02.05.2013 Views

Bybelse boublokke van karakter

Bybelse boublokke van karakter

Bybelse boublokke van karakter

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1 | B l a d s y

A

L B E R TO N

L S

EWEN ENTRUM

GEMEENTE

BYBELSTUDIE VIR SELGROEPE

BYBELSE BOUBLOKKE VAN KARAKTER

Die dag as jy Jesus Christus nooi om Here van jou lewe te word, begin sy Gees en Woord jou

karakter verander. Vir party van ons impliseer dit dramatiese veranderinge, vir ander is dit dalk

nie so indringend nie. Hy gee jou leiding, krag en genade. Maar aan die einde van die dag is dit jy

wat die veranderings hande en voete moet gee. En jy doen dit deur te leer waaruit die

karaktereienskappe bestaan wat soos Jesus is, en God verheerlik.

In dié studie gaan jy in die Bybel rondkrap op soek na boublokke van karakter. Die doel is dat

jy dit in jou daaglikse lewe gaan inbou. So bou jy ´n karakter wat die toets van die tyd deurstaan,

Jesus Christus reflekteer en sonder woorde ´n getuienis van God in die wêreld lewer.

Jy gaan drie simbole raakloop in die lesings:

Hierdie simbool vertel jou dat iets op jou gesin van toepassing is.

↸ Dié simbool vertel dat iets op jou daaglikse wêreld van toepassing is.

En dié simbool wys heen na ´n Skrifgedeelte waarna jy eers moet luister.

Huiswerk! Doen dit getrou, as teken dat jy karakter het!

Kom ons groei om te word wat die Here bedoel het dat ons moet wees!

2 | B l a d s y

EEN: PARTY PRAAT IN HULLE DOOD!

Karakter is dit wat vir jou praat as jy in die middel van beproewing is en jy onder groot druk

verkeer. Dan sê jou karakter wie jy is en van watter stoffasie jy gemaak is, sonder dat jy jou

mond hoef oop te maak. Jou karakter is jou morele, etiese en geestelike onderbou (chassis) wat

jou laat optree, besluite laat neem en laat kompromitteer of vasstaan.

Kan jy dink aan mense wat ´n impak op jou lewe gehad het omdat hulle mense met karakter

was? ´n Onderwyser, een van jou ouers, ´n sportonderwyser, ´n buurman of -vrou?

Watter boublokke lei tot ´n morele uitstaande lewe?

Dink na oor die volgende:

1. Grootheid van karakter kry jy net by mense. Want net mense lyk na God. Net mense kan

sy karaktertrekke vertoon: regverdigheid, liefde, eerlikheid, deugdelikheid en opregtheid.

2. Karakter word gevorm in die smeltoond van pyn, lyding, moeilikheid en swaarkry.

Swaarkry temper karakter. Dalk beleef jy nou so ´n tyd? Het jy al daarna gekyk as

genadetyd waar God iets van Homself in jou lewe inbou? Kyk mooi na Romeine 5:3-5. In

plaas daarvan om jouself jammer te kry of ander te blameer, werk saam met die pyn. Kyk

hoe Jesus dit gedoen het, in Hebreërs 5:8.

3. Karakter kry jy sommer gou nie. Jy bestel dit nie oor die pos of internet nie. Dit vat tyd, en

moeite. Jy moet daarop konsentreer, nes enigiets wat die moeite werd is. Jou ouers het

hopelik ´n goeie fondasie gelê, maar nou moet jy daarop verder bou.

4. Karakter is nie iets wat jy permanent het nie. Talle mense het dit op die harde manier

uitgevind. Wat jou karakter kan opvreet, is morele kompromieë, gierigheid, selfsug, vrees,

stres en ander sonde. Die gevolg is altyd dat jy verbouereerd lewe, respek vir jouself

verloor, jou potensiaal vernietig en beleef dat ander ook hulle respek vir jou verloor.

Daarom moet jy elke dag God se waardestelsel nastreef, en jou kinders leer om dit te

doen.

Hoe kan jy jou kind of kleinkind se karakter help ontwikkel? Watter belegging moet jy

maak?

Waar kan jy rolmodelle kry van mense wat ware karakter het? By wie kan jy gaan afkyk wat

dit beteken om met karakter deur die lewe te gaan? Die beste plek is in die Hebreërsboek se

begraafplaas. Want daar praat mense in hulle dood!

Lees in jou vrye tyd die hele Hebreërs 11.

Dalk het jy gedink ´n mens wat in die verlede misluk het, kwalifiseer nie om karakter te hê nie.

Kyk na Moses en Ragab. Hulle sit hulle verlede agter hulle en gaan vorentoe.

Hierdie mense het verstommende dinge reggekry. Kyk na verse 33-35a.

Maar dit het nie altyd net voor die wind gegaan nie. Kyk ook na verse 35b-38.

Die wêreld was hierdie mense nie waardig nie. Wat het hulle laat uitblink? Deug en integriteit

is eienskappe wat ons wêreld nie verstaan of waardeer nie.

Wat kan ons by die Hebreërshelde leer?

1. Karakter groei later in jou lewe as jy vroeg reeds die saadjies in jou lewe geplant het.

Konsentreer daarop om karakter in jou kind en kleinkind se lewe in te bou. Leer hulle dat

karakter veel belangriker is as hoe goed jy akademies of met sport vaar.

2. Karakter lyk meer haalbaar vir ons as ons dit in ´n ander se lewe kan sien gebeur. Word ´n

student van mense. Lees goeie biografieë. Kies jou helde met oorleg.

3. Karakter kan moeilike tye deurstaan en oorleef as ons in die goeie tye dit aankweek.

Moenie probeer om in die storm ´n fondasie te gooi nie. Versterk jou karakter wanneer

die son skyn.

↸ Lees Galasiërs 6:7-10 elke oggend aandagtig, en probeer die hele week om dit in gedagte

te hou wanneer jy besluite neem, met mense gesels of werk.

3 | B l a d s y

4 | B l a d s y

TWEE: ABIGAJIL SE ONDERSKEIDING

Wie sal ´n mens kies as jou rolmodel? Enige van die Bybelse figure wat in Hebreërs 11 ter

sprake is, kan bestudeer word aan die hand van die Bybelse beskrywing van hulle. So ´n studie

kan gemaklik onderneem word, en met groot vrug.

Kom ons gee aandag aan mindere karakters. Abigajil het ´n belangrike rol in koning Dawid se

lewe gespeel.

Lees 1 Samuel 25:1-42 sorgvuldig en noukeurig by die huis deur.

Dawid is as koning gesalf deur Samuel, alhoewel die jaloerse Saul nog op die troon is. So word

Dawid Saul se mees gesogte staatsvyand en verraaier. Dawid moet vlug vir sy lewe – kyk wat sê

1 Samuel 22:1-2 van die mense wat hulle om hom skaar. So ontstaan ´n leër van 600 man (1

Samuel 23:13).

Op een stadium bly Dawid en sy mense in die wildernis van Paran, ver in die suide. Hier hou

hulle hulle besig deur die mense wat as nomades in dié gebied bly, en hulle vee te beskerm.

Wanneer dit skeertyd is, stuur Dawid van sy manne om vergoeding te gaan haal vir dié dienste.

Dawid en sy manne moet immers eet!

Die karakters in 1 Samuel 25 is Nabal en Abigajil. Kyk hoe word Nabal gekarakteriseer in

verse 2-3. Hoor wat sy eie werknemers van hom sê, in vers 17. Sy naam beteken in Hebreeus

‚dwaas’, en dit lyk of hy opleef aan sy naam. ´n Mens wat leef asof hy net homself moet dien, en

geen rekenskap aan God in die hemel gee nie.

Die woord wat in vers 3 met ‚regte korrelkop’ vertaal is, kashe, beteken ‚hard en

ongenaakbaar, ongeskik, rof, ru, ongepoets’.

Abigajil word beskryf in vers 3. Sy besit die gawe van onderskeiding, die vermoë om

mense en situasies te ‚lees’ en daarvolgens op te tree. Want sy is nie so selfsugtig dat sy net aan

haarself dink nie. Daarom beskryf die teks haar as intelligent maar ook goed. ´n Mens wat kan

onderskei is gereed en beskikbaar om na mense te luister, realisties oor die situasie, goedgeorganiseer

en betroubaar.

´n Derde karakter is Dawid. Alhoewel hy deur die Here geroep is om sy volk te lei, lewe hy nie

in ´n luukse paleis nie. Nee, hy leef saam met ´n handjievol verworpelinge in die warm wildernis.

Hy is die gejagte dier – lees sy woorde in Psalm 57:4-6. Hy is die gefrustreerde leier. En

wat gebeur as Nabal se kortgeblakerdheid en Dawid se frustrasie bymekaar uitkom? ´n Ernstige

geval van padwoede.

Eintlik vertel die verhaal van twee konfrontasies. Agter die storie broei ´n konflik wat al lank

kom, tussen Abigajil en haar man.

Dawid se manne kom met hulle versoek in verse 4-8. Nabal se reaksie is in verse 10-11.

Hy het geweet wie Dawid is, die man wat deur die profeet gesalf is.

Dawid se reaksie is kort en kragtig – vers 13. Sy motivering is in verse 21-22.

Gelukkig vind Abigajil uit wat gebeur het – kyk na verse 14-17.

Hoe reageer Abigajil? Sy berei ´n fees vir Dawid en sy mense voor. En dan ry sy hulle

tegemoet.

Hoe benader sy Dawid? Met takt – sy verwys ses maal na haarself as ‘u slavin’ en na

Dawid veertien keer as ‘my heer’; met nederigheid – sy tree in vir haar man alhoewel sy nie

verby sy dwaasheid kyk nie (vv 23-25); en met lojaliteit aan Dawid en sy beste belange. Sy tree

op in die wete dat die Here se hand op Dawid rus, en besef dat hy homself kan skade aandoen

en sy nut vir die Here so verminder – kyk na verse 28, 30-31.

Dawid is groot genoeg om te erken dat sy, ´n vrou, reg is en dat hy op die verkeerde pad

is. En hy is dankbaar dat iemand met onderskeiding die situasie reglees en hom te hulp snel. Kyk

na verse 32-35.

As Abigajil dan terugkom by die huis, wat doen Nabal? Kyk na vers 36. Hy steur hom nie

aan die gevaar wat sy dwaasheid sy hele gesin aan blootgestel het nie. As die wyn uitgewerk is,

vertel sy vrou hom daarvan, en hy kry waarskynlik ´n hartaanval.

