02.05.2013 Views

07 - Ken jou vyand - Stanger Christian Centre

07 - Ken jou vyand - Stanger Christian Centre

07 - Ken jou vyand - Stanger Christian Centre

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KEN JOU VYAND

1

INLEIDING TOT DIE KONINKRYK VAN DIE DUISTERNIS

Daar vind `n voortdurende geveg in die wêreld plaas tussen GOED en KWAAD. Die magte van die duisternis teen die

Koninkryk van die Lig! Jesus het in Joh. 8:12 gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik

nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. Die Evangelie van Jesus Christus is

die Goeie Nuus van God se liefde vir`n verlore en duister wêreld, met `n behoefte aan `n Verlosser. `n

Verlosser wat die mens sou verlos van die koninkryk van die duisternis, met Satan as hoof en sou inbring in die Koninkryk

van God, die Koninkryk van Lig. `n Verlosser wat die mens met sy Skepper sou versoen. Daarom het God Sy Eniggebore

Seun, Jesus Christus, aan hierdie wêreld gegee om aan `n kruis geoffer te word. Hy het gesterf, is begrawe en het na drie

dae uit die dood opgestaan en nou LEEF Hy, sodat almal wat berou het oor hul sonde en in Hom glo as hul persoonlike

Verlosser met Hom in die hemel sal LEEF tot in ewigheid. Joh.3:16: Want so lief het God die wêreld gehad,

dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,

maar die ewige lewe kan hê. Die Bybel sê vir ons dat Jesus gekom het sodat ons saam met die ewige lewe, `n

oorvloedige lewe hier op aarde kan hê! (Joh. 10:10) Halleluja! Wat `n pragtige boodskap om aan mans, vrouens en kinders

oor te dra en om te sien hoedat hulle nuwe hoop en rigting vir hul lewe ondervind, asook Sy belofte van die Ewige Lewe.

Toe ek Jesus Christus as my Verlosser en Here ontvang het, het ek `n kind van God geword volgens Joh. 1:12 wat sê:Maar

almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan

hulle wat in sy Naam glo. Gevolglik is my hele waarneming en begrip van die geestelike ryk toegelig

deur die inwonende Heilige Gees en deur God se Woord. Ek het `n oorweldigende innerlike vrede en vreugde

ondervind. Ek het net eenvoudig, sonder enige twyfel geweet dat ek nou `n werklike persoonlike verhouding met `n

Lewende God het, my Hemelse Vader, wat moontlik gemaak is deur my geloof in die verlossende werk van Jesus, Sy Seun,

aan die kruis. En alhoewel ek Hom nie kon sien nie, het ek GEWEET dat Hy `n werklikheid is en dat Hy leef, deur die

getuienis van die Heilige Gees wat in my woon.

Ek moet egter erken dat dit vir my werklik `n skok was, om uit God se Woord te leer dat die duiwel en demone net so `n

werklikheid is, selfs al kon ek hulle nie met my fisiese oë sien nie, en dat ek nou `n persoonlike vyand gehad het, naamlik

Satan! Ek was gereed om hierdie inligting as `n misleiding of “ feëverhaal” te verwerp! Die Bybel het my egter gou

oortuig dat hulle werklik bestaan, en dat een van hul heel suksesvolste maniere van optrede is is om voordeel te trek uit die

feit dat meeste mense net eenvoudig heeltemal hul bestaan ontken! Omdat dit vir ons onmoontlik is om die geesteswêreld

(die bo­natuurlike), met ons fisiese oë waar te neem, kan hul bestaan of aktiwiteite nie ontken word nie! Volgens die

Bybel is dit wat ons kan SIEN tydelik, en dit wat ONSIGBAAR is ewig: omdat ons nie let op die sigbare dinge nie,

maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig ( 2 Kor. 4:18 ). Die kerklike

denominasie waaraan ek behoort het, voordat ek gered is, het my geleer dat daar vandag nie meer demone is nie, dus hoef

ek nie langer hieroor bekommerd te wees nie!

Die Bybel het egter `n heel ander mening oor hierdie onderwerp en as die Geïnspireerde Woord van God (God

het dit in werklikheid ingeblaas), kan ons met volle vertroue, ten volle op die inhoud vertrou en op die waarhede

staatmaak!

Toe Jesus op die aarde gewandel het, het Hy kwellende demone, wat baie siek mense gedurende Sy tyd gefolter

het, uitgedryf. Hy het die siektes op hul name genoem en die demone van blindheid, doofheid, swakheid ens.

beveel “ kom uit,” die sieklike persoon uit. Nou het Jesus aan ons, Sy gelowiges, die gesag gegee om dieselfde in

Sy Naam te doen! Ons lees in Mark. 16:15­20 dat Hy “die wat glo” beveel om demone uit te dryf en hande op die

siekes te lê in Sy Naam, die naam van Jesus en belowe dat hulle sal genees. In Matt.28:18­19, sê Jesus vir Sy

dissipels om te gaan en ander dissipels te maak en die nuwe dissipels te leer om al die dinge wat hulle by Hom

geleer het, te doen. Jesus het gesê dat dit van die een geslag na die ander geslag van nuwe dissipels (gelowiges),

tot die einde van die wêreld se bestaan, moes aanhou. Wel, Jesus se bevele is nog nooit herroep nie, en die tyd

van die kerk bestaan beslis nog, dus behoort die gelowiges van hierdie geslag steeds aktief betrokke te wees met

hierdie aspek van die bediening. Hy het Sy dissipels geleer om duiwels uit te dryf en hulle het Hom in aksie

gesien en die resultate gesien! Mense is genees en verlos waar Hy ookal bedien het, en die dissipels het geleer

deur in Sy drie en `n halwe jaar van Sy bediening hier op aarde, te sien hoe Hy gevangenes bevry het. Jesus het

gesê dat Hy gekom het om die werke van Sy Vader te doen en die werke van Satan te vernietig; dit is dus duidelik

dat Sy Vader dit wat Hy gedoen het, goedgekeur het (Joh. 9:4). `n Groot persentasie van Jesus se bediening was

die uitdrywing van demone en die genesing van siekes.

Toe ek begin het om die Woord van God letterlik en persoonlik op te neem, was ek nog `n praktiserende mediese

dokter en het daagliks baie siek mense behandel. Een oggend het`n blinde man by my spreekkamer ingestap en

`n mediese oplossing vir sy probleem gesoek. Die Here het my aangespoor om eerder vir hom te bid as om hom

na die King Edward Hospitaal te stuur vir`n katarak operasie. In gehoorsaamheid aan Jesus se bevele in God se

Woord, het ek die duiwel van blindheid uitgedryf en daardie oë beveel “sien!,” in die Naam van Jesus. Tot my

uiterste verbasing, kon die man duidelik sien. Die demoon van blindheid moes hom onderwerp aan daardie

Naam en uit sy oë padgee toe hy beveel is om dit te doen, vanweë God se gesag wat aan daardie Naam verleen is.

Die Bybel sê vir ons dat die Naam van Jesus bo ALLE name is, en in hierdie geval, bo die naam “katarak”!

Daardie man was nie duiwel of demoon besete nie, hoewel `n bose gees sy sig aangetas het, wat katarakte

veroorsaak het. Dit is demoniese magte se gewoonte, om hulself in die vorm van enige en elke bekende en

onbekende kwaal, siekte of ongesteldheid te manifisteer, want hul doel is altyd dieselfde, hulle is daarop ingestel

om die mens te vernietig, omdat hy na die beeld en gelykenis van God geskape is volgens. Gen.1:27.

Sedert 1979, toe God deur Sy genade my met die Heilige Gees gedoop het en my die Gawe van genesing gegee

het soos in 1Kor. 12 beskryf word, dryf ek duiwels uit en bid vir die siekes. Ek het van toe af gesien dat Jesus

verlos, bevry en enige soort siekte en kwaal, waaraan jy kan dink, genees! Jesus het vir Sy dissipels gesê dat dit

so sou wees, en dit is vandag nog steeds van toepassing. In werklikheid, volgens Sy woorde in Matt.28 – tot die

einde van die wêreld!

Die Mediese Wetenskap mag `n probleem met hierdie bevele van Jesus hê, maar die Mediese Wetenskap het sy

beperkings, ten spyte van die geweldige spronge wat hulle oor die afgelope dekades gemaak het en selfs meer

nog die afgelope tyd, veral met inagneming van al die nuwe siektes wat tevoorskyn gekom het in die laaste paar

jaar! Daar is egter hoegenaamd geen beperkings van die genesings van die siektes, wat ek as mediese dokter

gesien het, deur geloof in God se Woord en beloftes nie.

Neem kanker as `n voorbeeld, sy doel is om uiteindelik die dood te veroorsaak! Wetenskaplik gesproke, is daar

tot nog toe geen volkome begrip van die siekte nie; dit word egter duidelik, volgens die lering van Jesus, dat

hierdie vernietigende kwaal die resultaat van demoniese aktiwiteit is. Wanneer die demoon van kanker in die

Naam van Jesus uitgedryf word, moet dit uit daardie liggaam gaan en wanneer dit net skielik verdwyn, sê lede

van die Mediese Professie dat dit `n “spontane afname” is! Ek weet egter nou dat dit `n wonderwerkende

genesing van God is, wat deur Jesus Christus plaasgevind het. `n Gelowige het die duiwel van kanker uitgedryf

en vir genesing gebid, net soos Jesus ons in Mark. 16:17­18 beveel het. Die hele doel van Jesus se koms na

hierdie aarde was om die werke van die duiwel te vernietig volgens 1 Joh. 3:8: Hy wat die sonde doen, is

uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God

verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. Siekte is een van Satan se belangrikste werke van

vernietiging en Jesus verwys na hom as`n dief. Joh. 10:10: Die dief kom net om te steel en te slag en

te verwoes.. … Die dief is Satan!

Jesus Christus het aan die kruis op Golgota gesterf en Sy bloed is gestort om die mens van die krag van hierdie

geestelike vyand, genaamd Satan, te verlos, daarom hoef ons geen vrees te hê as ons hom, sy demone en sy

werke van die duisternis in hierdie studie openbaar nie. Onthou egter altyd dat hy ons vyand is en ons moet

wakker wees volgens God se Woord in 1 Pet. 5: 8 wat ons waarsku om: nugter en waaksaam te wees,

want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

Hy is `n geslepe en slinkse vyand alhoewel hy weet dat hy deur Jesus aan die kruis verslaan is. Hy werk

deur leuens en misleiding en maak staat op ons onkunde van hom en sy maniere, om voordeel uit ons te trek.

Onbewus van sy boosheid, noem mense hom ligsinniglik en grapsgewyse alle soorte byname, en mag selfs dinge

sê soos: “Vandag was die duiwel los!” of “Ek is tussen die duiwel en die diepblou see”, of selfs nog erger, hulle

behandel hom eenvoudig as`n mite! Maar in werklikheid het ons te doen met `n vyand, wat sedert die tyd van

Adam en Eva tot vandag toe, geen steen onaangeroer gelaat het in`n poging om die kroon van God se skepping

te vernietig nie, want Satan is die vyand van God.

Daarom, as gelowiges in Jesus, bevind ons onsself outomaties in geestelike oorlogvoering, of ons nou daarvan

hou of nie. Ons word geroep om die geveg van geloof te veg en daarom is dit nodig om geestelik toegerus te

wees.

Ons weet hoe belangrik dit in enige militêre konfrontasie is om JOU VYAND TE KEN om suksesvol in die geveg

te wees, en omdat ons in `n voortdurende geestelike geveg met die vyand van ons siel betrokke is, moet ons

eerstens leer om sy taktiek te KEN en tweedens moet ons WEET wat ons geestelike wapens en wapenrusting is,

sodat ons ervare kan raak in die gebruik en toepassing daarvan.

Die inhoud van hierdie boek sal jou`n insig gee in geestelike oorlogvoering en hoe om die aanvalle van Satan en

sy demoniese engele te herken en te oorwin. Hou altyd in gedagte, wanneer jy die boek lees, dat alhoewel Satan

`n baie wisselvallige vyand is, is die God wat ons dien ALMAGTIG en ongeag die aanval, of dit in jou huwelik,

gesondheid, kinders, finansies of emosies is, sal Hy altyd aan jou die oorwinning deur Jesus Christus gee!

Omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is! (1 Joh. 4:4)

2

SATAN EN DIE BOSE MAGTE IN DIE LUG

Jou eerste vraag mag wees: “Wel, waar het Satan en sy demone in die eerste plek vandaan gekom, en waarom

het `n Heilige Almagtige God toegelaat dat boosheid bestaan?”

In hoofstuk 28 van die boek Esegiël, vertel die profeet Esegiël hoe die woord van God tot hom gekom en gevra

het om aan die Vors van Tirus sy hangende val aan te kondig, omdat hy hoogmoedig en arrogant geword het en

probeer het om homself te verhoog tot `n plek waar hy heerskappy oor alles en almal kon voer! God het Esegiël

gebruik om die Vors van Tirus te waarsku dat hy in `n soortgelyke posisie as Satan was toe hy gevul is met trots

en rebellie en daarom uit die Hemel gegooi is. Hy herinner die Vors van Tirus op die manier presies hoe en

waarom Satan tot `n val gekom het, deur `n verslag hiervan in hierdie gedeelte van die Skrif te gee. Laat ons

dus noukeurig na die volgende verse kyk:

Eseg.28: 12 tot 19: Mensekind hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So

spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in

skoonheid. Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking:

karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van

goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle

berei. Jy was 'n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op 'n heilige

berg; 'n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. Jy was volkome in jou weë van

die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. Weens die grootheid

van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek

jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit

vernietig, o gérub wat beskut! Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou

wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor

die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien. Weens die menigte van jou

ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom

het Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op

die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het. Al jou bekendes onder die volke is ontsteld

oor jou; jy het 'n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

Dan lees ons Jesaja se verslag van Satan se val uit die Hemel in Jes. 14:12 to 17: Hoe het jy uit die hemel

geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van

die nasies! En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre

van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die

hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp

word, in die diepste plekke van die kuil! Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is

dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het? Die wêreld soos 'n woestyn

gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie?

God het aan Sy twee profete Esegiël en Jesaja spesiale openbarings oor hierdie Wese gegee, wie Hy geskape het

en wie volkome in sy weë was van die dag af dat hy geskape is (Eseg. 28:15). Ja, God het Satan

“volkome” geskape, net soos Hy ALLE dinge in die begin volkome geskape het! Hierdie pragtige Skepping van

God, wat Hy “Lucifer” en “ seun van die dageraad” genoem het, se begeerte was om selfs meer gesag en mag te

besit en hierdie ontevredenheid en trots het veroorsaak dat hy gerebbeleer het. Hy het begeer om op te klim in

die hemel, bo die hoogtes van die wolke en te wees soos die Allerhoogste God wat hom geskape het (Jes. 14:12 en

14). Ons vind dieselfde wedywering vir mag en gesag in die wêreldleiers van die verlede en hede – dink aan

Hitler en baie hedendaagse diktators in Afrika, Asië en die Midde Ooste, wat deur dieselfde bose ambisie as

Satan beheer word, ten koste van menselewens.

Satan is perfek geskape en so ook sy engele. Maar toe hierdie pragtige engel geval het en deur God verwerp is as

gevolg van sy trots, sy arrogansie en rebellie, het sy volgelinge saam met hom geval. Dit is noodsaaklik dat ons

op hierdie tydstip moet verstaan dat God Satan en sy engele oorspronklik GOED geskape het. God verklaar in

Genisis 1 en 2, nadat alles geskape is, dat “dit goed was!” Alles wat God skape is goed! Maar nadat Satan en sy

volgelinge teen God gerebbeleer het en uit die hemel gewerp is, het hulle boos geword. Dit is teen hierdie

demoniese mag, gelei deur Satan, wat ons aanhoudend veg.

Die Bybel vertel vir ons dat God Adam perfek gemaak het na Sy eie beeld en gelykenis en vir Sy plesier, om met

hom gemeenskap te hê en `n verhouding met hom te hê. Satan se haat vir God het toe ook Sy Skepping, die

mens, ingesluit. Hy het in die vorm van `n slang voor Adam en Eva in die Tuin van Eden verskyn. Met bedrewe

slinksheid en misleiding het hy met sukses vir Adam en Eva verlei om teen God te sondig, en deur hul

ongehoorsaamheid veroorsaak dat hulle uit die Tuin van Eden verdryf is (Gen. 3:24). Jy kan jou voorstel hoe

verheug hy was toe hulle reg in sy strik getrap het!

Satan het alles wat God geskape het, van die begin van sy val tot vandag toe, weerstaan. Hierdie geestelike

oorlog wat gevoer word gaan eintlik oor die kosbare siele van mans en vrouens. Dit bly steeds Satan se hoofdoel

om mense te laat sondig, maar dank God vir die BAIE DUUR PRYS wat op Golgota deur Jesus Christus betaal

is, sodat ons vergifnis vir ons sondes kan verkry en bevryding van die Koninkryk van duisternis en erfgename

van God gemaak is en mede­erfgename met Christus (Rom. 8:17).

God beskryf hierdie heersers van die duisternis en die geveg met ons vyand, wat vandag nog bestaan, in Paulus

se brief aan die Efesiërs,Hoofstuk 6, verse 11 en 12: Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat

julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en

bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis

van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. In hierdie skrifgedeelte spreek Paulus met gelowiges!

Hierdie owerhede, magte en wêreldheersers van die duisternis waarvan hy praat is almal gevalle engele, ek wil

egter weereens die feit beklemtoon dat God nie vir Satan en sy demone BOOS geskape het nie, hulle het gekies

om uitdagend te wees, en so deur teen Hom te rebelleer het hulle boos geraak. God is `n goeie en liefdevolle God en

wat Hy skape is altyd volmaak. Ons lees in Gen. 1:31: Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en dit was

baie goed. Dit wat God egter volmaak geskape het, het toe as gevolg van Adam se sonde van

ongehoorsaamheid, en te danke aan Satan se versoeking, leuens en misleiding, bedorwe en pervers

geraak. Sonde en boosheid het besoedeling gebring na God se volmaaktheid en gevolglik het die mensdom en

hierdie wêreld onder God se oordeel gekom, volgens Genesis 3:8–20. Nou is dit net IN JESUS CHRISTUS dat

die mens met God versoen kan raak, deur Sy Heilige Bloed wat op Golgota gestort is en dit is`n voltooide offer

aan die kruis wat ons geregverdig gemaak is deur Sy regverdigheid. Dit is SLEGS deur die kosbare Heilige Bloed

van God se Vlekkelose Offer Lam, en in Sy Naam, dat ons bevry kan word van die bose magte van Satan!

DIE PRINS VAN DUISTERNIS

Die Bybel verwys met baie verskillende name na Satan, en deur hul betekenis het ons `n baie duidelike begrip

van sy karakter en strategie. Ons lees in God se Woord dat hy bekend is as die draak, slang, duiwel, Lucifer,

prins van die lug, prins van hierdie wêreld, prins van duisternis, Beëlsebul, Belial, die teenstander, die vyand, die

versoeker, die bose een, die dief, `n moordenaar, `n brullende leeu, `n leuenaar, `n verdrukker, `n verleier van

die gedagtes en Apollyon. Dit is vir ons belangrik om te besef dat Satan `n werklike wese is en soos ons alreeds

gesien het, is titels en name aan hom gegee. Jesus Self het hom as `n lewende wese aangespreek toe Hy deur

hom in die woestyn versoek is, soos ons in Luk.4:1­13 lees. Ons weet ook wat die Bybel van hom sê , dat hy mag

het, wellus het, kennis, trots en begeertes het, en dat hy by magte is om te praat, hy is egter nie alomteenwoordig

nie en hy ken nie jou gedagtes, voordat jy dit nie uitspreek nie. Hy sal jou uitlok om te onthul wat jy dink deur

jou te spot en uit te lok met sy fluisteringe en aanhitsings om te twyfel, vrees en ongeloof of jou aan te moedig

om in sy strik te val deur `n sonde te doen. Soos hy op `n onderduimse manier sy leuens in jou ore voer, kan hy

deur jou reaksie sien of hy suksesvol was om jou sover te kry om dit te glo of nie, jou woorde en reaksie sal jou

verraai. Misleiding is sy manier en die graad van sukses hang daarvan af of jy werklik God se Woord, in enige

situasie in jou lewe glo, of sy leuens! As jy egter nie weet wat God se Woord oor jou omstandighede sê nie, is jy

`n maklike prooi vir hom. Hy doen hom voor as`n engel van die lig, hy doen `n beroep op jou verstand en speel

op jou gevoelens! Ons lees in 2 Kor. 11:14: En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in

`n engel van die lig. Dit pas sy doelstellings en planne om voor te kom as iets wat hy NIE is nie, en op die

manier verkry hy volle voordeel van sy misleiding. Hy is lief om in die donker te werk en “vrees” gee aan hom

die reg om sy boosheid te toon. God werk waar daar geloof is, en Satan werk waar daar vrees is.

Geskape deur God as `n pragtige, magtige engel met “`n menigte handelsware” (Esegiël 28:1­16), het hy egter

in die sonde verval deur trots en rebellie en om die plek van God in te neem (Jes. 14:12­14) en hieroor, is hy

en`n derde van die engele wat hom gevolg het, uit die hemel gewerp ( Openb. 12:4). Tot vandag toe gebruik hy

nog steeds hierdie eienskappe, nl. fisiese skoonheid, trots oor eiendom en materiële rykdom, as versoekings om

mense weg van God te lok. Hy weet presies wat se aas om te gebruik as hy na die siele van mans en vrouens vis!

Hy maak veral nou geweldig gebruik van sy tipe musiek, verdoem siele en verlei deur musiek, want hy het

oorspronklik lofprysing aan God deur musiek gelei (Esegiël 28:13).

Jesus het Satan uit die hemel sien val en sê dit in Luk. 10:18: En Hy sê vir hulle: Ek het die Satan soos `n

bliksem uit die hemel sien val. Jesus was in die begin saam met die Vader in die hemel, ons weet dit deur die

lees van Joh. 1 verse 1 en 14: In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het Sy heerlikheid aanskou, `n

heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid.

Die gevalle engele het Jesus herken toe Hy van die Hemel na die aarde gekom het om die wil van Sy Vader te

doen, wat ingesluit het die redding van verlorenes en die genesing van die siekes. Ons lees in Matt. 8: 28 – 29:

En toe Hy aan die oorkant kom, in die land van die Gergeséners, het twee duiwelbesetenes Hom

ontmoet, wat uit die grafte uitgekom het en baie kwaai was, sodat niemand met daardie pad

kon verbygaan nie. En meteens skreeu hulle en sê: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van

God? Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig? Die rede waarom hulle Jesus op die aarde

herken het, was omdat hulle Hom in die Hemel saam met God gesien het en geweet het dat Hy die Seun

van God was, voordat hulle uit die Hemel geval het saam met Satan. Ons lees ook in Jak. 2:19: Jy glo dat

God een is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Satan en sy demoniese volgelinge weet baie

goed dat hulle op Golgota oorwin is deur die gestorte Bloed van Jesus Christus, en hulle moet gehoorsaam

wanneer hulle beveel word in Sy Naam. Hulle weet ook dat die enigste manier om by `n gelowige te kom is deur

onbeleide sonde, onkunde van God se Woord en/of die manier hoe hulle optree. As hulle jou kan mislei en

daarmee wegkom, sal hulle, dus moet ons altyd een tree voor wees, waak en bid en altyd wakker wees! Onthou

altyd dat ons uit `n posisie van voordeel veg, omdat ons in Jesus Christus is!

Demone is gevalle engele, hulle is persoonlikhede en hulle is baie. Hulle is gees wesens en soek om blyplek

te kry enige plek waar hulle `n opening kry by `n gedienstige persoon. Hulle het `n menslike liggaam nodig om

hul persoonlikhede te manifesteer en hul bose werk te doen. Hulle is Satan se agente en is deel van sy

koninkryk, onderworpe aan sy gesag. Hulle mikpunt is om God se skepping te vernietig, veral die menslike ras.

