hoër moet die

druk wees en hoe natter die grond hoe laer die druk.

3.2 BEWARINGSBEWERKING

Bewaringsbewerking word aanbeveel in gebiede waar die reënval laag is en waar die

risiko vir wind- en watererosie groot is as gevolg van ‘n lae klei-inhoud. Indien

bewaringsbewerking toegepas word, hetsy hoë- of lae reënvalstreke, behoort dit binne

‘n wisselbousisteem toepas te word ten einde die risiko vir grond- of residugedraagde

siektes te beperk.

Stap 1: Onkruidbeheer (wanneer nat genoeg) met ‘n rolstaaf of vlerkskaar,

afhangend van hoeveel strooi op die oppervlak moet bly.

Stap 2: Diep tandbewerking, om verdigte lae op te breek en moet in Maart

of April uitgevoer word. Die tydsberekening hiervan moet van so aard wees

dat die minimum van bewerkings verder uitgevoer hoef te word, aangesien

elke verdere bewerking sal bydra tot herverdigting en ‘n verlies aan strooi.

Stap 3: Verseël die grond direk na tandbewerking met ‘n vlerkskaar, eg of

V-lem.

Stap 4: Beheer onkruid met vlak bewerking (vlerkskaar of V-lem) indien

nodig.

Stap 5: Plant volgens riglyne en gebruik verkieslik ‘n penplanter.

4. BEPLANNINGSOPBRENGS

Die bepaling van die beplanningsopbrengs is een van die eerste stappe tot suksesvolle

koringverbouing. Die beplanningsopbrengs in ’n spesifieke situasie word gedefinieer as ’n

realistiese opbrengs wat op langtermyn haalbaar is.

Aspekte van belang by die bepaling van die beplanningsopbrengs sluit in:

Beskikbare grondwater met planttyd. Bepalende faktore sluit in die hoeveelheid reën

en die verspreiding daarvan voor planttyd, bewerkingspraktyke en grondeienskappe

(soos gronddiepte en klei % wat ’n invloed het op waterhouvermoë en worteldiepte).

Die hoeveelheid aanvullende lentereëns wat verwag kan word.

7

Algemene produksie- en bestuurspraktyke wat toegepas word.

Die langtermyn produksiegeskiedenis vir die spesifieke situasie.

Bepaal nou ‘n realistiese beplanningsopbrengs aan die hand van Tabel 2.

Evalueer die grondontledings in terme van bemestingsbehoeftes en gebruik die

bemestingsriglyne in ’n spesifieke situasie vir die saamstel van ’n

bemestingsprogram.

Tabel 2 Opbrengstabel vir droëlandkoring (kg/ha)

Verwagte na-plant reën 1 Benattingsdiepte 2 (cm)

30 60 90 120 150 180 3

10 0 0 158 460 763 1 065

20 0 0 259 561 864 1 166

30 0 57 360 662 964 1 267

40 0 158 460 763 1 065 1 368

50 0 259 561 864 1 166 1 468

60 57 360 662 964 1 267 1 569

75 208 511 813 1 116 1 418 1 720

100 460 763 1 065 1 368 1 670 1 972

1

Verwagte na-plant-reën is alle reën wat vanaf planttyd tot en met fisiologies ryp verwag word.

2

Benattingsdiepte dui op die totale diepte wat met ‘n grondboor geboor of met ‘n graaf gespit

kan word (tot 1,8 m) en wat tydens planttyd “blinknat” is (nie slegs klam nie). Hier word

beraam dat ongeag die tekstuur, daar 100 mm/m plantbeskikbare water is.

3

In hierdie tabel word nie vir gronde met ‘n hoë watertafel voorsiening gemaak nie.

5. BEMESTINGRIGLYNE VIR KORINGVERBOUING

Bemestingsriglyne het dit ten doel om ‘n verwysingsraamwerk daar te stel wat gebruik kan

word vir die beplanning van ‘n bemestingsprogram in ‘n spesifieke situasie.

Wanneer bemestingsprogramme aan die hand van riglyne beplan word, is dit belangrik

dat die volgende in gedagte gehou word:

Die voorgestelde riglyne moet as ‘n verwysingsraamwerk eerder as ‘n resep vir

‘n spesifieke situasie gesien word. Variasies in grond, klimaat, bewerking en

bestuur mag afwykings vanaf die riglyne regverdig. Sodanige afwykings moet

egter aan die hand van feite gemotiveer word.

Daar word aangeneem dat produksiepraktyke en bestuursvermoë op ‘n

gesonde vlak gehandhaaf word en dat grondchemiese en grondfisiese

toestande nie beperkend is nie.

Grondontledings word beskou as noodsaaklik en behoort voor elke derde

koringoes uitgevoer te word.

8

5.1 GRONDSUURHEID

Grondsuurheid is een van die groot knelpunte in die verbouing van koring in die

somerreëngebied. Bemestingsprogramme vir koring kan slegs volle doeltreffendheid

bereik indien grondsuurheid nie ’n gondvrugbaarheidsknelpunt is nie. Suur grond het ’n

nadelige effek op die koringplant weens die hoë vlakke van aluminium in verhouding tot

ander katione in die grond. Die gevolg is dat oormatige hoeveelhede aluminium

opgeneem word wat toksies is vir die koringplant. Die koringplant se wortelstelsel toon

baie duidelik die invloed van aluminiumtoksiteit. Tipiese simptome is die verdikking van

wortelpunte, bros laterale wortels en wortels wat ‘n bruin verkleuring toon. Dit gee

aanduiding tot ’n oneffektiewe wortelstelsel wat die opname van water en

plantvoedingstowwe beperk. Die resultaat is plante wat tipiese droogte- en

voedingstekortsimptome toon en kan tot afsterwing lei.

Riglyne tot bekalking: Die pH (KCl) en die tekstuurklas van die grond word gebruik

om ‘n aanduiding te kry van die kalkbehoefte vir koringverbouing. Indien die pH (KCl)

laer is as 4.5; pH (CaCl ) laer as 5.0 of pH (H2O) laer as 5.5 moet volledige ontledings

gedoen word om die kalkbehoefte te bepaal. In Tabel 3 word die kalkbehoeftes

weergegee. Deurslaggewend vir die koringplant se reaksie is die verhouding van

aluminium tot die ander katione in die grond. Indien pH-waardes laer is as 4.5 en/of

persentasie suurversadiging groter as 8% is behoort daar bekalk te word.