Dawid beskou dit as die ingryping van die Here, en uiteindelik haak Dawid en Abigajil af. So ´n

vrou kan hy nie laat verbygaan nie!

Abigajil speel nie ´n groot rol in die Bybel nie. Tog dra sy by om van Dawid ´n sukses te maak.

Sy optrede teenoor Nabal kon sy toekoms verongeluk het.

Wat maak Abigajil belangrik genoeg dat sy in die bladsye van die Bybel beland?

As ´n mens met onderskeiding is sy nie baie sterk nie, en het sy nie baie mag nie, maar kan sy

tog beheer oor die situasie uitoefen. Iemand wat ´n ander van dwase optrede red is die

bewys van Spreuke 15:1.

Waar iemand met onderskeiding optree, is daar dikwels ook hulp van Bo. Kyk na Psalm

40:1-2.

Soms beland ´n mens in ´n situasie waar jy eindelik wraak kan neem vir iets wat iemand jou

aangedoen het. Met die krag wat van die Here kom, weerstaan die versoeking. Laat toe dat die

Here jou uit die donkerte van verwoesting trek en jou voete op die vaste grond van

onderskeiding plaas.

En wees op die uitkyk om mense om jou met die veelkleurige genade van Bo te bedien, ´n

genade wat met wysheid ´n situasie kan opsom en leiding kan gee.

↸ ´n Pastoor vertel hoe ´n gemeente in die Kaap skeur omdat die pastoor van nalatigheid

met gemeentefondse beskuldig word. Met helfte van die mense wat die pastoor steun stig hy sy

eie gemeente. Die nuwe pastoor wat by die ou gemeente aanland, vra by die eerste

kerkraadsvergadering: Vertel my wat gebeur het. Die mense skets vir hom die situasie. Hulle

vertel hoe hulle die ander pastoor hof toe sleep, en dat die streekraad die hofkostes waarborg.

As hy klaar geluister het, vra hy: Broers, is dit die regte ding om te doen? Moet ons hom vervolg,

en sy naam skade aandoen? Een van die leiers staan op en sê: Pastoor, dis al waaraan ek die

afgelope tyd kon dink. Daardie man het groot werk in ons gemeente gedoen. Ek kan nie bewys

dat hy skelm opgetree het nie. En ek worstel ook met die vraag of ons op die regte pad loop, of

dit nodig is om hof toe te gaan.

5 | B l a d s y

Die vergadering eindig waar die sekretaris ´n brief aan die ander pastoor skryf en sê: Ons is

jammer dat ons jou so behandel het. Vergewe ons, want ons het gedink ons doen reg. Maar ons

dink nou anders. Ons is steeds lief vir jou.

Twee dae na die ander pastoor die brief gekry het, verhuis hy na Bloemfontein, en die twee

gemeentes verenig.

Wat beteken Romeine 12:19 in jou situasie? Gesels bietjie hieroor.

6 | B l a d s y

7 | B l a d s y

DRIE: ONESIFORUS

Lees 2 Timoteus 1:15-18 noukeurig by die huis deur.

Het jy ´n vriend wat regtig omgee, wat jou optel met sy/haar woorde en nooit veroordeel nie,

wat jou help en ondersteun ongeag wat gebeur, wat soos ´n verfrissende bui reën op ´n warm

somersdag is?

Dan is jy baie gelukkig. Talle ander mense strompel deur die woestyn van die lewe sonder

iemand wat omgee wat hulle diepste nood en behoefte is, en sonder iemand wat regtig vir hulle

lief is.

„We live by encouragement, and die without it – slowly, sadly and angrily“.

Elke mens het iemand nodig wat hom/haar bemoedig en aanmoedig, komplimenteer en

waardeer.

Die wêreld het Christene nodig wat dit as hulle roeping beskou om mense soos reënbuie in

die warm somershitte te verfris. Die goeie nuus is dat elke mens dié roeping kan uitleef.

Watter karaktereienskappe het jy nodig hiervoor? As jy Paulus sou vra, het hy vir jou beskryf

hoe hy Onesiforus beleef. Nes Abigajil weet ons baie min van Onesiforus. Maar vir Paulus was hy

´n oase in die middel van sy lang tog deur die droë wildernis.

Om Onesiforus se bydrae tot Paulus se verhaal te verstaan, is agtergrondinligting nuttig.

Paulus is in die tronk, waarskynlik in Rome waar hy sy laaste dae deurbring. Die tronk in Rome

het bestaan uit ´n gat in die rots uitgekap, met ´n touleer wat deur ´n gat in die grond bereik

word. Gevangenes het op die rots geslaap, daar was geen sanitasie nie en familie en vriende

moes kos verskaf, of die gevangene het kortpad deur die regstelsel gekies na die dood. Rome

het nie sy gevangenes gepamperlang nie!

Paulus besef sy lewenstaak is verby. Die dood kruip al nader. Hy raak nostalgies oor die

verlede, en sy vriende. Hoe wens hy nie dat hulle hier by hom kon wees nie! Hulle sou die

eensaamheid verdryf, maar ook die koue – kyk na 2 Timoteus 4:13 en 21.

Die hartseer is dat Paulus se vriende hom nou in die steek laat, want hy is nou niks meer

as ´n tronkvoël nie. Kyk na sy woorde in 2 Timoteus 1:8 en 15. Die Christene van die omgewing

het hulle rug op Paulus gedraai. Hy gaan alleen voor keiser Nero staan, dieselfde keiser wat later

Rome aan die brand steek omdat die Senaat hom nie wil toelaat om ´n groot groentetuin naby

sy paleis aan te lê nie omdat te veel openbare geboue daarvoor afgebreek moet word. En as die

Senaat dan vermoed dat Nero agter die brand sit, skuif hy alle blaam op die Christene. Duisende

van hulle word doodgemaak, en die res word Rome verbied.

Paulus se eerste hofverskyning is verby, en kyk hoe hy dit beleef het - 2 Timoteus 4:16-

18. Niemand was bereid om vir hom te getuig nie. Dit voel vir hom net die Here staan nog by

hom.

Figelus en Hermogenes se verraad bly Paulus by. Dalk is daar sulke name in jou lewe wat jy

nie kan vergeet nie, van mense wat jou kwaai skade berokken het? Jy het dalk jou lewe vir hulle

gegee, en die dag toe jy in die nood was, het hulle sand in jou oë geskop. Dan verstaan jy dalk

hoe Paulus moes gevoel het, verlaat deur vriende en oorgelewer aan die wreedste keiser van

alle tye (en die res van die keisers was maar self ´n wrede spul!)

Tog is daar een persoon – Onesiforus! Kyk weer mooi na 2 Timoteus 1:16-18. Wat sien jy

raak van dié man en sy huismense?

Die feit dat Paulus in 1 Timoteus 4:19 groete aan Onesiforus se huisgesin stuur, laat ´n mens

vermoed dat hy intussen dood is. Paulus se herinnering aan hom is soet.

Die Griekse woord wat vir ‚opbeur’ gebruik word, anapsugo, beteken ‚om te verfris’ of ‚om

koel te maak’. Onesiforus was soos ´n koel hand op ´n koorsagtige voorkop, of ´n sagte verband

op ´n brandende wond. Hy het my dikwels kom verfris, soos ´n heerlike reënbui. En hy het

gereeld gekom, al moes dit vir hom moeite gewees het. Soos ´n goeie verpleegkundige ken hy sy

pasiënte se diepste behoeftes en voorsien mildelik daarin.

Om Paulus te besoek, was ´n missie. Want die Staat het die apostel as ´n misdadiger beskou.

En deur jou bloot met hom te assosieer, is jy reeds geïmpliseer. Wie weet, dalk het sy assosiasie

met Paulus Onesiforus sy lewe gekos? G’n wonder die ander vriende bly weg nie!

Maar Onesiforus was nie skaam vir Paulus se boeie nie. Hy soek Paulus tot hy hom kry (wat

dalk selfs moeiliker kon wees as om iemand in ´n Suid-Afrikaanse gevangenis te kry!)

En nie net in Rome nie. Ook in Efese het Onesiforus dieselfde bediening gehad, om mense op

te bou en op te beur.

Hoe diep loop jou commitment aan jou vriende? Op hoeveel kan hulle staat maak? Hoe lojaal

is jy aan hulle?

Het jy die karaktertrekke van ´n mens wat sy/haar lewe daarop rig om ander raak te sien vir

wie en wat hulle is, hulle op te bou en te verfris, ´n soet geur van hoop en genade in hulle lewe

in te dra?

So ´n bediening bestaan uit inisiatief, beplanning, onselfsugtigheid, moed en moeite. En as jy

by iemand staan wat ongewild is, of nie in tel is nie, mag die prys selfs hoër wees.

As jy ´n Onesiforus wil wees (of soos Jesus!), dan moet jy eers jouself afvra: Is ek bang vir

ander mense se ‘boeie’? Dalk is dit iemand wat geboei is omdat hy/sy werkloos is, of geskei is,

of gestremd is, of verwerp is, of misverstaan word, of beskuldig word van ´n vermeende

misdaad, of terminaal siek is, of moeilik is, of vreemdsoortig optree. Sien jy kans om ´n

Onesiforus vir so ´n mens te word?

Natuurlik is die beste plek om Onesiforus se bediening uit te leef, in ons eie huise –

teenoor ons lewensmaats, kinders, ouers en ander familielede. Wat help dit jy wen die hele

wêreld, maar jou eie mense loop verlore rond?

En as jy uit die huis stap, hoef jy nie ver te soek om Onesiforus te wees nie. Talle mense is

moedeloos en hoopverlore. Baie is in die gevangenis van ernstige of chroniese siekte. Of die

gevangenis van ´n tehuis of ´n verhouding.

Vir die Onesiforusse in die gemeente is daar ´n spesiale belofte – Hebreërs 6:10. Die

Here vergeet nie!

↸ Om ´n Onesiforus te wees, het jy nodig:

• Om onselfsugtig te wees, deur ander se behoefte voor jou eie te stel;

• Om beskikbaar te wees, deur gewillig te wees om jou tyd af te staan;

8 | B l a d s y

• Om sensitief te wees, deur ander te help, en intuïtief aan te voel wat ander se behoefte is;

• Om gedetermineerd te wees, bereid om mense te ondersteun ten spyte van struikelblokke;

• Om positief te wees, deur verby die gegewe omstandighede te kyk en te hoop;

• En om liefdevol te wees, vol genade en medelye en begrip vir ander mense.