Jesus het hulle uitgedryf en Sy dissipels geleer om dieselfde te doen. Hy het hulle by die naam genoem, bv. gees

van krankheid (Luk. 13:11), onreine gees (Luk. 9:42), blinde gees (Matt. 12:22) stom en dowe gees (Mark. 9:25)

ens. Ek is oortuig daarvan dat agter elke siekte, `n demoniese gees is, wat homself as die simptome van daardie

sekere siekte manifesteer, en uitgedryf moet word in die Magtige naam van Jesus. Die Bybel spreek nie net van

hul bestaan nie, maar beskryf hul aktiwiteite, karakter, hul woonplek en hul lot! Hulle het `n vasgestelde tyd

wanneer hulle geoordeel gaan word en tot dan poog hulle om in menslike liggame te woon. Hulle bly nog nie in

die hel, volgens Matt. 8: 29 en hulle is NIE die geeste van ontslape persone nie. Hulle is NIE die gevolg van

engele en mense nie. Hulle het `n wil, soos ons in Matt. 12:44 sien, en hulle kragte wissel van demoon tot

demoon, ons word deur Jesus vertel in Mark. 1: 24, dat sekere demone net uitkom deur gebed en vas. Ons lees in

Ef. 6 vers 12 dat demone rangordes het en georganiseerd is: Want ons worstelstryd is nie teen vlees en

bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis

van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Alhoewel demone nie in die waarheid bly nie en God se skepping teenstaan, veral Gelowiges in Jesus, is ons

verseker dat hulle aan Christus onderworpe is, en omdat dit so is, hoef ons geen vrees te hê as ons ons altyd aan

Hom onderwerp nie.

Dit is vir almal duidelik, gelowiges sowel as ongelowiges, dat in hierdie dae, misdaad, korrupsie, gebrek aan

sedelikheid, wreedheid, betrokkenheid in die okkult en nuwe lewens bedreigende siektes aan die toeneem is. Dit

is die resultaat van Satan en sy demoniese hordes in`n geveg om oor die wêreld te heers en om die mensdom te

vernietig. Net soos God mense gebruik wat aan Hom onderworpe is, sodat lig en lewe op die aarde gebring kan

word, so gebruik Satan mense wat aan hom onderworpe is (of hulle daarvan bewus is of nie), om duisternis en

dood te bring!

Demoniese krag is nou meer aktief as ooit tevore, omdat dit die toneel regkry vir die Antichris se heerskappy en

regering. Dit is teenwoordig in die poletiek, besigheid, huise en godsdienstige instellings en ongelukkig selfs in

sommige kerke waar leerstellings van demone geleer word, soos dat Jesus nie uit`n maagd gebore is nie en dat

Hy nie uit die dode opgestaan het nie. Dan is daar vandag siektes wat onbekend was toe ek nog medies

gepraktiseer het, HIV vigs, SARS, voëlgriep en baie nuwe soorte kanker, om maar net `n paar te noem. Om die

waarheid te sê, was dit eens uiters seldsaam om kanker by kinders te kry, en nou is daar gevalle waar kanker

selfs by pasgebore babas gediagnoseer is. Dit is die werk van die bose een. Nogtans hoef God se kinders geen

aspek van demoniese krag te vrees nie, omdat ons vrygemaak kan word van sy bindinge en ons is geroep om

andere te bevry in Jesus se Naam.

Net voor Jesus na Sy Vader in die Hemel opgevaar het, lees ons die volgende in Matt.28:18 – 20: En Jesus

het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op

die aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die

Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel

het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Jesus het Sy dissipels

vertel dat aan Hom ALLE mag en gesag gegee is, en dat Hy nou hierdie gesag aan hulle toevertrou, sodat hulle in

Sy Naam kan gaan, en met die werk kan voortgaan, wat Hy gedurende Sy aardse bediening gedoen het. Hulle

het verstaan dat hulle ander dissipels moes maak en op hul beurt leer om dieselfde te doen, en dit sou voortgaan

tot aan die einde van die wêreld. Jesus het van hulle verwag om alles na te kom (doen) wat Hy hulle gewys het.

Wat het Jesus aan Sy dissipels gesê toe Hy hulle uitgestuur het? Ons lees die antwoord in Matt. 10:7­8: En gaan

preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. Maak siekes gesond, reinig

melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit

gee.

Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die

vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie (Luk. 10:19).

Die Bybel sê…. Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

(Jak. 4:7). Hy moet vlug omdat jy jou aan God onderwerp het en Jesus het aan jou Sy gesag gegee om Sy

Naam te gebruik!

3

DIE AANKLAER

Satan is ook bekend as die aanklaer, so laat ons na hom kyk in hierdie rol as “die aanklaer van die broeders,”

soos beskryf in Openb. 12:10, wat as volg lees… want die aanklaer van ons broeders is neergewerp,

hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. Ons verstaan “broeders” beteken om broeders in

Christus te wees, Kinders van God, hulle wat met die hart glo tot geregtigheid en met die mond bely

tot redding dat Jesus Christus Here is, volgens Rom. 10:10.

Soos ons alreeds bespreek het, is die Koninkryk van God en die Koninkryk van Satan in `n verbete stryd

gewikkel, wat voorbeskik is om met die triomfantlike terugkeer van Christus na die aarde te eindig. Maar

ongelukkig is dit duidelik dat baie Christene nie voldoende toegerus is en andere sleg toegerus is vir hierdie

geestelike geveg, nie in staat om in oorwinning teen die vyand te staan nie. Dit is gedeeltelik te wyte aan vrees

en gedeeltelike onkunde van die vyand se strategie, en daarby is sommige onbewus van hul God gegewe krag en

die gesag wat hulle in Jesus Christus het. Toe Jesus Sy dissipels twee­twee uitgestuur het, het Hy uitdruklike

bevele aan hulle gegee soos ons in Luk. 10 lees:

Luk.10:1: En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee­twee

voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.

Luk.10:2: Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van

die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.

Luk.10:3: Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.

Luk.10:8: En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle

voorgesit word.

Luk.10:9: En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het

naby julle gekom.

Luk.10:16: Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My

verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.

Luk.10:17: En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels

onderwerp hulle aan ons in u Naam.

Luk.10:18: Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos `n bliksem uit die hemel sien val.

Luk.10:19: Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag

van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

Luk.10:20: Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar

wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.

Ons mag bewus wees van die duideliker maniere wat Satan gebruik in sy poging om ons te vernietig, soos

bv. sonde en siekte, maar net `n paar Christene is egter bewus van sy meer subtiele maniere om ons

weerstand binne te dring en te vernietig. Wanneer ons Openb.12:10 weer lees, sien ons dat die duiwel die

broeders dag en nag aankla, met ander woorde aanhoudend, sonder om op te hou. As ons vandag rondom ons

in die wêreld kyk, vind ons dieselfde gees aan die werk tussen mense, ongelukkig selfs in Christen kringe. Daar

is baie bitterheid, wantroue versprei tussen mense en dit is die werk van die bose een!

Jesus het ons gewaarsku in Matt. 24:10: En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai

en mekaar haat.

Hier beskryf Jesus Satan se plan om Christene gedurende die laaste dae te verdeel en uit mekaar te dryf. Kyk

dan na Matt.18:7: Wee die wêreld weens die struikelblokke! (versoekings) Want dit is

noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblokke kom.

Die woord “struikelblok” (versoeking) het die volgende betekenisse:

1. Om `n lokval te stel vir.

2. Om `n struikelblok in die weg te plaas.

3. Om te versoek om sonde te doen.

4. Om valslik te veroorsaak dat `n persoon iemand wat hy behoort te vertrou en te gehoorsaam; te

wantrou/verlaat.

5. Om fout vinderigheid in `n persoon te veroorsaak, wat `n ander pla om sy gesag te eerbiedig.

Deur hierdie vyf betekenisse van “versoeking” of “struikelblok” te ontleed, besef ons dat hul funksie is om ons te

mislei deur die slegste van onsself, andere en God te glo en dit is Satan se plan. Hy doen dit so subtiel. Hy maak

seker dat enige beskuldiging teen jou, of een wat jy teen iemand anders mag hê, gedeeltelik waar is. Hy gebruik

ook hierdie taktiek om enige klein foutjie of mislukking wat mag bestaan, uitermate te vergroot, deur

oordrywing of verdraaiing. `n Tikkie waarheid gee geloofwaardigheid aan `n infame leuen. `n Skriftuurlike

voorbeeld hiervan word gevind in Matt. 26:61: oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man

het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou. Dit is `n verdraaiing van die

waarheid. Die waarheid is: Jesus antwoord en sê vir hulle:Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal

Ek dit oprig ....Maar Hy het oor die tempel van Sy liggaam gespreek (Joh. 2:19 en 21).

Dit is presies die manier waarop Satan die waarheid verdraai, en hy raak nooit moeg om dit te doen nie, omdat

hy weet dat dit werk! Hy is in werklikheid vandag meer aktief as ooit tevore, omdat sy tyd min raak. Hy neem 10

present waarheid en meng dit met 90 persent onwaarheid, en veroorsaak met sukses wrokke, wantroue, haat en

twis, waar daar liefde, vertroue en samewerking moes wees.

Hy werk op hierdie manier in gesinne, huwelike, selgroepe (fellowships), en om die waarheid te sê in elke faset

van die lewe.

Die volgende Skrifverse toon duidelik aan ons Satan se ware karakter:

Die dief (duiwel)kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en

oorvloed kan hê (Joh. 10:10).

Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy (die duiwel)

was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom

geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en

die vader daarvan (Joh.8:44).

Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu,

en soek wie hy kan verslind (1Pet.5:8).

Met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag.

Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel

was, omdat God met Hom was (Hand. 10:38). Let op hierdie laaste Skrifvers, dat Jesus goed gedoen het

en mense genees het, terwyl die duiwel Sy onderdrukker was, sy doelwit: vernietiging deur siekte.

Ons lees dieselfde waarheid in die boek Job, wat beskou word as die oudste boek in die Bybel. Dit word

algemeen geglo deur verkeerd ingeligte Christene dat God al Job se besittings weggeneem het en dit is waarom

hy in Job 1:21 gesê het : ...Die Here het gegee, en die Here het geneem: die Naam van die Here sy

geloofd! Job het egter net gedink dat dit God was wat geneem het en rampe oor hom gebring het, terwyl dit in

der waarheid Satan was wat die skuldige was, want ons lees in Job 2:7: En die Satan het weggegaan van

die aangesig van die Here, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel. Dit

was Satan wat die swere op Job gesit het en nie God nie! ( Lees ons boek “Die Christen en Job” vir `n indiepte

studie van die storie van Job).

ONS GEESTELIKE GEVEG

Die Bybel vertel vir ons in 2 Kor. 10:3­4: Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie

volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God

om vestings neer te werp. Dit sê dat ons oorlogvoering nie in die fisiese ryk gevoer word nie, maar in die

geestelike, en daarom moet ons dit veg deur geestelike wapens te gebruik. Hierdie geestelike wapens wat magtig

deur God is, word vir ons in Efesiërs 6 beskryf, dit begin vanaf vers 10 en gaan aan tot by vers 18. Hulle is almal

noodsaaklik om ons oorwinning in hierdie geestelike geveg te verseker. Ef.6:10­18: Eindelik, my broeders,

word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan,

sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees

en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die

duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting

van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring

het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen

van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose

sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die

Woord van God – terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en

juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.

Die besonderhede en gebruik van die individuele stukke van ons geestelike wapenrusting en wapens wat in die

gedeelte van die Skrif beskryf is, sal meer volledig in hoofstuk 4 beskryf word, en ons het die versekering dat as

ons hierdie wapens in die geveg teen die vyand gebruik en ons ferm staan en volhard, SAL OORWINNING ONS

S`N WEES! Ons sal alle omstandighede OORKOM, omdat ons MEER AS OORWINNAARS is (Rom. 8:37).

Hierdie is egter geen geringe geveg waar ons kan bekostig om gerus te wees nie, aangesien Satan volle voordeel

uit passiewe gelowiges sal trek. Om die waarheid te sê, doen hy dit juis elke dag regoor die wêreld! Soos ek

reeds gesê het, is hierdie geveg wat woed tussen die Koninkryk van Lig en die Koninkryk van Duisternis geestelik

en is dit onsigbaar. Storms woed aanhoudend in mens se gedagtes, emosies en verhoudings met ander,

vererger deur die vyand, “die aanklaer” van die broeders. Ons moet wakker wees vir sy taktieke!!

Omdat Jesus se wederkoms so naby is, en Satan se tyd uitloop, probeer hy soveel skade as moontlik aanrig,

terwyl hy nog kan. Hy weet sy bestemming is die Poel van Vuur en so trek hy voordeel, waar en wanneer

moontlik, uit swak ingeligte en houtgeruste slagoffers.

WEERSTAAN DIE AANKLAER.

Wanneer Satan begin om jou gedagtes te bombardeer met negatiewe gedagtes omtrent jouself, jou buurman en

God, is hier `n paar praktiese maniere om hom te oorwin.

Wanneer hy begin om jou te beskuldig oor jou mislukkings en tekortkominge, onthou altyd dat daar `n

sweempie waarheid in sy aantygings is. Niemand is volmaak of sonder tekortkominge nie. God weet alles wat

Hy van jou behoort te weet, en Hy is steeds lief vir jou! Hy is egter te lief vir jou om jou net so te los soos jy is en

begeer dat jy sal verander na die beeld van Sy Seun Jesus. Hy wil hê dat jy die heel beste moet wees wat jy kan

wees! Hy weet van jou humeur toe Hy jou gered het en Hy sal aan jou Sy genade gee om bevryding daarvan te

soek! Sy GENADE is genoeg en Sy krag is volmaak in ons gemaak! Genade is God se krag en vermoë wat

beskikbaar is vir ons, alhoewel ons dit nie verdien nie. Jy is IN CHRISTUS en daar is dan nou geen

veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na

die Gees (Rom.8:1). Loof die Here! Loof Hom dikwels in sang en met `n harde stem, dank Hom in alle

omstandighede, Satan blaas vinnig die aftog wanneer jy die Here aanbid!

Wanneer jy sondig, bely dit eerlik en vinnig, met `n nederige en ware berouvolle hart en ontvang God se

vergifnis volgens 1 Joh. 1:9, wat verklaar: As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons

die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. Gaan dan aan om `n ywerige en

geesdriftige Christen te wees. Moenie in `n hoekie gaan sit, vol selfbejammering nie. Die duiwel se

gewoonte is om jou te verlei en wanneer jy dan struikel in die oomblik van swakheid, aantygings teen jou te

bring, soos bv., “Daar het jy dit: jy het dit alweer gedoen! Jy is `n gek! Jy is nie werklik `n Christen nie, want dan

sou jy nie daardie dinge gedoen het nie. Skaam jy jou nie? Jy sal nooit suksesvol wees nie – waarom gee jy nie

jou hele Christenskap op nie?” Neem stand in teen die leuens en beskuldigings van Satan.

In Joh. 8:44 verwys Jesus na Satan as die vader van alle leuens en ons het in Gen. 3:4 gesien hoe hy sy eerste

aanval op die mens gedoen het, deur `n leuen te gebruik om Eva te verlei, toe hy vir haar gesê het “ julle sal

gewis nie sterwe nie,” nadat God die paar verbied het om te eet van die boom van kennis van goed en kwaad.

Vandag nog fluister hy sy leuens in ons ore, net soos hy toe gedoen het: “Is God regtig `n God van liefde? Is God

werklik almagtig? Is jy nie te vol sonde om `n kind van God te wees nie? Het jy werklik aan jou ou self gesterf?

Kan God jou ooit uit hierdie gemors kry?” Satan sal enige manier wat hy ken probeer om die Woord van God te

verdraai!

Wees verseker dat God nooit na al sy leuens oor ons luister nie, want as ons Sy kinders is en tot Sy eer lewe en

nie volgens die vlees wandel nie, maar volgens die Gees, hoef ons nooit veroordeeld te voel nie! (Rom.8:1). God

veroordeel ons nie, Sy Heilige Gees oortuig ons, en daar is `n baie groot verskil tussen die twee! As ons sondig

ten spyte van die begeerte om dit nie te doen nie (Rom.7:20), dan bely ons ons sonde en weet dat ons skoon

gewas is deur die kosbare bloed van ons Here Jesus Christus. So baie mense luister egter na Satan se leuens oor

hul lewens en bring wanhoop oor hulself, omdat hulle eerder luister na wat Satan oor hulle sê as wat God sê!

Kom ons lees Rom. 8: 1­4 weer `n keer, sodat jy heeltemal bevry kan word van enige veroordeling wat jou

moontlik geteister het. Dit verklaar duidelik: Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus

Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees

van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. Want

God het – wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees – deur Sy eie

Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde

veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees

wandel nie, maar na die Gees.

As jy dan deur die Gees van God gelei word, stop Satan in sy spore as hy jou valslik kom beskuldig met wat die

Woord van God oor jou te sê het – Sy Woord van waarheid! Daar is `n geweldige verskil tussen om werklik

skuldig te wees en om eenvoudig skuldige gevoelens te hê. Satan sal hard probeer om jou te oortuig dat omdat

jy erg versoek is, jy net so skuldig is as wat jy werklik die sonde gedoen het. Hy sê: “Jy het daaraan gedink om dit

te doen, en dit is net so goed asof jy dit gedoen het, daarom is jy skuldig!” Dit is nie waar nie; jy is nie skuldig

omdat jy versoek is nie!

Selfs Jesus was deur Satan in die woestyn versoek, en tog het Hy nie toegegee nie (Heb. 4:15). Soms voel mense

skuldig omdat hulle nie kan voldoen aan die onredelike verwagtinge van ander nie. Satan speel dan op hul

skuldgevoelens en veroordeling. Maar omdat ons skuldig VOEL, is dit nie `n teken dat ons skuldig IS nie, en is

daar dus vir ons geen rede om die leuens van die vyand te glo nie. Die Heilige Gees sal jou OORTUIG wanneer

jy gesondig het en jou aanmoedig om dit aan God te bely en vergifnis te ontvang; die duiwel aan die anderkant

beskuldig en VEROORDEEL jou.

Dit is die vyand wat spreek en moenie vir sy leuens val nie! Onthou, die prys vir jou sondes is betaal, selfs vir die

sonde wat jy nou net begaan het. Christus het vir AL jou sondes gesterf!

Die Heilige Gees herstel liefdesbande en lojaliteit, terwyl Satan onenigheid veroorsaak. Verdraagsaamheid en

betroubaarheid is basiese karaktertrekke van Vader God wat van Sy kinders verwag om hul op dieselfde manier

te gedra. Satan besef dat hoe meer ons ons in liefde aan mekaar onderwerp, eerbied en voorkeur aan mekaar

gee, hoe sterker sal die getuienis van die Liggaam van Christus op die aarde wees, veral ten opsigte van sy

leuens, wat verdeling en vernietiging veroorsaak. So dikwels as ons probeer om mekaar te ondersteun en

verhoudings te versterk, werk die vyand sy planne uit om dit op te breek deur die swakhede en tekortkominge

van ander aanhoudend uit te wys. Ons is gewaarsku en weet dit nou, dat ons vyand rondloop soos `n

brullende leeu en soek wie hy kan verslind, volgens 1 Pet. 5:8, ons moet dus toegewings vir mekaar

maak. Ons moet besef dat buiten Jesus, daar geen volmaakte man, vrou, eggenoot, eggenote, vader, moeder,

predikant, pastoor, kind of jong persoon is nie.

Iets anders wat ons moet besef, is dat hoe nader of meer intiem die verhouding is, hoe makliker is dit om bewus

te raak van die ander se foute. Dit is baie makliker om te sê: “ek wil nie betrokke raak nie”, maar ons moet besef

dat hierdie houding eintlik selfsugtig en onbybels is. Dit is belangrik vir ons as Christene om betrokke te wees.

Om jouself van jou medegelowiges te isoleer en nie deel van hul lewens te wees nie, beroof hulle en beroof jou

van God se seëninge. Enige verhouding waarin jy betrokke raak met ander mense bevat `n mate van risiko, selfs

pyn. Op die lange duur sal die vrug van verhoudings, wat in die areas van lojaliteit, liefde en vertroue getoets is,

baie kosbaar en tot die eer van God wees.

Liefde en vertroue is eienskappe van Vader God en hulle verwyder vrees en wantroue. Vrees en wantroue kom

nie van God af en dien nie Sy doelstellings nie. Die gawe van agterdog is nie van God nie. God is nie `n aanklaer

nie: Hy herstel, bemoedig en versoen, omdat Hy liefde is!

Een van die vieslike leuens wat Satan aan mense vertel, is dat God die outeur van siekte, lyding en armoede is,

terwyl Hy in werklikheid Sy kinders so lief het dat Hy begeer dat dit in elke gebied van ons lewens goed moet

gaan en dat ons goeie gesondheid sal geniet (3 John 2). Jesus het die prys aan die Kruis betaal vir ons siektes

sowel as ons sondes, en deur Sy wonde is ons genees (Jes. 53: 4, 5; Matt 8:16, 17; 1 Pet. 2:24). Dus moet ons

dadelik hierdie misleiding van Satan verwerp en STANDVASTIG IN DIE WAARHEID STAAN.

Satan se vieslikste plan is om te suggereer dat God die sondebok is elke keer wanneer daar enige vorm van

ellende is! As daar `n aardbewing, `n tsunamie of`n vloed is, word daarna verwys as `n daad van God! God is

ook beskuldig dat Hy blind is vir al die misdaad, oorloë, korrupsie, kindermishandeling, handel in dwelms en

ander afgryslike gebeurtenisse in die wêreld vandag. Met `n skud van die kop word maklik gesê dat as daar `n

God was, wat werklik omgee, Hy iets daaromtrent kan doen! Die waarheid is dat dit nie God is wat dit

veroorsaak het of “toegelaat” het om te gebeur nie, maar dit is rebelse en sondige mense onder Satan se invloed.

God het aan die mens `n vrye wil en Sy Woord, die Bybel as Sy handleiding vir ons daaglikse lewe, gegee.

Wanneer ons nie gehoorsaam is aan Sy bloudruk vir ons lewe nie, pluk ons die ongelukke wat God gesê het die

resultaat sou wees! Satan verheug hom met hierdie dodelike resultate, net soos hy as die opstoker nie

geïdentifiseer is nie. Ons weet dat hy reg van die begin af `n leuenaar was, toe hy vir Adam en Eva gelieg het

deur te durf voorgee dat dit God was wat gelieg het, en hy is vandag nog daarmee besig. Hy beskuldig God van

alle soorte gruweldade en wreedheid. Dink weer aan die leuen wat hy versprei dat God siekte op mense plaas om

hulle `n les te leer. ( Ons stel voor dat jy ons boek “GOD WIL JOU GENEES” lees, om die volle waarheid te

ken). Satan wil hê dat ons God se liefde in twyfel moet trek en God se Woord, en die oomblik wat ons na hom

luister, sal hy fluister: “God gee nie werklik om of jy ly of nie. Dit is nie Sy wil om jou regtig te help nie. Jy sal

waarskynlik sterf, omdat jy nie verdien om te leef nie!”

Alhoewel ons almal so baie van God se goedheid in die verlede ondervind het, is dit verstommend hoeveel keer

ons vir Satan se leuens val, wanneer dit lyk of dinge `n bietjie te moeilik raak. Ons glo werklik vir Satan IN

PLAAS VAN VIR GOD, tog vertel God ons in Sy Woord dat Hy nie `n man is dat Hy sou lieg nie! (Num. 23:19).

