Augustus - Gkkandelaar.co.za

Augustus - Gkkandelaar.co.za Augustus - Gkkandelaar.co.za

gkkandelaar.co.za
from gkkandelaar.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

66ste Jaargang Augustus/September 2009, No 7 1 Redaksioneel 1 Gedig 2 Skrifoordenking 3 Aktueel: Die sinodebesluit laat dit gons 5 Johannes Calvyn – 500 jaar later 6 Die sin van arbeid 7 Calvyn en die onderwys 8 SJ du Toit – Doleansiestryder in die NG Kerk (5) 9 Op die sendingveld: SEKK-verslag Eersterust – maar God gee die groei OJV’s besoek Mukhanyo MCDC nuus 14 Uit die kerkraad: Kort verslag van breë kerkraadsvergadering – 20 Julie 2009 Kerklike stand – Julie 2009 Diens van Barmhartigheid 17 In die sweet van jou aangesig 18 Briewe van lesers 20 Meteorietvoetslaanroete 23 Ons ‘F’amilie 24 Vir ons kleuters – inkleurprent Redaksie: Ds HLJ Momberg Werner Boersema (eindredakteur) Eduard Winter Tabita Winter Hetty van Straten Alie Lamberts Eddie Boersema Administrasie: Mia van Lochem Kerkkantoor Posbus 31527 Totiusdal 0134 Uitleg en druk: Printburo Tel 012 335 9134 REDAKSIONEEL Maak die regte keuses! Eerstens wil ons van die redaksie se kant af br Freek Knol en sy familie baie sterkte toewens met die afsterwe van sy eggenote, sr Cobie. Ons bid u die krag en sterkte toe van onse Hemelse Vader. Mag die Heilige Gees u troos in hierdie dae. Tog mag ons bly wees in die Here, ons troue God van die verbond. Het leven is een krijgsbanier, door goede en kwade dagen, gescheurd, gevlekt, ontvallen schier, kloekmoedig voorwaarts dragen. Men tuimelt wel en wonden krijgt men dikwijls, dichte en diepe ... ’t en vlucht geen weerbaar man, die wijgt of hem de dood beliepe! Het leven is ... geen vrede alhier, geen wapenstilstand vragen: het leven is de Kruisbanier tot in Gods handen dragen! Ons stry in hierdie lewe onder die KRYGSbanier van Christus, as die Militia Christi, maar as ons die goeie stryd stry met al sy leed en aanvegtinge, en geen wapenstilstand in hierdie stryd vra nie, dan sal ons eenmaal die KRUISbanier, deur die oorwinning van Christus, tot in God se hande dra. Die digter van bostaande gedig was die Vlaamse Rooms- Katolieke priester Guido Gezelle. Hy het geleef van 1830 tot 1899. Hierdie hoogs begaafde man was ‘n kampvegter vir die erkenning van die Vlaamse (Nederlandse) taal, beide in die publieke en kerklike HET LEVEN Let op die pragtige woordwisseling: Hierdie maand het ons ‘n verskeidenheid van artikels. Van eeue-oue gedigte, artikels oor Johannes Calvyn tot baie interessante briewe van ons lesers. Onder ‘Aktueel’ gee Ds Momberg vir ons ‘n duidelike uiteensetting oor wat nou, na die afsluiting van die sinode, in die GKSA-gemeentes gons. Ons ervaar dit ook in bl 2 Die lewe is ‘n krygsbanier deur goeie en slegte dae geskeur, gevlek, byna verloor, kloekmoedig voorwaarts dra. Mens tuimel wel, en wonde kry mens dikwels, diep en seer ... maar geen soldaat in dié stryd sal vlug, selfs nie as die dood hom bedreig. Die lewe is ... geen vrede hier, geen wapenstilstand vra: die lewe is die Kruisbanier tot in God se hande dra! lewe in Vlaandere. Veral vanuit die kerklike bestuursliggame het hy baie teenstand ondervind. Hulle wou onder geen beding die Vlaamse taal vir kerklike gebruik toelaat nie. Slegs die Franse taal was toegelaat. Ook het hulle hom verdink van afwyking van die Roomse leer, wat veral in sy gedigte tot uiting sou gekom het. Gezelle het egter, dwarsdeur alle verontregting heen, ‘n troue seun van die Roomse Kerk gebly en steeds weer in nederige onderworpenheid die hoof gebuig vir die kerklike gesag waaronder hy geplaas was. SH Salomons Augustus/September 2009 1

66ste Jaargang

Augustus/September 2009, No 7

1 Redaksioneel

1 Gedig

2 Skrifoordenking

3 Aktueel:

Die sinodebesluit laat dit gons

5 Johannes Calvyn – 500 jaar later

6 Die sin van arbeid

7 Calvyn en die onderwys

8 SJ du Toit – Doleansiestryder in

die NG Kerk (5)

9 Op die sendingveld:

SEKK-verslag

Eersterust – maar God gee die

groei

OJV’s besoek Mukhanyo

MCDC nuus

14 Uit die kerkraad:

Kort verslag van breë kerkraadsvergadering

– 20 Julie 2009

Kerklike stand – Julie 2009

Diens van Barmhartigheid

17 In die sweet van jou aangesig

18 Briewe van lesers

20 Meteorietvoetslaanroete

23 Ons ‘F’amilie

24 Vir ons kleuters – inkleurprent

Redaksie:

Ds HLJ Momberg

Werner Boersema (eindredakteur)

Eduard Winter

Tabita Winter

Hetty van Straten

Alie Lamberts

Eddie Boersema

Administrasie:

Mia van Lochem

Kerkkantoor

Posbus 31527

Totiusdal 0134

Uitleg en druk:

Printburo

Tel 012 335 9134

REDAKSIONEEL

Maak die regte keuses!

Eerstens wil ons van die redaksie

se kant af br Freek Knol en sy

familie baie sterkte toewens met

die afsterwe van sy eggenote, sr

Cobie. Ons bid u die krag en sterkte

toe van onse Hemelse Vader.

Mag die Heilige Gees u troos in

hierdie dae. Tog mag ons bly wees

in die Here, ons troue God van die

verbond.

Het leven is een krijgsbanier,

door goede en kwade dagen,

gescheurd, gevlekt, ontvallen schier,

kloekmoedig voorwaarts dragen.

Men tuimelt wel en wonden krijgt

men dikwijls, dichte en diepe ...

’t en vlucht geen weerbaar man,

die wijgt

of hem de dood beliepe!

Het leven is ... geen vrede alhier,

geen wapenstilstand vragen:

het leven is de Kruisbanier

tot in Gods handen dragen!

Ons stry in hierdie lewe onder

die KRYGSbanier van Christus,

as die Militia Christi, maar

as ons die goeie stryd stry met

al sy leed en aanvegtinge, en

geen wapenstilstand in hierdie

stryd vra nie, dan sal ons eenmaal

die KRUISbanier, deur

die oorwinning van Christus,

tot in God se hande dra.

Die digter van bostaande

gedig was die Vlaamse Rooms-

Katolieke priester Guido

Gezelle. Hy het geleef van

1830 tot 1899. Hierdie hoogs

begaafde man was ‘n kampvegter

vir die erkenning van die

Vlaamse (Nederlandse) taal,

beide in die publieke en kerklike

HET LEVEN

Let op die pragtige woordwisseling:

Hierdie maand het ons ‘n verskeidenheid

van artikels. Van

eeue-oue gedigte, artikels oor

Johannes Calvyn tot baie interessante

briewe van ons lesers.

Onder ‘Aktueel’ gee Ds Momberg

vir ons ‘n duidelike uiteensetting

oor wat nou, na die afsluiting van

die sinode, in die GKSA-gemeentes

gons. Ons ervaar dit ook in bl 2

Die lewe is ‘n krygsbanier

deur goeie en slegte dae

geskeur, gevlek, byna verloor,

kloekmoedig voorwaarts dra.

Mens tuimel wel, en wonde kry

mens dikwels, diep en seer ...

maar geen soldaat in dié stryd

sal vlug,

selfs nie as die dood hom bedreig.

Die lewe is ... geen vrede hier,

geen wapenstilstand vra:

die lewe is die Kruisbanier

tot in God se hande dra!

lewe in Vlaandere. Veral vanuit

die kerklike bestuursliggame

het hy baie teenstand

ondervind. Hulle wou onder

geen beding die Vlaamse taal

vir kerklike gebruik toelaat nie.

Slegs die Franse taal was toegelaat.

Ook het hulle hom verdink

van afwyking van die Roomse

leer, wat veral in sy gedigte tot

uiting sou gekom het. Gezelle

het egter, dwarsdeur alle verontregting

heen, ‘n troue seun

van die Roomse Kerk gebly en

steeds weer in nederige onderworpenheid

die hoof gebuig vir

die kerklike gesag waaronder hy

geplaas was.

SH Salomons

Augustus/September 2009 1

l 1

die openbare pers dat die reaksies

nogal uiteenlopend is. Sommige

gemeentes is bly met die besluit

en ander is ongelukkig (die vrouediakens

moes nie toegelaat word

nie) en ander is weer so radikaal

dat hulle sommer aangaan met

die bevestiging van vroue-ouderlinge

en selfs nie beswaar het teen

die vrou as predikant nie. Hoe is

dit moontlik dat ‘n groep mense

wat beweer dat hulle in dieselfde

kerkverband is, so uiteenlopend

kan dink en leef. Wat is die grondbeginsel

waarop ‘n gemeente of

groep gemeentes hulle moet kan

beroep? Gaan dit hier oor die vertolking

van Gods Woord óf …

gaan dit hier eerder oor die mens

self? Dit is dus belangrik dat ons

Die Christusformules

In die Nuwe Testament is daar

‘n hele aantal formules wat almal

betrekking het op die Here Jesus

Christus. Hulle is daar om vir ons

die oorstelpende rykdom van die

verlossingswerk van Christus te

verduidelik.

Ons word by die lees van die

Nuwe Testament telkens getref

deur allerlei Christusgerigte uitdrukkings

soos: ‘in Christus’, ‘met

Christus’, ‘Christus vir ons’ en

‘ons in Christus’.

Van die verskillende Christusformules

is die uitdrukking ‘ons in

Christus’ wel die bekendste. Jesus

spreek in Johannes 15 herhaaldelik

van ‘julle in My’ en Paulus

gebruik nie minder as 164 keer

in sy briewe die uitdrukking ‘in

Christus’ nie.

Saam met die uitdrukking ‘ons in

Christus’ gaan die formule ‘Christus

in ons’. Eintlik het ons hier

met ‘n twee linggedagte te doen:

‘ons in Christus’ en ‘Christus in

ons’, maar die klem val duidelik op

die eerste een: ‘ons in Christus’.

2 Augustus/September 2009

moet evalueer waarmee ons in ons

daaglikse lewe besig is. Ook u en

ek. Wil ons lewe volgens God se

Woord? Dan moet ons seker maak

wat die Woord van God sê.

Hoe doen ons persoonlike Bybelstudie?

Met watter gesindheid

gaan ons na JV of Bybelstudie (of

gaan ons nie meer nie)? Hoe benader

ons die eredienste Sondae?

Hoe pas ons dit toe in die werk

en lewe van elke dag? So is daar

voordurend selfondersoek nodig.

Die artikel ‘Die sin van arbeid’

gee ons ‘n mooi perspektief hoe

ons ons daaglikse werk as kinders

van God moet aanpak. Die artikel

laat ons ook besef dat ons opdrag

hier op aarde baie wyer strek as

wat ons dink. Die ‘bou en bewaar

SKRIFOORDENKING

Wat beteken dit om in Christus te wees?

‘In die Here’ en ‘in die Gees’

Langs die uitdrukking ‘in Christus’

vind ons in die Nuwe Testament

ook die twee formules ‘in die

Here’ en ‘in die Gees’. Daar is ‘n

kenmerkende onderskeid tussen

al hierdie ‘in’-uit druk kings. Die

Christustitel stel ons voor die

feitlike heilsgebeure van kruis

en opstanding.

Die titel Here (Grieks: Kurios)

bring ons in die sfeer van die verhoogde

Heiland wat sy heerskappy

oor kerk en kosmos uitoefen. Die

Heilige Gees laat ons ten slotte

weer dink aan die groot gebeurtenis

van sy koms op Pinkster.

Daar is ‘n duidelike lyn in die verskillende

uitdrukkings:

In Christus: Christus die Heilbewerker

– kruis en opstanding, Pase

In die Here: Christus die

Koning

– Hemelvaart

In die Gees: Christus die Inwoner

– Pinkster.

opdrag’ van God moet ook tot uiting

kom in ons omgang met sy

skepping. Hoe spandeer ons ons

geld en hoe waardeer ons die natuur?

Pas ons dit op?

Die redaksie is tans besig om na

verskillende opsies te kyk rondom

die uitgawe van Kerk en Woord.

Hierdie uitgawe verskyn in A4 formaat.

Ons nooi almal uit om asseblief

kommentaar te lewer. Lees

dit beter? Moet dit groter? Hou ons

liewer by die ou bekende formaat?

Weens verskillende omstandighede

het die redaksie besluit om ‘n

gesamentlike uitgawe vir Augustus

en September uit te gee.

Ons hoop dat hierdie uitgawe van

Kerk en Woord tot opbou van u

geloof mag wees.

Wat het ons alles in Christus?

Daar is ‘n onuitputlike rykdom in

die uitdrukking ‘in Christus’. Die

gelowige kind van die Here het

alles wat hy het ‘in Christus’. Hoor

maar by Paulus. Hy skrywe:

• In Christus is ons uitverkies

(Ef 1:4)

• In Christus is ons geregverdig

(Gal 2:17)

• In Christus is ons verlos

(Ef 1:7; Kol 1:14)

• In Christus is ons begenadig

(Ef 1:6)

• In Christus is ons erfgename

(Ef 1:11)

• In Christus is ons geheilig

(Fil 1:1)

• In Christus is ons met die Gees

verseël (Ef 1:13)

• In Christus is ons geskape tot

goeie werke (Ef 2:10)

• In Christus is ons verheerlik

(Ef 2:6)

Die inhoud van die uitdrukking

‘in Christus’

Die formule ‘in Christus’ sê vir

ons in die eerste plek dat alles wat

God met die oog op ons verlossing

doen, Hy deur middel van Christus

doen. Dit begin al by die uitverkiesing

en dit loop deur tot die

verheerliking. God se verlossingswerk

is ‘n werk wat Hy doen in ‘n

onlosmaaklike verbondenheid aan

Christus.

In die tweede plek wys die uitdrukking

‘in Christus’ ook op die nuwe

verbondenheid tussen Christus en

elke gelowige. Soos die hoof ten

nouste verbonde is met die liggaam,

so is Christus op die allerinnigste

verbonde met sy kerk,

met God se kinders. Dit bring ons

by die belangrike vraag waarin

dan hierdie eenheid bestaan.

Jesus self vergelyk hierdie innige

band met ‘n wingerdstok en sy lote

(Joh 15:5). Die lote het deel aan

die lewenssappe wat hulle vanuit

die stam voed, omdat hulle ‘in die

wingerdstok’ is.

Die belangrikste met betrekking

tot die uitdrukking ‘in Christus’ is

tog wel die gedagte van representasie,

verteenwoordiging, Christus

is ons hoof. Hy verteenwoordig

ons. Hy het ons verteenwoordig

aan die kruis. Hy het ons gerepresenteer

by sy opstanding en

by sy hemelvaart. Maar by daardie

geweldige gebeurtenisse van

kruis, opstanding en hemelvaart,

was die band tussen Christus en

ons so innig, dat daar sonder enige

voorbehoud gesê kan word: toe

Hy gekruisig is, is ons saam met

Hom gekruisig, toe Hy opstaan uit

die graf, het ons saam met Hom

AKTUEEL

Die sinodebesluit laat dit gons

Soos wat dit in die openbare media

tydens en na afl oop van sinodes

2003, 2006 en die eerste sitting

van sinode 2009 gegons het, so

gebeur dit ook nou na afl oop van

die afsluiting van sinode 2009

– veral oor die besluit dat vroue

nie tot die besondere ampte van

ouderling en predikant verkies

en bevestig kan word nie. In al

opgestaan en toe Hy na die hemel

gegaan het het ons saam met Hom

in die hemel gaan sit (Gal 2:20;

Ef 2:5,6).

