02.05.2013 Views

Selfbeeld

Selfbeeld

Selfbeeld

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

A

L B E R TO N

L S

EW EN ENTRUM

GEMEENTE

BYBELSTUDIE VIR SELGROEPE

WIE IS JY?

JOU SELFBEELD EN JOU EIEWAARDE

Gesonde en realistiese selfwaarde is ‘n menslike behoefte wat noodsaaklik is vir gesonde

aanpasbaarheid, optimum funksionering as mens en self-vervulling. ‘n Swak selfbeeld is die grootste

oorsaak van angs en depressie; onder-prestering in studies en werk; vrees vir intimiteit, geluk en

sukses; alkohol- en dwelmverslaafdheid; geweld teen vroue en kinders; kindermolestering; medeafhanklikheid

en seksuele afwykings; passiwiteit en chroniese doelloosheid; selfmoord en misdade

van geweld. Van alle besluite wat die mens in sy lewe neem en alle oordele wat sy vel, is niks so

belangrik as die oordeel oor homself of die besluit oor haar waarde.

Die teenoorgestelde van ‘n gesonde selfbeeld is aan die een kant ‘n onderliggende lewensgevoel

van onbekwaamheid, van “ek is nie goed genoeg nie; ek maak dit nie”. Dit gaan gepaard met ‘n

gevoel van skuld en skaamte, minderwaardigheid en ‘n duidelike gebrek aan self-aanvaarding,

selfvertroue en self-liefde. So ‘n lewensgevoel bepaal die mens se verhouding met haarself, met sy

God en ander mense, maar ook hoe sy haar werk daagliks doen. Die God wat die opdrag gegee het

dat ons onsself soveel moet liefhê soos ons naaste (soveel dat ons bereid is om ons lewe af te lê vir

ons naaste, of onsself!), is die God wat sê dat die mens baie goed is nadat Hy hom geskep het.

Die ander kant van ‘n swak selfbeeld is ‘n oormatige spoggery oor jouself, kompulsiewe seksuele

gedrag en dominerende sosiale (en seksuele) gedrag.

Jy het die vermoë (en die Here se toestemming) om te verander en te groei tot jy ‘n gesonde

selfbeeld en realistiese eiewaarde het. God het bedoel dat JY geaktualiseer en gevier word, en nie

ge-aborteer en versaak nie.

In dié studie gaan dit oor twee sake: ‘n definisie van selfwaarde; en die voorwaardes vir

selfwaarde. Die kursus word so geskryf dat die kern die tweede gedeelte is: die ses pilare waarop ‘n

goeie selfbeeld rus. Dit is dan ook hier dat ons die meeste werk gaan doen, in die vorm van kort

sinne wat jy moet voltooi. Die kursus sal slegs waarde hê as jy dié werk so volledig moontlik doen.

DEEL 1: WAT IS SELFWAARDE? DIE IMMUNITEITSTELSEL VAN BEWUSTHEID

‘n Selfbeeld wat gerealiseer is, is die ervaring dat ons bevoeg is om aan die vereistes van die lewe

te voldoen. Selfwaarde is:

• vertroue in jou vermoë om te dink,

• vertroue in jou vermoë om reg te kom met die basiese uitdagings wat die lewe aan jou stel,

• vertroue in jou reg om gelukkig en suksesvol te wees,

• die gevoel dat jy waardig is om volledig mens te wees,

• die gevoel dat jy geregtig is dat jou behoeftes vervul word,

1

• die wete dat die waardes wat jy bepaal het, goed en reg is,

• en dat jy die reg het om die vrug van jou arbeid te geniet.

Dit beteken dat jy jou denkvermoë asook vermoë om in verhouding met ander te staan, vertrou.

Om jou denkvermoë te vertrou en te weet dat jy geregtig is om gelukkig te wees, is die essensie van

eiewaarde. Dit laat jou nie net beter oor jouself voel nie, maar laat jou ook beter leef.

Hoe jy oor jouself dink, is selfvervullend. As jy sleg van jouself dink, sal jy kort-kort rede vind om

selfs nog slegter van jouself te dink. Jy sal dit ook van ander en hul gedrag teenoor jou aflees, en dit

sal jou swak selfbeeld versterk. As jy goed van jouself dink, sal die werklikheid ook dié opinie

versterk.

Jy voel die meeste tuis saam met ander mense wat dieselfde vlak van eiewaarde as jy het. As jy

wil weet hoe hoog jy jouself aanslaan, kyk na die mense by wie jy tuis voel.

Hoe meer gesond jou selfbeeld, hoe beter en met meer respek sal jy ander behandel. Jy sien hulle

nie as ‘n bedreiging nie. Hoe swakker jou selfbeeld, hoe moeiliker sal dit vir jou wees om ander met

respek en welwillendheid te behandel.

Hoë eiewaarde is ‘n voorwaarde vir persoonlike geluk. Mense met ‘n swak selfbeeld leef nooit

werklik nie; hulle word geleef deur die verwagtinge wat hulle aan hulself stel, en waaraan hulle

voortdurend nie voldoen nie omdat hulle hul swak selfbeeld uitleef.

‘n Mens met ‘n swak selfbeeld kan nie romantiese liefde ten volle beleef nie, omdat sy vanuit die

vrees funksioneer dat sy nie liefde verdien nie. Hy glo dat sy bestemming is om seer te kry, en leef

dié geloof uit. Wat nodig vir dié mens is, is die moed om geluk te verdra sonder om dit te saboteer.

Die behoefte om ‘n ander groep as minderwaardig te beskou, hetsy die vroulike geslag of mense

van ‘n ander ras of afkoms, is een van die sekerste tekens van ‘n swak selfbeeld.

Die mens met ‘n swak selfbeeld onderpresteer in haar werk, omdat sy glo dat sy nie beter kan nie.

Hy leef nie volgens sy optimum intelligensievlak nie, en bekwaam hom nie daarvolgens nie omdat hy

glo dat hy nie kan nie. Sy haat dit om sigbaar te raak deur prestasies omdat dit dan kwansuis die

kalklig op haar foute en tekortkominge sal laat val. Daarom maak sy haarself onsigbaar, en ly dan

omdat niemand haar raaksien nie. “Nobody likes me, Lord!”

Ons selfbeeld is hoe ons onsself sien – wie en wat is ons: ons fisiese, sielkundige en emosionele

kenmerke, ons bates en laste, moontlikhede en beperkinge, sterktes en swakhede. Ons bepaal ons

eiewaarde op grond van ons selfbeeld. Verdien ek dat ander van my hou?

Hoë selfwaarde kan deur ervarings plat geslaan word, maar so ‘n mens tel gou weer op. Die mens

met lae eiewaarde kan egter nie maklik beter oor haarself voel nie.

Die persoon met hoë selfwaarde stel homself nie aan oor ander nie, en beskou homself nie

meerderwaardig ten opsigte van ander nie. sy bewys nie haar waarde deur hulself aan ander te

meet nie. Sy vreugde is om te wees wie en wat hy is, nie om beter as ander te wees nie. Deur te

loop en spog, is niks anders as om lae eiewaarde agter ‘n valse fasade weg te steek nie.

Solank jy moet bewys dat jy goed genoeg is, sal jy jou lewe spandeer om dit nie te wees nie. En sal

jy besig wees om party te haat, omdat jy meen dat hulle beter as jy is. ‘n Goeie selfbeeld lê in die

aanvaarding van wie jy is, nadat jy realisties jouself onder oë geneem het.