´n Joernalis het vir moeder Teresa gevra: Hoekom jou ophou met mense met geen toekoms,

wat in elk geval besig is om dood te gaan? Haar antwoord: Hulle is deur God geskep; hulle lyk na

Hom; hulle is waardig om ten minste ordentlik te sterf!

Wat beteken Matteus 25:40 en Jakobus 1:27 in die Suid-Afrikaanse situasie van

armoede, werkloosheid, HIV en Vigs en weeskinders?

9 | B l a d s y

10 | B l a d s y

VIER: INTEGRITEIT

Lees Daniël 6 by die huis deur. Kyk mooi wat in die verhaal gebeur.

↸ Definieer integriteit. Hoe lyk ´n mens met integriteit.

Die definisie wat ons hier gaan gebruik, is: Integriteit het te doen daarmee dat ´n mens getrou

aan jouself aan jou beginsels leef. ´n Mens met integriteit is ´n mens wat dieselfde optree, selfs

wanneer niemand sien nie.

Integriteit is dikwels in ons samelewing verruil vir selfvervulling, sodat dit belangriker as eer

en eerlikheid geword het.

Die VSA se Seemag het as motto: Semper fidelis: wees altyd getrou en betroubaar. In 1987

het twee seemanne wat aan die VSA se ambassade in Moskou verbonde was, staatsgeheime

aan twee Russiese meisies gegee in ruil vir seksuele gunste.

CS Lewis het in 1943 al geskryf: dis nie goed genoeg vir mense om te weet wat goed en reg is

nie. Hulle aptyte en selfsug laat hulle maklik kies vir wat sleg en verkeerd is, as hulle nie toegewy

leef aan iets hoër as hulleself nie.

Christene is bevoorreg om toegewy te leef aan iets hoër, wat opgesluit is in Iemand Hoër.

Omdat hulle lojaal aan Jesus is, leef hulle op aan die standaarde wat Hy stel. Mense kan ons

vertrou want ons hou ons woord. Niemand hou oor ons toesig hou nie want ons leef voor en vir

die Here – ons doen ons beste.

Ja, Christene wen nie heelpad nie. Maar die verskil tussen ´n Christen en iemand wat agter sy

of haar eie neus aanloop, is dat die Christen val en opstaan om weer te probeer, terwyl die

ander mens dikwels val en bly lê.

Christene is mense wie se karakter bepaal word deur die Een aan wie hulle toegewy leef.

Om met integriteit te leef, is om jouself te wy aan ´n hoë morele kode wat jou gedrag bepaal.

Die Hebreeuse woord wat vertaal word, tom, beteken ‚om volmaak te wees’. Die woord word in

Psalm 78:72 vertaal met ‚toewyding’.

Jesus gebruik die woord in Matteus 5:48. Wat bedoel Hy met dié opdrag?

´n Mens met integriteit maak ´n belofte en hou dit, leen iets en gee dit terug, praat die

waarheid al kos dit ´n prys, begin iets en maak dit klaar.

Mense met integriteit is nie sondeloos nie maar wel eerlik oor hulle sonde, foute en

tekortkominge. Hulle is bereid om om verskoning te vra, maar ook vergifnis aan te bied.

Hulle tree in die donker net so op soos in die lig. En hulle manipuleer nie mense vir eie gewin

nie. Hulle loop die reguit pad reguit.

Integriteit is om die moed te hê om die waarheid te vertel en uit te leef, ongeag die koste. Dit

is om nie hoeke te sny nie – om by die oranje verkeerslig en stopstraat stil te hou, al doen ander

dit net halfhartig. Dis om jou belastingvorm eerlik in te vul, al kan daar dalk hoeke wees wat jy

kan sny.

Integriteit is om toe te laat dat ander vir jou lag en met jou spot, maar jy doen steeds wat jy

glo reg is. Dit beteken dat jy staan by wat jy glo, al beland jy in die leeuhok.

Wat leer jy uit Daniël se verhaal in Daniël 6? Wat sê dit vir jou huwelik en gesinslewe?

Daniël is een van die drie magtigste en belangrikste mense in die magtigste ryk op aarde. Wat

hy sê, gebeur. Hy bly getrou aan sy God, al is hy omring met tekens van die gode van die

Persiese ryk.

Dan tref teenspoed hom, wat ´n groot toets vir karakter is. ´n Mens kan nog beginselvas

optree as dit goed gaan met jou, maar as jy kniediep in die moeilikheid is, en ´n morele

kompromis kan jou help, sal min mense die versoeking kan weerstaan.

Sy vyande kry niks om Daniël oor aan te kla nie omdat hy met integriteit leef – kyk weer na

vers 4.

Die koning is so magsbehep dat sy raadgewers se voorstel hom geval. Net sodat hy kort

daarna in hulle hande kan val. Kyk na verse 5-9.

Hoe reageer Daniël op die nuwe wet – vers 10?

Daniël waag alles – sy betrekking, prestige, eer, huis, selfs sy lewe. Dit kos integriteit!

Nie eens die koning kan Daniël red nie, en moet op die ou end die opdrag gee: Gooi Daniël in

die leeuhok! Dat hy verstaan hoekom Daniël so optree, is duidelik uit vers 17b. Maar hy moes

tog geweet het dat dit onmoontlik is.

Die volgende dag gaan hy teen alle hoop in na die leeuhok en roep: Daniël, dienaar van die

lewende God, was jou God wat jy met soveel toewyding dien, in staat om jou te help?

Wat leer gelowiges uit dié verhaal?

1. Integriteit impliseer dat jy doen wat reg is selfs wanneer niemand kyk nie en ook wanneer al

die ander kompromieë sluit. In watter betrekking is jy? In enige betrekking is daar

geleentheid om kortpad te vat of te bedrieg. Net om werkstyd te sit en verkwis, of ure met

vriende op die foon te kuier, of vir eie belangstelling die net te surf, is diefstal. Tog doen

almal dit! Christene handhaaf ´n hoë standaard want hulle het onbesproke karakters.

2. Integriteit bly staan ongeag of die toets daarvoor voorspoed of teenspoed is. Voorspoed hou

allerlei komplikasies in vir mense wat daaraan onderwerp word. En teenspoed skep allerlei

behoeftes. Integriteit stel jou in staat om deur die mynveld te stap.

3. Integriteit wat vou veroorsaak dat die mens wat geestelike leiding neem, die reg verbeur om

voor te stap. Dit geld vir ´n ouderling en pastoor maar ook vir elke ouer wat geestelike

leiding in die huis neem. Hoe moet ons teenoor sulke mense optree? Ons moet hulle

vergewe soos die Here hulle vergewe, maar ander mense terselfdertyd teen hulle beskerm

deur hulle nie weer dadelik in leiersposisies aan te stel nie. Wat vir jou wys hoe belangrik dit

is dat ons ons integriteit sorgvuldig bewaar.

Integriteit kos moed en durf.

Die man bestel KFC-hoender. As die hoender gereed is, vat die kliënt dit en ry na ´n park. As

hy en die vrou by hom in die park die hoender oopmaak, vind hy uit dat die doos slegs note geld

bevat. Die bestuurder het die geld wat hy moes gaan deponeer, in ´n hoenderdoos

gekamoefleer. Baie geld! Die paartjie ry terug na die winkel. Die bestuurder is so bly. Wag net so

´n bietjie, ek wil die koerant kontak. Hulle moet ´n foto van julle in die koerant publiseer, want

julle was so eerlik om die geld terug te bring! Nee, sê die man. Jy kan nie dit doen nie. Jy sien,

die vrou by my is nie my eie vrou nie!

Ja, dit kan so maklik lyk of jy met integriteit optree. En dan is daar verborge sondes in jou

lewe. As iemand die storie van jou lewe sou publiseer, kon hulle maar alles beskryf?

Watter raad gee Spreuke 28:13 vir sulke mense?

11 | B l a d s y

Vertel iemand wat jy kan vertrou daarvan, en gee gereeld rekenskap aan dié persoon dat jy

steeds breek met geheime sonde wat ´n houvas op jou lewe het.

12 | B l a d s y

13 | B l a d s y

VYF: ´N WEGLOOPSLAAF

Lees die kort brief aan Filemon sorgvuldig en aandagtig deur.

Paulus is na sy derde sendingreis in Jerusalem gearresteer. Oor ´n periode van twee jaar

verskyn hy ´n hele paar maal in die hof, en word uiteindelik na Rome geneem om deur die keiser

verhoor te word. Dit was sy eie keuse om hom op die keiser te beroep (´n voorreg vir Romeinse

burgers beskore) omdat hy gemeen het dat die provinsiale hof hom nie regverdig gaan verhoor

nie.

Terwyl hy in Rome is, geniet hy die voorreg om aanvanklik in ´n gehuurde huis te bly,

onder huisarres. Kyk bietjie wat Handelinge 28:16-31 hiervan vertel. In dié tyd ontvang hy talle

besoekers. Party van hulle lei hy na Christus. Een van sy besoekers is ´n slaaf, Onesimus.

Op daardie stadium was daar nagenoeg sestig miljoen slawe in die Romeinse Ryk wat op

landerye, in winkels en huise gewerk het. ´n Slaaf is nie as ´n mens gereken nie. Dit was ´n

instrument, ´n lewende stuk gereedskap wat ter wille van iemand anders, sy eienaar se wense,

bestaan. Die eienaar het absolute gesag oor sy/haar slaaf gehad. Hy kon hom slaan soveel en so

hard hy wil, hy kon hom verkoop, tot harde arbeid vonnis, doodmaak (tot sy eie verlies), hom in

kettings laat werk.

As ´n slaaf durf wegloop het, was sy doppie geklink. As hy gelukkig is, is hy met ´n vuurwarm

yster op die voorkop gemerk met ´n F, wat fugitivus, wegloopslaaf beteken, sodat almal weet

dat hy ´n weggeloopte slaaf was. Meeste wegloopslawe is egter wreed gekruisig.

Onesimus se paadjie kruis vir ´n onbekende rede met dié van Paulus. Onesimus is ´n

wegloopslaap, en om sake erger te maak, het hy nog van sy baas gesteel ook voor hy weggeloop

het. Die diefstal het waarskynlik aanleiding gegee dat hy weggeloop het, om die swaar straf te

ontkom waarmee slawe vir diefstal beloon is.

Kyk na Paulus se woorde in vers 18.

Onesimus het 1 820 kilometer ver gevlug van sy baas af wanneer hy Paulus ontmoet. Hy het

geweet: wat hy ook al doen, hy kan nie teruggaan na waar hy vandaan kom nie.

