02.05.2013 Views

Hoofstuk 156 Daar wag iets beter voorkant toe! - Nuwe Wyn

Hoofstuk 156 Daar wag iets beter voorkant toe! - Nuwe Wyn

Hoofstuk 156 Daar wag iets beter voorkant toe! - Nuwe Wyn

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 156

Daar wag iets beter voorkant toe!

Kan jy jou vir een oomblik voorstel dat God nie werklik bestaan nie! En dat Jesus

Christus net „n gewone mens was wat eens gelewe het en toe gesterf het! Met

ander woorde, kan jy jou voorstel dat daar nie „n groter plan agter alles is nie! Of as

daar wel „n God is met „n finale plan, dat daar niemand op aarde is wat God genoeg

kon vertrou om dit wat Hy in gedagte het, te laat gebeur nie!

As jy jou dit kan voorstel, verstaan jy iets van wat Johannes daar op Patmos

emosioneel belewe het toe hy gesien het wat hy gesien het: “In die regterhand van

Hom wat op die troon sit, het ek „n boekrol gesien wat aan die voor-en aan die

agterkant vol geskrywe was en wat met sewe seëls goed verseël was. Toe het ek „n

sterk engel gesien wat met „n harde stem uitroep: „Wie is waardig om die boek oop

te maak deur die seëls daarvan te breek?‟

Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die

boek oop te maak en daarin te kyk nie. Ek het baie gehuil omdat daar niemand

gekry is wat waardig was om die boek oop te maak en daarin te kyk nie. Toe sê een

van die ouderlinge vir my: „Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die

Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe

seëls oopmaak.‟

Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die

troon en die ouderlinge, „n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe

horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die

hele aarde uitgestuur is. Hy het toe gegaan en die boek ontvang uit die regterhand

van Hom wat op die troon sit.” (Op. 5:1-7)

In die wêreld waarin Johannes geleef het, het so „n boekrol gewoonlik die opdragte

van die keiser aan die goewerneurs oor die provinsies of aan die veggeneraals

bevat. Hierin was al die beplanning en opdragte opgeskryf, opgerol en verseël met

die keiser se ringembleem, wat in rooi daarop aangebring is.

Die inhoud daarvan sou gewoonlik geweldige gevolge vir menselewens gehad het.

Hulle môre en oormôre, en lewe en dood, was immers daarin vasgevang.

Net iemand met die nodige mag en gesag om dit uit te voer wat daarin staan, kon

die seëls breek en lees wat daarin staan.

In „n stukkende wêreld, vol pyn en lyding - waar die sondige mens eintlik maar net

kry wat hy werklik regverdiglik verdien - kon God se genadige liefdesplan vir „n nuwe

aarde en „n nuwe hemel, vir „n nuwe mense-familie vir God, net op een voorwaarde

gebeur: as iemand met die nodige mag en gesag die straf wat die mensdom eintlik

regverdiglik verdien, kon wegneem sodat die heilige God regverdiglik mense uit die

mensdom genadig kan wees.

Dit is waarom daar „n kruis op Golgota moes staan!

Dit het alles verander. Daarsonder sou daar geen werklike troos op hierdie aarde

wees nie. Daarsonder was dit bloot hel op aarde. Was my en jou geskiedenis en

toekoms sonder enige diepere betekenis of bedoeling. Daarsonder was ons

vasgevang in vandag se kortstondige vreugde en genot, en was daar vir ons trane,

ongeluk en pyn, geen werklike blywende hoop en troos nie.

Goddank, „n kruis het op Golgota gestaan waaraan Hy vir ons gehang het!

“Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid,

het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.” (Op. 5:5)

Goddank, die Leeu van Juda was bereid om Lam te word. Was gehoorsaamgewillig

om namens ons geslag te word. Sodat daar deur Sy wonde vir ons

genesing kon kom. Sodat ons stukkende wêreld met sy stukkende mensdom, wat

gedoem was tot totale selfvernietiging, nou op pad kan wees na iets beter ... na „n

hoopvolle, nuwe toekoms.

Daarom hoef ek en jy nie vas te kyk en oordonder te word deur die realiteite van

vandag in ons lewens nie, want ons weet daar is meer as net dit. Oorwinning,

verandering, deurbrake, genade, genesing, lewe ... wag voorkant toe!

Daarom kan ek en jy waag om te glo ....

Daar is „n wonderwerk oppad

Die onmoontlike kan moontlik word

God self wil ons lei deur Sy stem na waarheen Hy met ons oppad is

Dat God selfs uit die slegste sleg wat met ons kan gebeur, of wat ons oor

onsself kan bring, die allerbeste vir ons kan laat voortkom.

Hoofstuk 157

Die seëls word oopgebreek

Hoe „n mens daarna kyk, maak uiteindelik die groot verskil! Dit is waarom twee

mense na „n glas wat 50 persent vol water is kan kyk, en een kan dit beskryf as

“halfvol”, en die ander een as dat dit “byna leeg” is.

Dit is presies wat God deur „n profetiese visioen vir Johannes laat sien as Hy vir hom

die geskiedenis van die wêreld wys. Hy teken vir hom hierdie reuse tafereel waar

die een toneel deur „n ander gevolg word. Ja, dat die wêreldgeskiedenis geteken

kan word as „n toneel van stormende perderuiters van vernietiging wat, as gevolg

van die mens se sonde en vergryp, soos die golwe van die see mekaar telkens in die

geskiedenis volg.

Eers sien ons die een of ander tiran of wêreldmag wat alles wat voorkom wil verower

en onder sy mag kry. Dan, onvermydelik, soos „n klomp domino‟s wat mekaar

omstamp, is dit eers die vrede tussen mense wat padgee; dan begin die mense

mekaar in hulle derduisende op allerlei verskriklike wyses vermoor en doodmaak;

dan volg daar onvermydelik armoede en voedselskaarstes, werkloosheid, noem

maar op; en midde dit alles storm die angswekkende ruiter op sy vaal perd deur en

laat dood in al sy verskriklike vorms agter: dodelike siektes, epidemies en peste. So

vernietig die sondige mensdom hulle self telkens deur die geskiedenis heen.

Baie keer vra mense half onnadenkend: Maar waarom keer God dan nie dit alles nie!

Hy kan mos!

Maar as jy hieroor begin nadink, besef jy: God kan nie die mensdom, aan wie Hy

juis volkome vryheid van wilskeuse gegee het – om Sy beelddraer te wees wat uit

vrye Hom as God kan liefhê en dien – nou na willekeur stuit en “red” van die gevolge

van sy eie keuses nie. Maar, en hierin lê die troos van hierdie profetiese visioen wat

Jesus Johannes - en dus ook ons - laat sien: God is en bly steeds in beheer. Dit is

Sy groter plan wat midde dit alles afspeel. Dit is soos „n trein wat op twee skynbaar

totaal verskillende spore gelyktydig loop: wiele binne-in wiele! Midde al die

verwoesting wat die perderuiters veroorsaak, is God se plan, en die oordeel as

gevolg van die mens se afvalligheid, besig om te gebeur! God het dit nie alles

veroorsaak nie, maar tog is dit Hy wat dit alles inweef in die tafereel van Sy groter

reddingsplan vir die mens. Omdat Christus Jesus aan „n kruis op Golgotta gehang

het en na drie dae uit die dood as Oorwinnaar opgestaan het, kan ons vir mekaar

steeds midde al hierdie ellende sê: Jesus het gekom juis hiervoor. Sodat ons lewe

en dit in oorvloed kan hê midde dit alles!

Oor al die gelowiges wat op allerlei wyses midde al hierdie ellende en vernietiging

selfs hulle lewens moes gee, toon Jesus ons, as die die vyfde seël van die boekrol

van wêreldgebeure gebreek word, hoe hulle bloed voor Sy altaar lê. Elke dag

“herinner” dit Hom as‟t ware aan hulle lot. En so verswaar die oordeel oor dié wat

hulle lewens geneem het net nog meer.

Hoor hoe vertel Johannes hierdie toneel: “Toe die Lam die vyfde seël oopmaak, het

ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle

aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het. Hulle het

hard geroep: „Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die

oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde?‟ Aan elkeen van

hulle is daar lang wit klere gegee, en daar is vir hulle gesê om nog „n klein rukkie te

wag, totdat hulle mededienaars, hulle medegelowiges, wat net soos hulle ook

doodgemaak gaan word, almal daar is” (Op. 6:9-11).

Soos die bloed van Abel van ouds ten hemele geroep het, so roep hulle bloed tot

God in die hemel om wraak.

God se antwoord aan Sy lydende ekklesia, wat oor al die eeue op verskillende

maniere sou ly en selfs sterf vir hulle geloof, bly dieselfde: wees maar net geduldig!

Weet ons, ons God weet van alles waardeur ons hier op aarde moet gaan as Sy

kinders. Daarom hoef en mag ons nie Sy oordeel op mense om ons afbid nie. Ons

moet maar steeds geduldig Sy evangelie aan hulle bly verkondig. God se hart is

immers dat almal, indien moontlik, gered sal word.

Een ding moet ons egter weet, en die oopbreek van die sesde seël herinner ons

daaraan: God se finale oordeelsdag is oppad in al sy verskrikking en finaliteit.

Daaraan gaan niemand ontsnap nie. Sy dit die konings op aarde,

opperbevelvoerders, rykes, magtiges, slawe en vry mense. Niemand, belangrik of

onbelangrik, gaan hieraan ontkom nie. Mense gaan tevergeefs probeer wegvlug,

maar aan die wraak van God gaan geen ongelowige ontsnap nie.

Op daardie dag gaan almal weet: die genadetyd op aarde is verby. Al het hulle

lewenslank Hom dood-geredeneer en geleef asof Hy nie bestaan het nie. Nou is

daar geen wegkomkans meer nie. Soos Op. 6:16 en 17 dit teken: “Hulle het vir die

berge en die kranse gesê: „Val op ons en bedek ons vir die oë van Hom wat op die

troon sit, en vir die toorn van die Lam. Die groot dag waarop Hulle die oordeel sal

voltrek, het aangebreek, en wie sal staande kan bly?‟"

Voor die ontplooing van God se groter plan, waar „n nuwe hemel en „n nuwe aarde

finaal „n werklikheid gaan word, staan die onvermydelike werklikheid van die finale

oordeel van God oor alle mense. Soos „n massiewe, gloeiende oond. Maar tot dan,

en hierin lê die genadeboodskap, tot dan, is dit steeds genadetyd! Kan ons steeds

vir die ongelowiges rondom ons sê: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy

enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die

ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te

veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo,

word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die

enigste Seun van God glo nie.” (Joh. 3:16-18)

Hoofstuk 158

‘n Skuilplek midde al die ellende

Vir so baie mense is die boek, Openbaring, met al sy visioene en prente van lyding

en geweld, „n ongemaklike boek wat hulle half bang maak en daarom vermy hulle

dit.

Maar dit is juis wat die boek nie wil wees nie! Dit is immers profesie en profetiese

visioene, en hoe sê 1 Kor. 14 dit – “Iemand wat profeteer, rig hom tot mense en

praat woorde wat geestelik opbou en bemoedig en vertroos.”

Op. 7 bevestig dit aan ons. Hier teken Johannes wat Jesus hom laat sien. In my eie

taal, iets wat as‟t ware midde al die ellende op aarde vir die volgelinge van Jesus,

God se mense, „n skuilplek moet bied midde al die stormwinde van elke dag.

Luister hierna en word getroos daardeur. “Daarna het ek vier engele by die vier

hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde vasgehou,

sodat daar geen wind op die land en op die see en teen enige boom sou waai nie.

Ek het ook „n ander engel van die ooste af sien kom met die seël van die lewende

God. Hy het met „n harde stem geroep na die vier engele aan wie mag gegee is om

die land en die see te tref, en het vir hulle gesê: „Moenie die land en die see en die

bome tref nie. Ons moet eers die dienaars van ons God op hulle voorkoppe merk

met die seël.‟ Ek het die getal gehoor van dié wat gemerk is: daar was honderd vier

en veertig duisend. Hulle was uit elke stam van die volk Israel ...” (Op. 7:1-4).

Stel jou die prentjie voor: hoe vier lewensgroot engele aan die ooste, weste, suide

en noorde van die aarde bokant die horison staan en die winde wat oor die aarde

woed, soos lang wapperende linnedoeke, tussen hulle vashou. Met hulle bewegings

van 45 grade na elke kant, kontroleer en beheer hulle elke wind van verandering en

lyding waaraan ons lewe onderworpe is.

Watter troos bied dit nie vir ons nie! Ja, soos wat die einde van die tyd nader kom,

gaan die Bose se aanslag en die gevolge van sonde in intensiteit toeneem

gedurende die “laaste dae”. As gelowige volgelinge van Jesus is ons nie daarvan

vrygestel nie. Maar tog ... word die volledige straf en oordeel van God, in sy

intensheid, teruggehou ... totdat God se uitverkore volgelinge gemerk en dus beveilig

is as Sy eiendom!

Raak „n bietjie stil en dink hieroor na. Dink weer daaroor na hoe God op „n dag in

jou lewe, midde alles wat op hierdie stukkende aarde vol stukkende mense gebeur,

jou êrens gaan uithaal het. Hoe Hy Homself aan jou kom voorgestel het en met jou

begin praat het.

Dink na oor hoe die evangelieboodskap oor Jesus, en wat Hy ook vir jou kom doen

het, op „n dag net vir jou „n werklikheid geword het en jy dit begin glo het.

Maar die verdere troos is dat, midde daardie gebeure, is jy gemerk ... verseël deur

die bloed van Jesus Christus deur die werking en inwoning van God se Gees. Het jy

God se eiendom geword, die appel van Sy oog! Wie nou aan jou vat, vat aan die

appel van Sy oog!

En so “bou” God vir jou „n skuilplek midde al hierdie stukkendheid en ellende wat

rondom ons op aarde heers, waar jy veilig kan gaan sit aan die voete van jou

Herder. Waar Hy jou kan troos en bemoedig, en kan verseker dat Hy sal sorg dat,

wat ookal rondom jou en in jou lewe mag gebeur, dat alles tot jou beswil uiteindelik

sal wees, want jy is Syne!

Omdat jy in Christus Jesus glo en jou ewige redding van Hom en Hom alleen

verwag, kan jy seker wees dat jy een van die 144 000 uitverkorenes, in Openbaring

7 se prentjie, sal wees.

Die 144 000 is natuurlik net „n simbool. Drie maal vier maal twaalf maal twaalf maal

driemaal tien. Tekenend van hoe die Drie-eenheid, Vader, Seun en Gees, met

mense op die aarde met sy vier windrigtings, besig is. Besig is om uit die ganse

mensdom gelowiges oor alle tye, uit die 12 stamme van Israel, en later deur die werk

van die 12 apostels en hulle volgelinge, die ekklesia, die kerk van die Here Jesus, tot

stand te bring. Ja, tot elkeen wat daar moet wees - die volle getal - daar is. Tien

maal tien maal tien, soos die getal 7, tekenend van iets wat volledig en volkome is.

Sien in jou verbeelding dat jy deel van hulle is. Sien jouself staan tussen “... „n groot

menigte ... wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en

het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar

was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: „Ons redding kom van ons

God, wat op die troon sit, en van die Lam!‟" (Op. 7:9-10).

Wat „n troos! Voor God se troon het ek en jy elke dag wit klere aan, skoongewas

deur die bloed van die Lam. Is ons oorwinnaars, kom wat wil, in Christus Jesus, ons

Here! Oppad na „n nuwe hemel en „n nuwe aarde.

Is dit nie merkwaardig dat ons die hemel nie anders kan beskryf as met “nie-woorde”

nie! En daarmee bedoel ek dat al manier hoe ons dit kan beskryf is om te sê hoe dit

nie daar gaan wees nie! Luister hoe teken Johannes dit vir ons in Op. 7:15-17:

“Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel;

en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. Hulle sal nie meer honger en nie meer

dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en „n hittegloed ook nie, want die Lam

wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met

die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog."

Mag dit vir jou tot troos wees, wat ookal tans, of in die verlede, in jou lewe gebeur

het!

Hoofstuk 159

So lyk die groter, breër prentjie!

Om die tendense van die toekoms korrek te voorspel het groot besigheid geword in

ons moderne wêreld. Elke sakeman of groot besigheid wil immers graag vooraf

weet wat wag op ons môre en oormôre sodat ons onsself korrek kan posisioneer en

proaktief kan voorberei en beplan.

Kan jy jou voorstel as die lewende God, ja, die enigste ware God, kom en jou uitlig

uit die beperkinge van jou huidige situasie en vir jou op „n plek neersit waar jy alles

kan sien! Waar jy werklik alles kan sien ... en boonop kan sien hoe dit inpas in die

groter, breër prentjie!

In „n sin is dit wat ware Bybelse profesie is (waaroor 1 Kor. 14 onder andere praat).

