02.05.2013 Views

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

16. Watter voordeel het ons as volk a.g.v. ons Joodse wortels?

A. In terme van redding of in die hemel kom – geen. Net soos met ander volke, moet elkeen persoonlik hulle

sondes bely en Yeshua/ Jesus ontvang as saligmaker!

B. Maar wanneer ons kyk na die volgende vers:

Genesis 12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou (dws. deur

jou nageslag) sal al die geslagte van die aarde geseën word.

1. Dit is ons opdrag, ons roeping as nageslag van Abraham om ‘n seën te wees aan al die ander nasies!

Tot ‘n groot mate, voer ons alreeds daardie opdrag uit. Daar is groot aanvraag wêreld-wyd vir Afrikaners weens

ons tegniese vaardighede. Afrikaner sendelinge kan wêreld-wyd gevind word. Ons Joodse gene gee vir ons hoër

IKs as baie andere volkere en daarom meer verantwoordelikheid om ons intelligensie te gebruik om andere te

seën.

Ons moet besef dat die Jode wat vasgevang is in Judaisme ons vêraf neefs en niggies is. Daar kan geen rede wees

om hulle te haat nie. Dit geld beide vir diegene wat in Suid Afrika is sowel as diegene in ander wêrelddele,

insluitende Israel!

2. Wanneer ons oor godsdiens met Jode gesels moet ons begin met dit wat ons in gemeen het, nie met wat ons

verdeel nie. Ons moet begin met die Torah en die lewens verhale van ons voorouers wat ons in gemeen het, ons

aartsvaders Abraham, Isak en Jakob so wel as Josef en Moses. Hulle lewensverhale is nie net as gewone

geskiedenis vir ons neergeskryf nie. Hulle lewensverhale is profetiese beelde van die Messias.

a) Wat met hulle gebeur het sou met die Joodse volk gebeur in toekomstige eeue, ons eie tydperk ingesluit.

Wat met hulle gebeur het, moes ook met die Messias gebeur op talle punte. So nie, is die sogenaamde Messias slegs ‘n

namaker. Dit is uiters belangrik omdat die Daniël tydlyn vir ons leer dat ‘n valse Messias binnekort sal kom, omtrent

2013, Maart 22. (Dit is die beste huidige inligting.) (Sien Danielstimeline.com of “Israel is God’s Timeline” wat

binnekort vrygestel gaan word.)

3. Ons het nodig om onsself te vergewis van die ware feite op grond van die Arabiese-Israeli konflik, m.a.w wat is

die Skepper se standpunt? Die media weergawes is totaal uit verband uitgeruk, net soos ons eie regering se posisie.

Terwyl Israel afgetakel word as ‘n apartheid staat, stroom duisende swart vlugtelinge van Soedan en Darfoer

deurlopend na Israel toe. Geen Arabiese staat gee vir hulle vlugtelings status nie. Het u dit geweet? Die

sogenaamde Palestyne is almal afstammelinge van Saudis en Egiptenare, wat by die Jode kom werk soek het,

nadat die Jode in die 1880s terug Israel toe begin gaan het.

4. Dit beteken nie dat elke Israeli op pad hemel toe is nie of dat hulle regering nie ook foute maak nie. Nietemin gaan

God se beloftes in Ezegiel 36 tot 40 wel nog steeds waarkom. Toekomstige tyd en binnekort ook!

5. Die Torah se wette oor hoe ons vreemdelinge moet hanteer, geld vir ons ook as afstammelinge van Juda.

17. Die Verdrukking (Tribulation)

In die verdrukking (tribulation) wat binnekort gaan begin onder die pseudo-messias beheerde een-wêreld regering,

gaan alle Jode, alle wedergebore Christene van alle denominasies, alle Messiaanse gelowiges en 7de dag Adventiste

vervolg word. Wat gaan gebeur met ons? Dink aan die Nazi Holocaust vermenigvuldig met Stalin se Rusland en dan

kom ons nie eers naby nie. Ons bank rekeninge gaan toegemaak word, ons huise en besittings onteien word. Ons sal of

in die verdrukking sterf en wederopstaan sodra Messias terugkeer óf party van ons mag oorleef en deur beproewing

gelouter word om ons te suiwer om deel van Messias se bruid te wees.

Openbaring 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die

siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld

nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings

geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

20:5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.

In ieder geval, indien ons wedergebore is, sal ons binnekort ons Saligmaker ontmoet. Almal van ons sal moet

uitkyk vir die ander, ongeag ras, velkleur of denominasie. Die WWII Nazi Holocaust was slegs die oefenlopie vir wat

gaan kom.

Dit gaan so sleg wees dat Koning Jesus/ Yeshua 2000 jaar gelede vir hierdie generasie gewaarsku het hieroor in

Mattheus Hoofstuk 24. Diegene wat dink dat hulle op hulle eie kan oorleef of slegs met mense wie se geloof identies is

tot die laaste detail, of slegs van dieselfde taal of kleur, gaan hulleself op hulle eie bevind sonder God se beskerming.

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!