Die apostel behandel die wegloopslaaf soos ´n gewone mens, want Paulus het die

geheim geleer waarvan hy in Romeine 3:28 skryf.

Onesimus kom by die Here uit, en word deur genade ´n nuwe mens.

Nou sit Paulus met ´n groot dilemma. Toevallig behoort die slaaf aan ´n vriend en

medegelowige, Filemon. Hoe stuur Paulus die wegloopslaaf terug na sy eienaar? ´n Mens hoor

ook Paulus wens Onesimus kan by hom bly om hom te help. Maar die eerbare ding vir Onesimus

om te doen is om terug te gaan na sy eienaar.

Paulus stuur ´n brief saam met die berouvolle dief en wegloper waarin hy Onesimus

aanbeveel by sy eienaar.

Filemon se huis is ´n bymekaarkomplek van gelowiges. Sy vrou en (moontlik) sy seun gee

saam leiding.

Hoe benader Paulus vir Filemon? Hoe doen hy ´n beroep op hom ter wille van sy slaaf?

Hoe noem Paulus Onesimus – vers 10?

Wat het aan Onesimus verander – kyk na verse 11, 15 en 18?

Wat is Onesimus nou – kyk na vers 16?

In verse 17-19 tree Paulus volgense Romeinse reg op. Indien ´n wegloopslaaf iemand kan

kry wat sy terugkeer waarborg en skade wat die eienaar gely het, volledig vergoed, mag die

eienaar die slaaf nie verder straf nie. Paulus stel homself as die slaaf se advokaat of bemiddelaar

beskikbaar. Selfs al kos dit Paulus, is hy bereid om dit te doen.

Vers 20 bevat ´n woordspel. Onesimus se naam beteken „om tot voordeel op te tree“ of

„om iemand ´n guns te bewys”. Nou skryf Paulus: Filemon, bewys my hierdie guns (Onesimus)

deur Onesimus soos jou broer te ontvang, omdat ek jou die guns gedoen het om aan jou

Christus voor te stel.

↸ Wat sou jy doen as jy Filemon was? Wat sou ons doen as God ons as wegloopslawe nie

nog ´n kans gegee het nie?

• Elke Christen was eens ´n wegloopslaaf, verslaaf aan sonde. Kyk na Jesaja 53:6.

• Ons was skuld was groot en die straf baie swaar. Ons het weggekruip soos Onesimus omdat

ons bang was vir die straf wat ons verdien.

• Genade het ons die reg gegee om appél aan te teken. Ons was in die dodesel, wagtend op

die voltrekking van die doodstraf. Maar toe staan ´n advokaat op wat ons saak voor die

Regter suksesvol bepleit. Kyk na 1 Timoteus 2:5.

• Christus sê: Sit dié mens se skuld op my rekening. So betaal Hy al ons skuld. Kyk na

Kolossense 2:13-14.

• As gevolg van Hom het ons oorspronklike Eienaar ons teruggeneem in diens, sonder om ons

te straf. Kyk na Galasiërs 4:5.

Wat het met Onesimus gebeur? Vyftig jaar ná die brief aan Filemon skryf die kerkvader,

Iganatius, ´n brief aan die Efesiërs. Hy rig sy brief aan hulle bejaarde biskop, Onesimus. Sommige

navorsers aanvaar dat Onesimus die leier van die kerk in die groot provinsie van Efese geword

het. Wat ´n goeie dividend het Paulus se belegging nie gedra nie!

Jesus maak van nuttelose slawe nuwe mense met ´n nuwe toekoms.

Onesimus het gevind dat 2 Korintiërs 5:17 die waarheid is: jy is nie vry nie totdat jy Jesus

ontmoet.

Dalk sê die mense om jou jy het te ver gegaan. Daar is nie meer omdraai vir jou nie. Of dalk sê

jy so van iemand naby jou. Onthou, solank iemand nog lug in die longe het, is daar altyd ´n kans.

Jy het die potensiaal om by die Here uit te kom (jou inisiatief, gedryf deur die Heilige Gees)

sodat Hy jou verander in iemand wat waardig en nuttig is (sy inisiatief).

↸ Hoe sal die Onesimusse van die lewe vaar as hulle by jou aanklop? Sal jy hulle ontvang en

help?

In ons wêreld is dit belangrik wat jou Intelligensie Kwosiënt is. In God se wêreld tel jou

Liefde Kwosiënt. Wat is jou LK se telling?

14 | B l a d s y

15 | B l a d s y

SES: IN DIE DONKER GAT VAN SWARTGALLIGHEID

Lees sorgvuldig by die huis 1 Konings 19 deur.

In John Buyan se klassieke allegorie, The Pilgrim’s Progress, gebeur dit dat Christen en ´n

vriend naderkom na „a very miry slough, that was in the midst of the plain; and they being

heedless, did both fall suddenly into the bog. The name of the slough was Despond. Here,

therefore, they wallowed for a time, being grievously bedaubed with dirt; and Christian,

because of the burden that was on his back, began to sink in the mire.”

Sy reisgenoot kom uit, maar in plaas daarvan dat hy Christen ´n hand gee, vlug hy huis toe.

Christen stoei in die modderkuil tot iemand met die naam Hulp – die Heilige Gees – hom help

om los te kom uit die gat van swartgalligheid. Op die vraag hoekom Christene deur die gat moet

gaan hemel toe, antwoord Hulp dat daar geen ander pad is nie: „This miry slough is such a place

as cannot be mended“.

En dis waar van ons lewe. Maak nie saak wat jou persoonlikheid is of hoe lank jy al ´n Christen

is nie, die gat van swartgalligheid kan ook jou pad langs kom.

Moses het die volk uit Egipte bevry, maar ook hy beland in dié gat – Numeri 11 vertel die

verhaal.

Paulus was die apostel wat van genade vertel het, maar ook hy het die hoop om te bly lewe,

een keer laat vaar – 2 Korintiërs 1:8.

Elia is ´n profeet en geloofsheld wat die Baälprofete en –priesters die loef afsteek op die

Karmelberg – kyk gou wat gebeur in 1 Konings 18. En as jy hom weer soek, lê hy onder ´n bos

en wens dat hy kan doodgaan.

Hoekom gebeur dit met mense wat die pad van geloof bewandel? En hoekom is die groot

geloofshelde nie daarvan gespaar nie?

Wat gee aanleiding tot Elia se swartgalligheid – 1 Konings 19:1-2?

Wat het Elia alles reggekry – 1 Konings 18:22, 40, 45-46?

Hoe reageer Elia – 1 Konings 19:3-4?

Hoekom beland Elia in die gat van swartgalligheid?

• Elia dink nie duidelik en realisties nie want hy het perspektief verloor. Elia vergeet dat dit

maar net ´n mens is wat hom bedreig. Hy vergeet wat die Here pas aan die Baälpriesters

gedoen het. Hy vergeet om te bid. Hy vergeet om te bely dat sy God in beheer is, en dat niks

met hom sal gebeur wat nie deel van sy God se plan met hom, en sy wêreld is nie. Hy lê op

sy gesig, eerder as om op sy knieë te staan. Wanneer ´n mens in die nanag wakker lê, lyk jou

probleme baie groter. Tot jy begin bid, en God se grootheid raaksien. Dan krimp jou

probleme weer tot die regte grootte terug.

• Elia sny homself af van verhoudings wat hom in dié tyd sou deurdra en ondersteun. Hy vaar

alleen die wildernis in. Moedelose mense het moedige, sensitiewe en liefdevolle mense

rondom hulle nodig. Swartgalligheid voed op eensaamheid. Kyk na Prediker 4:9-12.

• Elia leef in die periode direk na ´n groot oorwinning, wanneer mense vatbaar is vir

swartgalligheid. Alles het opgebou tot die konfrontasie op Karmel, en dan hou die lewe

skielik op. Wat nou?

• Elia was fisies en emosioneel gedaan. Vir baie lank het hy die moeilike en gevaarlike taak

getrou volvoer om as profeet op te tree, en sy boodskap is vir baie lank as verraad deur die

politieke maghebbers beskou. Hy moes so dikwels mense in topposisies kritiseer. Nou het al

sy adrenalien uitgebrand op Karmelberg. Daar is talle mense wat van die motto leef: genoeg

is nooit genoeg nie. Hulle werk veel harder as wat hulle gees en liggaam ontwerp is om te

doen. Onthou die Griekse spreuk: as jy ´n boog te lank buig, breek dit!

• Elia gee toe aan selfbejammering. Kyk weer na vers 4. Wie het gesê die standaard

waaraan hy moet opleef, is dié van sy voorouers? En wie beskryf daardie standaard?

Perfeksionisme is dalk Elia se standaard, maar nie Elia se God s’n nie.

Is jy lus om Elia aan die skouers te ruk en te sê: Kom nou, man, ruk jouself reg?

Hulp help rustig vir Elia om uit die gat te klim. Wat doen die Here vir Elia?

• Hy laat hom toe om te rus en te ontspan. Soms is die geestelikste ding wat jy in die wêreld

kan doen, om te gaan slaap. Fisiese behoeftes is werklike behoeftes, en sal nie weggaan as

ons dit ontken nie. Wat gebeur in verse 5-8?

• God verwyt nie, Hy bevraagteken nie Elia se perspektief nie, Hy wonder nie oor die

geldigheid van Elia se emosies nie. Hy vergelyk hom nie met ander wat in minder gelukkige

omstandighede is nie. God laat Elia maar net toe om mens te wees, en Hy sorg vir sy

menslike behoeftes. ↸ Is daar nie iets te leer hierin vir die manier waarop ons met

moedelose mense werk nie?

• Die Here praat sag met Elia, met baie wysheid. Kyk weer na vers 7. Skielik kry Elia die krag

en moed om te stap na Horeb, of Sina, die berg waar God Hom aan Moses openbaar het –

kyk na Eksodus 3, 19, 20. En daar ontmoet die Here vir Elia, sodat hy die volgende

werkopdrag kan kry. Wat gebeur hier – kyk na verse 10-13? Moedelose mense is baie

breekbaar. Jy moet hulle met groot sorg hanteer, soos fyn porselein. Hulle het nie ´n

aardbewing nodig nie; hulp kom eerder op die windbriesie. Watter opdrag kry Elia hier –

kyk na verse 15-17? Elia se lewe het weer ´n doel en rigting!

• Die Here gee ook vir Elia ´n vriend, Elisa. Wat gebeur in verse 19-21?