Ware Bybelse profesie is wanneer God „n ander mens gebruik as Sy “tuinslang”

en/of “mikrofoon”, om vir mense te wys hoe lyk die dinge wat gebeur in ons lewens,

van God se kant af.

Ek weet nie hoe dit daar in die gedeelte van die Here Jesus se kerk, waar jy Hom

aanbid en dien, tans lyk nie, maar in die Nederduitse Gereformeerde wêreld waaruit

ek kom, het ons vir jare die bestaan en die werklikheid van moderne Bybelse

profesie, wat van God af kom, ontken. Omdat ons, saam met mense soos dokter

John MacArthur, geglo het dat hierdie gawe van die Gees, soos die gawes van

bonatuurlike wonderwerke en genesings, opgehou bestaan het met die

totstandkoming van die Bybel in sy vorm soos ons dit vandag ken (hier rondom die

vierde eeu na Christus).

En hoe arm het dit ons nie gelaat nie! En dit terwyl God nog heerlik met ander van

Sy mense in ander dele van die Liggaam ook deur profesie (en bonatuurlike

wonderwerke en genesings) gepraat het!

In my eie lewe sou ek dit eers in 1993, toe ek reeds vir veertien jaar predikant in die

NG Kerk was, persoonlik ervaar en belewe! En watter bemoedigende, vertroostende

en versterkende geestelike ervaring was dit nie in my lewe nie (jy kan daarvan lees

in my boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN).

Die boek, Openbaring, is niks anders as Bybelse profesie nie! Behalwe dat God self

daarin vir Sy mense (en dus ook vir ons) as‟t ware kom uitlig tussen al die dinge wat

ons visie gewoonlik so beperk, en ons op „n plek neersit van waar ons alles kan sien,

kom Hy deur Sy Gees in hierdie profetiese woorde en wys ons hoe die hele

wêreldgeskiedenis van Jesus se koms af tot aan die einde inmekaar pas. En nie net

een keer nie. Sewe keer! Ja, sewe keer, in sewe parallelle gedeeltes in hierdie 22

hoofstukke, teken Hy vir ons profeties hoe dinge inmekaar pas. Meer as dit, help Hy

vir ons om verby die ooglopende sigbare werklikhede te kyk en om te sien wat agter

alles wat gebeur, sit! Wat daar gebeur waar ons gewoonlik nie kan sien nie!

Kom ek herinner jou net weer aan die sewe parallelle hoofdele van hierdie profetiese

boek:

Openbaring 1 tot 3

Openbaring 4 tot 7

Openbaring 8 tot 11

Openbaring 12 tot 14

Openbaring 15 tot 16

Openbaring 17 tot 19

En Openbaring 20 tot 22.

Dit is dus werklik asof God ons innooi in Sy rolprentteater en vir ons die tydperk, wat

ek sommer die “tussentyd” wil noem, van sewe hoeke af kom wys. En dan is hierdie

“tussentyd” die gebeure, sigbaar en onsigbaar, van Jesus se eerste koms as mens

af tot by Sy wederkoms. Dit handel dus elke keer oor dieselfde tydperk wat net elke

keer in ander simboliese taal en prentjies, met verskillende aksente, vir ons geteken

word.

As jy dit verstaan sal dit jou beskerm en help om nie verwar te word nie, of om

gedeeltes verkeerd uit te lê nie. Dit sal jou help om te verstaan dat die gedeeltes

van die profesieë wat handel oor die oopmaak van die sewe seëls, byvoorbeeld, en

die gedeelte oor die sewe trompette en die bakke vol wraak, almal na dieselfde

gebeure in die geskiedenis verwys. Dit sal jou help om raak te sien hoe daar telkens

verwys word na hoe God se mense gedurende die geskiedenis vervolg is of word,

maar ook hoe God Sy mense midde dit alles beskerm. Asook hoe Sy oordeel en

straf, Jesus se wederkoms, en die laaste oordeel, in die groter prentjie inpas.

Dit alles sal jou help om die boodskap van die boek Openbaring werklik te verstaan.

En dit help dat, midde al die donker rondom jou en my, om tog ook die lig sal raak

sien.

Dit help ook ons ontdek dat daar goeie rasionele redes is waarom ek en jy as

gelowige volgelinge van „n lewende opgestane Jesus, in die lig van die boodskap

van hierdie boek, positief en gelowig-opgewonde kan wees oor dit wat reeds in die

geskiedenis gebeur het, asook oor dit wat môre en oormôre nog op ons wag. Al weet

ons ook dat daar nog moeilike tye op ons wag.

Sien, Openbaring wys vir ons die “telbord” aan die einde van die “wedstryd”! Ons

weet reeds wie hierdie “wedstryd” gaan wen en wat die uiteinde van alles, en ons

plek daarin, gaan wees!

Hoofstuk 160

Oppad ...

Hoe goed onthou ek nie hoe ons, oppad na ons vakansie by die see, as kinders

mekaar uitgedaag het wie sien eerste die see nie! En as ons dan die see vir die

eerste keer raakgesien het, hoe ons net nie kon wag om uiteindelik daar te kom nie.

Ek onthou maar te goed hoe ons, aanhoudend, teenoor ons ouers klaend gevra het:

Maar wanneer kom ons uiteindelik dan daar aan?

Die boek, Openbaring, is baie soos „n mens wat onderweg is na êrens wat vêr is. Jy

reis deur woestyne, diep valleie en soms oor onherbergsame terreine. In die proses

word jy moeg, dors en moedeloos, en jy begin uitsien na die einde. Maar die stad

wil net nie kom nie. Soms sien jy uit die verte die stad daar voor blink, maar dan is

dit weer weg en lê net nog „n bult of vallei voor.

So werk Openbaring met ons. Net wanneer ons dink die einde is voor die deur,

word ons horison weer terugverskuif en word ons, soms hardhandig, terug in die

werklikhede van ons bestaan teruggeruk.

Ek onthou so goed hoe my oom wat in die Tweede wêreldoorlog was, vertel het hoe

hulle midde al die lyding, oorlogwerklikhede en dood, telkens gedink het: die einde

het nou aangebreek! Maar dan het daar maar weer rustiger tye gekom en uiteindelik

is vrede gesluit en kon die gewone lewe maar net weer aangaan.

Terwyl „n mens die boek Openbaring lees, weet ons seker: êrens voorkant toe gaan

ons oor die laaste hoogte, om meteens, stralend, voor ons in al sy heerlikheid, die

hemelse Godstad te sien lê, die nuwe Jerusalem. Laas het Openbaring, hoofstuk 7,

ons daaraan herinner. Maar meteens is ons weer terug in die werklikheid van die

nou in hoofstuk 8. Wanneer die Lam van God die sewende en laaste seël oopbreek,

is daar eers „n stilte en dan word sewe trompette geblaas (Op. 8:1,2). „n Oomblik

van stilte wek mos afwagting, en beklemtoon eintlik wat gaan volg ... asof alles

gespanne stilbly en luister wat gaan volgende kom. Soos Sefanja sê: Wag in stilte

op die Here God! Die dag van die Here is naby! (Sef. 1:7) Die boodskap is duidelik:

Wag ... luister ... hier kom verskriklike dinge!

Dan blaas engele sewe keer met hulle trompette. En, onthou ons, trompetgeskal in

die Ou Testament was altyd simbolies bedoel as „n waarskuwing en oproep tot

bekering. So ook hier. Kom ons lees met hierdie verstaan hierdie verse.

“Die sewe engele met die sewe trompette het hulle toe gereed gemaak om daarop te

blaas. Die eerste engel het op sy trompet geblaas. Daar het hael en vuur gekom

met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. „n Derde van die aarde is verbrand,

„n derde van die bome is verbrand, en al die groen gras is verbrand. Die tweede

engel het toe op sy trompet geblaas. Iets soos „n groot berg wat brand, is in die see

gegooi. „n Derde van die see het bloed geword, „n derde van alles wat in die see

lewe, het doodgegaan, en „n derde van die skepe het vergaan. Toe het die derde

engel op sy trompet geblaas. „n Groot ster wat soos „n fakkel brand, het van die

hemel af geval. Hy het op „n derde van die riviere en op die waterbronne geval. Die

ster se naam is Bitterals. „n Derde van die water het bitter geword, en baie mense

het van die water doodgegaan omdat dit besmet was. Die vierde engel het toe op sy

trompet geblaas. „n Derde van die son en „n derde van die maan en „n derde van die

sterre is getref, sodat „n derde van hulle donker geword het. „n Derde deel van die

dag het nie lig gehad nie, en die nag ook nie.

Toe het ek „n arend hoog in die lug sien vlieg, en ek het hom met „n harde stem hoor

skreeu: "Wee, wee, wee die bewoners van die aarde wanneer die ander drie engele

op hulle trompette gaan blaas." (Op. 8:7-13)

Soos wat die eerste vier engele hulle trompette die een na die ander blaas, speel

drie-dimensionele beelde in „n warboel van beeld en klank voor ons af. Ongeag wie

daar na kyk, en in watter tydvak van die geskiedenis jy leef, herken jy dinge uit jou

eie tyd wat rondom jou op aarde gebeur tussen die dinge wat hier beskryf word. Wie

van ons in die twintigste eeu sien nie die brande en die bomme in „n tipiese

oorlogsituasie met al die bloed en lyke wat agtergelaat word nie! En as die tweede

trompet blaas, dink ons aan al die rampe op see en die uitwissing van ons visbronne

en seelewe. Die derde trompet se boodskap laat ons onvermydelik dink aan

vulkaniese uitbarstings wat gepaard gaan met verspoelings, skepe wat sink en

tifone. En die water wat bitter raak, laat ons onvermydelik dink aan al die

waterbesoedeling en bitterheid as gevolg van watertekorte, vloede, oorstomings en

verspoelings.

Die vierde trompet se gebeure is nie so maklik om te interpreteer nie. Sou dit dui op

sonverduisterings, lugbesoedeling en ...?

Maar miskien is dit alles bedoel om ons sprakeloos te laat. Om ons te help om iets

van die gevoel van absolute verskrikking en magteloosheid te onthou as ons ons

telkens vasloop teen een of ander gevolg van sonde. Daar besef ons maar weer die

oordeel van God as die mensdom maar weer selfgesentreerd hulle vergryp het in

hulle omgewing en die hele ekosisteem maar net verder vernietig het. Met al die

paniek en katastrofiese gebeure na alle kante toe as gevolg daarvan.

En dan treffend, as „n soort tussenspel, die prentjie van die engel met die goue

wierrookbak vol van al die gebede van die gelowiges midde al hierdie dinge wat

gebeur. “„n Ander engel het toe gekom en by die altaar gaan staan met „n goue

wierookbak. Daar is baie wierook aan hom gegee om dit saam met die gebede van

al die gelowiges op die goue altaar voor die troon te offer. Die rook van die wierook

wat deur die engel geoffer is, het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg

voor God” (Op. 8:3,4)

So word ons getroos: ons gebede word gehoor! Ons gebede kan dinge verander!

Ja, kan selfs hierdie katastrofiese gebeure midde die mensdom, die aarde en

skepping om ons, positief beïnvloed! Daar is werklik krag in gebed!

Hoofstuk 161

Innerlike pyniging ...

Een van die mees merkwaardige gebeure tydens Jesus se lewe op aarde was toe

Hy twee-en-sewentig van Sy volgelinge opdrag gegee en toegerus het om, soos Hy

vir hulle gesê het: “Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: „Vir julle is die

koninkryk van God baie naby!‟” (Luk. 10:9)

As hulle dan terugkom en met groot opgewondenheid vir Hom vertel van al die

merkwaardige dinge wat gebeur het, ja, selfs hoe mense wat demonies besete was,

vry geword het, herinner Hy hulle maar net weer daaraan dat ons as Sy volgelinge

ons telkens gaan vasloop teen satan en sy demoniese magte.

"Ek het die Satan soos „n weerligstraal uit die hemel sien val. Kyk, Ek het aan julle

die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy

geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen. En tog moet julle nie bly

wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat

julle name in die hemel opgeskryf is." (Luk. 10:18-20)

Hierdie aarde was dus, na die sondeval, nou satan en sy magte se hoofkwartier. Die

mens het immers sy outoriteit om hier te heers as beelddraer van God, prysgegee

aan satan.

Daarom moet ons nie verras wees as hy op allerhande wyses hier sy mag wil laat

geld. Maar Goddank, ons staan nie meer magteloos en hulpeloos teenoor al hierdie

demoniese aanslae en realiteite nie. As volgelinge van Jesus het ons mag en gesag

om hom en sy magte teë te staan en moet hulle van ons af wegvlug (lees maar weer

„n keer wat in Jak. 4:7 hieroor staan).

As die vyfde engel sy trompet blaas, vertel Openbaring 9 vir ons: “Ek het „n ster

gesien wat van die hemel af op die aarde geval het, en die sleutel van die skag na

die onderaardse diepte is aan hom gegee. Hy het toe die skag na die onderaardse

diepte oopgemaak, en daar het rook uit die skag uit opgestyg soos die rook van „n

groot oond. Deur die skag se rook is die son verduister en het die lug donker

geword. Toe het daar uit die rook sprinkane oor die aarde uitgeswerm. Aan hulle is

dieselfde vermoë gegee as wat skerpioene op aarde het. Hulle is aangesê om nie

die gras van die aarde, die plante en die bome kwaad aan te doen nie, maar net die

mense wat nie die seël van God op hulle voorkoppe het nie. Hulle is nie toegelaat

om die mense dood te maak nie, maar wel om hulle vyf maande lank te pynig. Die

pyn wat hulle veroorsaak, is soos die pyn as „n skerpioen „n mens steek. In daardie

tyd sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; hulle sal verlang om te sterwe,

maar die dood sal hulle ontwyk. Die sprinkane het gelyk soos perde wat regstaan vir

oorlog. Op hulle koppe was daar iets soos krone wat gelyk het asof dit van goud is.

Hulle gesigte was soos die gesigte van mense. Hulle het lang hare gehad soos

vrouens se hare, en hulle tande was soos dié van leeus. Hulle borskaste was soos

ysterharnasse. Die gedreun van hulle vlerke was soos die gedreun van baie

strydwaens met perde wat opruk vir oorlog. Hulle het sterte met angels soos dié van

skerpioene; en in hulle sterte is hulle vermoë om die mense vyf maande lank kwaad

aan te doen. Hulle het die engel van die onderaardse diepte as koning oor hulle. Sy

naam in Hebreeus is Abaddon, en in Grieks het hy die naam Apollion” (Op. 9:1-11).

As God vir ons oë gee om werklik te sien wat sedert die sondeval, en dus ook na

Jesus se koms op aarde, aan die gebeur is, sien ons hierdie pandora se boks wat

oopgemaak is. Onaardse gedrogte maak telkens – as‟t ware uit die helse dieptes -

hulle verskyning om die mensdom, wat nie beskerm is deur die bloed van Jesus nie,

aan te val en te teister.

Wat hier beklemtoon word is dat hulle die mense gaan “pynig” en nie fisies gaan

doodmaak nie. Dit lyk dus vir my hierdie vyfde (en later ook die sesde)

trompetgeskal kondig geestelike, innnerlike, emosionele lyding aan. Ja, wat soos „n

springkaanplaag mense gaan beroof van die oes van seëninge wat eintlik vir hulle

daar behoort te wees. Maar wat ook, soos die pynlike steke van „n skerpioen, alles

hier binne in mense laat pyn.

Paulus waarsku reeds teen die aanslae van die bose waarop ons almal bedag moet

wees (Ef. 6:12) In hierdie gedeelte in Openbaring gaan dit veral oor wat ongelowige

mense gaan belewe. Omdat hulle totaal onbewus is van die bose se bestaan en

werk, gaan hulle letterlik van binne-af verwoes en verniel word deur die gevolge van

hulle eie keuses, eie dade en deur die dinge wat hulle najaag in hulle soeke na

selfbevrediging en sukses. Gaan hulle ten prooi val van al die dinge wat Paulus

beskryf wat so kenmerkend is as die sondige natuur van die mens in beheer is,

naamlik haat, naywer, selfsug, vyandskap, onsedelikheid, woede, wraak,

losbandigheid, verdeeldheid, dwelmmisbruik (lees maar 1 Tim. 3:14-15; Gal. 5:19-

20).

Tog is God se onverstaanbare genade selfs daar vir hulle. Om soos die getal vyf

aandui, selfs die demoniese magte aan bande te lê in wat hulle mag en nie mag

doen, en om die tye te beperk wat hulle toegelaat word om die mens te pynig! Kyk

„n mens na die mens se geskiedenis met hierdie oë, sien jy telkens hoe God se

genade die mensdom (ja, selfs die ongelowige twee-derdes wat nie eers Christene

wil wees nie) bonatuurlik beskerm en red van totale vernietiging wat soveel kere

eintlik noodwendig moes volg.

Die Hebreeuse woord, Abaddon, kan vertaal word met “Vernietiger”, wat een van die

name van satan is. En die Griekse woord, Apollion, is „n vervorming van die naam

van die bekende Griekse god van oorlog, Apollo.

