Weekbrief 4 - Primêre Skool Fichardtpark

Weekbrief 4 - Primêre Skool Fichardtpark Weekbrief 4 - Primêre Skool Fichardtpark

fichies.co.za
from fichies.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

WEEKBRIEF 4 VAN 2013 1 Februarie 2013 1. AKADEMIE: 1.1 Nautiluskamp: Alle gr. 4-7-leerders word genooi om in te skryf vir die 1ste Nautiluskamp (Wiskunde) vir 2013. Dit vind plaas op 23 Februarie by JF Hoërskool. Die kostes beloop R140,00 per kind en sluit „n ligte middagete in. Inskrywingsgelde is betaalbaar by u kind se Wiskunde onderwyser, voor of op Vrydag, 15 Februarie. (Geen tjeks word aanvaar nie) 2. SPORT 2.1 Atletiek: Op Wo. 30 Januarie was dit ons Sone C-atletiekbyeenkoms en 82 van ons leerders het deelgeneem. Maandag, 4 Februarie is dit die Kloppers Prestige atletiekbyeenkoms op die stadion. Betrokke atlete wat gaan deelneem, het alreeds briefies ontvang. Die byeenkoms begin Maandagmiddag om 15:00. Vrydag, 8 Februarie is dit ons eie Fichies Prestige byeenkoms op die stadion, na skool, vir ons atlete wat tydens die Sone C byeenkoms gekwalifiseer het vir die Motheo Xhariep Kampioenskappe, asook enkele atlete wat addisioneel geïdentifiseer is. 2.2 Dogters krieket: (Gr. 2-4) Dogters se krieket begin eerskomende Woensdag, 6 Februarie. Tye: Elke Maandag en Woensdag van 14:00 – 15:00. (Let daarop dat die tye verskil soos in die huiswerkboekie) Kolwe word voorsien, bring net jou eie tennisbal, waterbottel en hoed saam. 3. KULTUUR. 3.1 VCSV: KANSA Relay 4 life - 16 Februarie 2013 Ouers en kinders wat wil saam stap, kan hulle name by juf. Tinka opgee. Dit is nie nodig om die HELE aand te stap nie. U is welkom om slegs ‟n gedeelte van die aand mee te maak. Stuur asb. vir ons ook die name van “survivors” van kanker. KANSA beskou enige iemand wat al die woorde: “Jy het kanker” gehoor het, as ‟n “survivor”. Ons benodig ook mense om ons te help met die versiering van die pakkies. Juf. Tinka – 0798795905. 3.2 Voortrekkers: Die inskrywings vir die kommandokamp sluit, Dinsdag, 12 Februarie. Die koste is R220,00 per kind. Geen laat inskrywing sal aanvaar word nie.

WEEKBRIEF 4 VAN 2013

1 Februarie 2013

1. AKADEMIE:

1.1 Nautiluskamp:

Alle gr. 4-7-leerders word genooi om in te skryf vir die 1ste Nautiluskamp (Wiskunde)

vir 2013. Dit vind plaas op 23 Februarie by JF Hoërskool. Die kostes beloop R140,00

per kind en sluit „n ligte middagete in. Inskrywingsgelde is betaalbaar by u kind se

Wiskunde onderwyser, voor of op Vrydag, 15 Februarie. (Geen tjeks word aanvaar nie)

2. SPORT

2.1 Atletiek:

Op Wo. 30 Januarie was dit ons Sone C-atletiekbyeenkoms en 82 van ons leerders het

deelgeneem. Maandag, 4 Februarie is dit die Kloppers Prestige atletiekbyeenkoms op

die stadion. Betrokke atlete wat gaan deelneem, het alreeds briefies ontvang. Die

byeenkoms begin Maandagmiddag om 15:00. Vrydag, 8 Februarie is dit ons eie Fichies

Prestige byeenkoms op die stadion, na skool, vir ons atlete wat tydens die Sone C

byeenkoms gekwalifiseer het vir die Motheo Xhariep Kampioenskappe, asook enkele

atlete wat addisioneel geïdentifiseer is.

2.2 Dogters krieket: (Gr. 2-4)

Dogters se krieket begin eerskomende Woensdag, 6 Februarie.

Tye: Elke Maandag en Woensdag van 14:00 – 15:00. (Let daarop dat die tye verskil

soos in die huiswerkboekie)

Kolwe word voorsien, bring net jou eie tennisbal, waterbottel en hoed saam.