Tabel 3 Kalkbehoeftebepaling (ton/ha) vir gronde met wisselende suurheidsvlakke en

kleipersentasies

% Klei

pH > 0.5

SV > 32

pH 0.5-0.4

SV 32-23

pH 0.4-0.3

SV 25-15

pH 0.3-0.2

SV 15-10

pH 0.2-0.1

SV < 10

5-10 3.9 3.0 2.2 1.4 0.5

10-15 4.1 3.3 2.5 1.6 0.8

15-20 4.4 3.5 2.7 1.9 1.0

20-25 4.6 3.8 2.9 2.1 1.3

25-30 4.8 4.0 3.2 2.3 1.5

30-35 5.1 4.2 3.4 2.6 1.7

1

Inligting vir kalkbehoeftebepaling soos gepubliseer deur die LNR-Kleingraaninstituut in

“Handleiding vir die produksie van Kleingrane in die somerreëngebied”, 2006.

pH – Verandering in pH (KCl)

SV – Verandering in % suurversadiging

’n Grond met ’n pH van 4 en met 12% klei sal in die geval 3.3 ton kalk per hektaar

benodig om ’n pH van ongeveer 4.5 te bewerkstellig. Indien die kalkbehoefte groter as

4 ton/ha is moet dit verkieslik in twee produksie-seisoene toegedien word.

9

Die onderstaande vergelyking kan ook gebruik word in die bepaling van die

kalkbehoefte deur die verandering in pH wat verlang word sowel as die klei-inhoud in

die vergelyking te stel.

Kalkbehoefte = pH*8.324+0.0459*klei-1.037

Kultivarkeuse as korttermynoplossing: Aangesien koringkultivars verskil t.o.v. hul

vlakke van aluminiumverdraagsaamheid kan kultivarkeuse gebruik word om

opbrengsverliese te beperk . Hierdie moet gesien word as ‘n korttermynoplossing en

produsente moet ingedagte hou dat alhoewel aluminium tolerante kultivars beter sal

presteer as kultivars met swak verdraagsaamheid op suur gronde, tolerante kultivars

ook positief reageer op bekalking. Vir klassifikasiedoeleindes word koringkultivars in

drie groepe verdeel op grond van hul aluminiumverdraagsaamheid (Tabel 4). Die

groepe waarna hier verwys word is soos volg:

Uitstekende verdraagsaamheid

Redelike verdraagsaamheid

Swak verdraagsaamheid

Tabel 4 Klassifikasie van koringkultivars volgens hul aluminiumverdraagsaamheid

Uitstekende

verdraagsaamheid

Redelike

verdraagsaamheid

Swak verdraagsaamheid

PAN 3377 Gariep Baviaans

PAN 3349 PAN 3434

PAN 3118 PAN 3364

PAN 3120

5.2 STIKSTOFBEMESTING

Stikstofbemesting onder droëland: In Tabel 5 word die stikstofbemestingsriglyne,

op streeksbasis, teenoor die beplanningsopbrengs aangedui. Met die gebruik van

hierdie riglyne moet die volgende belangrike aspekte in gedagte gehou word:

Alle riglyne geld vir die verbouing van koring na koring met die aanname dat

alle strooi teruggewerk word in die grond.

Stikstofbemesting word met planttyd toegedien en geen bobemesting word

normaalweg aanbeveel.

Die plasing van hoë stikstoftoedienings by die saad kan ontkieming, en dus

die stand, benadeel. Om die rede word aanbeveel dat nie meer as 20kg

N/ha by die saad geplaas word nie. Toedienings hoër as 20kg N/ha moet

kort voor planttyd toegedien word of met plant weg van die saad

gebandplaas word.

10

Waar windprobleme ondervind word moet daar oorweging geskenk word aan

kultivars met ‘n sterk saailing groeikragtigheid eerder as om die

stikstofbemesting aan te pas om koring uit die wind te kry.

Alhoewel hierdie aanbevelings reeds aangepas is om te verseker dat die

proteïeninhoud van die graan na wense is, kan aanpassings oorweeg word

wanneer nuwe kultivars met ‘n betekenisvolle hoër opbrengspotensiaal as

die bestaandes aangeplant word.

Bo-gemiddelde opbrengste met gepaardgaande hoër volumes van oesreste

kan bydra tot die voorkoms van onverrotte residu’s in die grond met planttyd.

Bydraend hiertoe kan wees laat bewerkings en/of nat toestande tydens die

bewerkingstyd wat kan lei tot ‘n stikstofnegatiewe periode met

gepaardgaande verswakte groei. Die resultaat hiervan kan wees laer

opbrengste en afgradering weens ‘n laer proteïeninhoud. Met die voorkoms

of verwagting van die situasie moet aanpassings in die bemestingsprogram

gemaak word deur verhoogde stikstoftoedienings met plant, of toedienings

van stikstof (± 15 kg N/ha) en kalk (0.5 ton/ha) tydens laat bewerking van

gronde om die ontbindingsproses te versnel.

Tabel 5 Stikstofbemesting (kg N/ha) onder droëlandtoestande volgens

produksiegebied en beplanningsopbrengs in die somerreënvalgebied 1

Produksiestreek

Beplanningsopbrengs

(ton/ha)

Stikstofbemesting

kg N/ha

Suid-Vrystaat 1.0 10

1.5 15

2.0 25

Noordwes-Vrystaat 1.0 10

1.5 20

2.0 30

2.5 45

3.0 55

3.5+ 2 65+

Sentraal-Vrystaat 1.0 15

1.5 25

2.0+ 35+

11

Tabel 5 (vervolg) Stikstofbemesting (kg N/ha) onder droëlandtoestande volgens

produksiegebied en beplanningsopbrengs in die somerreënvalgebied 1

Produksiestreek

Beplanningsopbrengs

(ton/ha)

Stikstofbemesting

kg N/ha

Oos-Vrystaat 1.0 15

1.5 30

2.0 40

2.5 50

2.5+ 60+

Noordwes 1.0 5

1.5 15

2.0 25

Mpumalanga 1.0 10

Limpopo (Springbokvlakte en

Dwaalboom)

Oos-Kaap kusgebied (Oos

van Humansdorp 3 )

1.5 20

2.0 30

2.5 40

1.0 0

1.5 10

2.0 15

1.0 15

1.5 20

2.0 30

2.5+ 45+

1

Inligting vir gebiedsaanpassings soos gepubliseer deur die LNR-Kleingraaninstituut in

“Handleiding vir die produksie van Kleingrane in die somerreëngebied”, 2006.

2

Geldig vir die gebied rondom Wesselsbron-Viljoenskroon waar ‘n hoë watertafel en goeie

vogvoorsiening ‘n hoër beplanningsopbrengs tot gevolg het.

3

Wes van Humansdorp skakel in by die winterreënvalgebied se Suidelike kusgebied waar

koring gesaai word.

12

Stikstofbemesting onder besproeiing: Riglyne vir bemesting onder besproeiing

soos vervat in Tabel 6 moet aangepas word wanneer koring ‘n peulgewas opvolg sowel

as wanneer groot hoeveelhede oesreste ingewerk word.