Hou altyd in gedagte dat in ALLE gevalle is God se Woord Sy Wil en dat Sy Wil vir Sy kinders is dat hulle

geseënd is; net soos dit die wil van enige aardse ouer is dat hul kinders geseënd sal wees!

Dit is deur die handeling van ONS vrye wil wat ons die keuse maak om te KIES om God te glo. In Heb. 13:5 sê God: Ek

sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Ons het nou die keuse of om God se belofte te glo of die duiwel se

leuen. As ons kies om God te glo, dan staan ons op die Rots, Sy Woord, wat onfeilbaar, onverganklik en vir ewig

vasgestel is. Deur hierdie keuse te maak, sal ons met geloof gevul word om te volhard en seëvierend deur te kom.

Dit is omdat God Sy Woord eer en daaroor waak om dit uit te voer! Jes. 55:11: So sal my woord wees wat

uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en

voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. As ons egter steeds kies om die duiwel se leuens te

glo, sal ons die gevolge dra, wat presies is wat hy wil hê!

Hou ook in gedagte dat geloof (vertroue) is nie gebaseer of afhanklik van ons gevoelens nie, maar op die aksie

van ons wil om God se Woord te glo. Toe Jesus in die woestyn was, en Satan Hom versoek het met sondige

voorstelle, het Hy gereageer deur op die Woord van God te vertrou en dit te spreek. Jesus het Satan weerstaan

deur met elke versoeking te sê: “want daar is geskrywe”, en dan haal Hy die Woord van God aan. Luk. 4:2

­13: waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in die dae nie; en

toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword. Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun

van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word. Maar Jesus antwoord en sê vir hom:

Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord van God. Toe

bring die duiwel Hom op `n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in `n

oomblik se tyd. En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al die mag gee en hulle heerlikheid, want dit

is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort. En

Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou

God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak

van die tempel en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer. Want

daar is geskrywe: Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar, en hulle sal U op die

hande dra, sodat U nie miskien U voet teen `n klip stamp nie. En Jesus antwoord en sê vir hom:

Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. En toe die duiwel elke versoeking geëndig

het, het hy `n tyd lank van Hom gewyk.

Wanneer Satan na jou kom met sy leuens, redeneer as volg: God is die Bewerker van geloof, en geloof is die

teenoorgestelde van twyfel, daarom kom twyfel van die duiwel en nie van God nie. Ons moet leer, wanneer ons

aangeval word, om te onderskei tussen die stem van die vyand en God se stem. Ons moet onsself afvra of ons die

stem van die aanklaer hoor, of die van die Heilige Gees, die Trooster en alhoewel ons verantwoordelik is vir die

skepping van teenspoedige omstandighede in ons lewens deur ons sondes en foute, is dit steeds nie nodig om na

Satan se aantygings te luister nie. GOD SE GENADE IS ALTYD BESKIKBAAR EN GENOEG. Satan sal altyd op

ons sondes en swakhede hamer, om ons hopeloos en verslane te laat voel, die Heilige Gees egter oortuig ons

saggies oor dieselfde sonde, omdat Hy wil hê dat ons berou sal hê, en vergifnis en verlossing sal ontvang. Die

Here sê in Heb.8:12: Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle

oortredinge nooit meer dink nie. Met `n berouvolle hart kan ons daagliks ons sonde bely, en dan met `n

dankbare hart bely wie ons in Christus Jesus is en ons geloof opbou, en aan God die lof gee.

Ek stel voor dat jy hardop, so dikwels moontlik uitroep wat God se Woord oor jou verklaar, maar jy moet GLO

WAT JY Sê, anders sal dit net `n ydel herhaling van woorde wees.

Ek is `n kind van God en wedergebore uit die onverganklike saad van die Woord van God (1 Pet. 1:23).

My sondes is vergewe en ek is gewas in die kosbare Bloed van Christus (1 Joh. 2:12, 1 Pet. 1:18­ 19).

Ek is `n nuwe skepsel (2 Kor. 5:17).

Ek is verlos uit die mag van die duisternis en oorgebring in die koninkryk van God (Kol. 1:13).

Ek is losgekoop van die vloek van die wet (Gal. 3:13).

Ek geseën (Gal. 3:9).

Ek is genees deur Jesus se wonde (1 Pet. 2:24).

Ek is kragtig in die Here (Ef. 6:10).

Ek is meer as `n oorwinnaar (Rom. 8:37).

Ek is die lig van die wêreld (Matt. 5:14).

Ek is die sout van die aarde (Matt. 5:13).

Ek is die geregtigheid van God (2 Kor. 5:21).

Ek het die Groter Een in my, dus is Hy wat in my is, groter as hy (die duiwel) wat in die wêreld is (1 Joh.

4:4).

Ek kan alles doen deur Chtistus wat my krag gee (Filip. 4:13).

Die Here sal my nooit begewe of verlaat nie (Matt. 8:20).

Getuig so dikwels as moontlik aan ander dat Jesus jou Verlosser is en dat jy `n kind van God is, en weier

standvastig om enige plek, deur jou dade, woorde of gedagtes, aan die duiwel, jou aanklaer plek te gee (Ef. 4:27).

Onthou, God stem altyd vir jou, Satan stem teen jou en JOU stem bepaal die uitslag!

4

DIE WAPENS VAN ONS GEVEG

Nou moet ons die geestelike wapens en wapenrusting beskou wat God vir ons voorsien het in hierdie geestelike

geveg, wat Satan aanhoudend voer. In hierdie geveg is ons seker van oorwinning as ons AL die wapens wat tot

ons beskikking is gebruik soos beskryf in Efesiërs 6. Verse 11 en 12 beskryf die geveg as volg: “Trek die volle

wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons

worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die

wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” Dit het Paulus

aan die Christene geskryf! Hy gaan voort deur elke stuk van die wapenrusting te noem, en ons sal met elkeen

afsonderlik deel, deur met vers 13 te begin en voort te gaan tot vers 18.

Ef. 6:13: Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van

onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

V. 14: Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van geregtigheid aan,

V. 15: en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

V. 16: Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal

kan uitblus.

V. 17: En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God ­

V. 18: terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe

waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.

1. DIE GORDEL VAN WAARHEID.

“Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord”(vers14). Dit dan, is die eerste wapen van ons

wapenrusting en is ons grootste krag. In Joh. 8:44 verwys Jesus na Satan as die vader van leuens en Hy sê van

Homself in Joh. 14:6, Ek is die weg, en die waarheid, en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur

My nie. Jesus sê dat Hy die WAARHEID is! God haat leuens en om te lieg is strydig met Sy karakter en natuur!

Ons lees in Spr. 12:17­22: Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar `n valse getuie bedrog. Daar

is een wat onverskillige woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing. `n

Betroubare lip bestaan vir altyd, maar `n valse tong vir `n oomblik. Bedrog is in die hart van die wat

onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde. Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar

die goddelose is vol ongeluk. Valse lippe is vir die HERE `n gruwel, maar Hy het `n welbehae in die wat

getrou (in waarheid) handel.

Dit is belangrik om te verstaan dat deur in die waarheid met jouself, met ander en met God te wandel, ons geen

plek hoegenaamd aan die vyand gee nie! Satan reageer met blydskap elke keer wanneer `n leuen vertel word,

omdat hy weet dat hy daardie persoon in sy kloue het! God beskou `n leuen as sonde en as ons skuldig is aan

hierdie oortreding, moet ons dit bely, sodat ons vergifnis kan ontvang en ons gemeenskap met ons Hemelse

Vader herstel kan word. Die Bybel sê duidelik in Ps. 101:7: Hy wat bedrog pleeg, mag binne­in My huis nie

bly nie; wie leuens praat, kan voor My oë nie bestaan nie.

Ons lees in Spr. 6:16­19 van die sewe dinge wat God sê dat Hy HAAT, en `n leuenaar verskyn twee keer in die

lys. Spr. 6:16­19: Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir Sy siel `n gruwel: trotse oë, `n leuenagtige

tong en hande wat bloed vergiet, `n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe

loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.

Jesus het vir Sy dissipels in Joh. 14:30 vertel, Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste

van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie. Toe Jesus op hierdie aarde gewandel het, het Hy

hoegenaamd geen plek aan Satan gegee nie, hy kon dus met vertroue sê dat die prins van die wêreld (die duiwel)

niks aan Hom gehad het nie. Ons behoort aandag te gee aan hierdie belangrike les.

Wanneer God vir ons sê om NIE iets te doen nie, moet ons nooit vergeet dat dit altyd vir ons eie beswil is! Hy wil

net die beste vir ons, te alle tye, hê en Hy wil nie hê dat ons in Satan se hand sal speel nie. Hy begeer ook dat ons

alle sluheid en skelmstreke sal laat staan, en ons lees in Ef.4:14­15: sodat ons nie meer kinders sou wees nie

wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van

die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag,

in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus:

God se Woord is Waarheid.

Terwyl Jesus tot Sy Hemelse Vader vir Sy dissipels gebid het in Joh.17:17, het Hy hierdie woorde geuiter:

Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

Jesus, God se Lewende Woord wat vlees geword het en onder ons gewoon het (Joh. 1:14), is die Waarheid en

God se geskrewe Woord, die Bybel is Waarheid volgens die woorde van Jesus.

Hoe wonderlik is dit nie om te besef dat wanneer ons die Woord van God lees, ons nie net op die Waarheid self

voed nie, maar ons word in die proses heilig gemaak! Die woord heilig beteken om skoon gemaak te word. Ons

lees in Ef.5:25­27 van Jesus se begeerte vir `n heilige kerk, Sy Bruid, sonder vlek of rimpel wat gereinig sal

word deur die was van die Woord: Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente

liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad

deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets

dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. Die waarheid wat in die Woord vervat is, reinig ons

en daarom moet ons na die Waarheid hardloop en dit aangryp!

Dit is belangrik om te besef dat die Bybel die ENIGSTE boek is wat bestaan, wat die volkome waarheid bevat!

Die Bybel is God geïnspereerd, God ingeblaas, dit is onfeilbaar, ewigdurend en onbedorwe en God sê dat Hy en

Sy Woord Een is! Ons lees in Joh. 8:31­32 dat Jesus die wat in Hom geglo het verseker het: As julle in My

woord bly, is julle waarlik My dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle

vrymaak. Die Woord van God, wat ons gordel van waarheid is, voed ons nie net nie, maar reinig ons en maak

ons vry!

Dit is noodsaaklik, veral in hierdie dae van toenemende bedrog in elke faset van ons lewens, dat ons vry bly van

bedrog omtrent onsself. Roep uit na God soos Koning Dawid in Ps.139:23­24 gedoen het: Deurgrond my , o

God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my `n weg is van smart, en lei my op

die ewige weg!

Waarheid is essensieël in die Laaste Dae.

Soos Satan se strategie en plan om te mislei versnel in hierdie eindtye, waarsku God ons dat ons Sy waarheid

moet aangryp, meer as ooit tevore! Jesus het Sy dissipels in Matt.24:24 vertel, met verwysing na die eindtyd

gebeure: Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders

doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

Ons sien die verskriklike gevolge deur die waarheid nie lief te hê in 2 Thess. 2:10­12: en met allerhande

verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie

aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die

leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in

die ongeregtigheid.

Waarheid, as ons gordel, hou al ons ander stukke wapenrusting in plek in die geestelike geveg, en daarmee is ons

instaat om “ferm” te staan! Ons moet dus altyd ons gordel van waarheid dra, met die voorneme in ons hart om

deursigtig en in die lig te wandel; blywend in die WAARHEID van God se Woord, WAARHEID aangaande

onsself en in WAARHEID met mekaar, want om te alle tye waarheid liewend te wees is een van ons magtigste

geestelike wapens.

2. DIE BORSWAPEN VAN GEREGTIGHEID.

“ Met die borswapen van geregtigheid aan” (vers 14). Wanneer jy Jesus as jou persoonlike Verlosser aanvaar

word jy `n kind van God, wedergebore uit die Gees van God. Dit word baie duidelik gemaak in Joh. 1:12­13

wat sê: Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan

hulle wat in Sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van `n man nie,

maar uit God gebore is. Jy is met ons Hemelse Vader God versoen, slegs omdat Jesus die verwagte prys vir jou

verlossing betaal het, deur Sy Bloed aan die Kruis op Golgota te stort en `n lewende menslike offer geword het,

die volmaakte offer wat ten volle aanvaarbaar vir God was. Daarom is dit ALLEEN in die Geregtigheid van Jesus

Christus ons Verlosser, dat ons toegang tot God die Vader het. Ons lees dit in 2 Kor. 5:21: Want Hy het Hom

wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom

(Jesus).

Maak nie saak hoe hard ons probeer om ons eie verlossing uit te werk nie, deur te probeer om “goed genoeg” te

wees nie, dit is slegs die Bloed van Jesus wat ons volkome kan reinig en ons aanvaarbaar vir Vader God kan

maak! Die Bybel bevestig die feit in Jes. 64:6: En ons het almal geword soos `n onreine, en al ons

geregtighede soos `n besoedelde kleed. Met ander woorde ons goeie werke kan ons nie regverdig maak nie.

Wanneer ons egter kinders van die Allerhoogste God geword het deur Jesus se regverdigheid, kom bly die

Heilige Gees binne­in ons, om ons te leer, ons te lei en ons heilig te maak. Hy sal ons God se weë leer en ons

oortuig van sonde. Hy sal ons wys hoe om meer soos Jesus te word en Hy sal ons van onrein gewoontes,

praktyke en gedagtes verlos, soos ons saam met Hom werk. Hy begeer om ons na die beeld van Christus te

konformeer. Dit moet ons begeerte wees om vir ons Hemelse Vader welgevallig te wees. Die Woord van God

vermaan ons in Rom.12:1: Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul

liggame stel as `n lewende, heilige en aan God welgevallige offer­ dit is julle redelike godsdiens. Dan het

ons hierdie selfde aanmoediging in 1 Kor.3:16­17 wat sê: Weet julle nie dat julle `n tempel van God is en die

Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel

van God is heilig, en dit is julle.

Wanneer God van ons as heilig praat soos Hy heilig is, sê Hy eintlik dat Hy wil hê dat ons onsself van die sonde

en die wêreld sal afskei vir Hom en Sy doelstellings. Hy het ons uit hierdie wêreld geroep om `n volk vir Hom te

wees, `n spesiale volk, `n persoonlike eiendom, om Sy heerlikheid verder op die aarde te toon. Tit 2:14: Wat

Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself `n volk as sy eiendom te

reinig, ywerig in goeie werke.

Dus wanneer ons geregverdig gemaak is in Sy regverdigheid en ons die Heilige Gees toelaat om ons te reinig,

dan raak ons betrokke in die werke van geregtigheid waarvoor Hy ons bestem het. Ef. 2:10: Want ons is Sy

maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

As ons gered is, het ons die natuur van God binne­in ons, en die gevolg is dat ons ywerig behoort te wees om die

dinge te doen wat Hy van ons verwag. Ons behoort `n begeerte te hê om te help, te gee, om die tweede myl met

iemand te loop, te vermaan, te troos, om in werklikheid God se oë, ore, mond, hande en voete op die aarde te

wees. Hoe haat Satan hierdie optrede, maar wat `n dinamiese geestelike wapen is geregtigheid nie. Pas egter op

om “selfgeregverdig” te word, want dit is trots en God verafsku trots in enige vorm.

3. SKOENE AAN JULLE VOETE VIR DIE BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE VAN VREDE.

As skoene aan julle voete vir die Bereidheid vir die Evangelie van Vrede (vers 15). Dit is een deel van die

Christen se wapenrusting wat nie altyd so goed pas nie, want om bereid te wees om die evangelie van vrede

bekend te maak, beteken om in `n aanhoudende staat van voorbereidheid te wees en `n gewilligheid waar ons

dikwels ons eie gemak en voorregte prys moet gee terwille van ander. Ons moet voortdurend bewus wees van

die gevaar om so gemaklik en tevrede te raak met ons eie klein wêreld, dat ons vergeet dat God ons nie net gered

het om ons Hemel toe te neem nie, maar ook dat ons `n LEWENDE getuie van Sy reddened genade kan wees,

sodat andere Hom kan leer ken. `n Ywerige, geesdriftige Christen met vuur in sy hart is by magte om baie siele

vir Jesus te bereik en Satan haat dit! Evangelisasie is `n wonderlike deel van die wapenrusting om teen die

vyand te gebruik! Die Bybel sê in Rom. 10:13­15 : Want Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal

gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in

Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe

kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die

wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

Wanneer jy teenoor iemand getuig en vertel van die Here Jesus Christus, is Vader God by jou om jou aan

te moedig en te versterk. Jou getuienis van verlossing of genesing is `n baie sterker wapen teen die vyand, as

wat jy ooit sal besef! Die Skrif vertel ons in Openb. 12:11: En hulle het hom (die duiwel) oorwin deur die

bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe

nie liefgehad nie. Jesus het Sy dissipels verseker dat as hulle bereid sou wees om hul lewe terwille van die

Evangelie te verloor, hulle dit sou vind. Mark. 8:35: Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor;

maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red. Ons is

geroep om ons eie werksaamhede ter syde te stel om tyd te maak en belang te stel in die verlorenes en

behoeftiges, sodat andere die Nuwe Lewe in Jesus kan vind en lewe, net soos Jesus Homself ontsê het en uit die

Hemel gekom het om Sy lewe vir my en jou af te lê. Matt. 10:32­33: Elkeen dan wat My sal bely voor die

mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. Maar elkeen wat My verloën

voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is. Wanneer ons ons

“Evangelie Skoene” dra en oor Jesus getuig en wat Hy vir ons gedoen het, is dit `n magtige wapen wat

teen Satan gebruik word en`n dinamiese deel van die wapenrusting wat aan ons God se beskerming

verskaf.

4. DIE SKILD VAN DIE GELOOF.

Die skild van die geloof waarvan in vers 16 gepraat word, beskerm ons teen die ongeloof wat Satan soos vurige

pyle op ons afskiet! Paulus beskryf eintlik hierdie skild as die belangrikste deel van die wapenrusting, wat baie

duidelik is in die Engelse Bybel, waar hy sê: “above all take up the shield of faith.” Ons geloof moet in

God en Sy Woord wees, en sterk geanker in Sy beloftes, want ons weet dat twyfel en ongeloof Satan se “vurige

pyle” is! Satan se pyle is altyd gerig op ons geloof in God! Die duiwel weet dat as hy ons geloof kan

“wegneem,” ons outomaties verslaan is, want God kan nie werk waar daar nie geloof is nie. Die Bybel vertel ons

in Heb. 11 vers 6: En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan,

moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek. As ons aan God se Woord twyfel, twyfel ons

in werklikheid aan Hom. Satan se vurige pyle wat op ons gerig is klink dikwels as volg: “Het God regtig my

gebed gehoor?”, “Het God van my vergeet?”, “Het dit gewerk?” of “Sal dit aanhou?” Wanneer jy sulke woorde

in jou oor gefluister hoor, wat God se beloftes weerspreek, herken die vyand se vurige pyl en neem dadelik jou

skild van geloof op! Geloof is noodsaaklik in ons wandel met God. In Heb. 11 vers 1 vertel die Woord van God

ons dat geloof `n vaste vertroue is op die dinge wat ons hoop, `n bewys van die dinge wat ons nie

sien nie. Met ander woorde, ons geloof maak dit vir ons moontlik om die dinge te verkry waarvoor ons hoop

volgens God se beloftes in Sy Woord! Dieselfde waarheid word deur Jesus self bevestig in Mark. 11 vers 24,

waarin Hy ons verseker: Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang,

en julle sal dit verkry. Hier leer Jesus Sy dissipels die beginsels van geloof deur te sê dat hulle vir die antwoord

op hul gebed moet glo, as vasgestel deur God, TOE HULLE GEBID HET en VOORDAT hulle dit gesien

manefisteer het! Jy het nie geloof nodig om te glo vir iets wat alreeds gebeur het nie! Geloof is eenvoudig om

God te vertrou om te doen wat Hy gesê het Hy sou doen in Sy Woord! Ons moet glo dat Hy Sy beloftes sal

nakom, net soos ons die beloftes van `n man of vrou met integriteit sal glo. Hoeveel meer behoort ons dan nie

God se Woord te glo nie!

In Heb. 10:35­36 lees ons: Werp dan julle vrymoedigheid, wat 'n groot beloning het, nie weg nie.

Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te

verkry. Dan weer in 1 Joh. 5:14­15: En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy

ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat,

wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het. Jesus het iets vir Sy dissipels

gesê wat baie hartseer is as ons daaraan dink, en tog noodsaaklik vir ons om bewus van te wees in hierdie laaste

dae voor Sy nabye koms; ons vind Sy woorde in Luk. 18:8: …maar as die Seun van die mens kom, sal Hy

wel die geloof op die aarde vind? Wat sal van die skild van die geloof geword het, wanneer Jesus kom om

Sy Bruid te kom haal? Ons almal stem saam dat NIKS by God onmoontlik is nie, maar GLO ons dit werklik? Die

Bybel verseker ons daarvan in Mark. 10:27 met die woorde van Jesus: By mense is dit onmoontlik, maar

nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.

En dan lees ons weer dieselfde in Mark 9:23: En Jesus sê vir hom: Wat dit betref­­as jy kan glo, alle

dinge is moontlik vir die een wat glo. Hoe kan ons ooit aan God se beloftes twyfel? Laat ons dus Sy

Woord ywerig lees, Sy Woord glo en Sy Woord daagliks bely!

Dit is die enigste manier om ons geloof op te bou, lees en glo wat jy gelees het en spreek dan God se Woord

HARDOP uit! Hier het ons God se belofte in Jer. 1:12: Toe sê die HERE vir my: Jy het goed gesien,

want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring. Wanneer ons die Woord van God glo en uitroep

in verband met ons omstandighede, verklaar ons dat ons saamstem met God, en Hy voorsien die begeerde

resultate in daardie omstandighede, in lyn met Sy Woord.

Daar is opgeteken dat Corrie ten Boom, `n magtige diensmaag van die Here, uitgewys het dat die skild wat

Paulus hier beskryf, die een is wat die Romeine in die geveg gebruik het. Dit het die soldaat van sy kop tot sy

voete beskerm, maar slegs van voor! Sy rug was kwesbaar, omdat daar nie voorsiening gemaak is vir diegene

wat wou vlug nie! Dieselfde geld vir Kinders van God; ons moet op die aanval wees en die vyand te alle tye in die

gesig kyk, om dit vir hom onmoontlik te maak om ons van agter te bekruip en ons te verlei om te vlug. Ons lees

in Heb. 10:38­39: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel

geen welbehae in hom nie. Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot

behoud van die lewe.

5. DIE HELM VAN VERLOSSING.

Die helm van verlossing is die deel van die wapenrusting wat die kop beskerm en dus ons verstand. Ons verstand

is die slagveld van die vyand! Hy sal ons altyd aanval in die gebied van ons gedagtes en as hy deur ons reaksie

sien dat hy suksesvol was om ons sy leuens te laat glo; kom hy in om die doodslag te gee! Die helm van

verlossing is bedoel om ons gedagtes te beskerm en ons te help om die leuens van Satan te weerstaan, en sy

grootste leuen is om twyfel in ons gemoed te plaas aangaande ons verlossing en ons ewige lewe! Sodra ons ons

hart vir Jesus gegee het en Hom Here van ons lewe gemaak het, moet ons elke dag wandel in die versekering van

ons ewige verlossing, as ons aanhou om Hom te dien! Ons lees in 1 Joh. 5:10­13: Wie in die Seun van God

glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat

hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie. En dit is die getuienis:

dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die

lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. Dit het ek geskrywe aan julle wat

glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan

glo in die Naam van die Seun van God. God het vir ons in Sy Woord voorsiening gemaak om `n

versekering en `n innerlike getuie van die Heilige Gees te hê dat ons gered is toe ons Sy Seun as ons persoonlike

Verlosser ontvang het. Die wonderlike waarheid aangaande redding is dat die vrees vir die dood nie langer `n

strydvraag in ons lewe is nie, omdat ons weet dat ons die ewige lewe in Christus Jesus het! Ons lees in Heb.

