Bybelse boublokke van karakter

Bybelse boublokke van karakter Bybelse boublokke van karakter

02.05.2013 Views

Vertel iemand wat jy kan vertrou daarvan, en gee gereeld rekenskap aan dié persoon dat jy steeds breek met geheime sonde wat ´n houvas op jou lewe het. 12 | B l a d s y

13 | B l a d s y VYF: ´N WEGLOOPSLAAF Lees die kort brief aan Filemon sorgvuldig en aandagtig deur. Paulus is na sy derde sendingreis in Jerusalem gearresteer. Oor ´n periode van twee jaar verskyn hy ´n hele paar maal in die hof, en word uiteindelik na Rome geneem om deur die keiser verhoor te word. Dit was sy eie keuse om hom op die keiser te beroep (´n voorreg vir Romeinse burgers beskore) omdat hy gemeen het dat die provinsiale hof hom nie regverdig gaan verhoor nie. Terwyl hy in Rome is, geniet hy die voorreg om aanvanklik in ´n gehuurde huis te bly, onder huisarres. Kyk bietjie wat Handelinge 28:16-31 hiervan vertel. In dié tyd ontvang hy talle besoekers. Party van hulle lei hy na Christus. Een van sy besoekers is ´n slaaf, Onesimus. Op daardie stadium was daar nagenoeg sestig miljoen slawe in die Romeinse Ryk wat op landerye, in winkels en huise gewerk het. ´n Slaaf is nie as ´n mens gereken nie. Dit was ´n instrument, ´n lewende stuk gereedskap wat ter wille van iemand anders, sy eienaar se wense, bestaan. Die eienaar het absolute gesag oor sy/haar slaaf gehad. Hy kon hom slaan soveel en so hard hy wil, hy kon hom verkoop, tot harde arbeid vonnis, doodmaak (tot sy eie verlies), hom in kettings laat werk. As ´n slaaf durf wegloop het, was sy doppie geklink. As hy gelukkig is, is hy met ´n vuurwarm yster op die voorkop gemerk met ´n F, wat fugitivus, wegloopslaaf beteken, sodat almal weet dat hy ´n weggeloopte slaaf was. Meeste wegloopslawe is egter wreed gekruisig. Onesimus se paadjie kruis vir ´n onbekende rede met dié van Paulus. Onesimus is ´n wegloopslaap, en om sake erger te maak, het hy nog van sy baas gesteel ook voor hy weggeloop het. Die diefstal het waarskynlik aanleiding gegee dat hy weggeloop het, om die swaar straf te ontkom waarmee slawe vir diefstal beloon is. Kyk na Paulus se woorde in vers 18. Onesimus het 1 820 kilometer ver gevlug van sy baas af wanneer hy Paulus ontmoet. Hy het geweet: wat hy ook al doen, hy kan nie teruggaan na waar hy vandaan kom nie. Die apostel behandel die wegloopslaaf soos ´n gewone mens, want Paulus het die geheim geleer waarvan hy in Romeine 3:28 skryf. Onesimus kom by die Here uit, en word deur genade ´n nuwe mens. Nou sit Paulus met ´n groot dilemma. Toevallig behoort die slaaf aan ´n vriend en medegelowige, Filemon. Hoe stuur Paulus die wegloopslaaf terug na sy eienaar? ´n Mens hoor ook Paulus wens Onesimus kan by hom bly om hom te help. Maar die eerbare ding vir Onesimus om te doen is om terug te gaan na sy eienaar. Paulus stuur ´n brief saam met die berouvolle dief en wegloper waarin hy Onesimus aanbeveel by sy eienaar. Filemon se huis is ´n bymekaarkomplek van gelowiges. Sy vrou en (moontlik) sy seun gee saam leiding. Hoe benader Paulus vir Filemon? Hoe doen hy ´n beroep op hom ter wille van sy slaaf? Hoe noem Paulus Onesimus – vers 10? Wat het aan Onesimus verander – kyk na verse 11, 15 en 18? Wat is Onesimus nou – kyk na vers 16?

Vertel iemand wat jy kan vertrou daar<strong>van</strong>, en gee gereeld rekenskap aan dié persoon dat jy<br />

steeds breek met geheime sonde wat ´n houvas op jou lewe het.<br />

12 | B l a d s y

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!