Tabel 6 Stikstofbemestingsriglyne onder besproeiing volgens beplanningsopbrengste 1

Beplanningsopbrengs (ton/ha) Stikstofbemesting (kg N/ha)

4-5 80-130

5-6 130-160

6-7 160-180

7-8 180-200

8+ 200+

1 Inligting oor Stikstofbemesting soos gepubliseer deur die LNR-Kleingraaninstituut in

“Handleiding vir die produksie van Kleingrane in die somerreëngebied”, 2006.

Die verdeling van stikstof onder besproeiing in paaiemente deur die groeiseisoen kan

hoër graanopbrengste realiseer en ook graankwaliteit met verwysing na

proteïeninhoud verbeter. ‘n Verdere voordeel van verdeelde N-toediening is dat die

beplanningsopbrengs deur die seisoen aangepas kan word na gelang van

klimaatstoestande, opbrengspotensiaal by ‘n bepaalde groeistadium of na gelang van

watertoedienings. ‘n Verdelingskedule van stikstofbemesting by verskillende

opbrengsmikpunte op ‘n grond met 15-25% klei-inhoud word in Tabel 7 weergegee.

Tabel 7 Verdeling van stikstof deur die groeiseisoen by verskillende opbrengsvlakke 1

Opbrengs

(ton/ha)

Stikstofverdeling (kg N/ha)

Plant tot Stoel Stoel- tot pypstadium Vlagblaar tot blomstadium

4-5 80-100 30 0

5-6 100 30 30

6-7 100-130 30 30

7-8 130-160 30 30

>8 160 30-60 30-60

1 Inligting oor Stikstofbemesting soos gepubliseer deur die LNR-Kleingraaninstituut in

“Handleiding vir die produksie van Kleingrane in die somerreëngebied”, 2006.

13

Op gronde met laer kleipersentasies van 25% is kan die verdelings soos in Tabel 7 weergee, gevolg

word.

Die toediening van stikstof tydens die vlagblaar tot blomstadium van plantontwikkeling

is belangrik om te verseker dat voldoende stikstof beskikbaar is vir korrelgroei en

ontwikkeling, en vir aanvaarbare vlakke van proteïen in die graan. Afhangende van die

opbrengspotensiaal moet tussen 30 en 60 kg N/ha toegedien word in ‘n poging om die

proteïeninhoud van die graan bo 11% te verhoog.

5.3 FOSFORBEMESTING

Daar is ‘n verskeidenheid van fosforontledingsmetodes beskikbaar. In Tabel 8 volg ‘n

vergelyking van die ontledingswaardes verkry met die verskillende metodes. Die

benaderde verhoudelike verwantskappe soos in Tabel 8 aangedui sal geldig wees vir

die meeste grondtipes.

Tabel 8 Verhoudelike verwantskappe (mg P/kg) bepaal volgens verskillende

ontledingsmetodes 1

Ambic 1 Bray 1 Bray 2 Sitroensuur 1:20 Olsen

6 6 9 10 4

8 10 13 15 6

11 14 18 20 8

13 17 22 25 10

16 20 26 30 12

20 24 31 35 14

23 28 36 40 16

26 31 40 45 18

30 34 45 50 20

1 Inligting oor Stikstofbemesting soos gepubliseer deur die LNR-Kleingraaninstituut in

“Handleiding vir die produksie van Kleingrane in die somerreëngebied”, 2006.

14

Tabel 9 Fosforbemesting (kg P/ha) onder droëlandtoestande volgens

beplanningsopbrengs en grondfosforgehalte volgens die Bray 1-ontledingsmetode 1

Beplanningsopbrengs

Grondfosforgehalte (mg/kg)

(ton/ha)

30

1.0 6 5 4 4

1.5 9 8 6 5

2.0 12 12 8 7

2.5+ 18 15

1

Inligting oor Stikstofbemesting soos gepubliseer deur die LNR-Kleingraaninstituut in

“Handleiding vir die produksie van Kleingrane in die somerreëngebied”, 2006.

2

Minimum hoeveelhede wat toegedien behoort te word by die lae vlakke van grondfosfor.

By die interpretasie van die fosforbemestingsriglyne vir beide droëland- en

besproeiingskoring moet die volgende in gedagte gehou word:

Met fosforbemesting word daar na sitroensuuroplosbare- of wateroplosbare

fosforbronne verwys.

Riglyne is met inagneming van ekonomiese beginsels opgestel en die

hoeveelheid fosforbemesting, soos vervat in die riglyne, dui die hoeveelheid

aan waar maksimum bruto wins gemaak behoort te word.

Die riglyne maak voorsiening vir ‘n matige opbou van grondfosforstatus by lae

vlakke van grondfosfor - indien koringstrooi nie van die land af verwyder word

nie. ‘n Geleidelike, eerder as ‘n summiere opbouproses, word ondersteun met

bandplasing van fosforbemesting tydens die plantproses.

Die hoër fosforbemestingshoeveelhede in die riglyne het betrekking op die laer

ontledingsyfer en omgekeerd. Vir ontledingswaardes tussen hierdie grense

moet die korrekte fosforbemesting binne die gegewe hoeveelhede afgelei

word.

Suurgrondtoestande kan plantreaksie op toegediende fosforbemesting by hoë

grondfosforstatus tot gevolg hê as gevolg van relatiewe laer beskikbaarheid

van residuele grondfosfor.

15

Tabel 10 Fosforbemesting (kg P/ha) onder besproeiing volgens beplanningsopbrengs

en grondfosforgehalte volgens die Bray 1-metode 1

Beplanningsopbrengs

(ton/ha)

Grondfosforgehalte (mg/kg)

30

4-5 36 28 18 12

5-6 44 34 22 15

6-7 52 40 26 18

7+ >56 >42 >28 21

1 Inligting oor Stikstofbemesting soos gepubliseer deur die LNR-Kleingraaninstituut in

“Handleiding vir die produksie van Kleingrane in die somerreëngebied”, 2006.

5.4 KALIUMBEMESTING

Plaaslike gronde is redelik ryk aan kalium en ‘n verhoging in graanopbrengs realiseer

selde a.g.v. kaliumbemesting. Toestande waaronder kaliumtekorte mag voorkom sluit

in:

Hooggeloogde sandgronde met ‘n lae inherente grondkalium.

Koue en/of nat en/of droë grondtoestande.

Baie hoë magnesium- en/of kalsiuminhoud van gronde.

Kaliumbemesting onder droëlandtoestande: In Tabel 11 word kalium

grondontledingswaardes teenoor die beplanningsopbrengs gelys om die nodige

kaliumbemesting aan te dui. Die aanbeveling geld vir gronde met ‘n klei % van >35%.

Waar die klei %

1

Inligting oor kaliumbemesting soos gepubliseer deur die LNR-Kleingraaninstituut in

“Handleiding vir die produksie van Kleingrane in die somerreëngebied”, 2006.

Kaliumbemesting onder besproeiing: Kaliumbemesting vir besproeiingskoring

volgens grondkaliumstatus en beplanningsopbrengs word in Tabel 12 weergegee.