2:14­15: Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde

manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood

het­­dit is die duiwel­­ en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan

slawerny onderworpe was. Ons het die belofte dat wanneer ons hierdie lewe op aarde verlaat, ons

dadelik verblyf in die hemel het met ons Hemelse Vader en Jesus, die Koning van die Konings! Halleluja! Ek

en Meg breek elke oggend brood, en soos ons in gedatenis bring wat Jesus vir ons aan die kruis op Golgota

gedoen het, dank ons Hom vir ons verlossing en genesing, wat Hy met so `n duur prys vir ons gekoop het!

Op die wyse trek ons die helm van verlossing aan, en herinner Satan dat ons deur die kosbare Bloed van Jesus

gered is, en dat geen leuen van hom by magte sal wees om die feit te vernietig nie, wat deur God Self in Sy

Woord bevestig is!

6. DIE SWAARD VAN DIE GEES – DIE WOORD VAN GOD.

“En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees­­dit is die woord van God” (Ef.

6:17).

1 Joh. 2:14: “ Ek het aan julle geskrywe….omdat julle sterk is en die Woord van God in julle bly

en julle die bose oorwin het.”

`n Hele boek kan geskryf word oor die Swaard van die Gees, nie omdat die ander wapens minder waardevol of

belangrik is nie, maar omdat die Swaard van die Gees – die Woord van God deur Jesus Self as `n wapen gebruik

is toe Hy teen Satan in die woestyn te staan gekom het en versoek is. Ons lees in Luk. 4:1­13: En Jesus het

vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn

gelei, waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in die dae nie;

en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword. Toe sê die duiwel vir Hom: As U die

Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word. Maar Jesus antwoord en sê vir hom:

Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord van God.

Toe bring die duiwel Hom op `n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in `n

oomblik se tyd. En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want

dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. As U my dan aanbid, sal alles aan U

behoort. En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe:

Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel

Hom op die dak van die tempel en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan

neer. Want daar is geskrywe: Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar, en hulle

sal U op die hande dra, sodat U nie miskien U voet teen`n klip stamp nie. En Jesus antwoord en

sê vir hom: Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. En toe die duiwel elke

versoeking geëindig het, het hy `n tyd lank van Hom gewyk.

JESUS het die aanvalle van Satan op Hom oorwin, omdat Hy dit afgeweer het deur die Swaard van die Gees te

gebruik en te sê: “daar is geskrywe…” en dan die Woord van God aan te haal.

Die Bybel verseker ons dat God wakker is oor Sy Woord om dit te volbring: Toe sê die HERE vir my: Jy het

goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring (Jer.1:12).

Dit verseker ons ook dat dit kragtig, lewend en produktief is. Ons lees in Heb.4:12: Want die woord van

God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die

skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en

gedagtes van die hart. Jesus vertel ons van die woorde wat Hy spreek en sê dat hulle LEWEND is, en ons

lees dit in Joh. 6:63 ….die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. Hy verklaar ook dat elke

woord wat Hy spreek direk van Sy Vader in die Hemel kom, en ons lees dit in Joh. 12:49­50: Want Ek het

nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My 'n gebod gegee wat

Ek moet sê en wat Ek moet spreek. En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan

spreek­­net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek. Jesus het geweet dat wanneer Hy die woorde

van Sy Vader gespreek het, wat in die Bybel opgeteken is, Hy die volle ondersteuning van God sowel as alles in

die Hemel gehad het! Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele (Ps. 119:89).

Hy het geweet dat Vader God altyd Sy woord eer en dit laat gebeur en dat Satan in sy spore gestuit word as Hy

God se onfeilbare, onvernietigbare, heel kragtigste en ewigdurende WOORD, op die lippe van `n Gelowige hoor!

Die Bybel vertel vir ons in 1 Pet. 1:23 dat God se Woord onverganklik is! Want julle is wedergebore nie

uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in

ewigheid bly. Jesus het ook geweet dat wanneer Hy die woorde van Sy Vader gespreek het, dat Sy Vader se

belofte aangaande Jes. 55:11 sou gebeur. God se belofte is: So sal my woord wees wat uit my mond

uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in

alles waartoe Ek dit stuur. Hoe ontsagwekkend is dit om te weet dat ek en jy as kinders van die

Allerhoogste God, Sy Woord in die Naam van Jesus kan uitspreek met die vertroue dat ons weet dat dit die

werk sal volbring waarvoor Hy dit bedoel het!

Die Vader, Seun en Heilige Gees is voortdurend in verbinding met mekaar, alhoewel hulle Een is, en toe God die

man geskape het, soos opgeteken in Genesis, het Hy hom na Sy beeld geskape, na die beeld van die drie­enige

God (Gen.1:26)! Die mens is die enigste deel van God se skepping wat by magte is om te kommunikeer deur te

praat, want God het die mens so gemaak, sodat hulle saam gemeenskap (fellowship) kan hê. Hy het begeer om

met die mens deur middel van spraak te kommunikeer, deur die gebruik van woorde, en God het aan die mens

die Bybel gegee sodat Hy met hom deur Sy Woord kan praat! Ons kommunikeer met God deur met Hom in

gebed te praat. Hy reageer deur met ons deur Sy Woord en deur die Heilige Gees te praat.

Die Woord verloor nooit sy krag nie! Wanneer God se Woord in die hart van `n kind van God geglo word en

hardop uitgespreek word, word dit ondersteun deur Sy gesag! Die Bybel vertel vir ons dat daar dood en lewe

in die mag van die tong is (Spr.18:21). Die woorde wat ons spreek kan opbou of afbreek! Ons lees wat

Jesus vir Sy dissipels gesê het in Mark. 11:22­23: Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in

God hê. Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp

jou in die see­­en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur­­hy sal verkry net

wat hy sê. Met ander woorde, wanneer jy iets in jou hart glo en dit met jou mond uitroep, WAT JY Sê IS

WAT JY KRY! Jesus meld “sê” drie keer in die voorafgaande verse, omdat Hy weet dat die mens dit moeilik vind

om hardop te praat vir dit waarvoor hy glo of voor gebid het, en dit is tog so belangrik. Die “gesproke deel”

daarvan, wat ons in ons hart glo, dui ons geloof aan! Die Woord van God leer ons wat om te doen om gered te

word en dieselfde beginsel is hier van toepassing. Ons lees dit in Rom. 10:8­10: Maar wat sê dit? Naby jou

is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As

jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het,

sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot

redding. Ons moet hardop bely dit wat ons glo. Dit is dieselfde as wanneer `n man en vrou hul

huweliksbeloftes aflê, voordat hulle dit nie werklik Sê nie, is hulle nie getroud nie. Woorde is baie belangrik vir

God en daarom behoort hulle net so belangrik vir ons te wees! Inderdaad is God se woord so belangrik vir Hom

dat Hy dit bo Sy Naam gestel het! Kom duidelik na vore in die Engelse vertaling: I will worship toward Thy

holy temple, and praise Thy name for Thy loving kindness and for Thy truth: for Thou hast

magnified Thy word above all Thy name (Ps.138:2).

Ons moet seker maak dat die belydenis van ons geloof goed is en volgens God se Woord! Ons beste verklaring

of belydenis is om te Sê wat God van ons sê, en dan gebruik ons die Swaard van die Gees soos dit gebruik

behoort te word, en wag geduldig en met verwagting vir die vervulling van die beloftes van God in ons lewe!

Laat ons na `n paar slegte verklarings kyk wat ons dikwels onbewus oor onsself maak, dan sal jy verstaan hoe

onverantwoordelik en sonder om te dink ons praat.

Verklarings van mislukking deur ons eie woorde:

Belydenis van Vrees: “Ek is so hopeloos – ek wonder of ek dit ooit sal kan doen?”

Belydenis van Geloof: Rom. 8:37: “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom

wat ons liefgehad het”. Filip.4:13 “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”

Belydenis van Vrees: “Soos dinge nou staan, sal ek hierdie maand glad nie my huur kan betaal nie”.

Belydenis van Geloof: Filip.4:19: “En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in

heerlikheid deur Christus Jesus, dus weet ek dat ek my huurgeld betyds sal ontvang!”

Belydenis van Vrees: “Waarom gebeur dit altyd met my?”

Belydenis van Geloof: Ps. 91:10: “ As jy die Allerhoogste jou beskutting gemaak het…sal geen onheil jou

tref en geen plaag naby jou tent kom nie.” As ek vertrou en Hom toelaat om my op die weg te lei, sal Hy vir

my onderneem.

HOE STERKER EN DAPPERDER MY GELOOF EN VERKLARING IS, HOE GROTER IS MY OORWINNING!

Hou op om te sê: “ Ek wens ek was geseënd!” Begin sê: “ Ek IS geseën met al die geestelike seëninge in Christus

Jesus. Halleluja!”

Hier is `n paar goeie belydenisse uit die Woord van God, wat aan jou behoort – glo hulle en verklaar hulle

hardop en DIKWELS, want hulle is lewe vir jou gees mens en jy sal vind hoe jou geloof opgebou word deur God

se Woord en vrees verdwyn vinnig!

1. Ek bely dat Jesus my Here is (Rom. 10:9,10). Ek is Gered!

2. Ek bely dat ek deur Sy wonde genees is (Jes. 53:5). Ek is genees!

3. Ek bely dat die Seun my vrygemaak het (Joh. 8:36). Ek is volkome vry!

4. Ek bely dat God Sy liefde in ons harte uitgestort het deur die Heilige Gees (Rom. 5:5). Ek kan almal liefhê.

5. Ek bely dat die regverdige so dapper soos `n leeu is (Spr.28:1). Ek is dapper, veral in die geveg met Satan.

6. Ek bely dat Hy my nooit sal begewe of verlaat nie (Heb. 13:5). Ek is altyd in God se teenwoordigheid.

7. Ek bely dat ek `n loot van die Ware Wynstok is (Joh. 15:5). Ek is vol van die Ware lewe van Jesus.

8. Ek bely dat ek `n temple van God is (2 Kor. 6:16). Ek het die Heilige Gees binne­in my.

9. Ek bely dat God in al my behoeftes sal voorsien (Filip. 4:19). Ek het genoeg vir my behoeftes.

10. Ek bely dat God nie aan my `n gees van vrees gegee het nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing (2

Tim. 1:7). Ek het die moed en krag om sonder vrees te leef!

11. Laat die swakke sê: “Ek is sterk” (Joel 3:10).

GOD SE EWIGE WOORD.

Ons lees in die Evangelie van Johannes dat Jesus die Woord van God is, wat vlees geword het. God die Vader

het in werklikheid Sy Lewende Woord gestuur, Jesus, om hier op die aarde te woon! In die begin was die

Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle

dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon­­en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n

heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom­­vol van genade en waarheid

(Joh. 1 verse 1, 2, 3 en 14).

Dan sien ons in Openbaring, dat wanneer Jesus terug kom aarde toe om die Antichris en sy volgelinge te

oordeel, steeds na Hom verwys word as die Woord! En Hy was bekleed met 'n kleed wat in bloed

gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. En die leërs in die hemel het Hom gevolg op

wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. En uit sy mond gaan daar 'n skerp swaard om die

nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met 'n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die

wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige ( Openb. 19:13­15).

Neem kennis uit die voorafgaande Skrif, dat Sy Vader se Woord, die Swaard van die Gees steeds in Sy mond is

en Hy gebruik dit in die geveg om die vyande van God mee te verslaan! Hoeveel te meer behoort Sy kinders nie

geestelike oorlogvoering te doen deur God se Woord uit te roep nie!

Begin elke dag met die Woord van God, die Swaard van die Gees op jou lippe. Begin die dag met `n goeie

belydenis in lyn met die Bybel. Memoriseer God se wonderlike Woord, mediteer daaroor, maak dit jou eie en

spreek dit hardop uit! “ U Woord sal ek nie vergeet nie” (Ps. 119:16).

7. BID IN DIE GEES.

“Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees” (Ef. 6:18).

Hierdie wapen word baie spesifiek in die lys van geestelike wapens genoem, wat deel vorm van ons geestelike

wapentuig soos in Ef.6 genoem. Om hierdie rede moet ons dit in aanmerking neem of anders is ons

wapenrusting nie volledig nie. Wanneer ons gebede bid wat deur die Heilige Gees gelei word, weet ons dat ons

volgens God se wil bid en dat Hy dit verseker sal antwoord (1 Joh. 5:14­15). Daar is egter tye wanneer ons nie

seker is van hoe om te bid nie en dit is wanneer “bid in die Gees” of bid “in tale” ons magtigste geestelike wapen

word, om die vyand terug te dryf! Om die gawe van God om in tale te spreek te ontvang, het ons die doop in die

Heilige Gees nodig, wat die Geskenk van God is aan die gelowige wat dors na Sy Lewende Water. Ons lees dit in

Joh. 7:38 ­39: Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste

vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige

Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. Die doop in die Heilige Gees is `n

kosbare gawe van God, wat Hy begeer om aan elke gelowige in Jesus te gee. Jy ontvang dit deur geloof

volgens Sy belofte aan Sy dissipels in Luk. 24:49: En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle.

Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte. Ons

lees dieselfde woorde van belofte deur Jesus weer `n keer in Hand. 1:5 en 8: “Want Johannes het wel

met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees

in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” Jesus is

die Doper in die Heilige Gees, wat reeds uitgestort is volgens Hand.2:1­13. Die belofte was nie net vir diegene

van die vroeë Kerk nie, soos soms geglo is, maar vir die van ons wat die krag begeer om getuies vir Hom in die

dae te wees. Petrus het hulle wat hom gevra het wat hulle moes doen, sodat hulle gered kon word, geantwoord

in Hand.2:38­39: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus

Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse

God na Hom sal roep.

Vader God wag vir jou om te dors na meer van Hom, sodat Jesus jou met die Heilige Gees kan doop. Die sigbare

bewys van die doping in die Heilige Gees volgens Hand.2:4, is die spreek in tale (Lees Hand.10:44­48 en

Hand.19:6). Wanneer jy in die Gees bid, bid jy die volmaakte gebed, bo jou eie verstand, dit is `n Goddelik

geïnspireerde gebed wat Satan en sy demone nie kan verstaan nie, maar wat God hoor en antwoord! Om in tale

te bid is `n dinamiese geestelike wapen. (Lees ons boek: “Ondervind die Heilige Gees”).

NOG GOD GEGEWE WAPENS, EN ONS GESAG AS GELOWIGES IN DIE HERE JESUS CHRISTUS.

1. DIE NAAM VAN JESUS.

Filip. 2:9­10: Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke

naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op

die aarde en die wat onder die aarde is. In die Naam van Jesus moet elke demoniese mag hul onderwerp,

want ALLE gesag is aan Hom gegee. Wanneer ons in die Naam van Jesus kom, moet demone vlug! Aan ons is

die gesag gegee om Sy Naam te gebruik, die Naam van Jesus, om gesag oor die werke van die duiwel te neem en

demoniese magte te weerstaan.

Jesus het aan Sy dissipels bevele gegee om Sy Naam met gesag te gebruik net voor Hy opgevaar het na die

Hemel, en ons lees dit in Mark. 16:17­20: En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my

Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as

hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en

hulle sal gesond word. Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel

en het gaan sit aan die regterhand van God. Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die

Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen. Toe

Jesus Sy dissipels uitgestuur het om die Koninkryk van die Hemel te verkondig voor Sy kruisiging, het Hy

aan hulle dieselfde bevele gegee en dit is opgeteken in Luk. 9:1­2 en Luk. 10:17­20: En Hy het sy twaalf

dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te

genees. En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond

te maak. En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels

onderwerp hulle aan ons in u Naam. Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos 'n bliksem uit die

hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die

krag van die vyand; en nik sal julle ooit skade doen nie. Maar julle moenie daaroor bly wees dat

die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele

opgeskrywe is.

Die Nuwe Testament is vol van die vermelding van Sy kragtige Naam en hoe dit met gesag deur die dissipels

gebruik is met wonderlike gevolge. Onthou egter, dat die Naam van Jesus net Sy gesag dra op die lippe van `n

gelowige en mag nie ligtelik of sonder geloof in daardie Naam gebruik word nie, want daar sal geen krag in jou

woorde wees nie! Lees alles oor die seuns van Skeva in Hand. 19:13­17. Ons moet `n lewende verhouding met

Jesus hê, sodat ons geloof in Hom en Sy Naam deel van ons lewe is, wanneer ons dan daardie Naam gebruik, sal

God se beloofde resultate volg! Die gebruik van die Naam van Jesus en om hierdie resultate te ondervind, hang

af van ons persoonlike oorwinning in Christus en ons vermoë om die stem van die Heilige Gees te onderskei!

Ons moet altyd onthou dat Sy Naam met groot respek en in die vrees van die Here gebruik moet word, omdat dit

`n magtige Geestelike wapen is wat God aan die gelowige toevertrou het!

NOG ANDER FEITE AANGAANDE DIE WONDERLIKE NAAM VAN JESUS.

Die belangrikste van alles is die feit dat dit slegs deur die Naam van Jesus is, dat ons Ewige Verlossing kan

verkry!

Jesus het vir Sy dissipels gesê dat hulle hulle moes verheug oor die feit dat hul name in die hemel opgeskryf is

eerder as die feit dat die demone aan hulle onderworpe was in Sy Naam! Ons word kinders van die Allerhoogste

God slegs omdat ons na ons Hemelse Vader in die Naam van Jesus gekom het, Hom as ons Here en Verlosser

aangeneem het!

VERLOSSING: Hand.4:12: “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen

ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word

nie.”

`N VOORTREFLIKER NAAM: Heb 1:4: “Terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele

namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle.”

REGVERDIGMAKING:

1 Kor. 6:11: “….Julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse

God.”

GENESING: Hand.3:6: “In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!”

DIE EVANGELIE VERKONDIG: Hand. 8:12: “…toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie

aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het,….”

DUIWELS UITDRYF: Mark. 16:17: “In my Naam sal hulle duiwels uitdryf,”

DISSIPLINE: 1 Kor. 5: 3, 4, 5: “…. Het ek,…alreeds besluit…om hom wat so iets gedoen het, in die

Naam van onse Here Jesus Christus….aan die Satan oor te lewer…”

AANBIDDING: Ef. 5:20: “Terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse

Here Jesus Christus.”

GEBED: Joh. 14:13­14: “En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader

in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”

GAWES VAN DIE HEILIGE GEES: Joh. 14:26: “Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in

my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer ….”

VERVOLGING: Hand.5:41: “Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag

was om vir sy Naam oneer te ly.” (Sien ook: Filip.2:9­ 10, Kol. 2:10, Ef. 1:21, Kol 1:13).

Die Naam van Jesus bevestig die gesag en mag van Sy teenwoordigheid en alles wat Hy vandag is, omrede Sy

oorwinnende dood op Golgota!

Spr.18:10: “Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word

beskut.”

Paulus som bogenoemde alles op in Kol. 3:17: “En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen

alles in die Naam van die Here Jesus …..”

2. DIE BLOED VAN DIE LAM.

Jesus het Satan aan die kruis op Golgota verslaan. Hy het Sy bloed gestort en het `n lewende offer geword wat

aanvaarbaar vir Vader God is, en daardeur versoening verkry vir die sonde van die mensdom. Aan die kruis het

Jesus uitgeroep “Dit is volbring,” en die vereiste prys vir die verlossing van die mens is ten volle betaal en is deur

Sy Vader aanvaar. Daarom is dit deur die kosbare Bloed van Jesus alleen wat ons by magte is om teen Satan te

seëvier. Ons lees dit in Openb.12:11 wat verklaar dat “Hulle hom (die duiwel) oorwin het deur die bloed

van die Lam.” Herinner Satan daaraan dat jy deur die bloed van die Lam bedek is! Herinner hom, en spreek

dit hardop uit dat jy deur die bloed van Jesus los gekoop is! Deur die Bloed van Jesus is jy verlos! Deur die Bloed

van Jesus is jy gered! Deur die Bloed van Jesus is jy wedergebore en `n kind van God! Deur die Bloed van Jesus

is jy `n nuwe skepsel in Christus Jesus! Deur die Bloed van Jesus het jy gesag oor die magte van die duisternis!

Deur die Bloed van Jesus het jy die ewige lewe! Die Bloed van Jesus spreek van die Nuwe Verbond, `n beter

verbond wat die mag van die sonde breek (Kol. 1:14). Dit skei ons van Satan en sy koninkryk van duisternis en

bring ons in `n regte verhouding met God. Ons sondes is vergewe en ons is versoen met ons Hemelse Vader as

gevolg van die gestorte Bloed van Jesus! Satan haat met `n passie die vermelding van daardie Heilige Bloed van

die Lam wat geslag is!

3. DIE MAGTIGE WAPEN VAN LOFPRYSING.

“Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde. Lofverheffinge van God

is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand; … om hulle konings met kettings te

bind en hulle edeles met ysterboeie” (Ps 149:5, 6 en 8). Hierdie skrifgedeelte wys hoe ons, die heiliges,

die vyand kan boei en sy aanvalle kan stop deur eenvoudig ons God te loof!

Lofprysing tot God is die effektiefste wapen beskikbaar vir ons! Satan het `n geweldige haat wanneer God deur

Sy mense verhef word, en gevolglik wyk hy! Dit is ook waar dat God onmiddellik optree en reageer op ons

lofprysing en Satan is wel deeglik bewus daarvan, en daarom sal hy sy uiterste probeer om ons te laat vrees en

twyfel en moedeloos te raak, sodat die laaste ding wat ons voel is om ons stem in enige vorm van lof te verhef!

Wanner ons `n lofoffer aan God bring, ongeag van hoe ons in die omstandigheid voel, is dit `n daad van geloof

en dit is presies waarom dit so `n vernietigende geestelike wapen is.

God is teenwoordig waar Hy geloof word, die Bybel verseker ons hiervan in Ps. 22:4: Tog is U die Heilige wat

woon onder die lofsange van Israel!

Een van die wonderlikste verhale van die wonderwerkende krag van lofprysing in die Bybel, word gevind in

Hand. 16 toe Paulus en Silas in die tronk was nadat hulle `n meisie van `n waarsêergees bevry het. Hulle is in

die tronk gesit as gevolg van hul optrede. Daar in die tronk het hulle lofprysinge tot God gesing en skielik was

daar `n aardbewing, en die fondamente van die tronk is geskud. Almal se boeie het van hulle afgeval en hul

bewaarder het Jesus as sy Here ontvang, hy en sy huisgesin is gered! Lees die hele pragtige verhaal van hierdie

oorwinning deur lofprysing in Hand. 16: 16­34.

LOFPRYSING WEN DIE GEVEG.

Nog `n ander wonderlike voorstelling van die krag wat daar is in die lofprysing van God, Wie die geveg dan vir

ons veg en die vyand vernietig, word gegee in 2 Kron. 20. Ons vind Koning Josafat in gebed, want dit wou

voorkom asof die Israeliete op die punt was om vernietig te word. Die vyand uit die Ooste het reeds die grense

van Juda oorgesteek en was in opmars na die Heilige Stad. Josafat het `n tyd van vas en gebed uitgeroep en die

Gees van God het begin om met hom te spreek. Die volgende oggend het die koning met sy volk gepraat:

“Vandag gaan ons uit om ons vyand te ontmoet”, en almal het begin om hulself voor te berei. Die soldate het

begin om hul wapenrusting aan te trek en hul boë, pyle en spiese bymekaar gekry. Die strydwaens is versamel.