Soms soek mense met ‘n swak selfbeeld toevlug in die “sekuriteit” wat een of ander kultusgroep

bied (omdat die groep sigself as meerderwaardig teenoor alle ander beskou); of in “korrekte”

politieke, sosiale of kulturele subgroepe; of in brein-vernietigende substansies om te ontsnap; of vir

godsdienstige fundamentalisme waar ander klaar vir hulle gedink het en alles in terme van wit en

swart beskou word.

Die mens is die enigste wese wat kan vra: kan ek my denkvermoë vertrou? Is ek bekwaam om te

dink en te besluit? Is ek voldoende? Is ek ‘n goeie mens? Het ek integriteit, met ander woorde, tree

ek op soos ek wil? Verdien ek ander se respek en liefde? Hoort ek suksesvol en gelukkig te wees?

Die antwoorde op dié vrae is nie in die mens ingebou nie. Sy moet self daaroor besluite neem.

Gelukkig kan hy later besluit om sy antwoorde op die vrae te verander.

2

Die mens is ook die enigste geskapenheid wat kan besluit watter waardes is die moeite werd om

na te jaag. Dit is ook ‘n bewuste besluit, behalwe as ons kies om onbewus te bly en ander toe te laat

om dié besluite namens ons te neem.

Jy begin bou aan ‘n goeie selfbeeld as jy:

• bewustelik eerder as onbewustelik leef

• dink eerder as om nie te reflekteer nie

• fokus op wat nou gebeur eerder as om nie te fokus nie

• duidelik te dink en te formuleer eerder as om vaag en lui te wees in jou denke

• respek vir feite openbaar eerder as om jou net te steur aan wat jy wil

• respek vir die waarheid te hê eerder as om vas te hou aan wat jy dink reg is

• volhard in jou soektog om te verstaan eerder as om op te gee om te verstaan

• lojaal bly aan jou oortuigings eerder as om onkonsekwent op te tree

• eerlik is eerder as om oneerlik met jouself saam te leef

• jouself konfronteer eerder as om jou swak punte te vermy

• oop is vir nuwe kennis eerder as om jou kop toe te sluit vir die nuwe

• gewillig is om jou foute te erken en te herstel eerder as om koppig te volhard in onkunde

• respek vir logika en duidelike getuienis het eerder as om dit te vermy

• lojaal is aan jou verantwoordelikheid om bewustelik te leef en te poog om jouself te ken.

Elke keer as jy besluit, dink, optree, praat of ‘n uitdaging in die gesig staar, beïnvloed jy hoe jy

oor jouself voel. Jy bepaal of jy rede het om goed of sleg oor jouself te voel. Jy besluit self deur

die manier waarop jy lewe, of jy hoë of lae eiewaarde het. Jy kan slegs in jouself glo as jy rede het

om dit te doen. In deel 2 kyk ons na wat jy kan doen sodat jy aan jouoself sal glo, en verdien om

hoë selfwaarde te hê.

Kennis verdubbel elke tien jaar. Die enigste sekuriteit berus op ons vermoë om te leer.

Sommige mense het die vermoë aangeleer om ‘n beeld van selfvertroue uit te straal terwyl

hulle voortdurend uit ‘n gevoel van hul eie onbekwaamheid leef. Hulle draai amper almal ‘n rat

voor die oë, behalwe hulself.

DEEL 2: INTERNE BRONNE VAN SELFWAARDE

Die vlak van eiewaarde word hoofsaaklik bepaal deur wat ‘n mens doen, binne die konteks van

sy kennis en waardes.

‘n Mens wat uit ‘n ouerhuis kom waar die werklikheid dikwels ontken is en bewustheid

voortdurend gestraf is, het byna onoorkomelike struikelblokke om te leer om van haarself te hou.

Jy was slagoffer van ‘n opvoeding wat jou gediskwalifiseer het om van jouself te hou en om ‘n

goeie selfbeeld te hê. Tog hoef jy nie slagoffer te bly nie. Jy mag ontsnap aan ‘n swak selfbeeld.

Jy kan leer om so op te tree dat jy rede het om van jouself te hou. En jy kan leer om met ander

oë na jouself te kyk.

Wat kan ‘n ouer doen om ‘n kind se selfbeeld te hou?

• Maak jou kind groot met respek en liefde – jy werk met iemand wat na God se beeld

geskep is

• Aanvaar aanhoudend en konsewent jou kind onvoorwaardelik, met ander woorde, sonder

om eise te stel of te verwag dat jou kind moet word wat jy wil hê hy moet wees

• Bied aan jou kind die ondersteunende struktuur van redelike reëls en verwag van haar

wat haalbaar is

• Waak daarteen om jou kind met weersprekings in gedrag of besluite te verwar

3

• Moet nooit tot die vlak van spot, hoon, vernedering, sarkasme of vernederende fisiese

aanranding daal in ‘n poging om jou kind te beheer nie

• Aanvaar jou kind se intellektuele vermoëns sonder om dit met dié van ander te vergelyk

• Projekteer voortdurend aan jou kind dat jy in sy goedheid en vermoë glo.

So stel jy jou kind in die posisie om soortgelyke houdings jeens homself te internaliseer wat jy

teenoor haar toon. Hierin lê die grondslag van ‘n gesonde selfbeeld.

Tog waarborg ‘n aanvaardende, gesonde, werklikheidsgebonde ouerhuis nie ‘n goeie selfbeeld

nie. Hoë selfwaarde volg slegs op gedrag wat dit verdien. Ons moet word wat ons wil wees. Jy

oefen elke dag die keuse uit om te word wat jy wil wees. Met ander woorde, jy kan kies wat jy wil

wees. Kies vandag om op te leef aan hoe die Here jou sien: ‘n mens waardig genoeg dat Hy sy

Seun stuur om vir jou te sterf. As Hy jou so lief het dat Hy sy Seun nie gespaar het nie, en dat Hy

jou by jou naam roep en verseker dat jy Syne is, dat Hy ‘n nuwe huis vir jou by Hom bou en ‘n

nuwe naam gaan gee, kan jy dit waag om Hom te beledig deur jouself heeldag te loop en beledig?

Leer nou om so te leef dat jy word soos Hy jou sien: sy mens, ‘n nuwe skepsel. Slegs Christene

verdien om hoë waarde aan hulself toe te skryf, want hulle is die enigste mense wat van hul

sondigheid skoon gemaak en nuut is. Lê jou daarop toe om te leef as ‘n nuwe mens. Hier is die

ses pilare waarop jy ‘n hoë selfwaarde kan bou. Deur hieraan voortdurend aandag te gee, sal jy

slaag om te leef as ‘n mens wat verdien om van haarself te hou.

1. LEEF BEWUSTELIK

Meeste mense loop in hul slaap deur hul lewe. As jy van die natuur afhanklik was vir jou

oorlewing, sou jy waarskynlik nie lank oorleef het nie, want in die natuur moet jy jou sintuie

opskerp en voortdurend bewustelik leef. Die moderne mens se lewe is so vol geraas dat hy

homself noodwendig moet insuleer om te oorleef. En daarmee saam gebeur dit dikwels dat ons

afgestomp raak en nie meer leef nie, maar eerder geleef word.

Het jy dalk al die volgende gedink?