Kaliumbemesting kan as mengsel saam met die stikstof en fosfaat uitgestrooi en

ingewerk word. By gronde met ‘n klei % van

Tabel 13 Plantontledingswaardes van koring op vlagblaarstadium 1

Element Laag (tekort) Marginaal Hoog (Voldoende)

N (%) < 3.4 3.7 - 4.2 > 4.2

P (%) < 0.2 0.2 - 0.5 > 0.5

K (%) < 1.3 1.5 > 1.6

S (%) < 0.15 0.15 > 0.4

Ca (%) < 0.15 0.2 > 0.2

Mg (%) < 0.1 0.15 0.15 - 0.3

Cu (mg/kg) < 5 5 - 10 10

Zn (mg/kg) < 20 20 - 70 > 70

Mn (mg/kg) < 30 35 - 100 > 100

Fe (mg/kg) < 25 50 - 180 > 180

Mo (mg/kg) < 0.05 0.05 - 0.1 > 0.1

B (mg/kg) < 6 6 - 10 10

1 Inligting oor plantontledingswaardes van koring soos gepubliseer deur die

LNR-Kleingraaninstituut in “Handleiding vir die produksie van Kleingrane in die

somerreëngebied”, 2006.

6. WATERKWALITEIT EN ONKRUIDDODERS

Koste verbonde aan onkruiddoders sluit in die produkkoste en toedieningskoste. Ten einde te

verseker dat die produk effektief werk moet produsente aspekte uitskakel soos

soutantagonisme wat ‘n nadelige invloed op die werking van die produk kan hê.

6.1 FAKTORE WAT SOUTANTAGONISME VAN ONKRUIDDODERS BEÏNVLOED

Sensitiewe onkruiddoders: Produsente moet daarop let dat net sekere

onkruiddoders negatief beïnvloed word deur sout in water. Hierdie produkte sluit

hoofsaaklik na-opkoms onkruiddoders in soos glifosaat bevattende middels, die

hormoondoders en sekere sulfonielureums. Die rede tot swak onkruidbeheer is omdat

soute in die toedieningswater die hoeveelheid en spoed van opname van die

onkruiddoder deur die onkruid se blaar beïnvloed.

Deur alle onkruiddoders te beskou as kandidate vir antagonisme en al die nodige

voorsorgmaatreëls te tref kan die risiko van swak beheer beperk word. Onkruiddoders

moet hierom altyd met skoon water gespuit word wat beteken dat modderige water

18

verkieslik nie vir chemiese bespuitings gebruik moet word nie.

Toestande gedurende en net na bespuiting: Bepalend in die werking van

onkruiddoders is omgewingsfaktore soos lugvog en plante wat onder stremming

verkeer. Gunstige omgewingstoestande gedurende bespuiting vir opname sal die

nadelige effek van soute in die water teenwerk. Hierteenoor sal ongunstige toestande

tydens bespuiting die nadelige effek van soute in die water vererger.

Omgewingsfaktore kan dus ‘n groot rol speel in onkruiddoderopname en die

effektiwiteit van onkruiddoder. Baie swak onkruidbeheer kan verwag word wanneer

soutgevoelige onkruiddoders met ‘n swak water onder lae lugvog toestande op

gestremde plante gespuit word.

Watervolumes: Hoe hoër die watervolume per hektaar waarmee die onkruiddoder

toegedien word, hoe meer soute is daar om te reageer met die onkruiddoder. Die

omgekeerde is van toepassing by lae watervolumes. Alhoewel laer watervolumes dus

in teorie beteken dat die onkruiddoder meer effektief behoort te werk wanneer daar

soute in die water is moet produsente in die verband eerder sover moontlik by

etiketaanbevole watervolumes hou.

Onkruiddoderdosis: Die aanbevole dosis soos op die etiket aanbeveel moet gebruik

word.

Hulpmiddels: Op die etikette van sommige hulpmiddels word daar heel dikwels na

waterkwaliteit verwys as die pH van die toedieningswater. Die pH is ‘n uitdrukking van

die waterstof-ioon konsentrasie van die water. Indien die onkruiddoder pH gevoelig is,

moet die verlangde buffer of versuurder bygevoeg word, tot op die optimale pH vlakke.

Buffers of versuurders word gewoonlik voor die ander komponente in die spuittenk

bygevoeg.

Drumpelwaardes: As riglyn kan antagonisme verwag word indien die gesamentlike

kalsium- en magnesiumkonsentrasie van die water oor 100 mg/l (100 d.p.m.) beweeg.

Dieselfde norm kan gebruik word vir die natriumkonsentrasie. Hierdie

drumpelwaardes is net skattings en kan wissel na gelang van bogenoemde faktore

verander.

6.2 INSEKBEHEER

Koringverbouing is onderhewig aan die voorkoms van verskeie insekplae. Plae verskil

nie net in hul ekonomiese belangrikheid, maar die stadium van ontwikkeling van die

koringplant kan ook bepalend wees of beheer nodig is al dan nie.

6.3 PLANTLUISE

Die Russiese koringluis word beskou as die belangrikste plantluis waar droëland koring

19

verbou word in veral die Sentraal- en Oos-Vrystaat en kan plaagafmetings aanneem

indien die nodige beheermaatreëls nie in plek is nie. Ander plantluise soos die gewone

koringluis, hawerluis, die bruin aarluis en die graanroosluis kom sporadies voor en is

seisonaal van aard.

Russiese koringluis: Die Russiese koringluis is ‘n klein (30% wat kan voorkom op

laat/lente aanplantings in die Oos-Vrystaat of onder baie droë toestande in die

westelike gedeeltes van die Vrystaat. Herbesmetting van koring wat vroeg gespuit is

kan plaasvind gedurende die vatbare periode wat dan ‘n opvolgbespuiting vereis,

terwyl ‘n bespuiting na GS 12 te laat is en skade slegs gedeeltelik voorkom word. Die

besmettingsvlakke by spesifieke opbrengspotensiale wat bespuiting regverdig word in

die Tabel 14 aangedui. Daar is saadbehandelings- en grondsistemiese middels

geregistreer vir die beheer van vroeë populasies van die plaag en van hierdie middels

is vir ‘n periode van ongeveer 100 dae effektief.

20

Weerstandbiedende kultivar teenoor vatbare kultivar

Tabel 14 Die minimum aanvaarbare besmettingsvlakke by verskillende

opbrengspotensiaalvlakke van koring

Opbrengspotensiaal (ton ha -1 ) Luisbesmetting op GS 12 (% Plante)

>2.5 4

2.0 - 2.5 7

1.5 – 2.0 10

1.0 – 1.5 14

Ander luise: Plantluise wat sporadies in die somerreënvalgebiede voorkom is die

hawerluis, bruin aarluis en graanroosluis. Hierdie luise floreer gewoonlik onder die

vogtige toestande en digte plantestand wat in besproeiingsgebiede, maar ook

gedurende hoë opbrengspotensiaal jare onder droëland omstandighede voorkom.