Die nuwe mensheid

Die uitdrukking ‘in Christus’ wys

ten slotte ook daarop dat Hy die

hoof van die nuwe mensheid is en

dat almal wat in Hom begrepe

is tot daardie nuwe mensheid

behoort.

Paulus skryf: wie in Christus is,

is ‘n nuwe skepping, behoort tot

Daar is ‘n onuitputlike

rykdom in die uitdrukking

‘in Christus’

die nuwe skepping wat kom (2 Kor

5:17). Hulle wat ‘in Christus’ is,

mag deel in die nuwe skepping

wat deur die historiese dood en

opstanding van Christus werklik

geword het en eens volkome gerealiseer

sal word.

Hoe weet ek dat ek ‘in Christus’

is?

Daar is net een manier om te kom

tot die heerlike wetenskap dat ons

‘in Christus’ is, naamlik deur die

die Afrikaanse koerante verskyn

nou weer, soos ‘n modegolf, baie

artikels en menings oor die onderwerp.

Dit is telkens opmerklik met

watter grondargumente gewerk

word wanneer indiwidue hulle

mening lug. Dit is ‘n ope vraag

watter sin dit het om in ‘n blad

soos hierdie iets te skrywe oor die

diskussie wat losgebreek het. Ook

geloof. Paulus wys dit vir ons in

Galasiërs 2:20. Die geloof in die

Seun van God noem hy dit. Wat

moet ons dan glo? Ons mag en

moet glo dat dit wat met Christus

gebeur het met my gebeur

het, kragtens my begrepenheid

in Hom.

Die Bybel verkondig dit en in ons

doop word dit aan ons bevestig,

beteken en verseël.

Die verskriklike keersy

Wie nie glo nie, wie weier om te

erken dat Jesus die Seun van God

is, is nog ‘in Adam’. Hy lewe nog

in die ou bestaanswyse van die

sonde. Hy is dan nog onder die

oordeel van God, hy word met die

vloek van God bedreig, want so

sê Calvyn: buite Christus is God

enkel toorn. Dan moet ons ons

bekeer.

Hoe ryk is ons as ons glo en weet

dat ons ‘in Christus’ is. Dan het

ons deel aan alles wat hy verwerf

het. Die toekoms lê oop. Daar wag

‘n heerlike erfenis. Hoe arm is

ons buite Christus. Dan rus die

toorn van God op ons en wag daar

net veroordeling, vloek en ewige

ellende.

Hoe getroos is ons by al die swaarkry

van die lewe as ons weet, maar

ek is ‘in Christus’, uitverkies in

Hom, geregverdig in Hom, verlos

in Hom, geheilig in Hom, met die

Gees in Hom verseël, in Hom tot

sy eiendom aangeneem en nou

reeds in Hom verheerlik.

Prof L Floor

dít kan gelees word asof dit maar

net nog iemand se mening is. Die

kans is goed dat iemand wat dit

lees die boekie op die rak gaan

bêre waar dit na 10 of 20 jaar,

soos baie ander literatuur op die

rak, in die snippermandjie gaan

beland. Die vraag sal egter altyd

in die gewete moet bly lê: Wat

maak ek met die onveranderbare

Augustus/September 2009 3

waarheid van die Skrif waarmee

elkeen van ons voor die aangesig

van die HERE lewe en waaroor

ons eenmaal verantwoording sal

doen?

In 2003 het die GK Die Kandelaar

‘n dokument genaamd Sola

Scriptura die wêreld ingestuur

– wat die klassis ook vir sy rekening

geneem het – waarin ons pertinent

standpunt inneem oor die

saak van susters in die besondere

ampte asook die aard van die liedere

wat in die kerk gesing behoort

te word. Dit sal die lidmate goed

doen om hierdie dokument weer

rustig deur te werk, soos wat verskeie

Bybelstudieverenigings dit

ook destyds gedoen het. Nou, na

afl oop van sinode 2009, staan ons

presies weer op dieselfde punt as

waar ons 6 jaar gelede gestaan

het. Hierdie keer is die verskil dat

daar met die verloop van die 6 jaar

baie tyd bestee is aan kommissies

en studiedeputate wat hierdie

onderwerpe so bestudeer het

dat daar letterlik baie duisende

woorde aan toegevoeg is. Verdere

verwikkelinge was dat die kerkraad

in diepte ondersoek gedoen

het na die aard van die opleiding

van predikante te Potchefstroom,

veral oor die status van die nuwere

hermeneutiek aldaar. Daar het

verskeie artikels in populêre asook

tegniese teologiese tydskrifte uit

Doppergeledere verskyn waarin

die resepsieteorie en die postmoderne

lewensbeskouing as grondmotief

gebruik word waarom die

groot lyne asook bepaalde detail

van die Bybel wegverklaar word.

Kommerwekkende opmerkings is

oor die gesag van Genesis 1 tot 3

asook oor die aard van die kerkverband

en die gesag van sinodebesluite

gemaak. Die belydenis,

met name die NGB art 2 tot 7, is

in vele gevalle vir baie meningsvormers

net nie meer ter sake

nie. Waar die argumente van die

bevrydingsteologie jare gelede

as ‘n politieke agenda gedien het

van ‘n soort kontekstuele teologie

om minder bevoorregtes tot

die gelukstaat van ‘n nuwe soort

demokrasie te bevry, het dit ook

4 Augustus/September 2009

so deurgespoel na verskeie ander

groepe van sogenaamde minder

bevoorregtes – die vrouens, die

kinders, die armes, die homoseksueles,

ens. Vir al hierdie minder

bevoorregtes word ‘n evangelie

bedien en ‘n evangeliese agenda

gedryf wat leer dat Jesus alle

onderskeidings weggeneem het

en die mense gelyk gestel het aan

mekaar. Ons leef steeds in rewolusionêre

tye. Sodra hierdie euforiese

gelykstelling met die verwydering

van alle diskriminasie

geslaag het, sal die spreekwoordelike

hemel op aarde aanbreek.

Waar die besluit van die sinode

nou gemaak is dat vroue nie tot

die ampte van ouderling en predikant

verkiesbaar is nie, ontlok dit

by mense met verskillende sosiale

oriëntasies uiteraard ook verskillende

reaksies. Voorstanders van

die konserwatiewe lewensorde

voel dat dit ‘n oorwinning is, maar

voorstanders van die alternatiewe

lewenstyle is teleurgesteld en sal

hulle nie hierby neerlê nie. In

die vloedgolf van reaksies wat

die besluit ontlok het, is dit baie

opmerklik dat die voor- en teenstanders

meestal argumenteer

met hulle mensbedinkte sosiale

oriëntasie. Dit wil voorkom asof

die sinode ook met mensbedinkte

argumente tot die besluit oor die

vrou in die ouderlinge- en predikantsamp

gekom het. Dit is wel

verblydend dat die besluit geneem

is, maar was dit op grond van die

Skrif? Mens sou verwag dat ‘n

sinodebesluit in gehoorsaamheid

aan die Skrif, in naspreke van

die Skrif geskied. Maar nou is die

besluit op ‘n ander wyse geneem:

“Die sinode het in die lig van die

behandeling van die rapport tot

die oortuiging gekom dat vroue

nie in die besondere dienste van

predikante en ouderling mag dien

nie.”

Dit moet vir lesers duidelik wees

dat die diepteprobleem as sodanig

nog nie opgelos nie. Trouens, terwyl

hierdie besluit in die lig van

die behandeling van die rapport

geneem is, was almal teenwoordig

daarvan bewus dat daar in die

rapport op uiteenlopende maniere

met die verstaan van die Skrif

omgegaan is. Oor hierdie uiteenloping

van Skrif-verstaan het daar

geen duidelike uitsluitsel gekom

nie. Hoogstens sou afgelei kon

word dat die Skrifhantering wat

daarop dui dat vroue nie in hierdie

ampte kan dien nie, vir die

meerderheid sinodegangers in die

behandeling van die rapport die

meeste oortuigend was. Waarom

is dit so moeilik om te bely: So

sê die Here in sy Woord? Dit is

immers hoe die Heilige Gees en

ons besluite neem?

Dit bring ons terug by die sentrale

vraag: Wat is die grondbeginsel

wat ons in ons lewe by antwoorde

op vrae bring? Ons moet

goed oplet dat dit hoegenaamd

nie net gaan oor die ooglopende

praktiese sakies soos vrou in die

amp, bekers by nagmaal, sing in

die erediens as sodanig nie; net

soos wat dit vir Adam en Eva in

die paradys nie net gegaan het oor

die eet van vrugte nie. Weliswaar

het hierdie praktiese sake die

noodwendige gevolge. Die grondvraag

is of God se Woord werklik

die Woord van God is – genoegsaam,

absoluut gesagvol, volkome.

Die grondvraag is hoe ons mensbedinkte

alternatiewe te staan

kom teen ons gehoorsaamheid aan

die Woord van God. Waarmee is

ons besig as ons die lering van

die Skrif kritiseer as antiek, uitgedien

en irrelevant vir ons lewe

van vandag? As ons die sirkel van

bevryding struktureel voltooi het

... sal ons dan werklik vry wees?

Ons bely dat God se Woord die

volmaakte leer van ons bevryding

is. Juis dit maak dat ons denke

en dade radikaal anders is as dié

van die wêreld. Die bevryding

wat Christus ons gebring het, stel

ons in staat om binne die situasie

waarin Hy ons geplaas het as

vrygemaaktes te kan lewe, selfs

meer as oorwinnaars! Sy Woord

is nie maar net oud of nuut nie.

Sy Woord is ewig!

Ds HLJ Momberg

CALVYN 500 .....

Johannes Calvyn – 500 jaar later

In die sesde distrik van Parys,

naby die massiewe Saint-Sulpice

kerk wat dateer uit die 18de eeu,

kan ’n mens ure spandeer by die

La Procure Boekwinkel, Parys se

grootste boekwinkel oor godsdienstige

literatuur en sekerlik ook

een van die belangrikste middelpunte

van die Rooms-Katolieke

intellektuele lewe in Frankryk.

Ek het enkele weke gelede daar

rondgestap en was verbaas om op

te merk dat een van La Procure

se uitstalvensters uitsluitlik aan

die lewe en werk van Johannes

Calvyn (1509-1564) gewy is, ter

herdenking van die vyfhonderd

jaar van sy geboorte. Meer as tien

onlangs gepubliseerde werke in

Frans vorm deel van die uitstalling,

terwyl daar binne die boekwinkel

‘n klomp ander publikasies

oor dié onderwerp aangebied

word. Later vanjaar sal ‘n posseël

met ‘n afbeelding van Calvyn

deur die Franse poskantoor

uitgereik word. Intussen is daar

reeds talle kongresse of lesings by

Franse universiteite en elders oor

die impak en relevansie van Calvyn

se werk en erfenis gehou.

Is hierdie belangstelling uitsluitlik

‘n Franse verskynsel? Is dit

‘n manier om die vader van die

moderne Franse taal te vereer, ná

‘n lang tradisie van vyandigheid

teenoor sy persoon en invloed?

Dié verskynsel word egter nie

tot Frankryk beperk nie; tallose

Calvyn kongresse word vanjaar

wêreldwyd gehou. Nie net in lande

soos Nederland, die VSA, Duitsland

of Switserland nie, maar

ook in Italië, en selfs in Japan!

‘n Kongres oor Protestantisme en

Gereformeerdheid het onlangs by

die universiteit van Sevilla in die

suide van Spanje plaasgevind:

in die bakermat van die Roomse

Inkwisisie, wat Protestante deur

die eeue vervolg het, het sprekers

sterk aanspraak gemaak op Calvyn

se godsdiens en wêreldbes-

kouing, in die teenwoordigheid

van lede van die Spaanse regering

wat met groot belangstelling

daarvan kennis geneem het!

Die redes vir die belangstelling

in Calvyn

Hoe kan hierdie belangstelling

verduidelik word, veral in die

konteks van die hoogs gesekulariseerde

en selfs anti-Christelike

Europa? Aan die een kant is

dit sekerlik te wyte aan intense

navorsing oor Calvyn, wat die

afgelope dekades talle boeke en

artikels na vore laat kom het en

sodoende ‘n breër belangstelling

gekweek het. Dit lyk asof hierdie

beweging nog volstoom aangaan

en ook in die toekoms vele

publikasies die lig sal laat sien.

Selfs tweedehandse opsommings

of populêre werke spreek van ‘n

behoefte om die Franse hervormer

beter te leer ken. ‘n Tweede rede

lê miskien juis daarin: in ‘n tyd

van groot geestelike verwarring

in die Weste en met die opkoms

van Islam wat as ‘n bedreiging

gesien word, soek mense iewers na

‘n anker. Bestaan daar nog Christelike

wortels wat samehangend

“Cor meum tibi offero

Domino

prompte et sincere”

(“Here aan u offer ek my hart,

bereidwillig en opreg”)

Calvyn se persoonlike slagspreuk

is en iets het om aan te bied vir

ons tyd? Dit is opvallend om op te

merk dat in die dertigerjare van

die vorige eeu, toe verskeie soorte

Fascisme en Nazisme in Europa

die botoon gevoer het, talle boeke

oor Calvyn verskyn het, wat ten

doel gehad het om die fonda-

ment van demokrasie in Europa

te deurgrond. Dit sal waarskynlik

eienaardig klink vir diegene

wat nog leef met die cliché van

Calvyn as sestiende-eeuse diktator

van Genève. Miskien sal dit

hulle egter aanmoedig om self die

kompleksiteit en rykdom van sy

denke te gaan ontdek. Dít kan ‘n

mens natuurlik die beste doen as

jy Calvyn se skrywe direk gaan

lees (Engelse vertalings is maklik

beskikbaar, die Institusie van die

Christelike Godsdiens en sy Kommentaar

oor die Romeinebrief is in

Afrikaans vertaal. Ander vertalings

in Afrikaans van Calvyn se

kommentare oor Paulus se briewe

sal stelselmatig binne die volgende

paar jaar gepubliseer word). Wie

lees egter nog Calvyn op so ‘n ernstige

wyse in Suid-Afrika? Gaan

vra maar gerus vir predikante

wat hulle werklik eerstehands

van hom weet …

Die man agter die skrywe

Moet Calvyn gereduseer word tot

‘n indrukwekkende reeks skrywes

op ’n boekrak wat predikante en

teoloë in staat stel om Gereformeerde

teologiese stellings te formuleer?

Nege-en-vyftig dik volumes

van sy werke is reeds aan

die einde van die negentiende eeu

gepubliseer! Talle ander geskrifte

het later in standaarduitgawes

verskyn en korter werke wat in

die sestiende eeu anoniem die lig

gesien het, word vandag deur spesialiste

aan hom toegeskryf. Agter

sy eksegetiese werke, sy preke, sy

polemiese traktate en ‘n enorme

versameling korrespondensie

(met ander hervormers, asook met

konings en koninginne dwarsdeur

Europa, maar ook met eenvoudige

mense wat sy raad gevra het en

wat hy met groot deernis pastoraal

begelei het), lê daar ‘n mens

van vlees en bloed, wat aan die

meeste mense onbekend is: ‘n

skaam man wat vreedsaam op

Augustus/September 2009 5

ustige plekke wou lewe, maar

na ‘n skielike bekering ‘n balling

geword het ter wille van sy gewete

en sy godsdiens.

Daar was nie plek in die koninkryk

van Frankryk vir diegene wat

destyds as “Lutherane” bestempel

is nie. Calvyn was verder ‘n

briljante student in die regte en

in klassieke lettere, asook ‘n fyn

skrywer wat boeke in Latyn vir

geleerdes wou skryf, maar wat

deur omstandighede gedwing is

om op die voorfront van godsdienstige

debatte en konfl ikte as geestelike

leier op te tree. Sy geweldige

kennis het hy in sy moedertaal

aan die kerk beskikbaar gestel om

die Bybel as Woord van God vir

hulle oop te maak. Calvyn was ‘n

jong man wat sonder enige materiële

behoeftes kon geleef het en ‘n

briljante loopbaan in die Roomse

hiërargie kon gevolg het (te danke

aan kerklike voorregte wat sy pa

vir hom verseker het), maar tog

alles prysgegee het om homself

nie binne ‘n korrupte sisteem te

kompromitteer nie.