So voorsien die Here in Elia se persoonlike behoeftes, herstel Hy sy perspektief en gee aan

hom iemand om hom te help dra aan die las.

Hoe gereeld maak jy tyd om in die Here te rus, om in stilte op Hom te wag sodat Hy jou

aanraak met sy krag? Kyk weer na Jesaja 40:28-31, maar in die Ou Vertaling. Wat hoor jy

hier?

Het jy iemand wat naby genoeg aan jou is dat jy jou tye van swartgalligheid met hom/haar

kan deel, soos Elisa vir Elia, Aäron vir Moses, Barnabas vir Paulus?

Hoe bly ´n mens weg uit die gat van swartgalligheid?

↸ Probeer perspektief behou, dink realisties. Hoe kan ´n mens dit doen?

↸ Moenie jou afsny van verhoudings wat jou kan ondersteun nie. Op wie kan jy steun?

↸ Waak teen die swartgalligheid wat dikwels op jou grootste oorwinnings volg. Hoe kan jy

daarteen waak?

↸ Waak daarteen dat jy fisies en emosioneel so gedreineer word dat jy nie meer kan

funksioneer nie. Luister jy gereeld na jou liggaam en gees? Hoe doen ´n mens dit?

↸ Baklei teen selfbejammering met al jou mag. Wat moet jy doen om daarteen te baklei?

Watter rol kan humor daarin speel?

16 | B l a d s y

17 | B l a d s y

SEWE: ´N GEBALANSEERDE VROU VAN GOD

Die Supermite van ons dag is dat die hedendaagse vrou Supervrou en Superma kan wees.

Vrouens ervaar dikwels dat hulle so dun gesprei is dat hulle aan niks hulle behoorlike aandag

kan gee nie. Hulle is die toegewyde professionele vrou, wat doodmoeg by die huis kom net om

nog ure se aandag aan man en kinders te gee. Moderne vrouens ly dikwels aan uitputting, skuld

en hartseer.

↸ Dink jy mans behandel vroue oor die algemeen regverdig?

In die vyftigerjare van die vorige eeu het die vrou in die huis gewerk. Vandag se vrou werk in

die huis, by die werk, by die skool en kleuterskool, in die gimnasium. Jy kan nie regop bly as jy

met jou een voet op die dokke staan en die ander op ´n boot wat besig is om te vertrek nie. Net

so min kan die moderne vrou gebalanseerd bly as die samelewing onrealistiese hoë eise en

verwagtinge aan haar stel.

Vrouens reageer vandag op verskillende maniere op dié eise:

• Party word kwaad en verbitter omdat die lewe hulle onregverdig behandel.

• Ander luister eerder na talk shows as na die Woord, en het nie die nodige

onderskeingsvermoë om die saak te takel nie.

• Nog ander het hulle vroulikheid begin verruil vir manlike militansie.

• Party het uit vrees passief geword, ´n deurmat vir ander.

• Baie vroue is verwar oor hulle rol, en soek leiding.

• Daar is ook vroue wat vir hulleself uitgeklaar het wat hulle rol is, en daarvolgens leef.

↸ Hoe dink jy behoort vroue op te tree in die lig van die rewolusie wat tans heers om vroue

te bevry?

Ons samelewing sien vroue wat hulle in geen omstandighede deur ´n man laat lei nie, wat

aanvallend, kwaad en soms selfs paranoïes is teenoor mans, selfs dié wat nie hulle regte vertrap

nie. Die sekulêre mentaliteit van die dag bepaal dat daar niks is wat mans kan doen, wat

vrouens nie net so goed of beter kan doen nie.

Aan die ander kant staan die tradisionele mentaliteit, waar vrouens hulle passief laat lei deur

mans. Dikwels glo hulle dis Bybels om stil te bly en die man die besluite te laat neem. Hulle

vrees laat hulle dikwels saamleef met hulle mans se grille en giere sonder om iets te sê. Hulle is

hulle eggenote en kinders se slawe. En as die man doodgaan en die kinders gaan uit die huis, is

hulle verlore. Hulle bestaan eintlik nie meer nie. En hulle troos hulle daaraan dat hulle God se

wil gehoorsaam.

Wat veroorsaak dié verwarring?

• Baie mense verstaan die begrip „onderwerp“ verkeerd. Om jou aan iemand te onderwerp,

behoort jou eiewaarde te verhoog, nie in die grond te druk nie. Onderwerping wat

degraderend en onterend is, kan nooit van God kom nie.

• Baie mense dink nie duidelik vir hulleself oor die onderwerp van geslagsrolle in hulle lewe en

huise nie, en lei nie hulle eggenote regverdig nie, en kan nie onselfsugtig wees nie. Jesus het

mense met sy liefde aangeraak, en hulle vrygestel om te word wat God bedoel het hulle

moet wees.

• Ons dag sien ´n sterk beweging om vroue te „bevry“. Skielik moet die tuisteskepper hoor sy

is al die tyd verslaaf en minderwaardig, en sy moet die kettings afgooi!

• Die kerk dra soms tot die verwarring by. Aan die een kant klink die tradisionele boodskap

soms duidelik dat vroue ter wille van mans geskep is, en in mans se diens staan. Aan die

ander kant praat ´n deel van die kerk weer die feministerewolusie voor.

Waar lê die balans?

Kom ons gaan kuier by ´n paar vroue in die Nuwe Testament.

Lees die verwysing in Handelinge 16:1 na Timoteus se ma. Dié vrou was ´n Joodse

gelowige maar haar man was ´n Griekse ongelowige. In dié huis heers etniese, kulturele en

geestelike verskille. En tog maak sy ´n kind groot wat die Here dien – kyk wat sê vers 2 van

Timoteus.

Hoe kry sy dit reg? Kyk na een aspek van haar invloed, in 2 Timoteus 1:5. Ouma en ma

speel ´n rol op die jong seun se lewe. Daarom ken hy die pad – kyk na 2 Timoteus 3:15.

´n Gebalanseerde vrou sien die Bybel as verteenwoordigend van God se openbaring en

wil vir haar lewe, en sy dra dié kennis eerstehands aan haar kinders oor.

Die wêreld spoel inligting oor ons wat maklik verwarrend kan wees, maar God se Woord vorm

die basis en riglyn waarvolgens ´n gebalanseerde vrou haar lewe inrig. Sy vind altyd tyd om met

die Bybel besig te wees.

´n Volgende besoek is by Lidia, ´n besigheidsvrou wat Paulus se pad in Filippi kruis. Lees

haar verhaal in Handelinge 16:14-15.

Wie skort in dié verse? Lidia se man. Miskien is hy dood, of het hy haar dalk gelos, of werk hy

elders? Lidia neem die evangelie na haar huis, en moedig haar mense aan om hulle te laat doop.

Sy dring ook aan dat Paulus haar huis as basis vir die eerste gemeente gebruik. Sy vertoon sterk

leierskappe.

Dieselfde kan gesê word van Priscilla, Akwila se vrou en mede-stryder. Paulus loop hulle in

Korinte raak, en moedig hulle aan om die eerste gemeente te lei. Hulle gaan saam met hom na

Efese, waar hulle agterbly om die gemeente te vestig. In Paulus se afwesigheid preek Apollos,

maar hy weet nog nie baie van die evangelie nie. Kyk na Handelinge 18:26. Let op dat Priscilla

en Akwila vir Apollos onderrig. Vir baie lank het die kerk dié tipe verse nie raakgelees nie, en

volgehou dat vroue nie in die kerk mag leer nie. Kyk ook hoe Paulus dié egpaar in Romeine

16:3 beskryf.

´n Gebalanseerde vrou sien haarself as waardevol, begaafd en verantwoordelik vir haar

eie geestelike groei tot volwassenheid.

Ons laaste gasvrou is die vier dogter van Filippus die evangelis. Paulus leer hulle ken op pad

terug na Jerusalem, in ´n stad wat hom nie vriendelik ontvang nie. Lees hulle verhaal in

Handelinge 21:8-9.

Baie het Paulus gewaarsku om nie na Jerusalem te gaan nie. Kyk na Agabus se

gedramatiseerde profesie, in vers 11. Die gelowiges was vas oortuig dat Paulus ´n fout maak om

hom in Jerusalem te gaan blootstel (en hulle was reg – hy is gearresteer, en later na Rome

geneem). Ook die vier dogters van Filippus wil Paulus ompraat.

Maar Paulus laat hom nie ompraat nie.

´n Gebalanseerde vrou van God sien die Here as haar toevlug en buffer wanneer dit lyk

asof dinge nie reg uitwerk nie.

18 | B l a d s y

Kyk weer na die drie beginsels wat genoem is. Hoe kan jy dit in jou lewe toepas?

• Word ´n ernstige student van die Bybel. Gebruik die tyd wat ander spandeer om hulle koppe

vol liefdesintriges van romans en TV-sepies te vul, om by die Bybel uit te kom. Ons koppe

word skoon en ons gedagtes doelgerig en ons verhoudinge genees wanneer ons tyd

spandeer om oor Bybelse waarhede te bepeins.

• Waak teen die ekstreme in die rolverwarring – passiewe misbruik asook militante rebellie is

nie die pad wat die Bybel vir vroue aandui nie.

• Wy jou daaraan om deur konflikte te werk eerder as weg te hardloop daarvan. Praat dinge

deur, al is dit soms stresvol en moeilik. Verduidelik vir jou huismense dat jou lewe as vrou

nie primêr rondom hulle lewe draai nie. Jy bestaan nie ter wille van hulle behoeftes nie. Jy

het ook behoeftes. Moenie toegee net ter wille van vrede nie. Handhaaf jou waarde as ´n

mens wat deur God uniek geskape is, met intrinsieke waardevolheid. En wees jouself.

• As jy in ´n verhouding staan waar jy emosioneel, verbaal, fisies of geestelik misbruik word,

klim dadelik uit. Dis nie God se wil dat jy doodgaan in so ´n verhouding nie.

• Die Griekse woord wat „om onderdanig te wees“ in Efesiërs 5:22 vertaal is, beteken eerder

„om eerbied te hê vir, om te respekteer“. Daarom moet vers 21 as die opskrif van die hele

gedeelte oor verhoudings gelees word, in Efesiërs 5:21-6:9.

Lees by die huis sorgvuldig weer deur Efesiërs 5:21-6:9, in die lig van die opmerking oor

„onderdanig wees“. Wat lees jy raak?

19 | B l a d s y

Bestudeer Spreuke 31:10-31 sorgvuldig.