Algemene riglyn vir die beheer van hierdie luise is wanneer 70% van die halms besmet

is met 5 tot 10 luise per halm. In praktyk kom hierdie luise egter dikwels eers in swaar

21

esmette kolle binne ‘n land voor vanwaar die hele land besmet kan word. Luise word

ook dikwels verbind met die oordraging van virussiektes soos die garsgeeldwergvirus

na die koringplant wat op hul beurt tot die verdwerging en vergeling van plante

aanleiding gee met ‘n gevolglike verlaging in opbrengspotensiaal. Voorgestelde

drempelwaardes vir die beheer van hierdie luise neem nie altyd laasgenoemde in ag

nie. By die chemiese beheer van luise moet die etiketvoorskrifte nagekom word ten

einde effektiewe beheer te verseker en moontlike opbrengsverliese te voorkom.

Die hawerluis is ‘n donkergroen peervormige plantluis met die rooierige kleur om die

heuningbuise op die agterpunt van die lyf. Die bruin aarluis daarenteen kom in twee

vorme voor naamlik in ‘n bruin en groen vorm. Die uitstaande kenmerk hier is dat die

heuningbuise op die agterpunt lank en pikswart van kleur is. Die graanroosluis is

liggroen van kleur, met ‘n donkergroen streep op die rug. Die heuningbuise is lank en

dieselfde kleur as die lyf.

6.4 ANDER INSEKPLAE

Hier volg ‘n opsomming van insekte wat as sekondêre plae beskou word en wat

sporadies op kleingrane in die somerreëngebied voorkom.

Bruin koringmyt: Die bruin koringmyt is ‘n klein donkerbruin, effens ovaalvormige

myt, waarvan die eerste paar voorpote duidelik langer is as die agterste. Myte bring

snags deur in of onder die grond en inspeksies moet gedurende die warm namiddag

uitgevoer word wanneer die myte gewoonlik op hul aktiefste is. Eiers word in die grond

gelê en bly dormant totdat die eerste ligte reën gedurende Julie tot Augustus voorkom.

Droë toestande, nadat die eiers uitgebroei het, is gunstig vir die opbou van groot

mytgetalle. Gevlekte blare is ‘n aanduiding van besmetting aangesien die myte se

voedingsmetode daarop ingestel is om plantsappe uit die blare te verwyder. Met

swaarbesmetting kan die blare vergeel of verbruin en met die verskyning van geel of

bruin kolle in die land kan chemiese beheer oorweeg word. Skade veroorsaak deur die

bruin koringmyt is meer opsigtelik wanneer die plant onder stremming verkeer. Hierdie

toestande is egter ook nadelig vir die opname en translokasie van insekdoders.

Produsente moet daarop let dat reënbuie van 12 mm of meer die mytpopulasie effektief

kan verlaag, wat die nodigheid van chemiese beheer onnodig kan maak.

Valsdraadwurm: Die valsdraadwurm is die larwestadium van groot, swartkleurige

kewers met lang pote, wat vinnig oor die grondoppervlak hardloop en onder

plantmateriaal skuil. Die larwe is die skadelikste stadium en kan aan die saad, wortels

en saailingstamme voed. Beskadigde plantdele kan sekondêr besmet word deur

swamme soos Fusarium en aanleiding gee tot kroon- en wortelvrot. Die

valsdraadwurmlarwe kan tot 20 mm lank wees en word gekenmerk deur ‘n harde,

gladde liggaam met ‘n goud-bruin tot donkerbruin kleur en gepunte stert wat opwaarts

wys. Saadbehandelings kan effektief wees waar saailinge aktief in vogtige grond groei.

22

Bolwurm: Die volwasse motte is ligbruin tot grys met ‘n vlerkspan van ongeveer

20mm. Die motte vlieg met sonsopkoms en -ondergang en lê hul eiers direk op die

plant. Die jong larwes van vroeë generasies voed aanvanklik op die chlorofil van die

blare en migreer later na die are om op die ontwikkelende korrels te voed. Die finale

instar larf se kleur kan wissel van helder groen tot bruin en het ‘n kenmerkende laterale

wit streep aan elke kant. Die larf kan tot 40 mm lank word en aansienlike skade aanrig.

Direkte opbrengsverliese kan voorkom sowel as indirekte verliese weens

kwaliteitsverliese a.g.v. beskadigde pitte met ‘n gevolglike afgradering van die graan.

Die teenwoordigheid van die bolwurm word gewoonlik eers in die aar waargeneem

wanneer die larf in die mid-instar stadium is. Produsente moet hulle lande gereeld

inspekteer vir jong larwes aangesien die groter, ouer larwes, gewoonlik minder vatbaar

vir insekdoders is en ook meer skade kan aanrig. Onder droëlandtoestande kan

chemiese beheer oorweeg word as 3 tot 4 larwes per lopende meter waargeneem

word. Onder besproeiing is die drempelwaarde 6 tot 7 larwes per lopende meter.

Slegs geregistreerde middels moet toegedien word en die etiketvoorskrifte moet

nagevolg word.

Swartmieliekewer: Die volwasse kewer is swart, ongeveer 12 tot 15 mm lank met

sterk ontwikkelde vlerke wat die kewer in staat stel om lang afstande te vlieg. Die

wyfiekewer lê ongeveer 7 tot 10 eiers in die grond en die larwes ontwikkel deur drie

instars gevolg deur ‘n papiestadium. Die volwasse kewers is die skadelikste stadium.

Die larwes oorleef op organiese materiaal in die grond. Kewers kou aan die basis van

die saailingstam wat ‘n afname in stand tot gevolg het. Gegewe die beweeglikheid van

die volwasse kewer, is saadbehandelingsmiddels geregistreer as voorplantbenadering

om die volwasse kewer te teiken.

Bladspringers: Die plaagstatus van die bladspringer op koring word grootliks daaraan

toegeskryf dat hierdie insekte mieliestreepvirus kan oordra van besmette mielies of

sekere grasspesies. Virusoordraging vind gewoonlik plaas op vroeë

koringaanplantings wat naby besmette gras, mielies of opslagmielies aangeplant is.

Jong koringplante wat met die virus besmet is, het ‘n verdwergde voorkoms met

gekrulde blare wat dun, goed gedefinieerde chlorotiese strepe vertoon parallel met die

blaarnerwe. Hierdie simptome staan as kroeskoring bekend. Geen chemiese middels

is geregistreer vir die beheer van bladspringer op koring nie. Besmetting kan voorkom

word deur later aanplantings weg van mielies. Die alternatief is om oorweging te bied

aan koringkultivars wat tolerant is teen mieliestreepvirus, veral in gebiede of onder

praktyke waar die risiko van virusoordraging hoog is.