Toe almal reg en gereed was om te vertrek, het Josafat gesê: “Die Here het aan my bevele gegee. Waar is die

musikante?” Kan jy jou hul reaksie voorstel? Daar was hulle almal, gereed vir die geveg en wat doen die

koning? Hy nader een van die generaals en vra vir die sangers!!! Die soldate het na mekaar gekyk, en gewonder

wat hul leier makeer. Maar Josafat het gesê: “Die Here het my beveel om al die sangers op die voorpunt te sit.

Hy het gesê dat hulle voor moet gaan en `n lied van lofprysing moet sing met hierdie woorde: Loof die Here,

want Sy goedertierenheid is tot in ewigheid!”

Hulle was gehoorsaam en het al die sangers op die voorpunt geplaas en hulle het almal vorentoe beweeg en

gesing: “ Loof die Here want Sy goedertierenheid is tot in ewigheid!” Hulle kon verder gesing het:

“Loof die HERE,want Hy is goed want sy goedertierenheid is tot in ewigheid Loof die God van die gode,

want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in

ewigheid. Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die hemele

met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die aarde op die water

uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die groot ligte gemaak het, want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid. Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in

ewigheid. Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid..”

(Ps.136:1­9).

Die kinders van Israel het oor hul magtige God GESING, want Sy liefde is tot in ewigheid. Hulle het gespreek oor die God

van die gode, die God wat die aarde, son, maan en sterre geskape het. Hulle het begin om te vertel hoe Hy hulle uit Egipte

gelei het: “Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in

ewigheid. En Israel onder hulle ut gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Met 'n sterk hand

en met 'n uitgestrekte arm,want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die Skelfsee in stukke gesny

het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid. En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot

in ewigheid” (Ps .136:10­16) .

Hierdie sangers het uit die diepte van hul harte en siele gesing oor dit wat `n werklikheid vir hulle was en iets

wat so baie vir hulle beteken het. Teen die tyd wat hulle die vyand se kamp genader het, was hulle halfpad deur

hul loflied. Nader en nader het hulle gekom, die leier sing: “Loof God wat groot konings verslaan het!” en

die sangers wat antwoord: “Want Sy goedertierenheid is tot in ewigheid!”

“Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En Og, die koning van

Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En hulle land as erfdeel gegee het, want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid. As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in

ewigheid. Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En ons

van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat voedsel gee aan alle

vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is

tot in ewigheid” (Ps.136:19­26).

In die vyand se kamp het verwarring ontstaan en hulle het begin om ondermekaar te argumenteer, want hulle

het die kinders van Israel hoor naderkom terwyl hulle God prys. Daar was in werklikheid nie baie Israeliete nie,

maar God het hulle na duisende laat klink. Die vyand het teen mekaar begin veg en het mekaar vernietig!

Al lofsingende aan God, het die Israeliete tot binne­in die vyand se kamp gestap, en dit het hulle drie dae

geneem om die buit bymekaar te maak wat God aan hulle gegee het! Nie `n enkele pyl is geskiet of `n spies

gebruik nie! DIE ISRAELIETE HET GELOOF IN HUL GOD GEHAD EN HULLE HET HOM GELOOF!

Enige tyd, onder enige omstandighede, wanneer jy God aanbid en loof, bind jy Satan en sy demone. Dus, begin

dadelik – sing koortjies hardop en sien hoe die vrees verdwyn wanneer God jou lied eer met Sy

Teenwoordigheid. ( Lees ons boek: “Slaankrag in Lofprysinge”).

5

DIE OKKULT

Wat is die okkult? Die betekenis van die woord okkult is “misterieus”, in verband bring met die bo­natuurlike.

Dit sluit die baie verskillende maniere in waarin die mens die bo­natuurlike soek, buite die Wil en die Woord

van God. In die verklarende woordeboek vind ons die volgende woorde wat in verband met die okkult staan:

verborge, geheim, onbekende, “black magic” en duisternis. Is dit nie presies wat die mens so aanloklik vind nie;

die onbekende, die geheimsinnige, die donker kant van die bo­natuurlike? Deur hierdie sterk bekoring en aan

die anderkant, min of geen kennis van die dinge van God nie en `n gebrek aan suiwer Bybel se lering, word die

mens `n maklike prooi vir Satan.

Ons leef in `n fisiese wêreld en God het aan die mens vyf sintuie gegee (sig, tas, reuk, proe en hoor), sodat ons

ons met ons omgewing kan vereenselwig en kennis kan verkry aangaande die tasbare dinge. Maar die bo­

natuurlike is net so `n werklikheid, selfs meer nog omdat die geesteswêreld ewig is, terwyl die fisiese wêreld

tydelik is. 2 Kor. 4:18: Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die

sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. In die geesteswêreld is daar twee teenoorgestelde

persoonlikhede aan die werk: ons ewige God, Vader van ons Here Jesus Christus, Wie Lig en Lewe is en Satan

wie duisternis en dood is. Sedert die begin van tyd was die mens nie tevrede met slegs kennis van die fisiese

wêreld alleen nie, en dit is omdat ons geskape is met `n liggaam, `n siel en `n gees, na die beeld en gelykenis van

God (Gen. 1:26). Die deel van `n mens wat gees is, begeer om te aanbid en kontak te maak met sy Skepper(Wie

Gees is volgens Joh. 4:24), maar wanneer `n mens nie met God versoen is deur Jesus Christus ons Verlosser nie,

kan hierdie begeerte hom lei om by die VERKEERDE bron van die bo­natuurlike in te tap! Sy soeke en

ondersoek kan maklik veroorsaak dat hy kontak maak met die “gees” wêreld, maar nie volgens die manier wat

God bedoel het nie. Vader God begeer ook om met die mens, Sy skepping, te kommunikeer en gemeenskap

(fellowship) te hê en het die verhouding moontlik gemaak SLEGS deur Jesus Christus Sy Seun. Jesus verseker

ons in Joh. 14:6: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe

deur My nie. Daar is WERKLIKE gevaar om geestelike “waarheid” buite Jesus en God se geskrewe Woord,

die Bybel en die bestuur en leiding van die Heilige Gees te soek; dit is eenvoudig omdat God se Woord die

enigste bron van WAARHEID is wat bestaan!

Wanneer die mens na kennis soek wat vir hom gevaarlik is, deur te probeer kontak maak met die dooies of deur

psigiese kennis van die toekoms deur fortuinvertellers, stel hy homself oop vir die okkult wat Satan se gebied is!

Daar is dinge wat God ons ten sterkste verbied om te doen, en Hy verkondig dit duidelik in die Bybel! Die okkult

wetenskappe, okkult persoonlikhede, psigiese wetenskap, “magic” (swart en wit), spiritisme en mistisisme, alles

maak deel uit van die okkult en sluit in: toekoms voorspel, alternatiewe medikasie, manipulasie van die

verstand, buiteaardse fenomena(extra­terrestrial phenomena), sterrewiggelary, alchemie, mitologie, spookagtige

verskynings, toordery beswering, geheime organisasies, astrologie, “ witchcraft”, spiritisme, teosofie, oosterse

godsdienste en kultusse.

Hierdeur maak die mens, uit onkunde en/of ongehoorsaamheid aan God, egter kontak met die duiwel en

gebruik sy okkultiese praktyke om bo­natuurlike kennis te verkry en die duiwel doen dit met graagte, MAAR

TEEN `N PRYS! Die prys is gewoonlik sy siel, of ten minste die een of ander vorm van gebondenheid;

gebondenheid wat hom, sy kinders of familie teenspoedig sal beïnvloed. Lees Ex. 20:5 waar God praat van

vloeke tot in die derde en vierde geslagte!

Wanneer God aan ons bo­natuurlike kennis en wysheid wil meedeel, doen Hy dit deur Sy Woord en deur die

Heilige Gees Gawes (1 Kor. 12). Hy moedig ons aan om Hom te vra wanneer ons antwoorde op ons vrae nodig

het, en Hy verseker ons dat Hy wysheid verniet aan ons sal gee wanneer ons dit van Hom vra. Hy sal aan ons die

regte Goddelike raad gee wat ons nodig het. Ons lees dit in Jak. 1:5: En as iemand van julle wysheid

kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal

aan hom gegee word. Dit is as gevolg van die mens se nuuskierigheid en obsessie met die onbekende,

wat duidelik deur Vader God verbied is, dat ons vyand, die duiwel, alle soorte okkultiese praktyke versin

het en deur omweë dit regkry om die mens weg te lok in sy slinkse strikke en onvermydelike

gebondenheid. Dit is slegs deur God se vergifnis te vra, hierdie sondige praktyke te laat staan en met hulle

volkome te breek, dat `n mens van hulle bevry kan word om Jesus Christus voluit en in vryheid te dien. Jy kan

daarvan verseker wees dat God al jou vrae sal beantwoord en aan jou Sy vrede sal gee, as jy jou lewe ten volle

aan Hom toevertrou!

Satan boots God na deur die nagemaakte te produseer.

Satan is `n geskape wese, dus kan hy nie self iets skep nie, hy kan slegs dit wat God reeds geskep het namaak en

bederf. As `n voorbeeld hiervan sien ons in Openbaring hoe dat Satan in die eindtye `n nagemaakte sataniese

drie­eenheid voortbring, in die vorm van `n Dier (die Draak), die Antichris en die Valse Profeet; `n namaaksel

van die Heilige Drie­eenheid, bestaande uit die Vader, Seun en die Heilige Gees.

In Deut. 18:10 lees ons dat God Sy volk verbied om toe te laat dat hul seuns en dogters deur vuur moes gaan.

Sommige mense sien dit as die menslike offer wat sekere heidense kultusse vereis, soos genoem in Deut.12:31.

Hierdie Skrifvers praat oor om in die vuur te verbrand, terwyl Deut.18:10 verwys na om deur die vuur te

gaan: daar is `n groot verskil.

Doris Irvine, wat op `n stadium gekroon was as die koningin van hekse in Europa, maar later die Here Jesus

Christus leer ken het en volkome bevry is, skryf dat sy as `n heks hoog aangeskrewe was toe sy by een van die

hekse se samekomste, reg deur `n geweldige groot vuur gestap het. Satan was self daar om haar hand te vat en

ongeskonde deur te lei! Hierdie was `n geval waar Satan God se beskerming van Sadrag, Mesag en Abednego

nagemaak het, toe hierdie drie Joodse seuns deur Koning Nebukadneser se wagte in die vuuroond gegooi is,

omdat hulle nie voor sy goue beeld wou neerbuig nie. Hulle het onwrikbaar geglo dat God hulle sou beskerm en

Hy het hulle geloof tot so `n mate geëer, dat hulle klere nie eers na rook geruik het nie! Lees van hierdie

wonderwerk en geloofs opbouende verhaal in Daniël 3!

Daar is ook die verhaal in Ex.7:8­12, van Farao se towenaars wat die wonderwerk wat deur Aaron gedoen is, toe

hy sy staf neer gegooi het en dit in `n slang verander het, nageboots het. Die towenaars het toe ook hul stawwe

neer gegooi en dit het ook in slange verander, Aaron se slang het egter al die ander slange ingesluk. So sien ons

die bo­natuurlike in werking in hierdie gevalle, almal het dieselfde resultate, maar vanuit twee teenoorgestelde

bronne, die een se oorsprong is die okkult en sy bron is Satan, en in die geval van Aaron se staf en die drie God

vresende seuns wat nie `n kompromie wou aangaan nie, was die oorsprong Goddelik en die bron, God Self.

Wanneer Satan sy eie beskerm (bv. teen vuur), doen hy dit tot ons nadeel en sal hy sy hoë fooi eis, maar

wanneer ons Here dit doen, is dit om ons aan te moedig, om ons geloof op te bou in Hom en omdat Hy ons

liefhet! Dit sal altyd lof bring aan Sy Naam! Heiden priesters voer orgies uit en werk hulleself op in so `n staat

van raserny dat hulle geheel en al beheer word deur demone en bose geeste, tot so `n mate dat dit vir hulle

moontlik is om kaalvoet oor brandende kole te loop sonder dat daar selfs `n blaas verskyn. Hier in die Stanger

omgewing, waar daar duisende Hindoes tussen die groot Indiese bevolking is, is sulke gebruike goed bekend.

Wanneer heidense priesters op beddens van spykers kan slaap en waens kan trek met `n draad wat in hulle

tonge gehaak is, sonder enige pyn of bloeding, is dit omdat hulle hul liggame ten volle aan die duiwel gegee het.

Wat hieruit duidelik is, is dat die krag wat in die bo­natuurlike ryk beskikbaar is, die krag van die fisiese ryk

verdring! Moet jou nie laat bedrieg nie, die die geestes wêreld is beslis `n werklikheid en dit is presies waarom

ons goed ingelig moet wees, sodat ons nie verlei word deur die verkeerde bo­natuurlike krag nie!

In Mark. 16:18 lees ons dat gelowiges in die Naam van Jesus slange sal kan hanteer en dodelike gif drink sonder

om iets oor te kom. Dit is waar bewys toe Paulus, op die Eiland Melite deur `n slang gepik is, `n dodelike adder,

en hoegenaamd geen kwaad gely het nie (Hand.28:3 tot5). Hierdie geld egter net vir gevalle waar PER

ONGELUK aan giftige dinge geraak word, anders sal ons God versoek. Mark. 16:18 verwys in werklikheid na die

werke van Satan (slange en skerpioene). Daar is egter slangbesweerders in die Ooste wat hulself aan demoniese

magte oorgegee het en kan giftige slange hanteer en hulle doen dit vir `n lewe. Dit lyk asof hulle in `n

beswymings, hipnotiese toestand raak.

Ons almal weet van die “bloedlose” operasies wat deur “genesers” in die Ooste uitgevoer word. Hulle opereer op

mense en maak die wonde toe sonder dat selfs`n merk sigbaar is. Hierdie operasies word gedoen wanneer die

pasiënt in `n beswymings staat van hipnose is, hy het geen gevoel of beheer oor sy aksies nie, en so het hy `n

deur oop gemaak vir Satan om hom permanente skade aan te doen. Hipnose is geheel en al van die okkult en

verskyn ook in Die ensiklopedie van die Okkult deur Lewis Spence, saam met ander alternatiewe mediese

terapies, met hul wortels in die okkult.

Fortuinvertelling (Psigiese voorspellings, waarsêers, voorspellers).

Deut. 18:10­12 praat van die beoefeninge van waarsêers en verklaring van voortekens. Hierdie is mistieke

handelswyses om die toekoms te voorspel en word vandag steeds op baie maniere gedoen. Die lees van die

handpalm, teeblare, tarok kaarte, kristalballe en ander metodes om “in die toekoms te sien”, is almal vorme van

die okkultiese waarsêery, wat deur Vader God verbied is, vir ons voordeel! Dit sluit ook die gebruik van `n stok,

`n bottel of `n mikstok in om water of minerale aan te wys. Toe ek so `n paar jaar gelede vir water moes boor,

het ek vir die Here gevra waar om op die eiendom te boor en Hy het die presiese plek in `n droom aan my gegee.

Ek het toe vir die man wat vir my moes boor gesê presies waar ek wou hê dat die gat gesink moes word. Ek het

hom na die plek geneem en hy het vir my gevra wie dit vir my aangewys het. Ek het vir hom gesê dat ek nie aan

waterwys glo nie, omdat dit in die Bybel verbied word, en dat God in `n droom aan my gewys het waar om te

boor. Hy het geantwoord: “wat dan as ek geen water kry nie?” “Sal jy my nogtans betaal?” Ek het hom verseker

dat hy hom nie daaroor hoef te bekommer nie! Hy het begin boor en toe ons `n sekere diepte bereik het, was

daar baie min water. Ek het vir hom gesê om voort te gaan tot die diepte van die lengte van die boor en hy het so

gemaak. Toe hy die helfte van die boor se lengte bereik het, het water net uit die gat begin uitstroom en uitspuit!

Tot sy grootste verbasing was die water wat ons raak geboor het ver bo ons wildste drome, veral so, omdat geen

boorgate in daardie omgewing hoegenaamd enige water gehad het nie! Die boorman het my later vertel dat

slegs een uit twaalf duisend boorgate so `n hoeveelheid water lewer! Die Here weet die presiese plek om vir

water te boor, want Hy het die water in die eerste plek daar geplaas! Wanneer `n waterwyser geraadpleeg is

hoor `n mens slegs van die boorgate wat `n “sukses” was, ons hoor nooit van die mislukkings nie, maar loof die

Here; Hy is alwetend en faal nooit!

In Hand.16:16 tot 18 lees ons van `n meisie wat `n waarsêende gees gehad het. Sy het baie geld vir haar eienaar

ingebring deur die gebruik van haar “gawe”, en sy het “geprofeteer” dat Paulus en sy vriende diensknegte van die

Allerhoogste God was. Wat sy gesê het was die waarheid, maar dit was onder die insperasie van Satan. Satan sal

selfs vir God adverteer om sy eie, bose doelstellings te bereik. Paulus het hierdie waarsêergees bestraf en uit die

meisie gedryf in die Naam van Jesus; hy het onderskei dat dit nie van God was nie!

Ons lees ook van Simon die towenaar in Handelinge 8, wat in Samaria goedbekend was vir sy demoniese

wonderwerke wat die mense, in onkunde, beskryf het as die “ groot krag van God”. Ons moet op ons hoede wees

en nie net alles aanvaar wat reg lyk nie, vra die Here om jou die nodige onderskeiding te gee, en Hy sal jou wys.

Die dissipels van ons Here Jesus het besef hoe belangrik it was om ontslae te raak van alle boeke en dinge wat

deel van die okkult is en ons lees in Hand.19:19: En verskeie van die wat met towery omgegaan het,

het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan

bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was. Vandag nog is fortuinvertellers steeds

baie gewild maar ons moet besef deur hulle te raadpleeg, beweeg ons in die gebied van die okkult in (soek

inligting in die bo­natuurlike BUITE God) en word so die prooi van die vyand. Selfs as jy redeneer dat jy nie

glo wat hulle jou vertel nie, en dat dit net vir die grap gedoen word en vir plesier, is die waarheid van die

saak dat jy jouself vir die vyand oop gestel het! Dit is `n ernstige verbreking van God se bevel en kan

rampspoedige gevolge hê. Die duiwel is nie `n heer nie en sal sy volle reg eis, deur voordeel te trek uit jou

onkunde en kwesbaarheid. Die inligting wat deur enige fortuinverteller gegee word kom direk van `n

familiêregees, `n gees van waarsêery, verwerp dit dus en vra God om jou te vergewe, en bly ver weg van Satan se

profete af!

Miskien moet ek tog die kosbare gelowige ook waarsku wat aanhoudend soek na `n profesie oor hom of na “`n

woord van God”. Hierdie obsessie met die toekoms en leiding van `n medegelowige kan die Gawe van Profesie

van die Heilige Gees op dieselfde vlak plaas as “private fortuinvertellery.” As die Gawes van die Gees misbruik

word, wat moontlik is, kan dit tot verwarring lei. Die Gawe van Profesie is volgens die Bybel om die gemeente te

stig, volgens 1 Kor. 14:12. Dit is vir gelowiges nodig om meer te kan onderskei en te leer om die “gees” te toets

om te sien of dit van God is.

Ons lees in die Bybel in 1 Sam.6:1­2, dat toe die Ark van die Verbond vir sewe maande in die land van die

Filistyne was, die afvallige priesters van Israel die fortuinvertellers geraadpleeg het en toe God die priesters van

Israel gestraf het, hulle gedink het dat God hulle in die steek gelaat het. Dit is presies wat Koning Saul ook

gedink het. Toe hulle weereens die waarsêers geraadpleeg het, het hulle besluit dat dit “toevallig oor hulle

gekom het” (1 Sam. 6:9). TOEVAL en GOD is twee algehele teenoorgesteldes. Toeval beïnvloed nooit die lewe

van die gelowige nie, behalwe as hy sy lewe, deur onkunde of deur `n keuse, vir die duiwel oop gemaak het.

Gelowiges word gelei en gerig deur die Heilige Gees. Joh. 16:13: Maar wanneer Hy gekom het, die Gees

van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie,

maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

Die Mens se begeerte om te Aanbid en die Onbekende.

In die verklarende woordeboek vind ons die volgende woorde wat met die okkult verbind word: wegsteek,

geheim, onbekende, “black magic”, duisternis. Is dit nie presies wat die mens uiters aanloklik vind nie; die

onbekende, die geheim, die duister, die bo­natuurlike? As gevolg van hierdie sterk aantrekkingskrag en aan die

ander kant die gebrek aan kennis van die dinge van God, deur onverskilligheid of gebrek aan lering, word `n

persoon `n baie maklike prooi vir Satan. God weet dat die mens hierdie sterk begeerte het om te aanbid en na

die bo­natuurlike uit te reik, en die man of vrou wat na God uitreik vind salige vreugde, vervulling en vrede. God

begeer ons onverdeelde aanbidding! Hy sê in Sy Woord dat Hy `n jaloerse God is.

Hy gee `n streng waarskuwing in Ex. 20:3­5: Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van

wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n

jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die

vierde geslag van die wat My haat;

Dit is hierdie begeerte van die mens om te aanbid en om kontak met die bo­natuurlike te maak, veral met Sy

Skepper, waaruit Satan probeer voordeel trek. Baie okkultiese praktyke lyk baie fatsoenlik en selfs Christelik.

Baie spiritistiese mediums verklaar dat hulle inaanraking is met die Groot Geestelike Meester en het dikwels die

Bybel op hulle tafel. Ander assosieer Jesus met die vals leerstelling van reïnkarnasie en sê dat Hy die hoogste

vorm van reïnkarnasie is van sulke Oud Testamentiese leiers soos Moses en Jesaja. Wat se volslae snert!

Ons vind dat die okkultiese groepe gewoonlik een of ander Christelike simbool en godsdienstige embleem het,

soos die Bybel, bloed of `n kruis, wat hulle gebruik en wat verwarring saai by diegene wat hulle gaan raadpleeg.

Wanneer bo­natuurlike ondervindings en manefistasies in hierdie kultus groepe plaasvind, word mense na hulle

aangetrek en in hul onkunde glo baie dat dit `n demonstrasie van God se krag is. So baie opregte mense word so

bedrieg deur Satan en hy lei hulle op `n dwaalspoor en na gebondenheid, soms in `n altyd groter mate soos

hulle meer betrokke raak as gevolg van die manefistasies.

DEMONIESE MUSIEK.

Musiek en melodie is deur God geskep. Hy het bedoel dat dit tot Sy heerlikheid en ons plesier gebruik sou word.

Dit was bestem om Sy Naam te prys en dit behaag Hom om Sy kinders te hoor sing en musiek te maak. Hy het

musikale vermoë en talent gegee soos dit Hom behaag het, sodat musiekinstrumente bespeel kan word aan

hulle wie dit gegee is. Lofprysing en aanbidding uitgedruk deur liedere en musiekinstrumente is nie net `n

aanhoudende bron van vreugde vir Hom nie, maar hulle verdryf ook die krag van duisternis wat ons omring.

Ons lees in Eseg. 28:13­14: Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou

bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag;

en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is

hulle berei. Jy was 'n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op 'n

heilige berg. Satan was oorspronklik as `n gesalfde gerub geskape, Lucifer, wat nie net pragtig geskape was

nie, maar ook met musikale vermoë. Dit is baie duidelik in die Engelse vertaling: “the workmanship of thy

tabrets and of thy pipes was prepared in thee in the day that thou wast created.” Dit is die rede

waarom Satan op die oomblik so geweldig gebruik maak van musiek in die wêreld, en so word baie na

verdoemenis gelei en die verlies van hul kosbare siele, terwyl hy deur God geskape was om lofprysinge aan Hom

te lei! So baie van ons jong mense van vandag val in die duiwel se strik deur die verlokking van sy sataniese

musiek. `n Mens kan net na die lewens van rock sterre en pop idols kyk, om die vrugte van die goddelose

musiek te sien manifesteer; dwelms, alkohol, owerspel, hebsug, sedeloosheid, herhaalde besoeke aan

rehabilitasie inrigtings en hul einde is dikwels selfmoord/ of `n oordosis dwelms. Hierdie is `n hele onderwerp

van sy eie, as jy dus meer inligting wil hê, daar is baie goeie boeke beskikbaar by jou naaste Christelike

boekwinkel.