Die res van sy lewe het hy met ‘n

minimale inkomste klaargekom.

Hy het daarvan gehou om perd

te ry en om bordspel en kroukie

te speel, maar stelselmatig is hy

deur allerhande pynigende siektes

oorweldig. Tog het hy aanhou

werk totdat sy liggaam (altans

wat daarvan oorgebly het) op die

ouderdom van vyf-en-vyftig fi naal

ingegee het. Hy was ’n man met

Die sin van arbeid

In die hedendaagse gejaagde

samelewing wil ek die stelling

waag dat die mens nie meer sy of

haar werk onder beheer het nie

– werk beheer die mens.

Ons het as ’t ware ‘n slaaf van

ons werk geword. Ek wil nie op

die verskeie oorsake van hierdie

stelling ingaan nie. Wat wel seker

is, is dat arbeid in baie gevalle

gedegradeer is tot ‘n ekonomiese

6 Augustus/September 2009

vele vriende, maar wat terselfdertyd

deur ander gehaat en beswadder

is weens sy onwrikbaarheid

oor geloofsake (Genève se stadsraad

het in Calvyn se tyd maar

een persoon weens kettery tot die

brandstapel veroordeel, te midde

van duisende brandstapels wat

elders dwarsdeur Europa aangesteek

is).

Hy wou graag ‘n gesin gehad het,

maar sy geliefde eggenote is ná agt

jaar van saamwees oorlede, nadat

hulle blykbaar vier kinders kort

na hul geboorte, die een na die

ander, aan die dood moes afstaan.

Prof Olivier Millet – miskien die

beste Franse spesialis oor Calvyn

op die oomblik – beskryf hom as

“‘n man van lyding” in sy onlangse

boek. 1

Calvyn was ‘n diep ontwortelde

mens met ‘n besonder sterk roepingsbewustheid

wat dit reggekry

het om ‘n nuwe beskawing, ‘n nuwe

tipe mens, in die Weste na vore

te bring. Die profi el van Europa

asook van Amerika (ná die koms

van die pelgrimsvaders) is onverstaanbaar

as mens nie sy invloed

in ag neem nie. Op die voetspore

van Luther, maar ook breër as

die voormalige Duitse monnik,

het hy ‘n beweging geloods wat ‘n

1 Calvin un homme, une oeuvre, un auteur,

Infolio uitgewer, Gollion, Switserland,

2008. Prof Millet doseer letterkunde aan

die Créteil-universiteit in Parys. Hy het

wyd oor Calvyn geskryf, asook oor ander

godsdienstige literatuur in Frans tydens die

sestiende eeu.

aktiwiteit wat alleen maar in

terme van geld gewaardeer word.

Dit gaan in die moderne ekonomiese

samelewing om die lewering

van die grootste moontlike

prestasie – dikwels ten koste van

die werkende mens. Doeltreffendheid

en bekwaamheid het sleutelwoorde

geword. In hierdie geywer

en gejaag is seker baie bereik.

Die mens poog om ten volle op

gedeelte van die Europese elite

rondom hom gefedereer het. Hier

was dus ’n besonderse mens wat

‘n nuwe tipe katolisiteit (in die sin

van universaliteit) bewerkstellig

het, meer nog as wat Luther reggekry

het. 2

Van Afrika het hy natuurlik

omtrent niks geweet nie, en van

Suid-Afrika nog minder (Van

Riebeeck sou die Kaap eers agten-tagtig

jaar ná Calvyn se dood

bereik). Die problematiek van kolonialisme

en rasseverhoudinge was

aan hom byna onbekend. Pogings

om dus sy naam en denke te koppel

aan hetsy apartheid of aan

bevrydingsteologie is uit die aard

van die saak naïef, anachronisties

of selfs manipulerend van aard.

Maak dít van Calvyn ‘n irrelevante

fi guur vir Suid Afrika vandag?

Dit sou kortsigtig wees om

die relevansie van iemand van sy

kaliber te wil meet aan sy vertroudheid

met ‘n bepaalde sosiohistoriese

problematiek wat lank

nadat hy dood is eers ontwikkel

het. Sy katolisiteit maak dit juis

die moeite werd om Johannes

Calvyn in sy geskrifte met ’n hernieude

belangstelling en nuuskierigheid

te gaan ontdek.

(Hierdie artikel het onlangs in By,

‘n bylae by Beeld verskyn)

Ds E Kayayan – GK Rietvallei

2 ‘n Standaardbiografi e van Calvyn in Engels

is T.H.L. Parker se Calvin, a biography,

deur Westminster Press, Philadelphia,

1975.

die aarde beslag te lê totdat die

aarde, soos Overduin tereg sê,

skielik op die mens beslag lê! Ons

wil die aarde besit, maar uiteindelik

besit die aarde ons. Te dikwels

het die moderne mens die sin van

sy eie bestaan bevraagteken, en

daarom begryp ons nie meer die

sin van die arbeid nie (H van Riessen).

Arbeid het vir die mens van

vandag in ‘n groot mate absoluut

geword; met ander woorde, arbeid

bestaan uitsluitend vir die mens,

dit is alles bepalend vir ons daaglikse

lewe en heeltemal onafhanklik

van God. Op hierdie manier

het ons steeds deel aan die ontsporing

deur die sondeval, naamlik

om ten alle koste in ons werk

selfstandig te wees, om ons eie eer

en veral ons eie voordeel daarin te

soek. So het arbeid as roeping, as

diens aan God en medemens, plek

gemaak vir arbeid as ‘n drif tot

selfbehoud, tot selfhandhawing

(A Hordijk).

Calvyn

Daarom is dit goed as ons weer die

sin van ons daaglikse arbeid in

oënskou neem en dit ook by die sin

van die lewe betrek. Volgens Calvyn

roep God die mens tot arbeid

en skenk hom die gawe daartoe.

Die mens mag van die vrugte van

sy arbeid geniet, maar ons werk

vir God se eer en nie vir ons eie

eer nie. Dit, sê hy, is so omdat alles

deur God beheers word en alles tot

sy eer bestaan. God het oneindige

Calvyn en die onderwys

Na honderde artikels, konferensies,

boeke en uitstallings wêreldwyd

om Johannes Calvyn se 500jarige

geboortedatum te herdenk,

is dit ‘n ope vraag of dit moontlik

is om nog iets nuuts oor hierdie

reformator te sê. Daarom lig hierdie

verslag van ‘n Calvyn-kongres

met as tema ‘Calvyn en die onderwys’

wat op 18 Julie in Die Kandelaar

gehou is, net enkele “nuuswaardige”

punte uit.

Die kongres is deur Aros en die

Instituut vir Klassieke en Reformatoriese

Studies van Bloemfontein

aangebied. Die elf sprekers en

respondente het internasionaalerkende

Calvyn-kenners soos prof

VE d’Assonville wat tans in Duitsland

navorsing doen, en prof EA

de Boer, akademikus uit Nederland,

ingesluit.

Hier volg enkele belangwekkende

uitsprake op die kongres:

moontlikhede aan die mens gegee

om sy skepping te ontplooi en te

bewerk. Ons mag almal deel hê

aan die ontwikkeling van God se

‘tuin’ – nie om onsself te verryk

nie, maar juis om volgens Genesis

1:28 die aarde in sy volheid te

onderwerp.

Die sin van arbeid bestaan daarin

dat ons medewerkers van God

word in sy skepping.

Daar is ook ‘n diepere betekenis

in my sinvolle arbeid op aarde

wanneer daar egte dienslewering

bestaan. Dit beteken dat ek in ‘n

liefdevolle diensverhouding moet

staan teenoor diegene wat saam

met my werk en teenoor diegene

wat aan my opdragte gee. Ek kan

trots op my werk wees wanneer ek

dit goed doen – wanneer ek daarin

iets van die beeld van God ontdek

en ek daaraan vorm gee.

Skeppingsontplooiing

Dan werk ek nie meer net vir my

eie voordeel nie, maar ek het ‘n

deel aan God se groot skeppings-

• Hoe aktueel en relevant Calvyn

se werk vandag nog steeds

is, blyk uit ‘n uitgawe van die

Amerikaanse tydskrif Time wat

die neo-Calvinisme een van die

tien invloedrykste stromings

van ons tyd noem.

• Behalwe dat Calvyn baie klem

op die belang van goeie onderwys

gelê het en in 1559 met ‘n invloedryke

universiteit in Genève begin

het, het sy hele lewe in die teken

van onderwysing gestaan: talle

boeke, duisende preke, lesings,

debatte, kategese … Alles wat

hy gedoen het, was daarop gerig

om mense te oortuig dat die sin

van die lewe in die kennis en

wysheid van God die Skepper en

ons Vader lê; om op alle lewensterreine

God lief te hê, Hom te

eer en te dien. Sy beroemde Institusie

beteken dan ook “onderwysing”.

ontplooiing. Arbeid en ontspanning

sal dan nie meer mekaar uitsluit

sodat rus slegs ‘n ontvlugting

uit my werk word nie. Ontspanning

is net so ‘n belangrike aspek

van God se skeppingsopdrag as

arbeid. Daar bestaan geen rede

waarom ons ons oor ons vryetydsbesteding

behoort te verontskuldig

nie. Calvyn se gedagte was

juis dat alle arbeid sowel as ontspanning

in Christus geheilig

behoort te wees.

Dit is Hy wat uiteindelik ware sin

aan my lewe gee. Deur Hom kan

elke mens sy of haar ware roeping

vervul: om in diens te staan van

God en sy geregtigheid.

Henk Woudstra

• Christus is ons enigste leermeester

(Matt 23: 8 en 10.)

Daarom kan daar net een regte

vorm van onderwys wees: waar

Christus die leermeester en

onderwysers sy instrumente is.

Ons is Christus se eiendom; nie

andersom nie.

• As ons bevrees is vir satanisme,

moet ons dan nie veel banger

wees om ons kinders deur heidene

te laat onderwys nie?

• Toe staat en kerk in die tyd na

Calvyn al meer geskei het, het

die staat die kinders gevat en vir

hul onderwys gesorg. Tot vandag.

Kerk/geloof het net ‘n paar

uurtjies op die Sondag gekry.

Gelowiges moet hul kinders

terugkry en sorg vir eie skole.

Augustus/September 2009 7

• Eintlik is ‘skoolhoof’ ook ‘n amp.

Net so ‘n belangrike amp as

predikant. Hy moet die Woord

bedien. Vroeër is dit ook so

gesien. Kyk maar na die beginjare

van die Potchefstroomse

Universiteit vir CHO.

• Waarom kom die strewe na eie,

gereformeerde skole in SA nie

SJ DU TOIT – DOLEANSIESTRYDER IN DIE NG KERK (5)

Prediking van die Woord in die sentrum van die kerk se aktiwiteite

Twee NG Kerke in dieselfde

straat

In 1875 was die dorp Paarl nog nie

naby so groot soos vandag nie. Die

belangrikste straat het ’n gepaste

naam gekry en besit dit vandag

nog: Hoofdstraat. In die suidelike

deel van hierdie straat staan vandag

nog die oudste NG Kerk, in

die volksmond bekend as die Rietdakkerk.

Maar in 1875 het daar

skielik en onverwags in dieselfde

straat nog ’n NG-gemeente ontstaan

met die naam Noorder-

Paarl. Hierdie tweede gemeente

het nie ontstaan deur ’n natuurlike

oorsaak soos byvoorbeeld die

buitengewoon groot getal lidmate

nie, maar deur stryd wat daar

geheers het – ’n stryd oor bepaalde

beginsels, naamlik:

1. die handhawing van Christelike

onderwys vir die kinders;

2. dat die Evangelie in die mense

se moedertaal verkondig moet

word;

3. dat die godsdienstige liberalisme

in die kerk bestry moet

word;

4. en dat die profesieë van die

Bybel in die preke verklaar

moet word.

Dit mag wees dat ons vandag in

ons situasie na ± 135 jaar nogal

verbaas is oor sulke idees, dat

dit sou lei na ’n afstigting van ’n

gemeente, maar as ons die tydsgees

van destyds wat in die algemeen

ook die kerk binnegedring

het, ken, dan verklaar dit die baie

8 Augustus/September 2009

van die grond nie? Omdat Gods

Woord en sy wil by baie mense

nie meer in die middelpunt

staan nie.

• Calvyn het geglo dat Gods Woord

in alle eenvoud verkondig moet

word. Welsprekendheid van die

predikant is nie verkeerd nie,

maar ook nie ‘n vereiste nie.

afskeidings en nuwe vormings in

die gereformeerde kerke van die

19de eeu, o.a. die Afskeiding in

1834 in Nederland, die Disruption

in die Skotse kerk in 1843, die

Afskeiding van die Gereformeerde

Kerk in 1859 in Rustenburg en die

Doleansie in 1886 van die Gereformeerde

Kerke in Nederland.

Wêreldwyd het vrysinnigheid

met verskillende name die gereformeerde

kerke in hulle leer (die

Drie Formuliere van Enigheid),

diens (die liturgie, psalmsang,

ampte, sakramente, gebruike,

ens.) en tug (suiwer kerkregering

met Christus as enigste hoof van

die kerk) binnegedring. In Suid-

Afrika is hierdie vrysinnigheid

wat die Skrifgesag verlaat het, die

liberalisme, genoem; in Nederland

ook die modernisme.

Hierdie vrysinnigheid (miskenning

van die Skrifgesag), soos

vandag nog, kom op snaakse

plekke in die kerk na vore. Soms

word die aksente verskillend gelê,

byvoorbeeld, die ampte, die nagmaalsgebruik,

die psalmsang,

die kerkregering, die liturgie, die

katkisasies en die prediking (o.a.

kategismusprediking). By die NG

Kerk Noorder-Paarl, het veral die

taal waarin gepreek is, die bestryding

van die liberalisme en die

uitlegging van die Skrif op die

voorgrond gestaan en inderdaad

die prediking.

Vir hierdie reformasie van die

kerk, het die gemeente Noorder-

Paarl ds SJ du Toit as predikant

beroep. Hy moes dit ten eerste

Gods Woord is kragtig en selfgenoegsaam,

en het nie hulpmiddels

nodig nie.

• Ten slotte: as dit jou roeping is

om onderwyser te wees, is jy

bereid om daarvoor op te offer?

Calvyn het sy lewe daaraan

opgeoffer.

RJW van der Kooy

doen deur die suiwer Woord te

preek!

“Geen groter Réveilprediker

as ds SJ du Toit nie”

Dit was die woorde van een van SJ

du Toit se tydgenote en ’n groot leier

in die NG Kerk, ds HS Bosman,

die man na wie Bosmanstraat in

Pretoria genoem is.

“Réveilprediker” – dit vertel iets

besonders in die 19de eeu. In

Europa en met name in Nederland

was die Réveil ’n ontwaking,

’n oplewing wat op die kerklike

terrein ’n geestelike opwekking

beteken het. Onder gereformeerdes

het dit ook ’n terugkeer na

die Skrif beteken soos bv. by Bilderdijk,

Da Costa, Capadose en

Groen van Prinsterer. Soms het

die Réveil ook ontaard in geesdrywery.

In die preke van ds SJ du

Toit het dit egter nooit gegaan oor

’n ontwaking in piëtistiese gevoelsgodsdiens

of charismatiese strewe

nie, maar oor die werkende Woord

deur die Heilige Gees. As die suiwer

uitleg en verklaring van die

Heilige Skrif maar op die kansel

sal plaasvind, dan sal die Gees

die gemeente laat “ontwaak”. Dit

was sy beginsel: preek die Woord,

niks meer en niks minder as die

Woord nie!