„n Mens sou seker nog meer uitvoerig kon uitbrei oor hierdie innerlike aanslag van

die bose op mense, en oor hoe die innerlike pyn van dinge soos jaloesie, geestelike

aftakeling, verwerping, manipulasie, vernedering en liefdeloosheid soos

skerpioensteke, ja, soos vuur, mense van binne-af kan aftakel en vernietig. Soveel

so, dat hulle later voel dit is beter as hulle maar eerder sterf as om verder dit te moet

belewe. Maar ek wil afsluit en sê: hoe verskriklik moet dit nie wees om sonder God in

hierdie stukkende wêreld vol stukkende mense mens te moet wees nie!

Hoofstuk 162

Die duiwel is letterlik hier tussen ons los

Die een ding wat ek ontdek het oor wanneer God met ons as mense begin praat, is

dat Hy „n baie ekonomiese God is. Hy mors nie een woord nie en sê niks onnodig

nie. Hy draai ook nie doekies om nie. Soos „n ding is of gaan wees, so sê Hy dit vir

ons.

Ook hier in Openbaring 9 waar Hy besig is om ons, tussen die trompetgeskal heen,

te waarsku oor wat in die geskiedenis van die mensdom op ons wag.

Ons het gehoor dat duiwel en sy magte letterlik los is hier rondom ons. Met die

blaas van die sesde trompet hoor ons: “Toe het die sesde engel op sy trompet

geblaas. Ek het „n stem tussen die vier horings van die goue altaar voor God gehoor.

Die stem het vir die sesde engel, wat die trompet het, gesê: „Maak los die vier engele

wat by die groot Eufraatrivier vasgemaak is.‟

Die vier engele wat gereed gehou is vir hierdie uur en dag en maand en jaar, is toe

losgelaat om „n derde van die mensdom dood te maak. Die aantal perderuiters van

hulle leërs was miljoene der miljoene en nog „n keer soveel. Ek het hulle getal

gehoor. En in hierdie gesig het die perde en hulle ruiters só gelyk: hulle het vuurrooi,

donkerblou en swaelgeel harnasse aangehad. Die perde se koppe was soos die

koppe van leeus, en uit hulle bekke het daar vuur, rook en swael uitgekom. Deur

hierdie drie plae, die vuur, die rook en die swael wat uit hulle bekke uitgekom het, is

„n derde van die mensdom doodgemaak. Die perde se vermoë om skade te doen, is

in hulle bekke en ook in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe,

en daarmee pynig hulle die mense.

Die ander mense, wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, het hulle egter nie

bekeer nie. Hulle het aangehou met die aanbidding van bose geeste en van afgode

wat hulle self gemaak het van goud, silwer, koper, klip en hout, en wat nie kan sien

of hoor of loop nie. Hulle het hulle ook nie daarvan bekeer om moord, towery,

onsedelikheid en diefstal te pleeg nie.” (Op. 9:13-21)

Van anderkant die Eufraat het die Jode van ouds net slegte dinge verwag. Dit was

immers waar die leermagte van die Assiriërs, Babiloniërs en dié van Partië vandaan

gekom het. En veral dié van Partië was bekend vir die harnasse wat beide die

soldate en die perde gedra het.

Die vreesaanjaende prentjie van „n inval van sulke oorlogruiters van oorkant die

grensrivier teken vir ons hoe oorloë - die een meer intens as die ander - deur die

eeue soos „n massiewe, verwoestende en onkeerbare plaag die mensdom gereeld

sal kom teister.

Agter hierdie oorloë staan natuurlik die gevalle engele, met ander woorde satan, die

engel van die lig, en sy mag gevalle engele, wat saam met hom teen God in opstand

gekom het. Hulle doel is om die mensdom te pynig, te vernietig, dood te maak, te

belieg en te bedrieg op elke moontlike manier.

Natuurlik gebruik hulle “mens-agente” waar hulle kan. Ons moet dus nooit vergeet

wat Paulus ons geleer het nie: “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen

elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke

bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee,

sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die

einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus

met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas,

en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete.

Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die

brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van

die Gees, dit is die woord van God. Doen dit alles biddend en smeek God by elke

geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.”

(Ef. 6:12-18)

Wees gewaarsku: elke keer gaan die oorloë wat kom net meer brutaal en wreder as

die vorige wees! En, soos W Hendriksen sê, wees gewaarsku: tydens oorloë word

mense soos duiwels!

Hoe goed ken ons dit nie! Lees jy die geskiedenis van die mensdom, sien jy telkens

hoe oorlogsmal diktators probeer om hulle mag met leuens en geweld te behou, en

hoe oorloë as gevolg hiervan volg. So was dit, so is dit en so sal dit wees totdat

Jesus weer kom!

Behalwe dat God deur hierdie profetiese woord die werklikheid teken wat op ons

wag, is dit terselfdertyd bedoel as „n waarskuwing vir die mensdom, sodat hulle sal

skrik en na Hom sal terugdraai.

Maar die tragedie is, sê God, dat die meerderheid mense hulle nie gaan bekeer nie!

Te midde van die swart perd van honger wat steeds op die rooie van oorlog volg, en

die vaal perd met sy onvermydelike massagrafte kort op sy hakke, het die mensdom

steeds koud, magsbelus en hard soos „n klip gebly. Ons leer maar net nie.

Alhoewel God se genadedeur steeds oopstaan, keer die meerderheid mense maar

net nie na God terug nie.

Tog ... moet dit nie ons as gelowiges ontmoedig nie. Midde al hierdie negatiewe

realiteite het God steeds met ons „n plan ...

En daaroor gesels ons volgende keer verder.

Hoofstuk 163

Wees My getuies!

In Openbaring 10 verskyn Jesus, die Christus, as „n Engel, soos ons Hom telkens

reeds in die Ou Testament leer ken het. Om Sy jong kerk hier op aarde aan hulle

opdrag te kom herinner.

Kom ons lees wat daar staan: “Toe het ek „n ander engel, „n sterke, uit die hemel uit

sien afkom. Hy het „n wolk om hom gehad en „n reënboog bokant sy kop. Sy gesig

was soos die son en sy bene soos vuurpilare. In sy hand het hy „n oop boekie

gehad. Hy het toe met sy regtervoet op die see en met sy linkervoet op die land

gaan staan en met „n harde stem uitgeroep soos „n leeu wat brul. Toe hy uitroep, het

sewe donderslae geantwoord.

En toe die sewe donderslae praat, wou ek dit opskrywe, maar ek het „n stem uit die

hemel hoor sê: „Hou geheim wat die sewe donderslae gesê het; moet dit nie

opskrywe nie.‟

Die engel wat ek op die see en die land sien staan het, het toe sy regterhand na die

hemel toe opgelig en „n eed afgelê by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die

hemel en wat daarin is, die land en wat daarop is, die see en wat daarin is, geskep

het. Hy het met „n eed bevestig: „Daar is geen tyd meer oor nie. Op die dag wanneer

die sewende engel op sy trompet gaan blaas, sal God se verborge bedoeling met

alles bereik word, soos Hy die blye tyding aan sy dienaars, die profete, bekend

gemaak het.‟

Die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het toe weer met my gepraat en vir my

gesê: „Gaan kry die oop boek daar in die hand van die engel wat op die see en die

land staan.‟

Ek het na die engel toe gegaan en vir hom gevra om die boekie vir my te gee. Hy sê

toe vir my: „Neem dit en eet dit op. Dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond

sal dit so soet soos heuning wees.‟

Ek het toe die boekie uit die hand van die engel gevat en dit opgeëet. In my mond

was dit so soet soos heuning, maar toe ek dit insluk, het my maag bitter geword.

Toe het hulle vir my gesê: „Jy moet weer God se boodskap aangaande baie volke,

nasies, tale en konings verkondig.‟” (Op. 10:1-11)

Dit is duidelik dat die Engel waarmee ons hier te make het nie net „n gewone engel

was nie, maar wel Jesus Christus self was. Kyk maar: Sy gesig was soos die son;

die wolk om Hom dui dat God self is hier is; die reënboog bo Sy kop, dui, soos die

een om die troon van God (Op. 4:3), op God se genade wat heeltyd teenwoordig en

aan die werk is.

Hy het „n klein oop boekie in sy hand, omdat Hy hier „n klein, maar belangrike deel

van Sy plan kom bekend maak. Spesifiek oor wat die rol van die kerk gaan wees in

hierdie tyd op aarde.

Maar eers is daar sewe donderslae, wat sewe boodskappe bevat het. Sekere dinge

oor God se pad met die mens is nie vir ons ore en vir bespiegeling beskore nie.

Daarom, hoor Johannes, mag hy nie daaroor skryf nie. Soms moet ons maar net

tevrede wees om stil te bly oor dinge wat met ons en ander mense gebeur waarvoor

ons geen menslike verduideliking het nie.

Wat ons wel moet weet, sê God vir ons deur Openbaring 10: hierdie wêreld, soos

ons dit ken, gaan ten einde kom, is aan die verby gaan. En dit gaan met groot

rampe en ellende gebeur (dit het ons immers reeds vir mekaar gewys in die vorige

hoofstukke van Openbaring). Maar wat nou belangrik is, is om te verstaan dat God,

midde dit alles, vir Sy mense, Sy ekklesia, „n ontsettend belangrike taak het: “Jy

moet weer God se boodskap aangaande baie volke, nasies, tale en konings

verkondig.”

Die tyd is min. Net een trompet bly oor! Tog is mense in hulle miljoene besig om

ongered die ewigheid in te strompel!

Daarom moet ons eers God se Woord eet. „n Woord wat, aan die eenkant, soet

soos heuning in ons mond is. Dit bestaan immers uit die blye boodskap van die

evangelie van redding wat vir ons lewe en dit in oorvloed kan bedien. Maar die

anderkant van hierdie selfde boodskap van genade is ook die bitter van die wete dat

elkeen wat hierdie woord nie aanvaar nie, God se oordeel gaan beleef. Ook dat ons,

wat die boodskap wel aanvaar het in geloof en daaroor gaan getuig, self vervolging

en lyding as gevolg daarvan in ons eie lewens gaan beleef, wat soms dit selfs vir ons

bitter gaan maak.

Neem dit. Maak dit jou eie. Laat dit soos kos in jou bloedstroom opgeneem word.

Laat dit jou voed en sterk maak. Maak dit deel van jou gees en jou passie in die

lewe. Sodat dit jou kan aanvuur om uit te gaan en daaroor te getuig. Want God wil

nie hê dat een mens verlore sal gaan nie.

Ons weet immers, met die blaas van die sewende trompet, gaan die finale oordeel

oor die ongelowige wêreld finaal kom: op hulle wag die hel van „n ewigheid sonder

God!

Terwyl daar vir ons die belofte van „n nuwe hemel en „n nuwe aarde waar sal word.

Dit is God se einddoel. Hierheen is Hy met ons oppad.

Hoofstuk 164

Lyke in die strate

Om gehoorsaam Jesus te volg, gaan vervolging en selfs dalk jou lewe kos! Laat

daar geen twyfel oor wees nie.

Dit lees ons sommer op baie plekke in die Nuwe Testament. In Openbaring 11

profeteer Jesus teenoor Sy mense dat om Sy getuies in hierdie stukkende wêreld vol

stukkende mense te wees, baie keer in die geskiedenis gaan beteken dat van ons se

lyke soms sommer in die hoofstraat gelos gaan word. As „n waarskuwing vir ander,

maar ook om die meerderheid se minagting vir ons boodskap in die openbaar ten

toon te stel.

Kom ons kyk na hierdie hoofstuk in „n bietjie meer detail. In verse 1 en 2 herinner

Jesus ons profeties daaraan dat die God se ekklesia, Sy nuwe volk, soos die tempel

van ouds gaan wees. Om in hierdie tempel welkom te wees, moet jy deel wees van

God se nuwe geslag priesters (soos 1 Pet. 2:9 en 10 elke gelowige volgeling van

Jesus teken). Moet jy dus „n gelowige volgeling wees om deel te wees van Sy volk

wat hier welkom is.

God self is soos „n muur van vuur rondom Sy mense. Voortdurend kan ons verseker

wees van Sy beskerming. Ja, selfs as ons, soos die klein boekie van Openbaring 10

en 11 sê, terwille van ons getuienis teenoor die res van die wêreld, bereid moet

wees om, soos Daniël se vriende van ouds, in die vuur gegooi te word om te sterf.

Die profetiese woord gaan verder: “Maar die voorhof, wat buitekant die tempel is,

moet jy heeltemal uitlaat en dit nie meet nie, omdat dit aan die heidene oorgegee is,

en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.

„Ek sal aan my twee getuies opdrag gee, en hulle sal, met rouklere aan, my

boodskap twaalf honderd en sestig dae lank verkondig.‟

Hulle is die twee olyfbome en ook die twee lampe wat voor die Here van die aarde

staan. As iemand hulle kwaad wil aandoen, kom daar vuur uit hulle monde uit en

verteer hulle vyande. Só moet elkeen doodgemaak word wat hulle kwaad sal wil

aandoen. Hulle het die mag om die hemel toe te sluit, sodat daar gedurende die

hele tyd wanneer hulle God se boodskap verkondig, geen reën sal val nie. Hulle het

ook die mag om al die water in bloed te verander en om die aarde met allerhande

plae te tref so dikwels as hulle dit nodig vind. Wanneer hulle egter hulle getuienis

klaar gelewer het, sal die dier wat uit die onderaardse diepte uit kom, teen hulle

oorlog maak, hulle oorwin en hulle doodmaak. Hulle lyke sal in die hoofstraat van

die groot stad lê waar hulle Here ook gekruisig is. Die stad word sinnebeeldig Sodom

en Egipte genoem. Mense van al die volke, stamme, tale en nasies sal hulle lyke

drie en „n half dae lank daar sien lê en nie toelaat dat hulle begrawe word nie. Die

bewoners van die aarde sal bly wees oor hulle dood en hulle daaroor verheug.”

(Open. 11:2-10)

Twee en veertig maande, of 1260 dae, is die getalle-simbole in die Bybel vir die

eindtyd, van Jesus se eerste koms tot by Sy wederkoms. Daarom is dit ook die tyd

wat God se mense blootgestel is aan die werklikheid van „n wêreld waarin die

meerderheid van die wêreld se bevolking op allerlei maniere God se gesag gaan

uitdaag en vertrap. En baie kere sal hulle teiken Sy mense wees.

Die lig in gelowige volgelinge van Jesus se lewens, as God se “lampe”, en die

salwing en Godsvrug as gevolg van God se Gees se werking in en deur hulle

lewens, gaan maar altyd vir die wêreld daarbuite soos „n plaende gewete wees; „n

klip in die skoen waarvan die meerdheid van die mensdom net ontslae wil raak.

God se Gees se bonatuurlike toerusting en gawes in hulle lewens gaan van hulle

kanale maak waardeur merkwaardige wonders kan gebeur. Wat gaan maak dat die

evangelieboodskap uit hulle mond letterlik die hemel vir miljoene kan oopsluit of

toesluit.

Maar telkens in die geskiedenis gaan “...die dier wat uit die onderaardse diepte uit

kom, teen hulle oorlog maak, hulle oorwin en hulle doodmaak.”

Ons worstelstryd is immers teen Satan en sy bose magte. Hy sit agter al die haat en

vyandskap teen die ekklesia van God in hierdie wêreld van ons. En telkens gaan hy

sy mens-agente gebruik om letterlik miljoene van ons te vervolg, te treiter, te bespot,

gevange te neem, te martel en selfs te vermoor. En alhoewel die wêreld daarvan

gaan kennis neem, gaan dit baie keer maar net nog „n beriggie wees tussen die

miljoene ander in die koerante en in ander media in die wêreld. En gaan die wêreld

se stilswye in werklikheid hulle goedkeuring vir wat gebeur verwoord.

Die bemoediging vir God se mense is dat dit nooit die laaste woorde oor een van

hulle se lewens sal wees nie. “Ons is meer as oorwinnaars ...” Ons weet daar wag

vir elkeen van ons „n opstanding uit die dood, maar ook die dag wat almal sal

opstaan, wanneer Christus Jesus weer kom.

Vir ons is dit „n dag van vreugde, maar vir die res van die wêreld is dit „n dag van

onbeskryflike angs. Dit is immers die einde van hulle bekende wêreld wat hulle soos

„n reuse aarbewing gaan tref. Daardie gevoel van volslae magteloosheid, angs en

totale chaos tydens so „n aardbewing is tekend van die profetiese prentjie as die

einde aanbreek vir die mense sonder God. Nou is dit die tyd wanneer God nie meer

Sy oordeel gaan terughou nie, en wat Sy genadetyd vir goed verby is.

Die verwysing na 7000 mense wat in die aarbewing gaan sterf, dui simbolies op die

volle getal van die dood en totale verwoesting en vernietiging wanneer die ergste

van ergstes, die einde van ons bekende wêreld, gaan aanbreek. Wanneer, saam

met die opstanding van die gelowiges, God se oordeel losbars oor „n wêreld wat

enduit volhard het om Sy goeie nuus te verwerp.

