02.05.2013 Views

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Romeine 11:11 Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot

die heidene gekom om hulle jaloers te maak.

11:12 En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle

volheid dit nie wees nie!

11:23 Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.

11:24 Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan

word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?

As deel van die Tien Gebooie lees ons:

Exodus 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

Dit was vir honderde jare die “Christen” ding om te doen om valse gerugte oor die Jode te versprei. Deesdae maak

die wêreld media, die V.N. en Islam dit hulle plig om valshede oor Israel te versprei. Ons mag nie deel daaraan hê

om valse stories oor die Jode te versprei nie. Van al die volke in die wêreld het die Jode meer bygedra tot die

wetenskaplike ontwikkeling wat ons in die moderne tegnologiese era laat woon, as enige ander mense. Sien my

boekie “Israel is God’s Timeline” wat binnekort gaan verskyn.

7. Herstel beklemtoning: Herstel van die Eerste Volke van die Land

Die proses van herstel van die eerste volkere tot die oorspronklike geloof van die mensdom, voor die rebellie van

Nimrod, die bouer van die toring van Babel, is iets wat al vir heelwat jare wêreldwyd aan die gang is. Dit gebeur ook

nou onder die San en Khoi mense soos wat hulle Jesus (Yeshua) as hulle saligmaker ontvang en hulle die sondes van

okkultiese aanbidding van hulle voorvaders bely. Slegs lede van hierdie volkere kan die vloeke wat deur hulle

voorvaders uitgespreek was en die verbonde wat genoemde voorvaders met demoniese geeste gemaak het, verbreek.

Ander volkere kan nie hierdie gebedsdeurbrake namens hulle maak nie! Sien Daniël hoofstuk 9:3-9.

9:3 En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.

9:4 En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en

die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou,

9:5 ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge

afgewyk.

9:6 En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders

en tot die hele volk van die land nie.

9:7 Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van

Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U

hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het.

9:8 Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons

teen U gesondig het.

9:9 By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan.

Daniël het hier nie net sy eie sondes bely nie, maar wel die van die hele huisgesin van Juda sowel die “verlore

stamme.”

Besonderhede van hierdie proses is buite die bestek van hierdie artikel, maar leser kan gerus Retha Venter se boek

oor die onderwerp lees “God se eindtyd Profetiese Plan vir die Bruin Mense van Suider-Afrika”, uitgegee deur Hardisa

Media, sowel as die gebeds briewe van Kanaan Bedieninge, Elizabeth Jordaan en die Jerigo Mure gebeds netwerk, om

meer inligting te kry.

As u o leser nie weet van hierdie bedieninge nie, dan weet u glad nie waarmee God in ons land besig is nie ongeag

u denominasie of Torah posisie!

8. Herstel beklemtoning: Herstel van die identiteit van die stamvaders van ons volk

Wat kan vanne vir ons vertel?

Kom ons kyk na sekere vanne:

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!