• Ek weet ek gee nie my beste vir dié projek (taak vir skool, by werk, in tuin of huis) nie,

maar ek wil nie daaraan dink nie.

• Ek sien die tekens dat my besigheid swaar trek maar ek doen wat in die verlede altyd

gewerk het. Dalk as ek nie hieroor tob nie, sal die moeilikheid vanself oorgaan.

• My vrou het nie wettige griewe teen my nie. Dis net haar vriendinne wat haar opsteek.

• Ek weet my kinders sien te min van my, en ek weet as ek by die huis is behandel ek hulle

sleg omdat ek te veel stres het. Maar ek sal dit eendag regstel.

• Wat bedoel jy, ek drink te veel? Ek kan enige tyd ophou drink as ek wil.

• Ek weet die manier waarop ek eet ruïneer my gesondheid, maar ...

• Ek weet ek leef bokant my vermoë, maar eendag ...

• Ek weet ek is “plastic” en ek lieg oor my bekwaamhede, maar ...

As jy nie denkend en bewustelik leef, en verantwoordelikheid aanvaar vir hoe jy dink en leef nie,

sal jy die prys betaal. Die waarde wat jy aan jouself heg, sal met rede krimp. Jy sal met rede

minder van jouself dink, en minder in jouself glo.

Eiewaarde is die reputasie wat jy by jouself verdien. Deur die duisende besluite wat jy maak

tussen of jy sal dink oor ‘n saak of nie, of jy verantwoordelikheid vir die werklikheid van jou lewe

sal aanvaar of nie, bepaal jy watter soort persoon jy sal wees.

4

Om bewustelik te leef, beteken dat jy bewus probeer word van alles wat te doen het met jou

aksies, doelstellings, waardes en besluite, na die beste van jou vermoë, en dat jy poog om op te

tree in ooreenstemming met wat jy doelbewus besluit het.

Om nie bewustelik te leef nie, is om as’t ware te besluit: As ek kies om dit nie te dien of te erken

nie, bestaan dit nie! Dan respekteer jy nie die feite van die werklikheid nie. Wense, vrese of

ontkennings moet dan aan jou “feite” verskaf wat jy gebruik om besluite te neem.

Om bewustelik te leef, beteken:

• Dat jy dink voor jy iets doen, en dat jy ook aan die gevolge dink van wat jy doen

• Dat jy “nou” leef, deur bewus te wees van wat jy doen en van wat om jou gebeur

• Dat jy soek na relevante feite, al kos dit moeite

• Dat jy onderskei tussen feite, interpretasies en emosies

• Dat jy die behoefte om die pynlike werklikheid te vermy, opsy skuif

• Dat jy doelwitte vir jouself stel, en alles in die stryd werp om dit te bereik

• Dat jy ook in jou verhoudingslewe doelwitte stel

• Dat jy na jouself luister as jy met ander praat, en krities besluit of jy jou doelwitte dien

• Dat jy gereeld kyk of jou aksies in lyn is met jou doelstellings

• Dat jy aanhou, al is dit makliker om moed op te gee

• Dat jy gewillig is om foute raak te sien en te korrigeer

• Dat jy jou daaraan toewy om aan te groei tot die dag dat jy voor God staan

• Dat jy jou daarop toelê om die wêreld om jou te verstaan

• Dat jy jou daaraan wy om jouself beter te verstaan – jou behoeftes, gevoelens, aspirasies

en motiewe

• Dat jy bewustelik besluit oor die waardes wat jy gebruik om jou morele gedrag te bepaal

‘n Mens wat dink dat hy genoeg gedink en genoeg geleer het, is op ‘n afdraende na die einde; sy

behoort al vinniger te vorder.

Om dit vernederend te ervaar om te erken dat jy ‘n fout gemaak het, is ‘n teken van ‘n foutiewe

selfbeeld.

Weet jy wat jy besig is om te doen as jy van jouself hou, en wat jy doen as jy nie van jouself hou

nie?

‘n Mens wat aan drank, dwelms of vernietigende verhoudings verslaaf raak, poog om dié wyse

van die pyn van sy lewe te ontsnap – die pyn van ‘n gevoel van magteloosheid en lyding. Die pyn

hou direk verband met ‘n besluit om nie bewustelik te leef nie. Jy aanvaar nie

verantwoordelikheid deur jou bewussyn te verdoof sodat jy nie meer die pyn sal ervaar nie. Wat

jy doen deur jou bewussyn te verdoof, is om by te dra dat jy nog minder van jouself hou. Daarom

sal jy moet reageer daarop deur nog groter hoeveelhede van die gif te neem. Vir die afhanklike is

bewussyn die grootste vyand. Jy moet weier om te sien wat jy sien en te weet wat jy weet. Die

enigste oplossing is die werklikheid, en jouself, vierkant in die oë te kyk.

Wanneer jy jou bewussyn onderdruk, het dit fisiese gevolge: jy haal vlakker asem en die spiere

trek saam. As dit aanhoudend gebeur, onderdruk jy nie net jou bewustheid effektief nie, maar

vernietig jy ook jou liggaam.

Voltooi die volgende sinne op ses tot agt wyses, binne twee of drie minute, sonder om lank

daaroor na te dink:

• As ek vyf persent meer bewustheid in my verhouding met my lewensmaat indra, -

• As ek vyf persent meer bewustheid in my verhouding met kind indra, -

• As ek vyf persent meer bewustheid in my werk indra vandag, -

5

• As ek vyf persent meer bewustheid indra in die manier waarop ek vandag met mense

werk, -

• As ek vyf persent meer bewustheid indra in (probleem wat jy in gesig staar), -

• As ek vyf persent meer bewustheid indra in die wyse waarop ek my geld spandeer, -

• As ek vyf persent meer bewustheid indra in my bekommernisse, -

• As ek vyf persent meer bewustheid in my prioriteitsbepaling indra, -

• As ek vyf persent meer aandag gee aan die gevolge van my dade/woorde, -

Bepeins elke keer nadat jy ‘n paar oefeninge voltooi het jou antwoorde. Wat leer jy daaruit?

Onthou, jy is besig om jou lewe in lyn te bring met hoe jy jouself wil sien.

Dink lank na oor die volgende vrae:

• As jy kies om meer bewus by jou werk te leef, wat sou jy anders doen?

• As jy kies om meer bewus met jou studies om te gaan, wat sou jy anders doen?

• As jy kies om meer bewus in jou verhoudings met jou huismense te leef, hoe sal jy anders

optree?

• As jy kies om meer aandag te gee aan ander mense – jou kollegas, bure, die dame agter

die kasregister, jou kliënte- wat sal jy anders doen?

• As jy bang is om meer bewus in een van dié areas te leef, watter negatiewe faktore gee

daartoe aanleiding? Is dit realisties?

• As jy meer bewustheid in jou vrese en insekuriteite indra, wat sal gebeur?

2. AANVAAR JOUSELF

Selfbewustheid is iets wat jy ervaar, maar selfaanvaardig is iets wat jy doen. Selfaanvaarding is

die besluit om te weier om jouself te verwerp en te haat, om te weier om jouself as ‘n vyand te

beskou.

Selfaanvaarding is die gewilligheid om te dink wat jy dink, te begeer wat jy begeer, te gedoen

het wat jy gedoen het en te wees wat jy is, sonder ontkenning. Jy weier om enige deel van jouself

– jou liggaam, emosies, denke, aksies, drome, geskiedenis – as vreemd aan jou te beskou, as “nie

ek nie”. Jy aanvaar wat jy is en hoe jy lyk. Jy hoef nie noodwendig so te bly wees of lyk nie. Maar

jy kan nie verander as jy nie eens die gegewendheid aanvaar nie. Jy kan jouself nie vergewe as jy

nie erken wat jy is en gedoen het nie.