7. DIE BEHEER VAN SIEKTES

Swamsiektes by koring kan beheer word deur weerstandbiedende kultivars aan te plant of

deur van chemiese beheer gebruik te maak. Chemiese beheer kan toegepas word wanneer

vatbare kultivars aangeplant word sowel as wanneer eens bestande kultivars hul weerstand

verloor weens die ontwikkeling van nuwe patotipes van ‘n bepaalde swamsiekte met die

vermoë om die weerstandsmeganisme van ‘n kultivar(s) te oorkom. Die gebruik van

gesertifiseerde saad wat behandel is teen saadgedraagde siektes soos los- en stinkbrand

speel ook ‘n belangrike rol in die beheer van saadgedraagde siektes by koring.

23

7.1 RISIKO VIR DIE VOORKOMS VAN SWAMSIEKTES

Baie belangrik is dat produsente bewus moet wees wat die risiko is vir die voorkoms

van swamsiektes in die onderskeie produksiegebiede. Risiko in hoë risiko streke kan

beperk word deur bestande kultivars as deel van ‘n kultivarpakket in te sluit. Waar

vatbare kultivars in hoë risiko gebiede aangeplant word, moet produsente bewus wees

van die siektesimptome, gunstige omgewingstoestande, en drempelwaardes tot

chemiese beheer vir die onderskeie siektes.

Tabel 15 Die risiko vir die voorkoms en uitbreek van roesepidemies op koring in die

droëland produksiegebiede van die somerreëngebied

Produksiegebied 1 Stamroes Blaarroes Streeproes

Wes-Vrystaat LR 2 LR LR

Sentraal-Vrystaat LR LR LR

Oos-Vrystaat LR LR HR

KwaZulu-Natal HR 3 HR HR

Mpumalanga LR HR HR

Gauteng LR LR LR

Limpopo LR LR LR

Noord-Kaap LR LR LR

1

Waar koring onder vol- of aanvullende besproeiing aangeplant word verhoog die risiko vir die

ontwikkeling van blaarsiektes soos blaarroes en streeproes

2 3

LR = Lae risiko; HR = Hoë risiko

7.2 CHEMIESE BEHEER VAN SWAMSIEKTES

‘n Verskeidenheid van swamdodende spuitmiddels is vir die beheer van blaarsiektes op

koring geregistreer. Die aktiewe bestanddele van die middels word in drie groepe

verdeel, naamlik triasole, imidasole en bensimidasole. Roes- en blaarvleksiektes word

baie effektief deur die meeste triasole beheer. Gesertifiseerde saad word behandel

met swamdoders wat as saadbehandelingsmiddels vir die beheer van los- en

stinkbrand geregistreer is.

24

Ten einde chemiese beheer suksesvol by koring toe te pas kan produsente die

volgende faktore in ag neem:

Klimaatstoestande speel ‘n baie belangrike rol in siekte-ontwikkeling.

Opeenvolgende gunstige periodes vir siekte-ontwikkeling sal bydra tot siekte

toename en gevolglike epidemiese ontwikkeling op vatbare kultivars. Die

meeste swamsiektes floreer in nat jare wanneer daar goeie

biomassa-ontwikkeling is en die potensiaal hoog is.

Chemiese beheer moet nie onnodig uitgestel word wanneer koring op die

vlagblaarstadium is, veral met blaarsiektes wat vinnig kan toeneem soos

streeproes. Die graad van vatbaarheid van die kultivar, opbrengspotensiaal,

groeistadium, die insidensie van die siekte in die land of in die omgewing sowel

as heersende klimaatstoestande moet in aanmerking geneem word.

Nawerking van die meeste swamdoders wat as blaarbespuitings toegedien

word is drie tot vier weke. Die nawerking van swamdoders kan onder druk

geplaas word wanneer daar met bespuiting nie goeie beheer verkry is nie

weens swak spuittoestande of onder toestande van voortdurende siektedruk

vanaf nabygeleë lande.

In die geval waar ‘n vroeë toediening, voor die agt-blaarstadium, nodig was

kan ‘n tweede toediening nodig wees sou gunstige omgewingstoestande vir

siekte- ontwikkeling na die verstryking van die periode van nawerking

voortduur.

Siektes is nie almal ewe skadelik nie en die ekonomiese belangrikheid van

siektes soos byvoorbeeld meeldou moet ook in ag geneem word.

Wanneer koringaanplantings in ‘n hoë risiko area vir ‘n spesifieke siekte

gemaak word, kan oorweging aan meer siekteverdraagsame of

weerstandbiedende kultivars geskenk word.

Die voorkoms van ‘n spesifieke siekte op ‘n kultivar wat as weerstandbiedend

aangegee word moet aan die betrokke maatskappy deurgegee word. Die

voorkoms van swaarder besmette kolle in ‘n land van ‘n siekte soos streeproes

wat geplant is met ‘n weerstandbiedende kultivar kan daarop dui dat die

patogeen die weerstand oorkom het. Weerstandbiedende kultivars moet dus

net soos vatbare kultivars gemonitor word vir die voorkoms van siektesimptome.

Chemiese beheer as saadbehandeling is dikwels nie lonend teen

grondgedraagde siektes weens die uitgerekte groeiperiode waartydens die

koringplant blootgestel is aan grondgedraagde patogene nie.

Grondgedraagde siektes kan bestuur word deur wisselbou toe te pas en deur

seker te maak dat grondfaktore soos verdigting wat stremming op die plant kan

plaas, opgehef word.

Opslagkoring en koringstoppel wat op die grondoppervlak voorkom dien

dikwels as draers van blaarsiektes.

Hou by die geregistreerde dosis en verdere etiketvoorskrifte ten einde die

effektiwiteit van chemiese beheer te verhoog.

25

7.3 WORTELSIEKTES

Vrotpootjie: Vrotpootjie is ‘n belangrike wortelsiekte van koring en word deur ‘n

grondgedraagde swam veroorsaak. Die siekte kom veral voor waar koring in

monokultuur onder besproeiing verbou word. In nat seisoene kan vrotpootjie ook

voorkom op droëland- koring. Groot oesverliese kan voorkom wanneer die nodige

bestuurspraktyke nie in plek is om vrotpootjie te voorkom nie. Simptome is plante wat

minder halms vorm, plante wat voor blom afsterf en die voorkoms van plante met wit

are in kolle binne die land. Die wortels en krone van besmette plante is swart verkleur

en breek maklik af weens die verrotting wat plaasgevind het. Die risiko tot die

voorkoms van vrotpootjie kan verminder word deur gewasrotasie met alternatiewe

gewasse soos lupiene, kanola en hawer. Grasonkruide en ander gewasse soos gars

kan ook as draers van die vrotpootjieswam dien.

