02.05.2013 Views

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Dit is hierdie skrywer se mening dat oor die algemeen, beide ewe belangrik is. Dit hang af wat in ‘n besondere

mens se lewe verkeerd gegaan het. Om Yeshua Messias as hoof van ‘n persoon se lewe te herstel mag in een gesin die

belangrikste wees, as die mense nog nie tot bekering gekom het nie of weggeval het. God is aan die werk om ons

verhouding met Homself te herstel, om ons reg te maak om Sy suiwer vleklose bruid te wees en ons voor te berei vir

die komende een wêreld regering en die verdrukking (Great Tribulation). Hy besluit op die herstel prioriteit en nie ons

nie.

Openbaring 19:7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het

gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.

19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die

heiliges.

19:9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die

waaragtige woorde van God.

Mattheus 22:2 Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het …

22:8 Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.

22:11 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.

22:12 En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.

22:13 Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis.

Daar sal geween wees en gekners van die tande.

22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Matt 25:1 Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die

bruidegom te ontmoet.

25:6 En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

25:10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan

na die bruilof, en die deur is gesluit.

25:13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

Openbaring 21:9 En een van die sewe engele …het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die

bruid toon, die vrou van die Lam.

Die herstel van die Torah is ‘n rit na ‘n eindbestemming toe. Die einde van die rit is die herstel van die bruid van

die Messias. Al is dit moeilik om te verstaan, gaan albei mans en vrouens, oud en jonk; almal wie Koning Yeshua as

hulle saligmaker ontvang het, gaan met Hom verenig word as Sy bruid, sodra Hy terugkom!

Dit is hierdie skrywer se mening dat een van die doelstellings van die herstel van Torah is dat party van ons Torah

onderwysers die woord van Elohim ( God) aan lede van die verlore stamme moet verkondig. Van hulle mag vandag

die Hindu of Muslim geloof volg, maar waneer Koning Yeshua self die mag van Satan oor hulle breek en Homself aan

hulle bekend maak, sal hulle vergifnis van hulle sondes ontvang en Hy sal hulle Saligmaker word.

Talle van hierdie gaan-binnekort-herstel-word verlore stamme afstammelinge, sal deur Koning Yeshua opdrag gegee

word om terug te keer na die herstelde groter Israel waar hulle, onder andere, die Feeste van die Here (Feeste van

YHVH) soos opgeskryf in Levitikus 23, sowel as die res van die Torah, gaan hou. Die Bybel beskryf nie hierdie Feeste

as Joodse Feeste nie. Hulle is God (Elohim) se Feeste!

Levitikus 23:1 Verder het die HERE (YHVH) met Moses gespreek en gesê:

23:2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige

samekomste dit is my feestye.

Die “kerk” of die “liggaam van Messias” word dikwels beskryf as ‘n weermag! In ‘n weermag is party lede in die

lugmag, ander in die vloot, ander is voetsoldate of in ‘n grofgeskut brigade ens. Tydens ‘n oorlog, moet al hierdie

weermags takke wat op verskillende maniere opgelei was, saamwerk in eenheid om die vyand te verslaan.

In dieselfde manier, moet ons as Sy volk, voorberei word, met verskillende beklemtonings, soos dit die Messias

behaag, sonder dat hierdie verskille oneenheid veroorsaak nie.

5. Die “nie oneweredig saamgejuk wees” gebod

Wat van die feit dat ons nie oneweredig saamgejuk moet wees saam met iemand waarmee ons nie saamstem nie?

2 Kor 6:14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met

die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

6:15 En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!