Maar die laaste klanke van Openbaring 11 is nie dit nie. Dit is eerder „n sewende

trompet wat blaas. En daarmee saam hoor ons: “Daar was stemme in die hemel

wat hard uitgeroep het: „Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy

Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.‟

Die vier en twintig ouderlinge wat op hulle trone voor God sit, het toe gekniel met

hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid en gesê: „Ons dank U, Here God,

Almagtige, U wat is en wat was, dat U nou u groot mag gebruik en as koning heers.

Die nasies was woedend, maar nou het die tyd vir u oordeel gekom. Die eindtyd het

aangebreek: die dooies word geoordeel; aan u dienaars, die profete, en aan die

gelowiges, dié wat U vrees, klein en groot, word hulle loon gegee; en dié wat die

aarde vernietig, word vernietig."

Hoofstuk 165

Oorlog teen die draak

Die hele geskiedenis op Planeet Aarde word in 17 verse in ons Afrikaanse Bybel in

Openbaring 12 vasgevang. As „n stryd tussen God en Satan. Met as hoofkarakters:

God ... „n vrou ... haar kind ... „n bloedrooi draak ... en die nakomelinge van die kind.

Kom ons kyk en luister daarna. “Toe het daar „n groot teken in die hemel verskyn:

daar was „n vrou met die son as kleed om haar, die maan onder haar voete, en op

haar kop „n kroon van twaalf sterre. Sy was swanger en het geskree van die pyn,

want die geboortepyne was daar.

Daar het ook „n ander teken in die hemel verskyn: daar was „n groot vuurrooi draak

met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe was daar sewe heerserskrone. Sy

stert het „n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde

gegooi. Die draak het voor die vrou gestaan wat op die punt was om „n kind te kry.

Hy wou haar kind verslind sodra sy hom in die wêreld bring.” (Op. 12:1-4)

Dit is asof die wêreldgeskiedenis soos die rolprentdraaiboek voor ons afspeel. Met

God as die Regisseur wat die storie vertel. So kry ons geleentheid om te sien wat

daar in die onsigbare gebeur, waar ons normaalweg nie kan sien nie.

Dit is maklik om in te sien dat die draak Satan voorstel. Hy word immers reeds in die

Ou Testament die slang en die draak genoem (kyk ook Gen. 3:1-4; Jes. 27:1). Deur

die geskiedenis sou hy alles in sy vermoë doen om te verhoed dat die Jesuskind

gebore sou word. Hy was immers getaak om as die beloofde Messias en Redder

die mensdom te red uit die hand van die Bose en sondemag.

Maar wie is die vrou dan? Sy kan nie net Maria wees nie. Sy is eerder simbool vir

die mensdom, en spesifiek Israel, die volk van God in die Ou Testament, van wie op

baie plekke in die Bybel gepraat word as “God se vrou” (kyk ook Jes. 50:1; Hos. 2:1).

Soos wat die kerk in die Nuwe Testament die “vrou van die Lam” genoem word, of

die “bruid” (kyk ook Op. 21:9; 22:17).

In watter wonderlike kleure word sy nie geteken nie! Met „n sonnekleed aan, omdat

sy die glans en heerlikheid van God weerkaats. Met „n sterrekroon op haar kop,

omdat sy bedoel is om in die Naam van haar God oor hierdie aarde te heers. En

met die maan aan haar voete, sien ons haar triomfeer oor die donker van die bose

nag wat heers in hierdie wêreld.

Kom ons kyk verder wat daar staan: “Sy het „n kind in die wêreld gebring, „n seun,

bestem om al die nasies met „n ystersepter te regeer. Haar kind is egter weggeruk

na God en na sy troon toe, en die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir

haar „n plek gereed gemaak het, sodat die mense haar daar twaalf honderd en

sestig dae lank kon versorg.

Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen

die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, maar hulle is verslaan. In die

hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, want die groot draak, die

slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld

verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met

hom.” (Op. 12:5-9)

Voor ons oë speel die opstand van Satan en die engele - wat hulle aan sy kant

geskaar het – in die hemel af, en sien ons hoe hulle verslaan is in die hemel.

Uitgewerp uit die hemel het Planeet Aarde, met die sondeval-gebeure, hulle nuwe

hoofkwartier geword. Om nou hier met alle mag en geweld in hulle boosheid te

regeer (kyk ook Joh. 12:31, waar Satan die “owerste van hierdie wêreld” genoem

word; en ook gedeeltes soos 2 Pet. 2:4; Judas, vers 6).

Kom ons lees die profetiese draaiboek verder: “Toe het ek „n stem in die hemel

gehoor wat hard uitgeroep het: „Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag

en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons

medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God

aangekla het. Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die

Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief

gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie. Daarom, hemel en dié wat

daarin bly, verheug julle. Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die

duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het.‟

Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die

seun in die wêreld gebring het. Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke gegee,

sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele

vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg. Die slang het toe „n stroom water

soos „n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, sodat sy deur die stroom

meegesleur kon word, maar die aarde het die vrou te hulp gekom. Dit het

oopgegaan en die stroom opgesluk wat die draak uit sy bek uitgespoeg het.

Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen

haar ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis

vashou wat Jesus gelewer het.” (Op. 12:10-17)

Watter wonderliker prentjie van wat gelowig-lewe in werklikheid beteken is daar as

dit wat Jes. 40:31 vir ons teken: “ ... dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.

Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en

raak nie afgemat nie.” Eers is dit die belewenis van die vrou, en later dié van die

nakomelinge van die kind (m a w ons as gelowige volgelinge van Jesus) wat beleef

hoe God ons help om die Bose en sy magte te oorwin. Self, uit eie krag is dit nie

moontlik nie, maar deur vas te klou in geloof aan die verlossende krag van wat

Christus Jesus vir ons en namens ons gedoen het deur Sy bloed en lewe aan die

kruis, deel ons in Sy oorwinning.

Hoofstuk 166

Sien die een agter al die maskers raak

Toe God die gordyn vir ons in Openbaring 12 lig, sien Sy gelowige volgelinge van

alle tye die onsigbare drama raak wat eintlik agter die skerms afspeel: die bose se

ewige stryd teen God en Sy gelowige volgelinge. In hierdie stryd gebruik die bose sy

agente om sy boosheid hier op aarde te bevorder.

Openbaring 13 teken vir ons twee van sy helpers. Eers is daar die dier uit die see.

“... En toe het ek „n dier uit die see uit sien kom met tien horings en sewe koppe. Op

sy horings was daar tien heerserskrone en op sy koppe godslasterlike name. Die

dier wat ek gesien het, het soos „n luiperd gelyk. Sy pote was soos dié van „n beer

en sy bek soos dié van „n leeu. Die draak het sy mag, sy troon en groot gesag aan

hom gegee. Dit het gelyk asof hy aan een van sy koppe dodelik gewond was, maar

die dodelike wond het genees, en die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan

geloop.

Die mense het die draak aanbid omdat dit hy is wat die gesag aan die dier gegee

het. Hulle het ook die dier aanbid en gesê: „Wie kan met die dier vergelyk word? En

wie kan teen hom oorlog voer?‟

Die dier is toegelaat om verskriklike dinge te sê en te laster en om twee en veertig

maande lank gesag uit te oefen. Hy het teen God begin laster, hy het God se Naam

en sy woonplek en dié wat in die hemel bly, belaster. Aan hom is daar ook mag

gegee om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin; en daar is gesag

aan hom gegee oor elke stam, volk, taal en nasie. Al die bewoners van die aarde

sal hom aanbid, almal wie se name nie van die skepping van die wêreld af geskrywe

staan in die boek van die lewe, die boek van die Lam wat geslag is nie.” (Op. 13:1-8)

Deur die geskiedenis heen het teoloë ure en ure se verduidelikings en detail-skemas

gebruik om te probeer verklaar wie hierdie “dier uit die see” sou wees – asook sy

ander helper, “die dier uit die aarde”. Maar dit is om die punt te mis van wat God

hier werklik vir ons profeties teken. In werklikheid wil Hy hê ons moet verstaan dit

gaan nie oor die spesifieke historiese figure wat satan deur die eeue gaan gebruik as

sy helpers nie. Dit gaan oor satan, die bose, wat telkens met verskillende maskers

op, maar net sy eeuelange stryd teen God en Sy gelowige volgelinge ook hier

voortsit.

Ons worstelstryd is immers nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte in

die lug ... In elke tydvak in die geskiedenis gaan die vyand sy helpers hê. Daarom

vind ons in hierdie profesie simboliek wat Daniël reeds gebruik het om die bose se

helpers in sy tyd en na hom te teken. In sy dae was satan se helpers wêreldmagte

soos dié van die Mede, die Perse, die Grieks-Masedoniese ryke, en mense soos

Antiogus Epifanus van die Griekse wêreldryk (in Dan. 7). In Johannes se dae was

dit die heersende regime van sy tyd, Rome, met sy sewe Romeinse regeerders

vanaf keiser Augustus tot by die tyd wat Openbaring geskryf is, plus die drie wat na

Nero se dood vir kort tydjies sou regeer.

Wat van belang vir ons is om raak te sien is dat hierdie “dier” vir 42 maande die mag

gekry het om namens die bose sy saak te bevorder. En hierdie getal ken ons. Dit

dui simbolies die tyd aan van Jesus se koms tot by die wederkoms.

Om die vyand as „n dier voor te stel is ook nie vir ons as moderne mense vreemd

nie. Wie van ons kan nie DJ Opperman se gedig, “Stad in die mis”onthou nie!

“Met gespanne spier ... loop ek deur die mis ... want om my sluip „n dier ... onder die

wit duisternis; ... ek hoor hom knor en in oop mote ... waggel sy pilare-pote ... en sy

kantelende rug metaal; ... op hoeke van strate blink ... sy oë bloedbelope, ... en met

sy hap sluit staal op staal.”

Die feit dat die “dier” uit die “see” uit opstaan, verbaas ons ook nie, want oral in die

Skrif word die nasies en volke van die wêreld soos „n onstuimige see vir ons geteken

(vgl. Jes. 17:12-13).

Telkens in die geskiedenis sien ons volkere en nasies, met hulle verskillende

heersers, wat in ongeloof steeds in opstand teen God is. Wat aanhou om God se

goeie nuus te verwerp en Sy Gesalfde te misken, en gevolglik Sy volgelinge te

vervolg.

Hoe goed ken ons dit nie ook in ons dae nie! Krone, mag, status, roem, regerings,

konings en staatsleiers in staatsbankette en perskonferensies, met goud en glans

versier. Maar agter die blink maskers sien ons deur God se bril die afskuwelike

draak, wat die opgestane Here haat ... en Sy kerk vervolg.

En dan is daar sy ander helper, “die dier uit die aarde”, wat skynbaar sag soos „n

lammetjie is, maar tog in werklikheid maar net sê wat die draak hom aansê om te sê

(Op. 13:11-12).

Hierdie “dier” is die groot godsdienstige propaganda-masjien waarmee die draak oor

die wêreld mense wil manipuleer om in werklikheid hom alleen te aanbid en te dien.

Noem dit “valse godsdienste”, die wolf in skaapsklere, wat soos ware demoniese

kulkunstenaars met woord-bedrog en manipulasies deur die eeue alles in hulle

vermoë doen om te sorg dat die een agter al die maskers, satan, in werklikheid

aanbid en gedien word.

Johannes het hom al in sy dae “die antichris” genoem (1 Joh. 4:2-3). In Efesiërs 2:2

praat Paulus van “... julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees

wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is.” En in 1

Joh. 2:18 praat Johannes van “Julle het gehoor dat daar „n antichris kom; en daar is

nou reeds baie antichriste. Daaruit weet ons dat dit die laaste uur is.”

Duidelik gaan dit hier oor die klimaat van ongeloof, ander wêreldgodsdienste

behalwe die ware Christus-diens, wêreldgesindheid, magsbeheptheid en al die

ander pogings van die mens om maar net alleen in beheer te wil wees van sy eie

lewe. Maar ten diepste is dit egter niks anders as vyandskap teen die evangelie en

die Christus van die evangelie nie. Gaan dit oor mense, instansies, magte, stelsels,

wat as “die wettelose mens” (in Paulus se taal daar in 2 Tess. 2:3-4) hom verset teen

al wat God genoem word, en selfs sal voorgee dat hy God is.

Deur die eeue sal ons telkens sien hoe die vyand deur middel van sy helpers selfs

die koop en verkoop van mense probeer beheer, alles in „n poging om so die hele

lewe van mense te probeer beheer. Ja, dit gaan soos „n onsigbare simbool wees,

666, die simbool van die mens wat streef na totale mag, waarmee die vyand mense

as‟t ware gaan merk wat deur hulle denke en lewenswyse hulle aan sy kant geskaar

het.

Elkeen wat nie bely dat Jesus die Seun van God, en Verlosser en Opgestane Here

is, word beheer deur die “gees van die antichris” en aanbid eintlik die een agter al

die maskers.

Hoofstuk 167

In Jesus is ons meer as oorwinnaars

As „n mens die boek, Openbaring, lees en half verskrik verstrik raak in die realiteite

van hierdie oorlog tussen God en satan wat aan die gang is, is dit nodig om te

onthou dat ons hier met profesie te make het. Die hart en bedoeling van profesie is

nie om ons bang te maak vir die toekoms nie, maar eerder om ons te bemoedig.

Daarom is die simfonie van oorwinning wat ons hoor in Openbaring 14 balsem vir

ons siel. Dan val al die spanning weg en voel jy weer God se liefde koesterend om

jou, en kan jy weer glo wat Paulus daar in Romeine vir ons gesê het: Ons is meer as

oorwinnaars in Christus Jesus ons Here!

Luister en word getroos! “Toe het ek die Lam op Sionsberg sien staan en by Hom

honderd vier en veertig duisend mense met sy Naam en sy Vader se Naam op hulle

voorkoppe geskrywe. En ek het „n geluid uit die hemel uit hoor kom wat soos die

gedruis van „n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer geklink

het. Die geluid wat ek gehoor het, was ook soos dié van siterspelers wat op hulle

siters speel. Hierdie mense sing „n nuwe lied daar voor die troon en voor die vier

lewende wesens en die ouderlinge. Niemand anders as net hierdie honderd vier en

veertig duisend mense, wat van die aarde af losgekoop is, kon hierdie lied leer nie.

Dit is hulle wat hulle nie met vrouens besoedel het nie; hulle het kuis gebly. Hulle

volg die Lam waar Hy ook al gaan. Hulle is onder die mense uit losgekoop as

eerstelinge vir God en vir die Lam. Uit hulle mond het daar nooit „n leuen gekom nie.

Hulle is onberispelik.” (Op. 14:1-5)

Honderd vier en veertig duisend is nou al „n getal wat ons baie goed ken. Wat vir

ons al God se mense oor alle tye teken wat gelowig aan Hom getrou gebly het en

Hom bly volg het, kom wat wil. As jy, saam met my, Jesus Christus in geloof

aangeneem het as jou persoonlike Verlosser en Here, kan jy verseker weet jy gaan

ook daar wees. In geloof kan ek en jy onsself op daardie dag daar sien, as deel van

die bruid van Jesus die Bruidegom, getrou tot die einde net aan Hom.

Hy het ons immers losgekoop en vrygemaak van al die bande wat ons gebind en

verhoed het om Hom as die Bruidegom vir ewig lief te hê. Sy dit die bande van

sonde, die mag van die bose, die mag van die wêreld om ons, en uiteindelik ook die

mag van die dood. Ons is immers losgekoop en vrygemaak deur die sterwe en kruis

van Jesus. Sy opstanding uit die dood en die inwoning van Sy Gees in ons is ons

waarborg hiervan. Daarom kan ons weet en glo: ons sal ook eendag daar wees en

deel in Sy finale oorwinning oor alle magte aan die einde van die tyd. Daarom kan

ons nou al, lank voor die tyd, in geloof onsself sien wag op Hom, die Bruidegom, wat

finaal Sy bruid kom haal vir die bruilof.

Natuurlik is alles nog nie verby hier op aarde nie. Ons is nog nie daar nie. Sekere

dinge moet nog eers hier gebeur voor daardie finale dag en wederkoms van die

Bruidegom. Daarom skuif die fokus terug na die finale gebeure hier op aarde voor

Hy weer kom.