Die volgende hoofstuk bevat `n lys van okkultiese praktyke, wat as `n waarskuwing dien. Gebruik dit as `n

kontrole lys om te sien of jy nie by enige een betrokke was nie; ongeag of jy ernstig was of deelgeneem het vir die

pret. Die tyd het vir jou aangebreek om die strik van Satan te herken, bely dit voor die Here en verwerp dit dan

en breek daarmee, sodat jy nie `n vastrap plek vir die vyand in jou lewe laat nie. Jy sal daarmee moet deel, sodat

jy die oorwinnende en vrygemaakte Christen kan word wat Vader God bedoel het dat jy moet wees!

Daar is altyd oorwinning en bevryding deur die krag in die Bloed van die Herrese Lam van God en ons hoef geen

vrees te hê nie. Die Bybel belowe ons in Joh. 8:31­32 : En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As

julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die

waarheid sal julle vrymaak. Ons het weer Sy beloftes in Ps. 91 dat: Hy wat in die skuilplek van die

Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige (Ps. 91:1). Want Hy sal sy engele

aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Op die leeu en die adder sal jy trap,

die jong leeu en die slang vertrap (Ps.91: 11 en 13).

Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die

vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie (Jesus wat in Luk. 10:19 spreek).

Ter afsluiting van hierdie hoofstuk gee ek `n lys Skrifverse wat betrekking het op okkultiese praktyke. Soek

hulle in jou Bybel op en ek verseker jou dat jy hierdie studie baie interessant en leersaam sal vind.

Gen. 11:4­9; Ex. 7:10­12; Ex. 7:20­22; Ex. 8:6­7; Ex. 8:17­19; Ex. 22:18; Lev. 17:7; Lev. 18:21; Num.

24:1­2; Deut. 4:15­19; Deut. 13:1­5; Deut. 17:2­5; Deut. 18:9­14; Deut. 29:29; 1 Sam. 15:23; 1 Sam.

28:3­20; 2 Kon. 1:16­17; 2 Kon. 9:22; 2 Kon. 16:2­4; 2 Kon. 17:16­18; 2 Kon. 23:5,6,10­14; 1 Kron.

10:13­14; 2 Kron. 33:2­6, 9­17; 2 Kron. 34:24­25; Jes. 2:6; Jes. 8:19­22; Jes. 19:3; Jes. 44:24­26;

Jes. 47:9­14; Jer. 10:1­2; Jer. 14:14­15; Jer. 19:13­15; Jer. 23:25­32; Jer. 27:9­10; Jer. 29:8­9; Eseg.

12:24­25; Eseg.13:6­9; Eseg. 16:20­23; Eseg. 20:30­35; Eseg. 21:21­27; Eseg. 23:27­39; Dan. 1:19

en 20; Dan. 2:1­11; Hos. 4:12­13; Amos 5:26­27; Miga 3:5­7; Miga 5:12­14; Nahum 3:4­6; Sef. 1:4­6;

Sag. 10:2­3; Sag. 13:2­3; Mal. 3:5­6; Matt. 7:15; Matt. 24:5­11; Mark. 13:6; Luk. 4:5­8; Luk. 6:25­

26; Luk. 21:8; Hand. 7:42­43; Hand. 8:9­13, 18­24; Hand. 13:6­12; Hand. 16:16­18; Hand. 19:11­

20; 1 Kor. 10:19­22; 2 Kor. 11:2­4; 2 Kor. 11:12­15; Gal. 1:6­9; Gal. 3:1; Gal. 4:3­11; Gal. 5:19­21; Ef.

6:11­113; Kol. 2:8­10; Thess. 2:7­12; 1 Tim. 4:1­2; 2 Tim. 3:8­9; 2 Pet. 2:1­3; 1 Joh. 4:1­3; Openb.

9:20­21; Openb.. 16:13­14; Openb. 18:21­24; Openb. 19:20; Openb. 20:10; Openb. 21:7; Openb.22:

10­16.

6

OKKULTIESE PRAKTYKE EN KULTUSSE.

1. Het jy ooit inligting gesoek of deelgeneem aan:

Fortuinvertellery

Séances (spiritistiese sittings)

Handpalm lesers (“Palmistry – Chiromancy”)

Teekoppie lees

Kristalbal kyk

Tarok kaarte

“Ouija boards”

Handskrif ontleding/Grafoloë

Horoskope

Outomatiese skrywe

T.M (Transendentale Meditasie)

Astrologie

Pendulums (Raidesthesia)

Waarsêery (Augury)

Toordokters

Alchemie

2. Het jy ooit deelgeneem aan:

“Witchcraft”

Heldersiendheid (Clairvoyance) en helderhorendheid (clairaudience)

“Halloween” (Okt. 31 hekse fees )

Toor

Kettingbriewe

Buiksprekery

Waterwys/Davsing

“Black magic/Voodoo”

“White magic” (bv. `n vrat verwyder deur daarop te blaas en dan oor die linker skouer te gooi)

Beswymings

Gedagte beheer

Telepatie

“Chants and magic spells”

Nie Christelike uitdrywing

Swewing van liggame of voorwerpe

Psycho kinesis

Astrale reis/astrale projeksie

ESP

3. Het jy ooit toegegee aan:

Hipnose (insluitend mediese behandeling)

Kleur terapie

Kleur kodering

Spiritistiese genesing

Homopatie

“Reflexology”

“Iridology”

Akupunktuur

“Acupressure”

Polariteit Terapie

Shiatsu

Chiropraktyk

Auriculo Terapie

Rolfing

Reichian Terapie

Bio energetiek

Meridiaan Massering

Almal sluit `n uitwendige benadering tot die liggaam in deur aanraking, manipulasie of die insteek van naalde,

die doel in al die gevalle, sluit die innerlike energie sisteem in en hul stroom kanaal (meridiane).

Hierdie is “New Age” terapies wat die vernaamste van `n onpersoonlike lewenskrag of energie omvat, ook

bekend as Chi, Psigiese krag of Vitale energie (homopatie).

Holistiese Gesondheid. Nuwe Medikasie, Alternatiewe Medikasie is almal “nuwe” termes wat vandag gebruik

word, en is New Age terminologie.

Traditionele Genesers/Genesing ( Hul wortels is in Sjamanisme en “Witchcraft”).

4. Het jy ooit geglo in bygelowe of dit toegepas?

Op `n ster wens

Sout oor die skouer gooi

Vrees vir swart katte

Vrydag die dertiende

Onder `n leer deurloop

Gelukbringers

Gelukkigenommers

Ou vrou stories

Enige ander

5. Het jy ooit aanhoudend gebruik en/of was verslaaf aan:

Marijuana

Pynstillers

Alkohol

LSD heroïen, kokaïen “crack”, ander hooflyn dwelms

Dieëtpille

Stimulante

Kalmeermiddels

Slaappille

6. Was jy ooit betrokke in oosterse godsdienste of praktyke:

Yoga

Karate

Judo

Ander vorm van oosterse krygskuns of oefeninge

Boeddhisme

Islam

Hindoeïsme

Hare Krishna

Het jy heidense temples besoek bv. Mexiko, Griekeland, Japan, Korea, “Dome of the Rock” in Jerusalem,

Mormoon tabernakel, Indiese seremonies (Hindoe/Moslem) of hulle begraafplase.

Het jy in jou huis of by jou werksplek enige afbeeldings, beeldjies of skilderye met `n oosterse godsdienstige

konnetasie soos `n draak, `n Boeddha, Thai of Chinese “god” ens.

7. Het jy enige okkultiese/bo­natuurlike boeke gelees of sulke films gesien en hul boodskappe

en filosofie ingeneem en hul onrein “gees” aanvaar?

The Exorcist

Rosemary’s Baby

The Omen

Bewitched

Bridie Murphy

Harry Potter

Geskrifte deur Jean Dixon

Boeke oor Spiritisme of Reïnkarnasie

Jonathon Livingstone Seagull

Boeke deurJoel Goldsmith

Boeke oor metafisika (hoe om met God deur die verstand i.p.v. die gees kontak te maak)

Christian Science

Rosicrucian

Swedenborganism

Silva

Sciëntologie

Boeke oor kultusse

Mormonisme

Jehovasgetuies

The way

Ander

8. Het jy ooit na pornografie gekyk?

Stories, films, foto`s, video`s, internet ens.

Het jy ooit deelgeneem aan enige van die volgende seksuele wanpraktyke?

Homoseksualisme

Lesbinisme

Enige vorm van addisionele huweliksseks

Seksuele fantasie

Masturbasie

Kyk jy ooit na onsedelike films of T.V programme wat daarop gemik is om jou vleeslike wellus aan te wakker en

wat kan lei tot die beskadiging van God gegewe gesins verhoudings?

Was jy al ooit betrokke by “heavy metal music” of musiek wat deur goddelose musikante gespeel is, wat

waarskynlik satanies geïnspireer is?

9. Het jy ooit `n eed afgelê aan enige geheime organisasie?

Vrymesselaars

Ander

10.Het jy ooit `n bloedverbond met enigeen aangegaan?

Soos in satanisme

Ander

12. Het jy al ooit die Goddelikheid, die maagdelike geboorte of die Wederopstanding van Jesus

Christus ontken?

13. Het jy ooit betrokke geraak by `n Kultus?

Kultusse is godsdienstige groepe wat een of ander waarheid (gewoonlik Christelike waarheid) bely maar VOEG

BY die volmaakte Offer en Versoening van die Here Jesus waarvoor Hy met Sy Bloed betaal het. Hulle voeg die

mens se goeie werke of een of ander godsdienstige rituele by. Party erken nie die Goddelikheid van Jesus

Christus nie en sê dat Hy slegs `n profeet was maar nie die Seun van God nie. Sommige kultusse neem ook deel

aan okkultiese en psigiese praktyke, soos Spiritisme wat met die dooies kontak maak.

Hierdie gebied van kultiese betrokkenheid is onseker en baie misleidend en jy moet BAIE VERSIGTIG wees

voordat jy daarmee betrokke raak of luister na hierdie wolwe in skaapsklere! Daar is `n paar streng

waarskuwings vir ons in die Skrif.

1 Tim. 4:1 en 2: Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig

sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van

leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete. Matt. 24:24: Want daar sal valse christusse

en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was,

ook die uitverkorenes te mislei. EK wil jou aanmoedig om deur hierdie lys te gaan, en as jy betrokke

was of nog steeds betrokke is in enige van hierdie praktyke, en daar is `n OPREGTE begeerte in jou hart

om BEVRY te word van ALLE demoniese verbintenis, dan moet jy hierdie stappe volg:

1. Berou: Draai jou rug op hierdie gebruike en neem `n kwaliteit besluit om dit NOOIT weer te doen nie.

2. Vra God om jou te vergewe.

3. Verwerp en breek met hierdie gebruike in die Naam van Jesus Christus en verklaar dat die Bloed van

Jesus jou vry gemaak het.

4. Beveel enige mag wat `n wettige reg gehad het om jou gebonde te hou, as gevolg van jou betrokkenheid in

die okkult, om jou onmiddellik te VERLAAT, daardeur maak jy die deur vir die duiwel en demoniese kragte

toe.

5. Aanvaar NOU jou volkome bevryding deur geloof.

In Ex. 20:5 lees ons dat God die sondes van die voorouers besoek tot in die vierde geslag. Baie van ons weet nie

wat se okkultiese betrokkenheid ons ouers en grootouers gehad het nie, dus breek met die sondes van jou

voorouers in die Naam van Jesus en dank Vader God vir die reinigende Bloed van ons Here Jesus Christus, wat

jou reinig van enige voorvaderlike sonde. Breek al die bloedlyn vloeke, en verwerp en breek met enige praktyke

waarin hulle betrokke kon gewees het en verklaar dat in die Naam van Jesus en deur die krag verleen aan die

Bloed van Jesus, jy vry is van alle gebondenheid.

Ontvang en aanvaar jou volkome vryheid NOU deur geloof en begin om die Here met jou hele hart te loof!

ERFENISSE EN VLOEKE:

Dit gebeur dat as gevolg van die sondes van hul voorvaders, Satan die mag het om die lewens van hul

kinders/kleinkinders te beïnvloed wat gevolglik met een of ander demoniese binding gebore kan word. Asma en

allergieë is dikwels generasie toestande, soos ander sogenaamde “familie” siektes. Kinders gebore uit ouers, wat

betrokke was in vrye seksuele verhoudings en owerspel, kan met `n gees van wellus gebore word. Jou voorouers

kon betrokke gewees het by teeblare lees en fortuinvertellery en hul kinders en kleinkinders lei nou aan angs,

irrasionele vrees en fobieë.

Nie net geestelike en emosionele gebreke kan oor kinders op die manier gebring word nie, maar fiesiese kwale

en verstandelike vertraging kan die resultaat wees van `n bloedlyn vloek. Hierdie waarheid maak my meer en

meer bewus van die geweldige verantwoordelikheid van ouerskap. Wanneer ek dink tot watter gevolg die manier

waarin ek leef, die lewens van my kinders, kleinkinders, agterkleinkinders, geestelik en fisies kan beïnvloed,

besef ek dat GEEN OUER DIT KAN BEKOSTIG OM MET DIE OKKULTE ROND TE SPEEL NIE.

Ex. 20:5 en 6: …… want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders

besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek

bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

Dit wys duidelik dat mense dikwels siektes en wanskapenheid erf as gevolg van hul ouers en grootouers se

oortredings en sondes en veral hul betrokkenheid met die okkult.

MAAR HIER IS DIE GOEIE NUUS!

Die goeie nuus is dat `n wedergebore, Gees vervulde Christen met hierdie bindinge, wat hy deur sy bloedlyn kon

geërf het, kan breek. Hy het gesag in die Naam van Jesus om alle verbindings met hierdie bloedlyn vloeke te

vernietig, insluitend die oor sy kinders en kleinkinders.

Wanneer ons tot die kennis van die geestelike waarheid kom, nadat ons Jesus as ons Here en Verlosser

aangeneem het en wedergebore is, sal die Heilige Gees ons lei om “huis skoon te maak”. Die Bybel vertel ons dat

ons die Tempel van die Heilige Gees is, ons lees dit in 1Kor. 6:19: Of weet julle nie dat julle liggaam 'n

tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself

behoort nie? Dit is daarom natuurlik dat ons begeer om ons “huis in orde” te kry en van al die ou vullis,

wat ons verontreinig, ontslae te raak! Die Heilige Gees sal jou oortuig van dinge wat nie vir God

aanvaarbaar is nie, en wat openinge vir Satan laat om wettige toegang vir aanvalle te hê. Daar is

demoniese bande wat met Oosterse godsdienste verbind is, vernietig daarom die Boeddhadeurstuiter wat jy het

en die Chinese artefak met daardie onheilspellende draakpatroon. As jy betrokke was met judo of karate, sal die

Heilige Gees jou lei, wanneer jy na die Here kom, om daarmee te breek, so gooi al die uitrustings weg en skeur

die plakkaat van Bruce Lee op wat jy agter jou deur gehad het.

VLOEKE EN SEëNINGE: Deut. 28:

Die Woord van God sê vir ons dat Jesus die vloek van die wet gebreek het, toe Hy aan die kruis gesterf het. Hy is

`n vloek gemaak in ons plek! Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n

vloek te word­­want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang­­ sodat die seën

van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur

die geloof kan ontvang (Gal. 3:13­14).

Die vloek van die wet is op Golgota verbreek, sodat die seën van Abraham na ons deur geloof kan kom!

Die belangrikste van al hierdie seëninge is dat ons sondes vergewe is en deur die Bloed van Jesus verwyder is en

ons sal nie aanspreeklik vir hulle wees nie, as ons hulle bely (Rom. 4:6­8).

Vloeke afkomstig van vier hoof bronne:

1. Vloeke direk van God. In Deut. 30 vertel God aan Sy volk baie duidelik dat hulle moet KIES die seën of

die vloek. Die vloeke sal op hulle wees as hulle ander gode dien(tot die derde en vierde geslag­Ex.20). Aan

hulle wie Sy gebooie onderhou, sal God genade en goedertierenheid bewys.

In Deut. 27 en 28 gee God `n lys van ander sondes wat vloeke op families kan bring – lees hierdie

hoofstukke. In Deut. 28:46, sê God die volgende oor daardie vloeke:

En hulle sal by jou 'n teken en 'n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid. As jy `n

studie van Deut. 28 maak, sal jy die volgende vloeke vind:

a. Vloeke van armoede: verse 16, 20, 29 en 33.

Vervloek in die stad en vervloek in die veld.

Vervloek is jou kos.

Vervloek is jou diere, die vrugte van jou land en jou kinders.

Vervloek is jy wanneer jy inkom en wanneer jy uitgaan.

Verwarring in alles wat jy doen.

Verdrukking en vernietiging.

Diefstal.

b. Vloeke van fisiese kwale: verse 27, 35, 58 tot 61.

Swelsels.

Gewasse.

Skurfte.

Jeuk.

Groot plae.

Sere siektes.

Elke siekte en elke plaag.

c. Vloeke van die siel­ siektes: verse 28, 34, 65 tot 67.

Sielsiekte.

Bewende hart.

Verdriet van die gemoed.

Twyfel.

Vrees.

d. Vloeke van slegte en genadelose regerings: verse 34, 36, 49 en 50.

e. Vloeke van owerspel en egskeiding: vers 30.

2. Vloeke van hulle wat in `n gesagsverhouding is: bv. Vader of eggenoot.

`n Vader kan aanhoudend vir `n kind sê: “Jy is hopeloos!” Dit is `n vloek en geleidelik manifesteer dit in sy

kind se lewe. Of `n babatjie is in die skoot van `n ongetroude vrou verwek. Sy wil nie die baba hê nie en spreek

dit hardop uit. Haar woorde is vloeke oor daardie ongebore kind.

3. Vloeke wat self opgelê is: Jy “haat” dalk `n sekere fisiese gelaatstrek, soos jou neus, hare of

figuur/liggaam, en jy bely aanhoudend jou ontevredenheid. Elke keer wanneer jy dit doen, spreek jy eintlik `n

vloek oor jouself uit. Dit sluit ook negatiewe uitsprake wat jy maak aangaande enige area van jou lewe in.

4. Vloeke vanaf sataniese invloede: Hekse, toordokters, sangomas en ander satanies geïnspereerde en

beheerde geeste word dikwels geraadpleeg en gevra om `n “spell” te “cast” of `n vloek uit te spreek op `n

persoon. As kinders van God hoef ons egter geen vrees te hê, as ons in gehoorsaamheid aan Hom wandel,

omdat ons Sy beskerming het. Onthou egter altyd dat dit waar bly, dat ons of lewe of dood kan spreek. Daar is

lewe of dood in die mag van die tong! (Spr. 18: 21).

Die vloek van die wet sou in werking tree sodra iemand onder die Ou Testament ongehoorsaam was of gesondig

het, die Nuwe Testamentiese Christene is egter nie langer onder hierdie vloek nie! Daar is sommige Christene

wat volhard om terug te keer na die Wet alhoewel Jesus ons daarvan losgekoop het, hulle besef nie dat deur dit te

doen hulle hulself weereens onder die vloek plaas nie. Die Bybel is duidelik aangaande hulle wat `n gedeelte van

die wet wil hou en wat by magte is om die Wet te hou sonder om dit ooit te verbreek? Gal. 5:4: Julle wat

geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval..

Jesus het ons losgekoop van daardie vloek en verwag nou van ons om in die genade en barmhartigheid en vryheid te

wandel waarvoor Hy so duur betaal het! Hy verwag ook van ons om ons sondes te erken en te bely die oomblik wat ons dit

gedoen het, en om dan om vergifnis te vra en berou te hê! Slegs dan kan die reinigende Bloed van Jesus sy kragtige werk

van vergifnis in ons lewe doen, en die verwydering tussen ons en Vader God, as gevolg van daardie sonde, wegneem!

Loof God `n duisend maal, daar was EEN wat die Wet vervul het en toe aan die kruis daarmee gedeel het; Jesus

Christus! (Lees Gal. 3:13 en 14 weer). Dit is waarom ons na Hom kan draai, Hom as ons Verlosser en Here kan

aanneem en VRY kan wees van die vloek van die Wet.

Dit is ook waarom jy, as `n Kind van God, by magte is om enige vloek oor jou en jou kinders te breek in die

Naam van Jesus.

Ek kan dit egter nie genoeg beklemtoon, dat in Deut. 28, en orals in die Bybel, God groot klem lê op die HOOR

en DOEN van Sy bevele. Slegs wanneer ons gehoorsaam is sal vloeke weggaan en Sy seëninge uitgestort

word.

Deut. 28:1 en 2: As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al

sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die

nasies van die aarde. En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die

stem van die HERE jou God. Ex. 15:26: As jy getrou na die stem van die HERE jou God

LUISTER(gehoorsaam)en doen wat reg is in sy oë, en LUISTER(gehoorsaam) na sy gebooie en al sy

insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê (toelaat) wat Ek op Egipteland gelê

het nie; want Ek IS DIE HERE WAT JOU GESOND MAAK. Selfs al is ons vrygemaak van die vloek van

die Wet en nou leef onder die Genade Verbond, bestaan dieselfde waarheid van gehoorsaamheid as ons Sy

seëninge in ons lewens begeer; die verskil is egter dat ons nou toegang het tot die Troon van God deur

bekering en die Bloed van Jesus.

As jy God se genesing, voorsiening, bevryding en vrede wil ontvang, wees gehoorsaam aan Sy bevele!

Jesus het gesê: Julle noem my Here! Here! Maar julle doen nie wat Ek sê nie (Luk. 6:46­49). Wat het Jesus

gesê dat ons moet doen – wat is Sy bevele aan ons? Begin met Mark. 16:15­18 – `n opsomming van Sy laaste

bevele net voor Hy opgevaar het na die hemel. Lees dan 1 Kor. 13 en Matt. 5­7, om mee te begin.

7

BEVRYDING

Wanneer jy deur die vorige hoofstuk gewerk het en nou VRY is van al die okkultiese betrokkenheid, sal daar `n

nuwe blydskap en vryheid in jou hart wees! Jy sal God met jou hele hart wil loof vir die Bloed van ons Verlosser,

Jesus Christus wat ons uit die Koninkryk van duisternis na die Koninkryk van Sy Lig gebring het. Halleluja!

Daar is egter nog `n paar dinge aangaande demone en demoniese besetting wat ek graag wil bespreek, en wat ek

seker is jy insiggewend en leersaam sal vind.

Die vraag word dikwels gevra of Geesvervulde gelowiges deur `n demoon beset kan wees. Die antwoord is nee!

Maar ek wil graag die rede vir hierdie antwoord verduidelik. Wanneer `n Christen wedergebore en Geesvervuld

is, kan demone hom nog steeds aanval, maar hulle kan hom nie langer beset nie. Hulle kan hom net

onderdruk. Hulle kan sy liggaam en denke beïnvloed, wat veroorsaak dat hy volgens `n sekere manier optree,

maar omdat die Gees van God en die gees van die Antichris nie saam in dieselfde persoon kan leef nie, kan `n

Geesvervulde Christen se gees (waar die Heilige Gees leef), nie deur die duiwel beset word nie. As ons die

voorbeeld van twee Bybel karakters neem sal dit duidelik word. Daar was Petrus (Matt. 16:23) wat aan Jesus

gesê het dat Hy nie hoef te sterf nie, en Jesus het hom bestraf, maar Satan aangespreek, wat probeer het om vir

Petrus te beïnvloed (Petrus was verseker `n gelowige!) Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My 'n

struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense. Satan

beïnvloed en mislei. In hierdie geval het hy Petrus se oë van God se plan vir Jesus weggeneem en op die planne

van die mens gefokus. Toe Jesus Sy dissipels geleer het hoe om te bid volgens Matt. 6, het Hy hulle ook geleer

om God te vra om hulle van die bose te verlos. Die duiwel is beslis `n vyand met wie rekening gehou moet word,

selfs wanneer jy Geesvervuld is.

