Bybelse boublokke van karakter

Bybelse boublokke van karakter Bybelse boublokke van karakter

02.05.2013 Views

Kyk goed na Esra 7:6-10 by die huis. 26 | B l a d s y ELF: HOE OM DIE WAARHEID TE LAAT VASKLOU ´n Mens kry potte en panne wat nie aanbrand nie. Het jy al begin dink dat die tiener in jou huis se kop so werk dat waarheid nie daaraan kan vasbrand nie? Sal die geestelike waarhede wat my kind gehoor en gesien het, iewers begin inskop en ´n verskil maak? Esra het in Babilon grootgeword. Hy het pas saam met sy volk teruggekom na Jerusalem, om hier te kom studeer en werk. Jongmense beleef hulle in so ´n oorgangswêreld, waar hulle oorbeweeg van die bekende huislike atmosfeer na ´n nuwe wêreld. Hulle is die nuutjies op hoërskool, kollege of universiteit, of ´n nuwe betrekking. Hulle is besig om die grootmenswêreld stukkie vir stukkie te ontdek. Om in ´n oorgangsituasie te wees, is om gespanne te wees. Nog ´n eienskap van Esra is dat hy goed bekend met die Here se wet is – kyk weer na vers 6. Van kleinsaf is hy hieraan blootgestel, en nou is hy ´n kenner van die Skrif. Baie jongmense ken die verhale van die Bybel. Hulle leer God se Woord vandat hulle kan onthou. ´n Laaste eienskap van Esra is dat hy ´n pad met die Here loop. Hierdie hoofstuk beklemtoon drie maal dat die Here se hand op hom was (vv 6, 9, 28). Baie jongmense kom agter dat die Here se hand op hulle lewe rus. Soms het hulle tot bekering gekom, is hulle gedoop, is hulle ook gedoop met die Gees. Die Here wil nou ´n pad saam met hulle stap, om hulle te gebruik om namens Hom op te tree. Hy wil dat die kennis en ervaring wat hulle in Hom opgedoen het, sal vassteek en die vrug van wysheid en diensbaarheid oplewer. Esra klou vas aan sy kennis en ervaring van God deur doelbewus vier karaktertrekke te ontwikkel. As ons hierdie vier waarhede aan ons jongmense kan kommunikeer, sal die waarheid ook in hulle lewe vassteek. Vers 10 verklap dié geheime. Kyk mooi daarna. ↸ Esra maak ´n persoonlike commitment aan die Here – kyk ook hoe Daniël dieselfde besluit neem, in Daniël 1:8. Mense wat God op ´ magtige wyse gebruik, moes eers almal dié besluit neem, selfs al het dit soms beteken dat hulle hulleself ongewild gemaak het en teen die stroom moes opswem. In die kerk is dit maklik om met die waarheid handel te dryf, maar in die wêreld kom daar min of niks daarvan tereg nie. Dat die waarheid sal vassteek, is so ´n commitment die voorwaarde. ↸ Esra word doelbewus ´n student van die Skrif – een van die vinnigste maniere om geestelik uit te sak, is om te wag dat iemand anders jou kos voorberei. Jongmense hou dalk nie baie van ma se kos nie, maar net totdat hulle self kos moet maak! Daar is geen substituut daarvoor nie om die Bybel biddend te bestudeer met die doel om die stem van die Here te hoor. Dit kos tyd en dissipline. Net so kan jy God se waarhede vir jou lewe en situasie ontdek. Lei jongmense tot ´n persoonlike commitment, en leer hulle om die Bybel as gids vir hulle daaglikse lewe te gebruik, en jy het die waarheid reeds laat vassteek. ↸ Esra gee aan die waarheid voete en hande – Esra sit sy hart daarop om God se waarheid uit te leef. Wanneer sal die waarheid volgens Jakobus 1:22-25 gebeur? Wanneer die spieël in die oggend wanneer jy opstaan vir jou vertel dat jy sleg lyk, is dit nie goed genoeg om die spieël te ignoreer en aan te gaan nie. Nee, jy kam jou hare en borsel jou tande en was jou gesig, tot die spieël vir jou aandui dat jy gereed is om voor mense te verskyn. Wat sê die spieël van God se Woord oor jou? En wat doen jy daaraan? Esra deel wat hy leer, met ander – kyk weer na vers 10. Een van Stephen Covey se wette vir effektiewe mense is dat hulle die waarheid wat hulle leer, onmiddellik aan iemand anders

leer. Want dan gebeur dit! Deel wat jy leer, met entoesiasme en oorgawe. Wanneer jy dit vir iemand leer, word ´n onderwerp vir jou ontsluit omdat jy dit vanuit verskillende hoeke bekyk. Die jongmens wat sy/haar geloof met iemand anders deel, het die waarheid laat anker in sy/haar lewe. Jongmense is soms nie geïnteresseerd in die waarheid nie. Dit laat ouers en jeugwerkers soms vrees dat hulle nie effektief is nie. Kyk na Paulus se versekering in 1 Korintiërs 15:58b. Kyk ook na die Here se belofte in Jesaja 55:10-11. Vertrou die Here dat Hy ´n oes sal gee op die saad wat jy saai. 27 | B l a d s y

Kyk goed na Esra 7:6-10 by die huis.