20 | B l a d s y

AGT: MEER AS SJARME EN SKOONHEID

Luister na Aesopus se sprokie: ´n Hond het ´n stuk vleis uit die slagter se winkel gesteel en is

op pad huis toe. Hy moet deur die rivier gaan. Skielik sien hy sy eie weerkaatsing in die stroom.

Hy kan nie sy geluk glo dat hy op ´n hond afgekom het wat ´n heerlike stuk vleis het nie, en

besluit onmiddellik om die stuk vleis af te neem. Hy spring om die ander hond se vleis in die

hande te kry, en die volgende oomblik is hy alle vleis kwyt. Want syne het in die rivier geval. Ja,

sê Aesopus, gryp na die skaduwee en verloor die substansie.

So maklik gebeur dit met moderne vroue - die vrou wat haar huwelik verruil vir die skaduwee

van ´n buitehuwelikse verhouding, of die ma wat haar kinders verruil vir ´n loopbaan met

prestige.

Hoor hoe Salomo die verskil tussen ´n vrou wat substansie najaag en die een wat agter

skaduwees aan is, beskryf – Spreuke 14:1.

´n Vrou is baie kosbaar – kyk wat sê Spreuke 12:4 van die getroude vrou, en Spreuke

31:28-29 van die ma.

Spreuke skets die skatte van ´n vrou wat getrou bly aan die taak wat God haar opgelê het. Dié

skatte is soveel blinker as die beloftes wat skaduwees aan vrouens maak.

Spreuke 31 sluit die wysheidsboek af. Dis die finale van wysheid. Dat dit oor die vrou handel,

toon aan hoe hoog die skrywer die vrou in sy samelewing aanslaan. Verse 10-31 vorm ´n

akrostiek – die letter van elke vers begin met die volgende letter van die alfabet. Die Hebreeuse

alfabet bestaan uit 22 letters, wat almal konsonante is. Dis ongetwyfeld so geskryf om mense te

help om die stuk te memoriseer, aan die hand van die alfabet. Deur die hele alfabet te gebruik,

sê die skrywer dat hy ook alles wat oor die onderwerp gesê kan word, onder woorde bring. Die

doel met soortgelyke inligting is veral om jongmans te help om hulle oë oop te hou vir kenmerke

in toekomstige kandidate om mee te trou.

Die vrou wat hier beskryf word, word gekenmerk deur:

Haar waarde voor God. Lees weer verse 10 asook 29-30. Wat beklemtoon die begin en

einde van die gedeelte?

Haar taak as vrou. Hoe beskryf Spreuke dié vrou vanuit haar man se oogpunt beskou, in

verse 11-12? Wat is die kenmerke van so ´n vrou – kyk na vers 25?

Kyk na dié opmerking van dr James Dobson:

“If women felt genuinely respected in their role as wives and mothers, they would not need to

abandon it for something better. If they felt equal with men in personal worth, they would not

need to be equivalent to men in responsibility. If they could only bask in the dignity and status

granted them by the Creator, then their femininity would be valued as their greatest asset,

rather than scorned as an old garment to be discarded. Without question, the future of a nation

depends on how it sees its women, and I hope we will teach our little girls to be glad they were

chosen by God for the special pleasures of womanhood.”

Pa’s en seuns het nodig om te verstaan dat ons samelewing die plek van die vrou in die huis

verruil het vir ´n plek op die markplein, en in die proses het die huis baie skade gely, maar ook

die vrou. Huismense moet die ma en eggenote waardeer en genoeg komplimenteer sodat sy sal

weet dat sy hier haar vervulling vind. Sy hoef nie uit te gaan om selfvervulling te soek nie.

Haar kenmerke in die huis, huishouding en samelewing. Die vrou speel ´n onontbeerlike rol

– kyk na haar tekening in die antieke samelewing, in verse 13-18. Probeer ´n lysie saamstel van

die onontbeerlike take wat die moderne huisvrou in die oë staar. Ja, sy is ook ´n vrou wat

omgee en uitreik. Kyk na verse 20-21. Sy sien verder as net haar eie huisgesin en vriendekring

– kyk na vers 22. Sy ondersteun haar man maar leef nie in sy skaduwee nie – verse 23-24.

En sy is sensitief vir haar kinders se behoeftes – verse 26-29.

Die postmoderne vrou se tekening lyk anders, want Spreuke se skets is kultureel bepaal. Wat

ooreenstem, is die uiters belangrike rol wat die vrou in die huis, huisgesin en samelewing speel.

↸ Is daar ´n soortegelyke beskrywing en lofprysing van mans in die Bybel? Hoekom nie?

Deur die vrou eet die gesin, dra hulle klere wat skoon is, bly hulle in ´n huis wat vir hulle ´n

tuiste geword het, leer die kinders waardevolle lesse oor die lewe.

Die moderne vrou mag haarself nie onderskat nie!

En die moderne man en kind durf nie waag om haar te onderskat nie! Die vrou in die huis gee

aan julle drukkies en liefde, waarde en doelgerigtheid, waardigheid en dissipline.

As moderne, gelowige vrou is dit belangrik dat jy nie die substansie met die skaduwees verwar

nie. Sien raak wat die Here as belangrik genoeg in jou lewe geag het dat Hy jou daarvoor

verantwoordelik gemaak het. En gee jou beste aandag daaraan.

As moderne, gelowige vrou is dit belangrik dat jy jouself na waarde sal skat, volgens God se

standaard. As die samelewing, jou man en kinders jou nie prys nie, gaan luister dan na wat die

Here van jou sê.

As moderne, gelowige vrou is dit nodig dat jy jouself sal laat uitdaag deur die kenmerke wat

Spreuke 31 van die vrou skets. Kyk weer lank na hierdie eienskappe: om wysheid en selfvertroue

te hê, om vrygewig en positief te wees, om jou aandag te wy aan wat werklik belangrik is. Vra

die Here om hierdie kwaliteite deel van jou lewe te maak.

As moderne, gelowige man en kind is dit belangrik dat julle die waarde van jul vrou en ma sal

raaksien. Vrywaar julle huis van ´n kritiese gees wat haar waardigheid aantas, en beskerm haar.

Sê gereeld en paslik dankie, en komplimenteer haar. Bevestig haar roeping as moeder en

eggenote. Wys die goeie dinge uit wat sy aanhou doen. Neem die vrugte terug na haar wat sy in

julle produseer. Dien soos sy dien. ↸ Leef vers 31 uit.

21 | B l a d s y

22 | B l a d s y

NEGE: OM PA TE WEES

Spreuke verwys 26 keer na vaders, en elke keer word iets positiefs gesê.

Dit beteken nie dat pa’s volmaak is nie, maar wel dat hulle ´n uiters belangrike rol in die huis

vervul.

Salomo kon beslis bitter teen sy pa gewees het. Kan jy onthou in watter omstandighede

Salomo die lewenslig gesien het? Die verhaal kom voor in 2 Samuel 11:1-12:25. En tog skryf

hy die woorde in Spreuke 17:6.

WATTER ROL VERVUL PA’S IN DIE HUIS?

↸ Hulle voorsien in die primêre behoeftes van hulle gesinne. Kyk na Spreuke 19:14a en

13:22a. Pa’s spandeer lang ure by die werk, werk dikwels hard, moontlik in ´n pos wat hulle nie

eens baie geniet nie. Hy bring sy salaristjek huis toe sodat die gesin kan eet en aantrek en bly, en

dalk vakansie gaan hou. En hy werk homself in die lewe op, sodat sy kleinkinders ook eendag

voordeel trek uit sy bates.

↸ Pa’s onderhou die gesin. Spreuke 22:28 verwys na die Hebreeuse praktyk om

eiendom af te merk deur klippe te gebruik. Die pa se werk was om te sorg dat grensdrade nie

verskuif word nie. Want eiendom het aan families behoort, en nie aan individue nie. Vandag se

pa’s het nie die werk om grensdrade in stand te hou nie, maar op hulle skouers rus die

verantwoordelikheid om grensdrade van moraliteit en etiek op te rig. Hulle dui in hulle gesinne

die rigting aan, saam met die ma, van wat reg en goed en aanvaarbaar is. En is dit nie ´n

moeilike taak in ´n postmoderne, sekulêre samelewing waar grondverskuiwings die morele

toneel getref het nie! Ouers stel die grense aan aanvaarbare gedrag, en stel saam met die

grense die opsies van beloning en straf wanneer kinders by die grense kom. Hoe ouer kinders

word, hoe meer sal hulle die grense in meeste gevalle toets. Ouers wat maar laat skiet, doen

hulle kinders geen guns nie. Kinders voel eers veilig as die grense duidelik gestel is en die opsies

verduidelik is. Want hier diep binne soek kinders na rolmodelle waarvolgens hulle hulle lewe

kan inrig. Permissiewe ouers wat alles toelaat, is in die praktyk bewys as geen goeie rolmodel vir

´n kind nie. Ouers wat by grense hou, verdien en kry hulle kinders se respek. Jou seun het jou as

held nodig, Pa. Dit beteken nie dat jy volmaak moet wees nie. Maar wel dat jy daar moet wees

vir hom. Dat jy na hom luister, en met hom praat. Dat jy verduidelik hoekom en hoe. En dat jy

soms ook groot genoeg is om te sê: Ekskuus – ek het ´n fout gemaak.

Leer jou kinders gerus ook hoe om met hulle hande te werk: hoe om motor te was, gras te sny,

die grasmasjien reg te maak, ´n venster te vervang, ens. Die tyd wat julle saam spandeer, gaan

goeie dividende lewer, buiten dat jou kind ook iets vir hom-/haarself sal kan doen!

↸ Pa’s is ook instrukteurs. Kyk na Spreuke 1:8-9; 4:1-5; 6:20-22. Die tiener rol sy oë

wanneer pa begin praat. Ek het dit al gehoor! Maar hou maar aan om jou kind te leer wat ware

wysheid is. Waarsku teen groepsdruk. Vertel van die gevare van dwelms, voorhuwelikse seks en

seksuele oordraagbare siektes, drank en vinnige motors. Gee advies oor regte vriende,

integriteit, om jou woord te hou en jou beste te doen. Verduidelik hoe om met die

teenoorgestelde geslag te skakel. Kyk na Spreuke 6:23-25.