Vrotpootjie op gevorderde stadium

26

Kroonvrot: Die siekte kom voor wanneer swamme van die genus Fusarium die krone

van die koringplant besmet om sodoende kroonvrot te veroorsaak. Alhoewel hierdie

swamme natuurlik in gronde voorkom sal hulle toeneem onder ‘n koring

monokultuurstelsel. Die eerste bogrondse simptome van die siekte kom dikwels eers

voor na blom wanneer halms en are vroegtydig afsterf. Kroonvrot kom hoofsaaklik voor

op droëlandkoring wat onder vogstremming verkeer. Die swamsiekte kan ook

sekondêr voorkom op plante wat onder stremming verkeer as gevolg van primêre

wortelbesmetting deur die vrotpootjieswam. Are wat vroegtydig afsterf vertoon wit en

sal of glad nie gevul wees of verkrimpte pitte bevat. Die krone van besmette plante sal

donkerbruin vertoon en met afwissellende vogtige toestande sal die blaarskedes van

besmette krone pienk tot pers verkleur.

Geen chemiese middel is teen kroonvrot geregistreer nie. Alhoewel alle kultivars

vatbaar is kan daar verskille in hul verdraagsaamheid teenoor kroonvrot wees.

Wisselbou en bewerkingspraktyke wat vogbewaring ten doel het kan die risiko tot

voorkoms van kroonvrot verminder.

7.4 STAM-, BLAAR-, EN AARSIEKTES

Streeproes of geelroes: Die siekte veroorsakende swam is ‘n verpligte parasiet en

die swam kan dus slegs op lewende plantmateriaal oorleef. Die siekte is luggedraagd.

Tipiese simptome sluit in langwerpige, heldergeel tot oranjekleurige strepe wat

bestaan uit roespuisies en parallel met die blaarnerwe voorkom. Op die jonger blare is

die streepvorming minder kenmerkend en kom die roespuisies meer in kolle op die

blaar voor. Onder baie gunstige toestande vir die ontwikkeling van streeproes kan die

blaarskedes, blompakkies, jong pitte en baard ook besmet word. Die swamspore

benodig vog en lae temperature vir ontkieming en gevolglike besmetting van vatbare

plante. Gebiede met nag- en of dagtemperature van minder as 15ºC wat gepaard gaan

met gereelde dou, mis, reën of oorhoofse besproeiing gedurende die koringseisoen

word as hoë risiko areas beskou. Nagtemperature van bo 15ºC met gepaardgaande

dagtemperature van 25 tot 30ºC sal ‘n inhiberende effek op streeproes- ontwikkeling

hê. Verskeie triasoolbevattende middels is geregistreer teen streeproes. Chemiese

beheer moet toegedien word na korrekte siekte-identifikasie, bevestiging van

kultivarvatbaarheid en met gepaardgaande gunstige omgewingstoestande vir die

verspreiding van die siekte.

27

Tipiese simptome van streeproes

Weerstandbiedende kultivar teenoor vatbare kultivar

Blaarroes of bruinroes: Die blaarroesveroorsakende swam is luggedraagd en kan

uitgeken word aan rooi-bruin roespuisies wat op die blare en blaarskedes van die

koringplant voorkom. Die siekte ontwikkel vinnig op vatbare kultivars wanneer

douperiodes of mistige toestande voorkom wat langer as ses ure duur met

gepaardgaande temperature van 15 tot 22ºC. Met opeenvolgende gunstige periodes

vir infeksie kan epidemiese toestande binne ‘n paar weke na die eerste infeksie op

vatbare kultivars voorkom. Die risiko wat blaarroes inhou kan bestuur word deur

kultivarkeuse. Waar van chemiese beheer gebruik gemaak word, is dit belangrik om

die vlagblaar te beskerm.

Stamroes of swartroes: Die veroorsakende swam van stamroes is luggedraagd en

uitkenbaar aan die voorkoms van groot, verhewe rooi-bruin roespuisies wat op die

blare, blaarskedes, are, baard en stamme van vatbare kultivars voorkom. Meer tipiese

simptome van stamroes is die voorkoms van opgehewe, ovaalvormige, rooi-bruin

puisies wat op die halms van die koringplant voorkom. Infeksie sal plaasvind wanneer

dou en of mistige nat toestande met gepaardgaande temperature van 15ºC tot 24ºC

voorkom. Weens sy voorkeur vir hoër temperature kom stamroes gewoonlik later in die

seisoen voor wanneer die koringplant reeds in korrelvul is. Onder gunstige toestande

vir die ontwikkeling van stamroes kan algehele oesverlies voorkom. Stamroesrisiko

wat stamroes inhou kan beperk word deur bestande kultivars aan te plant. Stamroes

kan slegs suksesvol chemiese beheer word indien die halms suksesvol benat kan word

met die swamdoder tydens bespuiting.

29

Swaar besmetting van stamroes

Aarskroei: Aarskroei word veroorsaak deur swamme in die genus Fusarium waarvan

Fusarium graminearum geïdentifiseer is as die hoofveroorsakende organisme onder

plaaslike toestande. Die siekte kom veral voor onder besproeiing waar koring met

mielies afgewissel word, maar kan ook gedurende nat seisoene onder droëland

toestande voorkom. Infeksie van een of meer blompakkies in die aar tydens blom en

die verdere verspreiding van die swam na aangrensende blompakkies kan daartoe lei

dat dele van die aar verbleik en vroegtydig afsterf. Geen of verkrimpte pitte kom

dikwels in besmette dele van die aar voor. Onder nat humiede toestande kan ‘n pienk

verkleuring van besmette dele van die aar voorkom as gevolg van swamgroei.

Optimale toestande vir infeksie en verspreiding sluit temperature tussen 15ºC en 25ºC

in met gepaardgaande nat toestande en ‘n hoë relatiewe humiditeit. Die mees

effektiewe manier om aarskroei te voorkom is deur gewasrotasie met nie-gasheer

gewasse asook die vernietiging van koring- en mieliestoppels. Voorkomende

aarbespuitings tydens blom kan help om infeksie en siekte-ontwikkeling te inhibeer.

30

Fusarium aarskroei infeksie

Bruinaar: Bruinaar word deur ‘n swam veroorsaak en simptome kan op die blare en

are voorkom. Hierdie siekte kom hoofsaaklik op laat aanplantings in die Oos-Vrystaat

en KwaZulu-Natal voor. Letsels kom gewoonlik op ouer blare voor, is bruin, lensvormig

en omring deur nekrotiese en of chlorotiese blaarweefsel. Afhangend van

kultivarvatbaarheid kan die simptome van kultivar tot kultivar verskil. Kenmerkende

simptome op die are is die verskyning van bruin vlekke. Toestande bevorderlik vir

siekte-ontwikkeling sluit in periodes van 6 tot 7 uur van dou en of reën met

gepaardgaande hoë humiditeit en temperature bokant 7ºC. Bruinaar is op sy

skadelikste wanneer besmetting tussen vlagblaarverskyning tot blom voorkom.

Kultivarweerstand, wisselbou, die verwydering van oesreste deur ploeg of brand en

chemiese beheer kan ingespan word om die siekte te bekamp.