In Hand. 5:3 lees ons van Ananias en Saffira en die manier waarop hulle vir Petrus gelieg het. Petrus het vir

Ananias gevra: Waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die

prys van die grond agter te hou? Ananias en sy vrou was Christene en het selfs hul besittings verkoop, as

deel van die Liggaam van Christus. Hulle was baie opreg. Tog kon Satan hulle tot so `n mate beïnvloed, dat

hulle vir die Heilige Gees gelieg het! Dit is slegs deur God se aangesig daagliks te soek en om op jou hoede vir

die vyand te wees dat ons kan oorwin en nie in sy strikke val nie.

Wanneer `n persoon betrokke was in okkultiese praktyke, direk of indirek, kan daar dalk nie enige onmiddellike

of waarneembare effek op sy lewe wees nie, hy kan egter later miskien skielik siek word of depressief,

bekommerd of vreesbevange, vir skynbaar geen rede nie. Die geestelike ryk wemel van demone, wat gretig wag

om hulself deur enige beskikbare persoon uit te druk. Iemand wat betrokke raak met die okkult open deure vir

hierdie demone om voordeel uit hom te trek. Ons het egter in die vorige hoofstuk gesien, dat indien hy opreg

begeer om bevry te raak van die demoniese onderdrukking, dit net nodig is om die sonde te erken, berou

daaroor te hê en die Here se vergifnis te vra en dan te bid vir bevryding vir homself! Jesus is ons Bevryder! Dit is

nie noodsaaklik vir hom dat iemand anders vir hom moet bid nie, behalwe as hy verdere berading nodig het. Al

wat eintlik nodig is, is die regte inligting, `n ware berouvolle hart en vasberadenheid. Hou egter in gedagte dat

Satan `n oorwonne vyand is, maar hy bly `n bullebak wat sy slagoffers met vrees, leuens, twyfel en misleiding

intimideer. Hy kan egter net so ver gaan as wat jy hom toelaat! Wanneer jy stand inneem vir Jesus Christus en

Sy gedelegeerde mag en gesag gebruik om die vyand te oorwin, sal jou bevryding van die misleiding van Satan

vinnig manifesteer en bevryding sal volg. Om jouself volkome van Satan te verwyder, moet jy sonde haat net

soos God dit haat!

Ps. 139:21 tot 24: HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U

opstaan nie? Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my! Deurgrond my,o God, en

ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my

op die ewige weg!

Sonder Jesus Christus, kan daar geen ware bevryding van enige sonde of demoniese onderdrukking of besetting

wees nie. 1 Joh. 3:8:Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, OM DIE WERKE VAN DIE DUIWEL

TE VERBREEK. Hand.4:12 : En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander

naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered (bevry) moet word nie.

Kol. 2:15: Nadat Hy(Jesus) die owerhede en magte(Satan en sy demone) uitgeklee en hulle in die

openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het(die kruis).

Wanneer jy by die okkult betrokke raak maak jy DIE DEUR vir Satan OOP om in te kom en jou te martel.

Wanner jy dit verwerp maak jy DIE DEUR TOE, maar dan moet jy heeltemal daarvan weg bly anders sal die

vyand weer probeer inkom. In Matt. 12 beskryf Jesus die geval van die onrein gees (demoon) wat na die huis

(persoon) terug gekom het, wat hy verlaat het en toe hy dit leeg vind, het hy met sewe van sy vriend terug gekom.

Deur dit te verwerp en daarmee te breek word die deur toe gemaak, en dan moet jy die Here vra om daardie

leegte met die Heilige Gees te vul! Lees jou Bybel en bid elke dag. Bring tyd deur om op die Here te wag en

wees gehoorsaam aan dit wat Hy wil hê dat jy moet doen. “ Fellowship” met volwasse, eners denkende

Gelowiges, loof en aanbid saam en verkondig God se Woord!

As die bron van jou okkultiese betrokkenheid en binding astrologie (horoskoop) was, wanneer jy dit bely het as

`n sonde en daarmee gebreek het, moet jy al die boeke, tydskrifte, kaarte, juwele en enige ander dinge wat

daarmee geasosieer word vernietig. Dieselfde geld vir enige ander okkultiese praktyke. Moet hulle nie net iewers

bêre nie, vernietig hulle heeltemal! Maak jou huis skoon van ALLE dinge wat met die okkult verbind word, hulle

is `n gruwel vir die Here en Satan sal hulle gebruik om jou te vernietig. Ons lees in Hand. 19:18 tot 20 wat die

Nuwe Testamentiese Kerk met hul okkultiese goed gemaak het: En baie van die wat gelowig geword het,

het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak; en verskeie van die wat met towery

omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde

daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was. So het die woord van die

Here met krag gegroei en sterk geword. Toe ek en Meg die Verre Ooste besoek het op soek na

orgideë, dit was voordat ons gered is en ek is skaam om te sê dat as gevolg van ons groot geestelike

onkunde, ons etlike artikels saamgebring het wat Oosterse godsdienstige konnotasies gehad het; keramiek

plantpotte met draak motiewe, beeldjies van hout wat afbeeldings van een van hul baie gode kon gewees

het ens. `n Paar jaar later toe ons ons harte vir Jesus gegee het, het die Heilige Gees ons oortuig om al daardie

dinge te verbrand, ons het dadelik berou gehad en Hom gehoorsaam.

Mondelinge verwerping van sonde of okkultiese praktyke moet altyd gevolg word deur ooreenstemmende

optrede. Enige verdere versoeking om aan okkultiese praktyke deel te neem moet met alle mag weerstaan word.

Dit sal byvoorbeeld baie verkeerd wees vir iemand wat bevry is van horoskoop lees, met die effek van vrees,

marteling, fobieë en angs, om net “vinnig te loer” na die horoskoop bladsy in `n tydskrif. Vermy dit heeltemal!

Dieselfde geld vir iemand wat van alkohol bevry is met sy verswakking, leuens, drinkhole, armoede, babalaas,

verhoudings probleme, moontlike verskrompeling van die lewer ens.; hy stel homself bloot aan dieselfde gevaar

wanneer hy `n kroeg binnegaan om net “een drankie te drink”!

Demoniese geeste het name wat ooreenkom met die vorm wat hulle aanneem. Daar is demone van “black

magic”, horoskope, fortuinvertellery, spiritisme, hipnotisme, akupunktuur, karate, ens, en as jy ernstig is om

bevry te word moet jy die spesifieke okkultiese praktyk by die naam noem en daardie sekere demoniese gees

beveel om te gaan! Bely dit, verwerp dit en dryf dit uit in die Naam van Jesus. Dit sal moet gaan! Op daardie

stadium kan jy swak voel of selfs naar – moenie dat dit jou bang of bekommerd maak nie, omdat dit slegs

beteken dat jy suksesvol was deur gesag oor dit te neem toe jy dit beveel het om jou te verlaat. Neem as

voorbeeld dat jy betrokke was by een of ander soort “witchcraft” en jouself oopgestel het vir `n demoon van

“witchcraft”. Demone van “witchcraft” assosieer met demone van vrees, wellus en rebellie! Jy mag vind dat `n

gees van wellus ook by is. Moenie huiwer nie, DRYF DIT UIT in JESUS SE NAAM en jy sal vry wees!

Die oomblik wat die soort demoon vasgestel is, moet jy op `n ferm manier met dit praat: “ Demoon van

“witchcraft”, ek breek met jou en sê vir jou om my te verlaat in die Naam van Jesus! Jy is nie meer welkom nie! “

Jy sal dit dalk drie of vier keer moet beveel indien jy enige weerstand binne­in jou voel, maar dit sal moet

uitgaan! Dit mag selfs probeer om jou stem te steel, wanneer jy die Naam van Jesus noem, maar wees ferm en

onwrikbaar!

Demone kom dikwels by die mond uit. In Hand. 8:7 lees ons dat hulle uitgegaan het, terwyl hulle met `n

groot stem skreeu. Dit is vandag nog die geval. `n Lang sug of hoes is soms die uiterlike manifestasie van die

demoon se vertrek, maar daar kan meer dramatise manifestasies wees. Jy mag vir `n oomblik `n gevoel van

verwurging hê – maar moenie dat die demoon jou bang maak nie. Bly kalm en dankbaar dat die onreine gees

jou verlaat het. Hierna sal `n groot gevoel van vrede oor jou kom – die vrede van God, en jy sal weet dat jy bevry

is.

Nie alle gevalle van bevryding en bestraffing en verwerping is noodwendig dramaties nie. Baie mense is stil en

glad nie emosioneel wanneer hulle bevry word nie. Hulle identifiseer die demoon, verwerp dit, sê dit moet gaan,

en hulle aanvaar hul bevryding sonder enige sigbare manifistasies. Met ander woorde, die bewys dat

bevryding effektief was, hang nie af van die dramatiese tekens of geluide nie, maar van die

resultate. Wanneer die marteling weg is en die binding gebreek is, loof ons God, omdat Sy Seun jou waarlik vry

gemaak het!

Ek het gehoor dat Christene sê dat hulle altyd vir die Here vra om hulle van die bose gees te verlos, omdat Jesus

Self ons geleer het om te bid: “verlos ons van die bose” (Matt. 6:13). Dit is die waarheid, wat hierdie skrif vers

egter sê is: “bewaar ons dat ons nie sal toegee aan die aanvalle en verleidings wat die vyand vandag oor ons pad

sal bring nie”. Vader God het egter aan die gelowige (dit sluit EK en JY in, as ons glo), die gesag gegee om in die

Naam van Jesus demone uit te dryf. En dit is omdat Hy aan die kruis gesterf het en die duiwel oorwin en

geopenbaar het. God het aan JOU die gesag gegee om die duiwel te WEERSTAAN en hy sal van jou wegvlug

(Jak.4:7). Hy het aan JOU die gesag gegee om demone in Sy Naam uit te dryf (Mark. 16:17). God gaan nie die

vyand in jou plek weerstaan nie. Hy gaan nie die demoon wat jou martel beveel om te gaan nie. Hy het aan jou

die NAAM VAN JESUS gegee en daarin is jou gesag om die vyand te bestraf, te bind, om hom te weerstaan en

van hom ontslae te raak. Halleluja! Ons loof ons wonderlike Hemelse Vader wat sulke volmaakte voorsorg

getref het vir elke area van ons lewens, deur Jesus Christus ons Here en Verlosser.

Soos jy alreeds weet is een van die name in die Bybel vir die duiwel “dief” (Joh. 10:10), omdat sy plan en doel is

om van God se Kinders te steel dit wat regmatig hulle s`n is. Christene moet besef dat om die seëninge van God

te verkry en te behou, ons verantwoordelikheid is. Luister na wat Jesus gesê het: Kyk, jy het gesond

geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie (Joh. 5:14). Om

ons genesing of bevryding van God te ontvang is wonderlik, maar ons moet dit beskerm en dit behou wanneer

die vyand probeer om dit van ons te steel.

Onthou: die duiwel speel nie speletjies nie! Hy is daarop uit om van jou te steel en jou te vernietig. Net soos

daar voorwaardes vir bevryding is, so is daar ook voorwaardes om die bevryding te handhaaf. As jy dit werklik

ernstig bedoel met hierdie hele proses van bevryding, will ek seker maak dat jy vry sal bly; dit word verkry deur

`n intieme verhouding met Vader God te ontwikkel soos jy daagliks met Hom wandel! Jy het Sy beskerming,

Sy Leiding, Sy wysheid. Sy liefde, Sy blydskap en Sy vrede nodig.

Volhard in die ontwikkeling van `n intieme verhouding met jou Hemelse Vader deur gebed en die daaglikse

lees van Sy Woord! Wandel dan volgens God se Woord, deur gehoorsaam aan Hom te wees en Hom te

vertrou. Hierdie eenvoudige waarheid bring altyd Goddelike resultate! Moet Hom nie net soek wanneer jy jou

in die moeilikheid bevind nie.

Lewe volgens die Bybel. Handhaaf `n biddende verhouding met God, een wat kom uit `n hart van danksegging

en lofprysing vir alles wat Hy doen en alles wat Hy is! Let op jou gedagtes – beheer hulle. Ontwikkel gesonde

verhoudings en plaas jouself onder gesonde, bybelse geestelike gesag. Selfs Paulus het dit aanbeveel in 1 Thess.

5:12 en 13. Dit is gewoonlik die persoon met `n rebelse houding wat dit moeilik vind om aan gesonde geestelike

leierskap te onderwerp, wat God in Sy Wysheid bepaal het vir ons beskerming en om ons te weerhou van

misleiding. Hierdie is belangrik veral indien jy al mislei is deur demoniese krag; dit is wyslik om die toevoer van

Goddelike leierskap en volwasse Christene te soek.

8

HOE OM TEEN DIE VYAND OP TE TREE WANNEER HY

AANVAL.

Satan is heel gelukkig met `n louwarm Christen, want `n Christen in daardie toestand hou geen werklike

bedreiging vir sy koninkryk in nie. Wanneer `n gelowige egter ywerig en aan die brand is vir die Here, `n gretige

kennis het van die Skrif en wat God met sy hele hart wil dien, besef Satan dat hy opposisie het met wie hy sal

moet rekening hou en hy sal `n teenaanval loods! Ons moet besef dat die oomblik wat ons `n visie het en

vasberade is om iets vir God te doen, sal die vyand sy bes doen om ons te stuit! Die Gelowige, wat openlik

oorlog teen die duiwel verklaar, sal teengestaan word, en jy kan seker wees dat as Satan die

vermetelheid gehad het om Jesus, die Seun van die Lewende God, te konfronteer, sal hy jou konfronteer

wanneer jy in Sy Naam kom om dieselfde werke te doen wat Hy jou belowe het dat jy kan doen! Jesus het

belowe: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo­­die werke wat Ek doen, sal hy ook

doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan ( Joh. 14:12).

Die vyand is glad nie besorg oor “Sondag alleen” Gelowiges nie, want hulle is selde oorwinnende Christene en

gevolglik bring hulle baie min, indien enige roem vir die Naam van Jesus en hulle is ook nie `n bedreiging vir die

duiwel nie.

Wanner ons in Lukas 4 lees hoe Satan Jesus met versoekings in die woestyn aangeval het, vind ons dat in vers 13

staan: En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy 'n TYD LANK van Hom gewyk. Dit is

glad nie vir ons moontlik om vir altyd van die duiwel ontslae te raak nie! Hy sal jou `n tydlank los maar terug

keer om jou deursettingsvermoë van tyd tot tyd te toets, veral as jy aktief in God se weermag is! Nadat ek vir

mense in pyn gebid het, verdwyn die pyn gewoonlik dadelik, wat`n teken vir hulle is dat God wat ookal die

oorsaak was, genees het. Ek waarsku hulle dan dat die duiwel later sal terugkeer en hul geloof toets deur `n

steekpyn weer op dieselfde plek te plaas, net om te sien of hulle werklik glo dat hul genees is. Indien dit gebeur

moet hulle sy aanval weerstaan deur God se Woord hardop aan te haal, net soos Jesus gemaak het en hy sal

moet weggaan. Hulle moet sê “Satan dit is geskryf, dat ek deur Jesus se wonde genees is!” (1 Pet. 2:24); en

“Satan dit is geskryf dat wanneer `n gelowige hande op my lê ek gesond sal word, daarom word ek gesond!”

(Mark. 16:18).

SATAN TREE VOLGENS SY KARAKTER OP.

Joh. 10:10: Die dief (duiwel) kom net om te steel en te slag en te verwoes. 1 Pet. 5:8: Wees nugter

en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie

hy kan verslind. Joh. 8:44: Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil

julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat

daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n

leuenaar is en die vader daarvan.

Ons sien dat hy `n dief, rower, moordenaar en leuenaar is en dat daar geen waarheid in hom is nie – die oomblik

wanneer hy sy mond oop maak vertel hy `n leuen! Hy het geen respek vir ouderdom, ras, nasie of persoon nie.

Hy dwaal rond met `n passie, `n brandende begeerte om te steel, dood te maak en te vernietig en sy hoofdoel is

om God en Sy mense te weerstaan en uit te daag, wanneer en waar hy ookal kan!

Die karakter van God en die van die duiwel is volkome TEENOORGESTELDES. God begeer om te red, te

genees, aan te moedig, te herstel en te sien dat jy geseën word! God wil hê dat jy DIE WAARHEID aangaande

HOM ken en oor die vyand, want kennis van die waarheid maak ons vry! (Joh. 8:32).

Kennis help ons om Satan se strategieë te herken en daarvolgens te reageer.

2 Kor. 2:10b en 11: … sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie; want ons is met sy

planne nie onbekend nie.

Spr.11:9…. deur KENNIS word die regverdiges gered.

2 Pet. 1:2 en 3: Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die KENNIS van God en

Jesus, onse Here!

Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die

KENNIS van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug.

Jes. 33:6: En daar sal bestendigheid van jou tye wees, 'n rykdom van volle verlossing, van

wysheid en KENNIS ….

Hosea 4:6: My volk gaan te gronde weens gebrek aan KENNIS; omdat jy die KENNIS verwerp

het, sal Ek jou verwerp.

GOD KAN NIE ONKUNDE SEËN NIE. ONS HET DIE KENNIS NODIG WAT HY AAN ONS IN SY WOORD

GEGEE HET.

Van die fisiese wêreld word daar dikwels gesê dat dit wat ons nie weet nie ons nie skade sal doen nie, maar

wanneer dit by die geestelike wêreld kom, is dit `n heel ander storie, WAT JY NIE WEET NIE SAL JOU

VERNIETIG!

Ons sien dus uit God se Woord dat Gelowiges kennis nodig het, insluitend kennis van Satan en sy planne!

Wanneer ons weet wie die duiwel werklik is en hoe hy te werk gaan, sal ons met verontwaardiging aan die

binnekant opstaan en gevolglik meer effektief raak in ons strategie teen hom. Hy sal weer aan die anderkant

alles probeer om homself te vermom en na die onskuldige party lyk!

Ons weet dat hy,Lucifer, die gevalle engel was, wat as gevolg van sy trots tot `n val gekom het. Hy haat alle

Gelowiges omdat hy soos God wou wees, en nou is die mens na Sy beeld geskape. Om dit nog te vererger, is

Gelowiges in Jesus die gesag in Sy Naam gegee, om as konings oor ons omstandighede te heers, en ons sal ook

saam met die Here in die ewigheid heers. Hy sou begeer, as dit moontlik was, om ons almal volkome te

vernietig.

Satan haat die WAARHEID en daar is geen waarheid in hom nie. As Gelowiges behoort ons die waarheid lief te

hê, die waarheid te spreek en in die waarheid te leef. Die enigste waarheid is die Woord van God en JESUS is die

WAARHEID omdat Hy die Lewende Woord is, daarom behoort ons die Woord van God LIEF te hê en die Woord

van God te KEN. Dit is slegs deur die Waarheid van God se Woord, dat ons by magte kan wees om die duiwel

effektief en suksesvol te kan weerstaan.

Wanneer Satan sy mond oop maak spreek hy leuens. LEUENS KAN NIE DIE WAARHEID VERANDER NIE,

MAAR DIE WAARHEID KAN LEUENS VERANDER!

Satan is net `n gevalle engel!

Hy is nie ALMAGTIG , maar ons God is! Satan se enigste karaktertrekke is misleiding, namaaksels, korrupsie en

perversie – hy kan niks skep nie, maar hy kan net bederwe en vernietig.

Hy is nie ALOMTEENWOORDIG, maar ons God is! Satan swerf rond soos `n brullende leeu en probeer altyd

om mense te verslind!

Hy is nie ALWETEND, MAAR ONS God is! Satan sal probeer om jou wys te maak dat hy almagtig is, maar deur

die kennis van God se Woord weet ons wie hy werklik is!

Hy kan nie jou gedagtes lees nie, maar sal probeer om gedagtes in jou denke te plaas. Hy weet wat jy dink net

wanneer dit by jou mond uitkom of deur jou optredes en reaksies.

OORKOM DIE DUIWEL SE AANVALLE:

(1) HERKEN DIE AANVAL AS KOMENDE VAN SATAN.

Die eerste en belangrikste aspek van `n demoniese aanval is vir jou om te besef dat jy aangeval word en dat dit

van die duiwel af kom! Dit klink so vanselfsprekend, maar ons is so geprogrammeer om te dink dat iets of

iemand anders die oorsaak is van die ramp of probleem waarmee ons te doen het. Die duiwel verlustig hom in

sy vermoë om ons te mislei, sodat ons die blameer spel speel, deur die blaam iewers anders te plaas terwyl hy die

werklike opstoker is! Ons lees egter in 2 Kor.2: 10b en 11: sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou

word nie; want ons is met sy planne nie onbekend nie. Paulus, God se magtige Apostel, skryf oor sy

vasberadenheid in sy geveg teen die vyand en sy voorbeeld is presies die manier hoe ons moet reageer wanneer

ons aangeval word. 1 Kor. 9:26: Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die

vuis soos een wat nie in die lug slaan nie (skaduboks) .

2 Kor. 10:3 en 4: Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees

nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik (vlees en bloed) nie, maar kragtig deur God

om vestings neer te werp. Satan val aan met vrees, twyfel, ongeloof, depressie, bekommernis, verwerping,

siekte en verwarring, hy veroorsaak ook verhoudings probleme. Dit is noodsaaklik vir jou om te besef dat jy

onder die vyand se aanval is en jouself daaraan te herinner dat jou geveg nie teen “vlees en bloed” is nie! Met

ander woorde, dit help glad nie om met jou vrou/man, jou baas, jou werksmaat, jou ouers of enige ander

persoon te veg nie, wanneer dit eintlik die duiwel is, wat jou deur hulle uitlok om jou so ver te kry om nie

geestelik op te tree, wat veroorsaak dat jy in die “vlees” reageer. Hy wil hê dat jy teen vlees en bloed moet veg,

dit is sy hele doel, terwyl hy in die agtergrond skuil en die situasie aanhoudend aanpor! Moenie toelaat dat hy

jou om die bos lei nie! Jy sal nie die geveg wen nie, tensy jy oorlog voer teen die werklike vyand, wat demoniese

magte is wat teen jou of jou geliefdes opgestel is! Onthou dat dit `n geestelike geveg is waarin jy veg en NIE `n

fisiese een nie! Herken dit aan die begin. Ek kan dit nie oorgenoeg beklemtoon nie! Meeste mense verloor die

geveg reeds in die begin, omdat hulle onmiddellik in die “vlees” reageer wanneer `n aanval kom, en verloor dan

Satan se groter beeld uit die oog!

Wanneer met fisiese siekte gedeel word, moet jy in gedate hou dat God sekere natuurwette ingestel het, en as

ons dit nie volg nie, sal ons die gevolge dra en kan die skuld nie op die duiwel geplaas word nie. As voorbeeld:

die dwelmverslaafde kan nie die skuld vir sy verskaffer en sy wanfunksionerende liggaam op die duiwel plaas

nie, so ook nie die roker of alkoholverslaafde nie! God het aan jou `n vrye wil gegee!

ONTHOU ALTYD OM NOOIT MEER VAN DIE DUIWEL AS VAN JESUS TE PRAAT NIE, EN OM NOOIT MEER

AANDAG AAN DIE DUIWEL TE GEE AS WAT JY AAN JESUS GEE NIE.