Selfaanvaarding is die besluit om ‘n vriend vir jouself te wees. Jy kan iets wat jy gedoen het wel

veroordeel, maar omdat jy jou eie vriend is, veroordeel jy nie jouself nie. Jy het steeds liefdevolle

belangstelling in hoekom jy op ‘n sekere manier optree, omdat jy vir dié mens baie omgee. Jy

aanvaar verantwoordelikheid vir wat jy is en doen. Daarom sê jy by geleentheid vir jouself: “Dit

was onwaardig aan my wat ek gedoen/gesê het. Laat ek dink: hoekom het ek gemeen dat dit ‘n

goeie idee was, dat dit die regte ding was om te doen?”

Wat ook al my tekortkominge en onvolmaakthede, ek aanvaar myself onvoorwaardelik en

volledig. Soos God my aanvaar. Dit beteken nie dat Hy my laat soos ek is nie. En dit beteken nie

dat ek bly soos ek is nie.

Om te aanvaar beteken nie noodwendig dat daar geen ruimte vir verbetering of verandering is

nie. Dit beteken wel dat jy besluit om te aanvaar dat jy jy is.

Ek aanvaar my emosies en luister na hulle. Jy toets dit aan die werklikheid. Jy ontspan

doelbewus sodat jy van jou emosies bewus kan word.

Min dinge doen soveel om eiewaarde op te bou as om bewus te word van dele van jouself wat

jy ontken en onteien het, en dit te aanvaar as JY. Die eerste stappe in groei en genesing is

bewustheid en aanvaarding.

6

Om jouself te aanvaar, beteken nie dat jy alles oor jouself goedkeur nie. Nee, jy wil juis jouself

onder die oog kry sodat jy nodige verstellinge kan maak. Om dit te doen, beteken egter dat jy

moet aanvaar dat jy jy is. Ons staan nie onverskillig ten opsigte van verandering en verbetering as

ons aanvaar wie en wat ons is nie. Trouens, dat jy aanvaar wie en wat jy is, is die voorwaarde dat

jy sal groei en verbeter.

Voltooi die volgende sinne. Gebruik slegs twee tot drie minute, en skryf enigiets neer wat in jou

kop opkom. Agterna spandeer jy tyd om te dink oor jou antwoorde, en iets daaraan te begin

doen.

• As ek my liggaam meer aanvaar,–

• As ek my liggaam en sy tekortkominge ontken en onteien,–

• As ek my gevoelens meer aanvaar,–

• As ek my denke meer aanvaar, -

• As ek my denke ontken, -

• As ek my dade erken en aanvaar, -

• As ek my pyn erken en aanvaar, -

• As ek my woede erken en aanvaar, -

• As ek my seksualiteit erken en aanvaar, -

• As ek my vreugde meer aanvaar, -

• As ek dink aan die gevolge wanneer ek nie myself aanvaar nie, -

• As ek die feit aanvaar dat wat is, is, ongeag of ek dit aanvaar of nie, begin ek sien dat –

Nietzsche sê: “’Ek het dit gedoen’, sê my geheue. ‘Ek kon nie’, sê trots wat koppig volhard.

Uiteindelik gee geheue in en bly stil”.

Die grootste misdaad wat jy teen jouself kan pleeg, is nie om jou tekortkominge te ontken en te

onteien nie, maar jou bates en grootheid, omdat dit jou bang maak.

Selfaanvaarding is die tweede voorwaarde vir groei tot ‘n gesonde selfbeeld.

3. OM VERANTWOORDELIKHEID VIR JOUSELF TE AANVAAR

Om bekwaam te voel om te leef en waardig om gelukkig te wees, het jy nodig om ‘n gevoel van

beheer oor jou bestaan te ervaar. Dit benodig dat jy gewillig sal wees om verantwoordelikheid vir

jou aksies en die bereiking van jou doelwitte te aanvaar. Dit beteken dat jy verantwoordelikheid

vir jou lewe en welwese aanvaar.

Om verantwoordelikheid vir jouself te aanvaar, beteken dat jy aanvaar:

• Dat jy verantwoordelik vir die bereiking van jou doelwitte en die voorsiening in jou

behoeftes is

• Dat jy vir jou keuses, besluite en aksies verantwoordelik is

• Dat jy vir die vlak van bewustheid wat jy in jou dagtaak indra, is

• Dat jy verantwoordelik is vir hoe jy ander behandel

• Dat jy verantwoordelik is vir hoe jy jou tyd prioritiseer

• Dat jy verantwoordelik vir die kwaliteit van jou kommunikasie is

• Dat jy, en niemand anders nie, verantwoordelik is vir jou persoonlike geluk

• Dat jy verantwoordelik is om die waardes waarvolgens jy jou lewe inrig, te kies

• Dat jy verantwoordelik is vir die vlak van eiewaarde wat jy aan jouself toeken.

Niemand is verantwoordelik om my wense te vervul nie. Ek alleen kan persoonlike geluk

veroorsaak. My geluk hang nie af van wat met my gebeur nie, maar van wat ek doen met wat met

7

my gebeur. Ander kan my dag en planne slegs omkrap as ek besluit dat hulle dit gedoen het. Ek is

self verantwoordelik vir my gemoedstoestand.

Ek is die hoof veroorsakende agent in my lewe en gedrag. Ander kan my slegs kwaad maak as

ek hulle toelaat.

Jy besluit elke dag hoeveel jy in jou dagtaak gaan insit. As jy lui is, verdien jy ‘n reputasie as

iemand met min waarde by jouself.

As jy soos ‘n vark bestuur en nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir jou onderwerping aan die

landswet nie, verdien jy die reputasie van ‘n vark – so gaan jy jouself sien.

Is jy ten volle daar in jou verhouding met ander mense? Hoor jy wat gesê word? Luister jy met

al jou aandag? Die grootste geskenk wat jy iemand kan gee, is jou volle aandag. Dink jy na oor die

implikasies van jou woorde, dade en besluite? Let jy op na hoe jy mense raak met wat jy sê en

doen? ‘n Selfsugtige mens se bewustheid is beperk tot haarself.

Jy is verantwoordelik vir die besluite wat jy maak en breek, vir bedrog wat jy in enige vorm

pleeg, vir die rasionaliteit waarmee jy jou geld uitgee, vir die verantwoordelikheid wat jy verskuif

as jy ander onregverdig blameer.

Jy is verantwoordelik vir hoe jy jou tyd spandeer. Niemand bind jou vas om voor die televisie te

sit nie. Die stel het ‘n knoppie wat jy kan afskakel. As jy weet dat jy beter gaan ontspan en dat dit

beter vir jou gesondheid is om in die tuin te werk of te gaan stap, is dit jou besluit as jy eerder lê

en niks doen.

Jy is verantwoordelik vir jou eie gesondheid. Niemand anders kan verantwoordelikheid vir jou

aanvaar nie. En spyt kom altyd hierin te laat. Jy kan jou gesondheid dalk eers waardeer as jy dit

permanent verloor het.