’n “Visitasierapport” oor SJ

du Toit se prediking

In die NG Kerkverband van

destyds in die 19de eeu, was daar

nie so iets soos visitasie soos in die

Dordtse Kerkorde bepaal is nie,

maar wel ’n verslag oor die Staat

van Godsdiens van elke gemeente

wat voor die Kaapse Ring (soortgelyk

aan ’n klassis) moes dien. In

hierdie rapport van die kerkraad

van Noorder-Paarl van 1875 vind

ons ’n verslag van die bywoning

van die eredienste wat geleidelik

gegroei het deur die prediking van

ds Du Toit – geweldig gestyg tot

’n stampvol kerk, van 200 vroeër,

tot 700.

In ’n verslag van sy prediking in

1881 lees ons die volgende:

“Dit is moeilik om ’n predikant te

kry, maar om ’n leraar te kry wat

die mense leer om die Bybel te lees,

is baie moeiliker, en dit is wat ds

Du Toit in Noorder-Paarl gedoen

het. Hy het nie maar net preke

gepreek nie, maar die waarheid.

Hy het voortdurend Christus, die

gekruisigde, verkondig. Hy het

ons die geloofsleer en die sedeleer

van die Evangelie bekendgemaak,

OP DIE SENDINGVELD .....

SEKK – verslag

Die Sending en Evangelisasie

Koördineringskommissie (SEKK)

het die afgelope twee maande, na

die sendingkonferensie in Mei,

hard gewerk aan ‘n beleidsdokument

asook aan ‘n dokument wat

die daaglikse werkverrigting van

hierdie kommissie DV sal struktureer.

Ons het twee indringende

werksessies deurloop om die terugvoer

van die sendingkonferensie

te evalueer en het byna elke week

vergader om ons doelwit te bereik

om die evangeliebedieningsbeleid

en -plan aan die kerkraad vir

goedkeuring voor te lê.

Is sending die regte naam?

Na bestudering van verskeie

Bybelgedeeltes het dit vir ons

duidelik geword dat ‘sending’ of

‘evangelisasie’ nie per se so in

die Bybel gedefi nieer word nie.

Matteus 28:19, Handelinge 1:8

en meerdere plekke praat van

getuies van Christus wees in

die profetiese Skrifte vir ons ontsluit.

Hy het ons altyd herinner

aan die Bybelse geskiedenis en

die kerk se geskiedenis. Maar hy

het ook aan ons die teenswoordige

toestand van die kerk, staat en

maatskappy laat sien en ons roeping

en plig in die huidige situasie

voorgehou”.

Maar dit was nie al nie.

Die Bybelse profesieë word

in die week verklaar

Ds SJ du Toit was besiel met

die Skrifwoord: “Verkondig die

Woord; hou aan tydig en ontydig

..... “(2 Tim 4:2). Nie slegs Sondae

nie, maar ook in die week het

hy geleenthede aangegryp om die

Woord uit te dra. Daarom vind

ons in die Paarlse koerant, Die

Patriot, op 1 Maart 1878, ‘n kennisgewing

dat almal genooi word

na twaalf redes van ds SJ du Toit

oor die Onvervulde profesieë in die

Heilige Skrif, op Woensdagaande

Jerusalem, Samaria, Sesarea

en die hele wêreld. Paulus het op

sy sendingreise gewoonlik eers

na die sinagoges gegaan en die

evangelie verkondig en daarna

(as hulle nie wou luister nie) na

die heidene gegaan. Dit is daarom

vir ons meer gepas om te praat

van “evangeliebediening” of meer

aktief te praat van die “uitdra

van die evangelie”. Die bediening

van die evangelie vind uiteraard

reeds op verskeie wyses gesamentlik

en indiwidueel binne ons

gemeente plaas. Tog het ons hier

met ‘n baie spesifi eke taak van

die gemeente te doen, naamlik

die uitdra van die evangelie na

mense wat (nog) nie as kerk vergader

is nie.

Die Evangeliebedieningsbeleid

Die kerkraad het die SEKK aan

die einde van 2008 aangestel om

sy ‘evangeliebediening’ na buite

in die saal van die Paarlse Gimnasium.

Van heinde en verre was

daar ‘n toestroming na hierdie

Bybellesings. Ds A Murray van

Wellington het selfs gereël dat

hulle hele kerkraad al die lesings

bywoon.

Maar wat was die uitwerking van

ds Du Toit se prediking? Onberekenbaar!

Deur sy beklemtoning

van die Gereformeerde beginsels

het hy stil-stil ’n eensame in die

NG Kerk geword, ’n soort doleansie-fi

guur, ’n “treurende” wat

nooit in sy kerk rus kon vind nie.

Later het hy die leier in die stigting

van die sogenoemde “kruiskerke”

geword – ’n soort Doleansiebeweging.

Meer hieroor later.

Ook oor ander dinge, soos bv. sy

benoeming as Superintendent van

Onderwys deur president Kruger

van Transvaal, en sy stryd aldaar,

kan ons baie meer vertel.

Prof VE d’Assonville

te reël en te koördineer en gereeld

terugvoer te gee sodat die bediening

van Gods Woord na buite

gestruktureerd en ordelik kan

plaasvind. Om dit te laat geskied

moes ons eers ‘n beleidsdokument

opstel waarin die kerkraad se

opdragte en riglyne duidelik verwoord

word en waaraan ons werk

gemeet kan word.

Hierdie dokument bepaal die rigting

en beleid vir die SEKK en

ander saamwerkende kommissies

binne die GK Die Kandelaar, oor

hoe ons die evangeliebediening

aan afgedwaaldes en die heidene

wil struktureer met die Bybel as

vertrekpunt.

Die beleid is op die breë kerkraadsvergadering

aan die kerkraad voorgelê

en met enkele aantekeninge

en voorstelle goedgekeur. Hierdie

beleid is nie in beton gegiet nie en

sal waar nodig aangepas word om

orde en effektiwiteit te verseker.

Augustus/September 2009 9

Die Evangeliebedieningsplan

Nadat die beleidsdokument deur

die kerkraad aanvaar is, is die

‘evangeliebedieningsplan’ deur

die kerkraad bestudeer.

Die evangeliebedieningsplan vloei

voort uit die evangeliebedieningsbeleid.

Die ‘plan’ is meer spesifi

ek en sal byvoorbeeld spesifi eke

aksies/projekte aandui. Dit sal

ook spesifi eke kriteria vasstel,

en meer bepaalde riglyne daarstel

waarvolgens ons graag wil handel

en uitkomste wil meet.

U sou kon vra maar waarom so

spesifi ek wees en dit so punt vir

punt op ‘n soort ‘projekbasis’ hanteer

en bestudeer?

Wat is die voordele van so ‘n

georganiseerde bestuur van

ons gemeente se sendingaksies?

Die SEKK is van mening dat:

• Mense belangstelling verloor as

beloftes nie nagekom word nie;

• As doelwitte en teikendatums

nie gestel word, daar baie keer

geen dryfkrag is om die doel te

bereik nie;

• Fondse en energie maklik vermors

kan word omdat aksies nie

goed omskryf en geen riglyne en

prosedures bepaal word nie;

• Aksies maklik gedupliseer kan

word deurdat ‘n ander groepie

mense binne die gemeente

– of selfs in ‘n ander gemeente

– alreeds daarmee besig is;

• Baie lidmate nie weet wat aangaan

nie en dus nie kan help of

voorbidding doen nie. Stelselmatige

en beplande publikasies

en inligtingsessies is dus noodsaaklik;

• Lidmate nie saamwerk nie,

want hulle het ander idees of

weet nie wat die ander beplan

het of reeds doen nie;

• Verslaggewing gereeld aan die

kerkraad moet plaasvind om

deurdagte besluite te kan neem

en aan die gemeente om, soos

hierbo uiteengesit, betrokke te

wees;

• Evangeliebedingsprojekte gestop

moet word as daar geen vooruit-

10 Augustus/September 2009

gang plaasvind nie of as die doelwit

bereik is. Ons moet byvoorbeeld

‘Gemeentestigting in Eersterust’

nastreef maar as dit

bereik is moet ons die aksie stop

en nie in hulle sake inmeng nie.

God is ‘n God van orde en ons

as sy kinders, onderkonings hier

op aarde, moet ook in alle liefde

en verantwoordelikheid ordelik

optree – welbewus van die feit

dat ons slegs instrumente in Gods

hand is.

Toekomstige aksies

Wat is ons motivering vir

evangeliebediening?

Volgens die Skrif is dit ‘n opdrag

van die Here (Matt 28:19 en Hand

1:8 asook Sondag 32, vr en antw

86 en Dordtse Leerreëls hfst 5) om

Gaan dan heen, maak

dissipels van al die nasies,

en doop hulle in die Naam

van die Vader en die Seun

en die Heilige Gees; en

leer hulle om alles te

onderhou wat Ek julle

beveel het

Matteus 28:19

sy blye boodskap uit te dra. Hy het

dit vir ons gegee en Hy vra dat ons

dit aan ander uitdra; nie alleen in

Eersterust nie maar op alle moontlike

plekke waar Hy u lei.

U gereelde gebed hiervoor is

onontbeerlik.

‘n Paar moontlikhede hoe u

kan help

• Stel uself beskikbaar om op een

van die ondergenoemde kommissies

te dien om daadwerklik

betrokke te wees by die organisering

en uitvoering van sekere

aksies. Ons sal DV binnekort in

die Wandelgang versoeke rig in

die verband.

• Sluit aan by reeds bestaande

sending - of evangelisasie-aksies

soos byvoorbeeld: die leesprojek

in Eersterust; MCDC in Kwandebele

waar duisende ouerlose

kinders vergaan van honger en

siektes en waar die nood om van

God te hoor onbeskryfl ik groot

is; die Koningskinders; President

Kruger kinderhuis; ens.

• Help met evangeliserende opleiding

van mense om hulle eie

inkomste te kan genereer sodat

hulle hul gesinne kan onderhou

en aan ander werk kan verskaf.

Dit gee hulle ‘n Bybelse besef

van hulle waarde in Christus

voor God, maar beteken

veral dat hulle ‘n selfstandige

gemeente kan vorm.

• Dink wyd en sien die nood van

ander raak. Voorbeeld: U kan

iemand help deur by die Onderlinge

Sorgvereniging betrokke

te raak. U kom agter die persoon

het geen vriende of familie

nie en is baie alleen. Nooi so ‘n

persoon uit na byvoorbeeld die

speletjiesdag by die kerk of na

een van die SSK se funksies.

‘n Lewende kerk is ‘n groeiende

kerk. Groei ons of stagneer ons?

Word die gemeente groter of

kleiner of bly sy dieselfde?

• Leer u kinders en u kleinkinders

deurlopend oor die groot

dade van die Here dwarsdeur

die eeue. Wys hulle daarop dat

evangeliebediening ons almal

se taak is. ‘n Wondermooie taak

met ewigheidswaarde. Almal in

die hemel is bly as een sondaar

hom bekeer. Dis nie iets tydeliks

nie; dit het ewigheidswaarde.

• Ons almal is geroepe om afgedwaaldes,

hetsy van ons eie

gemeente of daarbuite, gedurig

op te soek en aan te spoor.

As uself nie met vrug daar kan

dien nie, spoor ander aan om dit

te doen of u te help.

• Besoek oues van dae, siekes in

hospitale, eensames in u omgewing.

Daar is so baie werk.

• Almal het spesifieke gawes

ontvang. Gebruik dit tot sy eer.

As u kan organiseer, insamel,

skryf, opleiding gee, fi nansiële

onderrig gee, ens. kom gesels

met ons.

• Al hierdie aksies het onder

andere ook fondse nodig. Teken

‘n aftrek order ten bate van GK

Die Kandelaar se Sendingfonds,

die Franse Radiobediening,

Mukhanyo, ens. Groot bedrae is

nie altyd nodig nie. Alle bietjies

help. God kyk na ons ingesteldheid

en bereidwilligheid en nie

na die grootte van die bedrag

nie. Dink aan die weduwee

wat haar laaste penning in die

tempelkas gooi en wat Christus

daarvan sê.

• Ten laaste moet ons onthou dat

ons eendag verantwoording

moet doen oor alles wat God aan

ons toevertrou het as sy verteenwoordigers

hier op aarde. Maak

seker dat dit nie net bly by goeie

bedoelings nie.

Ora et labora – Bid en werk.

Reeds bestaande

aksies of projekte

waar u kan help

Gemeentestigting in Eersterust

Noudat die evangeliebedieningsbeleid

en -plan deur die kerkraad

goedgekeur is wil die SEKK graag

daadwerklik die mense in Eersterust

ondersteun in hulle strewe

(en ons s’n) om ‘n gemeente aldaar

te stig. Ons moet dus op alle moontlike

maniere br Alwyn bystaan

om daar sy werk met krag en volharding

verder te voer. Eerstens

met gebed, maar ook op alle ander

praktiese maniere.

Ons het reeds begin om ‘n taakomskrywing

op te stel oor wat alles

moet gebeur by so ‘n belangrike

stap soos gemeentestigting. Ds

Hennie en br Alwyn doen hier

groot werk. Ons sal u op hoogte

hou van die vordering.

Sodra die taakomskrywing voltooi

is sal ‘n ‘sendingkommissie’

aan die kerkraad voorgestel word

wat br Alwyn daadwerklik in sy

daaglikse arbeid aldaar sal ondersteun.

Mukhanyo Teologiese kollege

Br Alwyn gee tans klas daar. Ons

wil graag ondersoek op watter vlak

ons meer betrokke kan wees in die

sendingopleiding aldaar. Dalk is

dit deel van die werk te Eersterust

en dalk iets totaal op sy eie.

Franse Radiobediening

Tans is ons in ‘n mindere mate

betrokke by die FRB nadat die

Eersterust - maar God gee die groei

“Ek het geplant, Apollos het natgemaak,

maar God het laat groei. So

is dan hy wat plant of hy wat natmaak

niks nie, maar God wat laat

groei.” (2 Kor 3:6-7). So be skryf Paulus

die werk wat in Korinte gedoen

is. Hy vervolg: “Volgens die genade

van God wat aan my gegee is, het

ek soos ’n bekwame boumeester

die fondament gelê en ’n ander bou

daarop; maar elkeen moet oppas

hoe hy daarop bou” (vs 10).

Vir baie jare het baie mense van

verskillende gemeentes in die

GKSA geplant en natgegooi in

Eersterust. God het volgens sy

raadsplan dit so beskik dat die

Gereformeerde Kerk Die Kandelaar

die fondament afgerond het.

Dit is my en Cora se voorreg om

getuies te mag wees van die groei

wat God gegee het in Eersterust.

Die groepie van 15 broeders en susters

wat twee jaar gelede besluit

het om onafhanklik voort te gaan,

het intussen meer as verdubbel.

Steeds is die erediens ingerig volgens

dit wat hulle geleer is deur

die van u wat daar werksaam

was. Die Psalms word gesing, die

wet gelees, belydenis van geloof

gedoen, die Woord verkondig en

gebid op grond van die Woord van

God.

gemeente laasjaar ds Kayayan

ondersteun het met die publisering

van sy boek. Hier wil ons

graag ook ondersoek of ons op ‘n

meer vaste basis betrokke kan

wees.

Ander aksies en moontlikhede

Ons is van mening dat die

gemeente daadwerklik by ons

naaste betrokke moet raak; mense

in ons eie omgewing. Daar is reeds

verskeie aksies deur gemeentelede

en instansies begin en ons sou

graag ondersoek of ons gemeentelede

daar behulpsaam kan wees

(AROS, Onderlinge Sorgvereniging,

oue-tehuis- leesprojek in Eersterust,

ens.)

Afsluiting

Soos u kan sien is daar baie werk.

Ons raak so baie keer ingesuig in

die vereistes (soms dooie roetines)

van ons werkgewer en die besige

lewe wat ons vir onsself geskep

het, dat dit eintlik ‘n afgod geword

het. Kom laat ons weereens besin

wat die opdrag is wat God ons

gegee het as konings, priesters

en profete hier op aarde.

Reg langsaan gaan die charismate

voort met hulle “lekker kerk”. Die

VGK (Verenigde Gereformeerde

Kerk) is ’n end verder vergader in

hulle groot geboue met ’n miernes

van bedrywighede, maar hierdie

groepie gelowiges in Eersterust

wil bewustelik gereformeerd wees

en God dien soos dit Hom behaag

en nie mense nie.