Ons kinders ontvang nie meer Godsdiensonderrig op skool nie. Skakel jou kind in by die

gemeente se Geloofsonderrig. Maar onderneem self ook om elke dag in jou kind se

geloofsonderrig te belê: maak/steel/skep tyd om as gesin saam by die Woord uit te kom. Deel

jou ervarings met die Here met jou gesin. Skep die geleentheid om saam te gesels en vrae te

stel. Bid saam, en bid vir mekaar. Lê mekaar die hande op en salf mekaar. Bedien nagmaal aan

mekaar. Luister na ´n Woord wat van die Here kom vir jou gesinslede.

↸ Pa’s dryf ook handel met vergifnis. Kinders is ook nie volmaak nie. Soms is hulle stout.

Op die onmoontlikste plekke verbouereer hulle jou met iets wat hulle sê of doen. Of hulle gooi

´n vloermoer voor skoonma! Jy vertrou hom met jou gereedskap, en hy breek ´n ruit daarmee.

Jy dissiplineer, maar in liefde, en vergifnis. Wat jy doen, is verkeerd en stout. Jy is nie verkeerd

en stout nie! Sien jy die verskil?

Dissipline sonder liefde en vergifnis veroorsaak dat kwaad in die kind se hart begin groei.

Kyk na Paulus se dringende waarskuwing in Efesiërs 6:4.

Hoe kan jy as pa woede in jou kind se hart laat groei? Deur jou kind te probeer oorbeskerm;

deur een van die kinders voor te trek (of selfs net die indruk te skep asof jy dit doen); deur jou

kind heeltyd te ontmoedig deur negatief te wees; deur nie ruimte te maak vir elke kind se

unieke individualiteit, opinies en groei nie; deur jou kind te verwaarloos; en deur jou kind toe te

gooi met bitter woorde van verwyte en fisiese wreedheid. Rondom jou sit grootmense wat

kwaad grootgeword het.

Paulus gebruik „maak hulle groot“ in Efesiërs 6:4, waar die Griekse woord beteken „voer

hulle“. „Dissipline“ beteken opvoeding in die wydste sin van die woord, en sluit ook tugtiging in

– kyk na Hebreërs 12:5-11. „Vermaning“ beklemtoon woorde wat die kind leer, waarsku of

aanmoedig.

PA’S SE LEWE IN DIE HUIS BESTAAN UIT VERHOUDINGS:

↸ Sy verhouding met die ma van die huis. Die grootste geskenk wat ´n pa sy kinders kan

gee is om die kinders se ma lief te hê en te vertroetel. So verskaf hy aan sy kinders sekuriteit en

vertroue. Kyk mooi na Spreuke 5:15-19.

↸ Sy verhouding met die kinders. Kyk na Spreuke 23:24. Ouers kan veel vreugde van

kinders kry, mits die kinders met wysheid optree.

Hoe kan pa’s tyd inruim met hulle kinders? En hoe kan hulle dié tyd sinvol vul? Beplan

aan ´n strategie vir pa’s.

23 | B l a d s y

24 | B l a d s y

TIEN: PA’S SE TOPVERSOEKINGS

PA’S LOOP TEEN VERSKILLENDE VERSOEKINGS VAS.

↸ ´n Versoeking is ´n versoeking omdat dit gladderig is en onder die oppervlak, sodat jy dit

nie dadelik raaksien vir wat dit is nie. Daarom is dit so gevaarlik.

↸ Versoekings nooi jou altyd om dieper in te gaan. Dit laat jou glo dat jy kan wen, dat jy

nog net ´n bietjie verder moet gaan. Jy flirteer met versoeking in die geloof dat jy sterk is. Ek kan

enige tyd omdraai. Ek kan ophou as ek wil! En skielik is jou voete nie meer op die bodem nie, en

jy besef jou lewe is in gevaar.

↸ Hoe langer jy in die gevaarwater speel, hoe gevaarliker word die situasie. Hoe meer word

jy (en jou gesin) bedreig. Wanneer ´n pa in die modder van sonde wegsak, neem hy dikwels sy

kinders en vrou saam met hom, op die pad van verwoesting en vernietiging.

Hoe kan pa’s hulleself – en hulle gesinne – teen versoekinge vrywaar en beskerm?

In Jakobus 1 beskryf die prediker verskeie situasies waarin gelowiges hulle kan bevind –

soms skort hulle wysheid (v 5); soms geloof (vv 6-8); soms leef hulle nederig (v 9); soms

in oorvloed (vv 10-11). Tog is daar twee werklikhede waarmee ons aanhoudend gekonfronteer

word. Wat is daardie werklikhede, volgens verse 12-16?

Ons word getoets en versoek. God toets voortdurend ons geloof. En die vyand versoek ons

deurgaans om te probeer om ons van die smal pad af te kry. Die enigste gelowige wat

bekommerd moet wees, is die mens wat nie versoek en getoets word nie – dalk is die vyand so

tevrede met hom/haar dat versoekings opgehou het!

Die pad sal altyd glibberig wees. Veiligheid lê nie daarin om te hoop dat die kwaliteit van die

geloofspad sal verbeter nie, maar om jou eerder voor te berei daarop dat die res van die pad

ook glibberig gaan wees.

WAT IS DIE GROOT VERSOEKINGS WAARVOOR PA’S TE STAAN KOM?

Materiële besittings – Natuurlik is daar niks meer verkeerd om iets te besit nie. Hoe

anders kan ons en ons gesinne leef? Kyk wat sê Paulus in 1 Timoteus 5:8. Terwyl die pa in

hierdie behoeftes voorsien, kan hy egter in die versoeking kom om dit wat hy vir sy familie koop,

as plaasvervanger te begin gebruik vir sy eie teenwoordigheid. Hy kan speelgoed vir sy kinders

gee, in plaas van aandag en tyd. Hy stort homself in sy beroep in, en maak opgang. Maar kyk

weer na Jesus se waarskuwing in Lukas 12:15b! Niks kan ´n plaasvervanger vir ´n pa se

teenwoordigheid wees nie, ook nie ´n oupa of ouma nie! Vra kinders wat hulle van hulle pa’s

onthou, en hulle sal jou nie vertel van ´n kamer vol speelgoed of ´n kas vol ontwerpersklere nie.

Hulle sal vertel hoe hy hulle gekielie het toe hulle klein was, hulle rug gekrap het, saam na ´n

wedstryd gaan kyk het, saam die bal geskop of in die see gespeel het. Kinders het hulle pa se

glimlag, aanraking, aanmoediging nodig. ´n Pa se teenwoordigheid is belangriker as ´n groot huis

met baie speelgoed.

Emosionele krag – Elke mens het net soveel emosionele bronne wat kreatiwiteit,

leierskap, sin vir humor en lewensentoesiasme aanvuur. ´n Pa is dikwels in die versoeking om

die beste vir sy werk te spaar, sodat sy gesin kry wat oorbly (indien enigiets oorbly!) In die

kantoor is hy innoverend en gemotiveerd. Hy het genoeg energie om enige probleem op te los.

Maar teen die tyd dat hy by die huis kom, is sy energie op. Hy wil in ´n stoel neerval en bly lê tot

slapenstyd.

Die versoeking om in so ´n roetine te verval, is groot vir pa’s. Hulle gee meer aandag aan die

behoeftes van hulle kollegas as vrou en kinders. Kort voor lank mor die vrou, en die kinders kry

nie aandag nie, en word stout.

Die vraag wat dit stel aan pa’s is: wat is jou prioriteite? Wat is vir jou die belangrikste? Is dit nie

tyd om jou lewe in heroënskou te neem nie?

Verbale vermoëns – Die versoeking vir pa’s is om lesings te gee eerder as om in die huis

die respek te verdien om na geluister te word, sodat hy sy kinders kan leer. By die kantoor kan jy

mense nog vertel hoe om dit te doen. Maar by die huis sal jy dit moet uitlewe. Kinders het

rolmodelle nodig, nie onderwysers nie. Dalk is Jakobus 1:19b se raad nuttig vir pa’s! Hoekom

moet ´n mens nie eers kwaad word nie? Kyk mooi na vers 20. Wat beteken dit? Jy leer eers as

jy luister!

Persoonlike begeerte – Die versoeking is groot vir party pa’s om volmaak te wees, en te

verwag dat hulle gesin aan hulle perfeksionistiese eise moet opleef. Perfeksioniste dink daar is

net twee maniere om iets te doen – reg of weg. Feit is: vir ´n tienjarige kind is ‚reg’ anders as vir

´n agtienjarige. Lees weer Efesiërs 6:4 – raadpleeg ook ander vertalings. Moet nie jou

huismense se kreatiwiteit en produktiwiteit met onrealistiese eise vernietig nie.

Seksuele dryf – Die versoeking vir mans is om, vir verskeie redes, bevrediging te gaan

soek buite hulle huweliksverhouding. Geen man is van hierdie versoeking vrygeskeld nie. Pas

Jakobus 1:13-15 nou toe op seksuele versoekings, en ontwerp ´n strategie hoe jy so ´n

versoeking sal hanteer. Die woord in vers 14, ‚aanlok’, verwys na ´n visserman se aas wat lekker

lyk en die vis lok om daaraan te byt. Hoe gaan jy die lokaas verbykyk? Maak seker dat julle in

julle huis in mekaar se behoeftes voldoen. Sorg dat daar emosionele en seksuele bevrediging in

die huwelik is, sodat dit nie nodig is om jou honger iewers te gaan stil nie. Dra foto’s van jou

vrou en kinders saam, en praat met jou dameskollegas oor hulle. Wys hoe trots jy op hulle is, en

hoe gelukkig jy is. En beskerm die lewens van die mense wat op jou skouers sit.

Geestelike geloof – Die versoeking is dat ´n pa goed in sy gesin se behoeftes voorsien,

maar vergeet dat hulle ook ´n belangrike geestelike aptyt het. In ons samelewing is die man die

een wat nie godsdiens nodig het nie; dis net vir vroumense en kinders! Maar dit kos ´n ware

man wat sy gesin deur donker tye kan lei met die lig van God se Woord in sy hand en hart. En

pa’s wat saam met en vir hulle kinders bid, het reeds ´n groot deel van die stryd gewen. Soms

gebeur dit dat pa’s wat godsdienstig is, egter baie wetties raak. Die kinders (en vrou) leef in ´n

atmosfeer waar alles verkeerd is. Nee, ´n ware Christelike huis is die een waar ´n atmosfeer van

vergifnis en genade heers.

Ondersoek jou eie lewe aan die hand van die ses terreine – is daar een waar jy naby aan

die afgrond gekom het? Dalk het jy reeds oor die kant gegly? Ter wille van die mense wat op jou

skouers rus, is dit God se stem om jou terug te roep.

25 | B l a d s y

Kyk goed na Esra 7:6-10 by die huis.