26 | B l a d s y

ELF: HOE OM DIE WAARHEID TE LAAT VASKLOU

´n Mens kry potte en panne wat nie aanbrand nie. Het jy al begin dink dat die tiener in jou huis

se kop so werk dat waarheid nie daaraan kan vasbrand nie? Sal die geestelike waarhede wat my

kind gehoor en gesien het, iewers begin inskop en ´n verskil maak?

Esra het in Babilon grootgeword. Hy het pas saam met sy volk teruggekom na Jerusalem, om

hier te kom studeer en werk. Jongmense beleef hulle in so ´n oorgangswêreld, waar hulle

oorbeweeg van die bekende huislike atmosfeer na ´n nuwe wêreld. Hulle is die nuutjies op

hoërskool, kollege of universiteit, of ´n nuwe betrekking. Hulle is besig om die grootmenswêreld

stukkie vir stukkie te ontdek. Om in ´n oorgangsituasie te wees, is om gespanne te wees.

Nog ´n eienskap van Esra is dat hy goed bekend met die Here se wet is – kyk weer na vers 6.

Van kleinsaf is hy hieraan blootgestel, en nou is hy ´n kenner van die Skrif. Baie jongmense ken

die verhale van die Bybel. Hulle leer God se Woord vandat hulle kan onthou.

´n Laaste eienskap van Esra is dat hy ´n pad met die Here loop. Hierdie hoofstuk beklemtoon

drie maal dat die Here se hand op hom was (vv 6, 9, 28). Baie jongmense kom agter dat die Here

se hand op hulle lewe rus. Soms het hulle tot bekering gekom, is hulle gedoop, is hulle ook

gedoop met die Gees. Die Here wil nou ´n pad saam met hulle stap, om hulle te gebruik om

namens Hom op te tree. Hy wil dat die kennis en ervaring wat hulle in Hom opgedoen het, sal

vassteek en die vrug van wysheid en diensbaarheid oplewer.

Esra klou vas aan sy kennis en ervaring van God deur doelbewus vier karaktertrekke te

ontwikkel. As ons hierdie vier waarhede aan ons jongmense kan kommunikeer, sal die waarheid

ook in hulle lewe vassteek.

Vers 10 verklap dié geheime. Kyk mooi daarna.

↸ Esra maak ´n persoonlike commitment aan die Here – kyk ook hoe Daniël dieselfde

besluit neem, in Daniël 1:8. Mense wat God op ´ magtige wyse gebruik, moes eers almal dié

besluit neem, selfs al het dit soms beteken dat hulle hulleself ongewild gemaak het en teen die

stroom moes opswem. In die kerk is dit maklik om met die waarheid handel te dryf, maar in die

wêreld kom daar min of niks daarvan tereg nie. Dat die waarheid sal vassteek, is so ´n

commitment die voorwaarde.

↸ Esra word doelbewus ´n student van die Skrif – een van die vinnigste maniere om

geestelik uit te sak, is om te wag dat iemand anders jou kos voorberei. Jongmense hou dalk nie

baie van ma se kos nie, maar net totdat hulle self kos moet maak! Daar is geen substituut

daarvoor nie om die Bybel biddend te bestudeer met die doel om die stem van die Here te hoor.

Dit kos tyd en dissipline. Net so kan jy God se waarhede vir jou lewe en situasie ontdek. Lei

jongmense tot ´n persoonlike commitment, en leer hulle om die Bybel as gids vir hulle daaglikse

lewe te gebruik, en jy het die waarheid reeds laat vassteek.

↸ Esra gee aan die waarheid voete en hande – Esra sit sy hart daarop om God se waarheid

uit te leef. Wanneer sal die waarheid volgens Jakobus 1:22-25 gebeur? Wanneer die spieël in

die oggend wanneer jy opstaan vir jou vertel dat jy sleg lyk, is dit nie goed genoeg om die spieël

te ignoreer en aan te gaan nie. Nee, jy kam jou hare en borsel jou tande en was jou gesig, tot die

spieël vir jou aandui dat jy gereed is om voor mense te verskyn. Wat sê die spieël van God se

Woord oor jou? En wat doen jy daaraan?

Esra deel wat hy leer, met ander – kyk weer na vers 10. Een van Stephen Covey se wette

vir effektiewe mense is dat hulle die waarheid wat hulle leer, onmiddellik aan iemand anders

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!