Tans word preke voorgelees deur

broeders Jafta Van ’t Voore en

Clive Monacks; beide voormalige

bedienaars van die Woord in die

GKSA wat tot ’n ander staat van

lewe oorgegaan het om verskillende

redes, maar steeds nie die

Augustus/September 2009 11

oeping om die Woord te bedien

kan stilmaak in hulle binneste

nie. Ds Rodney Van Wyk van

Kaapstad het ook van tyd tot tyd

daar die Woord bedien. Die katkisasie

gaan voort en elke Sondag

word die Heidelbergse Kategismus

getrou geleer.

Hierdie broeders en susters het

Die OJV’s en Hollandse studente besoek Mukhanyo

Op Sondag, 12 Julie, het ons in 4

tale in die Here se Naam vergader.

Nederland, met ongeveer 20 studente

en 2 predikante, Die Kandelaar

met ongeveer 15 jongmense en

KwaMlanga met 26 volwassenes

en 8 kinders. Ds Andre Jansen het

die diens gelei en KwaMlanga se

predikant het as “tolk” opgetree.

Die diens was in Engels en Noord-

Sotho. Daar is geopen met sang uit

die “Lifela tsa Sione”. Die preek

was uit Spreuke 30:8 en 9 met ‘n

boodskap van rykdom in jou hart

eerder as rykdom in jou beursie.

Die mense redeneer so dat mense

wat uit Europa kom ryk is en hulle

wonder hoekom die Europeërs na

Suid-Afrika kom wat dan so arm

is. Ds Jansen meen egter dat die

Europeërs met hulle vol beursies

arm in die geloof is en dat die rykdom

afgodery is. Die mens begin

in homself glo en verwerp God. Hy

begin homself dien. In Suid-Afrika,

of altans daar by Kwa Mlanga, is

armoede. Tog is daar rykdom in die

geloof. Mense leer om mekaar te

dien en vir mekaar iets te beteken.

Hulle dien nie hulself nie, maar

vir God. Agur het vir God gevra

12 Augustus/September 2009

nou ’n versoek gerig aan die Gereformeerde

Kerk Die Kandelaar om

hulle behulp saam te wees met die

proses van afstigting/ instituering.

Die kerkraad het besluit om aan

hierdie versoek te voldoen. Verskeie

potensiële kerkraadslede in

Eersterust is reeds geïdentifi seer

en sal toerusting ontvang. Lid-

om hom nie armoede of rykdom te

gee nie en dan God te verloën nie,

maar eerder sy daaglikse brood en

dat hy God se Naam verheerlik

en heilig hou. Verder voorsien God

in elkeen se behoeftes, maar ons

moet steeds daarvoor werk. Ons

moet op God vertrou dat Hy ons

sal voed met die daaglikse brood,

maar dit mag ons nie lui maak

nie. Ons moet nie agteroor sit en

sê “God sal tog vir ons sorg” nie.

Trust is not to become lazy! Vertrou

op God. Ons moet sy hand

vashou en Hy hou ons hand vas.

Al los ons sy hand, hou Hy steeds

ons hand vas.

Na die prediking het ons op versoek

van die Hollanders “Shout to the

Lord” gesing en die swartmense

het weer uit die “Lifela tsa Sione”

gesing. Daar is gevra of iemand

van hulle wil voorgaan in gebed en

een van die ouderlinge het in hulle

taal gebid. Vir dié wat egter nie

die taal verstaan nie, is dit nogal

ontstigtend, want mens weet nie

wat gebid word nie en dink aan

enigiets anders. Hulle kan baie

lank bid en sing. Na die gebed is

die kollektes opgeneem. Daar is

mate sal besoek word en gespreksgeleenthede

met belangstellendes

sal benut word. Ons vertrou dat

die Here sal voortgaan om groei te

gee. Hulle plig word nou: “elkeen

moet oppas hoe hy daarop bou.”

Alwyn Bezuidenhout -

sendingwerker te Eersterust

weer in hulle eie taal gesing en

die seën is uitgespreek.

Die groep Hollandse studente het

na vore getree en wou iets aan

hulle voorhou. Hulle het liedjies

gesing (sogenaamde Christelike

liedere) waarvan die woorde lui

“ek is gelukkig, want ek is u kind”.

Die swart vrouens het gedans.

Later is daar vir ons gemeente se

jongmense gevra om iets te sing en

ons het Psalm 47 gesing. Die swart

predikant het na die sang gesê:

“this is our brothers – this is the

people we know.” Dit is duidelik

dat ons net moet vashou aan God

se Woord en nie ons eie wil op die

voorgrond stel nie.

Verder deur die loop van die dag

het ons as die Kandelaarjeug die

Hollandse studente oorgenooi na

ons kerkgebou. Ons het hulle onthaal

in die vorm van koffi e, tee en

sop. Daarby het broeder Maurits

van Renssen ook bietjie met ons

gesels. Die praatjie wat hy aan ons

voorgehou het was meerendeels oor

die verband tussen ons gemeente

en Mukhanyo, en dan ook wat ons

gemeente se sendingkommissie in

samewerking met die gemeente vir

die toekoms beplan en ook wat ons

beplanning is met Eersterust.

Die Hollandse studente was ook

deel van ons aanddiens waarby

hulle kon meemaak hoe ons as

gemeente saam die Here dien en

loof deur suiwere bediening van

Gods woord en ook ordelike samesang.

Namens die OJV’s –

Johan Boersema en Willemien

Nederveen

MUKHANYO COMMUNITY DEVELOPMENT CENTRE (MCDC)

MCDC-nuus – Junie 2009

Uiterste nood van

mense wat met MIV/

Vigs saamlewe

Ons tuissorgspan het hulle in

‘n klein kamertjie in die agterplaas

van ‘n groot huis gekry: die

ma en seuntjie op ‘n bed sonder

matras – bewend van koue en tot

die dood toe siek. Op die vloer was

‘n handvol kleuters op een urinedeurdrenkte

kombers. Buite was

dit 2°C. Die stukkende venster

is met papier en lappe toegestop,

maar ‘n snerpend koue wind het

nog by openinge ingeswiep. Een

muur van die vertrekkie kan enige

oomblik inmekaarsak. Hulle kon

nie onthou wanneer laas hulle iets

geëet het nie. Elf mense woon hier:

Thandi, haar eie kinders en haar

kleinkind, maar dan sommer ook

nog kinders wat haar suster daar

afgelaai het voordat sy in Limpopo

gaan werk het. Sy stuur ongeveer

R200 elke drie of vier maande.

Thandi is 46 en HIV positief. Vanuit

die groot huis op die werf kom

die klank van ‘n etery en gelag.

Thandi se pa bly daar met sy nuwe

vrou. Hy is ‘n pastoor. Hierdie

is nie ‘n eenmalige prentjie nie.

Mukhanyo Gemeenskaps Ontwikkelingsentrum

se span kom daag-

liks op sulke hartverskeurende

omstandighede af.

Hierdie meisie (onder) is in graad

5. Sy sorg vir haar babasussie

en ook vir die ander kinders in

die gesin.

Haar ma is baie siek. As sy sterf,

sal die meisie die hoof van die

huishouding wees. Sy kook ook

vir hulle – as daar iets is om te

eet.

Maria en haar dogter, Sylvia

woon in ‘n sinkhuisie. Nie een het

‘n werk nie. Saam sorg hulle vir

8 kinders: hulle eie en ook familielede

s’n wat elders werk gaan

soek het. Onder die kinders is ‘n

Down Sindroom-outjie wat baie

aandag nodig het. Die groter kinders

moet by bure slaap. Maria is

baie bekommerd oor hulle, maar

daar is net nie plek vir almal in

haar huis nie.

Tuissorg

Volgens Randy Finckbeiner, tuissorgbestuurder,

kan hulle werk

baie oorweldigend en soms demoraliserend

wees. Hoe maak mens

‘n verskil in soveel seer, siekte,

koue en armoede? KwaMhlanga se

werkloosheidsyfer is 80%. “Maar

as jy weer die lig in ‘n kind se oë

sien opfl ikker nadat hy ‘n paar dae

kos, liefde en omgee ervaar het, is

alles die moeite werd. As jy sien

hoe siekes reageer op die regte

medikasie en weer kans sien vir

die lewe, kan jy ook weer aangaan

en volhou. Ons moet net heeltyd

ons oog op God hou – onthou dat

Hy in beheer is. Dan doen ons

wat Hy van ons verwag” sê Celia

Mahlangu, een van ons sorgwerkers.

“Ons neem die siekes kliniek

toe, waar hulle vir HIV/Vigs en

TB getoets word. Ons bring vir

hulle kos en beddegoed. Die grootste

struikelblok met HIV/Vigs is

bygeloof en stigma. Ons kry vir

die siekes anti-retrovirale medikasie,

maar hulle gaan probeer eers

enigiets anders. Met familie wat

hulle verwerp en oortuig dis bose

Is die vas wat Ek wil hê,

nie dít nie: ...

dat

jy vir dié wat honger is,

van jou brood gee nie,

dat

jy aan die armes en die

dakloses ‘n blyplek gee nie,

dat

wanneer jy iemand

sonder klere sien, jy vir hom

klere gee nie,

dat

jy jou medemens

nie aan sy lot oorlaat nie?

Jesaja 58:6,7

geeste wat die siekte veroorsaak,

gaan hulle heel eerste toordokters

toe of probeer tuisrate. As dit te

laat is, kom die siekes terug na

ons en vra of ons God hulle sal kan

help. Al wat ons hulle dan kan

gee, is die versekering van God se

genade. As hulle sterf, laat hulle

‘n handvol wesies agter”.

Puntjie van die ysberg

Randy sê hulle sorg vir 300

pa siënte in die area, maar dit is

net die puntjie van die ysberg.

“Ons area is in 9 wyke verdeel.

In vyf van die wyke is daar MCDC

sorgsentrums vir wees- en kwes-

Augustus/September 2009 13

are kinders, waar hulle kos en

geestelike ondersteuning kry.

Daar versorg ons reeds 1000 kinders

en 200 pasiënte – familielede

van die kinders wat sentrums toe

kom. In die ander wyke waar ons

nog nie sentrums kon oprig nie,

kan ons net 10 kg mieliemeel per

gesin per maand afl ewer. Hoe

voed mens ‘n dosyn monde met ‘n

UIT DIE KERKRAAD .....

Kort verslag van die kerkraadsvergadering met diakens gehou op

20 Julie 2009

1. Opening

Nadat die voorsitter die vergadering

op Christelike wyse

geopen het, word die agenda

vasgestel.

2. Ordesake

Terugvoer GKSA se voortgesette

sinode van 29 Junie-3

Julie 2009. Daar was reeds

‘n verslag van br Rien van

der Meer in die Julie 2009

uitgawe van Kerk en Woord.

Die belangrikste besluit was

dat susters nie in die amp

van ouderling of predikant

mag dien nie. Die kerkraad

is bekommerd oor die wyse

waarop die sinode die besluit

geneem het. Besluit word dat

die drie afgevaardigdes uit

ons gemeente saam ‘n beskrywingspunt

sal opstel vir voorlegging

aan die kerkraad.

3. Rapporte

3.1 Die diakonie se geredigeerde

notule van hulle vergadering

op 25 Mei 2009 word

deur die kerkraad bespreek.

Enkele onduidelikhede word

uitgeklaar. Behalwe verslagdoening

van besoeke aan

gemeentelede word o.a. die

volgende vermeld: Vir doeleindes

van die jeug en Diens van

Barmhartigheid word Kerk en

Woord op CD opgeneem wat

blykbaar ‘n groot sukses is.

14 Augustus/September 2009

sak meel vir ‘n maand? Hoe kan ‘n

pasient op ARV beter word sonder

voedsame kos?”

Ons doen ‘n beroep op elkeen wat

hierdie nuusbrief lees om ons

te ondersteun in die vorm van

fondse, mieliemeel, blikkies - of

ander ingelegde kos of droë en

gedehidreerde kos. Ook klere en

komberse asseblief.

Verder oorweeg die diakonie

‘n voorstel om weer ‘n siekekamer

by die kerk in te rig.

Ook word dank uitgespreek

vir die GK Elandspoort-projek

wat blykbaar goeie voortgang

geniet. Heelwat items is

uit die gemeente vir die hulpverlening

ontvang. Met groot

dank word die verslag van die

diakonie se werksaamhede

deur die kerkraad aanvaar.

3.2 Die 7e vorderingsverslag van

die SEKK kom aan die beurt.

Dit gaan hoofsaaklik oor die

evangeliebedieningsbeleid,

die evangeliebedieningsplan

en die drie-maandelikse verslag

van br Alwyn Bezuidenhout.

Dit word om die beurt

deur die lede van die kommissie

(brs Maurits van Renssen,

Eddie Boersema en Alwyn

Bezuidenhout) aan die vergadering

voorgehou. Al drie

voorleggings word met groot

dank unaniem deur die kerkraad

aanvaar. Wat betref Eersterust

lê br Alwyn ‘n skrywe

van die betrokke broeders en

susters voor waarin hulle meld

dat die Here nou groei gee op

dit wat in die verlede deur

o.a. Die Kandelaar geplant

is. Hulle versoek nou dat die

kerkraad hulle behulpsaam sal

wees met die totstandkoming

van ‘n selfstandige gemeente.

Die kerkraad besluit om in

Skakel Randy by 072 267 1006 of

Anna by 083 233 0981 of Kobie by

072 867 0947 vir meer inligting.

Vir MCDC aangeleenthede, bel

Kobie by 072 867 0947 of stuur

e-pos aan kobie.coetzee@gmail.

com

beginsel die instituering van

‘n gemeente in Eersterust te

steun. Vir verdere inligting

oor die onderskeie voorleggings

deur die SEKK, sien

elders in hierdie maand se

Kerk en Woord.

Die SEKK het behalwe bogenoemde

ook ‘n voorstel ingedien

wat betref Die Kandelaar

se webblad. Die bedoeling is

om in samewerking met die

kerkkantoor en ander rolspelers,

die webblad op ‘n meer

permanente basis te vestig.

‘n Kontrakteur sal hiervoor

gesoek word. Die kerkraad

keur die versoek goed.

3.3 GKSA-trakteringsriglyne. Die

riglyne is aan die kerkraad

voorgelê en unaniem aanvaar.

Die predikant se traktement

sal dienooreenkomstig herstruktureer

word sonder om

die bestaande begroting te

verander.

4. Korrespondensie

4.1 Skenking van teologiese boeke

van ds Hennie van der Byl. ‘n

Antwoord-skrywe is van ds van

der Byl ontvang waarin hy meld

dat hy slegs bewus was van Die

Kandelaar se kerkbi blioteek.

Hy laat die bestemming van

die boeke aan die diskresie van

die kerkraad oor. Die kerkraad

besluit om die boeke in die

kerkbiblioteek te plaas.

4.2 Skrywe van br Rien van der

Meer waarin hy as argivaris

daarvan melding maak dat

‘n aantal nuwe argiefstukke

in die kerkargief opgeneem

is. Dit behels VGKSA sinodehandelinge

sedert Februarie

1972 tot en met November

2006. Die kerkraad neem met

dank hiervan kennis.

4.3 Skrywe van br Rob van der

Kooy m.b.t die aanstel van

‘n gesamentlike kommissie

insake die benutting van fasiliteite

deur Die Kandelaar,

GSDP, AROS en ARSO. Die

kerkraad besluit om aan die

versoek te voldoen en benoem

die koster, ‘n lid van die KvB

en br Hendré du Preez om deel

te wees van die kommissie.

5. Afsluiting en broederlike

vermaan

Dit is die laaste vergadering

voor die nagmaal op DV 2 Aug

Diens van Barmhartigheid

Werksaamhede van

die diakonie

Volgens artikel 25 van die kerkorde

is die pligte van die diakens

die volgende:

• Om die liefdegawes te versamel;

• Dit verantwoordelik uit te

deel;

• Dié besoek en vertroos wat in

nood verkeer;

• Toe te sien dat die gawes nie

misbruik word nie;

• Aan die kerkraad verslag doen

van die diakonie se werksaamhede.