3. KULTUUR.

3.1 VCSV: KANSA Relay 4 life - 16 Februarie 2013

Ouers en kinders wat wil saam stap, kan hulle name by juf. Tinka opgee. Dit is nie nodig

om die HELE aand te stap nie. U is welkom om slegs ‟n gedeelte van die aand mee te

maak. Stuur asb. vir ons ook die name van “survivors” van kanker. KANSA beskou

enige iemand wat al die woorde: “Jy het kanker” gehoor het, as ‟n “survivor”. Ons

benodig ook mense om ons te help met die versiering van die pakkies. Juf. Tinka –

0798795905.

3.2 Voortrekkers:

Die inskrywings vir die kommandokamp sluit, Dinsdag, 12 Februarie. Die koste is

R220,00 per kind. Geen laat inskrywing sal aanvaar word nie.

3.3 Valentynsokkie: Vrydag, 22 Februarie

Dis sommer om die draai – ons hou sokkie en speletjiesaand. Daar sal vooraf pakkette

teen R20,00 verkoop word. ‟n Pakket sluit in ‟n boereworsrol, blikkie koeldrank en jou

toegangsgeld. Leerders wat nie vooraf die pakket wil koop nie, mag ook die geleentheid

bywoon teen R10,00, betaalbaar by die deur.

Tyd: Gr. 1-4 17:00 – 19:00 en Gr. 5-7 19:00 -21:00.

3.4 Seëls: Gr. 2, 3 en 4: Dinsdag, 5 Februarie 2013 (15:00-16:00) in mnr. Massyn se

klas. Nuwe maats is welkom.

3.5 Snoepie:

Alle leerders wat in 2012 by Fichies gr. R of by ons laerskool was, het reeds gedrukte

kaarte wat by Sonja Pienaar by die kantoor beskikbaar is. U as ouer moet asb. u kind

stuur om die kaart MET die instruksies, hoe om die kaart op die webwerf te aktiveer, te

kom afhaal. Nuwe leerders moet ook op webtuiste: www.smarstwipesolutions.co.za

registreer.

Belangrik: Die e-pos met die “link” om ‟n wagwoord te aktiveer is slegs vir 24 uur

geldig. Ons vra dat u dit dadelik doen as u die e-pos na registrasie ontvang.

4. WERD OM TE WEET:

4.1 Studievergadering vir al ons studie-ouers:

Woensdag, 6 Februarie om 18:00 in die saal.

4.2 Onbekende inbetalings van studiegelde in die Trustrekening:

16 Jan. Fichie klub. R700,00

16 Jan. Cash dep. Branch. Studie 2012 en 2013. R670,00.

Die betrokke inbetalers moet onmiddellik vir mev. Magriet Marais kontak.

5. ALGEMEEN:

5.1 Verlore klere:

Ons is dringend op soek na ‟n KFC sportsak met nuwe blou en wit Gray Nicols Krieket

“spikes” en ‟n volledige stel sportklere daarin. Alles is duidelik gemerk – Rikus Allen –

gr. 6B. Dalk ontdek u dit tussen u kinders se klere. Hiermee wil ons ook ‟n beroep op

ouers doen om, indien u kind met ‟n ander kind se klere tuis kom, dit dadelik vir ons na

die kantoor te stuur. Kinders trek saam uit in die badkamers en pak baie keer mekaar se

klere in.

6. LIEF EN LEED:

Juf. Johanna Els – RO sterk tans tuis aan. Sy is steeds nog baie siek.

Personeel wat verjaar:

Sa. 2 Febr. Juf. Rika Stevenson – gr. 3R

So. 3 Febr. Mev. Yolandé Steenkamp – sangjuffrou.

Ma. 4 Febr. Mnr. Hennie Botha – gr. 7A

Vr. 8 Febr. Tannie Lindie by die snoepie

7. Weekbrief ook beskikbaar op die webblad: www.fichies.co.za.

8. GEDAGTE VIR DIE WEEK:

“Moenie dink hoe jy jou tyd gaan benut nie – gebruik dit.”

Vriendelike groete

JOHAN DU PREEZ:

PRINSIPAAL

Veilig, Pragtig en Sorgsaam

Om aan te sluit skakel Jenny 079 225 5090. Woonbuurte bestuurder

Wil u graag ‟n veilige woonbuurt hê?

Wil u graag in ‟n pratige omgewing woon?

Is dit belangrik dat almal saam in Fichardtpark die doelwitte bereik?

Wil u geld spaar terwyl u uitstekende diens ontvang?

Sluit vandag by Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie aan.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!