Bybelse boublokke van karakter

Bybelse boublokke van karakter Bybelse boublokke van karakter

02.05.2013 Views

Die vergadering eindig waar die sekretaris ´n brief aan die ander pastoor skryf en sê: Ons is jammer dat ons jou so behandel het. Vergewe ons, want ons het gedink ons doen reg. Maar ons dink nou anders. Ons is steeds lief vir jou. Twee dae na die ander pastoor die brief gekry het, verhuis hy na Bloemfontein, en die twee gemeentes verenig. Wat beteken Romeine 12:19 in jou situasie? Gesels bietjie hieroor. 6 | B l a d s y

7 | B l a d s y DRIE: ONESIFORUS Lees 2 Timoteus 1:15-18 noukeurig by die huis deur. Het jy ´n vriend wat regtig omgee, wat jou optel met sy/haar woorde en nooit veroordeel nie, wat jou help en ondersteun ongeag wat gebeur, wat soos ´n verfrissende bui reën op ´n warm somersdag is? Dan is jy baie gelukkig. Talle ander mense strompel deur die woestyn van die lewe sonder iemand wat omgee wat hulle diepste nood en behoefte is, en sonder iemand wat regtig vir hulle lief is. „We live by encouragement, and die without it – slowly, sadly and angrily“. Elke mens het iemand nodig wat hom/haar bemoedig en aanmoedig, komplimenteer en waardeer. Die wêreld het Christene nodig wat dit as hulle roeping beskou om mense soos reënbuie in die warm somershitte te verfris. Die goeie nuus is dat elke mens dié roeping kan uitleef. Watter karaktereienskappe het jy nodig hiervoor? As jy Paulus sou vra, het hy vir jou beskryf hoe hy Onesiforus beleef. Nes Abigajil weet ons baie min van Onesiforus. Maar vir Paulus was hy ´n oase in die middel van sy lang tog deur die droë wildernis. Om Onesiforus se bydrae tot Paulus se verhaal te verstaan, is agtergrondinligting nuttig. Paulus is in die tronk, waarskynlik in Rome waar hy sy laaste dae deurbring. Die tronk in Rome het bestaan uit ´n gat in die rots uitgekap, met ´n touleer wat deur ´n gat in die grond bereik word. Gevangenes het op die rots geslaap, daar was geen sanitasie nie en familie en vriende moes kos verskaf, of die gevangene het kortpad deur die regstelsel gekies na die dood. Rome het nie sy gevangenes gepamperlang nie! Paulus besef sy lewenstaak is verby. Die dood kruip al nader. Hy raak nostalgies oor die verlede, en sy vriende. Hoe wens hy nie dat hulle hier by hom kon wees nie! Hulle sou die eensaamheid verdryf, maar ook die koue – kyk na 2 Timoteus 4:13 en 21. Die hartseer is dat Paulus se vriende hom nou in die steek laat, want hy is nou niks meer as ´n tronkvoël nie. Kyk na sy woorde in 2 Timoteus 1:8 en 15. Die Christene van die omgewing het hulle rug op Paulus gedraai. Hy gaan alleen voor keiser Nero staan, dieselfde keiser wat later Rome aan die brand steek omdat die Senaat hom nie wil toelaat om ´n groot groentetuin naby sy paleis aan te lê nie omdat te veel openbare geboue daarvoor afgebreek moet word. En as die Senaat dan vermoed dat Nero agter die brand sit, skuif hy alle blaam op die Christene. Duisende van hulle word doodgemaak, en die res word Rome verbied. Paulus se eerste hofverskyning is verby, en kyk hoe hy dit beleef het - 2 Timoteus 4:16- 18. Niemand was bereid om vir hom te getuig nie. Dit voel vir hom net die Here staan nog by hom. Figelus en Hermogenes se verraad bly Paulus by. Dalk is daar sulke name in jou lewe wat jy nie kan vergeet nie, van mense wat jou kwaai skade berokken het? Jy het dalk jou lewe vir hulle gegee, en die dag toe jy in die nood was, het hulle sand in jou oë geskop. Dan verstaan jy dalk hoe Paulus moes gevoel het, verlaat deur vriende en oorgelewer aan die wreedste keiser van alle tye (en die res van die keisers was maar self ´n wrede spul!) Tog is daar een persoon – Onesiforus! Kyk weer mooi na 2 Timoteus 1:16-18. Wat sien jy raak van dié man en sy huismense?

Die vergadering eindig waar die sekretaris ´n brief aan die ander pastoor skryf en sê: Ons is

jammer dat ons jou so behandel het. Vergewe ons, want ons het gedink ons doen reg. Maar ons

dink nou anders. Ons is steeds lief vir jou.

Twee dae na die ander pastoor die brief gekry het, verhuis hy na Bloemfontein, en die twee

gemeentes verenig.

Wat beteken Romeine 12:19 in jou situasie? Gesels bietjie hieroor.

6 | B l a d s y

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!