Die amp van diaken is deur God

ingestel (Hand 6) en daarom moet

ons ook aan sy vereistes voldoen,

soos dit ook in die bevestigingsformulier

staan: “Sodoende moet u

Christus, u medegelowiges en alle

mense dien, die gemeente tot diens

toerus en die liefde van Christus

2009 en die voorsitter vra die

broeders of almal vrymoedigheid

het om aan die tafel van

die Here aan te gaan. Dit

blyk so te wees. Wat betref

die broederlike vermaan vra

niemand die woord nie. Na ‘n

dankgebed sluit die voorsitter

die vergadering.

Kerklike stand Julie

2009

Gebore:

Op 14 Julie, Anke, dogter van br

en sr André en Irma Venter.

Gedoop:

Op 26 Julie, Anke, dogter van br

en sr André en Irma Venter.

Met reisattestaat teruggekom:

Op 28 Junie, sr Geertje Anholts

uit Nederland.

tot verheerliking van God in die

wêreld laat skitter”.

Steeds mog ons in die afgelope

jare ondervind dat die HERE sy

geloftes getrou nakom en dat Hy

vir Hom ‘n kerk vergader wat Hom

dien en volgens sy Woord wandel

en dat Hy sy kerk sal bewaar tot

die einde toe en dat ons lewende

lidmate moet wees.

Met die krag en werking van die

Heilige Gees kon ons ook dié werk

as diakens verrig. Daarom kom

al die eer en roem vir die ampswerk

van die diakonie nie aan ons

as mense toe nie, maar aan Hom

wat leef en regeer tot in alle ewigheid.

Om die rede moet ons as diakens

deur Hom, wat ons daartoe geroep

het, die amp verrig na die beste

van ons vermoë.

Rentmeesters

Ons is almal geroep, klein en

Grootmagtig was U daad.

Hoe meld my mond

U wonders so oneindig

ryk? Wie is op aarde aan U

gelyk?

Wie kan, o Heer,

U grootheid ooit

deurgrond?

Geen gawe of offerande,

gebring deur mensehande,

was ooit U wil of eis.

U het my oor deurboor,

dat ek U Woord kan hoor

as hoogste dankbewys.

Psalm 40:3 (berym)

groot, om ons rentmeesterskap

hier op aarde uit te leef, wat beteken,

dat ons met die Here se eiendom

werk en dat ons niks uit ons

self besit nie. So mag ons dit ook

aan die gemeente deurgee.

Dit is met vreugde en dankbaarheid

dat ons mag meld, dat die

kollekte vir liefdadigheid, nadat

daar oproepe gedoen is, gestyg

het. Sodoende kon daar aan die

verpligtinge voldoen word, nl. die

versorging van behoeftige lidmate,

sonder om die voorsieningsfonds te

gebruik. Soos in die Wandelgang

gesien kan word, wissel die steun

binne ons gemeente tans tussen

vyftien en twintig duisend rand

per maand.

Ook verleen ons maandelikse

steun aan die President Kruger

kinderhuis, die Gereformeerde

Kerk Elandspoort en aan mev

Sehoole, weduwee van dominee

Sehoole.

Augustus/September 2009 15

Die diakonie dien ook as bondelkommissie.

Alle steunaanvrae

wat die kerkraad in verband met

barmhartigheid ontvang, word

na die bondelkommissie verwys.

Nadat daar seker gemaak is dat

die fondse van die aansoekers

goed bestee en geadministreer

word en dat daar bv. geen gelde

van die lotto ontvang word nie,

word kollektes toegeken aan

instansies soos President Kruger

kinderhuis, diakonie Messina

(vir Gereformeerde Kerke in

Zimbabwe) en Botswana sending,

ens. Dié kollektes staan bekend

as “ Steun buite ons gemeente”

en die datums vir die kollektes

word agter in die inligtingsboekie

aangedui.

Wyksbesoeke

Daar is tien wyke. Elke wyk het

twee ouderlinge, een diaken en ‘n

wyksuster. Gedurende pouse op

die kerkraadsvergadering word

inligting tussen die wyksouderling

en wyksdiaken uitgeruil om

sodoende op hoogte te bly van die

wyk.

Daar word elke maand besoeke

afgelê meestal deur twee diakens

16 Augustus/September 2009

saam. Soms word besoeke gedoen

deur ‘n diaken met ‘n ouderling.

Elke diaken moet in sy termyn

van drie jaar deur sy wyk gaan.

In die begin van die jaar word

tydens die diakonievergadering

deur middel van stemming ‘n voorsitter,

algemene adjunk, sekretaris

en kassier aangewys.

Ons vergader een keer per maand

– as reël die laaste Maandag van

die maand. Ook vergader ons een

keer per maand met die ouderlinge

(breë kerkraadsvergadering).

Hierdie vergadering ontvang

‘n geredigeerde notule van

die laaste diakonievergadering

sodat die ouderlinge op hoogte kan

bly van diakonale sake.

Op die diakonievergadering word

verslag gedoen van elke besoek wat

afgelê is en ‘n besoekvorm word

ingevul. Met die inligting o.a. oor

mediese fondse en pensioenvoorsieninge

kan ons as diakonie ‘n

beplanning doen om te bepaal hoe

groot die voorsieningsfonds moet

wees. Ons is dankbaar om te kan

meld dat dié fonds die laaste tyd

as gevolg van skenkings uit die

gemeente gegroei het.

Nou ook in Afrikaans!

Klankopnames

DIE BYBEL OORVERTEL VIR OUD EN JONK

Die eredienste word elke Sondag

op CD opgeneem en aan belangstellendes

of siekes uitgeleen of

kopieë word gemaak. U kan die

kerkkantoor of in geval van siekte

u wyksdiaken skakel.

Uit die diakonie word elke jaar

drie diakens aangewys wat die

jaarlikse geselligheid vir ons

senior burgers (65 plussers) en

alleenstaandes beplan. Dit word

deur oud en jonk (diakens en

hulle vroue) baie geniet. Tydens

ons besoeke word daar ‘n beroep

gedoen op ons jong broeders en

susters asook op jong gesinne om

besoeke af te lê by ons senior burgers,

alleenstaandes en eensames,

sodat hulle nie van die geloofsgemeenskap

vervreemd raak nie.

Ook word tydens besoeke die werking

van die Onderlinge Sorgvereniging

verduidelik.

Ons, as diakens, se bede is dat

ons Hemelse Vader ons sy genade

skenk sodat ons hierdie diens

getrou en vrugbaar mag uitvoer

tot opbou van sy kerk.

Die diakonie

BOEKENHOUT Teologiese en Akademiese boekhandel

Die Afrikaanse vertaling van ‘n kindervertelboek wat in Nederland reeds 30 keer herdruk is.

Die boek is geskryf deur Gesina Ingwersen en is in Suid-Afrika in maklike en duidelike Afrikaans vertaal.

Die skryfster het uit byna alle Bybelboeke vertellings gekies. Sy toon duidelik die eenheid tussen die Ou en Nuwe Testament

aan. Veral die uitsien na die koms van die Messias, so dikwels in die Ou Testament genoem, kom duidelik na vore. ‘n

Mens kom onder die indruk van die groot en heilige God, wat barmhartig en genadig, maar ook regverdig is.

U kan hierdie boek aan u kinders gee of daaruit voorlees. U en u kinders kan dit ook gebruik vir Bybelstudie, kategese en

evangelisasie. Onderwysers sal die boek baie nuttig vind vir die voorbereiding van Bybellesse.

Die uitgewers (Die Boekuitgewers) vertrou dat hierdie vertelboek deur baie gelowiges gebruik sal word, en dat ook mense

wat nog nie met die Bybel vertroud is nie, hierdeur die grootheid en trou van die Here God en die eenheid van die Bybel

begin raaksien. Mag die verlossing deur Jesus Christus ook vir hulle ‘n sekerheid word.

Hoewel hierdie boek ‘n vertelboek is, is dit nie ‘n kindervertelboek waarin die outeur meer sê as wat die Bybel toelaat nie.

Daar is streng by Bybelse gegewens gebly, wat hierdie boek ‘n betroubare gids en verteller van die grootste Boek in die

wêreldgeskiedenis maak.

Uitgegee deur Die Boekuitgewers.

793 bladsye, hardeband, geïllustreer.

Prys R298 + R10 posgeld.

Bestelbaar by BOEKENHOUT,

Posbus 31120, Totiusdal, 0134.

Dickensonlaan 1180, Waverley,

Tel 012 332 3227/8

Sel: 072 406 9829.

E-pos wn.arso@lantic.net

By BOEKENHOUT kan ook alle

ARSO-skoolboeke ingesien en bestel

word.

In die sweet van jou aangesig .....

Jy word uitgenooi na ‘n vergadering

i.v.m. beleggingsmoontlikhede.

Op die vraag wat die belegging

behels, kom die antwoord:

beleggingsbesighede in eiendom.

Verder mag niks gesê word nie

(agterna word dit duidelik dat die

persoon skriftelik beloof het dat

hy niks meer inligting sal meedeel

nie).

Die aanbieding begin met lewendige

kontemporêre musiek – die

liedjie ‘One in a million’ – en

daarna die vraag oor hoe dit sal

voel om fi nansiële vryheid te hê.

Indien jy vandag R40 000 neersit

kan jy binne slegs 6 maande ‘n

miljoenêr wees! Al wat jy moet

doen is om nog twee persone so

ver te kry om deel te word van

die ‘Business Club’ en jy word

outomaties ‘n ‘executive member’.

Van nou af kry jy R6 000 rand

vir elke persoon wat jy oorhaal

om aan te sluit – en nou ‘begin

jou geld vir jou werk’ wanneer jy

ook sommer nog R6 000 kry vir

elk van twee persone per persoon

wat jy laat aansluit. (Is dit die

suur melk-kubusse wat ek hier

ruik?) Dit alles is so maklik. Die

aanbieder spog selfs dat hy en ‘n

paar ander bereken het dat dit

gemiddeld slegs ses ure van hul

tyd neem om iemand te laat aansluit;

‘n R1 000 vir ‘n ‘uur se harde

werk’ – plus nog R12 000 vir jou

omdat iemand anders so ‘hard

werk’! Breedvoerig word verduidelik

dat hoe meer geld jy neersit

(daar is 4 kategorieë/planne van

silwer tot diamant) hoe meer geld

kan jy kry, asook punte. Maar

waarvoor is die punte? Nee, dit

word nog nie bekend gemaak nie

en jy mag ook nie nou al vrae vra

nie – eers later. Jy verwonder jou

stokfl ou hoe dit moontlik is om so

maklik en vinnig so baie geld te

maak. Waar is die skuiwergat en

gaan ons dit ooit raaksien, nadat

hulle dubbel seker gemaak het dat

jy mooi verstaan hoe maklik dit

is om so baie geld te maak deur

byna nie ‘n vinger te verroer nie?

(Hoe meer sosiale kontakte jy het

en hoe ryker hulle is, hoe beter!)

Dan word die vraag gevra: Wie hou

nie van vakansie nie? Uiteindelik

lyk dit of daar ‘n moontlikheid van

‘n liggie opgaan – die punte is vir

‘n vakansiesisteem. Vir 20 jaar

kry jy jaarliks ‘n x-bedrag punte

(hoe beter plan jy gekies het, hoe

meer punte). Jy kan landswyd

en selfs wêreldwyd gaan vakansie

hou en sommer sakke vol geld

spaar. Vat sommer vriende saam

met die vakansie en jy trakteer

op die verblyf as hul die vliegtuigkaartjies

betaal (nog meer geld in

En Hy sê vir hulle:

Pas op en wees op

julle hoede vir die

hebsug, want iemand

se lewe bestaan nie uit

die oorvloed van sy

besittings nie.

Lukas 13:15

jou sak terwyl jy joviaal voorkom!)

Wat meer wil jy hê: maklike geld

met heerlike vakansies reg deur

die jaar – en dit onder die vaandel

van meer tyd saam met jou geliefdes.

(Onmiddellik word ek herinner

aan die oproep om oordeelkundig

te wees met naweekvakansies

aangesien ons dan steeds minder

onder Woordverkondiging kom).

Mensig, maar dis mos ‘n piramideskema!

Nee, sê hulle, 25% gaan na

SARS, die ouditeure hou dit dop en

die wetgewer het sy goedkeuring

hieraan gegee. Maar ons weet ook

dat ons landswette aborsie wettig.

Dit blyk dat die vakansietyddeel

net ‘n skans is om dit wettig te

maak, maar dit bly steeds ‘n pira-

mide-skema/woekerwins. Jy koop

dus vakansie vir 20 jaar en jy word

ryk deur nog mense te oorreed om

vakansie te koop. Die skans is dat

jy die geld verdien wat jy so maklik

kry, want eintlik ontvang jy die

bemarkingsfooi vir die transaksie.

Dit sou waar gewees het as dit

so aan ‘n mens voorgehou word,

maar dit was nie! Die klem van

hulle aanbieding lê op emmers vol

maklike geld. Die vakansietyddeel

blyk eintlik ‘n baie goeie produk te

wees, maar dan met ‘n woekersousie

daaroor.

Baie ongemaklik probeer ons aan

die persone wat ons graag wil werf

(wat terloops sê dat hul behoudend

gereformeerd is) verduidelik dat

ons as Christene nie hieraan mag

deelneem nie omdat dit woekerwins

is.

Voor my geestesoog kan ek sien

hoe die Satan se trawante glimlaggend

in hul hande vryf oor die

hordes mense wat swig voor die

versoeking van Mammon en idilliese

vakansies. Dit was so hittete

of ons het met skille voor ons

oë in die versoeking getrap. Ek

kon klaar aan hordes kandidate

dink aan wie ek die “tyddeel” kan

bekendstel. Mense buite en binne

die gemeente. Sal dit nie wonderlik

wees as ons almal ontslae is van

fi nansiële laste nie? So ‘n skema

versprei byna vinniger as ‘n veldbrand

en binne die korts moontlike

tyd kan ons hele gemeente

en gemeenskap betrokke wees

by ‘n grootskaalse woekerwins.

Die Satan is listig en bedink die

allerslimste planne om die mens

te versoek. Ons weet dat ons in die

sweet van ons aangesig ons brood

sal kry en dat die geld nie net in

ons skoot sal neerklingel nie. Ons

moet mekaar help om waaksaam

te bly teen die versoekinge in die

wêreld. Mag God ons geopende

oë gee om dit raak te sien en die

innerlike krag om daarteen te

stry.

Tabita Winter

Augustus/September 2009 17

Briewe van lesers .....

Vrae oor sinode 2009

“Dat die vrou nie in die regeeramp

(van ouderling en predikant) mag

dien nie, is op die onlangse Algemene

Sinode besluit, maar wat

van die besware teen die vrou in

die diakenamp, is dit nog op die

tafel of moet ons nou weer van

vooraf die pad loop; hoe aanvaarbaar

is dit? Ek voel baie ongelukkig

daaroor en wat staan ons nou

te doen?”

Stemme van ongelukkigheid gaan

op en dit is duidelik dat hier steeds

nie eenstemmigheid is nie.

Antwoord:

Waarom is die saak van die vrou

in die diakenamp nie bespreek

nie?

Toe die slaag van die beswaarskrif

van Streeksinode Randvaal

die besluit van 2006 omkeer, het

die sinode van 2009 besluit om

‘n kommissie aan te stel met die

opdrag om:

“... alle onafgehandelde sake uit

Sinodes 2000 tot 2009 oor die vrou

in die kerk te ondersoek en op die

volgende sitting in die lig van hul

studie te adviseer oor die behandeling

en/of afhandeling daarvan.”

“Die kommissie moet alle relevante

materiaal in die studie verreken.

Hierby is die opdrag van Sinode

2003 (Acta 2003:593. pt 14), die

studierapporte en die kommissierapporte

van Sinode 2006, sowel

as die studierapport van Sinode

2009 ingesluit.”

“Die studie moet die saak van die

vrou in die kerk, wat die vrou in al

die besondere dienste insluit (Acta

2004:441, pt 5) in ‘n nuwe rapport

ter tafel bring vir besluitneming

deur die Sinode.”

