02.05.2013 Views

Bybelse boublokke van karakter

Bybelse boublokke van karakter

Bybelse boublokke van karakter

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

10 | B l a d s y

VIER: INTEGRITEIT

Lees Daniël 6 by die huis deur. Kyk mooi wat in die verhaal gebeur.

↸ Definieer integriteit. Hoe lyk ´n mens met integriteit.

Die definisie wat ons hier gaan gebruik, is: Integriteit het te doen daarmee dat ´n mens getrou

aan jouself aan jou beginsels leef. ´n Mens met integriteit is ´n mens wat dieselfde optree, selfs

wanneer niemand sien nie.

Integriteit is dikwels in ons samelewing verruil vir selfvervulling, sodat dit belangriker as eer

en eerlikheid geword het.

Die VSA se Seemag het as motto: Semper fidelis: wees altyd getrou en betroubaar. In 1987

het twee seemanne wat aan die VSA se ambassade in Moskou verbonde was, staatsgeheime

aan twee Russiese meisies gegee in ruil vir seksuele gunste.

CS Lewis het in 1943 al geskryf: dis nie goed genoeg vir mense om te weet wat goed en reg is

nie. Hulle aptyte en selfsug laat hulle maklik kies vir wat sleg en verkeerd is, as hulle nie toegewy

leef aan iets hoër as hulleself nie.

Christene is bevoorreg om toegewy te leef aan iets hoër, wat opgesluit is in Iemand Hoër.

Omdat hulle lojaal aan Jesus is, leef hulle op aan die standaarde wat Hy stel. Mense kan ons

vertrou want ons hou ons woord. Niemand hou oor ons toesig hou nie want ons leef voor en vir

die Here – ons doen ons beste.

Ja, Christene wen nie heelpad nie. Maar die verskil tussen ´n Christen en iemand wat agter sy

of haar eie neus aanloop, is dat die Christen val en opstaan om weer te probeer, terwyl die

ander mens dikwels val en bly lê.

Christene is mense wie se karakter bepaal word deur die Een aan wie hulle toegewy leef.

Om met integriteit te leef, is om jouself te wy aan ´n hoë morele kode wat jou gedrag bepaal.

Die Hebreeuse woord wat vertaal word, tom, beteken ‚om volmaak te wees’. Die woord word in

Psalm 78:72 vertaal met ‚toewyding’.

Jesus gebruik die woord in Matteus 5:48. Wat bedoel Hy met dié opdrag?

´n Mens met integriteit maak ´n belofte en hou dit, leen iets en gee dit terug, praat die

waarheid al kos dit ´n prys, begin iets en maak dit klaar.

Mense met integriteit is nie sondeloos nie maar wel eerlik oor hulle sonde, foute en

tekortkominge. Hulle is bereid om om verskoning te vra, maar ook vergifnis aan te bied.

Hulle tree in die donker net so op soos in die lig. En hulle manipuleer nie mense vir eie gewin

nie. Hulle loop die reguit pad reguit.

Integriteit is om die moed te hê om die waarheid te vertel en uit te leef, ongeag die koste. Dit

is om nie hoeke te sny nie – om by die oranje verkeerslig en stopstraat stil te hou, al doen ander

dit net halfhartig. Dis om jou belastingvorm eerlik in te vul, al kan daar dalk hoeke wees wat jy

kan sny.

Integriteit is om toe te laat dat ander vir jou lag en met jou spot, maar jy doen steeds wat jy

glo reg is. Dit beteken dat jy staan by wat jy glo, al beland jy in die leeuhok.

Wat leer jy uit Daniël se verhaal in Daniël 6? Wat sê dit vir jou huwelik en gesinslewe?

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!