Luister hoe vertel Op. 14 dit: “Toe het ek „n engel hoog in die lug sien vlieg. Hy het

„n goeie boodskap gehad wat vir ewig van krag bly. Hy moes dit aan die bewoners

van die aarde, aan elke nasie, stam, taal en volk verkondig, en hy het met „n harde

stem uitgeroep: „Vrees God en gee aan Hom die eer, want die tyd het aangebreek

vir sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne

gemaak het.‟

„n Tweede engel het agter die eerste aan gevlieg en uitgeroep: „Geval, geval het die

grote Babilon wat al die nasies van die dwelmdrank van haar onsedelikheid laat

drink het.‟

„n Derde engel het agter die eerste twee aan gevlieg en hard uitgeroep: „Wie die dier

en sy beeld aanbid en „n merk op sy voorkop of op sy hand aanvaar, sal van die wyn

van God se toorn moet drink...” (Op. 14:6-10)

Die boodskap van die evangelie, wat vir altyd geld, moet ook nog in hierdie laaste

van laaste dae verkondig word. Tot op die laaste van laaste dae sal ons God se

genade onophoudelik hoor roep dat mense hulle tog moet bekeer, want Hy wil nie

dat een verlore sal gaan nie.

Want, laat die een wat ore het om te hoor, hoor dat Babilon, die ongelowige

wêreldmag onder die heerskappy van die bose, wat so vyandig teenoor God en Sy

mense deurentyd staan, in wese klaar verslane vyande is. In God se agenda is die

bose en sy regime op aarde se einde klaar vas geteken: gedoem en totaal verslaan!

Met daardie sekere wete kan ons die einde tegemoet stap en weet die ergste van

ergstes is oppad. God se regverdige woede oor sonde en teenoor die bose en almal

wat hulle aan sy kante geskaar het oor die eeue, wag soos „n beker vol galbitter wat

deur hulle gedrink gaan word. Elkeen wat nie gelowig gekies het om te glo dat

Christus Jesus reeds aan die kruis die volle straf vir jou sonde en

ongehoorsaamheid gedra het nie, sal gevolglik self die volle gloed van God se toorn

as gevolg van daardie sonde en ongehoorsaamheid moet dra! Niemand gaan dit

ontsnap nie!

Luister daarom na die Woord van God in die verband: “Toe het ek „n wit wolk

gesien. Op die wolk het daar Iemand soos die Seun van die mens gesit. Hy het „n

goue kroon op sy kop gehad en „n skerp sekel in sy hand.

„n Engel het uit die tempel uitgekom en hard geroep na Hom wat op die wolk sit:

„Steek u sekel in en oes, want die tyd het gekom om te oes. Die aarde is ryp vir die

oes.‟ Hy wat op die wolk sit, het toe sy sekel ingesteek op die aarde, en die aarde is

afgeoes.

Toe het daar „n ander engel uit die tempel wat in die hemel is, uitgekom. Hy het ook

„n skerp sekel gehad. Nog „n ander engel het van die altaar se kant af gekom. Hy

het mag oor die vuur gehad en het met „n harde stem geroep na die engel wat die

skerp sekel het, en vir hom gesê: „Steek jou skerp sekel in en sny die druiwetrosse

van die wingerd op die aarde af, want sy druiwe het ryp geword.‟

Die engel het toe sy sekel op die aarde ingesteek. Hy het die wingerd op die aarde

afgeoes en die oes in die groot parskuip van God se toorn gegooi.” (Op. 14:14-19)

Hoofstuk 168

Saam met die kore gelowiges sing ons op die strand

Stel jou voor jy staan langs Moses en die Israeliete terwyl hulle terugkyk oor die see

waarin die laaste van die Egiptiese leermag met hulle strydwaens tussen die golwe

verdwyn! Hoor hoe Moses sing: "Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog

verhewe is... Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom.

Hy is my God ... Die Here is oorwinnaar in die stryd, sy Naam is „die Here‟! ... U

regterhand, Here, gedug in sy krag, u regterhand, Here, verpletter die vyand ... U

vernietig wie teen U opstaan, U laat u toorn woed, dit verteer hulle soos kaf... Here,

U het „n plek vir u troon voorberei, u hande, Here, het „n gewyde plek gereed

gemaak. Die Here regeer tot in ewigheid!" (Eks. 15:1-18)

Met hierdie lied in jou ore, draai jy om en skielik staan jy langs God aan die einde

van die tyd en kyk jy deur Sy oë na die telbord; weet jy, ten spyte van alles wat tans

rondom ons aan die gebeur is: die oorwinning is reeds verseker! Dit is uit en gedaan

en klaar!

Dit is die bemoedende boodskap van Openbaring 15. Dit is asof God vir ons „n bril

opsit in hierdie hoofstuk waarmee ons aan die einde van die tyd profeties kan

terugkyk. Waarmee ons as‟t ware anderkant die see van volkere staan en terugkyk

en sien hoe, midde al die vlikkerende vlamme van lyding en God se finale oordeel,

die see seepglad en rustig word.

Hoor ons hoe Jesus Christus, die Lam van God sê: Ek sal My volgelinge deur dit

alles getrou dra sodat hulle aan die einde op die ewige strand kan staan en terugkyk.

Skielik weet ons hier binne: ons is meer as oorwinnaars in Christus Jesus wat ons

krag gee!

Laat hierdie woord jou ook bemoedig midde wat ookal in jou lewe tans aan die gang

is! Weet, jy gaan tussen daardie kore op die strand staan aan die einde en saam

met hulle God loof en prys! Hoor hoe jy saam met daardie koor van gelowige

volgelinge van Jesus die lied van die Lam sing: "Groot en wonderbaarlik is u dade,

Here God, Almagtige. Reg en betroubaar is u optrede, Koning van die nasies. Wie

sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die

nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is."

(Op. 15:3-4)

Dan verander die toneel voor ons. Skielik sien ons hoe die tempel se deure

toegaan!

Vir duisende jare het God in Sy groot genade en liefde die mensdom uitgenooi: Kom

tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak ... Bekeer julle en laat julle red uit hierdie

ontaarde geslag uit! Maar op „n dag, aan die einde van alles, gaan daardie

genadetyd verby wees. Gaan God uit Sy woonplek, Sy tempel, reuse engele stuur

met bakke vol van Sy regverdige wraak oor die mens se volhardende ongeloof.

Kan jy jou indink: daar kom „n dag wat God se genadetyd verby is! Daar kom „n dag

wat mense onverdun die volle gloed van die verskriklike gevolge van hulle

volhardende ongelowige keuses gaan proe!

Luister hoe teken God hierdie gebeure aan die einde vir ons profeties: “... die sewe

engele wat die sewe plae bring, het uit die tempel uitgekom. Hulle het helder blink

klere aangehad, en elkeen het „n goue band om die bors gehad. Een van die vier

lewende wesens het toe aan die sewe engele sewe goue bakke gegee, gevul met

die toorn van God, van Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Die tempel het vol rook

geword vanweë die heerlikheid en die mag van God, en niemand kon in die tempel

ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele hulle einde bereik het nie.” (Op.

15:6-8)

God het vir eeue geduldig uitgehou en gewag. Vir eeue het Hy Sy regverdige woede

en oordeel oor sonde en die ongeloof van die grootste gedeelte van die mensdom

beteuel. Sodat soveel as moontlik mense nog geleentheid kon kry om hulle te

bekeer.

Hy het hulle immers so liefgehad ... Hy wou hulle so graag genadig wees. Hy wou

hulle so graag bedien met lewe en dit in oorvloed in Christus Jesus. Daarvoor het

Hy immers Sy Seun en Sy Seun se lewe gegee. Daarvoor het Hy, voordat daar

sprake van tyd of enigiets anders was ... voordat daar „n skepping en „n planeet

Aarde was ... „n verlossingsplan bedink wat vir die nuwe geslag mense wat Hy gaan

skep, onverdiend, „n brug kan voorberei terug na Hom toe. Het Hy „n bevrydingsplan

bedink om uit hierdie nuwe geslag mense „n bruid los te koop om vir Sy Seun „n

Bruid te wees.

Maar nou is die tyd om gered te word vir ewig verby. Die maat is vol. Nou gaan

God se oordeel en woede oor sonde en ongeloof en die boosheid op aarde hom

uitwoed! En niks kan dit keer nie!

Hoofstuk 169

Sewe bakke vol verskrikking

Het jy al ooit in een van hierdie deurskynende hysbakke gery wat so teen die wand

van „n gebou al hoër boontoe beweeg? En gesien, hoe hoër jy ry, hoe meer kan jy

werklik sien wat onder gebeur?

Dit is dalk „n prentjie wat ons kan help om die boek, Openbaring, in sy sewe dele,

beter te verstaan. In al sewe dele sien ons dieselfde tydperk en dieselfde gebeure in

daardie tydperk, maar elke keer, van „n bietjie hoër, sien ons net „n bietjie meer en

dalk, hier en daar, vanuit „n ander hoek, met „n bietjie ander fokus.

Om Openbaring 16 reg te verstaan, moet ons onthou dat ons ook hier, soos in die

ander dele, nog steeds kyk na die tydperk van Christus Jesus se eerste koms tot Sy

wederkoms. Dit wat ons voorheen sien gebeur het toe die trompette geblaas het, is

ook hier aan die gebeur as die wraakbakke uitgegooi word. Maar dit is asof ons dit

sien uit die oë van die Een vir wie een dag soos „n duisend jaar en „n duisend jaar

soos een dag is. En onthou, Hy is dié Een, die lewende God, wat presies weet hoe

dinge uiteindelik gaan gebeur en hoe die laaste van dae, voor Jesus se finale koms,

daarna gaan uitsien.

Ons lees hoe hierdie “harde stem” uit die hemel vir die sewe engele „n finale opdrag

gee. God se geduld met die mensdom is op. Sy genadetyd is bykans verby. Die

mens moet nou die bitter proe vir hulle keuses en lewenswyses. Sien, die mens het

nog nooit geglo dat God ernstig was toe Hy bv. in Rom 6:23 gesê het dat die straf vir

sonde die dood is nie, en dat ons reeds hier op aarde iets daarvan gaan proe en

beleef nie.

Die realiteit is dat die selfgesentreerde mens besig is om gevolglik dood te bedien

aan die mense om hom, maar ook aan hierdie wonderlike, gebalanseerde

ekosisteem van die skepping rondom hom. Daarom is die hele ekosisteem besig om

totaal ineen te stort en vernietig die mensdom homself en miljoene rondom hom.

Openbaring 16 teken dit vir ons.

“Toe het ek uit die tempel „n harde stem vir die sewe engele hoor sê: "Gaan gooi die

sewe bakke, gevul met die toorn van God, op die aarde uit!"

Die eerste engel het toe gegaan en sy bak op die land uitgegooi... kwaadaardige en

pynlike swere (het) uitgekom aan die mense wat die merk van die dier aan hulle het

en wat sy beeld aanbid. Die tweede engel het sy bak in die see uitgegooi. Dit het

bloed geword soos die bloed van „n dooie, en alles wat in die see lewe, het

doodgegaan. Die derde engel het sy bak in die riviere en die waterbronne uitgegooi.

Dit het ook bloed geword.

Toe het ek die engel wat oor die water toesig hou, hoor sê: „U is regverdig, U wat is

en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel voltrek het; want hulle het die

bloed van die gelowiges en van die profete vergiet, en U het hulle self bloed laat

drink. Dit het hulle verdien.‟ Toe het ek die engel wat oor die altaar toesig hou, hoor

sê: „Ja, Here God, Almagtige, betroubaar en reg is u oordele.‟

Die vierde engel het toe sy bak op die son uitgegooi. Daardeur is aan die son die

vermoë verleen om die mense met vuur te brand. Die mense is deur „n groot hitte

gebrand, en hulle het die Naam gelaster van God wat die mag oor hierdie plae het.

En hulle het hulle nie bekeer nie en aan Hom nie die eer gegee nie.

Die vyfde engel het toe sy bak op die troon van die dier uitgegooi, en daar het

duisternis oor die koninkryk van die dier gekom. Die mense het hulle tonge stukkend

gebyt van die pyn en het die God van die hemel gelaster oor die pyn wat hulle moet

verduur, en oor die swere. En hulle het hulle nie bekeer van hulle verkeerde praktyke

nie.

Die sesde engel het toe sy bak op die groot Eufraatrivier uitgegooi. Die water

daarvan het opgedroog om „n pad vir die konings uit die ooste oop te maak. Toe

sien ek uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die

vals profeet drie onrein geeste kom wat soos paddas lyk. Hierdie geeste, wat

wondertekens doen, is bose geeste. Hulle gaan na die konings van die hele wêreld

toe om hulle byeen te bring vir die oorlog op die groot dag van God, die Almagtige.

„Kyk, Ek kom onverwags soos „n dief. Geseënd is die een wat wakker bly en sy klere

reghou, sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy skande sien nie.‟

Die geeste het die konings byeengebring op die plek wat in Hebreeus Armageddon

genoem word.

Die sewende engel het toe sy bak in die lug uitgegooi. Van die troon in die tempel af

het daar „n stem hard uitgeroep: „Dit is verby!‟ Toe het daar weerligstrale, dreunings

en donderslae gekom. Daar was ook „n groot aardbewing soos daar nog nie was

vandat die mens op die aarde gekom het nie, so „n geweldige groot aardbewing was

dit... En die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat die plaag

verskriklik groot was.” (Op. 16:1-21)

Dit is asof alles wat op aarde gebeur het, van Christus Jesus se eerste koms tot voor

Sy wederkoms, hier gekondenseer in 21 verse beskryf word. Natuurlik simbolies, as

sewe bakke van God se wraak wat oor die hele skepping uitgegooi word.

Kyk jy mooi, sien jy hoe die mensdom teen homself en teen die hele skepping draai,

en hoe alles in die prosese vernietig word. Omdat hulle gekies het om hulle teen

God en Sy plan vir die skepping te verset.

Alhoewel hulle eintlik maar net die gevolge proe van hulle eie keuses, is selfs die

verskriklike gevolge van hulle keuses God se laaste pogings om hulle te roep tot

bekering. Maar die tragedie is dat die meerderheid nog steeds volhard in hulle

rebellie teen Hom en Sy planne.

Daarom sien ons, uit God se perspektief, soos die gebeure van die sesde wraakbak

ons wys, hoe alles in werklikheid een groot oorlog is tussen God en die mens en die

skepping wat Hy gemaak het. Soos hierdie reuse geveg ... tot daardie finale dag

met Jesus se wederkoms.

Dan gaan dit wees soos daardie tyd toe koning Josia gesterf het (vgl 2 Kron. 35:23;

2 Kon. 23:29), waarna die profeet Sagaria reeds profeties verwys het toe hy gesê

het: “Daardie dag sal daar in Jerusalem meer getreur word as wat daar oor Hadad-

Rimmon getreur is in die Megiddovlakte.” (Sag. 12:11)

Sien, ek is oortuig dat Armageddon, soos die res van die boek, Openbaring se

inhoud, simboliese betekenis het. En dat dit kom van die Hebreeuse woord, Har

Megiddo, wat beteken, as dit vertaal word, “Berg van Megiddo”.

Soos wat die volk van God van ouds eers werklik besef het wat Josia se

hervormingswerk se impak was met en na sy dood, so gaan daar „n dag kom wat die

mensdom, soos die Jode van ouds daar op die vlaktes van Hadad-Rimmon, naby

die berg van Megiddo, reg aan die einde, met nuwe oë na Jesus gaan kyk. Maar

dan gaan dit te laat wees!

Reeds met die kruisdood en opstanding van Jesus is die mag van Satan en al die

wêreldryke van die bose se mag gebreek en vir altyd onderwerp aan God se groter

plan (vgl Kol. 2:15). Maar die grootste deel van die mensdom glo dit nie en sal dit

ook nie glo nie ... tot die einde van eindes toe.

En tog, weet verseker, kom daar „n dag waarvan Paulus reeds profeties gepraat het

as hy in Rom. 14:11 sê: “.... want daar staan geskrywe: „So seker as Ek lewe, sê die

Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.‟" (vgl Fil. 2:10)

Maar daardie dag, sê Op. 1:7, gaan dit te laat wees. “Kyk, Hy kom met die wolke, en

al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; en al die volke van die

aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag. Ja, dit is seker!”

Dan is dit te laat, want alles is verby. God se genadetyd vir ongelowiges is vir altyd

verby!

Hoofstuk 170

‘n Prostituut op haar laaste reis

Kan jy jou dit voorstel: die helderrooi dier met sy sewe koppe en tien horings! Aan

die eenkant lyk hy soos „n luiperd, met pote soos „n beer en die bek van „n leeu. En

dan sien jy haar ... wydsbeen op sy rug ... uitdagend, uitgedos in pers en rooi, met

allerlei goue en kosbare juwele om haar nek, arms en aan haar vingers. En in haar

hand „n goue beker wyn.

Dit is die prentjie waarmee die voorlaaste deel van die boek, Openbaring hoofstukke

17 tot 19, begin om die tyd tussen Jesus se eerste koms tot en met die wederkoms

te beskryf.

Hier val die fokus op „n samelewing sonder God. Wat ten spyte van die hoevele

kere wat Hy Sy liefde aan haar verklaar het, en die hoevele kere wat Hy haar gevra

het om Sy vrou en Sy bruid te word, gekies het om soos „n prostituut, haar te

verkoop teen die regte prys. Ter wille van die regte hoeveelheid geld, mag en genot,

is sy bereid om haar alles te gee aan wie ookal bereid is om te betaal. Is sy bereid

om haar gewete te verkrag, en die lewe en „n leefstyl geanker in geloof in Jesus

Christus te versmaai, vir die genot en die sukses van die oomblik.