(2) HERINNER JOUSELF AAN WAT JESUS OP GOLGOTA GEDOEN HET.

Die tweede stap nadat jy besef het dat jy onder demoniese aanval is, is om die volle vesekering in jou hart te hê

dat Jesus reeds alles aan die kruis op Golgota verkry het, wat nodig is om Satan te verslaan! Onthou dat Jesus

die volle prys betaal het en gevolglik wanneer jy die duiwel in Sy Naam bestraf en weerstaan, kom jou God

gegewe gesag in werking in enige soort situasie. Dit sal verseker in jou hart manefisteer as moed wanneer jy

die duiwel weerstaan!

Jesus het die duiwel se werke vernietig, en jy sal die feit moet glo!

1 Joh. 3:8: Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die WERKE VAN DIE DUIWEL TE

VERBREEK. Jesus het oor Satan en al sy owerhede en demoniese magte getriomfeer op Golgota. Dit is nodig

dat jy dit in jou hart weet, sodat jou optrede in ooreenstemming daarmee is!

Kol. 2:15: Nadat Hy (Jesus) die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar

tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het (Die kruis).

Jesus het die wêreld en sy sondes oorwin en jy moet nooit vir `n oomblik daaraan twyfel nie!

Joh. 16:33: In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld

OORWIN.

Jesus het aan ons `n Nuwe Verbond gegee toe Hy op Golgota gesterf het, `n beter Verbond as die ou Verbond,

wat mense onder die Wet geplaas het. Hy het ons losgekoop van die vloek van die Wet sodat ons die seëninge

van Abraham mag ontvang!

Gal. 3:13: Christus het ONS LOSGEKOOP van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word­­

want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang. Die Vloek het ewige verdoemenis,

liggaamlike siekte en armoede in gesluit. Jesus Christus het ons van dit alles verlos! Maak seker dat jy bewus

is van al die seëninge wat tot jou beskikking is as `n gehoorsame Gelowige in Jesus. Lees Deut. 28:1 –14.

WEET WAT JY IN CHRISTUS HET EN WIE JY IN CHRISTUS IS:

Meer as `n oorwinnaar (Rom. 8:37).

`n Nuwe skepsel (2 Kor. 5:17).

`n Kind van God (Joh. 3:16).

Geseënd(Gal. 3:9).

Genees (1 Pet. 2:24).

Die geregtigheid van God (2 Kor. 5:21).

Christus se ambassedeur (2 Kor. 5:20).

Lig van die wêreld (Matt. 5:14).

`n Uitverkore geslag (1 Pet. 2:9).

`n Koninklike priesterdom (1 Pet 2:9).

Herinner jouself aan hierdie Sktifte en vernuwe jou denke volgens die Woord van God, bring dit in

ooreenstemming met jou vernuwende gees as `n Gelowige sodat jy die moed het wat nodig is vir oorlogvoering.

(3) STAAN OP VAN BINNE

Laat toe dat heilige woede, geregverdigde verontwaardiging binne­in jou opstaan! Hoe durf die vyand op jou

terrein en binne­in jou gebied kom en verwoesting saai? As jy nie plek aan hom gegee het nie en geen deure vir

hom geopen het nie, het hy geen reg om te probeer om jou gesondheid, jou besittings, jou gesin, jou vrede, jou

vreugde en enig iets anders wat hy in gedagte het, te vernietig nie! Jesus het heilige woede gehad toe Hy die

handelaars en geldwisselaars met `n sweep uit die Tempel gejaag het (Matt. 21:12).

AGRESSIEWE OORLOGVOERING is dikwels nodig. Die duiwel weet wanneer jy besigheid bedoel en is

vasberade om nie op of in te gee nie! Ons oorwin hom deur geloof en volharding! Ek kan so baie getuienisse van

oorwinning oor die duiwel se aanvalle deel, deur eenvoudig die stadium te beryk deur te sê: “So ver en niks

verder nie! Jy is `n verslaande vyand en ek weier om jou toe te laat om langer van my te steel en te vernietig dit

wat myne is! Ek beveel jou in die Naam wat bo alle name is, die Naam van Jesus om weg te gaan en ek verklaar

dat geen wapen wat teen my en my gesin gesmee word voorspoedig sal wees nie!!!” (Jes. 54:17).

Jy moet jou volledige wapentuig gebruik soos in Hoofstuk 4 beskryf is, veral jou Swaard van die Gees, wat DIE

WOORD VAN GOD is. Volg die voorbeeld van Jesus in die woestyn, jy moet Satan weerstaan met die Woord en

vir hom sê: Daar is geskrywe…!! (Luk. 4:8 ). Jou hart is die skede. Jy trek die swaard (die Woord van God)

uit sy skede deur te sê: Daar is geskrywe, en steek deur middel van jou mond. Spreek die Skrif wat van

toepassing is op jou omstandighede.

Jy moet egter verstaan dat dit vir jou glad nie moontlik sal wees om met die swaard te steek, as dit nie in sy

skede is wanneer jy dit moet trek om te gebruik nie! Met ander woorde: AS DIE WOORD VAN GOD NIE IN

JOU HART IS NIE, SAL JY DIT NIE KAN UITHAAL EN GEBRUIK OM SATAN TE VERSLAAN

NIE. Dit is presies waarom so baie Gelowiges deur die vyand plat geloop word. Hul gebrek aan oorwinning is

te danke aan hul gebrek aan kennis van die Skrif, omdat hulle nie tyd neem of `n poging aanwend om DIE

WOORD VAN GOD TE LEER KEN NIE. Laat ek jou aanmoedig deur te sê dat die tyd wat jy spandeer om die

Woord van God te leer, is `n tyd wat goed belê is. God se Woord is van die uiterste belang, omdat dit ewig is, dit

is lewend en deurslaggewend vir ons bestaan, verder gee dit ook vir ons OORWINNING OOR DIE VYAND!

Jy moet `n positiewe stand inneem in jou gedagtes, gesprekke en optrede!

JY handhaaf jou eie bevryding en oorwinning.

JY moet opstaan teen die vyand.

Jou predikant en pastoor kan net soveel doen – jou posisie van oorwinning hang van JOU af!

Onthou net dat die duiwel weet wanneer jy weet wie jy in Christus is, hy is ook bewus van die feit dat die Groter

Een in jou woon! (Joh. 4:4). Onthou dat jy die temple van die Heilige Gees is.

(3) BESTRAF DIE VYAND, WEERSTAAN DIE DUIWEL.

Bestraf sy werke deur gesag daaroor te neem; spreek dit aan, slaan daarna met die Woord.

Weerstaan die duiwel deur `n ferm stand teen hom in te neem, maak egter eers altyd seker dat jy ten volle aan

God onderwerp is.

Jak. 4:7: Eng. baie duidelik: Be subject with implicit obedience to God at once and for all. Stand

immovable against the onset of the devil and he will flee from you (Wuest’s Vertaling). Afr.

Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

1 Pet. 5:8 en 9: Wees nugter en waaksaam … hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof.

Ons Bybel se bevele aangaande ons handeling met die duiwel is as volg:

(1) Bind hom (Matt. 12:29, Matt. 16:19).

(2) Dryf hom uit (Mark. 16:17).

(3) Trap op hom (Ps. 91:13).

(4) Weerstaan hom (Ef. 6:13, Jak. 4:7).

(5) Gee aan hom geen plek (Ef. 4:27).

Om effektief te wees, moet hierdie bevele op jou hart en in jou gedagtes gegraveer wees en dan deel van jou

daaglikse lewe word!

DIT IS SLEGS WANNEER JY `N DADER VAN DIE WOORD WORD DAT DIT VIR JOU SAL WERK. Dan is jy

`n toepassings Gelowige volgens Jesus in Mark. 16:15­20.

DIE FINALE WOORD.

Die boek Job gee ons `n duidelike prentjie van `n regverdige man wat onder die duiwel se aanval kom. Ons lees

die verhaal van Job se leiding deur die aanhoudende aanval deur Satan. Job was egter heel onbewus daarvan dat

dit die duiwel was wat die smart veroorsaak het en hy het “sy lot” passief aanvaar, want hy het gedink dat dit

God was. Ons lees in Job2:7: En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy

het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel. Ons lees ook Job se berou toe hy besef

het dat hy verkeerdelik gedink het dat God die skuldige was, en Job sê in Job 42:5­6: Volgens hoorsê

het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Daarom herroep ek en het berou in stof en

as. Toe het Job vir sy vriende begin bid en hierdie pragtige onselfsugtige handeling, het die vrug van verlossing

voort gebring, want ons lees in Job 42:10: En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy

vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.

(Lees die wonderlike storie van Job in ons boek “Die Christen en Job”) .

Paulus, wat steeds die Gelowiges oor die onderwerp van geestelike wapens geleer het in Ef.6:18, het hulle

aangemoedig om dieselfde as Job te doen, nl. om vir ander te bid. Ons lees dit in Ef.6:18: terwyl julle met alle

gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en

smeking vir al die heiliges. Ons sien dat dit bevestig word en daarom vorm dit `n baie belangrike deel van hoe

om ons “gevangeniskap” te draai, of om te keer, dit is om ons oë van ons eie probleme en aanvalle af te kry, en

vir iemand anders te bid wat gebed nodig het. Dit is die oomblik wanneer God jou omgee en genade vir ander

sien en in jou situasie onderneem, deur die seëninge te verdubbel!

EN LAASTENS!

Wanneer jy alles gedoen het wat jy weet om te doen, bly daar een laaste, maar die belangrikste faktor in

geestelike oorlogvoering oor en dit is om te STAAN! Van hierdie belangrike deel praat Paulus ook, wanneer hy

ons wapenrusting en wapens opnoem in Ef.6. Hy sê: Daarom, neem die volle wapenrusting van God

op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het,

staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van

die geregtigheid aan ( Ef. 6:13­14).

NADAT ALLES GEDOEN IS STAAN, STAAN DAAROM!!!!

Die enigste manier hoe die duiwel `n oorwinning oor jou kan verkry, is as jy besluit dat alles te veel vir jou is en

jy besluit om te gaan lê! Jy gee toe! Jy gee oor! Alhoewel ons almal van tyd tot tyd voel om uit moeilike situasies

te onttrek, moet jy van die vloer van daardie bokskryt af opstaan en jou opponent reg in die gesig staar! Selfs as

jy een of twee rondtes verloor, klim terug in daardie kryt en volhard; en as gevolg van Jesus se oorwinning oor

die vyand, wen jy die geveg, in Hom! Halleluja! Staan en volhard! VOLHARDING OORKOM WEERSTAND!

9

SATAN AAN DIE EINDE.

Die Bybel is baie duidelik aangaande wat Satan se finale einde sal wees, en ons lees hiervan in Openbaring 20.

Openb. 20:1­3: En ek het 'n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en

'n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan

is en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en

dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is

nie. Daarna moet hy dan 'n kort tydjie ontbind word. God het `n bepaalde rede waarom Hy toelaat dat

die duiwel na `n duisend jaar bevry word; daarna is sy ondergang vir ewig verseël! Ons lees verder van verse 7­

10 van Openb. 20:

En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;

en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die

Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.

En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde

stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.

En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die

valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid (Openb. 20:7­10).

Satan is wel deeglik bewus van sy onvermydelike uiteinde en dit is waarom ons vandag sy wilde bedrywighede

rondom ons in die wêreld sien. Die tekens van die tye skreeu na ons uit van elke gebied, bevestiging dat Jesus se

koms naby is! Toe Jesus se dissipels Hom die vraag gevra het wat die tekens sou wees voor Sy wederkoms, het

Hy hulle geantwoord, en ons lees wat Hy vir hulle gesê het in Matt.24 en Luk. 21 . Laat ons Mattheus se verslag

eerste lees.

Matt. 24:3 ­14: En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê:

Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die

voleinding van die wêreld? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei

nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles

moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander opstaan

en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en

aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte.

Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle dood maak; en julle sal deur al die nasies

gehaat word ter wille van my Naam. En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai

en mekaar haat. En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. En omdat die

ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die

einde toe, hy sal gered word. En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die

hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

Matt. 24:36­44: Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele

nie, maar net my Vader alleen. En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die

Seun van die mens wees. Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet

en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan

het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook

die koms van die Seun van die mens wees. Dan sal daar twee op die land wees; die een word

aangeneem en die ander word verlaat. Twee vroue sal by die meul maal; die een word

aangeneem en die ander word verlaat. Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here

kom nie. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy

gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. Daarom moet julle ook gereed

wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.

Ons lees `n soortgelyke verslag van die kenmerkende tekens in Luk. 21:

Luk. 21:7 ­11: En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken

wanneer dit gaan gebeur? En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal

onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.

En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet eers

plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie. Toe sê Hy vir hulle: Die een nasie sal teen die

ander opstaan en die een koninkryk teen die ander. En daar sal groot aardbewings op

verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot

tekens van die hemel kom.

Luk. 21:25­28: En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid

van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk

van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele

sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en

heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle

verlossing naby is. Jy kan redeneer dat daar deur die jare altyd oorloë en aardbewings, hongersnood en

woeste seë ens. was en dit is waar, maar nooit met so `n intensiteit en gelyktydig soos nou nie!

Die Bybel lig ons ook in dat wanneer Israel weereens`n Nasie in haar eie land sal word, sal die geslag wat

gedurende daardie tyd leef weet dat die koms van die Here Jesus baie naby is! Die Bybel verwys na Israel as die

“vyeboom” wat weereens sal bloei, en Israel het weer `n Nasie in Mei 1948 geword. `n Nasie met `n herrese

monitêrestelsel (die shekel), `n herrese taal (Hebreeus) en `n weermag waarmee rekening gehou moet word!

Matt. 24:32­35: En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy

blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge

sien, dat dit naby is, voor die deur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie

verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar

my woorde sal nooit verbygaan nie. (Hierdie Skrifgedeelte word in Mark.13:28­31 herhaal).

Ons kan nie teen die waarheid van God se Woord stry nie, ons kan slegs waaksaam wees vir hierdie

waarskuwingstekens en dan oplet en bid!

Sy waarskuwings eindig egter nie daar nie, want Hy vertel uitdruklik hoe die mens sal optree gedurende die tyd

wanneer hierdie tekens sal plaasvind in die wêreld, en ons lees dit in 2 Tim.3: 2­4: Want die mense sal

liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam

aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde (seksuele perversie) ,

onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers,

roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God. Is dit nie presies wat ons

vandag om ons sien gebeur nie?

Aan baie van hierdie sondes wat God verafsku is “aantreklike” name gegee, om nie die skuldiges aanstoot te gee

nie. Prostitute is nou “seks werkers”, “vermaaklikheidsplekke” was van te vore dobbelplekke en bordele genoem.

Homoseksueles en Lesbiërs is nou bekend as “gays”, wat so aangenaam en skadeloos klink. Mense Regte is aan

kriminele en bendelede gegee, wat die onskuldiges van hul Mense Regte beroof. Dit is dikwels die mense na wie

ons in tyd van nood en probleme behoort te gaan, wie in werklikheid misdaad en korrupsie steun en daaraan

deel het! Hierdie is alles tekens van die eindtye en die werke van Satan self! Hy rig homself uiteindelik op as die

Antichris en flous almal wat agter gelaat is, na die Kerk van ons Here Jesus Christus weggeraap is (in die wolke

opgevoer word om Jesus in die lug te ontmoet), en saam met Hom gegaan het na die Bruilofsfees van die Lam.

Daar moet daardie paradigma verskuiwing plaasvind, nl., waar die onskuldige as die skuldige voorkom en die

skuldige as die onskuldige vir mense om Satan, die Antichris, werklik as die “messias” te aanvaar. Die slegte

wat as goed voorkom; wat `n misleiding!

Moet egter nie ontmoedig word nie, in teendeel, ons moet ons verheug want Jesus bemoedig ons en spoor ons

met hierdie woorde aan: En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op,

omdat julle verlossing naby is (Luk.21:28). Ons hoef geen vrees vir die vyand te hê nie, maar ons moet

altyd verstandig bly vir sy planne en teikens, asook vir sy eindelose slinksheid. As ons aanhou om die Here Jesus

te dien, in gehoorsaamheid aan ons liefdevolle Hemelse Vader wandel en seker maak dat ons altyd gereed is vir

die koms van Jesus om ons te kom haal, het ons `n ongelooflike ewigheid om te verkry!

Ten slotte het ons Bruidegom die laaste sê aan die einde van die Boek Openbaring, en ons lees Sy Woorde

aangaande die finale gebeure; laat ons hulle met opgewondenheid en afwagting in ons hart aanhoor!

Openb. 22:11­21: Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog

vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Ek is die

Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Salig is die wat sy gebooie

doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die

afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. Ek, Jesus, het my engel gestuur om

hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid,

die blink môrester. En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat

hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by

hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy

deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in

hierdie boek geskrywe is. Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!

Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

WEET JY WANNEER JOU TIENER IN GEVAAR IS?

Wesley Kimball het heen en weer oor die vloer geloop terwyl hy sy kop geskud het. Terwyl hy na die foto`s van sy krulkop

dogter op die rak kyk herhaal hy weereens: “Ek kan nie verstaan wat aangegaan het nie. Ek kan nie glo dat sy in die duiwel

was nie. Sy het alles en almal lief gehad.”

Polisie wat haar selfmoord ondersoek het, het glad nie sulke vaderlike illusies gehad nie. Hulle het die patroon al te dikwels

gesien. Michele Kimball, gewilde 15 jarige tweedejaarstudent, wat haar vader as “borrelend en vol lewe” gesien het, het

ook `n donker en geheime kant gehad.

Die Duiwel Aanbid.

Haar selfmoord nota laat geen twyfel in enigeen se gedagte nie­ behalwe haar versotte ouers: Sy het geskryf dat sy “in die

duiwel geglo het en die duiwel aanbid het en dat dit iets is wat haar ouers nie sou verstaan nie maar sy wil hê dat hulle moet

probeer verstaan,” volgens Vermont Staats Polisie Lt. Dean George.

Michele se saak is net een van baie. Sean Sellers, 17 jarige veroordeelde moordenaar het blykbaar betrokke geraak in

Satanisme deur “Dungeons and Dragons.”

Kort gelede het `n tiener aan die Ooskus sy moeder vermoor en daarna homself en hy het verklaar dat “Satan vir hom gesê

het om dit te doen.”

In Des. 1987, is twee tieners aangekla dat hulle `n 19 jarige seun in `n satanistiese ritueel dood gemaak het. Die lys gaan

aan en aan.

In die laaste vyf jaar, moes die polisiedepartement die werklikheid in die gesig staar van sataniese betrokkenheid by

misdade en selfmoorde, wat hulle ondersoek het. Groot polisiedepartemente het eenhede wat spesialiseer in okkultiese

ondersoeke. Seminare word gehou om die ondersoekers te leer waarna om te soek.

Maar wat van die ouers? Wie leer hulle waarna om op te let om die misdaad of selfmoord te keer voordat dit gebeur?

1. Onttrekking van familie en vriende.

“Dream Evil”

2. Meer tyd spandeer na die luister van “Heavy Metal Rock” musiek – veral daardie groepe wat by Satanisme betrokke is.

Michele se ouers het min aandag daaraan gegee dat sy aanhoudend musiek in haar vrolike kamer in die groot wit huis

gespeel het. Indien hulle deeglik opgelet het, sou hulle gesien het dat die kasetbande op haar stereo alles “heavy metal”

musiek met sataniese ondertone was: Wasp, AC/DC, Metal Church, White­snake, Black Sabbath en Dio. En die

bewyse was nie subtiel nie. Teen haar kamer se muur was `n foto van Dio met die woorde “Dream Evil” oor dit.

3. Belangstelling in okkultiese litteratuur. Baie tieners begin om hul eie “Book of Shadows” te maak. Dit kan net `n

spiraal notaboek wees wat hul eie rituele bevat, dikwels in kode geskryf. Die verflenterde boek van Psalms in Michele

se kamer, kon `n opgeleide waarnemer se oog gevang het. Aangesien sy nie so betrokke by die kerk was om die boek

so baie te gebruik nie, is dit waarskynlik gebruik vir rituele “chants”, waar die verse agteruit gesê is.

4. Skielike belangstelling verloor in die kerk en die Bybel.

Toename in Rebellie

5. Toenemende rebellie, depressie, aggresiewe gedrag, daling van punte by die skool, probleme om te konsentreer.

6. Ongewenste vriende. Die sterkste invloed op `n tiener is sy ouderdomsgroep. Michele se kontak met die okkult het

blykbaar gekom van haar 16 jarige seunsvriend. Haar ouers het hul verbied om uit te gaan as gevolg van haar

ouderdom, maar hulle het mekaar gereeld by die skool gesien. Dit was in sy huis dat sy die geweer teen haar kop

gedruk het in `n selfmoord pak met hom. Sy het dadelik gesterf. Hy het net `n gekneusde kop gekry. Michele se ouers

was bewus van die negatiewe invloed van die seunsvriend, maar het haar nie gelei na gevestigde Christus gesentreerde

vriendskappe nie.

Altare in Hul Kamers

7. Toenemende betrokkenheid in fantasie speletjies soos “Dungeons and Dragons” (D & D). Ouers kan nie langer hul

kinders aan die gemeenskap toevertrou nie. Die atmosfeer van ons kultuur is nie meer reg nie, maar word vinnig

okkulties. Dit deurtrek die TV, films, speletjies en selfs skoolonderwerpe, besigheids motiverings kursusse en

gesondheids en fiksheids oefeninge.

8. Rangskikking van okkultiese dinge soos bene, kopbene, rituele messe (gewoonlik met uitgekerfde hewwe of skedes),

kerse, ens. Tussen Michele se goed was `n klein messie met `n ingewikkelde skede (wat haar vader gesê het net `n

snuistery was wat sy in Florida gekry het), `n perd se kopbeen ( veronderstellend `n stut van `n “Halloween” partytjie),

`n skeermes en `n hout kruis, alles dinge wat verband hou met okkultiese praktyke. Party tieners plaas altare in hul eie

kamers.

Oop Deure

Verskeie dinge staan uit in hierdie tragiese verhaal. Eerstens was die atmosfeer van die huis nie geestelik en op die Bybel

gesentreer nie. Sonder `n agtergrond in Bybelse bevele aangaande die handel met familiêre geeste, Satan en afgods

aanbidding, sal tieners of hul ouers nie bewus wees van die geveg vir hul siele nie. Daar is baie oop deure waardeur

okkultiese magte (demone) toegang kan verkry om `n tiener se lewe te beïnvloed. Rock musiek is `n hoof moderne deur.

Dit is duidelik dat Michele diep opgeneem was in die mees boosaardigste bose tipe, “heavy metal”. Teen haar kamermure

was die oortuigendste bewys, maar haar ouers het dit nie as belangrik beskou nie.

Ouers wat nie sterk geestelike leiding in hul huise neem nie is in vir `n paar onaangename verrassings. Alle snuisterye,

voorwerpe soos messe, skedels en eienaardige boeke en tydskrifte wat op geweld, dood of geheimsinnigheid fokus, moet

ondersoek word. Hulle kan `n wenk wees tot `n oopdeur in die huis waardeur Sataniese invloede kan inkom.

Die belangrikste is om dikwels met jou tieners te praat. Praat met hulle oor Satanisme in hul skole. Vra hulle of hulle van

kinders weet wat in Satanisme of die okkult betrokke is.

Ten slotte wil ek ook graag aan jou `n punt uitwys van `n nuwe manier van dink, wat die gedagtes van die mense binneval

genaamd die NEW AGE. Dit is nou verbind met die okkult en elke Gelowige behoort KENNIS te verkry aangaande die

gevare daarvan. Kontak asseblief die Stanger Christelike Sentrum (Posbus 232, Ballito, 4420) vir meer inligting aangaande

die NEW AGE en sy verwoestende invloed op Christene.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!