26 | B l a d s y

ELF: HOE OM DIE WAARHEID TE LAAT VASKLOU

´n Mens kry potte en panne wat nie aanbrand nie. Het jy al begin dink dat die tiener in jou huis

se kop so werk dat waarheid nie daaraan kan vasbrand nie? Sal die geestelike waarhede wat my

kind gehoor en gesien het, iewers begin inskop en ´n verskil maak?

Esra het in Babilon grootgeword. Hy het pas saam met sy volk teruggekom na Jerusalem, om

hier te kom studeer en werk. Jongmense beleef hulle in so ´n oorgangswêreld, waar hulle

oorbeweeg van die bekende huislike atmosfeer na ´n nuwe wêreld. Hulle is die nuutjies op

hoërskool, kollege of universiteit, of ´n nuwe betrekking. Hulle is besig om die grootmenswêreld

stukkie vir stukkie te ontdek. Om in ´n oorgangsituasie te wees, is om gespanne te wees.

Nog ´n eienskap van Esra is dat hy goed bekend met die Here se wet is – kyk weer na vers 6.

Van kleinsaf is hy hieraan blootgestel, en nou is hy ´n kenner van die Skrif. Baie jongmense ken

die verhale van die Bybel. Hulle leer God se Woord vandat hulle kan onthou.

´n Laaste eienskap van Esra is dat hy ´n pad met die Here loop. Hierdie hoofstuk beklemtoon

drie maal dat die Here se hand op hom was (vv 6, 9, 28). Baie jongmense kom agter dat die Here

se hand op hulle lewe rus. Soms het hulle tot bekering gekom, is hulle gedoop, is hulle ook

gedoop met die Gees. Die Here wil nou ´n pad saam met hulle stap, om hulle te gebruik om

namens Hom op te tree. Hy wil dat die kennis en ervaring wat hulle in Hom opgedoen het, sal

vassteek en die vrug van wysheid en diensbaarheid oplewer.

Esra klou vas aan sy kennis en ervaring van God deur doelbewus vier karaktertrekke te

ontwikkel. As ons hierdie vier waarhede aan ons jongmense kan kommunikeer, sal die waarheid

ook in hulle lewe vassteek.

Vers 10 verklap dié geheime. Kyk mooi daarna.

↸ Esra maak ´n persoonlike commitment aan die Here – kyk ook hoe Daniël dieselfde

besluit neem, in Daniël 1:8. Mense wat God op ´ magtige wyse gebruik, moes eers almal dié

besluit neem, selfs al het dit soms beteken dat hulle hulleself ongewild gemaak het en teen die

stroom moes opswem. In die kerk is dit maklik om met die waarheid handel te dryf, maar in die

wêreld kom daar min of niks daarvan tereg nie. Dat die waarheid sal vassteek, is so ´n

commitment die voorwaarde.

↸ Esra word doelbewus ´n student van die Skrif – een van die vinnigste maniere om

geestelik uit te sak, is om te wag dat iemand anders jou kos voorberei. Jongmense hou dalk nie

baie van ma se kos nie, maar net totdat hulle self kos moet maak! Daar is geen substituut

daarvoor nie om die Bybel biddend te bestudeer met die doel om die stem van die Here te hoor.

Dit kos tyd en dissipline. Net so kan jy God se waarhede vir jou lewe en situasie ontdek. Lei

jongmense tot ´n persoonlike commitment, en leer hulle om die Bybel as gids vir hulle daaglikse

lewe te gebruik, en jy het die waarheid reeds laat vassteek.

↸ Esra gee aan die waarheid voete en hande – Esra sit sy hart daarop om God se waarheid

uit te leef. Wanneer sal die waarheid volgens Jakobus 1:22-25 gebeur? Wanneer die spieël in

die oggend wanneer jy opstaan vir jou vertel dat jy sleg lyk, is dit nie goed genoeg om die spieël

te ignoreer en aan te gaan nie. Nee, jy kam jou hare en borsel jou tande en was jou gesig, tot die

spieël vir jou aandui dat jy gereed is om voor mense te verskyn. Wat sê die spieël van God se

Woord oor jou? En wat doen jy daaraan?

Esra deel wat hy leer, met ander – kyk weer na vers 10. Een van Stephen Covey se wette

vir effektiewe mense is dat hulle die waarheid wat hulle leer, onmiddellik aan iemand anders

leer. Want dan gebeur dit! Deel wat jy leer, met entoesiasme en oorgawe. Wanneer jy dit vir

iemand leer, word ´n onderwerp vir jou ontsluit omdat jy dit vanuit verskillende hoeke bekyk.

Die jongmens wat sy/haar geloof met iemand anders deel, het die waarheid laat anker in

sy/haar lewe.

Jongmense is soms nie geïnteresseerd in die waarheid nie. Dit laat ouers en jeugwerkers soms

vrees dat hulle nie effektief is nie. Kyk na Paulus se versekering in 1 Korintiërs 15:58b.

Kyk ook na die Here se belofte in Jesaja 55:10-11. Vertrou die Here dat Hy ´n oes sal gee op

die saad wat jy saai.

27 | B l a d s y

28 | B l a d s y

TWAALF: HOE OM DIE OERWOUD TE OORLEEF

In sekulêre skole word kinders soms onderwerp aan:

• Seksonderrig wat morele standaarde onderwerp aan ´n kind se persoonlike keuses;

• Opvoeding oor eiewaarde wat baie naby aan aanbidding van die self as god kom;

• Literatuur wat ´n goeie inleiding tot die okkulte is;

• Tegnieke van lewensoriëntering wat verdag baie na New Age-filosofie klink;

• Sosiale studies wat jongmense blootstel aan alternatiewe leefstyle;

• Groepsdruk wat ´n enorme invloed uitoefen;

• Rassespanning, dwelms, drank en geweld.

Dit stel enorme eise aan ouers en grootouers!

Genadiglik gee die Bybel wenke hoe ouers hulle kinders kan help om geestelik die oerwoud van

die skool te oorleef.

Dit begin alles by wat die Bybel beklemtoon as: DIE HUIS.

Nadat Moses God se gebooie in besonderhede behandel het, gee hy die Israeliete opdrag om

dit op so ´n wyse te gehoorsaam dat hulle kinders en kleinkinders ook die Here sal eerbiedig en

sy woord sal hou – kyk na Deuteronomium 6:1-2. In ´n Joodse gesin is die skool heeltyd aan

die gang. Kyk ook na verse 4-7. Om aan die Here toegewy te leef is die doel. Die Bybel is die

sillabes. En enige plek, slaapkamer of sitkamer, werkswinkel of oop pad, is die klaskamer.

Kinders se opvoeding begin by geboorte en hou aan tot hulle hulle eie gesinne het. God se plan

is die huis-gebaseerde opvoedingstelsel, waar ouers hulle kinders se primêre opvoeders is, wat

waardes oordra. Kyk na die resultaat, in vers 24.

In ons dag het baie gesinne ineengestort. Die gesin is vir vele nie meer die bastion van

opvoeding nie. Baie gesinne het slegs ´n enkelouer, en baie gesinne met twee ouers is

disfunksioneel.

In die Bybel is daar ook sulke gevalle, en iets te leer daaruit.

Samuel se ma, Hanna, maak ´n gelofte – kyk na 1 Samuel 1:1-11. ‘Samuel’ beteken

‘van God gevra’. Hanna hou haar gelofte – verse 27-28. Samuel word in die tempel groot. En

sy tydgenote, Hofni en Pinehas, is van die slegste groepsdruk waaraan jy kan dink - 1 Samuel

2:12, 15-17, 22. En tog groei Samuel op voor die Here – vers 21b.

Daniël was baie jonk as Jerusalem deur Nebukadnesar verower word, Israel in

ballingskap gaan en die jongman in die koning se diens beland. Kyk na Daniël 1:1-4. Aan die

koninklike hof word die voornemende hofamptenare aan ´n indoktrinasieprogram blootgestel –

kyk na verse 5-8. Hoe reageer Daniël hierop?

Moses is gebore tydens die wet wat bepaal dat alle Israelitiese seuns doodgemaak moet

word. Die farao se dogter neem hom aan, en hy word in ´n vreemde omgewing groot, aan die

koning se hof. Kyk na Eksodus 2:1-10. Hoor wat sê Stefanus in Handelinge 7:22 van Moses

se opvoeding. Moses leer om te dink, op te tree en te aanbid soos ´n Egiptenaar. En tog bly hy

getrou aan die Here van sy volk.

HOE KRY PARTY JONGMENSE DIT REG OM STAANDE TE BLY ONDER BAIE DRUK?

In Samuel se geval is daar drie faktore wat ´n belangrike rol speel.

• Hy het ouers wat lief is vir die Here, wat hom ondersteun – kyk na 1 Samuel 2:18-19.

• Samuel behou balans – kyk na 1 Samuel 2:26. Die enigste van wie dit gesê word, is Jesus

– Lukas 2:52.

• Sy verhouding met die Here was lewendig – 1 Samuel 3:19.

Wat laat Daniël oorleef?

• Hy gaan versoekinge tegemoet met vooropgestelde oortuigings – Daniël 1:8a. Hy kies

wat reg en verkeerd is, en bly daarby.

• Daniël hanteer druk met wysheid – hy benader die betrokke amptenaar met takt – Daniël

1:8b.

• God eer Daniël deur aan hom voorste gawes te gee – vers 17.

Wat was Moses se geheime om die invloede van sy omgewing te oorleef?

• Moses se geloof is sterker as sy gevoelens. Hy steur hom aan sy geloof, en nie aan sy

gevoelens nie. Kyk na Hebreërs 11:24, 27-29.

• Sy prioriteite bepaal sy besluite. Hebreërs 11:25-26.

Ten slotte:

↸ Aan kinders: geen druk is groter as God se krag nie. Maak gerus staat op Hom om jou

deur te dra! Groepsdruk mag sterk wees, skole mag jou wil dwing om in ´n sekere rigting te

beweeg. Maar tog maak jy jou eie keuses. Onthou wat sê 1 Johannes 4:4b.

↸ Aan ouers: geen skool of instansie kan die grondslag van ´n Christelike opvoeding wat

ouers vroeg reeds biddend in ´n kind se lewe gelê het, volledig uitwis nie. As ouer en grootouer

oefen jy die grootste invloed op jou kinders uit. Hou aan om heiligheid aan hulle te modeller.

Leer hulle God se weë – Deuteronomium 6:7b.

29 | B l a d s y

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!