Die rapport van die kommissie

onder die naam ‘Saak van die

Vrou’ het toe op die tweede sitting

van die Sinode gedien. Op bl.

2 van die rapport vat die kommis-

18 Augustus/September 2009

sie sy opdrag soos volg saam:

“Die kommissie moet deur ‘n nuwe

rapport die saak van die vrou vir

besluitneming op die sinode ter

tafel bring deur:

• die posisie van die vrou in die

kerk in die algemeen te ondersoek;

• die posisie van die vrou in die

besondere dienste te ondersoek.”

By die laaste punt is die volgende

voetnoot: “Sinode 2009 het reeds

die saak t.o.v. die vrou in die diens

van diaken afgehandel deur die

besluit van Sinode 2003 te herstel

op grond van die geslaagde

beswaarskrif van Streeksinode

Randvaal. Die besluit van Sinode

2003 waarvolgens vroue verkiesbaar

is tot die diens van diaken

kan alleen ordelik volgens KO art

46 by ‘n volgende vergadering in

behandeling geneem word.”

Voortspruitend uit hierdie verstaan

van sy opdrag beveel die

kommissie op bl. 34 van die rapport

ten aansien van onafgehandelde

sake, soos die beswaarskrifte teen

die vrou in die amp van diaken

ingedien by die Sinode van 2006,

wat nie behandel is as gevolg van

die slaag van die beswaarskrif

van Partikuliere Sinode Bosveld

(wat die besluit oor die vrou in

die amp van diaken van Sinode

2003 ongedaan gemaak het) die

volgende vir besluitneming aan:

“Dat die betrokke beswaarskrifte

reeds in 2006 ordelik afgehandel is

en dat besware teen die besluit van

Sinode 2003, indien daar sou wees,

met inagneming van die bepalings

van die KO by ‘n volgende toepaslike

kerklike vergadering ingedien

moet/kan word.”

Nadat die rapport volledig

bespreek is en daar kennis geneem

moes word van die opdrag (‘n

normale besluit-vasstellings-prosedure)

en oor die aanbeveling

(kursief hierbo) ‘n besluit geneem

moes word, is daar sterk beswaar

gemaak.

‘n Groot deel van die afgevaardigdes

was van gedagte dat dit wel in

die kommissie se opdrag ingesluit

was om die argumente vir die vrou

in die diaken amp, soos in 2003

besluit, te oorweeg. Hierby sou

dan ook al die beswaargronde in

die nie behandelde beswaar skrifte

van 2006 ingesluit gewees het.

Om kennis te neem van die

opdrag en veral deur die aanbeveling

goed te keur, beteken dat

daar nie weer beswaar teen die

besluit van die vrou in die amp

van diaken gemaak kan word nie.

Volgens KO art 46 sou daar dan

weer nuwe beswaargronde aangevoer

moet word. Die beswaarskrifte

van 2006 is immers as

afgehandel beskou.

Die Sinode het toe die aanbeveling

soos volg herformuleer: “Alhoewel

die agenda van Sinode 2006

ordelik afgehandel is, kan daar

steeds besware teen Sinode 2003

bestaan (die besluit waarteen die

beswaarskrifte gerig was). Sodanige

besware kan met inagneming

van die bepalings van die Kerkorde

(Sinodes 1991/1994 – wat

bepalings oor die hantering van

beswaarskrifte gee) en relevante

Sinodebesluite (aangaande die

vrou) by die volgende toepaslike

kerklike vergadering ingedien

word.”

Hierdie herformulering is algemeen

goedgekeur.

Dit beteken dat wat Sinode 2009

betref, die besluit van Sinode 2003

staan, maar dat dieselfde besware

daarteen, ingedien by die Sinode

van 2006, DV op die Sinode van

2012 weer aanvaar sal word vir

oorweging.

Dit beteken nie dat die meerderheid

afgevaardigdes wat teen die

voorstel

“ … dat vroue in die besondere

dienste van predikante en ouder-

ling mag dien” gestem het, gelukkig

is met die vrou in die diakenamp

nie – soos blyk uit die algemene

reaksie (veral van buite die

GKSA).

Ten slotte beteken dit dat die

Sinode ontbind is met die oortuiging

in die hart van elke afgevaardigde

dat die binding aan

die Openlike Verklaring steeds

staan. Oorwegings op ‘n volgende

kerklike vergadering moet geskied

op grond van die Bybel, Belydenis

en die Kerkorde.

Vrese vir verandering

Graag ‘n paar opmerkings na aanleiding

van dr Wikus Buys se artikel

‘’n God genaamd Verandering’

in Kerk en Woord Julie 2009.

Wanneer ons Numeri 14:1-10 lees

dan is daar ook sprake van ‘n verandering.

Die volk Israel wil ‘n ander leier

aanstel want hulle wil na Egipte,

na die slawehuis teruggaan. Hoekom?

Omdat hulle bang was. Die

manne wat saam met Kaleb en

Josua was het gesê: Ons kan nie

teen die volk optrek nie, want

hulle is sterker as ons. ‘n Duidelike

teken van die nie-aanvaarding

van God se beloftes, van sy

beskerming en onderhouding.

Josua en Kaleb wil die volk tot geloof

beweeg, tot die inbesitneming

van die beloofde land. Maar . . .

daar is sterk volke, reuse, kinders

van Enak. Ja, maar wat sê vs 9:

hulle beskutting het van hulle

gewyk en die Here is met ons.

In die ou Statevertaling staan

daar: “hun schaduw is van hen

geweken”. In Palestina, soos ook in

ons land, kan dit baie warm word

en dan is skadu baie belangrik.

Dit gee beskutting, bewaring, jy

kan weer verder, weer lewe!

Dus die skadu/beskutting/bewaring/beskerming

het van die volke

van die land gewyk, ja want die

land is deur die HERE aan Israel

belowe.

Wie die Woord glo het Kanaän

reeds in besit. Die vyand is magtig,

ook vandag. Die Satan is sterk,

loop steeds rond soos ‘n brullende

leeu, maar wie in die Seun glo hét

die lewe. Sy Woord hou stand in

ewigheid!

Hoe kan ‘n klein volk die reuse verslaan?

Nee hulle kan nie, nie die

volk nie, “nie die gereformeerdes

in die samelewing nie, maar die

wat gereformeerd belydend optree

in die samelewing”.

“Vrees of liefde – wat sal ons antwoord

wees?”

Josua, Kaleb (God self) of die

manne wat saam met hulle die

land verken het?

Inderdaad, “ ‘n magtige ideaal;

wie in Christus se opstanding kan

glo, kan ook in samelewingsreformasie

glo”.

Ybie Schuring

Linden-Doppers behou

vroue-ouderlinge

’n Tweede Doppergemeente het

besluit om vroue-ouderlinge te

bly bevestig, hoewel hul sinode

onlangs daarteen besluit het.

Die Gereformeerde gemeente

Linden se kerkraad het Dinsdag

besluit hulle staan by ’n besluit

wat hulle in 2006 geneem het om

vroue tot al die kerklike ampte

toe te laat.

Die besluit sal vanoggend aan die

gemeente voorgelê word.

Dit kom nadat die Gereformeerde

gemeente Wapadrant, die grootste

gemeente in dié kerkverband,

’n week vantevore besluit het om

steeds vroue as ouderlinge te

bevestig.

Sowel Wapadrant as Linden het

al sedert 2006, toe daar meer

onsekerheid oor die kwessie was,

vroue in hul ouderlingbanke verwelkom.

Albei gemeentes gaan

dié praktyk voortsit ondanks die

sinode se besluit dat dit gestaak

moet word.

Dr. Jacob Pretorius, leraar van

Linden, het by navraag gesê hul

kerkraad het die stap gemotiveer

op die feit dat die sinode se besluit

nie op die Skrif gegrond is nie. Die

sinode het twee botsende Skrifuitsprake

wat albei as geldig aanvaar

is onder die loep geneem en

deur stemming tussen die twee

besluit.

Leraars van Wapadrant het gesê

hulle het al enkele negatiewe reaksies

op hul besluit gekry, maar die

meerderheid van die terugvoering

was positief.

Johannes de Villiers

Johannesburg

RAPPORT - 25/07/2009 19:44

- (SA)

Vrae oor die gevolge

van die Algemene

Sinode se besluite en

reaksies daarop.

Kan iemand my help asseblief en

verduidelik wat nou gaan gebeur

of moet gebeur? Elke afgevaardigde

moet sy instemming betuig

met ‘n ‘Openlike verklaring’ wat

aan die begin van ‘n meerdere vergadering

voorgelees word. Hierdie

‘Openlike verklaring’ beteken vir

sover ek weet dat die afgevaardigdes

hulle sal neerlê by dit wat die

vergadering besluit op grond van

die Bybel en wat dan verder deur

die vergadering besluit word.

Die sinode het, volgens laasmaand

se Kerk en Woord en ook berigte

in die openbare pers, besluit dat

die vrou nie in die ampte van

ouderling en predikant kan dien

nie. Daar is egter ook in die pers

berig dat die GK Wapadrant en

GK Linden voortgaan met hulle

huidige beleid om vroue-ouderlinge

te bevestig. Hierdie optrede

is mos nou lynreg teen die Bybel

en ons ‘gesamentlike ooreenkoms’

en het tot gevolg dat almal maar

kan maak soos hulle lus het. Soos

in die Rigtertyd.

Wat gaan ons kerkraad byvoorbeeld

doen as hulle op ‘n meerdere

vergadering kom en daar is

vroue-ouderlinge wat deur sulke

Augustus/September 2009 19

gemeentes afgevaardig is? Waar

gaan dit eindig?

Kan iemand asseblief bietjie lig

werp op hierdie ‘onordelikheid’?

Kan so ‘n gemeente getugtig of

geskors word?

Jan Dopper uit die Moot.

Antwoord op ‘n reaksie

oor die artikelreeks:

‘Jode, Judaïsme,

Sionisme en die staat

Israel’.

Broeder Sip sê hy het ‘n probleem

na aanleiding van ‘n paar waarnemings

of opmerkings uit die artikel.

Ek reageer graag soos volg

daarop (kursief is wat br Sip geskryf

het):

1 “Onsekerheid by baie mense

oor Jode, die staat Israel, Sionisme,

Judaïsme”

Dis ‘n waarneming in die inleiding

van die artikel en maak nie

‘n inhoudelike verskil nie. Die

verskeie reaksies op die artikels

is moontlik ‘n bewys dat die waarneming

nie ver uit is nie.

2 “Lees van aandoenlike romans

en dink dit is die waarheid”

Die artikels maak duidelik dat

die romans inderdaad propagandisties

is.

3 “Onderwerp emosioneel

gelaai”

Weer net ‘n waarneming wat nie

‘n inhoudelike verskil maak nie;

Meteorietvoetslaanroete

Dit moes ‘n enorme knal gewees

het, die dag toe die meteoriet vanuit

die buitenste ruim die aarde

getref het. ‘n Stuk rots van omtrent

10 kubieke kilometer (min of meer

so groot soos Tafelberg) het die

aarde teen ‘n spoed van 20 km per

sekonde getref en op sy grondveste

laat bewe, met so ‘n geweldige slag

dat die skokgolwe daarvan vandag

20 Augustus/September 2009

dis reg met my as dit nie so ervaar

word nie.

4 “Dit manifesteer hom sterk

in politiek en samelewing”

en “Mense is bang vir die

gevolge”

Dit verwys na die feit dat o.m.

(baie) politici nie dinge eerlik

kan stel sonder ‘nadelige gevolge’

nie. Miskien sal ‘n ondersoek na

die ontstaan van B’nai B’rith en

die aktiwiteite van die ADL hier

kan help om dinge te verduidelik.(http://www.webshells.com/adlwatch/

5 “Jesus is nie ‘n Jood nie”

Die Nederlandse ontwikkeling

i.v.m. die woord ‘Jood’ het ek nie

nagevors nie. Wat ek geskryf het

is gebaseer op die Engelse kant

van die saak. Verder maak dit nie

‘n inhoudelike verskil nie of dit in

die 17e of 18e eeu eerste genoem

word nie. Daar is verskillende

menings omtrent hierdie taalkundige

saak. Raadpleeg: http://www.

biblestudysite.com/factsarefacts.htm

6 “Kazaars en Askenasies. ‘n

Vreemde opbou van die stelling.

Vraag: hoekom is die

ander geskrifte verkeerd?”

Br Sip vermeld nie wat vreemd

is nie en ook nie watter ander

geskrifte hier bedoel word nie. Vir

meer inligting sien onder meer die

laasgenoemde ‘skakel’.

7 “Is Israel werklik ‘n demokrasie?

Die vraag word nie eintlik

beantwoord nie. Wel

word vorme en gevolge van

demokrasie bespreek. Waar

nog te sien is. Die meteoriet het

diagonaal 17 kilometer diep in die

aardoppervlak ingebars en rotse

rondom laat smelt, wat later versteen

het en nog duidelik sigbaar

is, veral in die granietformasies.

Die aarde is hier omgedolwe met

meer as 90°, die harder lae het

die riwwe gevorm en die sagter

materiaal is weggespoel en het die

wil die skrywer met hierdie

vraag heen?”

Die skrywer het nie ‘n vraag gevra

nie, maar ‘n stelling gemaak:

“Israel Is Nie ‘n Demokrasie Nie”,

en dit kortliks ondersteun. Daar

is baie meer wat daaroor gesê kan

word.

8 “Die Jode vier met die Purimfees

die moord op ... “

Ek herhaal wat ek geskryf het:

“Die Jode vier met die Purim-fees

die moord op ongeveer 75000 ‘gentiles’

of anti-Semiete [heidene] ....

Hulle (hedendaagse Jode) sien dit

nie as die wonderlike feit dat God,

ondanks hulle oortredings van

sy gebooie, nogtans vir hulle bly

sorg het nie. Daar is geen beskeie

dankbaarheid nie maar ’n uitspattige

fees word gevier waarby ...”.

Verder: Ek het nie beweer dat die

woord ‘moord’ uit die Bybel kom

nie. Maar dit beskryf hoe die

fees tot vandag toe deur die Jode

gesien en gevier word.

Ter afsluiting

Daar is eintlik geen feit in twyfel

getrek of bestry nie met uitsondering

van die opmerkings oor die

woord ‘Jood’. Die reaksies was nie

inhoudelik of wesentlik nie, maar

meer ‘n uiting van ‘ek hou nie van

wat ek lees nie’, en ‘stop asseblief

die verdere publikasie’. Dit wil

voorkom dat hierdie ‘knieklap’probleem

nie deur die vermelding

van bronne sal verhelp word nie.

Hoe dan ook, inhoudelike vrae is

altyd baie welkom.

Herman Waagmeester

valleie tussenin gevorm. Dit wat

eens ‘n moeras was, is in bos- en

grasveld omskep.

Soos ‘n waterdruppel wat in ‘n glas

water val en weer opskiet boontoe,

het die meteoriet ook weer teruggeskiet

die ruimte in. Die hele ontploffi

ng was gelykstaande aan ‘n

ontploffi ng van 87 miljoen waterstofbomme

wat gelyktydig ontplof.

Die stof het binne ‘n paar uur

die hele atmosfeer van die aarde

gevul en, sê die slim manne, dit

het 30 jaar geduur voor die stof

weer gaan lê het! Dit is die oudste

en die grootste meteorietkrater in

die wêreld.

Vandag is die reuse-krater bedek

met ‘n sagte groen graskleed en

bome, met Vredefort in die middel

en Parys en Venterskroon verderweg.

Die Vaalrivier vloei daardeur

op sy pad see toe. Die plantegroei

herinner mens plek-plek

aan die Bosveld: soetdorings, blou

ghwarrie, dikbas, haak-en-steek,

wilde olyf, hardekool, kiepersol,

aalwyne, deurmekaarbos, mispel

en kerriebos met sy kenmerkende

geur en teen die suidekant van

‘n berg proteas. Daar is rotstekeninge

te sien en ook ruïnes van

Boere-nedersettings en oorblyfsels

uit die Boereoorlog sowel as

ou mynbedrywighede en oorblyfsels

van krale van swart stamme

wat lank voor die Boereoorlog

daar gewoon, mekaar aangeval

en verjaag het.