Jy is verantwoordelik hoe jy stres hanteer. Of is jy nie eens bewus van die rol wat stres in jou

lewe speel nie? Jy is self verantwoordelik om strategieë te formuleer wat jou in staat kan stel om

die uitwerking van stres op jou lewe te minimaliseer.

Dit is ‘n teken van onvolwassenheid om te wag dat iemand anders jou gaan gelukkig maak. As

kind het jy gewag dat jou ouers in jou behoeftes voorsien. In die volwasse wêreld kies jy self

daarvoor, of daarteen. Om verantwoordelikheid vir jou eie geluk te aanvaar, is bemagtigend. Dit

plaas jou lewe in jou eie hande terug. En hieruit groei die ervaring dat jou lewe, en jy waarde het.

Dit is jou besluite wat ‘n verskil maak.

Jy is verantwoordelik vir die gawes wat God aan jou toevertrou het. Dit is nie die kerk (wat/wie

dit ook al is) se roeping om jou te dwing om jou gawes uit te leef nie. God het jou geroep en

begaaf. Deur jou gawes te ignoreer of te ontken, verraai jy jouself, leef jy sonder nadenke of doel,

asook sonder integriteit. Dat God jou Vader is, beteken nie dat Hy verantwoordelikheid aanvaar

vir jou lewe nie. Dit is steeds jou lewe, en jy gaan voor Hom verantwoording doen daaroor.

Mense wat gesonde selfwaarde skort, identifiseer dikwels eiewaarde met “om liefgehê te

word”. Dit lei tot verslawende verhoudings van mede-afhanklikheid, waar so ‘n persoon deur

ander leef. As ‘n verhouding skipbreuk lei, val die persoon se eiewaarde tot in die grond. Die rede

is omdat eiewaarde nie in die mens self nie, maar in een of meer verhoudings gekoppel is. So ‘n

lewe is egter ‘n passiewe een.

Die mens wat verantwoordelikheid vir homself aanvaar, is oplossing-georiënteerd. “Wat kan ek

hieraan doen? Is daar ‘n manier waarop ek ‘n verskil kan maak?” So ‘n mens soek nie iemand om

te blameer vir die probleem nie, en loop ook nie en regverdig haarself nie. Die mens met swak

eiewaarde staar haar teen die probleem vas, en bly probleem- en klag-georiënteerd.

Dit gebeur dikwels in huwelike dat twee mense uitmekaar dryf, en dat een party besef dat die

huwelik eintlik verby is. Hy/sy wil egter nie die eerste skuif maak nie omdat dit beteken dat hy/sy

verantwoordelikheid sal moet aanvaar. En so begin ‘n spel van manipulasie om die ander party te

bring op die plek waar sy/hy die eerste skuif maak. So ‘n optrede is degraderend, wreed en

onwaardig, en maak mense seer. En as jy so optree, het jy reg en rede om nie in jouself te glo nie.

8

Tot die mate wat jy verantwoordelikheid ontduik, beseer jy jou eiewaarde. Deur

verantwoordelikheid te aanvaar, bou jy eiewaarde.

Wat mense “denke” noem, is dikwels slegs herverwerking van ander se opinies. As jy jou

eiewaarde wil bou, moet jy bereid wees om die risiko te neem om onafhanklik te dink. Dink oor

jou verhoudings, werk, doelstellings in die lewe, waardes wat jou gedrag rig. As jy onafhanklik

dink, bou jy jou eiewaarde. Hoë en gesonde eiewaarde lei weer daartoe dat jy onafhanklik sal

dink, omdat jy in jouself en jou vermoë om te kan, glo.

Deur verantwoordelikheid vir jou eie bestaan te neem, impliseer dat jy erken dat geen ander

mens ter wille van jou bestaan nie, of dat ander jou slawe is nie. Ander bestaan nie om in jou

behoeftes te voorsien nie. Daarom is ‘n goue reël: moet nooit van iemand anders vra om iets te

doen wat nie sy of haar eiebelang dien nie, soos hy/sy eiebelang ook al definieer.

Huiswerk:

• As ek aanvaar dat ek verantwoordelik vir my eie lewe is, -

• As ek 5% meer verantwoordelikheid vir die bereiking van my lewensdoelwitte aanvaar, -

• As ek aanvaar dat ek verantwoordelik is vir die sukses van my verhoudings met ander, -

• As ek aanvaar dat ek verantwoordelik is vir my eie geluk, -

• As ek 5% meer verantwoordelik vir my besluite en keuses neem, -

• As ek 5% meer verantwoordelikheid aanvaar vir wat ek sê, -

• As ek groter bewustheid bring vir die dinge wat ek heeldag vir myself sê, -

• Ek maak myself hulpeloos as ek –

• Ek maak myself angstig en senuweeagtig as ek –

• Ek voel die minste verantwoordelik vir myself as ek –

• As ek nie op aarde is om aan ander se verwagtinge op te leef nie, -

• As my lewe werklik aan myself behoort, -

• As ek die leuen opgee dat ek nie myself kan verander nie, -

Niemand gaan jou probleme oplos nie. Niemand gaan jou dwing om die goeie en regte te doen

nie. Niemand gaan jou huwelik red nie. Niemand gaan jou oorbesteding van geld staak nie. As jy

nie self iets daaraan doen nie, gaan niks beter word nie.

Dalk glo jy: as ek net lank genoeg ly, of as ek desperaat wens dat dit gebeur, of as ek aanhou

fantaseer dat dit sal plaasvind, sal ‘n wonderwerk gebeur. Jy droom en bedrieg jouself. As jy nie

self besluit om uit die droom, wat ‘n nagmerrie is, wakker te word nie, sal jy uitvind dat jou lewe

verby is voor jy geleef het.

As jy verantwoordelikheid vir jouself en jou lewe aanvaar, is jy op die pad om ‘n gesonde

eiewaarde te ontwikkel.

4. OM JOUSELF TE HANDHAAF

Om jouself te handhaaf beteken dat jy jou behoeftes, doelwitte en waardes eer. Dat jy dit genoeg

eer sodat jy jou daarop toelê om dit in die werklikheid van jou daaglikse lewe uit te leef.

Die teenoorgestelde is om jouself te degradeer tot iemand wat niks anders doen as om ander

tevrede te stel nie, hetsy deur te kruip of te manipuleer. Jou doel in die lewe is om iewers ‘n pekkie

te hê waar jy behoort, waar mense jou sal aanvaar. En jy sal enige prys betaal om dit reg te kry, al

moet jy ook jouself en jou behoeftes verkrag.

Selfhandhawing beteken nie dat jy aggressief op jou regte staan en ‘n klomp stof opskop om

jouself te laat geld nie. ‘n Christen loop nie so ‘n pad nie. Dit beteken wel dat jy gewillig is om te

aanvaar dat jy ‘n mens in eie reg is wat geregtig is om te leef en asem te haal. Om regop vir jouself

en jou behoeftes te gaan staan. Om nie toe te laat dat ander jou misbruik en manipuleer om hul

9

elange heeldag te dien nie. Dit beteken dat jy jouself met groot respek behandel (soos jy ander

behandel). Dit beteken dat jy weier om iets te wees wat jy nie is nie sodat ander van jou sal hou.

Nee, jy is wat jy is, voor alle mense.

Om jouself te handhaaf, beteken dat jy eg leef, dat jy optree en praat vanuit jou innerlike

oortuigings. Want jy glo in jouself. Jy het jouself ondersoek, en gevind dat jou lewe die moeite

werd is om geleef te word. Jy laat nie toe dat ander jou leef nie.

