02.05.2013 Views

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ongelukkig kan ‘n mens nie net bedank uit hierdie organisasie nie. Die eed van getrouheid bly steeds van krag en dit

gee die duiwel ope toegang tot die lewe van ‘n voormalige lid. Die eed moet gebreek word in gebed gepaard met

belydenis van sonde! Vir meer inligting hieroor gaan na http://www.kanaanministries.org

B.

Wat beteken hierdie verse uit 2 Kor 6:14-17 nie?

Maar, indien ons beweer dat ons nie mag vergader of saamloop nie met iemand anders:-

- wie se sondes vergewe was op grond van bekering

- en aanvaarding van hulle redding deur die uitgestorte bloed van die Messias, die Lam van God –

dan is ons in die moeilikheid!

Verskillitjies oor die uitspraak wat hulle gebruik van Messias se Naam, bv. Jesus of Yeshua of Yehoshua, of watter

Naam hulle gebruik, of verskille oor doop of styl van aanbidding, sluit hulle nie uit om deel te wees van die Bruid van

die Messias nie.

Ons stel dus op hierdie wyse die leerstellings van mense op ‘n hoër vlak as ons verhouding met Elohim (God) en

ons mede gelowiges, wie ook lede is van die Liggaam van Messias is, en ons breek talle opdragte in verskeie

verse in die skrif om dit te regverdig!

Johannes 15:12 Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

Jn 15:19 As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek

julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.

Jn 15:17 Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.

Jakobus 2:8-10 As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself--dan

doen julle goed.

2:9 Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.

2:10 Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.

Jak 4:10,11 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

4:11 Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek

kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie 'n dader van die wet nie, maar 'n regter.

Jak 4:16, 17 Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.

4:17 Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.

1 Johannes 2:9-11 Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.

2:10 Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie.

2:11 Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat

die duisternis sy oë verblind het.

6. Waar val die Jode in hierdie “nie-saamjuk” gebod?

Hulle is die uitverkore volk wat die beloftes ontvang het van Elohim (God) deur Abraham, Isak en Jakob, en dus deel

is van God se gesin. Meeste van hulle is vasgevang in Rabbiniese Judaisme wat die leerstelling van die Rabbis is en nie

van God afkomstig is nie, gemeng met Kabbalistiese Babiloniese okkultisme, en nie die woord van God in die Torah

nie. Oor die laaste 2000 jaar is derduisende van hulle vermoor in die naam van die Christen geloof wat hulle baie sku

maak vir enige gesprek oor ons Messias.

Ons taak is om hulle te bevriend sodat hulle die evangelie in ons lewens kan sien, vir hulle te bid, en hulle te

beskerm wanneer die verdrukking begin plaasvind. Honderde van hulle kom tans tot ‘n kennis van hulle Messias en

wanneer die tyd reg is moet ons meer oor hom deel. God het vir Abraham beloof aangaande sy nageslagte:

Genesis 12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van

die aarde geseën word.

Ons durf nie sleg praat van die afstammelinge van Abraham, Isak en Jakob nie want God het beloof om diegene te

vervloek wat hulle afstammelinge vervloek. Die skrif in Ezegiël gaan nog vervul word dat die Jode, die Israeliete en

ons saamgevoeg gaan word in een bruid vir ons Messias.

Esegiël 37:19 sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van

Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk

hout maak; en hulle sal een word in my hand.

37:20 So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë;

37:21 en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle

getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land.

37:22 En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en

hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!