Thwane Boskamp

Die eerste nag slaap ons, die Otter

Voetslaanklub en ons gas ds Nardus,

in die Thwane Boskamp in

geriefl ike safari-tente met grasdakke

bo-oor. De Bruin (dis is

sy voornaam) is ‘n opgeleide gids

wat in die Thwane Bush Camp

woon. Hy het die eerste oggend

‘n hele ent saam met ons gestap

en heelwat interessante staaltjies

vertel, spore van wilde diere en

‘droppings’ uitgewys en bome en

plante se name genoem. Verskeie

boksoorte, rooikatte, vlakvarke,

ystervarke, jakkalse, bruin hiënas

ens. leef nog daar in die veld. Daar

word nog gepraat van ‘n luiperd

hier en daar! In die Vaalrivier

speel otters en dit is die habitat

van baie voëlsoorte, o.a. uile en

visarende.

Die roete neem ons deur die suidwestelike

gedeelte van die koepel

oor ‘n hoë berg met ‘n manjifi eke

uitsig oor die hele krater. In die

nanag het ons leeus hoor brul,

maar De Bruin verseker ons dat

daar geen leeus meer rondloop nie.

Daar is wel ‘n teelkamp vir leeus

op een van die plase, veilig agter

‘n wildheining. Van bo af probeer

ons leeus opspoor maar die bosse

is te ruig. Berg af en weer op en

oor grensdrade stap ons in die

warm son. Die afstand tot by die

volgende oornagplek Deelfontein,

is ongeveer 8 km maar in die middaghitte

voel dit baie verder, veral

as jy so hier en daar die pad byster

raak! Daar is twee kleihutte met

grasdakke, lekker beddens en ‘n

‘donkie’ buite vir warm water.

Baskop

Vroeg die volgende oggend vertrek

ons swaar bepak na Baskop. Die

roete gaan nog steeds oor berge en

deur valleie, digte doringbosveld,

lae struikgewas en ‘n wilde, welige

rankplant wat die hele wêreld oorwoeker

met die mooi naam ‘Boesmankruip’

met pragtige veeragtige

blommetjies wat van geel na

rooi verkleur. Verby ou murasies,

waarvan sommige, volgens ons

roetebeskrywing nog uit die ystertydperk

dateer. Teen agtermiddag

stap ons ‘n lang ent af langs die

Vaalrivier met digte oewerbosse

en baie voëls tot by Baskop – ‘n

verwaarloosde plaashuis met elektrisiteit,

‘n stoof, badkamers met

warm water – wat ‘n luukse! Die

plaas word nog bewerk en daar

loop beeste rond en ‘n troppie halfwilde

perde, honde, ganse wat in

die nag onder ons vensters raas,

twee poue wat op die dak sit en

skure met trekkers – ‘n regte boereplaas.

Sirkelroete

Die volgende dag is ‘n sirkelroete

en ons kan – lekker!! – ons swaar

rugsakke uitpak en net ‘n bietjie

padkos en water saamdra. ‘n

Lang, warm dag, maar baie mooi

met wye vergesigte en boereplase

waaroor ons stap. Daar is ‘n groot

dam met yskoue water wat vir

sommige Otters natuurlik onweerstaanbaar

is en twee Otters wat

die skrik van hulle lewens gehad

het met ‘n yslike pofadder wat

byna oor hulle voete tussen hulle

ingeseil het! Terug by Baskop wag

daar darem warm water en lekker

kos wat voorberei word. Ons sit

buite in die skemer en kyk uit oor

die traag-vloeiende Vaalrivier met

‘n pragtige koedoe wat ons vanaf

die oorkant staan en dophou.

Mooihoek

Vroeg uit die vere en vol moed val

ons in die oggendkoelte in die pad

na Mooihoek, ook so 8 km ver. Al

langs die oewers van die Vaalrivier

en dan veld-in. Die pad vat ons oor

verskillende plase, teen ‘n skuins

rant op met ‘n pragtige uitsig en

die Vaalrivier ver onder ons. Hoe

hoër ons klim, hoe mooier word die

natuur om ons. Tussen die berge

styg ‘n sagte wit mis op, daar

waar die Vaalrivier in die dieptes

tussen die berge deurkronkel.

Een van die honde van Baskop het

besluit hy hou van Otters en verseg

om terug te draai; mooi praat,

raas, huistoe jaag, niks help nie.

Hy kruip agter ‘n bos weg tot ons

verder loop en dan kom hy aangehol,

baie bly om ons te sien. Watter

soort hond dit is kan niemand met

sekerheid sê nie, sy voorkant lyk

Augustus/September 2009 21

aie soos jakkals, sy agterkant is

hond. So ‘n opgeskote brak met ‘n

vreeslik vriendelike geaardheid

en ‘n glimlag op sy bakkies. Die

arme ding is so maer soos ‘n lat,

maar ons het ook nie eintlik kos

vir hom nie. Maar hy kla nie, draf

net saam met ons, spring oor rotse

en as ons tussen ‘n klomp rotse

op ‘n berg uitspan vir middagete,

gaan val hy stokfl ou êrens neer en

slaap tot ons aanstap. Teen ’n steil

rotshelling af spring die brak ewe

vrolik om ons, sonder enige kwelling

in die wêreld. Hy word ook

sommer Bertus gedoop en later

word hy maar Bertus Kakiebos

want sowat van kakiebosse in die

veld het ons nog nooit gesien nie.

Ons kry hom maar jammer en

voer hom Super C’s,

Snackers, beskuitjies,

tuna; alles word

verorber. Ons dink

dis die Super C’s wat

hom woema gee om

8 km saam met ons

te draf. Hy eet saans

ons oorskietkos, rys,

spaghetti, alles wat

voor hom neergesit

word. Hy het darem

bietjie gewig aangesit

en sy pensie is

nie meer heeltemal

so plat nie.

Deur ‘n diep donga met baie steil

kante swoeg ons tot by Mooihoek

se plaashuis. Dis nou ‘n plaashuis

so reg uit die vorige eeu: ‘n

wit-geverfde huis met ‘n sinkdak,

wye stoep aan twee kante,

sement paadjie vanaf die voorhekkie,

sifdeur, de lot. Binne is dit

mooi, slaapkamers met katels,

selfs beddegoed, oudhede wat oral

rondstaan, ‘n sitkamer volgeprop

met swaar banke en stoele en ‘n

oom en tannie in ‘n ovaalraam wat

grimmig op ons afkyk. ‘n Lang

eetkamertafel met tafeldoeke, ‘n

buffet vol porseleinborde, houtvloere,

houtplafonne en ‘n badkamer

met ‘n regte ‘wash stand’

met lampetbeker en waskom en

‘n moderne stort, geen elektrisiteit

en die onvermydelike ‘donkie’

buite vir warm water.

22 Augustus/September 2009

Toe die eienaar opdaag met vuurmaakhout

en paraffi enlampe

vertel sy dat die huis al voor die

Anglo-Boereoorlog gebou is en in

die oorlog gedeeltelik afgebrand en

later weer opgebou is. Lekker oud

dus. Arme Bertus Kakiebos het sy

verstand skoon weggeskrik vir die

eienaar se miniatuurhondjie, met

twee ore soos ‘n vlakhaas en met

die toepaslike naam van Muggie.

Bertus het van ellende tjankend

die huis ingevlug en in die eerste

die beste slaapkamer homself

probeer onsigbaar maak. Van uitkom

wou hy egter niks weet nie en

moes hy uitgedra word met waterige

gevolge.

Dapper Otters

‘n Paar dapper Otters

wou nog ‘n sirkelroete

van 5 km maak vanaf die

huis bo-oor ‘n randjie en

terug. Hulle het dit nie

gesê nie, maar ons dink

hulle was bitter spyt oor

die besluit want toe hulle

terugkom het ‘n ongelooflike

gesig ons tuisblyers

begroet. Bedremmeld

het hulle by die hekkie

ingekom en voor die

stoep gestaan, van bo

tot onder swart van die

kakiebossade, eerlikwaar, mens

kon skaars die kleur van hulle

klere sien, sokkies, skoenveters,

broeke, T-hemde, hare, alles was

swart. Dit het natuurlik groot

hilariteit onder die tuisblyers

veroorsaak en met leedvermaak

is toegekyk hoe hulle tot donker

buite sit en probeer om hulle klere

weer skoon te kry. ‘n Paar sokkies

het in die asblik beland en

later nog ‘n paar, want om daardie

swart goed uit ‘n wolsokkie

te kry is totaal onmoontlik. Daai

goed klou, duisende dorings wat

uitsteek soos hare op ‘n hond se

rug! Gelukkig kon ons Bertus keer

om nie saam met hulle te gaan

stap nie, want hom sou ons nooit

weer skoon gekry het nie.

Deelfontein

Bertus was baie bly om ons die vol-

gende oggend weer te sien en het

ewe vrolik, met ‘n Snacker of twee

in sy maag, gesit en wag dat ons

die pad vat. Die weer is bewolk en

koel, maar dit het later wel warm

geword, soos die dag verbygaan en

ons aanstryk na Deelfontein, waar

ons weer ‘n nag sou oorbly. Ons

het oor ‘n steil berg gestap, teenaan

die geel-wit meteoriet-riwwe

wat ons al van ver af kon sien.

‘n Baie befoeterde afrikanerbul

was nou nie juis vreeslik bly om

ons te sien nie en volgens een slim

stapper het die leeugebrul wat ons

vroegoggend weer gehoor het, nié

van ‘n leeu af gekom nie maar juis

van hierdie bul. Hy beweer sommige

bulle (blou bulle dalk??) brul

soos leeus. Nou hoekom sal hulle

dit doen? Ons het maar katvoet

geloop, netnou is dit wel ‘n egte

leeu en die boompies daar rond

is nou nie juis van die grootte

waarin jy kan klim nie, veral nie

met ‘n rugsak nie.

Ons het ‘n entjie van die pad afgewyk

om na mooi rotstekeninge te

gaan kyk wat nog duidelik sigbaar

vlak bo ons koppe teen die

rotsdak aangebring is. Daarna is

ons oor ‘n ander rant wat oortrek

was met kerriebosse wat vol in

die blom staan. Mens ruik dit al

van ver af en dit is nogal iets om

te aanskou. Ver onder ons is ‘n

verlate plaashuis, gebreekte windpomp

en leë dam - die eensame

huis van die plaas Sweet Home,

omring deur hoë berge en rante

en die tipiese savanna-doringveld

van die Koepel.

Vroegmiddag kom ons moeg en

warm, na ongeveer 7 km, by

Deelfontein aan, waar die twee

grasdakhuisies op ons wag en

gelukkig ‘n hoop vuurmaakhout.

Dis ons laaste nag op die pad.

Môre is dit die laaste 4 km terug

na Thwane Boskamp. Dis stil

buite met net die naggeluide uit

die veld, af en toe ‘n jakkals wat

roep. Deur ‘n poort in die berge

sien ons die liggies van Parys glinster.

Dit het ‘n bietjie gereën vannag

met nogal swaar donderweer,

maar die nattigheid laat die veld

heerlik ruik.

Vanaand eet Bertus die oorskietrys

sonder sous, maar hy is ‘n baie

tevrede hond en sonder fi emies.

Hy slaap buite, maar as hy koud

kry gaan lê hy teen die donkie se

ysterdeurtjie waaragter nog ‘n

vuurtjie gloei. Toe ons vroeg die

oggend in die pad val, bly hy lê en

hou ons fyn dop tot iemand hom

roep. Dan vlieg hy op en hol voor

ons uit, baie bly niemand jaag hom

weg nie.

Die laaste klomp kilometers gaan

lekker vinnig en teen middagete

is ons terug by ons beginpunt en

die kombi. Die tente staan wyd

oop en ons word deur Jane en

haar helpers verwelkom. Ons

braai vanaand want ons kon ons

ONS ‘F’AMILIE .....

Die gesin Salomons

Br Henk is gebore op 30 Oktober

1935 in Groningen, Nederland

en emigreer met die gesin einde

1952 na Suid-Afrika. Met sy aankoms

in Pretoria volg hy in sy pa

se voetspore en word elektrisiën.

In 1956 tree hy in diens van die

fi rma ASEA (nou ABB) en was

daar vir 43 jaar werksaam. Deur

deeltyds te studeer het hy sy kwalifi

kasies verbeter en is as professionele

ingenieur geregistreer.

By sy aftrede was hy die tegniese

bestuurder. Hy het sy werk as sy

roeping gesien en is dankbaar

teenoor die Here dat hy dit al die

jare kon doen en dit ook kon geniet,

tot sy aftrede in 2000. Behalwe

dat br Henk sy werk geniet het,

was daar ook sy liefde vir die orrel

en orrelspel (sy vrou Jopie sê, sy

liefde vir haar hou nog die langste).

Hy was vir 43 jaar orrelis van

hierdie gemeente. Hy het ‘n leidende

rol gespeel in die totstandkoming,

uitbreiding en voltooiing

van die orrel en is dankbaar dat

hy ook hierin tot diens kon wees.

Dieselfde geld vir die amp van

ouderling waarin hy in die loop

vleis hier in die yskas bêre tot ons

terugkom. Vanaand eet ons soos

konings op ‘n spierwit tafeldoek

en glase en egte borde wat vir ons

uitgepak word.

Moeg, maar voldaan slaap ons die

laaste nag in ons tente, met Bertus

wat amok maak toe hy in ons

tent sluip en op een baie verontwaardigde

Otter se klere vir hom

‘n slaapplek soek. Gelukkig het hy

wakker geword toe Bertus ‘n nood

het en is hy net betyds na buite

gedra om sy ding te doen. Die seil

is toe baie stewig vasgeanker om

seker te maak dat die hond nie

weer inkom nie.

Toe ons die volgende oggend vertrek

moes die troue Bertus by die

van die jare gereeld gedien het.

Verder het hy baie en wyd gelees

(sy omvangryke boekeversameling

getuig daarvan) en hy het die kennis

wat hy daarin opgedoen het,

verwerk in artikels oor kerklike

onderwerpe, kerkgeskiedenis, ens.

wat gereeld in Kerk en Woord en

in Die Kerkblad verskyn het.

Sr Jopie is op 24 Augustus 1935

in Epe, Nederland, gebore. Die

gesin emigreer in September 1955

na Suid-Afrika. Sy was ‘n onderwyseres

in Huishoudkunde en

het onderwys gegee totdat hulle

eienaar van Thwane agterbly,

maar die het ons verseker hy sal

na hom kyk en sy baas op Baskop

laat weet om hom te kom haal.

Ons dink Bertus wag net vir die

volgende groep voetslaners om om

die draai te verdwyn voor hy ook

agter hulle aanhol.

‘n Baie interessante, aangename

roete het ons weer met die genade

van die Here sonder ongelukke

kon stap, deur ‘n stukkie van ons

land waar baie mense nog nooit

van gehoor het nie.

Betty Schuring

op 11 Julie 1959 getroud is. Uit

die huwelik is drie kinders en ses

kleinkinders gebore. Hulle het nog

onlangs hulle 50ste huweliksherdenking

gevier. Sr Jopie was ‘n

voltydse tuisteskepper en ma vir

hulle drie dogters. Van haar talle

stokperdjies sluit in: borduurwerk,

kantkloswerk, weefwerk,

houtsneewerk, kalligrafi e (skoonskrif)

en blokfl uit speel. Sy geniet

dit nog steeds om in die tuin te

werk, te kook en te bak . . . en vir

haar man ’n hulp te wees wat by

hom pas.

Augustus/September 2009 23

VIR ONS KLEUTERS ….

Dawid speel op die siter vir koning Saul.

Hiermee ‘n Bybelse inkleurprent vir al die kleuters. Vra vir mamma om die gedeelte vanuit die Bybel voor

te lees en dan kleur jy die prentjie mooi in met die volgende kleure: 1 = geel; 2 = rooi; 3= donkergroen; 4 =

ligblou; 5 = donkerblou; 6 = oranje of pienk; 7 = pers; 8 = donkerbruin en 9 = wit.

Tekening verskaf deur Jani Momberg.

24 Augustus/September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!