Dit beteken dat as jy in ‘n versmorende, mishandelende verhouding staan, jy die verhouding

eerder verbreek as om selfmoord te pleeg ter wille van vrede. Dit mag beteken dat jy ‘n egskeiding

oorweeg. Jesus het bedoel dat jy jou lewe aflê in jou poging om Hom te behaag, en nie dat jy jou

lewe aflê om ‘n ander mens te behaag nie. Om werklik en eg te bly, staan jy vir jouself op.

Die eerste daad van selfhandhawing is om bewus te leef. Jy kies om te sien, te dink, te hoor,

bewus te wees van wat om jou aangaan. Jy leef vanuit wat om en in jou gebeur. Om vrae te stel tot

jy bevredig is, is om jouself te handhaaf. Om gesag uit te daag as jy meen dit is nodig, is om jouself

te handhaaf. Om vir jouself te dink, en te staan by wat jou opinie is, is die wortel van

selfhandhawing.

Om jouself te handhaaf, is nie om ongereflekteerd ‘n rebel te wees nie. Selfhandhawing sonder

bewustheid is nie selfhandhawing nie; dit is eerder om onder die invloed van drank deur die lewe te

bestuur.

Om jouself te handhaaf, beteken om “nee” te kan sê wanneer dit nodig is. Maar selfhandhawing

word nie getoets aan waarteen jy is nie, maar eerder waarvoor jy is. Om jou lewe om te droom, is

nie om jouself te handhaaf nie. Om te kies waarvoor jy leef en bewustelik jou daaraan te wy, is om

jouself te handhaaf.

Om jouself te handhaaf, is om te erken dat jou lewe nie aan ander behoort nie. Jy is nie hier op

aarde om aan ander se verwagtinge te voldoen nie. Vir baie is dit ‘n geweldige verantwoordelikheid

wat hulle probeer ontduik. Maar as jy nie opstaan vir jou reg om te bestaan, en jou reg om aan

jouself te behoort nie, hoe verwag jy om eiewaarde te beleef?

Om jouself te handhaaf, beteken dat jy die oortuiging benodig dat jou idees, waardes en

behoeftes belangrik is. En die gelowige mens lei haar doelstellings en waardes van God se Woord af,

en weet daarom dat dit belangrik is. So belangrik dat dit die moeite werd is om te sterf vir waaraan

jy glo. So belangrik dat Jesus gesterf het vir waarin jy glo.

Om jouself te handhaaf, beteken dat jy gewillig is om die uitdagings wat die lewe aan jou stel

(insluitend aftrede, ouderdom en die dood), vierkant in die oë te kyk en te poog om daaraan sin te

verleen. ‘n Gesonde selfbeeld vra dat ons ons hande vuil smeer in die poging om die beste van ons

kort lewe op aarde te maak.

As jou primêre bron van sekuriteit en veiligheid affiliasie met ‘n groep, familie, gemeenskap of

maatskappy is (die kollektiewe), sal jy eiewaarde as bedreigend en vreesaanjaend beleef. Want

selfhandhawing beteken dat jy as ‘n individu begin leef (individuasie), dat jy jouself realiseer al lei dit

tot konfrontasie met die groep, gemeenskap of maatskappy. Dat jy jouself isoleer sodat jy jouself

kan vind, voor jy terugkom na die groep toe.

Die hartseer is dat party mense staan en beweeg, en praat en optree asof hulle nie die reg tot die

ruimte het wat hulle opneem nie.

Huiswerk:

• As ek 5% meer myself handhaaf, -

• As ek sou begin glo dat my eie behoeftes belangrik is, -

• As ek my diepste behoeftes en begeertes ignoreer, -

• As ek nee sou kon sê wanneer ek dit bedoel, en ja wanneer ek dit bedoel, -

• As ek my gedagtes en opinies onderdruk, -

• As ek bereid is om te vra wat ek wil, -

• As ek stilbly oor wat ek nodig het, -

10

• As ek ander sou toelaat om die musiek in my te hoor, -

• As ek myself sou toelaat om die musiek in my te hoor, -

• As ek 5% meer van myself vandag sou uitdruk, -

• As ek wegsteek wie ek regtig is, -

• As ek meer volledig wil leef, -

Dink goed na oor jou antwoorde, en integreer nuwe insigte in jou daaglikse gedrag.

Om jouself te handhaaf, is die vierde pilaar vir groei tot ‘n gesonde selfbeeld en hoë, realistiese

eiewaarde.

5. OM DOELGERIG TE LEEF

Om doelgerig te leef, beteken dat jy jou krag begin gebruik om die doelstellings wat jy aan jouself

gestel het, te bereik. Jou doelstellings lei jou vorentoe en gee energie om te bestaan eerder as om

geleef te word.

Om doelgerig te leef is om produktief te leef. En om produktief te leef, is ‘n voorwaarde om

jouself as bekwaam om te lewe te ervaar. Produktiwiteit is die daad om jou bestaan te regverdig en

te ondersteun deur jou gedagtes in die werklikheid om te sit; om doelstellings aan jouself te stel en

te werk om dit te bereik; om kennis, goedere en dienste te skep.

Jy beleef jou lewe as effektief en die moeite werd as jy sekere take stel, en dit suksesvol voltooi.

So bou jy jou eiewaarde: kyk, ek kan! Ek het!

Dit is makliker vir moderne mense om doelstellings in hul werk te stel en daarvan ‘n sukses te

maak, as om doelstellings aan hulself in hul verhouding met ‘n lewensmaat, kind, ouer of kollega te

stel. Hierin lê die rede hoekom mense meer dikwels ‘n sukses van hul werk as van hul huwelik en

huisgesin maak.

Die doelstelling wat ons tot aksie sal beweeg, moet baie spesifiek wees voor ons dit sal kan

realiseer. As die doelstelling wat ek stel, baie spesifiek is, kan ek dit monitor, intensies met resultate

vergelyk, my strategie of taktiek aanpas om nuwe inligting te huisves, en toerekeningsvatbaar wees

vir die resultate wat ek produseer.

Jy weet dat dit nie genoeg is om te sê dat jy van jou werk hou nie. Jy moet elke dag opdaag vir jou

werk, en jou dag daaraan wy. Anders berokken jy die maatskappy skade. Meeste maatskappye kan

nie nie-werkendes vir lank akkomodeer nie.

In jou verhoudingslewe, soos in die huwelik, is dit maklik om te verbeel dat “liefde” genoeg is, en

dat geluk outomaties daarop sal volg. En as dit nie gebeur nie, beteken dit dat ons nie vir mekaar

bestem is nie. Maar as jy nie aan liefde hande en voete gee nie, leef jy in ‘n droom wat in ‘n

nagmerrie gaan ontaard. Vra jouself af: “As my doelstelling is om ‘n suksesvolle verhouding in my

huwelik te hê, wat moet ek doen? Watter aksies is nodig om vertroue, intimiteit, voortdurende selfontbloting

aan mekaar, opwinding, romanse en groei te skep en te onderhou?” En dit geld ook van

jou verhouding met jou kind. ‘n Verhouding is soos ‘n plant: as jy nie daarvoor sorg deur

voortdurend aandag te gee deur dit nat te gooi en te voed nie, vrek dit.