Kroeskoring of mieliestreepvirus: Mieliestreepvirus word deur bladspringers vanaf

besmette mielie- en of grasspesies na koring oorgedra. Die simptome op vatbare

koringplante word as kroeskoring beskryf. Plante wat op ‘n vroeë stadium besmet word

het ‘n verdwergde voorkoms en sal minder halms met kleiner are vorm. Chlorotiese

letsels wat op geïnfekteerde blare vorm smelt later saam om goed gedefinieerde geel

strepe te vorm wat oor die lengte van die blaar loop. Die gebruik van

weerstandbiedende of meer verdraagsame kultivars kan gebruik word om skade

veroorsaak deur mieliestreepvirus te beperk.

31

Poeieragtige meeldou: Simptome van poeieragtige meeldou sluit wit- tot grys

watte-agtige swamgroei op alle bogrondse dele van die plant in. Die swamsiekte kom

gewoonlik meer op die blare van die plant voor, maar kan ook onder epidemiese

toestande op die stamme en die are aangetref word. Die siekte sal vinnig toeneem

onder koel, bewolkte en humiede omgewingstoestande asook ‘n digte plantestand.

Optimum toestande vir die ontwikkeling van poeieragtige meeldou is koel temperature

(15 tot 22ºC) en bewolkte humiede toestande. Die siekte kan oesverliese veroorsaak

indien infeksie reeds op ‘n vroeë stadium plaasvind en toestande gunstig bly vir

ontwikkeling van epidemiese toestande voor aarverskyning.

7.5 BRANDSWAMME

Karnalbrand: Karnalbrand word deur ’n brandswam veroorsaak en is saad sowel as

grondgedraagd. Die siekte is huidiglik beperk tot die besproeiingsgebiede van Douglas

en Prieska. Gunstige toestande vir die ontwikkeling van karnalbrand sluit

dagtemperature van 16 tot 23ºC en nagtemperature van 7 tot 11ºC in. Tesame

hiermee sal ‘n relatiewe humiditeit van meer as 70% of ‘n minimum relatiewe humiditeit

van meer as 48% asook reënval of besproeiing oor ‘n paar agtereenvolgende dae

gedurende aarverskyning infeksie aanhelp. Tipiese simptome sluit in geïnfekteerde

korrels wat swart vertoon as gevolg van die teenwoordigheid van teliospore, ‘n

kenmerkende verweerde voorkoms en die reuk van vrot vis. Vir die beheer van

karnalbrand is dit belangrik dat koringprodusente gebruik maak van gesertifiseerde

saad. Saad kan behandel word met Anchor Red (aktiewe bestanddeel is carboxin).

Hierdie swamdoder het die vermoë om spore dood te maak wat dan dien as ‘n

voorsorgmaatreël. Aarbespuitings met triticonazole (Tilt ® of Bumper ® ) gedurende

aarverskyning kan infeksie onderdruk. Die eerste toediening moet met 25%

aarverskyning toegedien word, met ‘n opvolgbespuiting 10 dae later.

Losbrand: Hierdie swamsiekte kom in al die koringverbouingstreke voor. Tipiese

simptome van losbrand kan na aarverskyning waargeneem word. Geïnfekteerde are is

sigbaar as massas swart tot donkerbruin brandspore wat in die plek van die

blompakkies gevorm het. Met tyd waai en was die spore af en bly net die ragis agter.

Losbrand ontwikkeling word bevoordeel deur koel, humiede omgewingstoestande wat

die blomperiode van die plant verleng. Die siekte kan voorkom word deur van

gesertifiseerde saad wat met die nodige chemise saadbehandelings behandel is,

gebruik te maak.

32

Losbrand na aarverskyning

Stinkbrand: Stinkbrand kom in al die koringverbouingstreke voor. Tipiese

simptome is na aarverskyning sigbaar wanneer korrels verplaas word met grys-bruin

kleurige “brandballe”. Wanneer besmette korrels fyngedruk word, word ‘n swart poeier

vrygestel wat uit brandspore bestaan. Die brandspore het ‘n sterk visagtige reuk.

Geïnfekteerde are kan ook langer neem om ryp te word. Stinkbrand kan voorkom word

deur van gesertifiseerde saad wat met die nodige chemise saadbehandelings behandel

is gebruik te maak.

33

8. GRADERING EN KWALITEIT

Huidiglik is daar volgens die Wet op Landbouprodukte een broodkoringklas met vier grade,

nl. B1, B2, B3 en B4 wat bepaal word volgens die proteïeninhoud van die graan, die

hektolitermassa en valgetal (Tabel 16). Hektolitermassa en proteïeninhoud word grootliks

bepaal deur die omgewing wat insluit bestuurspraktyke. Hektolitermassa as ‘n

digtheidsparameter gee ‘n direkte indikasie van die potensiële meelekstraksie van die

graanmonster. Meelekstraksie is ‘n kritiese parameter vir die meulenaar, omdat dit ‘n

invloed op sy winsgewendheid het. ‘n Hoë proteïeninhoud sowel as proteïenkwaliteit is

nodig om te verseker dat die bakker suksesvol ‘n brood kan bak wat aan die verbruiker se

vereistes voldoen. Valgetal is ‘n indikasie van die α-amilase ensiemaktiwiteit in die graan.

Hoë α-amilse aktiwiteit (lae valgetal) is ‘n indikasie dat die styselmolekules tot ‘n groot

mate na suikers (maltose) afgebreek is en sulke graan in groot volumes is onaanvaarbaar

vir die bakdoeleindes.

Tabel 16 ‘n Skematiese voorstelling van die verskillende klasse en grade van

broodkoring

BROODKORING - KLAS B

Graad

Minimum proteïen

(12% vogbasis)

Minimum Hlm

(kg/hl)

Minimum Valgetal

(Sekondes)

B1 12 77 220

B2 11 76 220

B3 10 74 220

B4 9 72 200

Utiliteit 8 70 150

Klas Ander

34

9. BRONNELYS

Anoniem, 1989. Riglyne vir Gewasproduksie. Algemene verbouing van koring.

Anoniem, 1989-1990. Riglyne vir Gewasproduksie. Bemestingsriglyne vir koringverbouing.

Anoniem, 1989-1990. Riglyne vir Gewasproduksie. Plaagbeheer by Koring.

Anoniem, 1992-1993. Riglyne vir Gewasproduksie. Algemene verbouing van koring.

Gekoördineerde voorligting: Beplanningsopbrengs van koring.

Anoniem, 1992-1993. Riglyne vir Gewasproduksie. Bemestingsriglyne vir koringverbouing.

Anoniem 2006. Handleiding vir die produksie van kleingrane in die somerreënvalgebied.

Opgestel deur LNR-Kleingraaninstituut, Universiteit van die Vrystaat en SAB Maltings (Pty)

Ltd.

35

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!