Hoe goed ken ons nie die prentjie van die prostituut dwarsdeur die Bybel nie! Dit

was mos nog maar altyd die manier hoe die mens se afvalligheid en ontrou aan God

beskryf is. Nie net as „n manier om net seksuele sondes te beskryf nie, maar alle

sondes.

Soos die oerstad, Babilon, bekend was vir sy lewenswyse waar alles net gedraai het

om besittings, genot, en alles wat vir die oog en die hart van die mens aanloklik

gelyk het, so verkoop die samelewing oor alle tye haar siel aan die drie groot afgode:

mag, geld en seks, en word alles verwring wanneer dit in God se plek ons lewens

begin regeer.

En moet tog nie die magsbestel, polities en ekonomies, wat soos „n dirigent agter die

skerms, alles met groot vertoon op die tafels van ons wêreld uitstal, vergeet nie!

Wat natuurlik niemand anders as Satan met al sy verskillende vermommings aan is

nie - het ons nou al „n paar keer mekaar aan herinner!

Hoe goed ken ons dit nie in ons tyd nie! Soos Johannes in sy tyd, en elke gelowige

sederdien, sien en beleef ons elke dag „n mensdom wat smag na „n lewe van

tydelike bevrediging. Wat net skoonheid, sukses en geluk raaksien, en blind is vir

die dier waarop sy sit, wat dit alles met sy kloue en tande moontlik maak. Wat blind

is vir die magte om haar en in haar, wat haar elke dag dryf. Magte soos die bose en

haar eie sondige natuur. Waarvan „n Paulus daar in Galasiërs 5 vers 19 tot 21 so

treffend sê: “Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend:

onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat,

naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid

en al dergelike dinge.”

G‟n wonder, as ons haar van nader beskou, dat ons opmerk dat sy dronk is nie! “En

ek het gesien dat die vrou dronk is van die bloed van die gelowiges, van die bloed

van die mense wat vir Jesus getuig het.” (Op. 17:6)

Bedwelm deur haar eie ongeloof en selfgesentreerdheid, huiwer sy nie om, as agent

van die bose, die bloed van volgelinge van Jesus te vergiet as hulle sou waag om

haar op enige wyse te probeer keer of te probeer herinner deur hulle getuienis aan

die ramp waarop sy afstuur nie.

Maar die troos vir die gelowige volgelinge van Jesus lê daarin, sê die volgende verse

van Openbaring 17 met al sy simboliek, dat ons kan weet dat ons God wêreldwyd (

simbolies vasgevang in die sewe berge), tot en met die volheid van die tyd

(simbolies vasgevang in die syfer 10) aan die werk is. Al beleef ons gedurende

hierdie tyd hoe die vyand met die hulp van al sy agente God op elke manier sal

teëstaan en God se ware volgelinge met alles tot hulle beskikking sal vervolg. En

dit, weet ons, sal voortduur tot wanneer Christus weer kom.

Kyk ons met daardie oë na die wêreld om ons, sien ons, hoe, waar ons ookal kyk en

lewe, hoe allerlei koninkryke, sy dit polities of ekonomies is, “hulle koningskap tot die

dier se beskikking” stel “totdat God sy woorde in vervulling laat gaan het” (Op.

17:17).

God het „n plan, en niks en niemand gaan dit stuit nie. Daarom, wat ookal rondom

ons en in ons eie lewe gebeur, ons weet reeds hoe dit alles gaan eindig! Ons weet

wat die eindtelling gaan wees! Die einde van alles staan vas. Niemand kan daaraan

verander nie.

Daarom weet ons: hierdie dier, met die vrou op sy rug, is oppad hel toe! Twee keer

hoor ons dit in hierdie gedeelte, in verse 8 en 11. En hoor ons dat sy verbrand gaan

word (vers 16). Alles gaan uiteindelik op niks uitloop nie. Alles gaan uiteindelik net

bydra tot haar uiteindelike straf en ewige pyniging wat voorlê.

Soos ons in die vorige hoofstuk van Openbaring vir mekaar gesê het: daar kom „n

dag wat hierdie vrou gaan agterkom en selfs sal moet bely, dat alles wat sy

nagejaag het, niks anders was as klatergoud nie!

Die einde is vasgepen: “Hulle sal teen die Lam oorlog voer, maar die Lam en saam

met Hom dié wat geroep en uitverkies en getrou is, sal hulle oorwin, omdat Hy die

Here van die heersers en die Koning van die konings is." (Op. 17:14)

En met dit in gedagte, kan ons nou terugkyk na die vrou op die dier en in werklikheid

raaksien dat dit eintlik een reuse spotprent is, waaronder geskryf staan: „n Lewe

sonder God is eintlik so leeg!

Hoofstuk 171

Hierdie groot seepbel gaan bars!

Die Engels praat van “hindsight”, daardie wysheid na die tyd, as alles verby is en ons

gesien het hoe dit afgeloop het.

Dit is waarmee God Sy mense voor die tyd wil toerus en bemoedig deur die boek,

Openbaring, se boodskap. Dit is immers wat die Here deur hierdie profetiese boek

wil doen. Hy vertel hier vir ons wat die uiteinde van alles gaan wees, hoe dinge

gaan afloop, sodat ons vandag en môre, terwyl daar nog tyd is, die regte keuses kan

maak.

As die suksesvolle sakeman, of minister, of onderwyser, of boer, of tiener, werklik

glo wat hier staan, gaan hulle vandag en môre so anders lyk as toe hulle “nie geweet

het nie”.

As ons werklik “die spotprent op die middelblad”, in Openbaring 17, met erns bejeën,

en die Redakteur se kommentaar in hoofstuk 18 lees, verander alles! Luister dus,

volk van God!

“Hierna het ek „n ander engel uit die hemel uit sien afkom. Hy het groot gesag

gehad, en die aarde is deur sy heerlikheid verlig. Hy het met „n sterk stem uitgeroep:

„Geval, geval het die grote Babilon. Dit het die blyplek van die bose geeste geword,

die skuilplek van alle onrein geeste, die skuilplek van alle onrein roofvoëls en die

skuilplek van alle onrein en afskuwelike diere, omdat al die nasies van die

dwelmdrank van haar onsedelikheid gedrink het. Die konings van die aarde het

onsedelik met haar verkeer, en die sakemanne van die aarde het ryk geword uit haar

grenselose weelde.‟

Toe het ek „n ander stem uit die hemel hoor sê: „Gaan uit haar uit, my volk, sodat

julle nie aan haar sondes deel kry en die plae wat oor haar kom, julle ook tref nie.

Haar sondes het tot aan die hemel opgehoop, en God het haar ongeregtighede

onthou. Behandel haar soos sy julle behandel het, en vergeld haar dubbel soveel as

wat sy julle aangedoen het. In die beker waarin sy vir julle ingeskink het, moet julle

vir haar twee keer soveel inskink. In die mate waarin sy gepronk en in wellus gelewe

het, in dié mate moet julle haar pyn en droefheid aandoen. Sy sê by haarself: „Ek sit

as koningin op my troon. Ek is nie weduwee nie, en treur sal ek nooit nie.‟

Daarom sal al die plae haar op een dag tref: pes, droefheid en hongersnood. Sy sal

met vuur verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel." (Op. 18:1-8)

Hoe verskriklik moet dit nie wees om eendag, as dit te laat is, te ontdek dat dit wat jy

jou hele lewe nagejaag het, niks anders as „n seepbel was nie! Dat alles waarvoor jy

alles in jou lewe: jou gesondheid, jou familie, jou tyd en jou energie, gegee het,

letterlik in een oomblik in rook kan opgaan nie!

Wie die Bybel en sy boodskap met erns bejeën, kan nie anders as om dit nie te hoor

en nie te weet nie! Hoeveel keer word daar nie in die Bybel gepraat van daardie een

dag in die geskiedenis wat op pad is nie! Daardie dag wat die Bybel “die dag van die

Here” noem.

Jesaja praat daarvan in Jes. 13:9 tot 13 as hy sê: Die Here waarsku ons: “... Ek sal

die hemel skud, die aarde sal uit sy plek uit geruk word, Ek, die Here die Almagtige,

doen dit in my gramskap die dag wanneer my toorn ontvlam.”

Die profeet Joël het al hieroor geprofeteer toe hy gesê het: “ ... die dag van die Here

kom, dit is naby ... die vreeslike dag van die Here kom. Elkeen wat die Naam van

die Here aanroep, sal gered word. Op Sionsberg en in Jerusalem sal daar uitkoms

wees. So het die Here beloof. Dié wat deur die Here geroep is, is by dié wat gered

is.” (Joël 2:1,31-32)

Die profeet, Maleagi, het hieroor geprofeteer toe hy gesê het: “Die dag kom en hy

brand soos „n oond. Dié wat teen God in opstand is, almal wat verkeerd doen, sal die

kaf wees, en hulle sal verbrand word deur die dag wat kom, sê die Here die

Almagtige. Daar sal van hulle nie „n wortel, nie „n tak oorbly nie. Maar vir julle wat

eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale.

Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers. Julle sal die goddeloses

vertrap dat hulle soos stof onder julle voete word die dag as Ek ingryp, sê die Here

die Almagtige.” (Mal. 4:1-3)

Van die eens magtige, suksesvolle wêreldstad, Babilon - as die toonbeeld van alles

anti-goddelik en totaal demonies – het daar vandag letterlik niks oorgebly. In 539

v.C. het die Persiese koning, Xerxes, Babel met die grond gelyk gemaak, sodat dit

vandat net „n halte vir die trein na Bagdad is! So gaan daar van alles waarvoor die

mensdom hulle hart aan afgode verpand het: sy dit genot, mag, geld, tydelike

bevrediging, sekuriteit, weelde ... niks ... niks oorbly nie.

As jy werklik die gebeure aan die kruis en by die oop graf van Jesus Christus

verstaan, begryp jy dat al ons gejaag na die aardse niks anders as „n gejaag na wind

is nie!

Dan verstaan jy dat ons moet kies waarin ons wil belê: die tydelike of die ewige; dit

wat waarde het, of dit wat in werklikheid geen waarde het nie. Dan verstaan jy Mat.

6:33 wat sê: “ ... beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van

God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”

Dan begryp jy wat Mat 6:20 bedoel as daar staan: “ ... maak vir julle skatte

bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek

en steel nie”.

Hoofstuk 172

Die storie oor twee vroue

Openbaring 19 help ons ontdek dat die storie agter die storie van die Bybel eintlik

gaan oor „n vrou, of as jy wil tegnies wees, twee vroue. Die een vrou, waaroor alles

eintlik gaan, is die Bruid, of anders gesê, diegene wat gewillig hulle laat oorrompel

het deur die liefde van Jesus, die Christus. En die ander vrou is dan die een wat nee

gesê het.

Eintlik is dit merkwaardig om te ontdek dat die verhaal van die Bybel begin met God,

die Vader, wat „n skepping geskep het, met „n klein planeet, Aarde, tussen al die

ander planete en sterreliggame. En op hierdie planeet het Hy lewe moontlik gemaak

vir „n mensdom wat Hy doelbewus na Sy beeld geskape het. Uit hierdie mensdom

sou Hy, as Vader, vir Sy Seun „n bruid kies. Mense wie Sy Seun met passie kon

liefhê met alles wat hulle het, omdat hulle ontdek het, glo en beleef dat Hy hulle met

alles in Sy wese liefhet.

Daarom eindig die Bybel, heel gepas, hier in Openbaring 19, in die laaste van die

sewe dele van Openbaring, met die bruilof tussen die Bruid en die Bruidegom.

“Ek het toe iets gehoor soos die geluid van „n groot menigte, soos die gedruis van „n

groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer. Hulle het uitgeroep:

„Prys die Here! Die Here ons God, die Almagtige, heers nou as koning. Laat ons bly

wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek,

en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak. God het haar dit vergun om fyn,

helder blink klere aan te trek.‟ Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die

gelowiges.

Toe sê die engel vir my: „Skryf op: Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die

Lam uitgenooi is.‟ Verder sê hy vir my: „Dit is die woorde van God, en hulle is waar.‟"

(Op. 19:6 tot 9)

Die hele geskiedenis van die mensdom kan dus tot hierdie liefdesverhaal

gekondenseer word. Oor hoe die Vader alles gereed gemaak het en in die fynste

detail beplan en bewerk het, sodat die Bruid, die ware ekklesia of kerk van die Here

Jesus, wat Hy gekies het vir Sy geliefde Seun, uiteindelik geheilig, rein en gereed op

daardie dag van hulle troue sal wees.

Dit beteken dus dat wat ookal tans, vandag, in jou en my lewe aan die gebeur is as

gelowige volgelinge van Jesus, is alles deel van die groter plan, naamlik om ons

finaal gereed te maak vir daardie dag!

Daarom het Jesus gekom, sê die boodskap van die evangelie, om alles te doen wat

nodig was. Deur Sy dood en oorwinning aan die kruis het Hy jou te red uit die midde

van die mensdom. Jy was immers ook maar soos die res besig om soos „n

prostituut jou te verkoop aan die een wat maar net bereid was om die regte prys te

betaal. Net omdat jy jou hand in geloof uitgesteek het en bereid was om in geloof te

roep dat Hy jou moet kom red, het Hy jou uit die modderslyk kom uithaal. Ja, jy was

soos die res om jou eintlik reeds dood, reeds verdoem, maar toe het Hy jou lewend

gemaak deur Sy Gees in jou te gee, om so vir jou „n nuwe hart en gees te gee. Ja,

daarom is Sy Gees tans in jou besig om jou gereed te maak deur Sy

heiligmakingswerk elke dag, sodat jy gereed sal wees vir daardie dag van die Bruilof.

Maar, sê Openbaring 19 en 20, dan is daar ook natuurlik „n ander soort dag wat wag

op die ander vrou wat nee gesê het vir Sy liefde. Vir haar wag daar uiteindelik net

God se oordeel. Hoor hoe sê Johannes dit daar in Johannes 3: “God het nie sy

Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die

wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie

glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. En so

kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder

die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg.” (Joh. 3:16-19)

Daarom kan die tyd van Jesus se koms tot by Sy wederkoms ook gesien word as

hierdie Ruiter op die wit perd wat deur die geskiedenis ry oppad na die einde.

Oppad om vir Homself „n vrou te kom haal. Oppad na daardie finale dag waar die

groot stryd tussen donker en lig, wat tans aan die gang is, finaal verby sal wees.

Waar die tyd van genade, die tyd om nog ja te sê op die liefdesaanbod van die

Bruidegom deur Sy Woord, finaal verby sal wees.

Hoor hoe staan dit in Openbaring vir ons opgeteken: “Toe het ek gesien die hemel

is oop. Daar was „n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem.

Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog. Sy oë het soos vuur gevlam, en op

sy kop was daar baie heerserskrone. Daar was „n Naam op Hom geskrywe wat

niemand anders ken nie, net Hy self. Hy het klere aangehad wat met bloed

deurweek was, en sy Naam is: „Die Woord van God.‟ Die leërs in die hemel het op

wit perde agter Hom aan gery. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad. Uit sy mond

het daar „n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met „n

ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en

die oordeel van God, die Almagtige. Op sy klere, by sy heupe, was daar „n Naam

geskrywe: „Die Koning van die konings en die Here van die heersers.‟

Toe het ek „n engel by die son sien staan. Hy het met „n harde stem uitgeroep en vir

al die roofvoëls, wat hoog in die lug vlieg, gesê: „Kom, kom bymekaar vir die groot

feesmaal wat God gereed maak! Kom eet die vleis van die konings, die vleis van die

opperbevelhebbers, die vleis van die magtiges en die vleis van die perde en hulle

ruiters, ja, die vleis van allerhande mense: vryes en slawe, klein en groot.‟

Toe het ek gesien dat die dier en die konings van die aarde met hulle leërs

bymekaargekom het om oorlog te maak teen die Ruiter op die wit perd en teen sy

leër. Die dier is toe gevange geneem en saam met hom ook die vals profeet wat die

wondertekens vir die dier gedoen en daarmee die mense mislei het wat die merk van

die dier aanvaar en sy beeld aanbid het. Hulle twee is lewend in die vuurpoel gegooi

wat met swael brand. Die ander mense is doodgemaak met die swaard wat

uitgegaan het uit die mond van die Ruiter op die wit perd.” (Op. 19:11-21)

Hoofstuk 173

Vrede midde al die chaos

„n Mens se verklaring van Openbaring 20 openbaar vinnig hoe jy hierdie hele boek,

Openbaring, verstaan: of as baie letterlik, of as „n profetiese boek vol simbole.