As twee jongmense gelukkig getroud is, gaan die toestand nie outomaties voortduur nie. As hulle

nie dramaties beplan vir geluk nie, gaan hulle ongeluk vind. Dit gebeur selde dat twee mense so

bymekaar aanpas dat hulle sonder harde werk geluk vind.

Om doelgerig en produktief te leef, vra twee artikels: bewustheid en dissipline. Bewustheid om

gereeld doelstellings te ondersoek en opnuut te formuleer wat jou lewe die moeite werd maak om

te leef. En dissipline om jou lewe daarop toe te lê om die doelstellings effektief te verwesenlik.

Selfdissipline is die vermoë om jou gedrag oor ‘n lang periode te organiseer in diens van spesifieke

take. ‘n Mens wat nie selfdissipline het nie, gaan nooit bekwaam voel om die uitdagings wat die

lewe bied, die hoof te bied nie. Selfdissipline vra dat jy onmiddelike bevrediging uitstel in diens van

‘n verafgeleë doelstelling. Dat jy oor die lang termyn dink, beplan en leef.

11

Om doelgerig te leef, behels dat jy:

• Verantwoordelikheid aanvaar om doelwitte te stel wat jou lewe sinvol sal maak

• Aksies identifiseer wat nodig is om jou doelwitte te bereik

• Jou gedrag monitor om te kyk wat in lyn met jou doelwitte is.

• Aandag gee aan die gevolge en uitkomste van jou aksies, om te kyk of dit lei tot wat jy wil

bereik.

Die wortel van eiewaarde is nie prestasies nie, maar die praktyke in die mense wat dit vir haar

moontlik maak om te presteer.

As jy niks doen nie, gaan niks verander nie.

Vriendelikheid, bedagsaamheid, eerlikheid, sagmoedigheid en barmhartigheid (asook die ander

vrugte van die Gees) is dissiplines. As jy dit nie doen nie, sal dit nie gebeur nie. As dit van jou bui

afhang, gaan dit ook selde gebeur. Om goed te wees en te leef is ‘n potensiaal in elke mens, maar

dit gebeur nie sonder bewustheid en dissipline nie. Het jy al daaraan gedink? Om reg op te tree mag

nie bloot ‘n inklinasie wees nie, maar moet ‘n doelbewuste doelstelling van jou lewe word.

Huiswerk:

• As ek 5% meer doelgerigtheid in my daaglikse lewe indra, -

• As ek 5% meer doelgerig in my werk optree, -

• As ek 5% meer doelgerig in my kommunikasie met ander is, -

• As ek 5% meer doelgerig in my verhouding met my kinders is, -

• As ek 5% meer doelgerig in my huwelik is, -

• As ek 5% meer doelgerig teenoor my vriende is, -

• As ek 5% meer doelgerig as lidmaat van die gemeente is, -

• As enigiets van wat ek geskryf het, die waarheid is, sal dit help as ek –

Om doelgerig jou lewe in te rig is die vyfde voorwaarde vir ‘n gesonde selfbeeld en eiewaarde.

6. OM MET PERSOONLIKE INTEGRITEIT TE LEEF

Integriteit is die integrasie van ideale, oortuigings, standaarde en geloof met gedrag. Jy leef

kongruent as wat jy sê en doen ooreenstem met wat jy glo en bely. As jou morele gedrag

ooreenkom met jou morele waardes. As jy optree op maniere wat nie ooreenkom met jou oordeel

oor wat aanvaarbaar en reg is nie, verloor jy gesig in jou eie oë. En neem jou eiewaarde

dienooreenkomstig af. Jy respekteer jouself minder, en met reg. Woorde en gedrag wil

ooreenstem.

Jy vertrou sommige mense en ander nie. Die rede is die kongruensie van hul lewe. Doen hulle

wat hulle sê, of moet jy eers gaan kyk of die son op is as hulle sê dat dit so is?

Een van die beste maniere waarop ‘n mens jouself kan bedrieg is om te dink dat niemand sal weet

nie. Dat net jy sal weet as jy verkeerd optree: as jy ‘n leuen vertel, of oneties optree, of ‘n belofte

nie nakom teen mense wat jou vertrou nie. Deur so te redeneer, bevestig jy dat jou oordeel

onbelangrik is en dat slegs ander se oordeel oor jou van belang is.

Meeste van die sake wat jou integriteit toets, is klein. Jy neem elke dag ‘n klomp klein besluite.

Dit is die gesamentlike gewig daarvan wat bepaal wat die gewig van jou eiewaarde is.

As ek 5% meer integriteit in my lewe indra,

• sal ek mense vertel as hulle dinge doen wat my pla

• sal ek nie saam lag as iemand ‘n skurwe grap vertel nie

• sal ek nie eise teen my onthaaltoelaag instel wat oneerlik is nie

12

• sal ek vir my man vertel hoeveel die klere werklik kos wat ek koop

• sal ek teenoor myself erken as ek met iemand flirteer

• sal ek harder werk

• sal ek my vrou met huistakies help om haar dag makliker te maak

• sal ek my kliënte die waarheid vertel oor die produkte wat hulle koop

• sal ek nie sê wat ek weet mense wil hoor al is dit nie die waarheid is nie

• sal ek nee sê as ek nee bedoel

• sal ek nie my siel verkoop om populêr te wees nie

• sal ek verantwoordelikheid aanvaar as ek mense seergemaak het, en dit regstel

• sal ek die oproep dadelik maak waarteen ek vir dae lank al opsien

• sal ek my beloftes hou

• sal ek dit nie ontken as ek kwaad of gefrustreerd is nie

• sal ek hard leer om werklik na ander te luister voor ek my opinie opmaak

• sal ek erken as ander my gehelp het

• sal ek teenoor my kinders erken as ek verkeerd opgetree het

• sal ek nie skryfbehoeftes by die werk steel en huis toe neem nie.

Dalk kom jy agter dat die standaarde wat jou gedrag bepaal jou op die pad van self-vernietiging lei.

Dan het die tyd gekom dat jy jou standaarde ondersoek en aanpas.

Watter rol speel jou ouers in die vasstelling van jou standaarde? Selfs na hul dood kan hulle ‘n

groot invloed uitoefen wat dalk negatief mag wees.

As ek teen my ouers se waardes sou ingaan,

sou ek bang voel

sou ek verlore voel

sou ek myself as ‘n verworpeling sien

behoort ek nie langer aan die familie nie

voel ek alleen

moet ek vir myself dink

moet ek op my eie denkvermoë staat maak

sal ek my ouers se liefde verloor sal ek moet opgroei en groot word?

Dit is nodig dat elke mens gereeld nadink oor die waardes wat sy geleer is, die gedeelde

oortuigings van familie en kultuur, die rolle wat aan elkeen (en elke geslag toegedeel is). Is dit steeds

toepaslik? Dien dit die doelstelling wat jy aan jou lewe gestel het? Of doen dit geweld aan jou ware

aard?

In postmodernisme laat vroue nie meer toe dat hulle as tweederangs en minderwaardig behandel

word nie. Hulle het besef dat hulle intrinsieke waarde het en vir hulself kan dink. In dieselfde sin

moet mans onafhanklik dink.

• Lewe bewustelik

• Neem verantwoordelikheid vir jou keuses en aksies

• Respekteer die reg van ander

• Leef as die nuwe mens wat deur God geskep is.

