02.05.2013 Views

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

6:16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos

God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.

6:17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle

aanneem;

A.

Wat beteken hierdie verse?

Ons word geleer in die skrif dat ons nie saamgejuk mag word in ‘n huwelik, met ‘n sake vennoot of andersins met

iemand wat Yeshua Messias (Jesus die Christus) as sy Meester verwerp nie.

Hierdie verbod sluit wel in mense wat ook verbintenis het met ander geestelike wesens, ander godsdienste wat

eintlik demone aanbid, wat voorgee om God te wees.

Exodus 20:1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

20:2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of

van wat in die waters onder die aarde is nie.

20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad

van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

20:6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

Koning Yeshua/ Jesus het gesê:

Mattheus 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die

ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Vrymesselary

Dit sluit in geheime verenigings waar daardie lede verbind is met ‘n eed aan demone. Dit sluit in vrymesselary wat

YHVH (die Naam van God in Hebreeus wat vervang word met die generiese term LORD of HERE in meeste Bybels) as die

Skepper verwerp, en hom vervang met die generiese term “Die Groot Argitek van die Heelal” of name soos Jabulon.

Hulle gebruik as hulle simbool die driehoek wat verwys na:

1] Nimrod, die bouer van die toring van Babel en die beginner van die eerste rebellie teen God na die vloed,

2] sy vrou Semiramis en

3] haar buite-egtelike kind Tammuz, gebore meer as ‘n jaar na haar man se teregstelling en wie Semiramis beweer

het Nimrod was, wat uit die dode opgestaan het, om sodoende ‘n valse messias van hom te maak.

Vrymesselary is ‘n organisasie wat doelbewus die doeleindes van die hoogste range wegsteek van die mense in die

onderste 3 range. Die derde rang mense dink partykeer dat hulle bo in die organisasie is, maar hulle is eintlik taamlik

laag. Die mense tussen die 30e en 33ste range is satanaanbidders 2 : ‘Lucifer is God…’ mense wie tans besig is om die

vernietiging van alle Jode, wedergebore Christene en almal wat nie die merk van die pseudoChristus gaan vat nie te

beplan, en ja dit sluit in die boerevolk.

Al weet die laer rang mense niks hiervan nie, is hulle steeds met ‘n eed verbind aan ‘n organisasie wat op sy beurt met

‘n eed aan satan verbind is. Wat YHVH die Elohim (of God) van die heelal aanbetref is dit steeds valse aanbidding

aan afgode. ‘n Sogenaamde Christen Vrymesselaar is ‘n teenstrydigheid. Die Heilige Gees, sal nooit die doen en late

van so ‘n wese seën nie. Wat oorbly is ‘n leë formele betekenislose verskoning van Godsdiens sonder ‘n skoon oop lyn

na God toe! Ongelukkig is ons kweekskole vol van sulke leë doppe van dosente wat self geen verhouding met God het

nie, net ‘n vorm daarvan.

Mattheus 7:20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my

Vader wat in die hemele is.

7:22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in

u Naam baie kragte gedoen nie?

7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Iets om oor te dink: Die Voortrekkers onder Pretorius en Celliers het ‘n verbond met die Skepper van die hemel en

aarde gemaak en het oorleef omdat Hy hulle beskerm het. Piet Retief was ‘n vrymesselaar. Sy god het hom nie beskerm

nie!

2 Albert Pike, Morals and Dogma of the Ancient and accepted Scottish Rite of Freemasonry, 1966 pg 260

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!