Jy weet waar ek staan of val. Ek glo dat daar oorgenoeg bewyse in die boek,

Openbaring, is dat dit as „n profetiese boek in geheel verstaan wil word. En daarom

verstaan ek Openbaring 20 ook as sulks.

In die teologiese wêreld is Openbaring 20 se verstaan ook die toets of jy tipies

chiliasties (chilioi is die Grieks vir 1000) dink (hulle staan ook bekend as

“millenialiste”), of eerder as „n “post-millenialis” na sekere gegewens in die Bybel

kyk.

„n Tipiese “chilias” glo, heel vereenvoudig, dat die duisend jaar (= millenium) van

vrede, waarvan ons in hierdie hoofstuk in die Bybel lees, „n letterlike 1000 jaar is

waarin Jesus weer op aarde gaan verskyn om saam met Sy mense te regeer.

Gedurende die tydperk sal daar „n massabekering onder die Jode plaasvind en gaan

hulle na Israel terugkeer. Aan die einde van die duisend jaar sal Jesus na die hemel

teruggaan en die gelowiges saam met Hom neem (ook bekend as die “wegraping”).

Satan sal vir „n kort tydjie losgelaat word om die mense op aarde verder te verlei.

Daar sal „n geweldige vervolging plaasvind van diegene wat in die tyd tot bekering

kom, wat dan tot die tweede wederkoms sal aanhou en deur die finale oordeelsdag

beëindig sal word.

Soos ek gesê het, glo ek nie dit is die boodskap van die Bybel, en van Openbaring

20 nie. Maar kom ons lees saam wat hier staan en probeer dan saam verstaan wat

eerder hier staan.

“Toe het ek „n engel uit die hemel uit sien kom met die sleutel van die onderaardse

diepte en met „n groot ketting in sy hand. Hy het die draak, die slang van ouds, wat

die duiwel en die Satan is, gegryp en hom vir duisend jaar vasgebind. Hy het hom in

die onderaardse diepte gegooi, dit toegesluit en dit bokant hom verseël sodat hy nie

meer die nasies kan verlei voordat die duisend jaar om is nie. Daarna moet hy „n

klein rukkie losgelaat word.

Toe het ek trone gesien en die siele van die mense wat onthoof is omdat hulle aan

die getuienis van Jesus en die woord van God vasgehou het. Hulle het op die trone

gaan sit, en aan hulle is die bevoegdheid gegee om as regters op te tree. Dit is hulle

wat nie die dier en sy beeld aanbid het nie en nie die merk op die voorkop en op die

hand aanvaar het nie. Hulle het lewend geword en saam met Christus duisend jaar

lank geregeer. Dit is die eerste opstanding. Die ander dooies het nie lewend geword

voordat die duisend jaar om was nie.

Geseënd en heilig is dié wat aan die eerste opstanding deel het. Oor hulle het die

tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees

en sal saam met Hom die duisend jaar lank regeer.

Wanneer die duisend jaar om is, sal die Satan uit sy gevangenskap losgelaat word.

Dan sal hy gaan om die nasies wat tussen die vier uithoeke van die aarde is, die

Gog en Magog, te verlei, en om hulle byeen te bring vir die oorlog... en die laer van

die gelowiges en die geliefde stad omsingel. Toe het daar vuur van die hemel af

gekom en hulle verteer. Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en

swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag

gepynig word tot in alle ewigheid.

Toe het ek „n groot wit troon gesien en die Een wat daarop sit. Die aarde en die

hemel het voor Hom padgegee, en daar was nie meer plek vir hulle nie. Ek het die

dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is

ook „n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe

geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen

het... Toe is die dood en die doderyk in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood,

die vuurpoel. As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe

geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.” (Op. 20:1-5)

Jesus het self, net na Sy opstanding uit die dode – en dus nadat Hy elke mag wat „n

houvas gehad het op die mens, se mag verbreek het met Sy dood en bloed wat

gevloei het – aan Sy dissipels gesê: “My vrede gee Ek vir julle” (Joh. 14:27). Dit is

daardie vrede wat die engele reeds aangekondig het met Sy geboorte toe hulle

gesing het: “Vrede op aarde ...” (Luk. 2:14). Dit is daardie vrede waarvan Paulus

daar in Rom. 5:1, en ook Ef. 2:14 tot 19, praat as hy skryf van God wat ons nou

vrygespreek het ... Daarom is daar nou vrede tussen ons en God. En glo ek, dit is

daardie vrede waarvan hier in Op. 20 sprake is.

Efesiërs 2:6 sê ek en jy sit nou alreeds saam met Christus in die hemel en regeer!

As hier dus in Openbaring staan dat ons saam met Christus vir „n duisend jaar sal

geregeer, weet ons mos reeds dat die getal 1000 die getalle-simbool is wat die volle

tydperk van Christus se eerste koms tot by Sy wederkoms beskryf.

Die volgende vraag is natuurlik: Maar hoe moet ons die “binding van Satan”

verstaan?

Dit lyk vir my, in die lig van die hele boodskap van die evangelie en ook die boek,

Openbaring, dat met Christus se oorwinning deur Sy kruisdood en opstanding, die

vyand in wese reeds verslaan (en dus gebind het). Hy kan dus nie meer na

willekeur in sy onbeheersde krag en mag opereer nie. Nee, van na die kruis- en

opstandingsgebeure kan hy nie beweeg buite die gebied waar God hom nog tydelik

ruimte gee om te beweeg nie. Jesus Christus is immers nou reeds die nuwe

Koning en totaal in beheer. Al ruimte wat die bose het om te beweeg is waar hy,

deur die mag van sonde, die wet, die begeerlikhede van hierdie wêreld, en deur die

mag van die dood, „n houvas en openinge het of kry om sy verwoestingswerk te

verrig.

Maar ook hierin is hy in „n ander sin reeds gebind, want die gelowige volgelinge van

Jesus, het reeds die innerlike krag en vermoëns in Jesus se Naam om hom te

weerstaan en hom selfs te laat wegvlug (vgl. Jak. 4).

Die volgende begrip waaroor baie mense wonder is wat die “eerste opstanding” en

“tweede opstanding” dan sou beteken. Die “eerste opstanding” is bloot dat ons hier

op aarde sterf, en dan deur die “dieper slaap” van die dood deurgaan, soos deur „n

deur, om dan onmiddellik by die Here “wakker te word” (vgl. 1 Tess. 4:14-18). Die

mense wat sonder Christus sterwe het egter nie hieraan deel nie.

Die “tweede opstanding” verwys dus na daardie omvattende opstandingsdag wat

saamval met die wederkoms van Christus, wanneer alle mense in hulle liggame

opgewek sal word: die gelowige volgelinge van Jesus met hulle verheerlikte nuwe

liggame, en die ongelowiges om die “tweede dood” tegemoet te gaan in die ewige

verderf.

Hoofstuk 174

So lyk die bruid

Soos ek laas gesê het is die Bybel hierdie liefdesverhaal, „n Roman per excellance!

Dit vertel vir ons die verhaal hoe God die Vader „n meesterplan aanmekaar sit om te

sorg dat Sy Seun die vrou van vroue kry, wat Hom met haar wese vir ewig sal terug

liefhê.

Telkens in die geskiedenis van die mensdom sien ons hierdie goue draad deur alles

loop. Sien ons skadubeelde en fyn voetspoortjies oppad na daardie dag wat wag in

die toekoms ... hulle troudag!

Reeds met die eerste twee hoofstukke in die Bybel, daar in die begin in Genesis,

ontdek ons die begin van die goue draad. Ons sien dit waar God vir sy nuutgeskape

eerste Adam „n vrou, iemand uit homself, skep sodat hulle twee “een” kan wees.

Daarom verbaas dit ons nie om hier op die laaste bladye van hierdie boek, die Bybel,

waarin God Homself en Sy hart openbaar, hier in Openbaring 21, uiteindelik, vooruit,

die “foto” te kry van die gebeure op daardie finale dag, met die bruilof van Sy Seun

en Sy Bruid!

“Toe het ek „n nuwe hemel en „n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste

aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie.

En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien

afkom. Die stad was gereed soos „n bruid wat vir haar man versier is.

Toe het ek „n harde stem van die troon af hoor sê: „Kyk, die woonplek van God is

nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by

hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar

nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge

van vroeër het verbygegaan.‟

Toe sê Hy wat op die troon sit: „Kyk, Ek maak alles nuut.‟ En daarna sê Hy: „Skryf

hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.‟

Verder sê Hy vir my: „Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en

die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water

van die lewe, verniet. Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal

sy God wees, en hy sal my seun wees.

„Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en

onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel

wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.‟

Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het waarin die sewe laaste

plae was, gekom en met my gepraat. „Kom,‟ het hy gesê, „ek sal jou die bruid wys,

die vrou van die Lam.‟

Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na „n groot hoë berg toe

geneem en die heilige stad Jerusalem vir my gewys, wat van God af uit die hemel uit

afkom. Die stad het die heerlikheid van God ...” (Op. 21:1-11)

Is dit nie aangrypend dat die vrou wat uiteindelik die Bruid van die Seun van God

gaan wees, geteken word as „n “stad” nie! Net soos wat die “vrou” wat “nee” gesê

het vir Sy liefde, ook as „n stad, Babel, geteken is nie!

Dit is eintlik logies dat dit juis so gesimboliseer moet word, want die Bruid (en die

vrou wat nee gesê het) is immers miljoene der miljoene mense! Die Bruid is immers

die ekklesia, elke mens wat êrens in die geskiedenis gekies het om in geloof die

evangelieboodskap vas te gryp oor „n God wat my en jou, ten spyte van ..., so

liefgehad het dat Hy Sy Seun gestuur het om Sy lewe te gee. Sodat ek en jy vry

gemaak kon word van alles wat ons verhoed het om Hom lief te hê soos wat „n vrou

bedoel is om haar Man lief te hê!

Maar soos wat ek en jy deur God se Gees oor en nuutgemaak moes word om

gereed te wees vir daardie dag ... vir wanneer ons finaal gaan trou ... so moet hierdie

aarde en hemel oor en nuutgemaak word om die finale dekor en woonplek te kan

wees waar ons, as die bruid, en die Bruidegom, vir ewig kan saamwoon.

Daarom hoor ons hoe Paulus daar in Romeine 8, van vers 18 af, vertel hoe die hele

skepping al sugtend uitsien na daardie dag ... Wat hulle ook finaal verlos sal word

van al die gevolge van die sonde van die mens, wat gemaak het dat alles dag vir

dag net verder verval en doodgaan.

En hoor ons hoe Paulus vertel hoe ek en jy as gelowiges al sugtend uitsien na

daardie dag, terwyl die transformasieproses nog besig is om in ons eie lewe en om

ons plaas te vind, om alles gereed te maak vir daardie dag.

En, sê hy, hoor ons hoe die Gees van God met groot versugting saam met ons bid

tot die Vader ... dat die laaste pennestrepe van Sy merkwaardige ewige plan tog gou

getrek sal word.

Hoofstuk 175

Kyk, Ek kom gou!

Die meeste films vandag word afgesluit met dramatiese musiek en „n paar treffende

laaste tonele wat die draaiboek van die film mooi saamvat en afrond, en dan begin

die name van die rolspelers oor die skerm afrol. So moet ons hierdie laaste

hoofstuk, hoofstuk 22, van die boek, Openbaring, sien.

“Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos

kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. Tussen die hoofstraat

van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van

die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die

blare van die boom bring genesing vir die nasies.

Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die

Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy

Naam sal op hulle voorkoppe wees.

Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van „n lamp en die lig van

die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle

ewigheid regeer.

Toe sê die engel vir my: „Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat

sy Gees aan die profete gee, het sy engel gestuur om vir sy dienaars te wys wat

binnekort moet gebeur.‟

Jesus sê toe: „Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die woorde van hierdie

profetiese boek ter harte neem.‟

Dit is ek, Johannes, wat dit alles gehoor en gesien het...

„"Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is

naby.

Wie kwaad doen, moet voortgaan om kwaad te doen, en wie vuil is, moet vuil bly;

maar wie doen wat reg is, moet voortgaan om reg te doen, en wie heilig is, moet

heilig bly.‟

Jesus sê toe weer: "Kyk, Ek kom gou! ... Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en

die Laaste, die Begin en die Einde... Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles

aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van

Dawid. Ek is die helder Môrester.‟

Die Gees en die bruid sê: „Kom!‟ En elkeen wat dit hoor, moet sê: „Kom!‟ En elkeen

wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry,

verniet!..

Hy wat dit alles getuig, sê: „Ja, Ek kom gou!‟

Amen! Kom, Here Jesus! Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.” (Op.

22:1-21)

Water bring lewe. Daarsonder gaan alles dood! Hier sien ons hoe die ware lewe

soos „n stroom water as‟t ware uit die troon van die God vloei wat Christus Jesus Sy

Seun na hierdie wêreld gestuur het. Om lewe, en dit in oorvloed, aan elkeen wat

Hom in geloof vasgryp, te bedien.

Jesus Christus staan, soos daar in die begin van Genesis, as die werklike Boom van

die Lewe daar. Elkeen wat van die genade en lewe wat Hy aanbied in geloof geniet,

beleef verlossing en genesing in hulle lewens.

Sy kruis het vir elkeen wat in Hom glo „n boom van lewe geword. Waarvan ons die

blare en vrugte kan eet en vir ewig genees kan word daardeur.

Daarom kan Op. 22:17, na al die profesieë, nog steeds mense uitnooi om daarvan te

kom eet. Ja, om te kom drink uit hierdie stroom van God se genade in Christus

Jesus en self dan te beleef hoe dit lewe aan hulle bedien.

Daar is immers geen ander bron waaruit ons God se genade kan drink nie. Net in

Jesus Christus, daar aan die voet van Sy kruis, ontdek ons God as ons enigste Bron

van ware lewe. Net daar ontdek ons genade wat ons nooit kan verdien nie. Dit is en

bly immers hierdie geskenk wat vir ons aangebied word deur Jesus Christus self. Sy

lewe en Sy bloed het klaar vir hierdie geskenk van genade betaal het.

Wie van hierdie water aanhou drink, beleef hoe dit hom of haar versterk om tot die

einde toe in geloof te volhard. Midde al die vervolging, swaar en gebrokenheid van

ons daaglikse lewe op hierdie aarde.

Dit is hierdie genade wat ons lewens so gaan verander dat mense uit ons optrede en

lewe kan sien dat ons Sy volgelinge is.

Hoofstuk 22 van Openbaring sluit af met Jesus Christus, as die Bruidegom, wat vir

Sy bruid - elke gelowige volgeling op aarde - verseker dat Hy oppad terug Aarde toe

is. Om haar finaal te kom haal vir hulle troudag en die bruilofsfees daarna.

Watter troos is dit nie vir die bruid, die kerk van Jesus Christus, nie! Na en midde al

die lyding en ontberinge deur al die tye. Na al die tye van bloedvergieting en stryd.

Na al die tye van marteling en vervolging. Om te weet, haar Geliefde, Koning Jesus,

is oppad.

En kyk, Hy kom gou! Ons kan dit glo, want God self het dit aan ons gesê.

Hoofstuk 176

Vir ‘n lang tyd was dit ‘n geheim

Die storie agter die verhaal van die Bybel, agter die Evangelieverhaal, vertel die

Bybel self vir ons, was eintlik, al die eeue vooraf, „n geheim. Hoor hoe vertel Paulus

dit daar in Ef. 3:2 tot 11.

“Julle het tog seker gehoor van die opdrag wat God in sy genade aan my gegee het

in julle belang. Hy het sy geheimenis deur „n openbaring aan my bekend gemaak,

soos ek dit hierbo kortliks beskrywe het, en as julle dit lees, sal julle „n begrip kry van

my insig in die geheimenis van Christus.

Nog nooit tevore in die geskiedenis is die geheimenis aan die mensdom bekend

gemaak soos God dit nou deur die Gees aan sy heilige apostels en profete

geopenbaar het nie. En dít is die geheimenis: deur die verkondiging van die

evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook mense wat nie

Jode is nie, saam met ons deel van die volk van God en lede van die liggaam van

Christus, en kry hulle ook saam met ons deel aan wat God belowe het.

Van hierdie evangelie het ek „n dienaar geword, „n voorreg wat God in sy genade

aan my gegee het deur sy krag in my te laat werk. Hoewel ek die geringste van al

die gelowiges is, het Hy aan my hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die

evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig. Ek moet aan almal

bekend maak hoe God, die Skepper van alle dinge, nou sy verborge plan uitvoer

nadat Hy dit deur al die eeue geheim laat bly het. Maar nou het God die ryke

verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en

gesag in die hemelruim, soos Hy Hom van ewigheid af al voorgeneem het om dit

deur Christus Jesus, ons Here, tot uitvoering te bring.”

Paulus sê dus: my werk is om die geheim vir julle te vertel wat God goed gedink het

om aan my te vertel. Naamlik, wat in Sy hart was van voor die Skepping af. Dit is,

om die eerlike waarheid te sê, die werklike storie agter die storie. Dit is die werklike

storie agter die hele evangelieverhaal oor die koms van Jesus Christus na hierdie

planeet, Aarde.