Wat vertel jy drie-uur in die môre vir jouself as jy wakker lê, oor jou morele keuses? Oor die

manier waarop jy met jou huismense saamleef? Die wyse waarop jy jou motor en mense bestuur?

Onthou, leuens kan werk om ander te oortuig. Maar nooit om jouself te oortuig nie. Behalwe as

jy poog om so vervreemd van jouself te leef dat jy die leuen leef.

13

Huiswerk:

• Integriteit vir my beteken –

• As ek dink oor die areas in my lewe waar ek sukkel om met integriteit te leef, -

• As ek ‘n groter bewustheid na die areas bring waar ek sukkel om met integriteit te leef, -

• As ek 5% meer integriteit in die manier waarop ek my werk doen indra, -

• As ek 5% meer integriteit in my verhoudingslewe indra, -

• As ek lojaal bly aan die waardes waarin ek glo, -

• As ek my eiewaarde as ‘n hoë prioriteit hanteer, -

Die uitdaging in die nuwe Suid-Afrika, wat hoogtepunte van korrupsie en bedrog beleef, is om hoë

persoonlike standaarde te handhaaf. Al voel dit vir jou dat jy op ‘n morele mishoop van sinisisme,

korrupsie en amoraliteit bly.

Gedrag wat hoë eiewaarde genereer is uitdrukkings van hoë eiewaarde. Hoe meer ek met

integriteit leef, hoe meer beleef ek eiewaarde. En as ek eiewaarde beleef, is dit natuurlik om met

integriteit te leef.

Om met persoonlike integriteit te leef, is om jou eiewaarde te bou.

Dink lank na oor die volgende:

• Ek het ‘n reg om te bestaan

• EK is van hoë waarde vir myself (en vir ander)

• Ek het ‘n reg om my behoeftes te eer en as belangrik te ag

• Ek is nie op aarde om aan ander se verwagtinge te voldoen nie. My lewe behoort aan my

• Ander is nie op aarde om aan my verwagtinge te voldoen nie. Hul lewe behoort aan hulle

• Ek is niemand se eiendom nie, en niemand is my eiendom nie

• Ek is van so ‘n gehalte dat ander my liefhet

• Ek is van so ‘n gehalte dat ander my admireer

• Ek word gewoonlik gerespekteer deur die mense wat ek respekteer

• Die mense vir wie ek liefhet, sal my liefhê

• Ek behoort ander regverdig en respekvol te behandel, en ek kan verwag dat hulle my so

behandel

• As iemand my sleg en disrespekvol behandel, is dit ‘n refleksie op die persoon en nie op my

nie. Dit is slegs ‘n refleksie op my as ek kies om sy behandeling as korrek te aanvaar

• As iemand van wie ek hou nie ‘n wedersydse gevoel vir my het nie, is dit ‘n teleurstelling en

selfs pynlik, maar dit is nie ‘n refleksie op my persoonlike waarde nie

• Geen individu of groep het die mag om te bepaal hoe ek dink of oor myself voel nie

• Ek sien wat ek sien en weet wat ek weet

• Ek dien myself beter deur die feite na te vors en te weet wat waar is as om myself “reg” te

probeer bewys ten spyte van wat die feite sê

• As ek volhard, sal ek die dinge wat nodig is, verstaan

• As ek volhard, en my doelstellings is realisties, is ek in staat om dit te bereik

• Ek is in staat om die uitdagings van die lewe te hanteer

• Ek verdien geluk

• Ek is genoeg, en ek aanvaar myself

• Ek is in staat om teleurstellings, neerslae en mislukkings te oorkom en te oorwin

• Ek het die reg om foute te maak, en daaruit te leer. Foute is nie gronde om myself te

veroordeel nie

• Ter wille van populariteit of ander se aanvaarding is ek nie bereid om my oordeel op te offer of

te maak of my oortuigings anders is as wat ek werklik dink nie

14

• Wat “hulle” dink is nie belangrik nie; wat ek dink wel.

• Niemand het die reg om sy of haar denke of oortuigings op my af te dwing, net soos ek nie die

reg het om myne op iemand anders af te dwing nie

My eiewaarde is meer waardevol as enige korttermyn voordele om dit te versaak.

• Hoe meer bewus ek leef van my belange, waardes, behoeftes en doelstellings, hoe beter sal

my lewe werk

• Dit is ‘n vreugde om te dink

• Die foute wat ek maak, dien my bestaan – ek leer daaruit

• As ek die wyer konteks waarin ek leef verstaan, sal ek beter in staat wees om sinvol te dink en

besluite te neem

• Om effektief te bly, mag ek nooit ophou leer nie. Om te leer is die manier waarop ek lewe

• Hoe beter ek myself verstaan en begryp, hoe beter lewe skep ek. Self-ondersoek is ‘n

voorwaarde vir ‘n vervullende bestaan

• Ek aanvaar myself op die mees fundamentele manier

• Ek aanvaar die werklikheid van my eie gedagtes – ek ontken hulle nie

• Ek aanvaar my emosies en gevoelens, al sien ek soms raak dat dit nie met die werklikheid

ooreenkom nie – ek ontken dit nie

• Ek aanvaar wat ek gedoen het, selfs al is ek spyt oor sommige aksies en veroordeel ek dit

• Ek aanvaar dat wat ek dink, voel en doen ‘n uitdrukking van myself is, ten minste terwyl dit

plaasvind

• Ek aanvaar die werklikheid van my probleme, maar laat nie toe dat my probleme my definieer

nie. My vrese, pyn, verwarring of foute is nie die kern van my bestaan nie

• Ek is verantwoordelik vir my bestaan

• Ek is verantwoordelik vir die voorsiening van my behoeftes

• Ek is verantwoordelik vir my aksies en dade

• Ek is verantwoordelik vir die vlak van bewustheid wat ek in my werk en verhoudingslewe indra

• Ek is verantwoordelik vir my gedrag teenoor ander

• Ek is verantwoordelik vir hoe ek my tyd inrig

• Ek is verantwoordelik vir die kwaliteit van my kommunikasie

• Ek is verantwoordelik vir my eie geluk

• Ek is verantwoordelik vir my eiewaarde; niemand anders kan dit opstel nie

• Ek het die reg om my gedagtes en gevoelens uit te spreek, mits ek oordeel dat die konteks

daarvoor gunstig is

• Ek het ‘n reg om vir my oortuigings op te staan

• Ek het ‘n reg om my waardes en gevoelens as belangrik te ag

• Dit dien my doelstellings dat ander sien en weet wie ek is

• Slegs ek kan kies wat die doelstellings is waarvoor ek leef

• As ek wil slaag, moet ek my doelstellings duidelik en spesifiek definieer en ‘n plan van aksie

opstel om dit na te streef

• As ek wil slaag, moet ek ag slaan op die uitkomste van my aksies en besluite, oor die lang

termyn

• Ek dien my doelstellings deur voortdurend myself aan die werklikheid te toets

• Selfdissipline is nie ‘n opoffering maar ‘n voorwaarde om in staat te wees om my doelstellings

te bereik

• Ek doen wat ek sê

• Ek hou my beloftes

15

• Ek eer my woord

• Ek behandel alle ander mense regverdig, eerlik, goed en met liefde

• Ek streef na morele konsekwentheid

Om jou selfbeeld uit te bou en eiewaarde te vestig, is harde werk. Maar die harde werk is ‘n

voorwaarde om ‘n lewe te lei wat die moeite werd is en ‘n verskil in jou wêreld maak.

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!