Kom ek onderbreek net eers myself hier. Iets het met my persoonlik gebeur toe ek

dit ontdek en raakgesien het. Dit was vir my wonderliker as enige leerstuk wat ek

nog ooit ontdek het in die Bybel op my pad saam met Jesus Christus. Skielik het ek

ontdek dat Christen-wees, die Christelike lewe ... gaan oor baie meer as net oor

siele wen; of om ander mense lief te hê; of om armes en mense in nood te help; of

om aan mense die Bybel en sy inhoud te leer; of om as Christene bymekaar te kom;

of selfs God se stem te hoor; of meer te weet oor die gawes ...

Ek het God se hart ontdek. Ek het hiermee ontdek waaroor dit werklik vir Hom gaan.

Ek verstaan nog nie alles nie. Ek het werklik nog net „n glimps gekry hiervan, maar

dit was vir my genoeg om net nie hieroor langer stil te kan bly nie. Dit was soos om

Control-Alt-Delete gelyktydig te druk op jou rekenaarsleutelbord ... Alles het in die lig

hiervan verdwyn van my geestelike hardeskyf af, en vervaag hierteenoor!

Ek het God se passie, hart, droom as jy wil, ontdek! Dit wat Hom gedryf het van die

begin af. Dit wat Hom gemaak het „n skepping skep uit niks met miljoene der

miljoene sterrestelsels en planete. Dit is wat Hom „n klein planeetjie, Aarde, tussen

die res laat skep het, waarop lewe moontlik was. En dit het gemaak dat Hy daarop

„n wese, genaamd, Adam, mens, geskape het, wat kon vermeerder. Volgens Sy

beeld.

Dit het gemaak dat Hy uit al die volkere uit hierdie mensdom, „n klein volkie, Israel,

gekies het om „n pad mee te stap. Want uit hulle, uit die geslag van Dawid, moes

die mense gebore word, wat bedoel was om die aardse ouers te wees van die

bonatuurlike babaseuntjie, Jesus, die Christus. Hy sou in Nasaret groot word en toe

Hy „n bietjie ouer as 30 was, laat begin met Sy openbare bediening. Waarin Hy sou

openbaar Hy God, die Seun, was wat mens moes word, die Messias. Wat aarde toe

moes kom om te kom sterf aan „n kruis vir die mensdom se sondes. Wat sou

opstaan en op sou vaar terug hemel toe. Om vandaar God die Gees te stuur om in

Sy volgelinge se liggame te kom woon.

Dit sou die Gees van God se taak wees om ons te kom leer waaroor dit werklik alles

gaan. Waaroor kerk-wees, ekklesia-wees, in hierdie wêreld werklik gaan.

En in die proses gaan ons ontdek dat dit eintlik glad nie oor die ekklesia, die kerk,

gaan nie. Dat dit eintlik oor God gaan wat met „n sending besig is. Dit gaan eintlik

oor „n storie agter die storie, ja, „n storie agter die Jesus-evangelieverhaal!

In ons soeke na hierdie storie agter die storie, gaan ons na die Bybel kyk, die Ou en

die Nuwe Testament, en ontdek dit gaan alles oor Jesus ... en God se diepste

bedoeling met Jesus se koms.

Dit is hierdie storie wat ek jou wil vertel ...

Hoofstuk 177

Drie stories wat eintlik een storie is

Wat ek vir jou wil vertel is die storie wat alles in die Bybel aanmekaar weef en

verduidelik. Dit is die eintlike storie agter elke verhaal in die Bybel.

Hierdie storie kan in drie dele verdeel word:

1. Eerstens gaan die storie oor God wat hierdie ewige Romantikus is wat gedryf

word deur een alleroorheersende passie.

2. Maar dit is ook die storie oor God wat sedert die ewigheid „n rusplek, „n

woonplek,‟n huis en „n huisgesin hier op Planeet Aarde kom soek het.

3. En dit is die merkwaardige verhaal van God wat vanuit „n totale ander dimensie

Planeet Aarde kom besoek het om hier vir Hom „n hemelse koninkryk te kom vestig

wat iets van Sy karakter illustreer.

Hierdie 3 stories is „n som van 1+1+1 wat nie 3 gaan wees nie, maar eintlik net drie

kante van een en dieselfde verhaal is.

Eintlik is dit niks anders as God se een storie nie. Wat niks anders is as God se

ewige plan wat stadig maar seker deur die eeue op hierdie Aarde soos „n drama

ontvou.

Dit gaan jou konfronteer met die vraag: As dit dan God se plan nog altyd was, hoe

beïnvloed dit wat jy as jou bedoeling en rede vir jou bestaan op aarde sien? Is daar

enige verband daartussen?

Uit die boek, Efesiërs, weet ons dat die Drie-enige God op veral die volgende

gefokus is:

„n Woonplek/huis, „n familie of gesin waarvan Hy God die Vader kan wees (Ef.

2:19 tot 22)

„n Bruid vir Sy Seun

En „n Liggaam of „n Lyf vir Hom en Sy Seun (Ef. 5:25 tot 32; 1:22 tot 23;

2:15,16; 3:6).

Die Heilige Gees, wat van die Vader uitgaan (Joh. 15:26) ...

Is die liefdesband tussen die Vader, die Seun en die Gees (Rom. 5:5; 15:30; 2

Kor. 13:14)

Hy deel dus ook die huis of gesin of Bruid en die Liggaam saam met die

Vader en die Seun.

Eers gaan ek met jou gesels oor die Bruid.

Dan oor die woonplek of huis van God.

En dan oor die Liggaam en die gesin.

Soos wat ek reeds vir jou gesê het, is alles deel van die 1 storie wat van die begin af

die hart van God was.

Dit is soos hierdie geheim wat God van die begin af in Sy hart gebêre het, en toe dit

stelselmatig aan ons geopenbaar het, oor ...

Hoe Hy as die Vader „n bruid vir Sy Seun gekies het deur die werking van die

Heilige Gees

En in die proses vir Hom „n huis gebou het waarin Hy, die Seun en die Bruid

saam kan woon deur die Heilige Gees

In hierdie huis kan Hy, die Seun en die Bruid, saam „n nuwe gesin of familie

wees, en deur die Gees “kinders hê”, en waar hulle saam familie kan wees,

genaamd die Liggaam van Christus.

Alles mag so bekend klink. Maar mag God se Gees ons oë opnuut oopmaak vir die

wonder hiervan.

En mag dit ons elkeen persoonlik help verstaan dat dit die eintlike rede is waarom

ons bestaan.

Hoofstuk 178

Die storie is ‘n wonderlike roman

Soos ek al „n paar keer gesê het is die hele Bybel in werklikheid hierdie wonderlike

Roman. „n Liefdesverhaal par excellance!

In Ef. 3:2 tot 5 sê Paulus: “Julle het tog seker gehoor van die opdrag wat God in sy

genade aan my gegee het in julle belang. Hy het sy geheimenis deur „n openbaring

aan my bekend gemaak, soos ek dit hierbo kortliks beskrywe het, en as julle dit lees,

sal julle „n begrip kry van my insig in die geheimenis van Christus. Nog nooit tevore

in die geskiedenis is die geheimenis aan die mensdom bekend gemaak soos God dit

nou deur die Gees aan sy heilige apostels en profete geopenbaar het nie.”

Van voor die begin van tyd het daar in God se hart hierdie geheim gelê. Eintlik was

die geheim „n Sy. Sy was Sy passie. Selfs Sy obsessie. Van die begin af het die

Vader hierdie geheim in Sy hart gebêre. (Rom. 16:25; Kol. 1:26; Ef. 3:4-5,9). Hy het

dit geheim gehou van Sy mense daar in die begin. Adam het dit nie geweet nie.

Ook nie Abraham, Sy vriend, nie. Selfs nie Moses, of Dawid, of Jesaja nie. Eers toe

die tyd reg was sou Hy dit aan Paulus openbaar.

En tog, as jy die geheim ken, en as jy dan terugkyk, sien jy oral prentjies, tipes,

stories en skaduwees daarvan. Dwarsdeur die Ou Testament.

Op „n dag het God die gordyn weggetrek en die geheim geopenbaar. Op „n dag kies

God „n man, Paulus, om hierdie geheim aan te openbaar aan die wêreld, veral aan

Sy ekklesia. (Kol. 1:25-29; Ef. 3:1-11). Dan vertel Hy vir Paulus dat ons almal, al Sy

volgelinge, nou “dienaars” word van hierdie geheim. (1 Kor. 4:1; Kol. 1:25-26; Ef.

3:2-9).

Hierdie geheim het alles te make met die Sy ... die vrou ... wat in die Vader se hart

was van die begin af. In Gen. 1 en 2 begin die verhaal van die Bybel met die verhaal

van „n man en „n vrou. In Openbaring 21 en 22 sluit die verhaal van die Bybel af met

„n man en „n vrou. Die Bybel begin met „n troue, en sluit af met „n troue.

Verstaan jy nou waarom ek sê dat die Bybel eintlik hierdie heerlike liefdesverhaal

van liefdesverhale is?

Kom ons gaan bekyk die verhaal van Gen. 2:2,18-14 „n bietjie van nader. Die

skepping is klaar, maar God is nog nie klaar nie. Sewe dae is verby en dit is

Sondag, die eerste dag van die volgende week (eintlik dus dag 8!). God gee Adam

opdrag om al die diere name te gee.

Terwyl hy besig is, kan hy nie help om op te merk dat almal maatjies het nie. Van

dieselfde soort, maar tog anders as hulleself. Een om hulle aan te vul ... wat by hulle

pas. Vir die koedoebul is daar „n koedoekoei, en vir die ram is daar „n ooi. En skielik

het die mens (“Adam” in Hebreeus) wat God gemaak het, totaal alleen gevoel, want

daar was niemand soos hy nie.

Was jy al so alleen? So alleen, dat hier iets hier binne jou begin loskom?

Noem dit verlange ... passie ... liefde. Net wat jy wil.

God die Vader kon daarmee identifiseer. Hierdie mens was immers na Sy beeld

geskape. Daarom sê God: Dit is nie goed dat hierdie mens alleen is nie. Ek gaan

vir jou „n maat maak. Iemand op wie jy daardie liefde en passie van jou kan uitstort.

Dan neem God die mens wat Hy gemaak het, en sit hom as‟t ware in hierdie doodslaap,

soos in „n koma. En neem „n deel van hom, uit hom, uit sy eie liggaam, been

van sy been en lewe van sy lewe, en maak vir hom „n vrou. (Gen. 2:22,23).

(Die een Hebreeuse woord vir man is “iysh”, en die vrou word dan “ishshah”

genoem, want sy is uit die man geneem). Iemand soos hy, maar tog totaal anders.

So anders dat die Bybel sê sy was „n “nuwe skepping”, want sy was nie deel van die

eerste skepping nie. Dan gee God haar aan sy mens, Adam, as sy nuwe bruid. En

van die eerste oogopslag was dit “love at first sight”!

Hoor net wat sê Paulus as hy voort gaan om van die geheim te vertel daar in Ef.

5:31 en 32: “Daar staan in die Skrif: „Daarom sal „n man sy vader en moeder verlaat

en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees.‟ Hierin lê daar „n diep

geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk.”

Van die begin af was dit eers net God en God alleen: die Vader, die Seun en die

Gees. Daar was die Vader, wat, sê die Skrif, in Sy wese die Een was wat liefhet

(noem Hom die “Lover” as jy wil). Dan was daar die Seun. “Die Geliefde”, noem die

Bybel Hom, op wie die Vader al Sy liefde deur die Gees uitgestort het. Maar daar

was niemand op wie die Seun Sy liefde kon uitstort nie; iemand soos Hy, maar tog

anders; wat by Hom as die Seun pas.

Dit is interessant dat die Bybel sê dat soos wat daar „n eerste Adam was, is daar ook

„n tweede Adam, naamlik Jesus, die Christus. (Rom. 5:14b; 1 Kor. 15:45b). En soos

die Vader van die begin af beplan het om vir die eerste Adam „n maat te skep, so het

Hy, van die begin af, beplan om vir Sy Seun, „n maat ... „n vrou ... te skep. Iemand

wat Sy Seun kon liefhê en wat Hom kon terug liefhê. Iemand wat vir Hom „n Bruid

kon wees en Hy vir haar „n Bruidegom. Om saam mee kinders te hê en so saam „n

gesin of familie te kan wees. „n Groter familie met God, as die Vader van vaders, as

hulle Vader.

Kyk ons met hierdie oë na Jesus, sien ons hoe die Seun van God mens word, Jesus

die Christus. Maar sien ons ook, deur die bril van die “geheim”, dat Hy eintlik hierdie

eensame Vrygesel (“Bachelor”) is wat Aarde toe gekom het om vir Homself „n Bruid

hier te kom haal.

Hoofstuk 179

Hy kom Sy bruid hier ontmoet

Dit is merkwaardig as Johannes die Doper Jesus daardie dag op die walle van die

Jordaan sien, dat hy homself die “vriend van die bruidegom” en vir Jesus die

“Bruidegom” noem. Luister hoe sê hy dit.

“Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die

bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die

bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul. Julle is self my getuies dat

ek gesê het: „Ek is nie die Christus nie. Ek is maar net voor Hom uit gestuur.‟

Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die

bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die

bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul.

Hy moet meer word en ek minder. „Hy wat van bo af kom, is bo almal; hy wat van

die aarde is, hoort by die aarde en praat die taal van die aarde. Hy wat uit die hemel

kom, is bo almal. Wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy, en tog aanvaar

niemand sy getuienis nie. Wie sy getuienis aanvaar het, het daardeur bevestig dat

God geloofwaardig is. God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van

God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking. Die Vader het die Seun

lief en het alles in sy hand gegee. Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter

aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly

op hom." (Joh. 3:29 tot 36)

As jy mooi lees, sal jy sien Johannes noem die “gedooptes” deel van die “bruid”, wat

in werklikheid aan die Bruidegom “... behoort”. Eintlik staan daar in die Grieks: “wat

die bruid het ...” Hoe misterieus! Jesus was immers nog die Vrygesel! Maar tog

“het” Hy reeds die bruid!?

Soos met die eerste Adam, was die bruid in werklikheid reeds deel van die

Bruidegom. Been van Sy gebeente. Vlees van Sy vlees. Lewe van Sy lewe.

Daarom het Jesus nooit op aarde getrou nie. Sy Vader het reeds Sy Bruid gekies.

Sy sou almal wees aan wie die Vader deur die Gees openbaar wie Jesus werklik is

en wat dit sou glo.

Deur Sy dood aan die kruis sou Jesus alles verwyder wat in Sy pad gestaan het om

die hand van Sy toekomstige Bruid te vra ...

Daar het Hy sonde verwyder wat tussen Hom en Sy voornemende Bruid

gestaan het

Daar het Hy die mag van die wet oor haar gebreek en haar vrygemaak om

Hom uit eie vrye wil lief te kan hê soos Sy Gees in hulle hulle sou lei

Daar het Hy die mag van die bose oor haar gebreek

Daar het Hy die mag van die wêreld en die goed van die wêreld oor haar

gebreek

Daar het Hy selfs die mag van die dood reeds oor haar lewe gebreek sodat sy

vry kon wees om Hom vir ewig te kan liefhê.

Heb. 12:2 sê: “.. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy

die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan

die regterkant van die troon van God.”

Hy was dus bereid om die pyn, lyding en die vernedering van die kruis te verduur,

omdat Hy geweet het watter vreugde en genot wag vir daarna! Daarom was Hy

bereid om soos „n saad in die grond te val en te sterf. Anders sou Hy alleen bly.

Maar as die saad sterf, kan dit immers vrug dra (= kinders hê) (Joh. 12:24).

Dink nou weer terug aan die verhaal van hoe God vir Sy eerste Adam-mens „n

“adama” („n vrou, iemand soos hy, maar tog so anders, uit homself) gebou het.

Onthou jy nog op watter dag dit was?

Dit was daardie Sondag, die eerste dag van die volgende week. Na die ses dae

waarin Hy alles gemaak het, het God op die sewende dag gerus. En op dag agt het

God vir die mens opdrag gegee om alles te gaan name gee. Dit is toe dat die mens

agtergekom het dat hy alleen is!

Daarom het God vir hom ook „n maat gemaak. Op dag agt, die eerste dag van die

volgende week.

Is dit nie interessant dat dit ook in die geval van die Tweede Adam is nie!

Weer was dit, soos daar in die begin, „n Sondag, die eerste dag van die week, toe

Christus Jesus uit die dood opgestaan het.

Soos die eerste Adam vanouds, moes ook die Tweede Adam, aan die “dood” - slaap

gemaak word!

Sodat die Vader uit Sy sy, waar die bloed gevloei het (onthou jy, waar die soldaat

Hom gesteek het met sy spies), die nuwe Bruid kon uithaal! (Joh. 19:32-35).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!